Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 28

Klanke Leeskaarte

Gr.1

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


An en San
An en San het „n mak kat.
Patat is sy naam.
Patat is baie laf.
Hy dra „n swart jas met „n kam in sy sak.
Hy lag sag vir An en San.
Patat draf af in die pad.
An en San wil hom vang.
„n Nar met „n bal in sy hand kyk vir Patat.
„n Man draf na An en San.
Hy gaan vir Patat vang.
Patat is bang.
Hy val in die pad.
Die man vang vir Patat.
Die man vat vir Patat en sit hom in „n sak.
Hy dra die sak tot by An en San.
Patat hap na die man.
Patat jy mag nie die man hap nie!

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


An en San
Patat sit op die mat.
An en San gaan vir Patat was.
Hul sit hom in die bad.
Die bad is so groot soos „n dam.
„n Kat hou nie van bad nie!
Julle is laf sê Patat.
Patat is nat.
An en San lag sag vir Patat.
Hulle lag en lag.
Waar is jou kam Patat?
Is dit in jou jas se sak?
San wil Patat se hare kam.
Hulle gaan in die kar ry.
Hulle ry al in die pad af.
Patat sien die man en die nar.
Die nar dra „n bal.
Die bal is in „n sak.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Hen Pen
Ken jy vir Hen Pen?
Hen Pen is „n vet hen.
Hen pen sit op die hek.
Sy rek en strek haar nek.
Hen Pen het „n pen.
Sy sit die pen in haar nes.
Haar nes is by die hek.
Hen Pen tel haar eiers in die nes.
Daar is ses eiers in die nes.
Hen Pen sien vir Ben.
Ben het „n pet op sy kop.
Ben skil „n appel met sy mes.
Vlekkie lek aan Ben se been.
Vlekkie se bek is nat.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Hen Pen
Hen pen se pen is weg,
Sy voel baie sleg.
Vlekkie het Hen Pen se pen in sy bek.
Hen Pen leer haar les.
Sit altyd jou goed mooi weg.
Ben pak die mes weg.
Hy ken „n plek wat veilig is.
Hen Pen gaan sit op die hek naby haar nes.
Sy rek en strek haar nek.
Alles is nou weer reg!

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Ot en Bok
Ot en Bok woon in die bos.
Mot en Rot is maats.
Hulle soek kos.
Bok en Ot nooi vir Mot en Rot.
“Hier is „n klomp kos” sê Ot en Bok.
Ot en Bok se pot is vol kos.
Mot en Rot is baie lus vir die kos.
Ot is die kok.
Op sy kop is „n wol pet.
Mot vlieg om en om die pot.
Rot sien „n rok en „n tol in die hok.
“Los my rok” sê Bok.
“Los my tol”sê Ot.
Mot maak gou „n som.
Daar kort „n bord vir hom.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Bok en Ot
Mot en Rot eet hul magies vol.
Mot is so rond soos „n bal.
Mollie Mol kom ook kuier.
Sy wil ook van die kos hê.
“Jammer” sê Bok die kos is op.
Bok gaan nog sop kook.
Mollie Mol het „n pop.
Die pop dra „n rok van wol.
Op die rok is „n kol.
Die pop se kop is los.
Mollie Mol knik haar kop op en af.
Ot en Bok maak hul hok skoon.
Rot speel met Mollie se pop.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Sus in die bus
Sus en Boet ry in die bus.
Hul kyk na die wolke in die lug.
Boet het „n mus op sy kop.
Die mus val af.
Boet buk en tel die mus op.
In die veld staan „n bul en „n vul.
Hul drink water by die put.
Die bul en vul is mak.
Die vul is dun.
Op die bul se rug is „n kol.
Die bus ry oor die brug.
Daar is „n hut langs die brug.
Sus sug , want sy is moeg.
Sy wil gaan dut.
Daar staan „n hut.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Sus in die bus
Sus kug haar bors is seer.
Boet ruk aan sy boeksak.
Op sy toets staan „n nul.
Boet sug hard.
Hy kul nie as hy toets skryf nie.
Sus sien weer die vul en die bul.
Die vul se stert krul.
Boet hoor „n leeu brul.
Die vul en die bul hardloop weg.
Die bus skud oor die pad.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Vinnie Vis
Vinnie vis woon in die see.
Hy het „n vin op sy rug.
Danie sit langs die see.
Hy byt op sy lip.
Sy kop is seer.
Mamma gee vir hom „n pil.
Dit is „n wit pil.
Danie vat die pik.
Hy kap met die pik.
Pappa vang „n vis.
Mamma pak die vis in „n kis.
Danie help vir Mamma om meel te sif.
Mamma bak die vis.
Pappa bid voor hulle eet.
Danie sien „n bruin pit.Dit is „n perskepit.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Vinnie Vis
Vinnie vis swem vinnig.
Die lig skyn op sy vin.
Hy is bang vir Danie en sy pik.
Danie wil vir Vinnie vang met die sif.
Vinnie is te vinnig.
Danie pak die pik in die kis.
In die kis sien Danie „n flitslig in die kis.
Die flits skyn flou in die lig.
Dit raak donker.
Danie dra die kis met die pik.
Mamma gee vir Danie sy dik wolmus.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Jaap en die skaap
Jaap woon op die plaas.
Die plaas is in die Kaap.
Jan is baas van die plaas.
Op die plaas is „n skaap ,„n haas en „n haan.
Die skaap,haan en haas is maats.
Die skaap jaag vir Haas en Haan.
Jan gee vir Haas en Skaap raap om te eet.
Jaap raas met Haan.
Hy eet Jan se kaas.
Haan hou van kaas.
Jaap is nog baie vaak.
Hy gaap en gaap.
Jan raak aan die slaap.
Jaap is laat vir skool.
Hy moet in die saal gaan staan.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Jaap en die skaap
Gaan Jaap sy toets slaag?.
Jaap is naar.
Sy maag pyn van al die kaas.
Mamma gaan hom kom haal.
Jan sien „n boot op die rivier vaar.
Jaap en Skaap sien mekaar.
Daar is „n skraap op Jaap se been.
Jaap maak sy werkies klaar.
Nou mag hy gaan slaap.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Oom Koos en Tant An
Oom Koos sit onder „n boom.
Hy kyk na sy boot.
Oom Koos suig aan sy pyp.
Hy pluk vir Tant An „n roos.
Tant An roep vir oom Koos.
Hy kan haar glad nie hoor.
Oom Koos se oor is doof.
Tant An gaan koop „n kool.
Sy gaan die kool kook.
Oom Koos hou van kool.
Tant An kook die kool op die stoof.
Die kool ruik goor.
Sy gooi room oor die kool.
Oom Koos gaan haal sy boor.
Hy gaan „n gat in die muur boor.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Oom Koos en Tant An
Tant An bak brood in die oond.
Oom Koos stamp sy toon teen die oond.
Tant An lag vir oom Koos.
Oom Koos raak boos.
Sy skoen se sool is los.
Nou is hy eers boos , want die skoen se sool is
voos.
Sy sny vir hom van die brood.
Oom Koos kry „n groot sny brood.
Hy doop die brood in die kool.
Tant An se rok se soom is los.
Die foon lui.
Oom Koos kan nie die foon hoor lui nie.
Sy oor is mos doof.
Tant An gaan antwoord die foon.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Oom Koos en Tant An
Tant An praat oor die foon.
Dit is oom Koot.
Hy het gehoor tant An kook kool en bak brood.
Hy wil ook brood en kool hê.
Oom Koot en oom Koos gaan met die boot op
die dam ry.
Hulle sing „n noot.
Oom Koos en Oom Koot sing in „n koor.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


By die see
Ben is by die see.
Ben se keel is baie seer.
Hy wil nie eet nie , want dis te seer.
Hy gaan sit onder die sambreel.
Ben steek sy toon in die sand.
Daar sien hy „n veer in die sand.
Jan lees „n storie oor „n bees en „n Mamma
beer.
Hy lees dit weer en weer.
Die son skyn geel op die sand.
Mamma Beer sif die meel in „n pan.
Mamma Beer meng die deeg.
Sy gaan twee koeke bak.
Sy deel die deeg in twee panne.
Mamma vra:”Ben , is jou keel nog seer?”
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
By die see
Mamma gee vir Ben „n peer.
Die peer is geel.
Mamma drink haar tee.
Sy gaan „n beet kook om vir Ben te gee.
Ben was sy gesig met seep.
Hy kyk hoe Pappa skeer.
Daar sien Ben vir Peet.
Peet is Ben se neef.
Hulle twee gaan nou lekker speel.
Hulle klim op die leer.
Peet keer dat die leer nie om val nie.
Ben laat hom nie keer!

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Die vuur
Die vuur brand teen die skuur se muur.
Die vuur brand lank vir „n uur.
Pappa staan en tuur in die vuur.
Hy dink dat dit duur gaan wees om die muur
weer te verf.
Pappa stuur vir Joop om water te gaan haal.
Joop stap om die motor wat Pappa huur.
Die aand kyk hul nuus.
Die brand is op die nuus.
Hulle trek na „n nuwe buurt.
Die huis is nuut.
Die hond langsaan gluur na Joop.
Joop hou nie van die hond nie.
Hy gee vir die hond van die suur melk.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Karel
Karel is „n seun.
Hy ruik met sy neus.
Karel vryf sy neus , want dit jeuk.
Karel tel die klip op.
Hy beur en steun.
Die klip is swaar.
Hy leun teen die geut.
Karel sien „n reus.
In sy sak is „n neut.
Karel kry „n lekker reuk.
Die geur van die neut is soet.
Karel gaan staan in die deur.
Hy blaas op die beul.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Ouma en Oupa
Oupa en ouma is oud.
Hulle kom kuier
Oupa help vir Pappa om „n kas te bou.
Oupa sit sy kam in sy kous.
Oupa het „n bles.
Sy kop kry koud.
In die tuin loop „n pou en kou.
Ouma vou haar hande.
Mamma gaan die boud kook.
Sy gooi sout oor die boud.
Die boud is nog rou.
Die oond is lou.
Ouma en Mamma bak en brou.
Oupa kou lekker aan die boud.
©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024
Ouma en Oupa
Jan se neef Karel gaan trou.
Hy kies „n mooi vrou.
Jan dink Karel maak „n fout.
Pappa bind die hek vas met „n tou.
Sy mou haak vas in die hek.
Pappa vou sy mou om.
Oupa en Pappa drink koffie.
Die koffie is lou en flou.
Die koffie raak koud.
Pappa maak die hek vas met „n bout

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Ons bak koek
Mamma gaan „n koek bak.
Boet en Sus gaan haar help.
Boet roer die meel en suiker.
Die koek is lekker soet.
Vlekkie wil ook van die koek hê.
Sus soek haar skoen.
Haar voet is baie seer.
Mamma soen vir Sus op haar kop.
Sus het „n hoed op haar kop.
Die motor toet vir Boet en Sus.
Boet het „n roer.
Oupa boer op die plaas.
Die duif koer in die boom.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Boet en Sus
Boet en Sus se broer is nog „n baba.
Mamma moet hom voer.
Vlekkie loer om die hoek.
Boet se boek is weg.
Hy soek sy boek onder die stoel.
Hy soek en soek.
Die boek is in die boekrak .
Boet voel bly!

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Muis en Uil
Muis en Uil is maats
Hulle woon in die huis.
Muis se broek is vuil.
Boet loer deur die ruit.
Daar sien hy vir uil en muis.
Hy wys vir hulle sy vuis.
Boet het „n bruin hemp aan.
Mamma sny „n ui.
Die ui laat haar huil.
Mamma sny haar duim met die mes.
Haar duim is baie seer.
Die baba kruip tot by die deur.
Boet sluit die deur.Sy kuit is ook seer.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Braam en die dief
Braam sien „n dief.
Die dief ry vinnig op sy fiets.
Dit is Braam se fiets.
Die wiele van die fiets is blou.
Braam vang die dief.
Braam se boetie lê in sy wieg.
Hy huil , want hy is siek.
Op die vensterbank loop „n swart mier.
Die riet is die mier se huis.
Braam nies hard.
Braam voel siek.
Mamma skryf vir juffrou „n brief.
Braam is tuis , want hy is siek.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Ons gaan reis
Die familie gaan op „n reis.
Die reis is in Mei maand.
Hulle gaan met die trein ry.
Mamma brei vir elkeen „n trui.
Karen is „n meisie en sy kry „n pienk trui.
Karen is nog klein.
Mamma brei vir sus „n trui.
Leon sien „n bul in die veld wei.
Leon gaan „n bul van klei maak.
Daar is „n fontein in die berg.
Mamma eet „n aarbei.
Eina!skree Boet toe sy toon stamp.
„n Slang seil oor die pad.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024


Ouma
Wie is dit in die ou blou motor wat daar ry?
Dit is ouma!
My ouma se naam is Ouma San.
Sy kan stories vertel wat jou bang maak.
Ouma kan lekker lag.
Al die stories wat sy lees kan sy mooi vertel.
As ek verjaar bak Ouma San altyd „n koek.
Ouma kom kuier elke Sondag.
Sy bring altyd lekkers.
Ouma dra altyd „n hoed.
Sy ruik baie lekker.
Ouma se arms is sag as sy my „n drukkie gee.
Ouma sê “totsiens,” as sy huis toe gaan.

©VPA Gr.1 Klankstorie Leeskaarte 2024

You might also like