Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 21

1

Wat is GIS?
• GIS is rekenaar gebaseerde tegnologie en metode om data te versamel, analiseer en voor
te stel met verskillende toepassings-moontlikhede.
• 'n Geografiese Inligtingstelsel (GIS) is 'n rekenaarbeheerde stelsel vir die versameling,
stoor, manipulering en voorstelling van inligting oor die aarde.
• GIS is ‘n georganiseerde versameling van rekenaar hardeware, sagteware, geografiese
data en personeel wat ontwerp is om geografiese data te versamel, te stoor, op te dateer,
te manipuleer, te analiseer en te vertoon.

Geografie – die wêreld daar buite met sy ruimtelike patrone.


Inligting – data wat met spesifieke liggings verband hou.
Stelsel – rekenaartegnologie en die ondersteunende infrastruktuur daarvan.

Wat is GIS?
Geografie (die wetenskap van ons wêreld), saam met GIS, help ons om die aarde beter te
verstaan en om geografiese kennis toe te pas op baie menslike aktiwiteite.
Die gesamentlike gebruik van GIS en geografiese begrip is 'n nuwe manier van dink,
probleme oplos en bestuur van ons planeet.

GIS laat ons ook toe om nuwe geografiese kennis (data) te skep deur:
• die kenmerke op die aarde, in die see en in die atmosfeer te meet,
• hierdie data te organiseer,
• baie geografiese prosesse en hulle verwantskappe meer presies te ontleed en te
modelleer.

Insamel van data

In vorm van lae


(layers) gestoor

As ‘n voltooide
digitale kaart
op rekenaar
gestoor

Wat is die komponente van GIS?


2
• Hardeware – toerusting soos rekenaars, drukkers, GPS’e, skandeerders,
digitaliserings tafels, ens.
• Sagteware – rekenaar programme om GIS data me te stoor, manipuleer en te
analiseer bv. ArcInfo, MIPS, IDRISI, Google Earth, QGIS, Planet GIS, Geomatica,
ens.
• Data - ruimtelike en attribuut data (feite) in GIS wat geografiese voorwerpe voorstel en
beskryf.
• Mense en organisasies - Die gebruikers (geograwe) wat GIS gebruik om ingeligte
besluite te neem binne die organisasie wat die GIS gebruik. BV. Stadsrade,
Waterraad, weerburo, ens.
• Prosesse - Die metodes en stappe wat gevolg word om rou data te verwerk sodat dit
waardevolle inligting binne ‘n GIS word.
• Toepassings - studie velde en werksomgewings waar GIS gebruik kan word om die
organisasies se doelstellings te bereik.

Basis inligting in GIS


Die data in ‘n GIS kan van verskillende bronne verkry word:
• Primêre data – eerstehandse inligting wat deur veldwerk verkry word.
➢ Landmeting, GPS punte, opnames, ander metings, toetsresultate, sketskaarte,
sensus.
• Sekondêre data – bestaande data wat deur ‘n ander organisasie opgeneem is.
➢ Topografiese kaarte, lugfoto’s, satelliet beelde, modelle, digitale lêer oordrag

Primêre data Sekondêre data


3
▪ Eerstehandse inligting ▪ Bestaande inligting by ander
▪ Duur om op te neem – baie man ure organisasie
▪ Spesialis werk ▪ Meer bekostigbaar
▪ Spesialis toerusting ▪ Nie altyd verenigbaar (compatible) met
▪ Gebruik akkurate meet metodes ander data tipes wat benodig word vir ‘n
GIS nie

Die skets illustreer die verskillende soorte bronne vir GIS.

Data lae
• Data lae word gebruik om verskillende Geografiese
entiteite in ‘n GIS te organiseer.
• Elke laag bestaan uit punte of lyne of poligone of
piksels.
• Rekenaars kan net een soort dataformaat op ‘n slag
in ‘n leer stoor.
• Elke laag is in ‘n ander leêr (file).
• Die lae maak dit moontlik om die data the organiseer,
kategoriseer en te vertoon.
• Elke laag kan op sy eie aan of afgesit word, wat
beteken ‘n lag kan geïsoleer word.
• Jy kan kies watter lae is nodig vir jou GIS projek en
die ander uitlaat of afsit.
• Lae kan ook met mekaar vergelyk word om die
verband tussen lae te bestudeer.
• Dit word ruimtelike analise genoem. Die lae word
gelys in die sleutel van die GIS.
Wat is Afstandswaarneming?:
4
Dis die skep of insameling van inligting oor die aarde se land- en see-oppervlakke met
behulp van sensors op platforms soos weerballonne, radioteleskoop, vliegtuie en
satelliete.

Dit neem die elektromagnetiese straling waar, wat van die aarde weerkaats of gestraal
word, sonder om in fisiese kontak met die aarde te wees.
Hierdie inligting kan in die vorm van gedrukte of digitale lugfoto's en satellietbeelde wees.

Elke satellietbeeld verskil met betrekking tot:


• ruimtelike resolusie en
• spektrale resolusie,
• grootte van die deel van die aarde wat vasgelê is, en
• hoe gereeld die gebied vasgelê word.
Wat is Afstandswaarneming?
Die voordeel van afstandswaarneming is dat dit geograwe in staat stel om navorsing te doen
sonder om gebiede self te besoek wat te ver of ontoeganklik is.
Dit kan in twee groepe geklassifiseer word, naamlik:
• aktiewe stelsels en
• passiewe stelsels

Wat behels die Aktiewe stelsels?


Die sensor skep en straal sy eie energie uit, wat dan waargeneem en gemeet word wanneer
dit van voorwerpe weerkaats. 'n Voorbeeld hiervan is radar.

Wat behels die Passiewe stelsels?


Sensors neem die elektromagnetiese energie (energie vanaf die son) waar en meet dit
wanneer dit van die aardoppervlak weerkaats of uitgestraal word.

Aktiewe stelsels Passiewe stelsels

Wat is resolusie?
Dis die vermoë van 'n afstandswaarnemingsensor om 'n presiese en duidelike beeld te skep.
Alhoewel daar verskillende tipes resolusie is, onderskei ons hier slegs tussen die volgende
twee tipes:
• spektrale resolusie en
• ruimtelike resolusie.
Wat is Spektrale resolusie?

5
• Spektrale resolusie is die vermoë van die sensor om inligting oor verskeie spektrale
bande heen waar te neem (rooi, groen, blou, infrarooi, ultraviolet en so meer).
• 'n Waarnemingsinstrument (satellietbeelde) kan verskeie sensors hê.
• Sommige neem in die rooi, groen en blou spektrale bande waar, wat die menslike oog
kan sien. Ander neem oor 'n groter aantal spektrale bande waar.
• Hoë spektrale resolusie wys baie detail op die raster beeld. Die spektrale resolusie is
hoër as daar baie verkillende golflengtes vasgevang word om die raster beeld te vorm.
• Lae spektrale resolusie is waar net ‘n paar golflengtes vasgevangs is om die beeld te
vorm.

Wat is die Elektromagnetiese spektrum?


Wanneer ’n ligstraal deur ’n prisma beweeg, word dit gebreek of gefrakteer en in verskillende
kleure opgebreek (die sogenaamde sigbare spektrum). Die hele reeks kleure van die
reënboog word die spektrum genoem. Hulle is, van buite af binne toe, rooi, oranje, geel,
groen, blou, indigo en violet. In sekere omstandighede word ’n dubbele reënboog gevorm,
met die kleure in die omgekeerde volgorde.

Wat is Ruimtelike resolusie?


• Ruimtelike resolusie verwys na die hoeveelheid detail wat waargeneem kan word.
• Dit beskryf die grootte van die beeldelemente (pixels) waaruit die beeld bestaan.
• Dit is ook 'n aanduiding van die vermoë om tussen verskillende geografiese verskynsels
(voorwerpe) te onderskei.
• Dit word dus omskryf as die vermoë om die kleinste voorwerp wat op 'n beeld gesien kan
word, as 'n enkele individuele entiteit waar te neem.
• As 'n beeld uit 'n baie groot aantal pixels van 'n klein grootte bestaan, verwys ons na die
resolusie as hoog (fyn-HD/FHD/UHD).
• As die beeld uit 'n kleiner hoeveelheid pixels van 'n groter grootte bestaan, word die
beeldresolusie as laag (grof) beskou.
• Die detail uitbeelding op ‘n vektor kaart – groter skaal laat meer resolusies toe.
• Die grootte van die pixels van ‘n raster beeld:
 Hoë resolusie – baie klein pixels bedek die area
 Lae resolusie – minder en groot pixels bedek dieselfde area.
Wat is die impak van verskillende resolusies?
6
➢ Raster detail word bepaal deur pieksel grootte
➢ Raster detail word beperk deur pieksel grootte
➢ Kleiner pieksels gee beelde met meer detail
➢ Hoe kleiner die pieksel grootte hoe hoër die ruimtelike resolusie, maar dan neem dit baie
spasie in op ‘n rekenaar se hardeskyf.
➢ Die skaal van die GIS projek sal die resolusie bepaal, maar skaal en resolusie is nie
dieselfde nie.

Hoë resolusie Lae resolusie

• Die verskillende groottes van die pixels (beeldelemente) wys ook verskillende groottes van
die aardoppervlak.
• Lae-resolusiebeelde gee groter gedeeltes van die aardoppervlak weer, maar minder
geografiese verskynsels kan herken word.
• Beelde met 'n hoë en baie hoë resolusie wys kleiner gedeeltes van die aardoppervlak,
maar meer geografiese verskynsels kan herken en geïdentifiseer word.

Ruimtelike data en attribuutdata


7
Data kan as bondels georganiseerde feite en inligting beskryf word.
Dit kan syfers, woorde, afmetings, waarnemings, of net beskrywings van voorwerpe en
verskynsels wees.
Data moet deur 'n mens of 'n rekenaar geïnterpreteer word om betekenis te verkry.
Die gewone papierkaart toon gewoonlik die data deur middel van simbole wat die tipe
verskynsel en sy ligging en vorm beskryf.
GIS is hoofsaaklik rekenaartegnologie, dus sal die meeste van die data digitaal wees.

Inligting is die produk van geïnterpreteerde data.


Die eerste tipe data wat in 'n GIS waargeneem kan word, is dieselfde as wat ons gewoonlik
op kaarte sien.
GIS-tegnologie maak gebruik van twee basiese tipes data, naamlik:
• ruimtelike data en
• attribuutdata.

Ruimtelike data (of geografiese data) is data wat die vorm en die absolute en relatiewe
posisies van alle geografiese verskynsels of voorwerpe beskryf.
Ruimtelike data word deur twee tipes strukture aangetoon, naamlik:
• vektordata en
• rasterdata

Voorbeeld van vektor ruimtelike data


van stukke grond.

Voorbeeld van raster ruimtelike data


van tipes plantegroei.

Vektordata - en rasterdata
8
'n GIS berg twee tipes data, naamlik:
• die geografiese afmetings van geografiese verskynsels wat op die aardoppervlak
voorkom en
• die attribute of kenmerke van hierdie verskynsels.
• Dit word deur die gebruik van twee verskillende voorstellingstrukture gedoen, vektor- en
rasterdatastrukture.

ʼn Vergelyking tussen Vektor- en Rasterdatastruktuur.


Vektor Raster
Bestaan uit nodusse, sirkelboë/vektore en Bestaan uit 'n rooster wat uit 'n groot aantal
poligone selle bestaan
Minder data-intensief, wat kleiner datalêers
Meer data-intensief, wat lei tot groot datalêers
meebring
Berg slegs inligting van die nodusse, sirkelboë Berg al die inligting wat deur elke hele set
en poligone beslaan word
Het kragtiger analitiese vermoë in
Het uitstekende vermoë vir netwerk-ontleding
gebiedsontleding
Meer databasis-gerig Hoofsaaklik ontledingsgerig
Ingewikkelder, wat dit moeiliker maak om te Minder ingewikkeld, dus makliker om te
verstaan verstaan
Akkurater omdat dit verskynsels van naderby Minder akkuraat omdat die hete set in ag
volg geneem moet word
'n Volledige GIS-opset kan 'n vektorstelset of 'n rasterstelsel hê, of albei, na gelang van die
tipes take wat uitgevoer moet word.

9
Nie-ruimtelike data of Attribuutdata

Nie-ruimtelike data (of attribuutdata) is inligting wat die ruimtelike eienskappe van die
ruimtelike verskynsels of voorwerpe beskryf.
Hierdie eienskappe kan kwalitatief en/of kwantitatief wees.
Attribuutdata word gewoonlik in tabelformaat (Excel) aangetoon.
Foto's wat van die ruimtelike voorwerp geneem is, kan ook as nie-ruimtelike data
(attribuutdata) ingesluit word.
Attribuutdata is bykomende, beskrywende inligting wat ruimtelike data benoem, identifiseer,
klassifiseer, kategoriseer, en kwalifiseer.

10
GIS-programme maak van verskillende tipes ruimtelike data gebruik, soos:
• inligting wat posisie aantoon, byvoorbeeld sensusdata, polisieverslae, landbouopbrengste
en van enige veldwerk
• kaarte wat geskandeer word (inligting in digitale formaat)
• digitale lugfoto’s en satellietbeelde van afstands-waarnemingsensors op vliegtuie en
satelliete.

Vektordata
• Met vektorvoorstelling word die geografiese verskynsels deur 'n reeks punte (nodusse) vir
puntverskynsels voorgestel.
• Dit kan met reguit lyne (vektore) vir lineêre verskynsels aaneengeskakel word.
• Wanneer 'n vektor se eindpunt by sy beginpunt aansluit, word 'n oppervlakte (poligoon)
gevorm.
• Elke nodus word met 'n x- en y- koördinaatpaar gekodeer, en aan 'n geografiese
koördinaat paar, naamlik breedte- en lengteligging, verbind.
• Die attribute van verskynsels word in die databasis in die vorm van tabelle geberg.

Raster data
• Met rastervoorstelling word die oppervlakte in 'n fyn netwerk van roosterselle verdeel.
• Hierdie klein selle word pixels (of beeldelemente) genoem.
• Elke sel kry 'n numeriese waarde, wat dan 'n spesifieke geografiese verskynsel kan
voorstel.
• Hierdie getal kan 'n identifikasie van 'n verskynsel, 'n kwalitatiewe attribuutkode of 'n
kwantitatiewe attribuutwaarde wees.
• 'n Sel kan byvoorbeeld die waarde 3 hê om aan te dui dat dit aan 'n speelgrond behoort, of
dat dit plantegroeitipe 3 voorstel ('n kwalitatiewe attribuut) of dat dit 3 °C (grade Celsius) is
('n kwantitatiewe attribuut).

Opsommend: Ruimtelike en Attribuut Data formate


Ruimtelike data verwys na die posisie en vorm van geografiese voorwerpe op die aarde.
Die data is gekoppel aan plek op aarde deur koördinate volgens ‘n spesifieke kaart projeksie.
Ruimtelike data kan as vektor of raster data in ‘n GIS databasis gestoor word.
Raster data bestaan uit gelyke grootte blokkies (pieksels / beeldelement) wat in ‘n
geografiese rooster georganiseer is.
‘n Blokkie kan net een waarde of kleur hê.
Elke pieksel word gestoor en daarom neem dit baie plek op ‘n rekenaar op.

11
Vektor data bestaan uit punte, lyne en simbole wat werklike geografiese voorwerpe
(geografiese entiteite) simboliseer.
Vektor data word as koördinate op ‘n kartesiese vlak in ‘n rekenaar gestoot en daarom neem
dit minder plek in op ‘n rekenaar.
Attribuut data is beskrywende data wat die geografiese voorwerpe, identifiseer, kwalifiseer
en kwantifiseer.
Attribuut data word vertoon as name, verskillende kleure of groottes simbole wat grootte,
rang of intensiteit kan aandui op ‘n GIS kaart.
Die attribuut data word in tafels in die databasis gestoor wat gekoppel word aan die
ruimtelike data deur unieke sleutels.
Die attribuut data word sigbaar as dit as benoemings of simbole op die kaart gewys word.

Data-deling
Noem en verduidelik die GIS-tegniek wat ʼn navorsingsplaas sal gebruik om boere in die
omgewing in te lig oor boerdery in die omgewing. Hulle sal data-deling tegniek gebruik.
Data-deling: Maak data beskikbaar en toeganklik vir organisasies of individue anders as die
skepper van die data sodat hulle dit ook kan gebruik.

Datastandaardisering
• Die toenemende gebruik van GIS het gelei tot 'n behoefte aan data wat tussen
organisasies en toepassings gedeel kan word.
• Dit het gelei tot intensiewe pogings tot datastandaardisering om strukture en metodes vir
die uitruil van ruimtelike data te ontwikkel.
• GIS-tegnologie het verder as die GIS-gemeenskap ontwikkel en het 'n integrale deel van
die inligtinginfrastruktuur in talle ondernemings en organisasies geword.
• Die integrasievermoëns van 'n GIS maak dit moontlik om verskillende datastelle byeen te
bring om 'n baie breër en vollediger beeld van 'n spesifieke scenario te skep.
• Hierdie integrasie van verskillende datastelle toon verbande, patrone en skakels wat nie
noodwendig waarneembaar is, in 'n enkele datastel nie.
• 'n GIS moet nuttige inligtings-produkte oplewer wat tussen veelvuldige gebruikers gedeel
kan word.
• Terselfdertyd moet dit 'n konsekwente infrastruktuur verskaf om data-integriteit te
verseker.
• 'n Oop GIS-stelsel maak die deel van geografiese data, integrasie van verskillende
GIS-tegnologieë en integrasie met ander nie-GIS-toepassings moontlik.
• Evalueer die belangrikheid van die implementering (gebruik) van data-standaardisering
om boere in die omgewing inlig. Antwoord: Dit sal inligting / simbole skep wat alle
gebruikers kan interpreteer

Die beveiliging van data


• Die beskikbaarheid van data en die deel van inligting kan redelik ingewikkeld wees.
• Data en inligting kan soms baie sensitief wees, hetsy vir kommersiële en persoonlike
vertroulikheid, of vir redes verbonde aan nasionale sekuriteit.
• Na gelang van die tipe data kan dit aan slegs 'n paar uitgesoekte en gemagtigde
organisasies of mense beskikbaar gestel word.
• Om die beveiliging van data te verseker, kan toegang tot die data slegs met
magtigingskodes verkry word, terwyl dele van dieselfde datastel wat geen beperkings het
nie, vir algemene gebruikers beskikbaar gemaak kan word.

12
Wat is datamanipulering?
• Data kan deur 'n GIS gemanipuleer (geredigeer
en verwerk) en ontleed word.
• Die volgende GIS-prosedures is slegs 'n paar
voorbeelde van datamanipulering:
• omvorming van een kaartprojeksie na 'n
ander
• omskakeling van data vanaf raster- en
vektorformaat
• interpolering tussen punte (byvoorbeeld
punthoogtes)
• integrasie van datalae
• skep van buffers
• skep van modelle
• statistiese ontleding.

Die skep van nuwe data deur


twee datalae te integreer.

ʼn GIS integreer ruimtelike data van ʼn verskeidenheid bronne.

13
Wat is Data-integrasie?
• Data-integrasie: behels die kombinering van twee of meer datalae om 'n nuwe laag te
skep.
• Die kombinasie van verskillende data lae gebruik in studies om die spesifieke probleme in
'n area te geïdentifiseer.
• Dit is wanneer die verskillende geografiese data oormekaar georganiseer word in GIS.
• Die finale laag bestaan dan uit die ruimtelike en attribuutdata van al die insetlae.
• Integrasie skep die vermoë om ingewikkelde ruimtelike vrae te vra wat andersins moeilik
beantwoord sou word.
• Realistiese en vollediger antwoorde op hierdie vrae is slegs moontlik deur verskillende
datalae te kombineer.

Wat is Bufferskepping?
• Dit is soms nodig om sones op verskillende afstande vanaf sekere geografiese
verskynsels te identifiseer om bufferskepping moontlik te maak.
• 'n Voorbeeld van bufferskepping is waar dit nie toelaatbaar is om enige bome in 'n
plantasie nader as 50 m van enige dreineerkanaal of rivier te plant nie.
• Die GIS het 'n bufferskeppende vermoë wat hierdie 50 m-sone sal skep en vertoon.

Vier waterputte - soek gebied binne 200m van die putte waar waterpunte gegrawe mag word.
Bufferskepping
• Nog 'n voorbeeld is om die geraasvlakke van 'n beplande fabriek te gebruik en die laag
van die residensiële gebied daaroor te lê.
• Dit sal dan aantoon of die beoogde ligging vir die fabriek enige negatiewe geraasimpak op
die nabygeleë residensiële gebied sal hê.
• In hierdie geval is daar 'n definitiewe negatiewe impak, aangesien die onaanvaarbare
buffersone met die residensiële gebied oorvleuel.
• Die oplossing is om die ligging van die fabriek te verskuif na waar geen oorvleueling
voorkom nie.

14
Die gebruik van bufferskepping om negatiewe impaksones te identifiseer.

±32 160 mense bly 3 km


vanaf Kaapstad
Internasionale Lughawe se
lugruim

Die gebruik van bufferskepping om geraasbesoedeling by ʼn lughawe te meet.

Navrae:
• Die digitale en rekenaarformaat van GIS maak navrae moontlik om bekende
geografiese vrae te beantwoord maar ook meer ingewikkelde probleme op te los.
• Antwoorde of oplossings word grafies aangebied.

Enkele voorbeelde van GIS vrae en –antwoorde.

Navraag Antwoord

Wat is daar? Posisie / Tipe voorwerp

Waar is dit? Ligging

Wat het verander? Tendens

Wat is die beste roete? Roetes/verkeersnetwerke

Watter patroon toon dit? Rangskikkings/verwantskappe

15
Wat as ............? Modelle

Navrae:
• Kom ons kyk na 'n voorbeeld waar ons die gebied moet identifiseer waar struike op
sandgrond voorkom.
• Deur die navraagbou-toepassing van die GIS word die plantegroei-datalaag met die
grond-datalaag vergelyk.
• Die struike- en sandgrondgebiede word oormekaargelê en slegs die gebiede wat die
navraag beantwoord, word getoon.

Statistiese ontleding:
• Ons weet nou dat inligting oor die posisie en attribute van verskynsels inherent aan GIS is.
• Hierdie inligting kan gebruik word om kaarte te skep wat visueel ontleed kan word.
• Statistiese ontleding van data word dikwels gebruik om GIS-data te ondersoek en te
help om bykomende inligting te identifiseer.
• Voorbeelde is:
➢ gemiddeldes van klimaatdata soos temp. en reënval
➢ ruimtelike tendense
➢ ruimtelike patrone.

Sommige toepassing van GIS in Suid-Afrika

Landbou en voedsel
Gebruik van GIS: Reënval patrone, klimaat, grondtipe, grondvrugbaarheid,
afloopkenmerke,/dreineringspatrone, stand van ondergrondse water, bepaal hoe skuins
(gradiënt) ʼn oppervlakte is, vroeë opsporing van peste/ siektes onder vee en gewasse. Suid-
Afrika en SAOG lande kry nou vroeë waarskuwings oor gronddegradasie en dreigende
voedselonsekerheid.

Verkiesing
Gebruik van GIS: Suid-Afrika se kiesersbestuurskomitee het ʼn kaart gemaak van Suid-Afrika
verdeel in 14 500 stemdistrikte waar alle stemgeregtigde mense minder 10 km sou reis om
te stem. Die komitee het groot geografiese datastelle (al die 1:50 000 topografiese
kaartvelle, data oor 7 miljoen landelike en stedelike grondgebiede, en 91 000 data-eenhede
wat deur sensusopnemers versamel is gebruik.

Gesondheid
Mediese verlae en GIS-databasisse oor klimaat en landskap is saamgevoeg vir die kaarte
wat die voorkoms van malaria in Suid-Afrika aantoon. Dit het gelei tot beter beheer
malariabeheer en die maak van malaria-risikokaarte vir toeriste.

Verdediging
ʼn Kombinasie van afstandwaarneming en GIS stel Suid-Afrika se militêre intelligensie-
eenhede in staat om data oor militêre aktiwiteite in Suider-Afrika te verkry.

Handel
Banke kan met behulp van GIS kaartgebiede aantoon waar hulle geld uitgeleen het, en die
lenings vergelyk met finansiële opbrengs en leners se wanbetalingkoers. Databasisse wat

16
kettingwinkels en verspreidingsmaatskappye in staat te stel om takke beter te plaas en
bevoorraad.

Polisiëring
ʼn Databasis is ontwikkel en GIS is gebruik om data vir misdaad in die dorp Paarl te ontleed
en karteer. Probleemgebiede duidelik aangedui en verwantskappe tussen die gekarteerde
misdaad bepaalde kenmerke van die dorp is getoon.

Misdaad teen Mense vs. Misdaad teen Eiendom

Die mens gebruik ruimtelike analise op verskeie manier op ʼn daaglikse grondslag.


• Bepaal die kortste roete skool toe
• Bepaal watter gebiede deur misdaad geraak word
• Besluit op geskikte roete om verkeersopeenhopings te vermy.

Hoe kan GIS gebruik word om die sukses van ʼn besigheid te verseker
• Kry inligting oor ander bestaande besighede (kompetisie)
• Bepaal totale inwonersgetal om potensiale mark te analiseer
• Kry finansiële statistiek wat groei toon
• Bepaal die inkomste van inwoners om te bepaal of ʼn besigheid lewensvatbaar is.
• Bepaal die behoeftes aan ʼn besigheid
• Werk uit roete vir aflewering
• Bepaal misdaad brandpuntgebiede
• Beskikbaarheid van werkers/arbeiders

17
WOORDELYS:
Afstandwaarneming Afstandswaarneming versamel inligting oor ʼn plek oor
ʼn groot afstand. (Waargeneem uit die ruimte) Satelliet-
afstandswaarneming behels die gebruik van
satellietsfoto’s

Attribute Nie-geografiese beskrywers wat verband hou met


geografiese verskynsels of entiteite in ʼn GIS.

Data Inligting Inligting wat op ʼn rekenaar gelaai is.

Elektromagnetiese spektrum Die hele spektrum van elektromagnetiese energie,


insluitend die korter, sigbare en langer golflengtes.

Entiteite Diskrete geografiese verskynsels (punte, lyne en


oppervlaktes) wat in ʼn digitale datastruktuur aangetref
word.

Geoverwysing Wanneer ʼn punt entiteit (bv. ʼn huis) aan ʼn geografiese


koördinaat gekoppel word.
GIS GIS is rekenaar gebaseerde tegnologie en metode om
data te versamel, analiseer en voor te stel met
verskillende toepassingsmoontlikhede.
GPS Wêreldposisioneringstelsel en stel jou in staat om jou
posisie met behulp van ʼn satelliet te bepaal.

Herwin Om die inligting weer te vind.


Invloedsfeer Die gebied wat ʼn funksie bedien. Byvoorbeeld kan ons
kyk na die gebied wat ʼn skool bedien. Met ander
woorde, die gebied waarvandaan die leerders kom om
ʼn besondere skool by te woon.
Kartografies Verwys na kaarte teken

Kontinue data Dit is data oor ʼn verskynsel wat oral teenwoordig is.
Dink aan temperatuur. Daar is nie ʼn plek op die aarde
wat nie temperatuur het nie. Ons sê temperatuur is ʼn
kontinue veranderlike.

Landsat TM satelliet Hierdie satelliet kyk na ʼn blok en gee ʼn veralgemeende


kleur- of golflengtelesing vir daardie blok: hierdie
blokke word pieksels genoem. Elke pieksel het ʼn
ruimtelike resolusie van 30m x 30m. Die data is redelik
duur. Die herhalingsiklus is 16 dae.

Lyn Entiteitstipe wat gebruik word om lineêre verskynsel te


verteenwoordig deur ʼn geordende stel (x;y) koördinaat
punte of ʼn ketting van ruitnetselle (rasterdata) te
gebruik.

Manipuleer Rondskuif; gebruik op spesiale manier om ʼn resultaat


te verkry

18
METEOSAT Dit is ʼn geostatiese satelliet (wentel nie om die aarde
nie). Die sensors dek Afrika en Europa en versamel
inligting oor wolke, see en land. Hierdie beelde word in
weervoorspellings gebruik en die data is gratis. Die
herhalingsiklus is 30 minute.

Nodus ʼn Punt-entiteit wat die begin- of eindpunt van ʼn lyn


verteenwoordig, of die kruising daarvan met ʼn ander
lyn.

Oriënteer Om jou posisie of plek in verhouding tot jou omgewing


te vind.

Pieksel (pixel) ʼn Enkele sel in ʼn rasterdatamodel.

Punt ʼn Enkele (x,y) koördinaat of pieksel wat gebruik word


om die posisie van ʼn voorwerp te beskryf wat te klein
is om as ʼn poligoon of oppervlakteverskynsel binne
die werkskaal van ʼn gis voorgestel word.

Poligoon ʼn Twee-dimensionele figuur met drie of meer reguit


sye.
ʼn Figuur wat gebruik word om ʼn oppervlakte te
verteenwoordig en wat deur ʼn geslote ketting van
punte gevorm word.

Ruimtelike Die afstand tussen en verspreiding van kenmerke of


voorwerpe op die aarde se oppervlakte.
Ruimtelike navraag Is ʼn vraag aan ʼn GIS-databasis wat op ligging
gebaseer is. Hierdie vrae kan aandui waar ʼn plek is,
asook inligting verskaf oor die topografie, hulpbronne,
grondgebruik en grond in ʼn gebied. Voorbeelde van
sulke vrae is: Hoeveel mense woon in ʼn area?
Waar is die beste plek wees om ʼn kliniek te bou?
Raster-databasis ʼn Stelsel van reghoekige selle waarin individue selle
as boublokke gebruik word om beelde van lyne, punte,
oppervlaktes, netwerke en vlakke te skep.
Ruimte resolusie Die kleinste oppervlakte op die grond waarvoor die
satellietsensor ʼn sein kan registreer (ʼn lesing kan
neem).

Spektraalband Deurlopende sekwens van elektromagnetiese energie


wat volgens golflengte of frekwensie gerangskik is.

Spektraalhandtekening Die unieke wyse waarop ʼn voorwerp energie in ʼn


spektraalband of reeks spektrale bande reflekteer.

Spektrale resolusie Die sensitiwiteit van die sensor vir die opsporing van
refleksie in verskillende spektraalbande.

19
SPOT Dit is ʼn kommersiële satelliet met ʼn baie hoë resolusie
wat aan Frankryk behoort. Dit beteken elke blok word
in meer detail gewys. Die data is baie duur om dit te
bekom.

Superponeer Om iets bo-op iets anders te plaas; rekenaars kan ʼn


prent of ʼn ander kaart verander deur nuwe materiaal
bo-op te plaas.

Tematiese kaarte Kaarte wat verskillende aspekte van ʼn gebied of land


aandui, kaarte wat reënval, grondtipes,
plantbedekkings en reliëf toon, is almal voorbeelde
van tematiese kaarte.

Temporele resolusie Die tydsduur in aantal dae of minute wat dit die sensor
neem om opeenvolgende beelde van dieselfde
oppervlakte te registreer ( ook bekend as
herhaalsiklus)

Uitstal Ten toon stel of vertoon

Analise Die sistematiese ondersoek van ‘n probleem om nuwe


inligting te verkry

Attribuut data Data wat die geografiese voorwerpe in ‘n GIS beskryf.


Dit word in tafels gestoor en aan die ruimtelike data
gekoppel met ‘n unieke sleutel

Agtergrond beeld ‘n Satelliet beeld of lugfoto of geskandeerde kaart wat


as agtergrond en bron vir die GIS dien.

Agtergrond data Lae wat ekstra inligting omtrent die GIS studie gebied
verleen.
Basis kaart of beeld Kaart of foto wat as bron dien vir GIS projek – dit word
gedigitaliseer of geskandeer om die in die GIS
sagteware te kry
Beeld ‘n Afbeelding van die Aarde of deel daarvan wat deur
‘n kamera of ander sensor gemeet is.
Buffer ʼn Sone/gebied geskep op ʼn kaart rondom ʼn voorwerp
of verskynsel. Dit word gemeet in afstand of tyd. Stel ʼn
gebied rondom die verskynsel/voorwerp voor wat deur
die verskynsel/voorwerp beïnvloed kan word. Buffer
word gebruik vir gebiedsontleding.
Data Versameling van verwante feite. Data vorm die mees
belangrike komponent van enige GIS projek.
Databasis ‘n Versameling van data-tafels wat ruimtelike en
attribuut data stoor en wat met mekaar verbind is deur
unieke sleutels.
Digitalisering ‘n Proses om gedrukte kaarte in digitale vorm te kry
deur die simbole nate trek met ‘n sensor op ‘n
elektroniese digitaliseringstafel.
GIS toepassings Die gebruik van GIS om probleme op te los, take te
outomatiseer of om inligting te genereer binne ‘n
spesifieke studie veld

20
Geografiese verwysing Om die ruimtelike data in ‘n GIS aan die werklike
posisie op aarde te Koppel deur koördinate en ‘n
spesifieke kaart projeksie.
Hipsometriese kaart Kaarte wat reliëf of topografie illustreer.

Metadata Inligting oor die data in ‘n GIS databasis – waaruit


bestaan dit, wannere is dit geneem, skaal, projeksie,
metodes van opmeting, datum van meting ens.
Oorleg analises ‘n Ruimtelike analise proses waar verskillende lae oor
mekaar geplaas word om die ruimtelike verband
tussen die lae te ondersoek.
Pieksel / beeldelement Die kleinste gedeelte van ‘n raster beeld of model. Dit
is blokkies wat in ‘n rooster georganiseer is ‘n die
beeld van die studiegebied te wys.
Navrae Vraagstelling aan die databasis om inligting te ontrek.

Raster Ruimtelike data wat uit ewe groot blokkies / pieksels


bestaan georganiseer in ‘n rooster, bv. Lugfoto’s,
satelliet beelde end digitale modelle.
Ruimtelike data Inligting oor die vorm en plek van geografiese
entiteite. Dit kan as raster of vektor data in ‘n GIS
projek gestoor word.
Ruimtelike Resolusie Die hoeveelheid detail / besonderhede wat op ‘n vektor
kaart voorgestel word. Die grootte van pieksels op ‘n
raster beeld bepaal die detail wat sigbaar is op die
beeld.
Spektrale Resolusie Die gedeelte van die elektromagnetiese spektrum wat
waargeneem is om die raster beeld te skep. Hoë
spektrale resolusie wys baie detail op die raster beeld.
Die spektrale resolusie is hoër as daar baie verkillende
golflengtes vasgevang word om die raster beeld te
vorm. Lae spektrale resolusie is waar net ‘n paar
golflengtes vasgevangs is om die beeld te vorm.
Tematiese Kaart ‘n Kaart wat fokus om een bepaalde geografiese
element uit te beeld bv. Temperatuur kaarte.
Vektor data Punte lyne en poligone wat vereenvoudigde
geografiese entiteite voorstel in ‘n GIS op ‘n
kaartesiese vlak
Veld ‘n Kolom in ‘n datatafel

21

You might also like