Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Dragonflies 2023

Dawid is 'n ongelooflike aangename seuntjie met baie liefde om te


gee, hy is gehoorsaam en het baie goeie maniere. Hy werk baie hard
in die klas en lewer altyd sy beste. Dawid geniet deelname aan die
skool se aktiwiteite, veral tema besprekings waar hy al sy stories van
die naweek kan deel. Dankie dat jy so oulik is, Dawid. Dit was 'n
plesier om jou in my klassie te kon hê die jaar, saam het ons baie
gegroei. Ons gaan jou vreeslik mis volgende jaar, maar weet jy gaan
jou nuwe skooltjie baie geniet en sommer tonne nuwe maatjies maak.
Gesëende Kersfees vir jou en jou familie!

Elle is 'n oulike dogtertjie met 'n sagte hartjie en baie goeie maniere.
Sy lewer deurgans werk van uitstaande gehalte waarmee sy almal
altyd baie trots maak. Sy voltooi take met gemak en selfvertroue en
geniet buite speeltyd saam haar maatjies. Elle het baie goeie vordering
getoon in haar ontwikkeling en ons is ongelooflik trots op haar. Hou
so aan, Elle. Dit was 'n plesier om jou in my klassie te kon hê die jaar
en ons weet sommer jy gaan jou nuwe skooltjie vreeslik geniet.
Lekker vakansie hou en 'n Gesëende Feestyd vir jou en jou familie.

Emma is 'n pragtige dogtertjie met 'n ongelooflike persoonlikheid en


'n goeie sin vir humor. Sy bly goed gefokus gedurende klasaktiwiteite
en geniet vryspeltyd saam haar maatjies. Emma het aansienlike
emosionele en ontwikkelingsgroei getoon hierdie jaar, wat ons harte
ongelooflik trots maak. Hou aan, Emma, ons weet sommer jy gaan die
nuwe klassie en al die nuwe maatjies vreeslik geniet. Ons wens vir jou
en jou familie 'n Gesëende Feestyd toe en 'n heerlike vakansie.

You might also like