Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

Wetenskapmannetjies

Die wetenskapmannetjies kyk na die son deur swart (1) teleskope. Hulle voorspel
dat die son sal krimp. Uiteindelik sal die son (2) verdwyn. Die spreker sit hoog bo-op
‘n (3) windpomp en kyk hoe die son sy kop teen die rant (4) stamp as hy saans
ondergaan. Sy teken (5) klawertjies tussen haar huiswerk en behaal net (6) 26% in
haar toets, want sy luister liewers na die verdwaalde (7) korhaan. Sy (8) kwadreer
haar vreugdes en vind die logaritme van haar (9) hartseerheid. Sy doen liewers dit,
want syfers bring ‘n (10) eensaamheid wat geen mens kan keer nie.

11. Bespreek die titel van die gedig.

Wetenskapmannetjies word gebruik in plaas van wetenskaplikes. Dit skep die


Indruk dat die spreker baie min dink van hulle.

12. Wie is die spreker in die gedig? ‘n leerder wat nie van wetenskap hou nie.

13. Wie is die aangesprokenes (die “julle”) met wie die spreker praat. Motiveer
jou antwoord met twee aanhalings uit die gedig.
• Alle wetenskaplikes en die onderwyser
• “wetenskapmannetjies” en “menere”

14. Wat doen die wetenskaplikes in r.1 – 3?


Hulle kyk deur swart teleskope na die son.

15. Natuurlik sal die wetenskaplikes nooit letterlik by die son uitkom nie. Wat
kan r. 3 dus ook beteken?
Figuurlik beteken dit dat hulle nooit genoeg kennis oor die son sal hê nie.

16. Waarmee kontrasteer die “swart” van die teleskope? Gee TWEE woorde uit
strofe 1.
ligjare en son

17. Wat doen die wetenskaplikes in r. 4 – 6?


• Hulle bereken hoe ver ‘n ligjaar is
• Hulle voorspel die son is besig om te krimp

18. Hoekom dink die spreker is die wetenskaplikes “pateties”?


Sy bejammer hulle, want hulle fokus net op wetenskap en sien en geniet nie die
skoonheid van die natuur nie, bv. die mooi sonsondergang.

19. Watter ONwetenskaplike werkwoord kontrasteer met die wetenskaplike


“bepaal” vertel

1
20. Watter een van die twee rymwoorde in strofe 1 is:

20.1 wetenskaplik ligjare

20.2 ONwetenskaplik as’t ware

21. Watter afleiding maak jy uit jou antwoorde op vraag 19 en 20 omtrent die
spreker se siening van wetenskaplikes?
Sy bevraagteken die wetenskaplikes en hul werk deur woorde soos “vertel” en
“as’t ware” te gebruik.

22. Wat doen die “ons” (spreker en ander mense soos sy) in strofe 2?
Hulle sit hoog bo-op ‘n windpomp en kyk na die sonsondergang.

23. Watter woord sou in die plek van “maar” (r. 7) gebruik kan word?
eerder / liewer

24. Gee 2 voorbeelde van personifikasie in strofe 2.


• Die son wat sy kop stamp
• Die son wat bloei

25. Wat kan ons van die spreker aflei uit die personifikasie wat sy gebruik?
Sy is na aan die natuur / sy ervaar die natuur as spesiaal

26. Watter woorde rym met mekaar (strofe 2)? Watter verband is daar tussen
hulle?
• bloei, gloei, verskroei
• Bloei verwys na die rooi kleur van die lug, en die lug gloei soos iets wat brand en
verskroei is die bome wat swart lyk teen die skemerlug.

27. Waar speel hierdie gedig af? Motiveer met voorbeelde uit strofe 2.
Op die platteland (Karoo), want daar is ‘n windpomp en dit is warm daar.

28. Wat is die funksie van die voegwoord “daarom” in strofe 3?


Dit gee die rede waarom sy klawertjies in haar boek teken en waarom sy
net 26% kry vir haar toets.

29. Waarom teken die spreker “klawertjies” by haar huiswerk?


• Sy is dalk verveeld
• Sy glo dit klawerblare geluk sal bring

30. Dink jy dit is insiggewend (insightful) dat daar juis klawertjies geteken word.
Motiveer jou antwoord.
• Ja
• Sy voel sy het geluk nodig om beter punte vir Wiskunde en Wetenskap te kry.

31. Wat is die gevolg (consequence) van die klawertjies wat die spreker sit en
teken?
Sy druip haar toets.
2
32. As jy ‘n onderwyser was, sou jy die verskoning in strofe 3 aanvaar het?
Motiveer jou antwoord.
• Ja
• Party leerders stel nie belang in Wetenskap nie, maar in ander vakke.

33. Die spreker se verskoning gaan voort in strofe 4. Haal een voegwoord aan
wat die begin is van die volgende verskoning.
want

34. Wat is die rede/verskoning in vraag 33?


Sy luister eerder na die korhaan en fokus op haar emosies as op syfers.

35. Hoekom word die korhaan as verdwaald beskou?


Hy is by die tennisbaan en hoort eintlik in die veld.

36. Vervang die woord “liewer” met ‘n sinoniem. eerder

37. Wat bedoel die spreker in r. 18 – 19 met die woorde: “ek kwadreer liewer my
vreugdes en vind dan die logaritme van my hartseer”?
Sy vermeerder eerder haar vreugdes en probeer vasstel wat die oorsaak van haar
hartseer is.

38. Wat is die spreker se finale rede in die laaste twee reëls waarom sy nie van
syfers hou nie. Haal VIER woorde aan.
Syfers bring ‘n eensaamheid

39. Wat bedoel die spreker met hierdie woorde (vraag 38)?
As jy met syfers werk is jy gewoonlik alleen

40. Skryf strofe 4 se rymskema neer. ABBCDED

41. Wat suggereer die feit dat hulle juis op ‘n windpomp sit?
Dit suggereer ‘n plaas en eenvoud

42. Voltooi: IRONIE is wanneer die teenoorgestelde gebeur van dit wat
verwag word. Dit is ironies dat die wetenskaplikes met hulle gesofistikeerde
teleskope nie die mooi van die sonsondergang kan raaksien nie.

3
43. Voltooi die volgende tabel:

KONTRAS
Wetenskaplikes Spreker en haar geesgenote
1. Hulle hoor net hul eie stemme 1. Hulle hoor die korhaan

2. Hulle is baie intelligent: hulle kan 2. Spreker is (volgens hulle) dom; sy


ligjare bereken. kry 26% vir haar toets.

3. Hulle sit onder swart teleskope 3. Hulle sit bo-op ‘n windpomp en kyk
en staar in die lug om hulle rond.

4. Hulle fokus op die wetenskaplike 4. Hulle sien die ondergang van die son.
aard van die son.

5. Hulle konsentreer op die son wat 5. Hulle konsentreer op die hier en nou.
eendag gaan verdwyn. Sy sien daagliks die son opkom en
ondergaan.

6. Die son is vir hulle ‘n 6. Die son is vir hulle ‘n simbool van
hemelliggaam van gloeiende warmte en lig
hitte.

7. Hulle lewe draai om syfers 7. Spreker dink aan haar gevoelens,


en formules. haar vreugdes en hartseer.

8. Hulle wil by die son uitkom. 8. Spreker konsentreer op dit wat die
aarde haar kan bied.

44. Kies die begrip in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.

KOLOM A Antw KOLOM B


1. “swart” vs “son” D A personifikasie
2. “hoe die son sy kop stamp“ A B sarkasme
3. “verdwaalde korhaan“ C C assonansie
4. “liewe menere“ B D kontras
E herhaling

You might also like