Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

AFRIKAANS

EERSTE ADDISIONELE TAAL


NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT

VRAESTEL 2
MEMORANDUM
NOVEMBER 2014
PUNTE: 70
TYD: 2 UUR

HIERDIE MEMORANDUM BESTAAN UIT 10 BLADSYE


SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

NASIENRIGLYNE
1. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
word geïgnoreer. Sien met ander woorde die eerste antwoord na.

2. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
nagesien.

3. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk.
As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
beskou.

4. By aanhalings word spelfoute en leestekenfoute nie gepenaliseer nie, maar


woordorde moet korek wees. Woorde mag nie ingevoeg of uitgelaat word nie.

5. ’n Kandidaat word nie gepenaliseer as aanhalingstekens ontbreek nie, al vereis die


vraag dit.

6. Vir oop vrae waar JA / NEE / EK STEM SAAM / EK STEM NIE SAAM NIE / WAAR /
ONWAAR (vals) plus ’n motivering vereis word, word slegs die rede/motivering
nagesien. Indien die kandidaat nie JA / NEE skryf nie, maar die motivering is korrek,
word die punt toegeken. Indien die kandidaat JA / NEE sê, moet die motivering
korrek wees, anders verloor die kandidaat die punt.
VALS (Fals) kan aanvaar word, (False) is egter verkeerd, want dit is Engels.
7. Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik as waarin die vraestel verskyn,
word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord
in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.

8. By oopend-vrae en vrae waar ’n verduideliking vereis word: indien die antwoord in


meer as een sin aangebied word en die antwoord nie in die eerste sin voorkom nie,
maar dit tot die antwoord in die tweede sin lei, word die antwoord in die tweede sin
nagesien.

9. Indien die kandidaat kru taal gebruik, word die kru woorde geïgnoreer.

10. Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ’n volsin gee, is dit nie
korrek nie, mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig
word.

11. Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord wat ten
volle uitgeskryf is, aanvaar as dit in die opdrag was.

12. Wanneer twee of drie feite / punte vereis word en die kandidaat gee ’n hele reeks,
word slegs die eerste twee of drie feite / punte nagesien.

13. By ’n vraag waar enige GEBEURE in die korrekte volgorde gerangskik moet word,
verdien die kandidaat EEN punt per korrekte antwoord mits dit op die korrekte plek
staan.
14. By vrae oor verskil, ironie, ens. waar twee kante van ‘n saak vereis word, moet altwee
kante gestel word, dus twee punte of 0.

Bladsy 2 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM - Marita van der Vyver

Punt Vlak
1.1 Sy wou vir haar ’n lewe skep van ’n amper vytienjarige meisie met ’n
ekostiese naam soos Fabienne. (1) 3

1.2 so-so (1) 1

1.3 Sy het ’n mallerige ma gehad wat sy op haar naam kon noem.


Sy het ’n pa met peroksied hare / ’n pa wat vir haar
slangvellangbroeke uit London bring, gehad.
Sy het ’n stiefpa wat nog net-net aantreklik genoeg was.
Sy het twee bekkige agtjarige boeties gehad.
Sy het ’n ongelooflike cool sestienjarige stiefbroer gehad.
(Enige TWEE) (2) 3

1.4.1 B – weet alles van teater en toneelstukke. (1) 3

1.4.2 D – weet alles van moderne musiek. (1) 3

1.4.3 A – het ’n obsessie oor TV. (1) 3

1.4.4 C – is mal oor towenaars en toorkuns. (1) 3

1.5.1 Vier (Tibo, Amos, Hanna, Yann) (1) 1


(NIE NODIG OM NAME TE GEE NIE)

1.5.2 Nee – daar was nog ’n baba op pad / Mana was weer swanger.
Indien nie NEE antwoord nie, maar motivering is korrek, word die
punt toegeken. (1) 2

1.6.1 Hulle het elkeen met hulle honde teen die berg gaan stap toe die
honde losgeruk en weggehardloop het. (1)
Hulle het agter die honde aangehardloop en teen mekaar gebots. (1) (2) 3

1.6.2 Hulle kon saam lag in krisistye. (1) 3


(Enige aanvaarbare relevante rede)

1.6.3 ’n Jaar (1) 1

1.6.4 Hanna het gedink Beyers was die beste man wat Mana nog in haar
lewe gehad het.
Sy het met hom oor die letterkunde gepraat.
Hy het haar aangemoedig om te skryf.
Hy het gesê hy sal graag haar skryfwerk wil lees.
(Noem enige TWEE) (2) 5

1.7.1 (Met) Gavin (1) 1

1.7.2 Sy wou ’n kind gehad het. (1) 1

Bladsy 3 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

Punt Vlak
1.8.1 In Kaapstad (1) 1
1.8.2 (’n) Hool. (1) 3
1.8.3 (Heeldag) gelê en lees. (1) 3
1.9.1 Sy wou almal / al die kinders saamneem as sy en Beyers gaan
wittebrood hou.
Die hele familie het saam op wittebrood gegaan.
(Enige EEN) (1) 2
1.9.2 Die gesin moes mekaar beter leer ken. (1) 2

1.10.1 Op ’n verlate berg / Botterberg (1) 1

1.10.2 Bitterberg (1) 1

1.10.3 Dit was ’n onaangename vakansie. / Daar was nie elektrisiteit nie. /
Dit het aanhoudend gereën. (1) 3
(Enige EEN of soortgelyk)
1.11 vasvraspeletjie. (1) 3

1.12 Dit is ’n opsomming van wat in die verhaal gebeur – Hanna se lewe
saam met haar gesin is ’n avontuur. (1) 4

1.13 Deur die leser direk aan te spreek met “Liewe Leser”. (1) 4

1.14 Die omstandighede waarin ’n mens jou bevind is nie altyd die beste
nie, maar jy moet jouself en jou omstandighede aanvaar.
Aanvaar mense vir wie of wat hulle is.
Moenie mense veroordeel voordat jy hulle leer ken het nie.
Moenie geluk elders gaan soek nie, maar by jouself en in jouself. (2) 5
(Enige EEN of soortgelyk).

1.15 A – om mense te aanvaar vir wie of wat hulle is (1) 3


1.16.1 eerstepersoonverteller / ek-verteller (1) 2

1.16.2 Die verhaal word net uit haar oogpunt vertel en ons weet nie wat die
ander karakters dink nie.
Die eerste persoon verteller beskryf Hanna se gevoelens en emosies
die beste. (2) 4

[35]
VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5
8 5 14 5 3
37% 40% 23%

TOTAAL AFDELING A: 35

Bladsy 4 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG


PALJAS – Chris Barnard
Punt Vlak
2.1.1 C – jonk en beeldskoon (1) 3

2.1.2 A – stasiemeester wat sy gesin wil beheer (1) 3

2.1.3 E – doodverlief met ’n goeie hart (1) 3

2.1.4 B – vereensaam en gefrustreerd (1) 3

2.2.1 Hendrik het Katrien daarvan beskuldig dat sy geld op haarself uitgee,
terwyl hy alle ekstra geld wat hy kry in die huis insit.
Katrien het weer gevoel dat Hendrik haar lank genoeg gehiet en
gebied het en sê hy verstaan haar nie.
Hulle het oor die oorbelle en die poeier gestry.
Hy het haar beskuldig dat sy oorbelle en poeier koop terwyl hy spaar.
(Enige TWEE) (2) 2

2.2.2 Hy was so ontsteld dat hy die klippies waarmee hy toertjies gedoen


het, sommer mis gevang het. (1) (1) 2

2.2.3 Hy het na die nar / Manuel toe by die skuur gegaan sonder dat sy
ouers daarvan geweet het. (1) (1) 2

2.3 Soos wat hulle in die werklike lewe verder weg van alles af beweeg
het (1), so het hulle ook in hulle verhouding verder van mekaar af
beweeg. (1) (2) 4

2.4 Hier, op Toorwater, was niemand wat haar (Katrien) van hom
(Hendrik) wou wegvat nie, behalwe miskien Fans (maar vir hom het (2) 3
hy kans gesien).

2.5.1 Daar is op sy gesig geteken / Hy het ’n narregesig gehad. (1) 2

2.5.2 Hy het nie gepraat nie. / Hy kon nie praat nie. (1) 1

2.5.3 Hy het oor sy eie “nargesig” gevee en toe ’n kol op elkeen van sy pa
se wange geteken (1) en vir sy ma het hy ’n glimlag geteken. (1) (2) 4

2.6 Op Toorwater (1) 1

2.7 Hulle het na Willem kom help soek. (1) 1

2.8 die sentrale eers sewe-uur oopgemaak het. (1) 3

2.9 Hy het geweet die nar bly daar. (1) Niemand moes hom daar sien nie. (2) 2
/ Hy was bang hulle kry die nar. (1)

Bladsy 5 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

Punt Vlak
2.10 Hulle het gedink die McDonalds is anders / snaaks, want net die een
deel van Willem se gesig was skoongewas en Hendrik en Katrien se
gesigte was ook vol strepe en kolle. (1) 2

2.11 ’n Tekening van ’n Jokerspeelkaart / ingekleurde bont sirkels / kruise


en vierkante / ’n tekening van ’n draak of hond wat vuur spoeg / ’n
tekening van ’n nar se gesig / tekening van ’n reuse slang.
(Enige DRIE) (3) 2

2.12 Die vuurmaakplek het soos ’n altaar van klippe gelyk (1) met as en
houtskool (1) bo-op. (2) 3

2.13 Hy het bedoel die McDonalds is almal mal. (2) 4

2.14 Die mense wat hulle so beskinder het, het om verskoning kom vra (1)
en het toe die McDonalds aanvaar. (1) (2) 5

2.15.1 C veroordelinging (1) 3

2.15.2 A liefdsdriehoek (1) 3

2.15.3 D liefdesverhouding (1) 3

2.15.4 B goedhartig (1) 3

[35]

VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5


4 11 13 5 2
43% 37% 20%
TOTAAL AFDELING B: 35

Bladsy 6 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG


Kaptein Duiwel - Dana Snyman
Punt Vlak
3.1 Nuwejaarsdag (1) 1
3.2 D – Hy was bang hulle sou doodgaan van die dors. (1) 3
3.3 Hy het soos die duiwel gery. Hy het hulle lewens in gevaar gestel. (2) 3
3.4 ’n Leë drankbottel het uitgeval toe Kaptein Duiwel uit die vragmoter
geklim het. / Hy was wiegend op sy voete. (1) 4
(Enige EEN)
3.5 Hy was self nie nugter nie / hy was dronk (1) / maar het gesê dat hulle
nêrens ’n nugter werktuigkundige sou kry nie omdat dit Nuwejaar
was. (1) (2) 3
(Enige EEN)
3.6 Hy was ’n hulpvaardige mens. / Hy was vriendelik. / Hy was joviaal. /
Hy was vrolik. / Hy het baie selfvertroue gehad. (1) 2
(Enige EEN)
3.7.1 C – red die gesin aan die einde (1) 3
3.7.2 E – weet niks van motors nie (1) 3
3.7.3 A – sing ’n psalm (1) 3
3.7.4 D – lees Mills en Boons (1) 3
3.8 Nee – hy het soos ’n besetene met hulle op sleeptou gejaag. / Hy het
ook met tye aan die verkeerde kant van die pad gery wat dit baie
gevaarlik gemaak het. / Hy het by Pofadder verby gejaag.
(Enige TWEE) (2) 2
3.9 Hy het die rem getrap tot die sleeptou gerek en toe uiteindelik
gebreek het. (1) 2
3.10 Waar die motor op ’n snikhete dag op ’n verlate pad gaan staan het. /
Die dronk bestuurder wat hulle op sleeptou geneem het. / Selfs ook
aan die einde toe Ouma gevra het: “Is dit nie die fênbelt nie?”
Die gevaarlike rit.
(Enige TWEE) (2) 4
3.11 C – spanning en humor. (1) 3
[18]

VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5


1 5 8 4 -
33% 44% 22%

Bladsy 7 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Die engelman (vir Cila) - Izak de Vries

Punt Vlak
4.1 In Dover (1) 1

4.2 Hy het ’n taxi bestuur. / Hy was ’n taxibestuurder. (1) 1

4.3 Hy wou vir sy studies betaal. / Hy wou boeke koop. / Hy wou fliek.
(Enige TWEE) (2) 3

4.4 Letterlik: Dit was ’n koue, reënerige dag. (1)


Figuurlik: Dit was ook vir Chris ’n emosionele dag / hartseerdag, want
sy meisie Natalie het hom afgesê. (1) (2) 3

4.5 Nee. Hy was ’n alleenloper (1) en soms eensaam. (1) (2) 3

4.6 Sy was baie mooi.


Sy het ook die boeke van Umberto Eco gelees. (2) 2

4.7 Sy het Christelike beginsels. / Sy was ’n Christen. (1) 2

4.8 Sy pa was baie eng / outyds / het “in hokkies” gedink (1) en sou nie ’n
verhouding tussen Chris en ’n bruin meisie aanvaar het nie. (1)
(Enige TWEE) (2) 4

4.9 Hy het gestop om hulle op te laai en betyds by die boot te kry toe sy
op haar hardste gebid het. / Hy was soos ’n engel omdat hy hulle in ’n
krisis gehelp het.
(Enige EEN) (1) 2

4.10 Sy het hom van sy misrabele / slegte dag, a.g.v. Natalie se afsêbrief,
laat vergeet. (1) 3

4.11 vroegoggend tot die aand. (1) 2

4.12 Die titel verwys na ’n engel – iemand wat mense help, soos wat Chris
die vier jongmense help.
Dit is ’n woordspeling op Engelsman.
(Enige EEN) (1) 4

[17]

VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5


2 5 7 3 -
41% 41% 18%
TOTAAL AFDELING C: 35

Bladsy 8 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

AFDELING D: GEDIGTE

VERSJOERNAAL

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Life vannie jobless – Martin Magmoed


Punt Vlak
5.1 ’n Kwatryn (1) 2

5.2 Die lewe van die werklose / iemand sonder werk. (2) 3

5.3 “agony” (1) 1

5.4 Application forms / briewe / wasted phone calls / skoene stukken loep
OF
Aansoek vorms ingevul / briewe geskryf / telefoonoproepe gemaak /
skoene stukkend geloop.
(Enige TWEE) (2) 2

5.5 “En ken djy die pyn van virrie kinners sê daar issie.” (1) 2

5.6 Daar kom al hoe meer (1) briewe van die prokureur. (1) (2) 3

5.7 Die baba het nie melk om te drink nie – daar is net water / water
vervang die melk. (1) 2

5.8 depressie / rejection / alienation / degradation


(Enige EEN) (1) 3

5.9 Die ryk mense / mense met geld (1) 1

5.10 Die mense begin drink / gebruik dwelms OF ouers wat van wyn ’n
afgod maak / buttons wat common use word. (2) 4

5.11 Werkloosheid (1) is een van die grootste maatskaplike probleme (1)
van ons tyd. / Pyn en kommer (1) wat ’n werklose man (1) ervaar.
(Enige TWEE) (2) 4

5.12 Hy voel dat God die werkloses in die steek gelaat het / van hulle
vergeet het. (1) 3

5.13 Die kerngedagte sluit weer by die titel aan.


Dit rond die gedig goed af.
(Enige EEN) (1) 3

[18]

VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5


2 5 7 4 -
39% 38% 23%

Bladsy 9 van 10
Blaai om asseblief
SACAI AFRIKAANS EAT VR 2/3 MEMORANDUM KOPIEREG VOORBEHOU
NOVEMBER 2014

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

So long Skipskop – David Kramer


Punt Vlak
6.1 “goedjies” (1) 2

6.2 Om te beklemtoon dat hulle baie ver weg moet gaan. (1) 2

6.3 Hulle probleme / swaarkry (1) is net so groot soos die berge. (1) (2) 3

6.4 “nes my pa en sy pa ook” (1) 2

6.5 A – wat die mense dwing om van Skipskop weg te gaan (1) 3

6.6 “hier langs die see is ek gedoop.” (1) 3

6.7.1 ’n metafoor (1) 1

6.7.2 Dit verwys na die see. (1) 2

6.8 die wolke en die winde wat hier waai (1) 1

6.9 Hulle is onseker en moedeloos (1) en weet nie in watter rigting /


waarheen om te gaan nie. (1) (2) 4

6.10 Ja – daar is onsekerheid / hartseer.


OF
Nee – dit is opwindend om na ’n nuwe plek toe te trek / opwindend
om nuwe mense te ontmoet.
(Eie AANVAARBARE antwoord) (1) 4

6.11 hartseer (1) 1

6.12 Mense wat hoort op ’n plek en lief is daarvoor, word teen hulle sin
daar weggestuur omdat die regering dit so wil hê. (1) 3

6.13 Dit dui op die finaliteit van die weggaan (1) en die afskeid. (1) (2) 3

[17]

VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5


3 4 7 3 -
41% 41% 18%

TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70

Bladsy 10 van 10
Blaai om asseblief

You might also like