Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Source:

South African Case Law, Juta's (1838 to date)/CHRONOLOGICAL LISTING OF CASES – 1838 to date/1983/Volume 4: 1 ­ 320 (October)/HILES v VENTER h/a C H
VENTER AGENCIES 1983 (4) SA 22 (T)

URL:
http://jutastat.juta.co.za/nxt/gateway.dll/sacl/3/12567/12870/12873?f=templates$fn=default.htm

HILES v VENTER h/a C H VENTER AGENCIES 1983 (4) SA 22 (T)


1983 (4) SA p22

Citation 1983 (4) SA 22 (T)

Court Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge van der Walt R, Van Dijkhorst R en McCreath R

Heard April 27, 1983

Judgment April 27, 1983

Annotations Link to Case Annotations

Flynote : Sleutelwoorde
Wissels ­ Tjeks ­ "Tjek" betaalbaar aan "cash of order" ­ Nie 'n tjek, wissel, of likiede dokument vir die doeleindes van verkryging van voorlopige
vonnis nie ­ Wet 34 van 1964 arts 2 (1), 5 (3) en 6 (2).
Headnote : Kopnota
'n "Tjek" betaalbaar aan "cash of order" voldoen nie aan die definisie van 'n wissel (en derhalwe ook van 'n tjek) in art 2 (1) van die Wisselwet 34
van 1964 nie. Om 'n wissel te wees, moet die stuk 'n opdrag bevat om 'n bedrag geld aan 'n vermelde persoon of sy order, of aan toonder te
betaal. Die woord "cash" ­ kontant ­ is nie die naam van 'n persoon nie, en so 'n "tjek" is dus nie aan 'n persoon of sy order betaalbaar nie. Dit
kwalifiseer ook nie as 'n toonderdokument in terme van arts 5 (3) en 6 (2) van die Wet nie. Verder is dit ook nie 'n likiede dokument vir die
doeleindes van die verkryging van voorlopige vonnis nie.
Flynote : Sleutelwoorde
Bills of exchange ­ Cheques ­ "Cheque" payable to "cash or order" ­ Not a cheque, bill of exchange or liquid document for purposes of obtaining
provisional sentence ­ Act 34 of 1964 ss 2 (1), 5 (3) and 6 (2).
Headnote : Kopnota
A "cheque" payable to "cash or order" does not comply with the definition of a bill of exchange (and, accordingly, of a cheque) in s 2 (1) of the
Bills of Exchange Act 34 of 1964. To qualify as a bill of exchange, the instrument must contain an order to pay an amount of money to a
specified person or his order, or to bearer. The word "cash" is not the name of a person, and such a "cheque" is thus not payable to a person or
his order. Neither does it qualify as a bearer instrument in terms of ss 5 (3) and 6 (2) of the Act. It is also not a liquid document for the
purposes of obtaining provisional sentence.
Case Information
Appèl na die Volle Regbank van die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen 'n beslissing van die Mosiehof. Die feite blyk uit die uitspraak.
G F C L Roos namens die appellant.
R D Claassen namens die respondent.

1983 (4) SA p23

VAN DIJKHORST R
Judgment
VAN DIJKHORST R: Die appellant het in die Mosiehof aansoek gedoen om voorlopige vonnis. Die aansoek is afgewys en met verlof van die Hof
kom die appellant in hoër beroep teen die beslissing.
Hierdie Hof het die vraag geopper of die "tjek" waarop die aansoek gebaseer is 'n geldige tjek en/of likiede dokument is. A Die vraag moet eers
behandel word. Indien teen die appellant beslis word handel dit die appèl af. Die voorlopige vonnisdagvaarding roep die respondent op om aan die
appellant 'n bedrag van R8 000 te betaal met rente en koste op grond van
"'n tjek gedateer 15 Julie 1981 getrek deur verweerder op die Barclays Nasionale Bank, Arcadiatak, ten gunste van B eiser, van welke tjek eiser
tans die reëlmatige houer is en welke tjek ondanks behoorlike aanbieding deur wanbetaling onteer is."
Daar word beweer dat kennisgewing van ontering nie nodig is nie en 'n afskrif van die tjek word aangeheg. Die tjek is egter nie ten gunste van
die appellant getrek nie maar die opdrag aan die C bank lui "betaal 'cash' of order". Dit bring ons onmiddellik by die vrae of 'n tjek uitgemaak aan
kontant of order 'n wissel is en of dit vir voorlopige vonnisdoeleindes as 'n likiede dokument kan dien. Oor die eerste vraag was daar geen geskil
nie. Die Wisselwet 34 van 1964 bied die antwoord. In art 1 word 'n tjek omskryf as 'n wissel getrek op 'n bankier en betaalbaar op aanvraag.
Artikel 2 (1) bevat die definisie van 'n wissel. D Dit lui:
"'n Wissel is 'n onvoorwaardelike skriftelike opdrag gerig deur een persoon aan 'n ander en onderteken deur die opdraggewer waarin van die
persoon aan wie die opdrag gerig is vereis word dat hy op aanvraag of op 'n bepaalde of bepaalbare toekomstige tydstip 'n vasgestelde bedrag
geld aan 'n vermelde persoon òf sy order òf aan toonder betaal."
Kragtens art 2 (2) is 'n stuk wat nie aan die vereistes in E subart (1) gestel voldoen nie, nie 'n wissel nie. Om 'n wissel te wees moet die stuk
dus 'n opdrag bevat om die bedrag geld aan 'n vermelde persoon òf sy order òf aan toonder te betaal. Die woord "cash" ­ kontant ­ is klaarblyklik
nie die naam van die appellant of enige ander persoon nie. Dit is nie in die F dagvaarding beweer nie en dit is ook nie betoog nie. Die tjek is dus
nie betaalbaar aan 'n persoon nie. Dit kan dus ook nie betaalbaar wees aan die order van 'n persoon nie. Om betaalbaar te wees aan toonder
moet 'n wissel betaalbaar gestel wees aan toonder of moet die enigste of jongste endossement daarop 'n blanko endossement wees. Dit word
bepaal deur art 6 (2) van die Wisselwet. Hieronder val die dokument nie. Ook kwalifiseer dit G nie onder art 5 (3) as toonderdokument nie. Dit
bepaal dat indien die nemer 'n denkbeeldige persoon is of iemand wat nie handelingsbevoegdheid besit nie, die wissel behandel kan word asof dit
aan toonder betaalbaar is. "Cash" is nie 'n persoon nie, denkbeeldig of andersins. Die dokument is dus nie 'n H wissel nie en dus ook nie 'n tjek
nie. Hierdie bevinding strook met die beslissing van GOLDSTONE R in A N Christellis v Brahberg Boerdery (Edms) Bpk (saak nr 18693/80
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling 2 Februarie 1983, ongerapporteer).* Daar is geen gerapporteerde saak op die punt ter sprake in Suid­Afrika
nie. My bevinding stem ooreen met die Engelse Howe se uitleg van hulle eie ooreenstemmende wetgewing in North and South Insurance
Corporation
© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Tue May 21 2024 15:52:52 GMT+0200 (South 1983
Africa (4)
Standard Time)
SA p24

VAN DIJKHORST R
aan toonder betaalbaar is. "Cash" is nie 'n persoon nie, denkbeeldig of andersins. Die dokument is dus nie 'n H wissel nie en dus ook nie 'n tjek
nie. Hierdie bevinding strook met die beslissing van GOLDSTONE R in A N Christellis v Brahberg Boerdery (Edms) Bpk (saak nr 18693/80
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling 2 Februarie 1983, ongerapporteer).* Daar is geen gerapporteerde saak op die punt ter sprake in Suid­Afrika
nie. My bevinding stem ooreen met die Engelse Howe se uitleg van hulle eie ooreenstemmende wetgewing in North and South Insurance
Corporation

1983 (4) SA p24

VAN DIJKHORST R
Ltd v National Provincial Bank Ltd [1936] 1 KB 328; Cole v Milstone [1951] 1 All ER 311 en Orbit Mining and Trading Co Ltd v Westminster Bank
Ltd [1963] 1 QB 794 (CA) en [1962] 3 All ER 565 (CA). Dit was ook die Suid­Afrikaanse skrywers oor ons A wisselreg se prognose van wat die
Suid­Afrikaanse Howe uiteindelik sal beslis. Kyk L Tager in The Law of South Africa vol 19 para 26; F R Malan Wisselreg en Tjekreg para 46 en
Cowen The Law of Negotiable Instruments in South Africa 4de uitg op 72 ­ 74.
Bostaande standpunt is as formalisties bestempel deur E M B Burchell in 1951 SALJ op 329, wat die dokument as 'n tjek betaalbaar aan toonder
wil beskou. Die woorde "of order" moet pro non scripto gelees word en die dokument vertolk word as 'n opdrag om 'n kontantbedrag te betaal.
By gebrek aan 'n genoemde nemer sou betaling dan by noodwendige implikasie aan die besitter van die dokument moet geskied. Vir dié
standpunt word C staatgemaak op 'n dictum van BRANSON R in North and South Insurance Corporation Ltd v National Provincial Bank Ltd
(supra). Die saak steun egter nie die standpunt nie aangesien die Hof uitdruklik meld dat die dokument geen tjek is vir die doeleindes van die
Wisselwet nie (op 333). Kyk ook P M A Hunt in 1963 SALJ op 550.
D Met die gevolgtrekking dat die dokument wat die grondslag van die appellant se aksie om voorlopige vonnis vorm nie 'n wissel en dus nie 'n
tjek is nie, is die saak egter nie afgehandel nie.
Die appellant het beoog dat die sogenaamde tjek nogtans 'n likiede dokument is waarop voorlopige vonnis toegestaan kan word. Appellant se
advokaat het sterk gesteun op die benadering E van prof Burchell ­ hierbo behandel ­ wat soos aangedui sy oorsprong gehad het in 'n dictum
van BRANSON R in North and South Insurance Corporation Ltd v National Provincial Bank Ltd (supra). Daar is betoog dat die dokument nie 'n
nulliteit is nie, maar wel 'n opdrag aan die bank om 'n bepaalde bedrag te F betaal en dat die bank dit noodwendig sal beskou as 'n opdrag om te
betaal aan die houer van die dokument. Dít alles buite die Wisselwet om. Dus, so lui die betoog, is aan al die vereistes van 'n likiede dokument
voldoen en kan voorlopige vonnis daarop toegestaan word.
Steun vir die standpunt dat die dokument 'n mandaat is om aan G 'n persoon wat in besit van die dokument is te betaal is (ietwat tentatief) te
vind by Tager in The Law of South Africa (supra). Die Engelse Howe neem ook die standpunt in. North and South Insurance Corporation Ltd v
National Provincial Bank Ltd (supra ) en Orbit Mining and Trading Company Ltd v Westminster Bank Ltd (supra).
Die betoog is lynreg in stryd met die bevinding van GOLDSTONE R H in A N Christellis v Brahberg Boerdery (Edms) Bpk, wat bevind het dat
omdat die dokument daar nie 'n tjek was nie voorlopige vonnis nie verleen kan word nie. Geen redes is vir die dié gevolgtrekking gegee nie. In die
onderhawige saak is gevolglik betoog dat die beslissing van GOLDSTONE R verkeerd is.
Die betoog van die appellant moet om twee redes afgewys word. Die eerste is tegnies. Dit is dat die dagvaarding sy skuldoorsaak vierkantig
plaas op 'n wissel in die vorm van 'n tjek wat onteer is. Daar is

1983 (4) SA p25


VAN DIJKHORST R
dus geen ruimte vir 'n betoog gebaseer op 'n andersoortige likiede dokument wat 'n mandaat bevat nie. Die tweede leemte in die betoog hang
saam met die aard van 'n likiede dokument wat vir voorlopige vonnisdoeleindes aanvaarbaar is. Die betrokke dokument moet op 'n behoorlike
uitleg daarvan ex facie 'n A onvoorwaardelike skulderkenning bevat ten aansien van 'n bepaalde bedrag geld wat aan die skuldeiser betaalbaar
is. Rich and Others v Lagerwey 1974 (4) SA 748 (A) op 754H. By die definisie kom die voorbehoud dat die vervulling of plaasvind van eenvoudige
voorwaardes en gebeurtenisse deur 'n eiser beweer mag word. Kyk ook Union Share Agency & Investment Ltd v B Spain 1928 AD 74 op 78;
Inglestone v Pereira 1939 WLD 55 op 62; Harrowsmith v Ceres Flats (Pty) Ltd 1979 (2) SA 722 (T) e n Inter­Union Finance Ltd v
Franskraalstrand (Edms) Bpk and Others 1965 (4) SA 180 (T). In die onderhawige geval is daar ex facie die dokument geen skuldeiser nie. Die
bestaan van so 'n C persoon moet op 'n ietwat gekunstelde wyse met weglating van dele van die dokument geïmpliseer word. Selfs dan is die
identiteit van die skuldeiser nie bepaal nie. Dit kan nie bepaal word nie totdat die dokument deur 'n persoon by die bankier afgelewer word. Dan
eers moet, volgens dié uitleg, so 'n persoon die krediteur wees omdat hy op daardie stadium die D besitter van die dokument is.
Daarby kom dat 'n likiede dokument as bewys van 'n skuld dien. Daar is dus 'n bestaande verbintenis tussen skuldeiser en skuldenaar. Die blote
opdrag van 'n persoon aan sy bankier om 'n bedrag te betaal aan wie ookal dien nie as bewys van 'n skuld nie. Dit kan 'n skenking wees wat nog
nie aanvaar is nie. E Dit kan 'n poging wees om as negotiorum gestor in te tree.
Dit is duidelik uit voorgaande dat ons hier nie met 'n likiede dokument in die tradisionele sin te doen het nie. Dit kan betoog word dat dieselfde
oorwegings geld by 'n tjek betaalbaar aan toonder. Hier het praktyks­en doelmatigheidsoorwegings F egter 'n verandering teweeggebring. In
1837 is in Berrange v De Villiers 1 Menzies 12 voorlopige vonnis op 'n tjek geweier, onder andere, omdat 'n tjek nie 'n erkenning van skuld bevat
nie en ook nie eers prima facie bewys is dat die trekker ooit teenoor die nemer iets verskuldig is nie. In 1850 het die Hof op grond van die
wydverspreide gebruik van tjeks om billikheidsen praktiese redes bevind dat van die trek en lewer G van 'n tjek 'n erkenning van skuld afgelei kan
word vir die doeleindes van voorlopige vonnis. Dit is dus toegestaan in Rens v Smit 1 Menzies 13. Die voorkoms van dokumente wat ongeldige
tjeks is en as mandate aan bankiers om aan houers daarvan die bepaalde bedrae te betaal vertolk moet word is nie veelvuldig H nie en dit sou
nie andersins 'n onreg in die hand werk sodat ons ook hulle as likiede dokumente vir doeleindes van voorlopige vonnis moet gaan beskou nie. Dit
staan die sogenaamde nemers altyd vry om op die onderliggende verbintenis te dagvaar. Dit volg dus dat die alternatiewe betoog van die
appellant ongegrond is. Die appellant was nie geregtig om op grond van die betrokke dokument voorlopige vonnis te eis nie. Die appèl word
afgewys met koste.

1983 (4) SA p26

VAN DIJKHORST R
VAN DER WALT R en McCREATH R het saamgestem.
Appellant se Prokureurs: Dyason, Odendaal & Van Eeden. A Respondent se Prokureurs: Vogel, Von Reiche & Van Oordt.

* Kyk infra op 24 ­ Reds

© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Tue May 21 2024 15:52:52 GMT+0200 (South Africa Standard Time)

You might also like