Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Butterflies 2023

Aaron is 'n kosbare seuntjie met 'n hart van goud en voortreflike
maniere. Ons is baie trots op sy merkwaardige toename in
selfvertroue en uitstekende ontwikkeling van motoriese vaardighede.
Dit was 'n plesier om hom vanjaar in ons Vlinderklas te hê, ons
voorsien dat hy selfs meer gaan uitblink in die Dragonflies-klas
volgende jaar. Mag jy en jou gesin 'n geseënde feesseisoen hê, Aaron.
Geniet elke oomblik van jou vakansie.

Amélie is ons klein sonstraaltjie wat vreugde vind in drukkies gee. Sy


hou daarvan om haar juffrouens na te boots en neem graag deel aan
fantasiespel; waar sy natuurlik die juffrou is. Haar ontwikkeling het
pragtig gevorder, alhoewel sy soms 'n bietjie emosioneel raak, toon
haar sterk persoonlikheid 'n wil om te leer. Ons waardeer jou harde
werk hierdie jaar, Amélie, en glo sy sal met gemak aanpas en floreer
in die Dragonflies-klas volgende jaar. Gesëënde Kersfees en mag julle
die feesseisoen ten volle geniet saam met jou familie.

Anro is 'n liefdevolle en gehoorsame seuntjie wat respek het vir almal
om hom en neem sy maats altyd in ag. Hy leef ook die waardes van
die skool op alle gebiede uit. Anro kan met tye nog biejtie emotioneel
raak, maar ons weet sommer dat hy dit vinnig gaan baas raak. Anro
dit was vir ons 'n voorreg en 'n plesier om jou in ons klassie te kon hê
die jaar en weet sommer jy gaan jou nuwe klassie baie geniet
volgende jaar. Gesëende feestyd vir jou en jou familie en geniet jou
vakansie!

Ashleigh is a sweet little girl! We've had so much fun getting to know
her over the past few weeks. She loves playing outside with her
friends and gets super excited during Morning Ring, music, and
movement time. From the very beginning, Ashleigh has been a perfect
fit, and we're incredibly proud of her! We're sure she'll do amazingly
well in her new class next year. Keep up the great work, Ashleigh!
Enjoy your holiday, and we hope you and your family have a festive
season.

Blake is 'n energieke seuntjie wat dit geniet om binne die klas en buite
op die speelgrond te speel saam sy maats. Hy staan nooit terug vir 'n
uitdaging nie en neem gretig deel aan al die klas aktiwiteite. Blake,
baie dankie vir al jou harde werk deur die jaar. Geniet jou vakansie en
mag julle 'n gesëende feestyd hê saam met familie.

Cari is 'n pragtige dogtertjie met 'n hartjie gemaak van goud. Dit was
'n absolute fees om haar in ons klassie te kon hê die jaar. Cari geniet
graag kunsaktiwiteite, sowel as buitespeeltyd saam haar maatjies.
Baie dankie vir al jou harde werk deur die jaar, Cari. Hou so aan! Ons
wens jou alle vreugde toe by jou nuwe skooltjie en weet sommer jy
gaan baie nuwe maats maak. Gesëende feestyd vir jou en jou familie.
Chris is 'n dierbare seuntjie wat hierdie jaar ongelooflike vordering
getoon het. Dit is moeilik om te glo dat hy eers skaam en
teruggetrokke was toe hy by ons begin het. Chris geniet die binneklas-
en buitespeeltyd saam met sy maats, en hy gebruik elke geleentheid
om sy juffrouens en maatjies te help. Sy ontwikkeling toon
aansienlike vooruitgang. Dankie dat jy altyd jou beste gee. Ons is
ongelooflik trots op jou, Chris! Geniet die vakansie en 'n Gesëende
Kersfees!

Emma is ons sagte klein dogtertjie met 'n hart vol liefde en
uitstekende maniere. Sy is 'n voorliefhebber van kunsaktiwiteite,
geniet dit om liedjies te sing gedurende oggendkring, en neem graag
deel aan fantasiespeletjies. Emma toon merkbare vordering in haar
ontwikkeling, en ons is baie trots op haar groei deur die jaar. Ons
wens jou baie vreugde toe by jou nuwe skooltjie en weet sommer jy
gaan baie mooi aanpas. Ons gaan jou vreeslik mis, Emma! Gesëende
Kersfees en geniet die feestyd saam met julle familie.

Frans is 'n uitsonderlike seuntjie met 'n liefde vir ontdekking en 'n
ywer om nuwe dinge te leer. Hy verken graag die speelgrond en neem
met groot opgewondenheid deel aan al die klasaktiwiteite. Frans het
hierdie kwartaal uitstekende vordering getoon, en ons is vervuld met
trots oor al sy bereikte mylpale gedurende die jaar. Ons het geen
twyfel dat hy volgende jaar in die Dragonflies-klas gaan uitblink nie.
Geniet jou vakansie, Frans en `n Gesëende Kersfees vir julle.

Heinrich is 'n energieke seuntjie wat diep in almal se harte gekruip


het. Hy geniet om sy stories te deel en staan altyd reg om sy
juffrouens en maatjies te help waar hy kan. Sy luistervaardighede het
merkbaar verbeter, en hy voltooi opdragte nou met groot gemak.
Heinrich ons wens jou al die vreugde toe by jou nuwe skooltjie en
weet sommer jy gaan baie gelukkig wees. Gesëende Kersfees vir jou
en jou familie en voorspoed vir die nuwe jaar.
Juandré is 'n spraaksaam en intelligente seuntjie wat deurdagte
terugvoering gee tydens oggendtema-besprekings. Sy werk is van
hoogstaande kwaliteit, en hy vertoon altyd trots vir sy prestasies. Ons
begelei Juandré om meer aandagtig te luister en werk steeds aan die
bevordering van sy emosionele en sosiale vaardighede. Ons waardeer
sy harde werk en is trots op hom! Ons wens hom alle vreugde toe by
sy nuwe skool, waar ons seker is dat hy vinnig sal aanpas en nuwe
vriende maak. Gesëende Kersfees!

Karlien is 'n oulike, intelligente dogtertjie met baie selfvertroue en


goeie leierskapseienskappe. Sy het gedurende die jaar aansienlik
gegroei en waag nou met selfversekering takies aan. Ons is uiters trots
op jou, Karlien! Sy voer opdragte akkuraat uit, en haar
luistervaardighede het merkbaar verbeter. Ons waardeer al jou harde
werk en dit was 'n plesier om jou in ons klassie te hê. Ons wens jou
baie sterkte by jou nuwe skooltjie, en ons het die volste vertroue dat
jy 'n groot sukses gaan behaal. Geniet die vakansie en 'n Gesëende
Kersfees.

Lara is 'n pragtige dogtertjie met 'n sagte hartjie wat respek het vir
almal om haar en neem haar maatjies altyd in ag. Sy is altyd gefokus
gedurende klas aktiwiteite en voltooi haar werkies met selfvertroue en
entosiasme. Lara se leiereinskappe blink uit in die klas en sy werk
gemaklik saam in 'n groep. Sy geniet storietyd, sowel as kuns
aktwiteite en oggend kring tema besprekings. Lara, ons weet jy gaan
jou nuwe skooltjie vreeslik geniet en sommer tonne nuwe maatjies
maak. Ons gaan jou verseker mis by Jelly Babies. Gesëende Feestyd
vir jou en jou familie.

You might also like