Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

EKSAMENLOKAAL

1 WAAR speel hierdie gedig af? / Benoem die RUIMTE waarin die gebeure
in die gedig afspeel.
Eksamenlokaal

2.1 Watter SOORT SPREKER het ons in hierdie gedig?


Alomteenwoordige spreker

2.2 Wie is die spreker? ’n Leerder wat eksamen skryf

3 Waarom kan die titel as die KERNGEDAGTE van die gedig beskou word?
Dit is die enigste plek waar die woord “eksamen” voorkom.

4.1 Wat is die TEMA in hierdie gedig?


Die angs en onsekerheid van leerders wanneer hulle eksamen skryf.

4.2 Haal ‘n versreël uit die gedig aan wat die tema/stemming in hierdie
gedig ondersteun.
“hande bewe met rukke oor skoon wit velle”

5 Watter STEMMING heers in hierdie gedig? angs / onsekerheid / gespanne

6 Hoekom word die gedig as ‘n VRYE VERS gesien? Noem TWEE feite.
• Geen vaste rympatroon nie
• Strofes is verskillende lengtes

7 Voltooi die paragraaf deur telkens EEN WOORD in te vul.

In strofe 1 loop die (7.1) onderwyser / toesighouer tussen die banke deur en

kyk dat die leerders nie bymekaar (7.2) afskryf nie. Haar skoene maak ‘n

(7.3) klik / harde geluid op die (7.4) houtvloer terwyl sy op en af stap.

8 Na wie verwys die “haar” en “sy” in die gedig? onderwyser / toesighouer

9 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer en antwoord neer.

“klik” in versreël 1 is ‘n voorbeeld van onomatopee.

10 Wat is die “klikgeluid” in die gedig? Die onderwyseres se hakskoene maak ‘n


klikgeluid terwyl sy op die houtvloer stap.

11 Hoekom kan die klikgeluid van ‘n onderwyseres se skoene so irriterend


wees wanneer jy eksamen/toets skryf?
’n Mens wil in stilte dink/konsentreer
12.1 Benoem die beeldspraak in versreël 3. personifikasie

12.2 Hoekom is die beeldspraak so geslaagd? Die banke simboliseer die leerders
wat so doodstil sit en eksamen skryf.

13 Hoe word die stilte wat in die eksamenlokaal heers, beskryf? Haal slegs
EEN WOORD aan.
tjoepstil

14 Bespreek die KONTRAS wat in strofe 1 voorkom. / Wat is die kontras


tussen die onderwyser en die kinders in strofe 1?
Die klikgeluid/harde geluid wat die onderwyseres se skoene maak EN die
leerders wat doodstil sit.

15.1 Benoem die HALFRYM in versreël 1 en dui dit aan.


Alliterasie – Haar skoene klik hard op die houtvloer

15.2 Wat is die funksie van die halfrym in versreël 1?


Dit beklemtoon die geluid wat die skoene op die houtvloer maak.

16 Gee ‘n voorbeeld van ASSONANSIE uit strofe 1 en dui dit aan.


Haar skoene klik hard op die houtvloer

17.1 Wat word die HALFRYM in versreël 2 genoem? “soos sy op en af stap”


alliterasie

17.2 Wat is die funksie van die halfrym in versreël 2?


Dit beklemtoon die beweging van die onderwyser soos sy op en af stap

18 Waarom, dink jy, stap die onderwyser op en af tussen die banke?


Sy maak seker dat die kinders nie by mekaar afskryf nie.

19 Haal EEN WOORD uit strofe 1 aan wat die atmosfeer in die
eksamenlokaalbeskryf.
tjoepstil

20 Waarna verwys die “tjoepstil banke”? Leerders wat doodstil sit en eksamen
skryf

21 Wat is die funksie van die gebruik van die INTENSIEWE VORM van “tjoepstil”?
Dit BEKLEMTOON die stilte wat daar heers in die eksamenlokaal

22 Noem die een ding wat die stilte in die eksamenlokaal in strofe 1 versteur.
Die klikgeluid van die onderwyser se skoene

23 TWEE APARTE woorde uit strofe 1 aan wat in KONTRAS met mekaar staan.
hard en tjoepstil

24 Watter STYLFIGUUR in strofe 1 beklemtoon die bewegings van die


onderwyser ?
enjambement
25 Waarna verwys die woord “blad” in strofe 2?
bladsy van die vraestel OF antwoordstel

26 Wat is die funksie van die HALFRYM in reël 4?


Dit beklemtoon die geluid wat die papier maak

27 Gee ‘n voorbeeld van KLANKNABOOTSING uit strofe 2.


kraak

28 Wanneer vind hierdie eksamen plaas? September

29 In watter graad, dink jy, is hierdie leerders? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
Graad 12, want die voorbereidende eksamen vind in September plaas.

30 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi.

Na aanleiding van die woord “Septemberlug” kan die atmosfeer in die


eksamenlokaal as onheilspellend beskryf word.

31 Benoem die BEELDSPRAAK (imagery) in versreël 4.


metafoor

32. Verduidelik reël 4 in jou eie woorde.


Die stilte in die eksamenlokaal word verbreek deur die kraakgeluid van die
papier/bladsye wat omgeblaai word

33 Benoem die SINTUIG wat in strofe 2 voorkom. Motiveer jou antwoord.


gehoor – jy hoor die blaaie wat kraak

34 Watter uitwerking het “die blaai van ‘n blad” in die eksamenlokaal?


Dit is die enigste geluid wat gehoor kan word in die stil eksamenlokaal

35 Waaruit kan ons aflei dat die leerders in strofe 3, SENUWEEAGTIG is?
Hulle hande bewe

36 Gee TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE wat daarop dui dat die


leerders senuweeagtig is.
hande bewe

37 Verduidelik in jou eie woorde waarna reël 6 verwys.


Die skryfbewegings van die leerders

38 Hoe beskryf die spreker die antwoorde wat die leerders neerskryf? Gee slegs
EEN WOORD uit strofe 3.
inkwarboel

39 Waarna verwys die “wit velle” in reël 6?


Die papier waarop die kinders skryf is nog skoon, want hulle het nog nie op die
papier begin skryf nie
40 Gee die DENOTATIEWE en KONNOTATIEWE betekenis van “inkwarboel”.
Denotatief – die slordige handskrif van die leerders
Konnotatief – die leerders se gedagtes/feite is deurmekaar

41 Wat kan ons aflei oor die gemoedstoestand (state of mind) van hierdie
leerders in strofe 3?
senuweeagtig / gespanne

42 Hoe word versreël 8 beklemtoon? alleenplasing

43 Benoem die BEELDSPRAAK in versreël 8. personifikasie

44 Wat word in versreël 8 beklemtoon? Die tyd wat stadig verbygaan

45 Hoekom, dink jy, het die leerders gevoel dat die tyd stadig verbygaan?
GeeTWEE feite.
• Hulle het nie hard genoeg geleer nie
• Hulle het nie genoeg kennis om die vrae te beantwoord nie

46 Hoe lank is die vraestel wat die leerders skryf? Twee uur

47 Noem TWEE TEGNIEKE wat gebruik word om te beklemtoon dat die tyd
stadig verbygaan.
• Alleenplasing van reel 8
• Die gebruik van die meervoud “ure”

48 Watter indruk word gewek van die tempo waarteen die tyd verbytik?
Die tyd gaan stadig verby

49 Hoekom is dit funksioneel dat strofe 4 uit slegs een reël bestaan? / Hoekom
is die alleenplasing van strofe 4 so geslaagd?
Dit beklemtoon dat die leerders bewus is van die tyd wat stadig verbygaan

50 Waaruit kan ons aflei dat die leerders iets op papier geskryf het? Gee
TWEE voorbeelde uit die gedig.
inkwarboel EN blou op wit

51 Wat het die onderwyseres in die laaste strofe gedoen?


Sy het die leerders se antwoordstelle (answer scripts) ingeneem

52 Wat is die “stelle” waarna daar in versreël 9 verwys word?


antwoordboeke / antwoordstelle

53 Benoem die BEELDSPRAAK in versreël 9 en verduidelik in jou eie woorde


wat dit beteken.
Metafoor – die opneem van die vraestelle word met die insamel van ’n oes
vergelyk

54 Watter kleur is die ink waarmee die kinders skryf? blou


55 Waarom is die woord “oes” so gepas?
Net soos die boer sy oes insamel wanneer dit ryp is, net so neem die onderwyser
die antwoordboeke in van die kinders wat vol kennis is

56 Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 10?


’n Verduideliking gaan volg

57 Waarna verwys versreël 10?


Die antwoorde wat die leerders met ’n blou pen op die papier geskryf het

58 Haal TWEE APARTE WOORDE uit strofe 5 aan wat daarop dui dat die
antwoordstelle van die leerders vol kennis is.
oes EN ryp

59 Watter verband is daar tussen die woord “oes” en “ryp”?


Die vraestelle is beantwoord (ryp) en word ingeneem (oes)

60 Wanneer het hierdie leerders vir die eksamen begin voorberei?


Die vorige middag

61 Skryf EEN WOORD uit strofe 3 neer wat dieselfde betekenis het as “b lo u op wit”.
inkwarboel

62 Dink jy dit is voldoende om ‘n dag voor die eksamen te begin voorberei?


Gee‘n rede vir jou antwoord.
Nee, jy plaas te veel druk op jouself

63 Verduidelik die verskil in betekenis van tussen “blou op wit” en “swart op wit”.
Blou op wit is figuurlik – die leerder het nie genoeg kennis nie
Swart of wit – is bewys dat die inligting ’n feit is

You might also like