Moet Kinders Toegelaat Word Om Energiedrankies Te Gebruik - Docx - Kaden

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Moet kinders toegelaat word om energiedrankies te gebruik?

Energiedrankies vir kinders? Of nie? Ek het intense navorsing gedoen oor die gesondheidsredes van die
gebruik van energiedrankies vir kinders. Ek deel die feite met julle.

Volgens die Arnold Palmer Hospital vir kinders is die gevare van energiedrankies besig om te styg in
vandag se tyd. Die inname van energiedrankies kan lei tot dehidrasie, slapeloosheid, hartkloppings en
die gevolge daarvan is beroertes, aanvalle en selfs dood in uiterste gevalle. Energiedrankies bevat ‘n hoë
inhoud van kaffeïne en ander stimulante soos suiker en taurine. Kinders onder die ouderdom van
agttien jaar moenie meer as 100mg kaffeïne per dag inneem nie.

Volgens navorsing bevat energiedrankies tussen 50mg en 500mg per bediening wat alreeds vir ons wys
dat dit baie meer is as die hoeveelheid wat gesond is. Kinders gaan ook deur ‘n fase waar hulle baie
dinge verken en dit kan lei tot verslawing. Dit is dus baie ongesond vir ‘n kind om verslaaf te wees aan
energiedrankies. Die grootste probleem is dat dit baie maklik vir kinders is om hierdie drankies skelm te
koop. Sodoende is dit belangrik vir ouers om die kinders in te lig oor die gevare.

Volgens ‘n berig uit Maroela Media eksperimenteer jong mense met alkohol deur dit met
energiedrankies te meng. Dit is ‘n baie gevaarlike ding om te doen.

Die veiligste vloeistof vir ‘n kind is water, daar is niks gevaarlik in water nie en dit is baie goeie breinstof!

Na my navorsing stem ek beslis saam dat kinders glad nie energiedrankies moet drink nie. Hulle het van
nature klaar hope energie en ek dink dis onnodig dat hulle meer energie kry en in die proses hulle
gesondheid benadeel. So kom ons almal stem NEE vir energiedrankies vir kinders!

Dankie

You might also like