MONOLOOG - Bring-En-Vertel Dag Chaos

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

MONOLOOG - Bring-en-vertel …

Bring-en-vertel dag chaos


‘n Verwerking van die monoloog Aanhouer wen deur Christie
Nortjé. Verwerk deur Elisma Engelbrecht///

(Gaan sit op blok) (Geirriteerd) Ju"rou Viljoen het


die “beste idee” ooit gehad… ‘n bring-en-vertel
dag by die skool. Ek het besluit om vir Bella, my
spierwit kat te bring. Ek het nie gedink dat Bella
soveel moeilik sou veroorsaak nie. Sy doen
gewoontlik die oulikste goed. Slaap in my
skooltas, speel met my poniestert. (Giggel) Net
laas week het sy haar naels probeer skerp maak
teen my ma se denim, (giggel en fluister) terwyl
my ma die denim nog aan gehad het. (Sug)
Gelukkig luister my ma kliphard Jo Black as ons
in die oggend skool toe ry. Sy het nie gehoor toe
Bella haar naels op die agter sitplek skerp maak
nie. (Trek gesig) Die rit het Bella se maag...
omgekrap. Bella moes die bloempot in die klas
biekie...uhm...leen. (Staan op) Dis toe dat al die
choas los breek. Die probleem het begin toe ek
haar uit die bak wou haal en sy vir Reuben en sy
hamster sien. Sy het my gebruik as ‘n
wegspringblok, Eina! Die arme hamster spring
uit Reuben se hande uit. Bella jaag die hamster,
ek jaag vir Bella en Reuben is net kort op my
hakke. Daar is net choas soos ons onderdeur en
bo-oor die skoolbankies beweeg. (Sug) Gelukkig
kry Reuben se hamster ‘n veilige plekkie in
Ju"rou Vijoen se laai. Ek gryp vir Bella toe sy by
die laai haar witpoot probeer insteek. Net toe
ons dink die chaos is verby. Begin Jessica se
poodle vir Bella blaf. Bella skrik so groot sy steek
haar naels in my arm in en maak so ‘n
“gggg” geluid. Sy laat los nie. Ek probeer haar
kalmeer, “rustig Bella, rustig” maar sy druk net
haar naels dieper en dieper in my arms in. My
oë begin traan. Morgan my vriendin gryp toe ‘n
viskoekie uit my sak om vir Bella te gee, maar
Bella hap die viskoekie mis en hap toe my
skouer. (Vat aan skouer) Eina Bella! Net toe
storm die skoolhoof, Mnr Jordaan in die klas
in. (Mnr Jordaan se stem) “Hoekom raas dit so
Ju"rou Viljoen?” (Ju"rou Viljoen stem) “Die deur
Mnr Jordaan!” skree Ju"rou Viljoen. Bella is by
die deur uit. Ek wou agter haar aanhol, maar
Mnr Jordaan het my vasgekeer en gesê ek moet
nou dokter toe omdat Bella my skouer gehap
het. Ek het vir Mnr Jordaan probeer smeek om
my toe te laat dat ek vir Bella gaan soek, maar
hy het dadelik my ma gebel en sy het my kom
haal om dokter toe te gaan. Die dokter het vir
my ‘n inspuiting en steke gegee. Ek het al die
pad huis toe gehuil oor Bella my kat. My ma het
gesê dat katte altyd hulle weg huis toe vind. Ek
wag nou nog vir Bella. (Kat geluid) (Verbaas)
Bella!

You might also like