Wet V1

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 16

1

HOëRSKOOL GARSFONTEIN
FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL
GRAAD 11

Eksaminator: G Louw en JH Swart DATUM: 6 Junie 2022


MODERATOR: SA Roberts, D. Myburgh TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam op die ANTWOORDEBOEK.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
5. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
7. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.

DEEL 1: FISIKA
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 -1.5) op die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.6 D.

1.1 Wanneer twee identiese metaalsfere, X en Y, in kontak met mekaar gebring


word en dan weer verwyder word, word gevind dat die lading op elke sfeer
-5 nC is. Watter opsie in die tabel verskaf die moontlike ladings (in nC) wat op
elke sfeer kon wees voor hulle met mekaar kontak gemaak het?

Lading op X Lading op
(nC) Y (nC)
A +25 -5
B -7 -3
C +5 0
D -7 +2

(2)
2

1.2 Op ‘n bepaalde dag word vasgestel dat die afstand tussen die aarde en die
maan r is en die gravitasie aantrekkingskrag tussen die twee hemelliggame is
F. Soos wat die maan rondom die aarde wentel, verander die afstand na die
helfte van die oorspronklike afstand. Die gravitasie aantrekkingskrag tussen die
aarde en die maan sal nou … wees.

A ½F
B 2F
C ¼F
D 4F (2)

1.3 In die onderstaande diagram is massastuk m1 en massastuk m2 vebind met ‘n


toutjie met weglaatbare massa oor ‘n wrywinglose katrol. Kies die KORREKTE
stelling in verband met grootte van versnelling a1 en versnelling a2. Die
oppervlakte waarop m1 rus, is wrywingloos.

A a1 > a2
B a1 < a 2
C a1 = a 2
D a2 = g (2)
3

1.4 Identifiseer EEN voorbeeld van Newton se derde wet wat in die figuur
waargeneem kan word.

A Krag van die hand op die boek en normaalkrag op die boek.


B Krag van die hand op die boek en krag van die boek op die hand.
C Krag van die boek op die tafel en krag van die hand op die boek.
D Krag van die tafel op die boek en krag van die hand op die boek (2)

1.5 Twee positief gelaaide voorwerpe beweeg nader na mekaar. Watter EEN van
die volgende grafieke is die korrekte voorstelling van die krag tussen die
𝟏
ladings teenoor 𝒓² ?

(2)
[10]
4

VRAAG 2

Tydens ‘n bergklimoefening hang Tanischa, massa 50 kg, aan ‘n onrekbare nylontou


wat by punt X aan ‘n vertikale krans vas is. Sy druk met haar bene teen die krans
sodat dit ‘n hoek van 45° met die vertikaal maak. Die hoek wat die tou by punt X met
die krans maak, is 20°.
Punt Y is in ewewig.

2.1 Definieer resultante krag. (2)

2.2 Verduidelik die stelling “Punt Y is in ewewig”. (2)

2.3 Teken ‘n geslote vektordiagram om die kragte op Tanischa voor te stel.


Benoem alle hoeke en sye. (3)

2.4 Bereken Tanischa se gewig. (3)

2.5 Bereken die krag in die nylontou. (3)


[13]
5

VRAAG 3

Massastukke M1 met massa 2,5 kg en M2 met massa 10 kg word oor ‘n wrywinglose


katrol met ‘n onrekbare toutjie van weglaatbare massa verbind. Massastuk M1 beweeg
opwaarts oor ‘n growwe skuinsvlak wat ‘n hoek van 28° met die horisontaal maak.

10 kg
θ = 28 °

3.1 Stel Newton se tweede wet in woorde. (2)

3.2 Teken ‘n benoemde vrye kragtediagram van al die kragte wat op M1 inwerk. (4)

3.3 Bereken die grootte van die wrywingskrag wat op M1 inwerk indien die grootte
van die kinetiese wrywingskoeffisiënt (µk) gelyk is aan 0,3. (4)

3.4 Bereken die grootte van die versnelling van M1. (7)

3.5 Bereken die spanning in die tou. (2)

3.6 Die grootte van hoek θ word verhoog na 40°. Sal die kinetiese wrywingskrag
TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY?
Gee ‘n rede vir die antwoord. (2)
[21]
6

VRAAG 4

‘n Man staan in ‘n stilstaande hysbak op ‘n skaal soos getoon


in die diagram. Die lesing op die skaal is 980 N.

4.1 Teken ‘n vrye kragtediagram om al die kragte wat op die man inwerk, te toon. (2)

4.2 Die hysbak versnel opwaarts teen 2,3 m·s-2. Wat sal die nuwe lesing op die
skaal wees? Toon alle berekeninge. (4)

4.3 Die hysbak versnel nou afwaarts. Hoe sal die lesing op die skaal verskil van
jou antwoord in VRAAG 4.2?
Kies uit: KLEINER WORD, GROTER WORD of DIESELFDE BLY. (1)
[7]

VRAAG 5

Die son, maan en aarde is geposisioneer soos in die diagram aangetoon.

Planeet Massa (in kg)

Maan 7,35x1022

Son 1,99x1030

5.1 Stel Newton se universele gravitasiewet in woorde. (2)

5.2 Die afstand tussen die middelpunte van die maan en die aarde is
3,84x108 m. Die afstand tussen die maan en die son se middelpunte is
1,5x1011 m. Aanvaar dat die drie liggame reghoekig tot mekaar is.

5.2.1 Bereken die grootte van die gravitasie aantrekkingskrag wat die maan
sal ervaar as gevolg van die aarde. (3)

5.2.2 Bereken die grootte van die gravitasie aantrekkingskrag wat die maan
sal ervaar as gevolg van die son. (2)

5.2.3 Bereken die grootte en rigting van die netto gravitasie-


aantrekkingskrag wat die maan sal ervaar. (5)
[12]
7

VRAAG 6

Twee identiese metaalsfere, P en Q, is op ‘n afstand d van mekaar. Hulle hang vanaf


‘n geïsoleerde onbuigbare houtstaaf soos getoon in die diagram.

Die lading op sfeer P is -4 µC en op sfeer Q is die lading +8 µC.

6.1 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)

6.2 Die elektrostatiese aantrekkingskrag wat die sfere op mekaar uitoefen, is


1,8 x 10-6 N. Bereken die afstand d tussen die sfere. (4)

6.3 Die twee sfere word nou toegelaat om aan mekaar te raak en beweeg weer uit
mekaar.

6.3.1 Watter sfeer, P of Q, sal elektrone ontvang? Gee ‘n rede vir die
antwoord. (2)

6.3.2 Bereken die aantal elektrone wat oorgedra sal word. (4)
[12]
TOTAAL FISIKA: 75

DEEL 2: CHEMIE (Begin op ‘n nuwe bladsy)

VRAAG 7: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(7.1 – 7.5) op die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 7.6 D.

7.1 Die aantal bindingspare en alleenpare in CF4 is:

Aantal bindingspare Aantal alleenpare


A 1 4
B 4 0
C 4 12
D 8 24 (2)
8

7.2 Die intermolekulêre kragte tussen NaCℓ en H2O molekules is:

A Londonkragte
B Dipool-dipoolkragte
C Waterstofbindings
D Ioon-dipoolkragte (2)

7.3 ‘n Binding met ‘n elektronegatiwiteit van 0,9 kan geklassifiseer word as:

A Nie-polêr kovalent
B Swak polêr kovalent
C Sterk polêr kovalent
D Ionies (2)

7.4 Die IUPAC naam van die volgende struktuurformule is:

H Cl Br H H H
H C C C C C C H
H H H H H H

A 3-bromo-2-chloroheptaan
B 2-chloro- 3-bromoheksaan
C 3-bromo-2-chloroheksaan
D 2-chloro- 3-bromoheptaan (2)

7.5 Die empiriese formule van die struktuur hieronder is:

H H O H H H

H C C O C C C C H

H H H H H

A C6H12O2
B C3H6O1
C C0.5H1O0,16
D C12H24O4 (2)
[10]
9

VRAAG 8

Die onderstaande grafiek toon die potensiële energiediagram van HCℓ en HBr.

8.1 Definieer bindingsenergie van ‘n verbinding. (2)

8.2 Gee die letter wat die volgende op die bostaande grafiek voorstel:

8.2.1 Afstand van oorheersende afstotingskragte tussen atome (1)


8.2.2 Afstand van feitlik geen aantrekking- of afstotingskragte nie (1)
8.2.3 Mees stabiele posisie (1)
8.2.4 Bindingsenergie (1)
8.2.5 Bindingslengte (1)

8.3 Stel lyn Y die vorming van HCℓ of HBr voor?


Verduidelik jou antwoord volledig. (3)

8.4 Teken die Lewis diagram van ‘n HCℓ molekule. (2)


[12]

VRAAG 9

Beskou die onderstaande verbindings en antwoord die vrae wat volg.

BH3 NH3 SO2 H2O

9.1 Definieer ‘n kovalente binding. (2)

9.2 Gee die molekulêre vorms van:

9.2.1 BH3 (1)


9.2.2 NH3 (1)
10

9.3 Bereken en gee die bindings polariteit van die bindings in:

9.3.1 BH3 (3)


9.3.2 NH3 (2)

9.4 Beide BH3 en NH3 het drie atome rondom ‘n sentrale atoom. Verduidelik
waarom die BH3 molekuul nie-polêr is en die NH3 molekuul polêr. (4)

9.5 NH3 kan ‘n datief kovalente binding vorm. Toon die vorming van dié datief
kovalente binding. (3)

9.6 Teken die Lewis diagram van SO2. (2)

9.7 Gee die molekulêre vorm van H2O. (1)


[18]

VRAAG 10

Die kookpunte van verbindings A tot E word in die onderstaande tabel aangetoon.
Die data is verkry by ‘n kamertemperatuur van 25 °C.

Verbinding Molekulêre Kookpunt (°C)


formule
A CH4 -162
B C2H6 -89
C C3H8 -42
D C4H10 -1
E C5H12 36

10.1 Definieer kookpunt. (2)

10.2 Bereken die molêre massa van verbinding C. (2)

10.3 Watter stof is ‘n vloeistof by kamertemperatuur? (1)

10.4 Aan watter homoloë reeks behoort al dié verbindings? (1)

10.5 Teken die struktuurformule van verbinding C. (2)

10.6 Gee die IUPAC naam van verbinding D. (1)

10.7 Verduidelik volledig hoekom verbinding E die hoogste kookpunt het. (3)

10.8 Watter verbinding sal die hoogste dampdruk hê? (1)


[14]
11

VRAAG 11

Die onderstaande grafiek toon die kookpunte van groep 14 en groep 16 hidriede.

Groep 16 hidriede
Groep 14 hidriede

11.1 Verduidelik waarom groep 16 hidriede hoër kookpunte het as groep 14


hidriede. (3)

11.2 Gee die molekulêre vorm van SiH4. (1)

11.3 Gee ‘n rede waarom water nie die tendens van groep 16 hidriede volg nie. (2)
[6]

VRAAG 12

Leerders maak ‘n model vulkaan deur van 500 cm3 asynsuur (CH3COOH) met ‘n
konsentrasie van 0,2 mol∙dm-3 en 20 g koeksoda (NaHCO3) gebruik te maak.

CH3COOH + NaHCO3  CH3COONa + H2O + CO2

12.1 Definieer konsentrasie. (2)

12.2 Bepaal die beperkte reaktant. (6)

12.3 Indien die persentasie opbrengs van water 80 % is, bereken die werklike
massa water gevorm. (3)

12.4 Bestudeer asynsuur (CH3COOH).


12.4.1 Gee die homoloë reeks waaraan die verbinding behoort. (1)

12.4.2 Teken die struktuurformule van die funksionele groep van hierdie
homoloë reeks. (2)

12.5 Hoe sal asynsuur (CH3COOH) se kookpunt met etanol (C2H5OH) vergelyk?
Skryf slegs HOëR, LAER of DIESELFDE. Gee ‘n rede vir die antwoord. (2)
[16]
TOTAAL CHEMIE: 75
GROOT TOTAAL 150
12

DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11


DATA VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
PAPER 1 (PHYSICS)
VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

NAME / NAAM SYMBOL / SIMBOLE VALUE / WAARDES


Acceleration due to gravity
Versnelling as gevolg van
g 9,8 m·s-2
gravitasie

Speed of light in a vakuum


Spoed van lig in ‘n vacuum c 3,0 x 108 m·s-1

Gravitational constant
-11 2 -2
Gravitasionele konstante G 6,67 x 10 N⋅m ⋅kg

Radius of the Earth


Radius van die Aarde RE 6,35 x 106 m

Mass of the Earth


Massa van die Aarde ME 5,98 x 1024 kg

Coulomb's constant
Coulomb se konstante k 9,0 x 109 N·m2·C-2

Charge on electron
Lading op ‘n elektron e- -1,6 x 10-19 C

Electron mass
Massa van elektron me 9,11 x 10-31 kg
13

TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES

MOTION / BEWEGING

v f  vi  a t x  v i t  21 at 2 or/of y  v i t  21 at 2


 v  vi   v  vi 
v f 2  vi2  2ax or/of v f 2  v i 2  2ay x   f  t or/of y   f  t
 2   2 

FORCE / KRAGTE

Fnet  ma w  mg

Gm1m2 fs
F = s =
d2 FN
fk
k =
FN

ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA

kQ1Q 2 kQ
F E
r2 r2
F W
E V=
q q
Q Q
n= OR n =
e qe
14

ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE

V
R emk(E) = I(R + r)
I
R s  R1  R 2  ...
1 1 1 q = I∆t
   ...
R p R1 R 2
W
P 
t
W = Vq
P = VI
W = VI∆t

W= I2R∆t P = I2R

V 2 Δt
W= V2
R P=
R
15

DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11


P2 CHEMISTRY / CHEMIE
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

NAME / NAAM SYMBOL / SIMBOOL VALUE / WAARDE


Avogadro’s constant
Avogadro-konstante NA or/of L 6,02 x 1023 mol-1

Universal gas constant


Universele gaskonstante R 8,31 J.K-1.mol-1

Molar gas volume at STP


Molêre gasvolume by STD Vm 22,4 dm3.mol-1

Standard pressure
Standaarddruk pθ 1,013 x 105 Pa

Standard temperature
Standaardtemperatuur Tθ 273 K

TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES

p1V1 p V n
 2 2 c=
T1 T V
2

m
c=
pV = nRT MV

V
m n=
n= Vm
M
16

TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS

1 2 3 5 6 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
4 7
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atomic number
1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2
H He
2,1

1 29 4
3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10
Cu
1,9

Li Be Elektronegatiwiteit Simbool B C N O F Ne
1,0

1,5

2,0

2,5

3,0

3,5

4,0
7 9 63,5 11 12 14 16 19 20
11 12 Approximate relative atomic mass 13 14 15 16 17 18
Na Mg Benaderde relatiewe atoommassa Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9

1,2

1,5

1,8

2,1

2,5

3,0
23 24 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
0,8

1,0

1,3

1,5

1,6

1,6

1,5

1,8

1,8

1,8

1,9

1,6

1,6

1,8

2,0

2,4

2,8
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
0,8

1,0

1,2

1,4

1,8

1,9

2,2

2,2

2,2

1,9

1,7

1,7

1,8

1,9

2,1

2,5
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn
0,7

0,9

1,6

1,8

1,8

1,9

2,0

2,5
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
Fr Ra Ac
0,7

0,9

226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238

You might also like