1683035639069-Gr.10-Vraestel 1-Junie-eksamen-Taalleer Vraestel

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

OPDRAG: Bestudeer die tekste en beantwoord dan die taalvrae wat oor elk gestel is.

TEKS 1: Raadgee-artikel

Só lyk jy beter op ’n foto

deur Magdel Muller Sarie, 4 Augustus 2016

Hulle sê die kamera jok nie. Maar nou kan almal altyd op hul beste lyk danksy ons modespan se
10 goue reëls vir ’n beter foto-voorkoms.

#1 Die mens wat die foto neem, moet jou gesig altyd van bo af afneem. Dit laat jou gesig
skraler lyk en definieer jou kakebeen.

#2 Sny (crop) die foto sodat jou hele liggaam in die foto inpas. Dit gee dieselfde
effek as ’n vertikale lyn en laat jou skraler lyk.

#3 Plaas jou tong agter jou tande - dit sal verhoed dat jy te groot glimlag, maar onthou
net om met jou oë te glimlag!

#4 Sê “money” as jy die foto neem. Die sêding laat jou glimlag natuurlik lyk.

#5 Neem vollengte-foto vanaf ’n laer vlak - dit vorm die illusie dat jy langer en skraler is.
Teks verkort uit Sarie, 4 Augustus 2016

VRAE:

1. Volgens die inleidingsin jok die kamera nie. Die kamera praat dus altyd die.
___________________________________________________________ (1)
2. Skryf ‘n frase uit die inleidingsin neer wat veral bydra tot die oorredende styl.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (1)
3. Om spelreëls te ken, is van uiterste belang.
3.1 Skryf die meervoudsvorme van kamera en foto neer.
_______________________________________________________________ (2)
3.2 Verduidelik watter spelreël jy moet ken om hierdie meervoude korrek te spel.
________________________________________________________________ (1)
012 612 0234

wolkskool@skole.co.za

Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion

skole.co.za
4. Skryf jou eie samestelling neer waarin jy die kern van modespan as bepaler gebruik.
________________________________________________________________ (1)
5. Stel ‘n rede voor waarom hierdie skrywer dit goedgedink het om foto-voorkoms en
ook vollengte-foto met koppeltekens te skryf.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (1)
6. Met watter woord sou jy die # in die Wenke kon vervang?
________________________________________________________________ (1)
7. Maak gebruik van afleiding en verkort die mens wat die foto neem in sin 1 tot ‘n enkele
woord sonder om die betekenis te verander. Foto moet die stam van jou afleiding wees.
________________________________________________________________ (1)
8. Skryf ‘n woord uit Wenk 1 neer waarin een klank deur verskillende letters voorgestel
word. Onderstreep die letters in jou antwoord.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (1)
9. Verdeel definieer in lettergrepe en onderstreep die lettergreep wat tydens normale
uitspraak die meeste klem dra.
________________________________________________________________ (1)
10. Stel ‘n rede voor waarom die Engelse woord vir sny in Wenk 2 ingesluit word.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (1)
11. Skryf die gepaste antoniem vir vertikale in Wenk 2 neer.
________________________________________________________________ (1)
12. In Wenk 4 word plaas as werkwoord gebruik. Maak ‘n verhelderende sin om te toon
dat plaas ook ‘n heel ander betekenis kan hê.
________________________________________________________________ (1)
13. Voor– of agtervoegsels kan ons help om woorde se betekenis te verander. Bewys hierdie
stelling deur die woord natuurlik te gebruik.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (1)

012 612 0234

wolkskool@skole.co.za

Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion

skole.co.za
14. Waarom reken jy is dit nodig om vollengte met 2 l’e te skryf?
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (1)
15. In die woorde langer en skraler word die agtervoegsel gebruik om die trappe van
vergelyking te vorm. Skryf nog so ‘n voorbeeld uit Wenk 5 neer.
________________________________________________________________ (1)
16. Skryf die korrekte afkorting vir Augustus neer.
________________________________________________________________ (1)

TEKS 2: Inspirerende spreuk

Ek het NIE misluk nie. Ek het net 10 000

maniere gevind wat nie werk nie.
Thomas Edison
17. Watter betekenis dra die voorvoegsel in misluk?
________________________________________________________________ (1)
18. Maak gebruik van afleiding en voorsien die korrekte vorm van die woord tussen
hakies: Thomas Edison het wel party dae gevoel soos ‘n totale (misluk).
________________________________________________________________ (1)
19. Watter klankverskynsel kom voor as maniere uitgespreek word as meniere?
________________________________________________________________ (1)
20. Skryf enige voorbeeld neer van twee woorde wat ons gewoonlik tydens normale spraak
assimileer.
________________________________________________________________ (1)
21. Skryf die syfer 10 000 in woorde uit.
________________________________________________________________ (1)

012 612 0234

wolkskool@skole.co.za

Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion

skole.co.za
TEKS 3: STROKIE

Bron: Landbouweekblad, 31 Maart 2007

22. In die teks van Blok 1 is twee foute begaan. Dui die foute aan en stel ook voor hoe dit
reggestel moet word.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
23. Is beweer in Blok 3 na jou mening ‘n simpleks of ‘n kompleks. Motiveer jou antwoord.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
24. Sal jy die meervoudsvorm van Benade met of sonder ‘n afkappingsteken skryf? Motiveer
jou keuse breedvoerig.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
25. Skryf die volvorm van afkorting, R, neer.
________________________________________________________________ (1)

[30]