Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Verwerk - Amelie Pienaa…

Amelie
Pienaa
r Gr.5
Redenaars
2022
Tema:
Patroo
n
Onderwerp:
Liewe ouer
generasie, hou
op om ‘n
patroon van
v
oel te
volg.

“Met grysheid kom


wysheid. Fransien,
eendag as jy oud
is/ sal jy verstaan.
Jy gaan eendag
terug kyk na hoe jy
vandag voel en
lag.” (Sug) Ek is
sommer siek en
sat vir raad soos
hierdie. Wysheid
kom nie altyd met
grysheid nie. Die
wêreld is konstant
besig om te
verander en soms
weet ouer mense
nog minder as
kinders oor hoe
om te reageer en
te voel oor sekere
situasies.

Voorsitter, Dames
en Here, ek gaan u
vandag oortuig
dat die ouer
generasie moet
ophou vir ons
kinders sê hoe om
te voel.

1. Eerstens,
as u vir ons
sê hoe om te
voel, maak
dit ons
onseker oor
hoe ons voel
en wie ons is.
2. Tweedens,
is die ouer
generasie se
manier van
voel
ongesond.
3. Laastens,
die skrif is
teen die
muur, u weet
nie meer hoe
om te voel
oor vandag
se dinge nie.

Eerstens, as u vir
ons sê hoe om te
voel maak dit ons
onseker oor hoe
ons voel en wie
ons is. “Ma, ek is
onsteld. Ek het nie
A-span vir netbal
gekry nie. En ek
het so hard
gewerk.” //“My kind,
dit is maar hoe die
lewe werk. Moet nie
onsteld wees nie.
Toe ek jonk was
het ek ook baie
teleurstellings
gehad. Oefen net
harder.” Ek moet
dan hierdie
woorde sluk en net
aanbeweeg. Ag
nee man! Kliniese
sielkundige Daniel
Flint skryf in die
artikel “Three ways
Parents
Undermine Their
Child’s sense of
identity”,
gepubliseer op die
Psychology
Today webtuiste, 9
September 2019,
dat wanneer ‘n
kind iets met hul
ouers deel, dit ‘n
geleentheid
navore bring vir
emosionele kon-
nek-sie. Meneer
Flint waarsku egter
dat stellings soos
“Toe ek ‘n kind
was” of “Jy moet
sterk staan in tye
soos hierdie” meer
skade as goed
doen, omdat dit
aandag wegneem
van die kind se
situasie en
gevolglik afstand
tussen die ouer en
kind aanbring.
Meneer Flint
verduidelik verder
dat kinders dan
leer om skaam te
voel oor hul
emosies en dit as
‘n swakheid te sien,
al is dit egter deel
van ons
alledaagse lewe.
Moet my nie
verkeerd verstaan
nie. Ouers moet
hul kinders advies
gee en het beslis
baie lewenslesse
om vir ons te leer.
Ek moet egter die
uitdagings in my
lewe hanteer, en
hoe ek dit ervaar
en daaroor voel is
belangrik. As die
ouer generasie vir
ons sê hoe om te
voel in hierdie
situasies dink ons
dat ons eie
emosies nie geldig
is nie. Ons begin
dan te twyfel oor
hoe ons voel oor
goed en wie ons is
as ‘n mens. So
ouer generasie,
gee vir ons advies,
maar moet nooit
vir ons sê hoe om
te voel nie.

Tweedens is die
ouer generasie se
manier van voel
ongesond.//
Hoeveel van die
mans, wat deel is
van die ouer
generasie
onderdruk hul
emosies want hulle
probeer sterk en in
beheer lyk?
Hierdie ou manier
van voel is
ongesond.
“Kinders moet
gesien word, maar
nie gehoor word
nie.” Hierdie is
beslis nie die regte
houding vir
gesonde
verhoudings nie. In
die artikel
“Emotional
suppression has
negative outcomes
on children”,
gepubliseer op die
Science
Daily webtuiste, 28
November 2018,
word daar
verduidelik hoe
assistent
professor in
menslike
ontwikkeling en
sielkundige Doktor
Sarah Waters en
haar kollegas se
navorsing bewys
het dat wanneer
ouers hul
negatiewe emosies
onderdruk voor
hul kinders,
kinders dit op tel
en dit ‘n slegte
invloed op die
kinders het. Doktor
Sarah Waters
verduidelik dat
hierdie
onderdrukking van
emosies maak
kinders
deurmekaar. Hulle
tel op dat iets fout
is, maar sien hoe
die ouers anders
optree. U ouer
generasie moet
dus nie vir die
jonger generasie
sê hoe om te voel
nie. U self moet
eers leer hoe om te
voel en hoe om u
emosies in ‘n
gesonde manier te
hanteer.

Laastens, die skrif


is teen die muur -
U weet nie meer
hoe om te voel oor
vandag se dinge
nie. Die wêreld is
besig om
blitsvinnig te
verander. Ons as
kinders het
uitdagings waarva
n u ongelukkig
niks weet nie. U
weet nie uit eie
ervaring uit die
impak van ons
moderne
gekonnekteerde
wêreld op ons
kinders nie. U mag
dalk oplees oor die
impak van sosiale
media op kinders,
maar hierdie gee
net vir u meer
kennis oor die
saak, eerder as
wat u werklik waar
weet hoe dit voel
om met hierdie
uitdagings
gekonfroteer te
word as ‘n kind.
Daarom moet u
ons kinders
beskerm waar u
kan, vir ons raad
gee waar u kan,
maar u moet beslis
nie vir ons sê hoe
ons moet voel of
selfs moet reageer
nie. In die
joernaal-artikel
“Objective and
subjective
experiences of
child
maltreatment and
their relationships
with psycho-pa-
tho-logy”,
gepubliseer op in
die Nature
Research joernaal,
Augustus 2020, het
navorser in
kinderontwikkeling
Professor
Andrean Danese
en sy kollega
sielkundige Cathy
Widom gevind dat
slegs die sub-jek-
tiewe beskrywing
van ‘n kind,
wanneer dit kom
by mishandeling,
kan bepaal of die
kind ‘n gees-tes-
ver-steu-ring
ontwikkel het of
nie, en hierdie tipe
voorspellings nie
suksesvol gemaak
kan word met
objektiewe feite
nie. Dit gaan dus
oor die ervaring
van die kind self -
hoe ons kinders
voel ten spyte die
feite of
omstandighede.
Dit gaan nie oor
hoe u voel of wat u
gelees het nie.

Dames en Here, dit


is so eenvoudig
soos dit - moet nie
vir ons kinders sê
hoe om te voel nie.

1. Eerstens,
as u vir ons
sê hoe om te
voel maak
dit ons
onseker oor
hoe ons voel
en wie ons is.
2. Tweedens,
is die ouer
generasie se
manier van
voel
ongesond.
3. Laastens,
die skrif is
teen die
muur, u weet
nie meer hoe
om te voel
oor vandag
se dinge nie .

Wysheid kom nie


altyd met grysheid
nie. Met ouderdom
kan u dalk vir ons
advies gee en
lewenslesse leer,
maar geen
hoeveelheid
wysheid kan vir u
insig gee oor hoe
ek of my mede
klasmaats voel
wanneer ons
teleurstellings
ervaar nie.
Daarom, liewe ouer
generasie, moet
nooit vir ons
kinders sê hoe ons
moet voel nie.

Edit with the Docs app


Make tweaks, leave comments and share
with others to edit at the same time.

NO, THANKS GET THE APP

You might also like