Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 47

AFRIKAANS EAT GR 12

GEDIGTE
DEEL 1

Die dans van die reën


By die robot in Eerstelaan
Ek het ‘n huisie by die see
Huiskat
Wetenskapsmannetjies
Klara Majola
Die dans van die reën
1 O die dans van ons Suster!
2 Eers oor die bergtop loer sy skelm,
3 Eh haar oge is skaam;
4 En sy lag saggies.
5 En van ver af wink sy met die een hand;
6 Haar armbande blink en haar krale skitter;
7 Saggies roep sy.
8 Sy vertel die winde van die dans
9 En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot.

10 Die grootwild jaag uit die vlakte,


11 hulle dam op die bulttop
12 wyd rek hulle die neusgate
13 en hulle sluk die wind;
14 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.

15 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
16 en hulle kruip nader en sing saggies:
17 “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”

18 En haar krale skud,


19 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
20 Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n Berggier;
21 sy trap van die hoogte;

22 sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit;


23 Die asem van die wind raak weg.

24 O, die dans van ons suster!

Eugene Marais

Algemene Punte
1. Die reën (dans) en die wind (se asem raak weg) word as ‘n mens voorgestel.
2. Alles wat die suster (reën) in die gedig doen kan met een woord saamgevat word – “dans”
The dance of the rain

Song of the violin player, Jan Konterdans, from Groot Woestyn.

Oh the dance of our sister!


First over the mountaintops she peeps slyly,
And her eyes are shy;
And she laughs softly
And from far she waves with her one hand.
Her bangles shine and her beads glitter;
Softly she calls.
She tells the wind about the dance
And she invites them because the yard is wide and the wedding big.

The big animals chase from the


And gather on the hill top.
They flare their nostrils
And they swallow the wind;
And they bend, to see her fine footprints in the sand.

The small animals deep under the ground hear the dragging of her feet,
And they crawl closer and sing softly
“Our Sister! Our Sister! You have come! You have come!

And her beads are shaking


And her copper rings shine in the disappearing sun.
On her forehead is the fiery plume of a mountain eagle.

She steps from the heights


She spreads her dull skin cloak with both arms
The breath of the wind disappears
Oh, the dance of our sister.

Die dans van die reën


Woordeskat

Uit die gedig Sinonieme


1 O bly / verheug / opgewonde / gelukkig / wys emosie
2 Suster Reën
3 Loer sy skelm Die weerlig is vêr / in ‘n distansie
4 Lag saggies Die donderweer is vêr / in ‘n distansie
5 van ver af wink sy met die een Die weerlig is vêr / in ‘n distansie
hand
6 Saggies roep sy Die donderweer is vêr / in ‘n distansie
7 haar oge is skaam Reën wys net-net / in ‘n distansie / vêr.
8 Loer, wink Weerlig – vêr
9 Lag, roep Donderweer
10 Winde Wie sy vertel van die dans / wie sy uitnooi na die dans toe.
11 Armbande blink, krale skitter Weerlig – hier
12 Armbande, krale, koperringe Juwele / Juweliersware
13 Bruilof Fees / spesiale geleentheid / troue / huwelik
14 Die werf is wyd Groot area / oop woestyn
15 Grootwild Groot diere van die woestyn
16 Dam Die grootwild staan by mekaar / vergader
17 Bulttop Waar die vergader
18 rek die neusgate / sluk die wind Reaksie van grootwild oor die reën
19 sluk die wind Die wind waai sterk
20 Buk Betoon eerbied / respek / onderdanigheid
21 fyn spore op die sand Dit reën saggies
22 Kleinvolk Klein diertjies van die woestyn
23 Diep onder die grond Waar klein diertjies is
24 Hoor die sleep van haar voete Hoe kleinvolk weet van die reën
25 Kruip Betoon eerbied / respek / onderdanigheid
26 Sing saggies Reaksie van kleinwild oor die reën
27 Krale skud Donderweer
28 Koperringe blink Weerlig
29 Berggier Voël / Berghaan
30 Wegraak van die son Die son verdwyn / gaan agter die wolke in
31 Vuurpluim van die berggier Vergelyking met van die wegraak van die son
32 Trap van die hoogte Die reën kom nou / beweeg, kom nader
33 sprei haar vaal karos met altwee Nou begin dit hard te reën / reën orals
arms uit
34 Karos Kledingstuk
35 Die asem van die wind raak weg Personifikasie / menslike eienskap
36 Dans Een woord waarmee gedig ssamgevat kan word / Personifikasie /
menslike eienskap
die dans van die reën
(Eugene Marais)

Spreker is in gelukkig oor die reën Spreker gee die naam van die reën
1 O die dans van ons Suster!
 is die 6 Ondeund / geheimsinnig / stout
2 dinge wat Eers oor die bergtop loer sy skelm,
die suster oë Reën wys net-net
3 doen in die En haar oge is skaam;
eerste Sagte dreuning (Donderweer)
4 strofe as En sy lag saggies.
deel van
Teken om die woestyndiere voor te berei op haar koms
die dans
5 En van ver af wink sy met die een hand;
Weerlig blits
6 Haar armbande blink en haar krale skitter;
Sagte dreuning (Donderweer is nog ver)
7 Saggies roep sy.
Vertel hulle van die dans,
8 Sy vertel die winde van die dans
Sy nooi hulle uit na die geleentheid (reën)
9 En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot.
Baie plek
Groot diere
Die groot diere van die woestyn doen 2 dinge
10 Die grootwild jaag uit die vlakte, om die reën te
In die strofe verwelkom
11 hulle dam op die bulttop
wys die groot
diere hoe bly Waar hulle bymekaar kom Om die reën te ruik
12 hulle is dat dit wyd rek hulle die neusgate
gaan reën
Proe / Bekke is oop Die wind waai nou sterker
13 en hulle sluk die wind;
Hulle is byna onderdanig Dit begin drup
14 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die 3 Sintuie – Ruik, Proe en Sien Sintuig

Die klein woestyndiertjies So klink die druppels vir die kleinvolk


15 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,

Kruip on die grond weg is dalk ‘n bietjie bang


Kleinvolk byna onderdanig So verwelkom die kleinvolk die reën
16 en hulle kruip nader en sing saggies:

17 “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”

Donderweer
18 En haar krale skud,

armbande Die son verdwyn / die wolke gaan voor die son
19 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Die spreker vergelyk die kleur van die son voor dit reën
20 Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n Berggier;
Die reën beweeg nader Berghaan - voël
21 sy trap van die hoogte;

Dit begin orals reën Vergelyking - hoe die reën uitsak


22 sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit;

Kledingstuk van die Boesmans, kombers


23 Die asem van die wind raak weg.

Vreugde Die wind hou op waai voordat dit begin reën


24 O, die dans van ons suster!

Algemene Punte
3. Die reën (dans) en die wind (se asem raak weg) word as ‘n mens voorgestel.
4. Alles wat die suster (reën) in die gedig doen kan met een woord saamgevat word – “dans”

Vrae

1. Wat is die Suster volgens die gedig? (1)

2. Die herhaling van die “s” klank in reël 1 staan bekend as (assonansie/alliterasie). (1)

3. Watter woord in strofe 1 sê dat die woestyninwoners donderweer gehoor net? (1)

4. Kies die korrekte antwoord en skryf net die nommer en die korrekte nommer neer:

Die woorde wat omgeruil word in reël 2 staan bekend as…

a. enjambement
b. personifikasie
c. asimilasie
d. inversie. (1)

5. “van ver af wink sy met die een hand” beteken dat die inwoners die …. sien

a. grootwild
b. weerlig
c. kleinvolk
d. donderweer. (1)

6. Waarvan vertel die Suster die winde? (1)

7. Noem twee redes hoekom die Suster die winde uitgenooi het? (2)

8. Wie jaag uit die vlaktes om die Suster te verwelkom?

9. Waar het die grootwild bymekaar gekom om die Suster mooi te sien?

10. Watter stelling is korrek?

Die grootwild buk om…

a. die suster te ontmoet.


b. haar die reën op die sand te sien.
c. hulle neusgate wyd te rek.
d. Water te drink (1)

11. Pas die woorde uit Kolom B by die woorde in Kolom A. Skryf slegs die nommer en die letter neer.
KOLOM A KOLOM B
11.1 kleinvolk A skud
11.2 krale B vaal karos
11.3 son C trap af van die hoogte
11.4 berggier D kruip nader
11.5 suster E raak weg
F vuurpluim

12. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

’n Mens vier bruilof (reël 9) as iemand…

a. ’n baba doop.
b. begrawe word.
c. verjaar.
d. trou. (1)

13. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.
Die berggier (reël 20) is ‘n tipe

a. roofvoël.
b. blom.
c. insek.
d. soogdier (1)

14. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

15. Ons kan uit die woord vuur (reël 20) aflei dat die pluim

a. blou-groen is.
b. rooi-geel is.
c. grys-swart is.
d. pers-pienk is. (1)

16. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Jan Konterdans, wat in die subtitel genoem word, woon…

a. in die stad.
b. in die berge.
c. in die woestyn.
d. by die see. (1)

17. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die karos wat in reël 22 genoem word, verwys na…

a. golwe.
b. weerlig.
c. reën.
d. wind. (1)

18. Walter tipe musiekinstrument bespeel Jan Konterdans’? (1)

19. Wat doen die kleinvolk om die reën te verwelkom? (1)

20. Waarom rek die grootwild hulle neusgate in reël 12? (1)

21. Wat is die fyn spore wat in reël 14 genoem word? (1)

22. In die eerste strofe kan donderweer gehoor word. Watter twee aparte woorde sal na donderweer
verwys in strofe 1? (2)

23. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.
In reël 18 waar haar “krale skud” wat ook die donderweer is wat gehoor kan word, is ‘n
voorbeeld van …

a. inversie.
b. personifikasie.
c. klanknabootsing.
d. enjambement. (1)

24. Daar is ook sprake van weerlig in die eerste strofe. Haal drie aparte woorde aan wat na die weerlig
verwys. (3)

25. Watter woord in strofe 2 dui daarop dat die groot diere naby mekaar op die hoogste duin staan? (1)

26. Waarom het die groot diere gebuk? (1)

27. Die Suster se fyn spore is die eerste druppels reën.

27.1. Sê of die bogenoemde stelling waar of onwaar is. (1)

27.2. Gee ‘n rede vir jou antwoord in 27.1. (1)

28. Wat het die kleinvolk onder die grond gehoor wat vir hulle laat weet het dat die Suster gekom het?

29. Hoe het die kleinvolk reageer om te wys dat hulle hulle Suster verwelkom het? (1)

30. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Toe die reën begin val het, het die son

a. verdwyn
b. baie warm geraak
c. geblink
d. ondergegaan (1)

31. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Sy trap af van die hoogte, beteken die reën het

a. ophou val.
b. verbygetrek.
c. begin val.
d. opgehou. (1)

32. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die vaal karos wat die Suster sprei is die …

a. wind wat waai.


b. son wat sak.
c. reën wat orals val.
d. hael wat val. (1)

33. Wat het van die wind geword?

34. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die hele gedig is ‘n baie goeie voorbeeld van … omdat die suster / reën die menslike
eienskap van dans kry. (1)

a. inversie.
b. personifikasie.
c. metonimia.
d. ‘n vergelyking.

Memorandum

1. Reën. (1)
2. Alliterasie.
3. lag, roep. (1)
4. D. (1)
5. B. (1)
6. van die dans. (1)
7. die werf is wyd en die bruilof groot. (2)
8. die grootwild / groot diere. (1)
9. Op die bultttop. (1)
10. B. (1)
11. …
11.1. D
11.2. A
11.3. E
11.4. F
11.5. C (5)
12.
13. 2.9.1.D.
13.1. A.
13.2. E.
13.3. B.
13.4. C. (5)
14. A (1)
15. B (1)
16. C (1)
17. C (1)
18. Viool (1)
19. Hulle sing saggies(1)
20. Om die reën te ruik / die wind waai sterk.(1)
21. Reën (1)
22. lag, roep. (2)
23. C. (1)
24. wink, blink, skitter. (3)
25. dam. (1)
26. om die haar fyn spore in die sand te sien / om die reëndruppels in die sand te sien. (1)
27.1. Waar. (1)
27.2. Dit begin te reën / haar fyn spore is op die sand. (1)
28. die sleep van haar voete. (1)
29. hulle sing saggies. (1)
30. A (1)
31. C (1)
32. C (1)
33. Die wind het ophou waai. (1)
34. B (1)
By die robot in Eerstelaan – Marita van Aswegen
1 twee pare voete girts oor die teer
2 sy arm en nek is so styf en seer
3 sy bene so lam van gister se staan
4 ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan

5 motors se band knars tot stilstand


6 in die blikkie klingel vyf sent en ʼn rand
7 hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan
8 hier by die robot waar hy die dag omstaan

9 sy arm word gepluk en geruk en hy skrik


10 toe sy voet oor ʼn pyp eenkant toe swik
11 “ons beter geld kry, of ek los jou hier,”
12 sis die tsotsi en sy asem ruik na bier

13 sy hart klop vinnig soos dié van ʼn bang kind


14 hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?
15 die verkeerslig klik en die enjins brul saam
16 sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan

17 trieng, trieng lui ʼn fiets se klokkie


18 hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie
19 die verkeerslig klik en bande skuur oor teer
20 sy arm en skouer is so styf en seer

21 ʼn motorruit tjier af en ver weg dreun ʼn bus


22 as die dood hom tog net wil kom haal
23 dan kan hy vir ewig en altyd rus
24 die tsotsi skraap sy keel en spoeg ʼn straal

25 geld klingel in die blikkie en lê dan stil


26 die duiwe koer en ʼn kindjie jil
27 “mammie hy’s blind,” piep ʼn dogtertjie sag
28 hy draai sy kop skuins en hy wag

29 “hier is nog tien rand,” sê die vrou


30 “koop vir jou iets om aan te kou”
31 die verkeerslig klik en hy hou aan met wag

1
32 die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag

At the robot in First Avenue


1 two pairs of feet scrape over the tar
2 his arm and neck are so stiff and sore
3 his legs so lame from yesterday’s standing
4 arms linked he follows obediently where they go

5 car tyres grind to a halt


6 in the tin five cents and a rand clink
7 he smells the fish and chips shop in first avenue
8 here at the robot where he stands all day

9 his arm gets jerked and pulled and he gets a fright


10 when awkwardly his foot stumbles one side over a pipe
11 “we better get money, otherwise I’ll leave you here,”
12 hisses the tsotsi and his breath smells like beer

13 his heart beats as fast as a scared child


14 how will he find the place where he lies from here?
15 the traffic light clicks and the engines growl together
16 his dull eyes turning upwards

17 tring, tring rings a bicycle bell


18 he bends down and pulls at his broken sock
19 the traffic light clicks and the tyres scrape over the tar
20 his arm and shoulder are so stiff and sore

21 a car window squeals open and far away a bus groans


22 if only death would come and take him
23 then he could rest forever and ever
24 the tsotsi clears his throat and spits out a stream

25 money jingles in the tin and then lies still


26 the doves coo and a child cries out with pleasure
27 “mommy he’s blind,” the little girl pipes softly
28 he turns his head away and waits

2
29 “here is another ten rand,” the woman says
30 “buy something for yourself to eat,”
31 the traffic light clicks and he continues waiting
32 the tsotsi tugs his sore arm and laughs

AGTERGROND

Marita van Aswegen werk deeltyds as maatskaplike werkster met kinders in nood.
 Sy het al baie ellende gesien en ervaar.
 Veral waar mense sonder gewete kinders en mense wat hulpeloos is,
misbruik.
☺ Kinders en die natuur inspireer haar.
☺ Sy skryf oor dinge wat sy daagliks sien en ervaar.
☺ Haar stories het dikwels ʼn groot stuk werklikheid.

ALGEMENE INLIGTING – BEDELAARS

Bedelaars se omstandighede is uniek.


Bedelaars kan in drie groepe verdeel word:
❖ Die tradisionele bedelaar.
❖ Die bedelaar by die robot.
❖ Die bedelaar wat van huis-tot-huis bedel.

Dit is belangrik om nie vir bedelaars geld te gee nie.


❖ Ondersteun eerder organisasies in jou omgewing wat dienste aan haweloses lewer.
❖ Hierdie organisasies kry nie geld van die staat nie en moet self geld insamel om die
haweloses te help.
❖ Ondersteun hulle deur vir hulle kos en tweedehandse klere te skenk.
❖ Jy kan ook as vrywilliger werk.

Gesels ʼn bietjie met jou klasmaats oor hoe dit moet voel om elke dag wakker te word en nie
te weet of dit lig of donker is nie en om staat te maak op ander om jou te help.
 Dink net hoe sleg dit moet wees om blind en brandarm te wees.
 Dit is dan ook wat in hierdie gedig gebeur.
 Mense sonder ʼn gewete gebruik ander se blindheid om hulle te verryk.
 Die persoon wat misbruik word, is soos ʼn robot.
o Hy doen wat ander vir hom beveel om te doen vir die bietjie geld wat
hy gaan kry.
o Die misdadiger hou ongelukkig die meeste van die profyt vir hulleself.

Baie mense vandag bedel egter omdat hulle te lui is om te werk.


 Om geen verantwoordelikheid te hê, is hulle keuse en dit is dan waarom hulle nie,
bv. ʼn werk sal aanvaar as iemand dit vir hulle aanbied nie.

In die gedig het ons te doen met ʼn universele probleem.

3
 Die uitbuiting van weerloses wat deur misdadigers gedwing word om te bedel en die
geld dan vir hulle vat.
 In die gedig het ons ʼn blinde man wat deur ʼn tsotsi gedwing word om te bedel.

Tema

ʼn Mens is dikwels aan ander se genade oorgelewer.


 ʼn Blinde man word deur ʼn tsotsi gedwing om te bedel.
 Hy vat hom tot by die verkeerslig en dreig om hom nie terug te vat na sy slaapplek
toe as hy nie vir hulle geld bedel nie.
 Hy vat die geld wat die mense vir die ou blinde bedelaar gee.

Stemming = neerdrukkend

TIPOGRAFIE

Uiterlike bou = agt strofes – vier versreëls elk (kwatryn).


Vaste rymskema: Paarrym
❖ Behalwe strofe 6 = kruisrym.
❖ Funksie van rymskema: Dit beeld die blinde se daaglikse bedelroetine uit, waaruit hy
nie kan ontsnap.

Innerlike bou = Daar is progressie.


❖ Die inhoud van die gedig skep vir ons ʼn prentjie van hoe die dag vir die bedelaar
verloop.
❖ Atmosfeer word geskep deur progressie en die sintuiglike waarneming.

Titel

Gebeure by ʼn spesifieke robot/verkeerslig word beskryf (Eerstelaan), alhoewel dit egter ook
by ander plekke kan gebeur.
Letterlik = Die blinde man staan by ʼn verkeerslig.
Figuurlik = Die man by die robot tree op/reageer soos ʼn robot/masjien wat nie beheer oor
homself het nie.
❖ Hy word deur ander gemanipuleer/hy word gedwing om te bedel.

Strofe 1

1 twee pare voete girts oor die teer

Twee pare voete = suggereer daar is twee mense.


❖ Die tsotsi en blinde bedelaar

Klanknabootsing/onomatopee = “girts” = skuurgeluid

4
❖ Die voete skuifel oor die teerpad.

2 sy arm en nek is so styf en seer


3 sy bene so lam van gister se staan

Die bedelaar se arm en nek is seer van die blikkie se geskud.


❖ Sy bene is lam/moeg van die vorige dag/gister se staan en nou weer vandag.

Alliterasie = herhaling van “s”-klank.

4 ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan

ingehaak = Daar is ʼn persoon wat die bedelaar lei (die ander paar voete).
❖ Aanduiding dat hy blind is.

gedwee (submissive) = Hy loop gewillig/hy gehoorsaam die persoon wat hom lei.

Assonansie = “aa”-klank

Die persoon wat die bedelaar lei (tsotsi) het geen genade nie.
❖ Dit pla hom niks dat die blinde persoon se lyf moeg en seer is nie.

Strofe 2

5 motors se bande knars tot stilstand

Die robot word rooi en motors stop = kom tot stilstand.

Klanknabootsing/onomatopee = “knars”
❖ Kom vinnig tot stilstand.

6 in die blikkie klingel vyf sent en ʼn rand

Klanknabootsing/onomatopee = “klingel”
❖ Hy kan hoor hoe die geld in die blikkie val = gehoorsintuig is deurgaans op die
voorgrond.
❖ Die mense gooi hulle kleingeld wat dalk rondlê in die kar/of beursie binne die
bedelaar se blikkie.

Alliterasie = “k”-klank

7 hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan

Die reël suggereer dat hy honger is.


❖ Reuksintuig = hy ruik die kos.
❖ Die winkel is naby die robot waar hy staan en bedel.

5
8 hier by die robot waar hy die dag omstaan

Hy bedel die hele dag.


❖ Waarskynlik die hele dag sonder kos.

Strofe 3

9 sy arm word gepluk en geruk en hy skrik


10 yoe sy voet dom oor ʼn pyp eenkant toe swik

Polisindeton = herhaling van “en”


❖ Beklemtoon hoe die ou man rof behandel word/nie sagkens nie.
o Hy word mishandel.
o Hy word rondgeruk na waar die tsotsi wil hê hy moet gaan.

Sy voete is dom.
❖ Hy kan nie sien waar hy moet loop nie.
❖ Hy skrik want hy swik sy voet toe hy oor ʼn pyp struikel.

11 “ons beter geld kry, of ek los jou hier,”

Direkte woorde van die tsotsi.

Die tsotsi dreig die blinde bedelaar.


❖ Hy dreig die blinde bedelaar dat hy hom net daar gaan los waar hy is as hy nie
genoeg geld kry nie.
❖ Hy gaan hom nie terug vat na sy bekende omgewing nie.

12 sis die tsotsi en sy asem ruik na bier

sis = geluid wat ʼn slang maak.


❖ Suggereer dat die tsotsi skelm en gevaarlik is.

tsotsi = ʼn Leeglêer wat misdade pleek.


❖ Gewoonlik deel van ʼn bende/gevaarlik

Tsotsi se asem ruik na bier.


❖ Hy gaan waarskynlik die meeste van die geld wat die bedelaar kry, gebruik om nog
drank/bier te koop.

Strofe 4

13 sy hart klop vinnig soos dié van ʼn bang kind

6
Vergelyking.
❖ Hy is baie bang omdat die tsotsi hom dreig om hom net daar te los nie.
❖ Hoe sal hy weer by sy bekende omgewing uitkom as hy nie doen wat die tsotsi hom
beveel om te doen nie.

14 hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?

Retoriese vraag = geen antwoord.

Hy sal nie op sy eie sy lêplek/slaapplek vind nie.


❖ Dit kan daarop dui dat hy nie ʼn huis het nie – net ʼn plekkie waar hy slaap = armoede.
❖ Lêplek = herinner ons aan ʼn slang.

15 die verkeerslig klik en die enjins brul saam

Klanknabootsing/onomatopee = “klik” en “brul”

“klik” = hy hoor die verkeerslig verander.


❖ Gehoor (sintuie) van blindes baie fyn.
❖ Robot is groen.
“brul” = die motors begin beweeg.
❖ Trek met ʼn gebrul weg.

16 sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan

Sy oë is dof = soos party blindes se oë maar lyk.

Bewend opwaarts = blindes se oë is dikwels so half opwaarts omdat hulle nie kan sien nie
maar
❖ Die bewend = kan dalk daarna verwys dat sy lippe beweeg en ʼn gebedjie prewel
(hoop daar sal genoeg geld wees sodat die tsotsi hom weer veilig terugvat na sy
lêplek toe.(gelowig/hoopvol)

Die bedelaar se vrees word in hierdie strofe beskryf.

Die alliterasie van die “w”-klank en assonansie van “aa”-klank beklemtoon die vrees wat hy
ervaar.
❖ Hy is ver van sy tuiste af en weet nie of hy dit weer sal kan vind nie.

Strofe 5

17 trieng, trieng lui ʼn fiets se klokkie

7
Inversie = omgekeerde woordorde (Die fiets se klokkie lui, trieng, trieng)
❖ Begin met die geluid wat ʼn fiets se klokkie maak.
o Beklemtoon die geluid wat die blinde hoor.

Klanknabootsing/onomatopee = “treing, trieng”


❖ Sintuig van hoor – gehoorsintuig.
➢ Hy is afhanklik van sy ander sintuie ook, bv. die reuk van die vis-en-tjips.

18 hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie

Stukkende sokkie = beklemtoon sy armoede.

Alliterasie “s”-klank

19 die verkeerslig klik en bande skuur oor die teer

Klanknabootsing/onomatopee = “klik”
❖ Die verkeerslig verander weer = rooi.

Bande skuur = motors kom tot stilstand.


❖ Rem vinnig.

20 sy arm en skouer is so styf en so seer

ʼn Amperse herhaling van versreël 2 (vervang “nek” met “skouer”)


❖ Dit lig die blinde se gedurige fisiese pyn en ongemak uit.
o Hy moet die heeltyd sy arm reguit hou en die blikkie skud vir die mense om
geld in te gooi.
❖ Alliterasie van ‘s”-klank dra ook by tot die beklemtoning van sy ongemak.

Strofe 6

Kruisrym terwyl al die ander strofes paarrym het.

21 ʼn motorruit tjier af en ver weg dreun ʼn bus

Klanknabootsing/onomatopee = “tjier” en “dreun”

Geluide wat hy kan hoor.


❖ ʼn Motorruit wat oopgemaak word, kan daarop dui dat iemand vir hom geld gee.

22 as die dood hom tog net wil kom haal


23 dan kan hy vir ewig en altyd rus

Hier kry ons die blinde se emosies en gevoel.


❖ Hy wens om dood te gaan.

8
❖ Hy kan nie meer hierdie moeilike bestaan verduur nie.

Versreël 22 = personifikasie

24 die tsotsi skraap sy keel en spoeg ʼn straal

Hier kry ons ʼn kontras tussen die blinde se broosheid (r.22/23) teenoor die
krasheid/ongevoeligheid van die tsotsi (r.24)
❖ Die blinde hoor hoe die tsotsi die slym diep agter uit sy keel opsuig en met ʼn straal
uitspoeg vir almal om te sien.

Strofe 7

25 geld klingel in die blikkie en lê dan stil

Klanknabootsing/onomatopee = “klingel”

Geld word in die blikkie gegooi.


❖ Hy kan dit hoor.
❖ “stil” = suggestie van daar val nie baie geld in die blikkie nie.

26 die duiwe koer en ʼn kindjie jil

Hierdie vrolike geluide wat die bedelaar nou hoor kan dalk daarop dui dat sy
gemoedstemming bietjie beter is.
❖ Daar het geld ingekom.
Klanknabootsing/onomatopee = “koer” en “jil”

Hierdie versreël beklemtoon die kontras tussen die bedelaar se gevoel in versreël 22/23
teenoor die lewensblyheid van die kind (nog jonk = verkleining) en duiwe wat koer.
❖ Verkleining = kindjie = geen bekommernisse in die wêreld nie.

27 “mammie hy’s blind,” piep ʼn dogtertjie sag

Direkte woorde van die dogtertjie. (verkleining = sy is nog jonk/klein)

Sy praat sag so amper asof sy nie wil hê die blinde bedelaar moet haar hoor nie.
❖ Sy voel jammer vir die blinde bedelaar.

9
❖ dogtertjie = seuntjies wys nie so maklik hulle gevoelens soos dogtertjies nie.

Elisie/klankweglating = hy’s = hy is

28 hy draai sy kop skuins en hy wag

Hy draai sy kop skuins om te luister/hoor of daar nog geld in sy blikkie gaan val.
❖ Skuins = dalk is hy skaam/hy hoop as hy nederig voorkom., sal hulle meer geld gee.
❖ Hy wag = dit is amper asof hy weet die ma gaan vir hom nog geld gee.

Strofe 8

29 “hier is nog tien rand,” sê die vrou


30 “koop vir jou iets om aan te kou”

Direkte woorde van die vrou.


Sy gee hom R10 (sy voel jammer vir hom) en sê hy moet vir hom iets koop om te eet.

Sy weet hy is blind en dit is dalk die rede hoekom sy vir hom noem/sê dat sy vir hom R10
gee.

31 die verkeerslig klik en hy hou aan met wag

Die verkeerslig verander weer en die blinde hou nog steeds sy blikkie uit in die hoop vir nog
geld.

32 die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag

Die tsotsi pluk aan hom = mishandel hom/hanteer hom rof.


❖ Hy voel niks vir die blinde bedelaar nie.
❖ Blinde bedelaar se ongemak/seer lyf word weer eens hier beklemtoon.

Die tsotsi wat lag dui ook op sy ongevoeligheid.


❖ Suggereer dat die geld nie vir die blinde bedelaar gebruik gaan word nie.
❖ Tsotsi gaan die geld vir hom vat.

Ironie = Die geld gaan nie vir kos vir die blinde bedelaar gebruik word nie, maar (dalk) vir
drank vir die tsotsi.
❖ Mense soos die blinde bedelaar sal altyd deur ander uitgebuit word (lag) oor die
maklike manier waarop hulle die geld kan kry.

Polisindeton = strofe 3/5/6/7/8


❖ Dui op die blinde se onskuld.

Sintuiglike waarneming = die blinde neem alles waar met sy sintuie.


❖ Hy ervaar die wêreld deur wat hy kan hoor, ruik en voel.

10
❖ Die leser staan as’t ware in die skoene van die bedelaar.
o Ons kan die omgewing ervaar soos die blinde dit ervaar.

Baie klanknabootsing = dit is hoe die blinde “sien” deur geluide (girts, knars, klingel, sis, klik,
brul, trieng, skuur, tjier, dreun,koer, jil, piep) en reuk (die vis-en-tjips, bierasem) en voel
(gepluk en geruk, arm en nek styf en seer, bene lam, voet swik, hart klop vinnig-angstig)
❖ dit plaas die leser binne-in die gebeure – nes die blinde dit ervaar.
o Die blinde maak sin uit sy donker wêreld deur na klanke en geluide te luister.

Progressie
Strofe 1 = “twee pare voete girts oor die teer” soos hulle loop.
Strofe 2 = “gebeure by die robot” (staan heeldag sonder ʼn pouse/eet dalk ook nie eers nie)
Strofe 3 = die tsotsi se hardhandige “gepluk en geruk” van die blinde.
Strofe 4 = “sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan” oor die dreigement terwyll die verkeer
wegbeweeg as die robot groen word.
Strofe 5 = die stadige verkeer (ʼn fiets) beweeg ook verder terwyl die robot rooi word.
Strofe 6 = iemand gee vir hom geld terwyl hulle by die robot was.
Strofe 7 = iemand gooi geld in sy blikkie.
Strofe 8 = hy kry nog geld omdat hy blind is.
VRAE

1 Gee die denotatiewe betekenis van die titel van die gedig. (1)

2 Verduidelik die konnotatiewe betekenis van die titel van die gedig. (1)

3 Hoekom is die woord “robot” so effektief in die titel? (1)

4 Waar het hierdie gebeure presies afgespeel? (1)


5 Gee DRIE bewyse uit strofe 1 dat die bedelaar nie alleen is nie. (3)

6 Hoekom, dink jy, sal die bedelaar se arm en nek styf en seer wees? (1)

7 Waaruit kan jy aflei dat vandag nie die bedelaar se eerste keer is wat hy bedel
nie? Haal ʼn VERSREËL aan. (1)

8 Wat word deur EEN VERSREËL 4 geïmpliseer? (1)

9 Haal EEN WOORD uit strofe 1 aan wat aandui dat die bedelaar blind is. (1)

10 Die tsotsi ken geen genade nie/gun die blinde geen rus nie.

Stem jy saam met die stelling? Haal EEN VERSREËL aan om jou antwoord te
motiveer. (1)

11 Die bedelaar is blind.

Haal EEN VERSREËL aan om te bewys dat die stelling WAAR is. (1)

11
12 Haal die WOORD uit strofe 1 aan om te bewys dat die bedelaar die persoon wat
hom lei, gehoorsaam volg. (1)

13 Gee ʼn voorbeeld van klanknabootsing uit strofe 1. (1)

14 Watter sintuig kom sterk na vore in strofe 1? (1)

15 Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit strofe 1 aan wat aandui dat hier
meer as een persoon in die prentjie is. (1)

16 Gee ʼn voorbeeld van assonansie uit strofe 1. (1)

17 Haal uit strofe 1 ʼn versreël aan waaarin alliterasie voorkom. Onderstreep die
klanke wat herhaal word. (1)

18 Watter geluid maak die motors se bande wanneer dit tot stilstand kom? (1)

19 Gee TWEE voorbeelde van onomatopee uit strofe 2. (2)

20 Wat kan jy aflei uit die manier waarop die motors tot stilstand kom? (1)

63 Buiten die misbruik van blindes, van wie maak tsotsi’s nog gebruik om vir hulle geld
in te samel? Noem twee ander soort persone van wie hulle gebruik maak?
(2)

64 Hoekom is dit vir tsotsi’s so maklik om van gestremdes gebruik te maak om vir
hulle te bedel? (1)

MEMORANDUM

1 ʼn Bedelaar by ʼn robot/gebeure by ʼn spesifieke robot. (1)

2 Die persoon by die robot tree op soos ʼn robot/hy volg instruksies/is soos ʼn
robot (masjien) wat deur iemand rondgelei word. (1)
3 Die man/bedelaar/persoon reageer soos ʼn robot/masjien. (1)

4 By ʼn robot in Eerstelaan. (1)

5 twee pare voete


Ingehaak
Volg hy gedwee waar hulle gaan (3)

6 Hy staan met sy arm uitgestrek om sy blikkie te skud. (1)

7 “sy bene so lam van gister se staan” (1)

12
8 Die bedelaar is blind. (1)

9 “ingehaak” (1)

10 Ja. “sy arm en nek is so styf en seer”/”sy bene so lam van gister se staan” (1)

11 “ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan” (1)

12 “gedwee” (1)

13 “girts” (1)

14 gehoorsintuig (1)

15 “twee pare voete” (1)

16 “ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan” (1)

17 “sy arm en nek so styf en seer” (1)

18 “knars” (1)

19 “knars” en ‘klingel” (2)

20 Hulle rem vinnig/kom vinnig tot stilstand (1)

13
14
Ek het ‘n huisie by die see H.A.Fagan

1 Ek het ‘n huisie by die see. Dis nag Engelse sonnet –


2 Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan gedig bestaan uit 14
3 teenaan die rots waarop my huisie staan versreëls.
Deurlopende stroom
4 met al die oseaan se woeste krag.
van gedagtes sluit
5 Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag,
af in twee rymende
6 soos van verlore siele in hul nood slotreëls (koeplet)
7 al dwalend, klagend, wat in graf en dood
8 geen rus kon vind, maar soek en smag.

9 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.


10 Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite,
11 ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
Rymskema :-
12 hierbinne is dit veilig, warm en dig.
abba/cddc/effe/gg
Reëls 1 en 8 en 9 en
13 Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan – 12 staan direk in
14 Dit is die rots waarop my huisie staan. verbinding met
mekaar.
Ek het ‘n huisie by die see Die spreker is baie lief vir sy
“huisie” , daarom word die
verkleiningsvorm van die
woord huis gebruik.

Wat sou jy sê is die belangrikste vereiste


waaraan ‘n huis moet voldoen?

Dis reg ! Jy moet VEILIG


voel as jy in die huis bly.
Dink jy die spreker het
regtig baie veilig gevoel in
sy huisie? Motiveer.
sintuig (hoor)

1 Ek het ‘n huisie by die see. Dis nag


2 Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
3 teenaan die rots waarop my huisie staan

Herhaling (aneen)
– die aanhoudende
ritmiese slaan van Slegs 2 woorde alleen
die golwe teenaan geplaas > beklemtoning van
die rots. onvoorspelbaarheid. Geen
punt na kort sin om
vloeiendheid van dit wat
gaan volg te beklemtoon.
fierce kreun = groan
4 met al die oseaan se woeste krag metafoor
5 Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag, Vergelyking >
6 soos van verlore siele in hul nood die winde wat
1 al dwalend, klagend, wat in graf en dood huil klink soos
2 geen rus kon vind, maar soek en smag. verlore (lost)
siele (soles) in
hul nood (in
distress)

alliterasie
klanknabootsing
9 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
10 Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite,
11 ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
12 hierbinne is dit veilig, warm en dig.
uitnodiging
13 Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
14 Dit is die rots waarop my huisie staan.
Vrae

1. Lees versreël 2. Waarom, dink jy, word “aaneen” in dié versreël herhaal? Gee twee
redes.
2. a) Watter woord in versreël 10 is klanknabootsend van die stormagtige see?

b) Watter geluid word deur die wind gemaak?


3. Watter sintuie gebruik die spreker om sy omgewing waar te neem?
4. Lees versreëls 5 en 6. Gee ’n voorbeeld van a) personi kasie en b) ’n vergelyking.
5. Wat is die belangrikste funksie van die huisie? Voltooi die volgende sin met woorde
uit die derde strofe: Die huisie laat hom . . . en . . . voel.

Antwoorde

1. Dit beklemtoon die feit dat die golwe aanhoudend teen die rots slaan. Dit gee ook ’n
sangerige eff ek.
2. a) “loei”
b) Die wind huil en kreun.
3. Die spreker gebruik gehoor, sig en gevoel.

4. a) Personi- kasie: Die wind “huil” en “kreun” (versreël 5).


b) Vergelyking: Die huil van die wind is soos die nood van verlore siele: “soos van
verlore siele in hul nood” (versreël 6).
5. veilig en warm
HUISKAT – Elisabeth Eybers
1. Die kat strek hoog op vier strak bene, buig
2. behaaglik om haar luiperdlies te lek,
3. rol om en lê fluwelig oopgevlek
4. dat keel en bors en buik die son kan suig.

5. Ons noem haar “kat” want sy is sonder siel


6. en annoniem. Smal skerwe van agaat
7. staar koud uit die driehoekige gelaat.
8. Arglistig, vloeibaar soos ‘n blink reptiel

9. Van los en lenig wees versadig: sy


10. sal nooit – die veearts het haar “reggemaak” –
11. ekstase en angs van lewe voortbring smaak,
12. sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.
13. Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit
14. sy haar oë, kronkel by my greep verby.

House cat (Translated)

1. The cat stretches high on four taut legs, bends


2. easily to lick her leopard flanks,
3. rolls over and lies velvety splayed
4. so that throat and breast and belly can absorb the sun.

5. We call her “cat” because she is without soul


6. and anonymous. Narrow splinters of agate
7. stare coldly from the triangular face.
8. Craftly, liquid as a shiny reptile

9. loose and supple to the point of satiation: she


10. will never – the vet “fixed” her –
11. taste ecstasy and anxiety from bringing forth life,
12. will always be reserved, without tenderness.
13. I up my hand carefully, scornfully (she) closes
14. her eyes, wriggles past my grasp.

ASPEKTE VAN DIE GEDIG:

TEMA: Die gedrag (behaviour) van ‘n huiskat


TITEL: Vertel waaroor die gedig gaan:
o ‘n Huiskat d.w.s. ‘n troeteldier.
o Daar is geen lidwoord vooraf nie, dus verwys na katte in die algemeen.
STEMMING: Beskrywend — Amusant / Ironies.
BOU:
• Italiaanse sonnet.
o 2 kwatryne (4versreëls elk) wat ‘n oktaaf (8 versreëls) vorm.
o Daarna ‘n sestet (6 versreëls).
• Rymskema: abba/cddc/ eff/gge. Omarmde rym.
• Innerlike bou:
o 2 kwatryne beskryf die kat.
o In die sestet word daar vanaf die uiterlike na die innerlike beweeg. Die interaksie van die kat
met die mens word beskryf.

BEELDSPRAAK:

1. Alliterasie: Herhaling van dieselfde konsonante kort na mekaar “Die kat stek hoog op vier strak
bene”(versreël 1); “van los en lenig wees” (versreël 9)
2. Assonansie: herhaling van vokaalklanke: “sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit”
(versreël 12)
3. Enjambement: een versreël loop oor na die volgende sonder ‘n ruspunt aan einde van
versreël. Dit laat gedig vloei – “sien” die kat se bewegings.
4. Eufemisme: ‘n Woord word gebruik om iets versagtends uit te druk. Die kat was “reggemaak”
(gesteriliseer) en is dus nou onvrugbaar.
5. Metafoor: Die beeld word direk gebruik. Die kat se oë is “agaat” (versreël 6).
6. Vergelyking: Skilder ‘n prentjie met gebruik van soos, net soos, nes.
Die kat beweeg “soos ‘n blink ‘n reptiel” (versreël 8).

WOORDVERKLARINGS:

Agaat – agate (halfedelsteen)


Anoniem – anonymous (naamloos)
Arglistig – malicious (boosaardig, slim)
Buig behaaglik – bends contentedly (buig heerlik en tevrede)
Driehoekige gelaat – triangular face
Steeds eenselwig – always te same; monotonous (altyd presies dieselfde)
Ekstase – ecstasy, rapture (intense gevoel van geluk)
Le fluwelig oopgevlek – splayed out, her velvetlike fur (sy lê op haar rug, haar pels fyn en sag soos fluweel)
Ek hol my hand behoedsaam – hold my hand cautiously, carefully ( ek vou my hand waaksaam, versigtig)
Keel en bors en buik – Neck,and chest and belly
Lewe voortbring – giving birth
Los en lenig – lithe, lean
Haar luiperdlies – her leopardlike flank (dit lyk soos ‘n luiperd se bobeen tussen haar maag en haar
agterpoot)
Reggemaak – castrated, “fixed”
Reptiel – reptile
Strak bene – tense, straight legs
Sy is sonder siel – without a soul (sonder enige gevoel)
Sal alle teerheid stuit – she’ll avoid any tenderness
Versadig – satiated (nie meer honger nie)
Vloeibaar – flowing, graceful (beweeglik, soos vloeistof)

KONTEKSTUELE VRAE

1. Waaroor handel hierdie gedig?


2. Wat is die betekenis van “luiperdlies” (versreël 2)?
3. Wat doen die kat in strofe 1? Wat is haar bewegings, m.a.w. werkwoorde?
4. Waarmee word die kat vergelyk? Verduidelik hoekom die spreker spesifiek hierdie beeld kies.
5. Hoe weet ons dat die kat nie ‘n naam het nie? Skryf twee bewyse uit die strofe neer (strofe 2).
6. Dink jy dit is geregverdig (justified) dat die kat nie die mens vertrou nie? Verduidelik jou antwoord.
7. “smal skerwe van agaat”
7.1 Wat is hierdie “smal skerwe van agaat”?
7.2 Verduidelik die metafoor wat hier gebruik word.
8. Enjambemente in die gedig:
8.1 Wat is die funksie van die enjambement in die gedig?
8.2 Hoeveel enjambemente kom in die gedig voor?
8.3 Wat dink jy van die gebruik van die enjambement in hierdie gedig?
9.1 “Suig” die kat se “keel en bors en buik” werklik die son? Verduidelik.
9.2 Wat noem ons hierdie stylfiguur?
10. Wat dink jy van die kat se optrede? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
11. Wat beteken die woord “arglistig”?
12. Skryf al die woorde neer wat die persoonlikheid van die kat beskryf.
13. Is dit ‘n liefdevolle kat?
14. Hoekom, dink jy, is daar nie ’n lidwoord voor die titel “Huiskat” nie?
15. Voltooi die volgende sin deur woorde uit die laaste strofe van die gedig in die oop spasies in te vul: Die
kat keer as ‘n mens enige … wys. As jy haar wil vryf, … sy verby jou hand.

MEMORANDUM

1. Die gedrag van ‘n kat.


2. Kat word met luiperd vergelyk, veral oor die lenigheid – lies (flank) suggereer die ongetemde aard
van die kat / gevaarlik soos ‘n wilde dier
3. Sy strek, lek, rol om, suig.
4. Vergelyk met wilde dier – luiperd – wat baie soepel en beweeglik is.
5. Die gesin “noem” haar “kat” en sy is “anonym” d.w.s. naamloos.
6. Dit is net deel van hul geaardheid. Maar in hierdie gedig, kan dit verwys na die feit dat die mense
(eienaar van die kat) haar nie ‘n naam gegee het nie want hulle se dat die kat nie ‘n siel het nie – so
nou is sy ook snaaks met die mense!
7. 7.1 Kat se oë.
7.2 Kat se oë word vergelyk met agaat (halfedelstene).
8. 8.1 Dit verdoesel die rymklanke. Dit maak die gedig vloeiend. Dit versnel die tempo. dit het
sintuiglike funksie – jy ‘sien’ die bewegings.
8.2 7 (sewe).
8.3 Dit is effektief want dit laat die leser die kat se bewegings ‘sien’, maak gedig
vloeiend en versnel die tempo.
9. 9.1 Nee, sy lê net lekker in die son en word lekker warm.
9.2 Personifikasie.
10. Die kat behandel die mense soos die mense die kat behandel! (Of eie Interpretasie)
11. Slim, skelm, boosaaardig. (cunning, crafty, malicious)
12. Geen teerheid, smalend, wil nie geliefkoos word nie.
13. Nee, sy is nie liefdevol nie. Sy is “sonder siel”. Haar oe word vergelyk met “smal skerwe van agaat”
wat “koud staar” en sy wil nie he die spreker moet aan haar raak of haar streel nie.
14. Die titel verwys na enige huiskat (veralgemende vorm).
15. Liefde/toenadering/teerheid. Loop/skuur/wriemel.
Wetenskapmannetjies

1. Julle sit onder swart teleskope


2. en kyk na die son
3. tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.
4. Pateties bepaal julle dan ligjare
5. en vertel dat die son as’t ware
6. inkrimp en eendag gaan verdwyn.

7. Ons sit maar hoog op die windpomp


8. en kyk hoe die son sy kop stamp teen die rant
9. hoe hy bloei
10. hoe die vaal lug gloei
11. hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.

12. Daarom liewe menere teken ek klawertjies


13. tussen my huiswerk, kry ek 26%

14. want ek luister eerder na


15. die verdwaalde korhaan
16. tussen die bossies by die tennisbaan
17. en kwadreer liewer my vreugdes
18. en vind dan die logaritme van my hartseer
19. want syfers bring ‘n eensaamheid
20. wat geen mens kan keer.
Antjie Krog

Stylfigure in die gedig

Stylfiguur Voorbeeld Verduideliking Funksie

Alliterasie: Reëls 1 en 2: Julle sit onder Opeenhoping van Die “s” klank is
(ook stafrym) swart teleskope en kyk na konsonante of beginklanke. beskuldigend en koggel.
die son.
Alliterasie: Reël 8: en kyk hoe die son Opeenhoping van Die “s” klank dui op die
(ook stafrym) sy kop stamp teen die rant. konsonante of beginklanke. stadige sonsondergang.

Alliterasie: Reëls 8 –10 hoe hy bloei Opeenhoping van Die “l” klank dui op die wye
(ook stafrym) hoe die vaal lug gloei konsonante of beginklanke. hemelruim.
hoe die bome tot
silhoeëtte verskroei.
Antitese / Vreugdes in reël 17 Twee uiterstes word Die spreker beklemtoon
Teenstelling / teenoor hartseer in reël 18 teenoor mekaar gestel. hoe sy wil voel en hoe
Kontras en eensaamheid in reël 19. wiskunde en wetenskap
haar laat voel.

Apostroof Reël 12: Daarom liewe Om iemand in die gedig Sy koggel die
menere teken ek direk aan te spreek. wetenskaplikes.
klawertjies
Assonansie hoe hy bloei Opeenhoping van vokale. Die mooi van die
hoe die vaal lug gloei sonsondergang word
hoe die bome tot beklemtoon.
silhoeëtte verskroei.
Elisie en vertel dat die son as’t ‘n Letter van ‘n woord Dit word gedoen vir die
ware word weggelaat. ritme van die gedig.

Enjambement. Reël 1, 2, 4, 5, 7 – 10, 12 – Die een versreël loop oor Dit maak die tempo van die
19. na die volgende een sonder gedig vinniger.
leestekens.

Stylfiguur Voorbeeld Verduideliking Funksie

Inversie/Omgekeerde reël 4: Pateties bepaal Die woorde van ‘n Die woord “Pateties” is
woordorde. julle dan ligjare versreël word verander belangrik en word
om dit wat belangrik is daarom eerste geskryf.
eerste te plaas.

Litotes Wetenskapmannetjies Iets wat groter betekenis Die spreker verwys


het word minder neerhalend na
belangrik gemaak. wetenskaplikes.

Metafoor en kyk hoe die son sy kop ‘n Ander betekenis aan Dit is ‘n metafoor vir die
stamp teen die rant iets gee. Dit is soos ‘n son wat onder gaan / Die
hoe hy bloei vergelyking maar die sonsondergang.
hoe die vaal lug gloei
woorde “soos”, “nes” en
hoe die bome tot
“net soos” is NIE daar nie.
silhoeëtte verskroei.

Personifikasie en kyk hoe die son sy kop Lewelose dinge of diere Die sonsondergang kry
stamp teen die rant kry menslike eienskappe. menslike kwliteite soos
hoe hy bloei sy kop stamp en bloei.

Rymtipes - Kruisrym Die son en die maan Woorde van alternatiewe Words of alternative
versreëls wat rym, die lines that rhyme. The
Omhels deur sterre,
rymskema is abab, cdcd. rhyme scheme is abab,
‘n ewige wentelbaan, cdcd.

Blink dit in verre…

Rymtipes - Die son en die maan Woorde waarvan die 1ste Words of the 1st en 4th
Omarmende rym en 4de en die 2de en 3de en die 2ne en 3d lines that
Omhels deur sterre,
versreëls rym, die rhyme. The rhyme
Blink dit in verre… rymskema is abba, cddc. scheme is abba, cddc.

‘n ewige wentelbaan,
Rymtipes - Paarrym Die son en die maan Woorde van Words of consecutive
agtereenvolgende lines that rhyme. The
‘n ewige wentelbaan,
versreëls wat rym, die rhyme scheme is aa, bb,
Omhels deur sterre, rymskema is aa, bb, cc. cc.

Blink dit in verre…

Rymtipes - Vryerym Die maan en die son Woorde van rym nie, End words do not rhyme,
daar is nie ‘n definitiewe there is no set rhyme
‘n wentelbaan, ewig
rymskema nie. scheme.
deur sterre Omhels,

Sarkasme: Julle sit onder swart Daar word op ʼn Die spreker sê eintlik dat
teleskope spottende wyse presies die wetenskaplikes nie ‘n
en kyk na die son gesê wat bedoel word. lewe het nie.
tot julle besef dat julle
nooit daar sal kom.

Algemeen:

Die gedig het 4 stofes

Die 1ste strofe het 6 reëls – ‘n sekstet, Die 2de strofe het 5 reëls, Die 3rde strofe het twee reëls – ‘n
koeplet, Die 4de strofe het 7 reëls

Die gedig het oorheersend vryerym maar daar is hier en daar kruisrym en paarrym.

Strofe een beskryf die wetenskaplikes en wat hulle doen.

Strofe twee beskryf die spreker en wat sy doen.

Strofe drie is die omeswaai / omwending / die inleiding tot die einde.

Strofe vier is die konklusie / die gevolgtrekking / die slot en dit sê presies hoe die digter oor
wetenskap voel.

Die TEMA van die gedig is “hoeveel die spreker wetenskap haat”

AGTERGROND :

• “Wetenskapmannetjies” verwys op ‘n spottende manier na die manne wat “onder teleskope” sit en
kyk na die son: suiwer wetenskaplik. Die verkleinwoord dui aan dat die spreekster neerkyk op hulle.
Sy gebruik ook woorde soos “swart”, “pateties”, “inkrimp” en “verdwyn” om aan te dui dat sy min
van hulle dink.
• In kontras hiermee sit sy (die spreekster) hoog op die windpomp en kyk hoe die son agter die
koppie wegsak (word rooi, laat die grys aandlug gloei en laat die bome donker teen die lug
uitstaan). Sy geniet wat sy sien, dit is deel van die natuur en kan deur almal gesien en ervaar word.
Sy wil die natuur ervaar, nie bestudeer nie. Sy hoor byvoorbeeld die korhaan se roep en besef dat
dit uniek is want die voël hoort nie daar nie.
• Sy is gelukkig as sy nie wetensdkaplik na iets moet kyk nie. Sy teken liewer klawerblaartjies (klein
gelukkies) en verdubbel haar geluk deur die oorsaak van haar hartseer te bepaal.Wetenskap
veroorsaak eensaamheid wat nie gekeer kan word nie, daarom vermy sy dit.

KONTEKSTUELE VRAE :

1. Hoekom word die verkleinwoord “Wetenskapmannetjies” gebruik?

2. Wie is die “julle”?

3. Gewoonlik kyk ons van bo af deur ‘n teleskoop. Hoekom sit hulle onder teleskope?

4. “tot julle besef dat julle nooit daar sal kom”- Waar sal die “julle” nooit uitkom deur net deur hul
telescope te kyk nie?

5. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is? Motiveer jou antwoord deur EEN WOORD aan te
haal.
Die spreekster dink dat die Wetenskaplikes goeie werk doen.

6. Wanneer die wetenskaplikes besef dat hulle nooit die son sal bereik nie, doen hulle iets anders. Wat is
dit?

7. Haal TWEE APARTE WOORDE aan om te sê wat die wetenskaplikes dink met die son gaan gebeur.
8. Wanneer dink hulle gaan dit gebeur?

9. Strofe een begin met “Julle sit”. Strofe twee begin met “Ons sit”. Vergelyk in kolomvorm hoe die “julle”
se waarneming van die son verskil van die “ons” se waarneming.

Die “Julle” se waarneming van die son Die “Ons” se waarneming van die son
10. Hoekom sit die “ons” juis op die windpomp?

11. Kies elke keer die regte antwoord: Die spreekster beskryf die 11.1. (vroegoggend / laatmiddag)
wanneer die son 11.2. (opkom / sak).

12. Verduidelik elke keer in jou eie woorde wat die volgende beteken:
12.1. “die son sy kop stamp”:
12.2. “teen die rant”:
12.3. “hoe hy bloei”:

13. Hoekom is dit juis ‘n swart teleskoop?


14. Hoekom bloei die son?
15. Hoekom is die lug vaal?
16. Wat word bedoel met “hoe die bome tot silhoeëtte verskroei?

17. Hoekom, dink jy, teken die spreekster klawertjies tussen haar huiswerk?
18. Wat vertel dit ons van haar gevoel vir die wetenskap?

19. Haal EEN WOORD aan wat vir ons sê dat die spreekster nog op skool is.

20. In strofe drie praat die spreekster met die “liewe menere”. Wie is dit?
21. Hoekom “liewe menere”?

22. Wat beteken “ek kwadreer my vreugdes”?

23. Wat is die “logaritme” eintlik?

24. Tot watter gevolgtrekking kom die spreekster oor syfers?

25. Skryf al die gevoelens wat sy ervaar, neer.

26. TWEE sintuie is belangrik in die gedig. Skryf die twee sintuie neer en sê elke keer waarvoor die
spreekster dit gebruik.

27. Wat is die tema van die gedig?

28. Haal die alliterasie in versreël 1 en 2 aan.

29. Gee DRIE voorbeelde van personifikasie uit die gedig.


30. Gee EEN voorbeeld van assonansie uit die gedig.

31. Die woordjie “hoe” word drie maal herhaal. Wat noem ons die verskynsel?

32. Wat is die funksie van die herhaling?

33. Gee ‘n voorbeeld van direkte kontras uit die gedig.

34. Watter vorm van beeldspraak is “en vind dan die logaritme van my hartseer” ‘n voorbeeld?

ANTWOORDE:

1. Die spreekster het nie respek vir hulle nie/ minag hulle.
2. Wetenskaplikes.
3. Hulle kyk OP na die sterre en hulle wetenskaplike kennis oorheers hulle normale denke.
4. By die son
5. Onwaar – “pateties”
6. Hulle bepaal die ligjare.
7. “inkrimp”; “verdwyn”
8. Eendag.
9.
“Julle” se waarneming van die son “Ons” se waarneming van die son

Kyk deur die teleskoop daarna. Kyk van die windpomp af hoe hy sy kop stamp.

Bepaal ligjare. Hoe hy bloei.

Sê dit gaan krimp en verdwyn. Hoe hy bome verskroei.

10. Sy kom van an die plaas af en ‘n mens kan vêr sien van daar af.
11. ---
11.1.Laatmiddag
11.2.Sak
12. ---
12.1.Die son sak / gaan onder
12.2.Agter die rant / koppie /berg.
12.3.Die rooi gloed van die son wat sak.
13. Morbied / dood / Donkerta na die son gesak het.
14. Dit is die kleure wat gesien word as die son ondergaan.
15. Dit is laatmiddag, skemer.
16. Dit staan donker teen die lug.
17. Sy is verveeld en sal eerder teken as om aandag te gee in Wetenskap.
18. Sy vind dit vervelig, hou nie daarvan nie.
19. “huiswerk”
20. Wetenskaplikes.
21. Sy is sarkasties.
22. Vertienfout dit / Maal dit met 10 / maak dit meer.
23. Oorsaak / Rede.
24. Dit bring eensaamheid.
25. Vreugde, hartseer, eensaamheid.
26. Sig: Om te sien / waar te neem; Sy sien die son ondergaan, die vaal lug en die verskroeide boeme.
Gehoor: Sy luister na die verdwaalde korhaan.
27. Haar haat vir Wetenskap / Sy stel eerder belang in die natuur as Wetenskap / Sy is kreatief en nie
wiskundig aangeleê nie.
28. Julle sit onder swart teleskope en kyk na die son.
29. “Kyk hoe die son sy kop stamp”, “hoe hy bloei”,, “hoe (hy) die bome tot silhoeëtte verskroei”.
30. “ons sit maar hoog op die windpomp en kyk hoe son sy kop stamp” / hoe hy bloei hoe die vaal lug gloei
hoe die bome tot silhoeëtte verskroei / die verdwaalde korhaan tussen die bossies by die tennisbaan
31. Herhaling
32. Beklemtoon die woord.
33. “Vaal lug gloei” / “vreugdes, hartseer”
34. Metonimia.
KLARA MAJOLA
D.J. OPPERMAN

“Naby Prince Alfred Hamlet is daar ‘n plaas met die naam “Die Eike”. Op hierdie vrugteplaas
het, in die winter van 1950, ‘n agtjarige dogtertjie verkluim toe sy na haar blinde pa gaan
soek het. Sy, haar ouers, vyf susters en ‘n broer was arbeiders op die plaas en hulle van was
nie Majola nie, maar Jansen. Klara se regte naam was ook nie Klara nie, maar Violet. So
vertel Klara se bejaarde ouer suster Nan. In die omgewing waar byname gedy, was Klara se
pa bekend as Majola. Klara Majola was dus byname. Makliker om te onthou, omdat almal
Afrikaans gepraat het.

Nan was tien jaar oud toe die tragedie gebeur het. Hulle pa het vantevore blind geword en
hy en sy gesin het nog aangebly op die plaas. Hy het gehelp met los werkies en het graag
hout gaan soek vir vuurmaak. Hy het die plaas baie goed geken. Die betrokke koue
wintersdag het hy weer gaan hout soek en lank weg gebly. Klara het na hom gaan soek en
hulle het mekaar mis geloop. Haar pa het later tuis gekom. Dit het begin reën en sneeu en
dit het baie koud geword.

Die volgende môre het hulle haar naby ‘n spruit gekry. Sy was reeds verkluim.

Sy is in die kerkhof op die plaas begrawe. Op die sementsteen staan: Klara Majola. Gebore:
14.6.1942. Gesterf: 26.7.1950.”

Klara Majola

Klara Majola wou haar vader


toe die skemer sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader;
maar Klara Majola het verdwaal.

Klein Klara Majola lê verkluim


in die Bokkeveld se bros kapok,
haar arms en bene bruin
en kromgetrek soos wingerdstok.

Klara Majola, die koue geweld


sif stadiger oor my uit die ruim,
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.

– D.J. Opperman

Agtergrond en inligting

 Klara se pa is blind en sy is ‘n jong dogtertjie


 Klara se pa het gaan hout haal
 Dit was ‘n baie koue nag
 Klara Majola het haar pa gaan soek, maar het verdwaal (got lost)
 Klara Majola het verkluim (froze to death)
 Klara was onselfsugtig (unselfish). She froze to death warmly (contrast / refers to her
bravery and selfless act of courage). Sy was braaf en het baie moed gehad om haar
pa te probeer help. The poet will never die such a sacrificial death.

 Rympatroon: abab
 Die digter gebruik beeldspraak wat op die plaas gevind word: haar bene en arms is
kromgetrek soos wingerdstokkies (vines)/ bros kapok (brittle snow).
 Woordspeling (playing of words): Hy’s Bokveld toe (dood) versus die Bokkeveld

Strofe 1 (Verlede tyd)

Klara Majola wou haar vader


toe die skemer (dusk) sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader (gather wood);
maar Klara Majola het verdwaal (got lost)

Strofe 2 (teenwoordige tyd)

Klein Klara Majola lê verkluim (lying frozen)


in die Bokkeveld se bros kapok (brittle snow),
haar arms en bene bruin
en kromgetrek (bent) soos wingerdstok (vines).

Strofe 3 (teenwoordige tyd)

Klara Majola, die koue geweld (cold violence)


Sif stadiger oor my (sieves slowly over me) uit
die ruim,maar nooit (never) sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim (freeze).

Klara Majola TITEL: Denotatiewe betekenis. Gedig gebaseer op


’n ware verhaal. ’n 8 jarige meisie verwaal terwyl sy
op soek is na haar pa en sterf in die veld as gevolg
van die koue.
1 Klara Majola wou haar a Derdepersoonspreker: “haar”
vader
2 toe die skemer sak, b kruisrym Die tyd van die dag was
gaan haal belangrik omdat sy in die
4 reëls=
donker nie goed kon sien nie.
Kwatryn
3 waar hy, die blinde, a Haar pa word beskryf
hout vergader;
4 maar Klara Majola het b Sy kon nie haar pad terug huis
verdwaal. toe vind nie.

5 Klein Klara Majola lê c 4 reëls= Die woord Klein wek


verkluim Kwatryn kruisrym simpatie. Verkluim (dood as
gevolg van die koue.
6 in die Bokkeveld se d Bokkeveld. Plek waar hulle
bros kapok, gewoon het in Ceres.
7 haar arms en bene c Wanneer ’n mens koud kry
bruin trek jy jou arms en bene op.
8 en kromgetrek soos d Beeldspraak Vergelyking Haar
wingerdstok. liggaam is inmekaar getrek
net soos ’n wingerdstok. Naby
wynplaas gewoon.

9 Klara Majola, die koue e 4 reëls= Beeldspraak: metafoor: Die


geweld Kwatryn kruisrym koue word met mens vergelyk
wat wreed is.
10 sif stadiger oor my uit f Alliterasie: Sif Stadig
die ruim,
11 maar nooit sal ek in e Ek-spreker: “ek”
die Bokkeveld
12 so warm, Klara Majola, f Teenstelling/kontras koue
soos jy verkluim. teenoor warm
– D.J. Opperman
STEMMING

Dit is die gevoel wat die leser kry wanneer hy die gedig lees.

Die emosionele atmosfeer of gevoel wat geskep of uitgedruk word is hartseer/droewig.

WENDING

‘n Wending is waar daar ‘n verandering of ommekeer in die gedig is.

Die woorde TOE.. en MAAR dui gewoonlik ’n wending/ verandering aan.

PUNKTUASIE

komma (,) ’n Pouse word geskep wat soms as uitheffingstegniek/beklemtoning dien


bv.
“sif stadiger oor my uit die ruim,”
kommapunt ’n kerngedagte word geïsoleer.
(;) Die ruspunt word gebruik om elke keer ‘n nuwe gedagte aan te toon:
“waar hy, die blinde, hout vergader;

punt (.) sluit ’n bepaalde gedagte/frase af. Klara het verkluim. Gesterf.

APOSTROOF

Wanneer die spreker met iemand praat in sy/haar afwesigheid. In die laaste strofe
spreek die digter vir Klara aan.

Elegie/ Lykdig/ Treursang/Treurdig : Dit is ’n gedig oor die dood van ’n geliefde.
Kontekstuele vrae
1. Wat wou Klara Majola in die skemer gaan doen het?
2. Gee ’n voorbeeld van alliterasie in strofe 3. Skryf die woorde neer en onderstreep die
klanke.
3. Watter woord in strofe 1 bewys dat Klara nie weer haar pad kon terugkry huis toe nie?

4. Die digter voel jammer vir Klara Majola. Watter woorde in strofe 2 gebruik die digter
om sy gevoel oor te dra?
5. Soek woorde in strofe 3 wat beskryf dat die kapok baie koud en dodelik kan wees.

Antwoorde
1. Sy wou haar blinde pa gaan haal.

2. “sif stadiger” (versreël 10)


3. “verdwaal” (versreël 4)
4. “Klein Klara Majola” (versreël 5)
5. “koue geweld” (versreël 9)

You might also like