Afrikaans EAT Graad 10 Kwartaal 3 Week 5 - 2020

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: GRAAD 10


Kwartaal 3 WEEK 5
ONDERWERP Die opsomming
DOEL VAN DIE LES • Jy moet die vaardighede by die maak van ‘n opsomming leer en dit inoefen
INLEIDING • Om opsommings te kan maak, is ‘n belangrike vaardigheid wat jy veral by jou letterkunde
kan gebruik. As julle ‘n roman, kortverhale of drama doen, help dit as jy die hoofstukke,
kortverhale of bedrywe kan opsom.
• In Vraestel 1 word daar baie spesifiek vir jou gevra presies WAT om op te som, HOE jy dit
moet doen en HOEVEEL woorde jy moet gebruik.
INHOUD: KONSEPTE EN Wanneer jy ‘n opsomming maak, is die volgende vaardighede van belang:
VAARDIGHEDE • Leesstrategieë
• Aandagtige lees en lees vir instruksies/inligting
• Stiplees
• Hoe om ‘n opsomming te maak: Skryf die kernsinne wat opgesom moet word, neer.
Reduseer/ Verkort nou die sinne totdat jy die aantal woorde verkry.

Stap 1: Die instruksies:


Wanneer jy jou opdrag ontvang, lees die instruksies aandagtig deur voordat jy na die teks gaan/
kyk.
Stel vas …
• wat moet jy opsom? Feite / Wenke/ redes/ oorsake/ maniere/ voordele /nadele?
• hoeveel wenke/ redes, ens.? Gewoonlik word jy gevra vir 7. (Onthou 7 redes is nie
noodwendig in 7 sinne nie. Daar kan 2 redes in een sin wees. Jy moet elkeen apart aandui.)
• hoe jy moet antwoord. In EAT word jy altyd gevra om in jou eie volsinne te antwoord. Jy
word ook gevra om jou sinne te nommer. Gewoonlik van 1 tot 7 en dit onder mekaar neer
te skryf.
• hoeveel woorde jy mag gebruik: In Graad 11 mag jy nie meer as 70 woorde gebruik nie.
Stap 2: Stiplees
Hierdie stap kan ons ook “Lees met ’n potlood” noem.
• Lees nou die teks aandagtig deur.
• Onderstreep en nommer nou elke wenk/feit/rede, ens. wat jy in die teks vind.
• Skryf nou die onderstreepte wenke neer en verkort (redigeer) dan die wenk indien nodig.

WENK: Die LOS-metode (Lees Onderstreep Skryf)

Hier is ‘n paar maniere waarop jy jou sinne kan verkort/redigeer:


✓ Gebruik een woord vir ‘n omskrywing of frase; (Die man wat tennis speel: die tennisspeler);
✓ Haal bywoorde en byvoeglike naamwoorde wat nie noodsaaklik is nie, uit;
✓ Verander die sin van negatief na positief. (Moenie beweeg nie: Staan stil)
✓ Vervang voegwoorde met ‘n leesteken, bv. daarom met ‘n kommapunt: (Hy is moeg, daarom
konsentreer hy nie: Hy is moeg; hy konsentreer nie.)
✓ Onthou ook: Jy kan lettername gebruik, maar nie afkortings nie!
✓ Jy kan ook die meervoud gebruik om die lidwoord weg te neem (‘n selfoon: Selfone)

Lees die volgende voorbeeldteks en probeer om die stappe te volg:

INSTRUKSIES

1. Skryf SEWE wenke/maniere om die regte slimfoon te kies, neer.


2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die wenke 1 tot 7 neer.
4. Die opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Skryf die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming neer.

Hoe om die regte slimfoon te kies

1 Om ’n nuwe slimfoon te kies kan oorweldigend wees om die minste Die eerste twee
te sê. Met so baie handelsname, style, eienskappe en apps (toeps) is ditparagrawe verskaf
inligting en hulle
moeilik om op ‘n foon te besluit.
verduidelik hoe hulle
2 Ons het probeer om jou besluit makliker te maak deur ’n lys
kan help.
koopwenke saam te stel om in gedagte te hou. Neem altyd
jou eie behoeftes en begroting in gedagte.
Omskryf wat in
3 Kry ’n foon met minstens 16 GB datastoorplek.¹ Apps is deesdae baie
die teks staan in
groter en baie van hulle kan nie die mikroSD-geheuekaart gebruik nie.
jou eie woorde
Fone met slegs 8 GB stoorplek is baie frustrerend.

4 Willekeurige toeganggeheue (RAM) laat jou foon “vinnig” voel Verkort jou sin deur
wanneer verskeie groot apps gelyktydig oop is. Mik vir meer as lettername te gebruik.
een GB RAM².

5 Metaalfone is nie noodwendig duursamer as plastiekfone nie en dit Gebruik een woord
kan jou opvangs belemmer, maar afwerkings van metaal dui wel op in plaas van ‘n
beter gehalte in die algemeen.³ omskrywing

6 Foonkameras met ’n hoë dinamiese omvang neem baie beter foto’s


Laat onnodige
in situasies met ’n kombinasie van ligte en donker dele, maar is nie
b.nwe weg
beskikbaar in goedkoper fone nie.

7 Vingerafdruksensors is gerieflik wanneer jy jou foon vinnig wil ontsluit Een woord vir ‘n
en jy sal dit binnekort ook vir veilige betalings5 van jou slimfoon af omskrywing
kan gebruik.

Een woord vir


8 Dit is nie nodig om ‘n beskermende laag vir jou skerm te koop nie.
omskrywing;
Dit word van plastiek gemaak en krap makliker6 as die chemies
verander sin van
verharde glas op jou foonskerm, wat teen krapmerke van sleutels
negatief na positief
in jou sak bestand is.

9 Kragbanke en slimfoonbatterye word in milliampère per uur (mAh) Verkort deur net die
gemeet. Jou kragbank moet groter as jou foonbattery wees omdat kern neer te skryf
20% van die krag in die laaiproses verlore gaan.7
[Verwerk uit Maroela Media 20 April 2016]
Stap 3: Skryf
• Maak TWEE kolomme in jou werkboek soos hieronder.
• Skryf nou die onderstreepte aanhalings uit die teks in die EERSTE kolom neer.
• Maak nou jou eie volsin in die TWEEDE kolom.
• Tel die woorde van jou eie volsinne, Dit moenie meer as die aantal woorde wees wat gevra
word nie.
• Maak van die verskillende maniere gebruik om te reduseer soos hierbo aangedui:
AANHALING EIE VOLSIN

1 Kry ’n foon met minstens 16 GB datastoorplek Kies ‘n slimfoon met groot genoeg
Fone met slegs 8 GB stoorplek is baie frustrerend. stoorruimte. [7]

2 Willekeurige toeganggeheue (RAM) laat jou foon Kies slimfone met meer as een
“vinnig” voel Gigabyte RAM. [8]
Mik vir meer as een GB RAM
3 maar afwerkings van metaal dui wel op beter gehalte Vir beter gehalte kies slimfone met
in die algemeen metaalafwerking. [7]

4 Foonkameras met ’n hoë dinamiese omvang neem Foonkameras met hoë dinamiese
baie beter foto’s in... omvang neem beter foto’s. [8]

5 Vingerafdruksensors is gerieflik wanneer jy jou foon Vingerafdruksensors ontsluit fone


vinnig wil ontsluit vinnig en gaan betalings veiliger
maak. [9]
en jy sal dit binnekort ook vir veilige betalings5

6 Dit is nie nodig om ‘n beskermende laag vir jou skerm ‘n Plastiekbeskermlagie vir
te koop nie. foonskerms is onnodig.[5]
Dit word van plastiek gemaak en krap makliker

7 Jou kragbank moet groter as jou foonbattery wees Kies ‘n kragbank wat groter as jou
omdat 20% van die krag in die laaiproses verlore gaan foonbattery is. [9]
Stap 4: Finale oorskryf

• Skryf jou finale opsomming puntsgewys neer.


• Nommer jou sinne 1 tot 7.
• Tel jou woorde en skryf die getal onderaan die opsomming neer.
• Onthou, dit mag nie langer as 70 woorde wees nie.

1. Kies ‘n slimfoon met groot genoeg stoorruimte.


2. Kies ‘n slimfoon met meer as een Gigabyte RAM.
3. Vir beter gehalte kies slimfone met metaalafwerking.
4. Foonkameras met hoë dinamiese omvang neem beter foto’s.
5. Vingerafdruksensors ontsluit fone vinnig en gaan betalings veiliger maak.
6. ‘n Plastiekbeskermlagie vir foonskerms is onnodig.
7. Kies ‘n kragbank wat groter as jou foonbattery is. [55 woorde]
Let op :
✓ Elke sin is ‘n volsin.
✓ Elke sin is genommer en staan onder mekaar geskryf.
✓ Die aantal woorde is onderaan neergeskryf.

Wat om tydens die eksamen te doen:


• Lees die teks deeglik deur.
• Lees ook die instruksies deeglik deur. As jy gevra word vir wenke, toets elke keer die sin
deur jouself af te vra: “Is dit ‘n wenk?”
• Haal die rofwerk met jou liniaal deur haal en dui duidelik aan wat jou FINALE WEERGAWE
is.
• Skryf die Moet aantal woorde onderaan neer.
AKTIWITEIT/ASSESSERING Lees nou die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke wat sal verseker dat mense van jou hou in VOLSINNE op.
2. Skryf die wenke puntsgewys in die regte volgorde neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Die opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Skryf die KORREKTE getal woorde onder aan die opsomming neer.

WENKE OM TE VERSEKER DAT MENSE VAN JOU SAL HOU

Is jy alleen, eensaam en sonder vriende? Jy wil graag hê dat mense van jou hou. Maar hoe doen jy
dit? Hier is ’n paar wenke wat jou kan help.

Mense se name is belangrik. Sommige mense word kwaad as hul name verkeerd uitgespreek word. Die
verkeerde uitspraak van ’n naam kan die betekenis daarvan verander. Vir baie mense verteenwoordig
hul name wie hulle is. Dit is dus belangrik dat jy mense se name korrek uitspreek, veral wanneer jy met
hulle praat.

Wie hou van onvriendelike mense? Onvriendelike mense skrif ander af. Die ideale manier om grense
tussen oud en jonk, man en vrou en verskillende tale af te breek, is ’n vriendelike glimlag. Terselfdertyd
oefen jy jou gesigspiere!

Mense gesels graag oor die dinge waarin hulle belangstel, soos hul werk, sport, kos en stokperdjies. Dit
werk wonderlik as jy met mense gesels oor die dinge waarin hulle geïnteresseerd is.

In sekere gevalle is konfrontasie onvermydelik, maar probeer sover moontlik om moeilike situasies wat tot
argumente kan lei, te vermy. Hierdie vermoë word deur baie mense bewonder.

Jy moet ook leer om nie so maklik ander mense se gedrag te kritiseer nie, want mense kritiseer gewoonlik
omdat hulle nie ander mense se optrede verstaan nie.
Jy wil ook graag vriende maak en mense nader trek – wees dus ’n positiewe persoon. ’n Uitstekende
voorbeeld van iemand met ’n positiewe persoonlikheid, was Suid-Afrika se voormalige president, Nelson
Mandela.

Almal begaan foute. Wanneer jy verkeerd is, vra onmiddellik om verskoning. Dit help om enige
moeilike situasie te red. [Verwerk uit: http://www.pitkos.co.za]
Memorandum AANHALING JOU EIE SIN
1 Dit is dus belangrik dat jy mense se name korrek Spreek mense se name korrek uit
uitspreek, veral wanneer jy met hulle praat. wanneer jy met hulle praat. (11)
2 Die ideale manier om grense tussen oud en jonk, man en Glimlag vriendelik vir mense om grense
vrou en verskillende tale af te breek, is ’n vriendelike af te breek. (9)
glimlag.
3 Dit werk wonderlik as jy met mense gesels oor die dinge Gesels met mense oor die dinge waarin
waarin hulle geïnteresseerd is. hulle belangstel. (9)
4 maar probeer sover moontlik om moeilike situasies wat Probeer moeilike situasies wat
tot argumente kan lei, te vermy. konfrontasie kan veroorsaak vermy. (8)
5 Jy moet ook leer om nie so maklik ander mense se Moenie maklik ander mense se gedrag
gedrag te kritiseer nie, kritiseer nie. (8)
6 Jy wil ook graag vriende maak en mense nader trek – Wees ’n positiewe persoon. (4)
wees dus ’n positiewe persoon.
7 Almal begaan foute. Wanneer jy verkeerd is, vra Vra onmiddellik om verskoning as jy
onmiddellik om verskoning verkeerd is. (8)

Stap 3: Finale oorskryf


1. Spreek mense se name korrek uit.
2. Glimlag vriendelik vir mense om grense af te breek.
3. Gesels met mense oor die dinge waarin hulle belangstel.
4. Probeer situasies wat konfrontasie kan veroorsaak vermy
5. Moenie ander mense se gedrag kritiseer nie.
6. Wees positief.
7. Vra onmiddellik om verskoning as jy verkeerd is [52 woorde]
Waardes Goeie menseverhoudinge; deeglike lees

You might also like