Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

10 Mei 2024

Geagte Ouers

AKTV APPLOUS KOORKOMPETISIE - NG GEMEENTE SKUILKRANS


Na baie voorbereiding, is ons opgewonde om deel te neem aan ATKV Applous 2024.
Die volgende belangrike inligting aangaande ons optrede:
DATUM Saterdag, 18 Mei 2024

PLEK NG Gemeente Skuilkrans,


h/v Cussonia- en Jan Albertstrate, Val de Grace, Pretoria
VERVOER Alle lede moet gebruik maak van die busvervoer na Skuilkrans
gemeente. Na afloop van die optrede mag koorlede terug ry
saam met ouers. U kan ook onder mekaar reëlings tref
aangaande vervoer terug skool toe.
Voltooi asb. die elektroniese skakel t.o.v. die busvervoer terug.

https://forms.gle/MXRMHid4io4E2p3m9

VERTREK BY Koorlede meld om 15:45 aan met die korrekte koordrag by


SKOOL skoolsaal.
Bus vertrek stiptelik om 16:00.
TERUG BY ± 18:30 (ons sal laat weet indien tye verander)
SKOOL
OPTREDE / ONS DOEN ‘N BEROEP OP AL DIE KOOROUERS OM DIE
KOMPETISIE KOORLEDE TE KOM ONDERSTEUN! Kom ons daag op as
een groot massa - ondersteunershemde is te koop
in die kantoor vir die wat hou van ietsie blou!

PRESTIGE - AFDELING PROGRAM:


(Slegs 4 skole wat in ons streek aan Prestige deelneem)

Laerskool Constantiapark (17:00)


Laerskool Elarduspark (17:20)
Laerskool Garsfontein (17:40)
Laerskool Kruinsig (18:00)

Pouse, repliek en uitdeel van sertifikate 18:20 – 19:00


KAARTJIES Kaartjies word by die deure verkoop:
Volwassenes: R50
Kinders: R10
Plekke is onbespreek.
GEEN kos of koeldrank word in die saal toegelaat nie.
KOORDRAG Koorlede kom met hul korrekte FORMELE KOORDRAG
skool toe.
● Geen T-hemp of frokkie onderaan koordrag, trek eerder
warm fleece-baadjie aan as dit koud is.
● Dogters se hare: Hoë (bo-op kop), netjiese ponie.
● Seuns se hare: Netjies gekam.
● Linte sal voorsien word.
● Trek eie swart kouse aan saam met skoon
skool-skoene.

PARKERING Motors kan om die kerk parkeer of in parkeerarea oorkant die


kerk. Sekuriteitswagte sal die motors in genoemde parkeer-
areas oppas - teen R20 per motor.

KOSPAKKIE Pak asb. ‘n gesonde kospakkie in, wat nie sal mors nie. Ons
versoek dat hul slegs water sal drink en nie sap of
gaskoeldrank nie.
GEEN GELD OM KOS TE KOOP VIR KOORLEDE NIE!!!
Kinders sal NIE by die kosstalletjies kan kos koop nie - ons
waglokaal is moontlik ver.

Baie dankie vir elke ouer se volgehoue ondersteuning. Ons sien uit na ‘n wonderlike
geleentheid om by Applous te kan sing. Ons vertrou dat harde werk beloon sal
word.

Vriendelike groete

ME. L. SMIT ME. E. ELOFF MNR. T. HUMAN


ORGANISEERDER KULTUURORGANISEERDER SKOOLHOOF

You might also like