Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

VRAAG VOORBEREIDE GEDIG

Here Be Dragons
Izak de Vries

1 pa se kodewoord
2 draf ek in ‘n oogwink kaf
3 my muis surf dwingend
4 op nuwe ruimtes af

5 los my, pa , laat my gaan


6 inligting is my religie en Google Earth my kaart
7 dagga lê die strate vol
8 en onnies vroetel ook maar graag

9 ons wéét, pa
10 ons keyboards is wyser as jy dink
11 laat ons gaan, laat ons reis
12 na kletsvriende in Pole, na hekse in Parys

13 waar anders, pa, sal ons geslag


14 ons vlae plant?
15 ons kleims afsteek?

16 los my, pa ,laat my gaan

17 maar hou oop jou hart


18 eendag gaan daar ‘n virus wees
19 ‘n wurm of ‘n Trojaanse perd
20 wat meer gaan doen as komperkraak

21 dan, pa, dan sal my bréin met jou wil praat

22 sal jy daar wees, pa ? as ek moet vlug


23 van ‘n pedofiel of sluipdief in die nag
24 sal jou oor dan oop wees,pa?
25 ‘n USB vir my gemoed?

26 of gaan jy stug ‘n vuurwal gooi


27 en my die kuberstorm self laat veg?

1 Here be Dragons is ‘n term wat in die middeleeue verwys het na gevaarlike gebiede
wat nog nie ontdek is nie.

Waarna verwys die titel in hierdie gedig? [1]

2 Verduidelik waarom hierdie gedig ‘n voorbeeld is van ‘n apostroof. [1]

3 Met behulp van watter instrument kry die spreker toegang tot die internet? [1]
4 Watter ooreenkoms is daar tussen die internet en die wêreld daar buite wat die spreker
kan seermaak.
Verduidelik in jou eie woorde. [1]

5 Wat is die funksie van die herhaalde gebruik van versreëls 5 en 16

“ los my , pa , laat my gaan “ [1]

6 Na wie verwys die woorde “ons geslag ” in versreël 13 ? [1]

7 “dan,pa,dan sal my bréin met jou wil praat” ( versreël 21 )

Waarna verwys die woord, dan ? [1]

8 Haal ‘n volledige versreël aan wat ‘n wending in die spreker se houding teenoor
sy pa aandui. [1]

9 Verduidelik die metafoor soos gebruik in strofe 8. [2]

[10]
MEMO

VRAAG VOORBEREIDE GEDIG


NOMMER

PUNTE
VRAAG

ANTWOORDE
HERE BE DRAGONS

1 Die spreker besoek vreemde webwerwe / verken die onbekende 1


wêreld van die internet.
2 Seun praat pa direk met die pa-figuur 1
3 Rekenaarmuis 1
4 Seksuele molesteerders / pedofiele 1
Beklemtoon die spreker se versoek aan sy pa om hom vryheid te
5 gee om m.b.v. tegnologie die onbekende wêreld van die internet te 1
verken.
6 Jongmense wat goed bekend is met moderne tegnologie 1
7 Tye wanneer die spreker persoonlik deur bose dinge op die internet 1
aangeval word.
8 Versreël 17 “ maar hou oop jou hart “ 1
9 Sy pa is ‘n USB vir sy gemoed. [1] 2
Pa moet verbinding tussen spreker en dreigende gevaar wees [1]
SUBTOTAAL 10

You might also like