Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukkind en ander verhale Uitdeelstuk 8/ 2016

Kortverhaal Graad 11

Bodyguards Anzil Kuisen

Lees die kortverhaal op bladsy 131 -134 aandagtig deur (Bron: Verneukkind en ander Verhale)

1. Opsomming
 Chantel en haar vriende , Doepie, Envir en Jerome gaan nagklub toe en dans die
aand tot laat.
 Die drie seuns is baie beskermd teenoor Chantel, maar gee uiteindelik toestemming
dat ‘n outjie met haar dans. Die outjie, Lance, hou haar al die hele aand dop.
 Chantel kry ‘n gevoel op haar maag terwyl hulle dans en sy weet daar is iets besig
om te gebeur – net soos sy gelees het in liefdesverhale.
 Lance soen haar en sy wens dit kan vir altyd aanhou.
 Die volgende Saterdag bly sy eerder by die huis dat Lance vir haar kan kom kuier.
 Sy dink dis tyd om Doepie, Envir en Jerome as lyfwagte aft e dank.

Summary

Chantel and her three friends Doepie, Envir and Jerome take over the danceflooor in
the club. Her friends are protective over her, but they finally give the guy who’s been
eying her the whole evening permission to ask her to dance. Chantel feels something
happening between them – the kind of thing she’s only read about in soppy love stories.
They go outside for a chat and she finds out he is Lance Ludik, the new pastor’s son.
When Lance kisses her, Chantel wants the kiss to last forever. She realises he is not
the person she thought he was. He asks if he can come and visit her at her home
during the next weekend. She decides that she would rather stay at home for him to
visit her. She also decided that it’s time to fire Doepie, Envir and Jerome as her
bodyguards.

Bladsy 1 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukkind en ander verhale Uitdeelstuk 8/ 2016

1. Kyk na die volgende illustrasie wat die verloop van die verhaal illustreer en beantwoord die
vrae wat daarop volg:

Envir Jerome
Doepie

Bron: 123RF

1.1 Wie was die drie bodyguards wat Chantel opgepas het in die begin van die
verhaal? (3)

1.2 Plaas die verloop van gebeure in die korrekte volgorde. Skryf slegs die
vraagnommer (1.2) en die letters (A-D) neer.

A: Chantel gryp vir Envir en hulle dans die lambada


B:.‘n Outjie gaap vir Chantel aan en dit lyk nie of hy skrik nie.
C: Die outjie, wie Lance heet , nooi Chantel na buite en hulle soen mekaar.
D: Die outjie vra vir Chantel om te dans. (4)

Bladsy 2 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukkind en ander verhale Uitdeelstuk 8/ 2016

2. Lees die volgende aanhaling en beantwoord die vrae wat daarop volg:

“Ek skat hy dink aan al die ouens wat hy kon gehad het as hy nie in hierdie
godverlate plek gebly het nie”

2.1 Na wie word verwys in die uittreksel? (1)

2.2 Wie is aan woord in die uittreksel? (1)

2.3 Dink jy dat dié karakter moontlik verlief was op Chantel? Motiveer. (1)

3. Hoe beskou Chantel vir Envir in hulle verhouding? (1)

4. Wat het Jerome vir Chantel gegee om te drink? (1)


4.1 Waarom was Jerome se optrede onverantwoordelik? Noem TWEE
dinge. (2)

5. Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Daar is ‘n fladdering op die krop van my maag. Volgende Saterdag sien die klub
my nie weer nie. ‘n Glimlag breek oor my gesig.
Env Envir, Doepie en Jerome is goeie pelle. Maar ek dink dis tyd om hulle as my
bodyguards af te dank…

5.1 Wat het die fladdering op Chantel se maag veroorsaak? (1)

5.2 Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die
Vraagnommer (5.2) en die letter (A-D) as antwoord neer:

“Hy gaap my heelaand aan” beteken…

A: hy is moeg en wil gaan slaap.


B: hy hou van haar.
C: hy kyk heelaand vir haar.
D: hy slaap oop oë en sy mond val oop. (1)

5.3 Hoe verskil Chantel se verhouding met haar vriende in die begin
van die kortverhaal teenoor die einde van die kortverhaal? (2)

5.4 Wat beteken dit om mense se tonge fiks te hou? (1)

5.5 Hoe hou Chantel mense se tonge fiks? (1)

Bladsy 3 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukkind en ander verhale Uitdeelstuk 8/ 2016

6. Hoe beskryf Chantel die soen van die predikantseun? (1)

7. Watter vraag vra Lance wat ‘n aanduiding is dat hy haar ouers se goedkeuring
wil hê? (1)

8. Hoe sluit die slot van die verhaal aan by die titel? (2)

9. Watter tipe verhaal is “Bodyguards” (1)

[25]

[Bron geraadpleeg :Pearson X-Kit Letterkunde Studiegids ]

Bladsy 4 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukkind en ander verhale Uitdeelstuk 8/ 2016

MEMORANDUM

1.1 Envir , Doepie en Jerome (3)

1.2 B,A,D,C (4)

2 2.1 Na Doepie (1)


2.2 Die verteller/ Chantel (1)
2.3 Nee. Hy was homoseksueel/ gay (1)

3 Soos ‘n ouer boeta./ boet/ boetie


Die woorde ouer en boeta/ boetie/ boet moet in die antwoord
wees. [Geen punte vir boeta / boetie / boet alleen nie] (1)

4. alkohol/ sterk drank [enige een] (1)

4.1 Chantel drink nie


Chantel is nog nie agtien nie (2)

5. 5.1 Sy was verlief/ Het gevoelens gehad vir Lance (1)


(Enige iets soortgelyks)
5.2 C: hy kyk heelaand vir haar. (1)
5.3 Aan die begin van die verhaal aanvaar sy hulle as haar
bodyguards en aan die einde wil sy hulle afdank. (2)
5.4 Om die mense iets te gee om oor te praat/ te skinder. (1)
5.5 Sy hang saam met drie seuns uit wat ouer is as sy.
Mense wonder of sy ‘n verhouding het. (1)

6. Haar wêreld tuimel onderstebo./ Hy soen soos ‘n pro/


kampioen/ soos ‘n ervare soener. (1)
[Enige EEN]

7. Hy vra of haar ma van hom sal hou. (1)

8. In die slot van die verhaal besef Chantel dit is tyd om haar
Bodyguards af te dank. Sy kan nou na haar eie veiligheid
omsien. (2)

9. Liefdesverhaal (1)

[25]

Bladsy 5 van 5

You might also like