Natuurwetenskap gr6 kw2 Opsommings PDF Iqptkd

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 18

Eenheid 1: die rangskikking van partikels in vastestowwe, vloeistowwe en

gasse (bl. 55-59)

Sleutelwoorde
Partikels Kleinste dele waaruit stof bestaan.

Materie - alles om ons.


Materie - boublokke van alle materiaal op aarde.
Alle vastestowwe, vloeistowwe en gasse = word van materie gemaak

Materie bestaan uit partikels -


Wetenskaplikes het vier belangrike dinge oor
materie uitgevind

1
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Partikels is verskillend gerangskik in vastestowwe, vloeistowwe en
gasse

Vastestowwe, vloeistowwe en gasse bestaan uit partikels wat beweeg.

• Daar is spasies tussen die partikels van die stof.


• Wanneer die spasies tussen partikels klein is, word die partikels naby mekaar gehou.

Vastestowwe
* Partikels - baie naby aan mekaar.
* Baie kleinspasies tussen die partikels.
* Partikels - gewoonlik in ‘n vaste patroon saamgepak.
* Hulle is so naby aan mekaar dat dit nie kan vrylik of vinnig
beweeg of vibreer nie.
Vibreer slegs op vaste posisie.
Dit verduidelik hoekom vastestowwe ‘n vastevorm het.

Vloeistowwe
Partikels - is naby aan mekaar, maar nie so naby soos met vastestowwe nie.
- Klein spasies tussen die partikels.
- Partikels is nie in vaste patroon gepak nie.
- Die partikels word nie so styf vasgehou nie, dan kan hulle vinniger vibreer
en meer
vrylik by mekaar verby beweeg
Dis hoekom vloeistowwe kan vloei en die vorm van ‘n houer aanneem
waarin dit is.

Gasse
Partikels - is ver van mekaar.
* Groot spasies tussen die partikels.
Partikels kan vrylik in alle rigtings beweeg en baie vinnig beweeg want
hulle
word nie so sterk bymekaar gehou nie.
Dis hoekom gasse nie enige vorm van hulle eie het nie.

Eienskappe Redes
Vastestowwe Vaste vorm en kan nie vloei nie Kan nie van plek tot plek beweeg nie
Vloeistowwe Vloei en neem vorm van houer Kan om mekaar beweeg en oor mekaar gly
Gasse Vloei en vul houer waarin dit is Kan vinnig in enige rigting beweeg
2
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Eenheid 1: Mengsels van materiale (bl. 62-67)
Sleutelwoorde
Mengsel Twee of meer stowwe wat saam gemeng is.
Om die mengsel weer op te breek in die stowwe wat aanvanklik
Skei
gemeng is.
Fisies Om jou hande of gereedskap te gebruik om die mengsel te skei.
Om ‘n stuk gereedskap met gaatjies te gebruik wat stukkies van ‘n
Sif
sekere grootte sal deurlaat.
Om ‘n vloeistof en nog ‘n stof te skei deur dit deur ‘n materiaal soos
Filtreer
filtreerpapier of ‘n maas te gooi.
Sorteer Om ‘n mengsel van vastestowwe met die hand te skei.
Om ‘n stof wat met ‘n vloeistof gemeng is, toe te laat om op die
Afsak
bodem te gaan lê.
Om die houer versigtig skuins te hou en die boonste laag van die
Dekanteer
mengsel af te gooi.

Ons meng gereeld verskillende stowwe met mekaar.


BV. Seep en water wanneer ons bad.
Klei en water om modderstene te maak.
As ons stowwe meng is verskillende stowwe soms nie meer sigbaar nie en dit lyk
of die een stof in die ander een verander.
In ander gevalle is die verskillende stowwe in die mengsel duidelik sigbaar.

Mengsel van vastestowwe


Mengsel- bestaan uit twee of meer verskillende stowwe wat
gemeng word.
Stowwe- bestaan uit drie verskillende toestande van materie:
1. vastestowwe, 2. vloeistowwe en 3. gasse.

Mengsels van vastestowwe en vloeistowwe


Ons kan stowwe meng wat in verskillende toestande van materie is. Bv. Vloeistof met ‘n
vastestof. Wanneer koeldrankpoeier met water gemeng word, kan ons nie die verskillende
stowwe onderskei nie

3
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Mengsels van vloeistowwe
Mengsels van twee of meer vloeistowwe kan gemaak.
BV. Vrugtestroop wat met water gemeng word, is ligter en ons kan nie meer
die afsonderlike vloeistowwe onderskei nie

Skeiding van mengsels (bl.66)


Mengsels waar verskillende stowwe duidelik sigbaar is nadat dit gemeng is kan die mengsel
fisies geskei word.
Stowwe in sulke mengsels kan geskei word deur metodes soos:
1. Sifting,
2. Filtrering,
3. Met die hand
4. Afsakking
5. Dekantering

Ander kan geskei word deur van gereedskap gebruik te maak.


Sif - het gate wat net stowwe sal deurlaat wat klein genoeg is om deur die gaatjies te pas.
- ons kan meel en semels met ‘n sif skei.
- die semels bly in die sif agter terwyl die meel deur die gaatjies val.

Skei mengsels van ‘n vastestof en water


Stowwe toon verskillende eienskappe wanneer dit met water gemeng word.
Stowwe wat met water gemeng word soos sand en water, die sand sak af tot op die bodem
en dit word afsakking genoem.
• Wanneer jy versigtig die water wat bo lê, afgooi, word dit dekantering genoem
om die mengsel te skei.
• Jy kan ook die mengsel goed skud en dit dan deur ‘n sif gooi met gaatjies klein genoeg om
dit wat met die water gemeng is, terug te hou.
• Slegs die water sal deur die sif beweeg, dit word sifting genoem

Baie fyn stowwe wat met water gemeng is - kan met ‘n filtreerder geskei word.
Spesiale papier wat filtreerpapier genoem word, word gevou en in ‘n tregter gesit.
Die mengsel word dan deur die tregter gegooi en die fyn vastestof bly agter in die
filtreerpapier.
• Ons gebruik hierdie metode om koffie in ‘n koffiemaker van die
water te skei, en ook wanneer ons ‘n teesakkie gebruik om tee te maak.

4
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Onderwerp 7: Oplossings as spesiale mengsels (bl. 72-90)

Sleutelwoorde
Wanneer die partikels van een stof versprei tussen die partikels van
Oplos
‘n ander stof.
Mengsel waarin ons nie die verskillende stowwe kan identifiseer
Oplossing
nie.
Eenvorming Lyk dieselfde regdeur die hele oplossing.

Party vastestowwe lyk asof hulle verdwyn wanneer hulle met


vloeistowwe gemeng word – Ons noem dit oplossings
• Oplossings kan gemaak word deur vastestof en vloeistof, soos suiker en tee, te
meng.
• Suiker is ‘n vaste stof en tee is ‘n vloeistof.
• Wanneer jy suiker in jou tee gooi, lyk dit of dit verdwyn, maar die suiker
is steeds daar want ons kan dit proe – dit maak die tee soet.
• Ons sê dat die suiker in die tee opgelos het.
• Die partikels van die suiker het in die spasies van die vloeistof inbeweeg.
• → alle oplossings is eenvormig in voorkoms
• Die oplossing lyk dieselfde regdeur die oplossing, die vastestof kan nie meer in die
oplossing gesien word nadat dit opgelos is nie.

Sleutelwoorde:
Oplosbare Kan oplos.
Onoplosbare Kan nie oplos nie.
Oplosbaarheid Hoe goed 'n stof sal oplos.
Oplosbare Stof Stof wat in die oplosmiddel opgelos het.
Oplosmiddel Vloeistof waarin iets oplos.
Verdamping Wanneer 'n vloeistof in 'n gas verander.
Kristallisering Wanneer 'n opgeloste stof weer in kristalle verander.
Spesiale soort papier wat vloeistowwe of oplossings laat
Filtreerpapier
deurvloei.

Ons weet dat sekere stowwe soos sout en suiker in water kan oplos- Oplosbare stowwe
5
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Party stowwe los nie in vloeistowwe op nie.
• Sand los nie in water op nie.
- Sand is onoplosbaar

Die verskil tussen smelting en oplossing


Stowwe smelt wanneer hitte bygevoeg word.
• Slegs een stof op ‘n slag is betrokke by smelting.
• Die vastestof en vloeistof is dieselfde stof.
• Ys en water het verskillende toestande van materie van dieselfde stof.
• Wanneer jy ys verhit, verander dit van vorm.
Jy kan smelting omkeer deur die stof te verkoel

Skei oplossings
Stowwe in oplossings kan nie deur sifting, filtrering, handsortering, afsakking of
dekantering geskei word nie.
Die vastestowwe in oplossings word afgebreek in baie klein deeltjies wat deur die kleinste
gaatjies kan beweeg

Sommige oplosbare stowwe kan herwin word deur verdamping van die oplosmiddel.
• In die proses: verdamp die water en die soutkristalle bly agter -kristallisasie
Kristallisasie word op groot skaal gebruik wanneer sout herwin word uit seewater.
Seewater word in vlak damme gepomp en dan gelos sodat die water kan verdamp.
• Dit benodig winderige en sonnige toestande om te gebeur.
- Sulke herwinnings kan gesien word by Velddrif aan die Weskus

Afsakking
• Filtreerpapier - word in ‘n tregter gevou.
• Mengsel word dan daardeur gegooi.
• Wanneer ons ‘n mengsel van baie fyn stof, soos kerriepoeier met water
meng, sal die kerriepoeier in die filtreerpapier agterbly terwyl die water
deurgelaat sal word.

Vaardigheidsfokusvaardigheidsfokus: Meet volume en massa (bl. 78-79)


Meet Om die grootte of hoeveelheid van iets uit te vind.
Volume Hoeveelheid plek wat iets opneem.
Massa Hoeveelheid materie van ‘n stof.
Massameter Instrument wat massa meet.
Maatsilinder Instrument wat gebruik word om volume te meet.
6
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Wat is volume?
Voorwerp se volume: is die hoeveelheid spasie wat dit opneem.
• Meet volume : milliliters ( ml) of liters ( l)
• Volume is ‘n belangrike eienskap van materie wat elke dag gebruik word
- Bv. ‘n liter melk, 5ml medisyne ens.
• Ons meet volume - sodat ons weet hoeveel van ‘n stof ons het.

Hoe om volume te meet


1. Gebruik ‘n maatsilinder om volume te meet.
Maatsilinder : meetinstrument wat in verskillende groottes beskikbaar is en wat
verskillende volumes kan meet.
2. Gooi water in ‘n 500ml maatsilinder totdat dit halfpad vol is.
3. Plaas die maatsilinder op ‘n tafel.
4. Maak seker dat jou oog in lyn is met die oppervlak van die water in silinder. Jy sal sien
die oppervlak van die water maak ‘n afwaartse kurwe.
5. Lees die volume aan die onderkant van die kurwe.

Wat is massa?
Massa : die hoeveelheid materie in ‘n stof.
• Meet Massa in Gram ( G) of Kilogram ( KG)
• Massa is nog ‘n eienskap van materie wat ons elke dag gebruik.
- Ons koop 1 kg suiker of gebruik 500 g meel vir ‘n resep.

Hoe om massa te meet


1. Ons kan ons eie massa meet wanneer ons op ‘n skaal staan.
* Skaal : soort massameter.
Massameter : ‘n instrument om massa mee te meet.
2. Plaas die massameter op ‘n plat oppervlak.
3. Maak seker dat die lesing op die massameter op nul is voordat jy begin.
4. Plaas die voorwerp wat jy wil meet, op die massameter.
5. Lees die massa deur reg voor die massameter te staan en direk na die lesing te kyk.

7
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Sleutelwoorde
Versadigde Oplossing waarin die oplosbare stof nie meer wil oplos nie, en
Oplossings die onopgeloste stof op die bodem gaan lê.
Wanneer die oplossing nie meer ‘n oplosbare stof wil opneem
Versadig
nie.

‘n Oplossing is versadig wanneer geen oplosbare stof


meer in ‘n gegewe hoeveelheid oplosmiddel kan oplos
nie.
• As meer oplosbare stof bygegooi word sal die ekstra
materiaal net afsak.
• Dit sal net ‘n ekstra laag vorm soos
wanneer stowwe onoplosbaar is.

Tempo Hoe vinnig of hoe stadig iets gebeur.


Hipotese Moontlike verklaring vir ‘n waarneming wat deur verdere
ondersoek getoets kan word
Data Verwerkte inligting wat op ‘n gestruktureerde wyse aangebied
word.
Gevolgtrekking Iets waarop jy besluit wat gebaseer is op die resultate van jou
ondersoek.
Evalueer Om te kyk wat jy gedoen het en om te besin hoe jy dit beter
kan doen wanneer jy dit weer doen.

Faktore wat die tyd beïnvloed wat ‘n oplosbare stof neem om in ‘n oplosmiddel op te los
1. Temperatuur van die mengsel.
2. Roer of skud van die mengsel
3. Korrelgrootte van die oplosbare stof.

1. Temperatuur beïnvloed die tempo van oplossing


Wanneer stof verhit word veroorsaak die energie dat die partikels in die stof vinniger
beweeg.
• In ‘n verhitte oplosmiddel beweeg die partikels van die oplosbare stof vinniger as in ‘n
koue oplosmiddel.
8
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
2.Om die mengsel te roer beïnvloed die tempo van oplossing
* Wanneer jy die oplossing roer of skud veroorsaak dit dat die partikels van die oplosbare
stof vinniger versprei na die spasies tussen die partikels van die oplosmiddel.
• Indien jy nie die oplossing roer nie, sal alles nie oplos nie, en daar sal oplosbare stof op
die bodem afsak.

3.Korrelgrootte van die oplosbare stof


Korrels wat los van mekaar af is sal gouer in partikels opbreek en oplos as korrels wat
saamgepers is, dit kan dan vinniger tussen die partikels van die vloeistof inbeweeg
• Korrelgrootte van die oplosbare stof beïnvloed die tempo waarteen dit oplos

Wat is die stappe in ‘n ondersoek?


1. Neem die wêreld waar en vra vrae
- Doen waarnemings en vra dan oor wat jy waargeneem het, soos: wat, hoe,
waar, wanneer en hoekom.
- Die vraag wat jy vra is wat jy in jou ondersoek moet beantwoord.

2. Maak ‘n voorspelling
- Voorspelling is ‘n stelling oor wat jy raai die resultaat van jou ondersoek sal wees.
- Die resultaat sal waardevol wees omdat dit getoets is, ongeag of jou voorspelling reg was of
nie.

3. Beplan jou ondersoek


- Besluit op materiaal en gereedskap wat jy in die ondersoek gaan gebruik.
- Besluit op die metode wat jy gaan gebruik om jou vraag te beantwoord.
- Metode moet elke stap insluit wat jy in jou ondersoek sal volg.
- Besluit watter faktore jy in gedagte moet hou en hoe om die toets billik te hou.

4. Voer die ondersoek uit


Volg die stappe in jou plan terwyl jy die materiaal en die gereedskap gebruik soos jy beplan
het.

5. Teken jou bevindings aan.


- Hou aantekeninge van jou waarnemings en resultate.
- Die inligting wat jy versamel het, word data genoem.
- Teken jou data netjies in tabelle of grafieke aan.

9
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
6. Interpreteer die data
- Kyk noukeurig na die data en sê wat dit beteken.

7. Maak gevolgtrekkings
- Jou gevolgtrekking beskryf wat jy in jou ondersoek uitgevind het.
- Jou gevolgtrekking sluit in of jou voorspelling reg of verkeerd was.

8. Kommunikeer jou bevindinge


- Deel jou bevindinge met jou klasmaats en onderwysers in ‘n bespreking, mondelinge
aanbieding,
plakkaat of verslag.

9. Evalueer jou ondersoek


Vra vrae oor jou ondersoek, soos:
- Wat het ek goed gedoen?
- Wat is nie so goed gedoen nie?
- Hoe kan ek daarop verbeter?

Sleutelwoorde
Kunsmis Chemikalieë wat gebruik word om plante beter te laat groei.
Insekdoders Chemikalieë wat gebruik word om insekte dood te maak
Ontlasting Soliede toiletafval
Cholera Siekte wat deur kieme in menslike ontlasting veroorsaak word.
Diarree Siekte wat jou ontlasting baie los en waterig maak.
Al die verskillende soorte plante, diere en ander lewende goed
Biodiversiteit
wat in ‘n ekostelsel bestaan.
Rioolvullis Menslike afval wat in die toilet afgespoel word.

Water besoedeling word veroorsaak deur optrede van mense wat water vuil
en onveilig vir lewende dinge maak.

10
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
1. Waterbesoedeling deur onoplosbare stowwe
- Olie, plastiek, motorbande, blikke, glas
2. Oplosbare stowwe soos seep en kunsmis
3. Kieme uit toiletafval
Hierdie stowwe en materiale kan lewende dinge skaad.
• Hulle kan mense en diere wat die water drink,
skade aandoen.

Oliestortings uit skepe besoedel die see en beskadig


die seelewe.
• Olie was nie van die voëls se vere af nie.
• Hulle kan nie met olie op hulle vere vlieg nie en
kan nie hul vlerke oopsprei om
droog te word nie.
• Die voëls vrek van koue of verhongering.

Plastiekafval soos plastieksakke,bottels en


vislyn in die oseaan maak baie diere dood.
• Seeskilpaaie vrek as hulle plastieksakke vreet,
omdat hulle dit met jellievisse verwar.
• Diere soos robbe en pikkewyne raak in die
vislyn verstrengel, wat hulle kan laat vrek, of
beserings veroorsaak waar die vislyn in hulle
vel insny.

Toiletafval
Mense besoedel water wanneer hulle riviere of stroompies as ‘n toilet gebruik of
hul soliede toiletafval daarin gooi.
• Toiletafval is onoplosbaar benodig sekere bakterieë om dit af te breek.
• Kieme in die soliede toiletafval kan mense baie siek maak as hulle die
water drink of daarin bad of swem.

11
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Seep, kunsmis, insekdoders, sure en giftige chemikalieë los op in water en besoedel dit.
Ons kan nie altyd hierdie stowwe in die water sien nie en dan weet ons nie
dat die water besoedel is nie.

• Kunsmis en seep verlaag die suurstofvlakke van die water. Baie organismes in die
besoedelde water kan nie genoeg suurstof kry nie en vrek dan.

• Metale en opgeloste chemikalieë soos sure uit fabrieke kan riviere en mere besoedel.
Dit is giftig vir baie van die lewende organismes in water.
Hulle is ook giftig vir mense.

• Mynafval en verf bevat lood


• As ons water met lood in drink, kan dit die brein en niere ernstig beskadig
• Lood en ander skadelike chemikalieë kan in ons kos beland as eetbare gewasse met
besoedelde water besproei word.

• Insekdoders boere bespuit hul gewasse met insekdoders om insekte te beheer en dood
te maak.
• riviere en damme raak besoedel wanneer water die insekdoders uit die landerye na die
damme en riviere spoel.
• Insekdoders kan diere in die water vergiftig.
• Mense, voëls en ander diere kan vergiftig word as hulle vis, paddas of ander diere uit die
besoedelde water eet.

Baie mense het nie behoorlike toilette by die huis nie, en dit is dan ‘n groot probleem om
van toiletafval ontslae te raak.
Mense besoedel water wanneer hulle riviere of stroompies as ‘n toilet gebruik, of as hulle
toiletafval in die water gooi.

Cholera en diarree
Kieme in die water kan mense siek maak met siektes soos cholera en diarree.
• Mense kan aan hierdie siektes sterf. Wanneer jou maag werk en jou ontlasting baie los en
waterig is - diarree
Soliede toiletafval word ontlasting genoem
• Cholera baie ernstiger soort diarree.

12
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Dit word veroorsaak deur ‘n soort kiem wat hoofsaaklik in water voorkom wat met
ontlasting besoedel is.
• Drie tot vyf miljoen mense word elke jaar wêreldwyd met cholera besmet
en dit veroorsaak meer as 100 000 sterftes per jaar.

Eenheid 2: Die belangrikheid van vleilande (bl. 96-100)

Sleutelwoorde
Gebied wat die grootste deel van die jaar deur vlak water
Vleilande
bedek word.
Boerderypraktyke soos beeste aanhou en eetgewasse
Landbou
verbou.
Fabrieke en besighede wat materiale en goedere
Industrie
vervaardig of verwerk.
Watergehalte Hoe veilig ons water is om te gebruik.
Vlei Gebied van laagliggende gelyke grond wat sag en nat is.

Vleiland - gebied wat die grootste deel van die jaar deur vlak water bedek word.
Voorbeelde van vleilande: moerasse, vlak mere en vleie.
Die bekendste vleiland in Suid- Afrika - St. Lucia-vleiland
in die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu Natal.

Vleilande is belangrike natuurlike ekostelsels

Waarom dit belangrik vir lewende dinge is?


1. Verskaf ‘n habitat en broeiplekke vir baie verskillende soorte plante e diere, veral voëls,
paddas en vis.
2. Waterbron vir plante en diere.
3. Filtreer die water om dit te suiwer. Hulle verwyder beide oplosbare en onoplosbare stowwe
uit die water.
4. Werk soos reuse sponse wat water stoor en oorstroming tydens swaar reëns verhoed.
5. In droë seisoene wanneer daar nie veel reën is nie, help die water uit vleilande om riviere en
stroompies aan die vloei te hou.

Impak van die verlies aan vleilande op biodiversiteit en watergehalte


Soos die wêreldbevolking groter raak word al meer grond vir behuising, landbou en industrie
benodig.
As gevolg hiervan het die wêreld oor die afgelope 100 jaar die helfte van sy vleilande
verloor.

13
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Vleilande en biodiversiteit
Wanneer vleilande verwoes word het die plante en diere wat daar geleef het nie meer ‘n
habitat om in te woon nie.
- Sommige sal vrek en ander sal wegtrek.
Dit beïnvloed die biodiversiteit van die vleiland-ekostelsel.
Biodiversiteit is al die verskillende soorte plante, diere en ander lewende dinge wat in
‘n ekostelsel bestaan.
• Biodiversiteit krimp wanneer vleilande verwoes word.

Vleilande en watergehalte
Vleilande is belangrik vir watergehalte (hoe veilig water vir gebruik is).
Vleilande verwyder die oplosbare stowwe wat in seep, insekdoders en kunsmis voorkom en
wat in die water ingespoel word.
• Plante in die vleilande en die grond en gruis op die bodem van die
vleilande absorbeer hierdie stowwe.
• Baie klein organismes ( mikroörganismes) in vleilande kan ook
soliede toiletafval afbreek en dit skadeloos maak.
• Vleilande dien dus as filters om water te suiwer.

14
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Die volgende diere en plante word hier aangetref: reier, papkuil, fluitjiesriet,
geelbekeend, kommetjiesgatmuishond, reuse brulpadda.

15
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
Onderwerp 9: Prosesse om water te suiwer (bl. 102-112)
Eenheid 1: Skoon water (bl.102-110)

Sleutelwoorde
Suiwering Proses om vuil water skoon te maak.
Besoedel Wanneer water stowwe of kieme bevat wat dit onveilig maak om
te drink.
Kook Skadelike kieme in water word doodgemaak deur die water vir ‘n
paar minute lank te kook.
Chemikalieë Reeks chemikalieë bestaan wat kieme in water doodmaak en die
water skoonmaak.
Spesifikasie Iets spesifieks oor die produk.
Beperking Iets wat ‘n produk beperk.

Hoekom ons skoon water nodig het


Mense, plante en diere het skoon water voorraad nodig om te oorleef.
• Mense kan doodgaan as hulle nie skoon water drink nie.
Suiwer water= Wanneer ons water skoonmaak.
Watersuiwering = is ‘n proses waardeur al die kieme en skadelike stowwe uit die vuil water
verwyder word sodat mense dit kan drink.

• Al lyk water skoon kan dit gevaarlike kieme, virusse en parasiete bevat wat ons nie sonder
‘n mikroskoop kan sien nie.
• Die organismes kan jou baie siek maak.
Baie mense het nie toegang tot skoon water nie en verkry water uit riviere
of watergate naby aan hul huise.
• Water uit hierdie bronne moet skoongemaak word voordat dit veilig is om
te drink.

PROSESSE OM WATER SKOON TE MAAK


1. Sifting
Vuil water bevat grond en klippe wat van die water geskei kan word deur ‘n sif te gebruik.
• Die gaatjies in ‘n sif sal die water skoonmaak deur die water toe te laat om deur te vloei
terwyl die groter stowwe agtergelaat word.
Hoe kleiner die gaatjies in die sif is, hoe skoner sal die water wees nadat dit gesif is – maar
dit sal nog nie veilig wees om te drink nie.
Kieme, virusse en ander skadelike organismes is klein genoeg om deur die sif se gaatjies te
beweeg.
16
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
2. Filtrering
Ons kan water filtreer deur ‘n lap oor ‘n houer te plaas en die vuil water deur die lap te
gooi.
• Filtrering sal stowwe soos plante, gruis en sand van vuil water skei, maar dit sal nie
enige kieme uit die water verwyder nie.
• Die water is dus steeds nie veilig om te drink nie.

3. Dekantering
Wanneer die stowwe in die vuil water afgesak het, moet ons die
houer versigtig hanteer om te keer dat die afgesakte stowwe
weer meng met die vloeistof.
• Ons kan nou die vloeistof van die afgesakte stowwe verwyder
deur die houer versigtig teen ‘n hoek te hou en dan die vloeistof in
‘n ander houer te gooi.
Dekantering = skei die vloeistof van een houer in ‘n ander houer sonder om die afgesakte
stowwe te versteur.

4. Kook
Ons kan kieme en parasiete in water doodmaak deur dit vir ‘n paar minute te kook.
• Dit sal enige klein organisms in die water doodmaak.
• Kookwater neem ‘n lang tyd om af te koel.

5. Voeg chemikalieë by om kieme dood te maak


Wanneer al die vaste stowwe uit vuil water verwyder is moet die kieme nog verwyder word
om seker te maak die water is skoon genoeg vir mense om te kan drink.
• Spesiale komponente ( chemikalieë) word gebruik om kieme dood te maak.
Chloor mees algemeenste chemikalieë wat gebruik word om kieme mee dood te maak.
• Water is suiwer genoeg vir mense om te drink deur net die regte hoeveelheid chloor by
water te voeg.
• Mens kry ook suiweringstablette om in vuil water te gooi om die kieme in die water dood
te maak.

HOE MUNISIPALITEITE WATER SKOONMAAK


Munisipaliteite moet behoorlike watersuiwerings metodes in plek hê om skoon water aan
mense te voorsien.
1. By die suiweringsaanleg gaan vuil water deur metaalsiwwe om al die groot voorwerpe in
op te vang.
2. Dit vloei dan deur ‘n spiraaltregter waar minerale by die water gevoeg word om dit ‘n
seperige gevoel en smaak te gee.

17
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2
3. Terwyl die water deur die tregter in ‘n houer vloei, klou van die kleiner stowwe aan die
tregter se kante vas.
4. Die water bevat steeds ‘n modderige stof wat slyk genoem word.
5. Die slyk sal stadig na die bodem van die houer afsak en later uitgesuig word.
6. Lug word in die water ingespuit om dit beter te laat voel en smaak.
7. Sand filtreer die water skoon deur die laaste klein waterplante, diere en kieme te
verwyder.
8. Chloorgas word in die water ingespuit om die laaste kieme dood te maak.
9. Skoon water word na houertenks gepomp vir gebruik.
10. Chloor is net vir ‘n rukkie doeltreffend, daarom word ‘n stof met die naam chloramien
(chloor en ammoniak) met gereelde tussenposes by die water gevoeg om enige kieme dood
te maak wat dalk in die water beland het.

18
©Helpendehulpbronne NW Gr6 Kw2

You might also like