Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Oefenvraag: Inhoud van testamente – deel II

Vraag

1. Gestel jy is ʼn testateur wat ʼn vruggebruik in jou testament wil insluit. Stel so klousule op en verduidelik
ook aan die bevoordeeldes wat die regsgevolge van die vruggebruik sal wees.
2. Wiehan stel ʼn testament op waarin hy al sy onroerende bates in trust aan sy twee dogters, Sanet en
Zandrie, as trustbevoordeeldes bemaak. Hy stel sy broer, Jaco, as trustee aan.
2.1. Verduidelik die regsaard van hierdie trust.
2.2. Met Wiehan se afsterwe realiseer hierdie trust. Wat moet egter gebeur alvorens Jaco met sy pligte
as trustee mag begin?
2.3. Die testament maak geen voorsiening vir Jaco se vergoeding nie. Beteken dit dat Jaco sy pligte as
trustee gratis moet verskaf?
2.4. Gestel dat Susan en Zandrie uitvind dat Jaco beplan om een van die huise in die trust in die mark te
sit. Die twee susters het nie toestemming hiervoor gegee nie en wil nie die huis likwideer nie.
Adviseer Susan en Zandrie rakende moontlike remedies wat hulle het.
2.5. Gestel dat Jaco een van die huise in die trust wil uitverhuur en die huurgeld aan die
trustbevoordeeldes oorbetaal. Jaco los egter die hek en voordeur van die huis oop, en die
volgende dag neem plakkers besit van die huis oor. Hulle weier om uit te trek, en die huis kan dus
nie huurgeld genereer nie. Die susters besluit om regsaksie te neem teen die plakkers en na ses
maande word hulle uitgesit. Adviseer Susan en Zandrie rakende moontlike remedies wat hulle het.

`
Antwoord

1. Voorbeeld van vruggebruik in ʼn testamentêre klousule: “Ek bemaak my plaas ‘Mooifontein’ in die
Karoo aan my dogter, Danika. Aan my vrou, Vanessa, bemaak ek ʼn lewenslange vruggebruik oor hierdie
eiendom.”
Die regsgevolge begunstigdes is as volg:
• Danika word eienaar van die plaas. Tydens Vanessa se leeftyd is sy slegs ʼn “naak-eienaar”
omdat sy die plaas besit, maar nog nie verblyf- en gebruikreg oor die plaas het nie. Wanneer
Vanessa tot sterwe kom, sal Danika ʼn volwaardige eienaar oor die plaas word en volle verblyf-
en gebruikregte verkry.
• Vanessa kan vir die res van haar lewe op die plaas bly, asook die vrugte van die plaas gebruik.
Sy verkry egter nooit eienaarskap oor die plaas nie en dit is dus ook nie eiendom waaroor sy in
haar testament kan beskik nie.
[Handboek bladsy 172]
2. Trust:
2.1. Mortis causa (trust wat in testament gestig word en tot lewe kom wanneer die testateur sterf)
asook ‘n bewind trust (trust waar die trustbevoordeeldes die eienaars van die trust is).
[Handboek bladsy 174 & 176]
2.2. Jaco moet skriftelik deur die meester gemagtig word om met sy pligte te begin.
[Handboek bladsy 185]
2.3. By gebrek aan voorsiening in die testament is die trustee geregtig op billike vergoeding wat deur
die meester vasgestel kan word.
[Handboek bladsy 187]
2.4. As trustbevoordeeldes kan Sanet en Zandrie ʼn verbiedende interdik verkry teen die trustee, Jaco,
as hulle vermoed dat hy ʼn trustbate op ʼn ongeoorloofde wyse wil vervreem. So ʼn interdik is ʼn
hofbevel wat Jaco sal verbied om die huis te verkoop.
[Handboek bladsy 191]
2.5. Indien die trustbevoordeeldes skade ly as gevolg van die trustee se nalatige wanbestuur van die
trust, soos in hierdie geval, sal die bevoordeeldes ʼn skadevergoedingsaksie teen die trustee kan
instel. Delikregtelike beginsels sal dus toegepas word. Die skadevergoeding sal bepaal word aan
die hand van die bedrag wat nodig sal wees om die trustkapitaal te herstel tot die omvang wat dit
sou gehad het indien die trustee se nalatige optrede nie plaasgevind het nie. Sanet en Zandrie sal
dus die regskostes om die plakkers uit te sit van Jaco kan verhaal, asook die bedrag huur wat hulle
verloor het in die ses maande wat die huis nie huur kon genereer nie.
[Handboek bladsy 191]

You might also like