Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukind en ander verhale Uitdeelstuk 7/2016

Kortverhaal Graad 11

Die Kind Wilna van Heerden

Lees die kortverhaal op bladsy 150 -155 aandagtig deur (Bron: Verneukkind en ander Verhale)

Gemoedelik,
Streng, onsensitief,
gehoorsaam, liefdevolle
emosieloos
moeder

1. Opsomming
 Die verhaal speel af in 1894 waar kinderlose Duitse sendingpaar van ‘n kind
voorsien is. (Lees bladsy 155 in Verneukkind en ander verhale)
 Die verteller , Hetta, se pa kom na kerk in ‘n slegte bui by die huis aan.
 Sy luister haar ouers af en hoor hulle gaan een van die kinders weggee.
 Die atmosfeer in die huis is abnormaal en Ma is siek.
 Ma sê die Here het gesê sy sal gesond word as sy die baba weggee.
 Die hele gesin reis saam om Norman vir sy nuwe ouers te gaan gee.
Summary
Hetta , the narrator , realizes her father is in a foul mood when he returns from church
one Sunday. She eavesdrops while her parents discuss giving away one of the children.
Hetta hopes it is not her. The atmosphere in the house is abnormal and strained. Mother
is sick and stays in bed. After a while mother gets up and explains she had a dream.
God told her she will be cured if she gives the new baby to a childless couple. The news
upsets the entire household. When the baby, Norman , is nine months old, the family
travels together to hand him over to his new parents. The new mother looks stern and
emotionless.
[Bron: X-Kit Pearson]

1. Kyk na die illustrasies hierbo op bladsy 1 en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Bladsy 1 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukind en ander verhale Uitdeelstuk 7/2016

1.1 Aan wie behoort die karaktereienskappe van (A) Hetta Gericke en (B) Mev.
Renkewitz? (2)

1.2 Noem die kledingstukke wat Hetta vir die baba gebrei het. Noem 3. (3)

2. In watter jaar speel die verhaal af? (1)

3. Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (3)
en die letter (A-D) neer as antwoord:

Die verteller sien dat Pa met die intrapslag nie in ‘n goeie bui nie want…

A: sy hoed kry die kapstok en karwats en stofjas word eenkant toe gegooi.
B: werfhond hardloop stert tussen die bene.
C: ons loer vir hom met groot oë.
D: hy was in die kerk.
(1)
4. Wat het Hetta met die res van die kinders gedoen toe sy sien Pa is in ‘n slegte bui? (1)

5. Watter aanduiding is daar dat Pa nog steeds ontsteld is tydens die vieruurkoffie? (1)

6. Hoe weet jy dat Ma nie teenwoordig is tydens die vieruurkoffie nie? (1)

7. Wanneer was die eerste keer toe die verteller regtig self ontsteld was en self onraad
gemerk het? (1)

8. Gee die name van die die vader en moeder in die gesin asook hulle ses kinders. (4)

9. Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg:

“Hoekom ons? Hoekom mý kind? Wat van die ander in die gemeente? Hoekom
myne?”
Ma begin huil en toe ek Pa se voetstappe hoor, hardloop ek vinnig kamer toe en
trek die bulsak oor my kop.
Pa wil ons weggee. Pa wil een van ons weggee.

9.1 Wie in die gemeente het aangekondig dat ‘n kind wegegee moet word aan die
kinderlose Duitse sendelingpaar? (1)
9.2 Watter misverstand is daar by die verteller? (1)
9.3 Watter kind is weggegee? (1)

10. Plaas die verloop van die gebeure in die korrekte volgorde. Skryf slegs die letter (A-E)
voor die sinne neer soos die volgorde moet verloop.

Bladsy 2 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukind en ander verhale Uitdeelstuk 7/2016

A: Ma word siek.
B: Hetta hoor haar ouers gaan ‘n kind weggee.
C: Pa kom ontsteld van die kerk af
D: Die gesin reis saam om die baba vir die kinderlose egpaar te gee.
E: Ma vertel die nuwe baba word weggegee.
(5)
11. Wanneer ontstaan die eerste konfliksituasie tussen Ma en Pa? (1)

12. Watter tipe verteller is in die verhaal? (1)

13. Wie is die verteller en waarin was sy goed? (1)

14. Wat simboliseer die wit babakleertjies. Noem TWEE dinge. (2)

15. Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg:

1. Twee maande later, dit was 1 Augustus , word ek wakker van ‘n geklop aan
2. die voordeur. Pa het vir ant Riha laat kom. Dis sulke tyd.
3. Laas keer met Ernst kon ek die vroedvrou gaan haal.
4. Ek het baie belangrik gevoel, want ek kon haar trommeltjie dra.
5. Maar nou is dit al donker en Pa het seker vir Hansman gestuur.
6. Norman Gericke was Ma-hulle se sewende kind, maar hierdie keer is alles anders.
7. Die familie het nie oorgekom nie. Die bure ook nie. Daar was nie ‘n vieruurtafel met
8. vetkoek en soetkoekies nie. In die rottangmandjie was net een paar booties. Wittes.
9. En langs Norman se wiegie lê die mooiste fyn gehekelde babakleertjies.
10. Baadjie, broekie, kappie. Ook wit. Pa sê Ma het dit self gemaak.
11. Die wol het Pa van Knysna af laat kom. Mevrou Fetcher bring dit altyd vir haar
12. winkel ná sy maande lank met die boot weg was. Ma sê dis lamswol.
13. Die vrou van Genadendal moet sien dat net die beste goed genoeg is vir Norman.
14. Ant Riha sê dis amper soos ‘n going –away. Ek wonder wat is ‘n going –away.

15.1 Wat word bedoel met die woorde “Dis sulke tyd”? (1)

15.2 Wie is ant Riha? (1)

15.3 Kies die korrekte woord tussen hakies om die sin te voltooi. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.

Die feit dat Hetta laas die vroedvrou met Ernst se geboorte gaan haal het,
wys dat sy (onverantwoordelik / verantwoordelik) is. (1)

15.4 Wat was anders met die geboorte van Norman Gericke? (1)

15.5 Noem TWEE feite om te bewys dat die Pa en MA moeite gedoen het om voor
te berei vir Norman se geboorte. (2)

15.6 Wat word bedoel met “going –away”. (1)


[35]
MEMORANDUM
1. 1.1 A: Gemoedelik, gehoorsaam, liefdevolle moeder (Hetta Gericke)

Bladsy 3 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukind en ander verhale Uitdeelstuk 7/2016

B: Streng, onsensitief, emosieloos (Mev. Renkewitz) (2)

1.2 Baadjie, broekie, kappie/ booties [Enige 3] (3)

2. 1894 (1)

3. A: sy hoed kry die kapstok en karwats en stofjas word eenkant toe


gegooi. (1)

4. Sy vat hulle dam toe. (1)

5. Hy vergeet om sy pyp aan te steek. (1)

6. Ma se wiegstoel bly leeg. (1)

7. Toe sy die gesprek afluister dat ‘n kind weggegee gaan word. (1)

8. Vader: Hennie
Moeder: Martha (8÷2)
Hetta (verteller) Frederick, Truida, Lawrence, Ernest, Michael (4)

9. 9.1 Dominee (1)


9.2 Die misverstand dat een van die ses kinders weggegee gaan word. (1)
9.3 Die pasgebore kind ,op ouderdom van 9 maande - Norman (1)

10. C: Pa kom ontsteld van die kerk af


B: Hetta hoor haar ouers gaan ‘n kind weggee
A: Ma word siek
E: Ma vertel die nuwe baba word weggegee
D: Die gesin reis saam om die baba vir die kinderlose egpaar te gee. (5)

11. Wanneer Pa vertel dat die dominee gevra het iemand moet vir die
kinderlose egpaar ‘n kind gee. (1)

12. Eerstepersoonverteller. (1)

13. Hetta. Sy was goed in Wiskunde. (1)

14. Liefde en Onskuld (2)

15, 15. Nuwe baba word gebore/ Dis tyd dat Ma geboorte gee (1)
1
15. Vroedvrou (1)
2
15. verantwoordelik (1)
3
15. Daar was nie feesgevier nie. / Familie en bure het nie oorgekom nie (1)
4
15. Pa het die wol van Knysna laat kom. Ma het die mooiste babakleertjies
5
gebrei/gemaak. (2)

Bladsy 4 van 5
Afrikaans EAT Graad 11 Kortverhale – Verneukind en ander verhale Uitdeelstuk 7/2016

15. Om weg te gaan/ Die baba gaan weg (1)


6
[35]

Bladsy 5 van 5

You might also like