Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Oefenvraag: Boedelbereddering

Vrae

1. Herman se beste vriend, Gerhard, sterf onverwags. Herman vind uit dat Gerhard hom as eksekuteur in
sy boedel benoem het. Herman is egter nie vertroud met die boedelberedderingsproses nie en voel
ongemaklik om die proses alleen te hanteer. Wat is sy opsies?
2. Verduidelik die verskillende wyses waarop ʼn eksekuteur van ʼn bestorwe boedel aangestel kan word en
ook wat elke tipe eksekuteur genoem word.
3. Verduidelik wat dit beteken as ʼn eksekuteur sekerheid moet stel, en noem ook die klasse persone wat
vrygestel is van sekerheid.
4. Die eksekuteur moet die likwidasie- en distribusierekening binne 6 maande vanaf ontvangs van
eksekuteursbrief by die meester indien. Gestel dat die eksekuteur na 5 maande besef dat hy die
rekening nie betyds gaan kan indien nie. Wat staan hom te doen?

`
Antwoorde
1. Die eksekuteur kan iemand as mede-eksekuteur of agent aanstel om hom by te staan. Hierdie persoon
moet dan ook ʼn aanneming van eksekuteurskap voltooi en die meester kan hom dan as mede-
eksekuteur aanstel. Die eksekuteur kan ook ʼn agent aanstel om namens hom die boedel te beredder.
hy verleen dan volmag aan die agent. Die eksekuteur en agent kan dan ooreenkom oor ʼn fooi wat
betaal sal word vir die dienste gelewer.
2. ʼn Eksekuteur kan ingevolge die testament benoem word en staan as ʼn eksekuteur testamentêr bekend.
ʼn Eksekuteur kan deur die meester aangestel word en staan as ʼn eksekuteur datief bekend.
3. Die eksekuteur moet aan die meester sekerheid stel vir behoorlike nakoming van sy / haar pligte as
eksekuteur vir die waarde van boedel. ʼn Testateur kan ʼn eksekuteur in die testament vrystel van
sekerheid. Ouers, gade en kinders van die erflater is outomaties vrygestel van sekerheid ingevolge
artikel 23 van die Boedelwet.
4. Die eksekuteur moet voor die verstryking van die datum vir indiening skriftelik by die meester om
uitstel aansoek doen. Redes moet aangevoer word waarom die rekening nie betyds ingehandig kan
word nie. Daar moet aangedui word welke stappe gedoen is om die indiening van die rekening te
bespoedig.

You might also like