Kwartaal 1 Graad 11 Week 9 Lesopsomming

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

TOERISME LESOPSOMMING Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD: Toerisme – Graad 11


KWARTAAL 1 Week 9 (Nasionale Hersiene Onderrig Plan)
ONDERWERP Toerisme sektore
DOELWITTE VAN LES Nadat jy hierdie les voltooi het moet jy die volgende weet:

Die luukse plesiervaartindustrie:


 Konsepte: hawe, skeepsterminaal, kajuit, suites, dekke
 Fasiliteite en vermaak wat aan boord verskaf word

HULPBRONNE PAPIERGEBASEERDE HULPBRONNE DIGITALE HULPBRONNE


Wat benodig ek vir hierdie sessie? Verwys na die volgende handboeke: “Klik” op die internet skakels hieronder om toegang tot aanlyn
hulpbronne te verkry:
 OXFORD SUKSESVOLLE TOERISME
 VERKEN TOERISME GRAAD 11 WKOD – e- Portal
 TOP KLAS TOERISME GRAAD 11 https://wcedeportal.co.za/browse/grades/11/subjects/tourism
 VIA AFRIKA TOERISME GRAAD 11
VIA AFRIKA TOERISME STUDIEGIDS GRAAD 11
https://viaafrika.com/wp-content/uploads/2020/04/Gr11-Tourism-
SG_LR.pdf
INLEIDING
Wat ek alreeds moet weet? Graad 10 Toerisme sektore: Verskillende metodes van vervoer (KABV verwysing bls. 13)

KONSEPTE EN VAARDIGHEDE Die luukse plesiervaartindustrie:

‘n Plesierskeep of plesiervaart is ‘n skip wat passasiers vir plesiervaarte vervoer. Toerskepe is soos drywende
hotelle met gasvryheidspersoneel en die skip se bemanning. Die hoofdoel van ‘n bootvaart is nie vervoer nie,
aangesien die meeste skepe terugkeer na hul oorspronklike hawe. bv., die MSC Sinfonia en MSC Melody

Page | 1
TOERISME LESOPSOMMING Direktoraat: Kurrikulum VOO

1.1 Konsepte: hawe, skeepsterminaal, kajuit, suite, dek

KONSEP VERDUIDELIKING VOORBEELDE


Hawe  ‘n Stad,dorp of plek waar skepe mense of
goedere aflaai
 ‘n Plek langs die kus waar skepe skuil
tydens storms
 Daar is vier hawens vir plesiervaarte na
Suid-Afrika: Kaapstad, Port Elizabeth,
Ooslonden en Durban.

skeepsterminaal  Plek in ‘n hawe waar ‘n skip vasmeer om


goedere of passasiers af te laai

Kajuit  Dit is die kamer op die boot waar ‘n


passasier slaap.
 Dis is algemeen die goedkoopste/ kleinste
soorte akkommodasie
 Dit het altyd ‘n bed en private
badkamergeriewe.
 Alle kajuite het televisies, telefone en
lugreëling.

Page | 2
TOERISME LESOPSOMMING Direktoraat: Kurrikulum VOO

Suite  Die duurste tipe kajuit aan boord van ‘n


luukse plesiervaart.
 Kajuit wat beter is as standaardkajuit, met
bykomende fasiliteite soos ‘n balkon, volle
badkamer, aparte leefarea en dalk kroeg
of klein kombuisie

Dek  n Vlak op ‘n plesiervaart soortgelyk, aan


vloer in ‘n hotel. (boonste dek, onderste
dek en swembad dek)
 Baie dekke is geheel en al gewy aan die
vermaak en ontspanning.
 Ander is slegs vir akkommodasie,
spyseniering of die skip se beheer.

1.2 FASILITEITE EN VERMAAK AAN BOORD

1.2.1 AKKOMMODASIEGERIEWE

Die meeste kajuite op plesiervaarte het die volgende

 Lugreëling
 Televisie en radio
 Telefoon
 Minikroeg en kluis
 Haardroër en toiletware

Page | 3
TOERISME LESOPSOMMING Direktoraat: Kurrikulum VOO

 Internetverbinding ( meestal in suites en nie by prys ingesluit nie)

1.2.2 KOOKKUNS (VOEDSEL)


Passasiers op toerskepe kan die beste voedsel geniet. Gewoonlik word aandete in 2 gange bedien.
Party skepe het spesialiteitsrestaurante wat vooraf bespreek moet word en ‘n plekgeld kan hef.
Moderne toerskepe het gewoonlik een of meer informele buffetstyl-restaurante, wat gewoonlik 24-uur
oop is. ‘n Paar duisend maaltye word per dag bedien.

1.2.3 VERMAAKGERIEWE
Aktiwiteite aanboord wissel, maar die meeste sluit in nagklubs en kroeë. Alkohol is nie by die prys
ingesluit nie en MAG NIE aan boord gebring word nie. Die prys van alkohol is gewoonlik baie duur

Ander aanboordgeriewe sluit in:

 Casino (slegs oop ter see om konflik met plasslike wette te verhoed)
 spa en fiksheidsentrums/ gymnasium
 winkels (slegs oop ter see)
 biblioteek
 teater
 fliek
 swembaddens (binne en buite)
 sitkamers
 kindersorg
 soms ook kegelbalbane, ysskaatsbane, rotsklimmure, miniatuurgholfbane, videoarkades,
basketbalbane en tennisbane

Plesiervaart personeel het gewoonlik hulle eie fasiliteite apart van passasiers wat insluit fiksheidsentrum,
ontspanningsvertrek, eetsaal en selfs swembad.

Page | 4
TOERISME LESOPSOMMING Direktoraat: Kurrikulum VOO

AKTIWITEITE/ ASSESSERING 1.1 Bestudeer die onderstaande foto wat aan boord van ‘n plesiervaart is en beantwoord die vrae wat volg:

“Plesiervaarte word beskryf as vakansieoorde op see. Byna alles wat by ‘n goeie oord beskikbaar is, sal aan boord
van ‘n plesiervaart beskikbaar wees. Daar is verskillende vlakke of vloere van ‘n skip”.

1.1.1 Verduidelik die term plesier soos gebruik in die uittreksel. (3)

1.1.2 Identifiseer Suid-Afrika se VIER plesiervaart-hawens. (4)

1.1.3 Lys TWEE vermaaklikheidsfasiliteite wat ‘n passasier op bostaande plesiervaart


op die MSC Sinfonia kan verwag. (3x1) (3)

1.1.4 Onderskei tussen ‘n suite en ‘n kajuit. (2x2) (4)

1.1.5 Beskryf enige TWEE soorte dekke wat op ‘n plesiervaart gevind kan word. (2x2) (4)

Page | 5

You might also like