Bedryf 7

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

1

BETOWER: BEDRYF 7 OPSOMMING


BEDRYF TYD PLEK GEBEURE
7 Middag Bos Sien hier dat Nadia en Poenk saam is in die
bos. Poenk is bly dat Nadia gekom het,
want hy weet sy tydjie saam met haar raak
kort.
Poenk is bekommerd oor wat Nadia se ma
sal dink, maar Nadia verseker hom dat Joy ‘n
plan het.
Poenk gaan wys vir Nadia ‘n geelhoutboom
wat spesiaal is. Hy omhels die boom en sê
dat Nadia dit ook moet doen. Nadia dink
eers dat dit simpel is, maar sy doen dit tog.
Hulle ruik ook albei aan die boom. Poenk wil
hê dat Nadia die boom moet vra oor sy
oerkennis. Sy moet met die boom praat
soos wat hy met die natuur praat.
Vir Nadia ruik die boom na skoolkonsert, ou
foto albums, verlange. Dit laat Nadia huil.
Nadia is hier gemaklik met Poenk en sy
vertel hom nou vir die eerste keer van
Armand. Sy huil as gevolg van te veel
seerkry.
Verlede Johannesbur TERUGFLITS
g Armand verklaar sy liefde aan Nadia. Vra
Nadia en haar iets waaroor sy baie huiwer. Armand
Armand hou aan met vra totdat Nadia swig. Sy
manier om haar te oorreed is dat hy lief is
vir haar. As sy lief is vir hom, dan sal sy dit
doen. Nadia glo dat Armand vir haar lief is
en daarom gee sy toe aan sy versoek.
NA DIE TYD
Nadia probeer vir Armand skakel. Hy
antwoord nie sy foon nie. Hy praat ook nie
met haar by die skool nie. Sy voel verskriklik
alleen op hierdie oomblik.
Die ouens lag vir haar en sy begin wonder
2

wat hy alles vir hulle vertel het.


Haar ma is ook nie tuis om haar te help nie.
Nadia het berou oor wat sy gedoen het. Sy
besef dat dit verkeerd was. Dit was slegs
een keer wat s yen Armand saam was maar
dit was een keer te veel. Sy moet nou met
die skuldgevoel saamleef.
Sy begin ook wonder waarom die kinders
gedurig na hul selfone kyk.
Boodskappe word aangestuur. Nadia het
uitgevind dat Armand een van sy vriende in
‘n kas laat wegkruip het. Die vriend het toe
alles op video afgeneem en dit op sosiale
netwerke gaan versprei.
Nadia besef dat Armand haar net gebruik
het. Hy het nie vir haar omgegee nie.
Volgens Armand is dit net ‘n lekker video
clip.
Nadia is verward en weet nie wat om te
doen nie. Sy het ook niemand met wie sy
kan praat nie. Sy weet net sy kan nie haar
ma daarvan vertel nie.
Armand se reaksie: get over it (p60)
Hede Bos Nadia en Poenk is terug in die hede. Poenk
wou weet wat Nadia gedoen het. Sy
antwoord dat sy net gehoop het op daardie
stadium dat haar ma nie iets sal uitvind nie.
PROBLEEM: een van die ouers het die skool
gebel en die skool het haar ma gebel.
Daarna was dit in die koerante.
Ma se reaksie: sy het dit nie geglo nie.
Geglo sy het ‘n baie voorbeeldige dogter.
Ons sien Nadia is skaam, kwaad, bang en
voel seergemaak oor haar ma se reaksie.
Tuis neem Nadia se ma haar selfoon. Sy kyk
na die video. Toe het sy op Nadia begin
skree. Daarna het sy begin om die kamer
3

om te keer. Sy wou weet wat Nadia nog vir


haar wegsteek. Kyk na alle sosiale netwerke
waarop Nadia is.
Ma gee haar oor aan haar werk en los Nadia
met die emosionele chaos. Dit is asof sy
bang is om huis toe te kom en na Nadia te
kyk. Daarom stuur sy Nadia na ouma toe.
Nadia het Armand nooit weer gesien nie.
Besef dat sy dom opgetree het deur na sy
liefdesverklaring te luister. Sy het in ‘n
sprokieswêreld geleef (Mills en Boon boeke)
en dit het nou verdwyn.
Hier kyk sy na Poenk en wag dat hy vir haar
raad moet gee.
Poenk is simpatiek teenoor Nadia.
Poenk: geen toorwoorde om dit reg te
maak nie. Woorde is te maklik om te
gebruik. Die lewe is nie altyd maklik nie. Hy
sê dat jy jammer is oor wat met Nadia
gebeur het. Sy is ‘n wonderlike mens.

Doolhof Poenk het ‘n plan.


Hy het kerse by die Engel geplaas. Nou vra
hy haar of hy haar mag vashou. Vra of sy
met hom sal dans? Nadia nog effe
ongelowig. Sê daar is dan nie musiek nie.
Poenk sê sy moet mooi luister, die musiek is
daar.
Hulle dans by die doolhof in, deur die
gangetjies tot by die Engel in die middel.
Daar val hulle op die grond neer.
Poenk het ‘n tweede verrassing vir Nadia.
BLIKKIE KONDENSMELK (dit staan by die
Engel se voete)
Hy wou dit graag met iemand spesiaal deel.
Deel dit nou met Nadia.
Later Bos, doolhof GERVAN
4

die Middel by die Hy daag op met ‘n stok in sy hande. Daar is


middag Engel donderweer in die agtergrond. (kan dalk
voorspel dat daar moeilikheid gaan wees)
Gervan praat neerhalend met Poenk wat
nou ‘n meisie gekry het. Hy het ook ‘n
dreigende houding. Dreig om Poenk dood
te maak.
Nadia probeer om met Gervan te redeneer.
Gervan skree op Nadia. Poenk is die heeltyd
rustig en kalm. Nadia besluit dat sy iets
moet doen want Poenk gaan nie terugbaklei
nie. Gervan raak handgemeen met Poenk.
Hy wil Poenk net seermaak. Nadia pleit met
Poenk om iets te doen maar Poenk weier.
Gervan hou aan om Poenk hardhandig te
behandel want hy wil ‘n reaksie uit Poenk
kry.
Later is Poenk op sy knieë voor Gervan.
Gervan haal ‘n mes uit. Nadia pleit dat
Poenk moet weghardloop maar hy weier
weereens.
Nadia sê aan Gervan dat sy weet van sy pa
en hoe sy pa hom behandel. Hy is geskok
dat sy dit weet. Ontken dit. Nou begin
Gervan Nadia met die mes dreig. Hy steek
na Nadia en Poenk spring in om Nadia te
red. In die proses word Poenk met die mes
in die skouer gesteek. Hy val agteroor op
Nadia.
Gervan is jammer oor wat hy gedoen het en
probeer om Poenk op te help. Toe hy aan
Poenk se skouer vat, sien hy dat sy hande
vol bloed is. Gervan besef wat hy gedoen
het en sê dat jy jammer is.
Hy help Poenk om op die grond te lê en hul
albei gaan sit langs Poenk. Nadia huil en sê
dat daar nog lewe is. Hy mag nie iets
5

oorkom nie.
Gervan gaan steek die kerse by die Engel
aan. Gervan en Nadia help Poenk om regop
te staan.
Gervan en Poenk kyk na mekaar en slaan hul
arms om mekaar se skouers.
Nadia het die glasskerf in haar hand en ook
‘n opgevoude stukkie papier in die ander
hand. Sy gee die glasskerf aan Gervan (dit is
vir wanneer jy weer in die bos verdwaal sê
sy aan Gervan) want sy het dit nie nou meer
nodig nie. Die papier gee sy aan Poenk. Sy
glo sprokies verdien ‘n gelukkige einde.
Op die papier is ‘n gediggie wat sy vir Poenk
geskryf het.
Poenk sê dat hy moet weggaan. Nadia sal
orraait wees. Hy sal haar altyd onthou.
Dit is nou tyd vir ‘n nuwe hoofstuk. Hy gaan
iewers heen waar die wêreld ook so mooi is.
Daar is nog baie lewe om te leef. Hulle
omhels.
Tydens die volgende donderslag verdwyn
Poenk.
Bos (ma) Ma kom by die bos aan. Sy gaan sit by
Nadia.
Nadia neem haar ma in die bos in. Nadia
wys haar alles wat Poenk aan haar gewys
het. Neem haar ook na die doolhof toe en
saam stap sy en haar ma deur die doolhof
tot by die Engel. By die voet van die Engel is
Poenk se gedigte boekie en sy maak dit oop.

Tydens die loop deur die doolhof het Nadia


en haar ma ook deur al hul probleme kon
werk. Die doolhof het ook vir Nadia en haar
ma gehelp om weer bymekaar uit te kom.
SLOT
6

(p67)Poenk se laaste woorde:

Daar is soveel mooi in die wêreld. In elke


ding is daar iets asemrowends, al is dit hoe
klein. Maar mense kyk dit mis. Hulle sien
nie meer die betowering en wonder van die
lewe nie.
Sien jy dit … nou?

You might also like