Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

1

FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee


Tweede bedryf
Bladsy 67-90

Toneel 1
In die magistraat se kantoor. (bl.67-69)
1. Benoem die milieu/ruimte waar die toneel afspeel?
Magistraat se kantoor.

2.1 Waaruit kan jy aflei dat Benjamin senuweeagtig is? (Bl.67 r. 3-5)
Hy sê sy tafels op.

2.2 Waarom dink jy het hy juis die 9x tafels opgesê?


Hy is bang die magistraat vra hom die 9 x tafels en hy ken dit nie.

3. By wie het Benjamin die vyf sjielings ontvang wat in sy sak was?
Fiela

4. Gee EEN rede waarom hierdie persoon die sjielings vir hom gegee het.
Die magistraat moet sien dat die Komoeties nie arm is nie en vir Benjamin
kan sorg.

5. Noem DRIE ander maniere (buiten die sjielings) hoe Fiela seker
gemaak het dat Benjamin ‘n goeie indruk op die magistraat maak?
• Hy en sy klere was skoon/netjies.
• Sy het vir hom ‘n trommel gepak met alles wat hy mag nodig kry.
• Hy het geweet hoe om die magistraat aan te spreek.
• Sy het gesorg dat hy die magistraat reg kon antwoord.
• Hy moes mooi lees en skryf as die magistraat hom vra om dit te
doen.

6.1 Hoe het die die magistraat teenoor Benjamin opgetree toe hy hom
ontmoet het? (Bl. 67 r.12-23)
Simpatiek/ vriendelik/ besorgd.

6.2 Motiveer jou antwoord. (R. 19-23)


Hy het twee keer vir Benjamin gevra of hy koud kry.

7. Hoekom spreek Benjamin die magistraat as “weledele heer” aan? (R.


31)
Fiela en Selling het gesê hy moet die magistraat so noem om respek te
toon.

8. Wat was die doel van die uitkenningsparade?


Die magistraat wou doodseker maak dat Barta die regte seun uitwys as
Lukas wat weggeraak het.

You might also like