Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 15

Klanke Leeskaarte

Gr.3
Is jy bang?
Jan en Mamma maak kos.
Jan meng die meel en botter in die mengbak.
Mamma sing terwyl sy werk.
Jan proe die meel en bottermengsel met sy
tong.
Pappa bring vir Mamma die groente.
Mamma was die mengbak mooi skoon.
Jan sien iets roer op die stoep.
Is dit dalk „n slang?
Jan is baie bang vir „n slang.
Is jy ook bang vir „n slang?
Mamma se ring is weg.
Almal soek na die ring.
Ah!Daar lê die ring in die mengbak!
Die vink
Die geel vink sit hoog in die boom.
Hy sit en dink wat hy kan drink.
Miskien kan hy „n rooi koeldrank drink.
Hy sal na die bank toe moet gaan om geld te
gaan trek dink die vink.
Die vink stap flink die straat af.
Die ry mense by die bank is lank.
Hy gaan gou eers kyk of hy nie saadjies by die
rivier kry nie.
Die rivier se wal is nat.
Sy pote sink in die grond in weg.
Vink dank eers voor hy die saadjies eet.
Hy weet hy moet eers dankie sê vir sy kos.
Dit is warm
Dit is warm!
Die son brand Leon se arm.
Hy kerm want dit is seer.
Daar kom „n groot storm aan.
„n Swerm bye kom aangevlieg.
Leon koes vir die swerm bye.
Daar is altyd „n koningin saam met „n swerm
bye.Hulle is haar soldate.
Hulle vorm „n sirkel om die koningin by.
Die soldate maak alarm as daar gevaar is.
Hulle beskerm die koningin.
Die soldate sien „n wurm.
Die arme wurm is bang vir die soldate.
Wollie ons hond
Ons hond Wollie is te kostelik!
Sy stert is baie kort.
Wanneer hy sy stert swaai skud sy hele lyfie.
Die stert is te kort om te swaai.
Wollie hou glad nie van gort nie.
Hy hou ook nie van stort nie.
Bennie roep altyd vir Wollie wanneer hy gaan
stort.
Wollie weet dis sy beurt om te stort.
Hy hardloop weg en gaan kruip weg in Bennie
se fort.
Die fort is Bennie en sy maats se speelplek.
Dis waar hulle oorlog oorlog speel.
Wollie hou van die fort.
Oupa se perd.
My oupa het „n perd.
Hy loop altyd noord.
Noord is sy naam.
Oupa ry met Noord na die boord.
Dit is „n perskeboord.
Oupa pluk die perskes en sit dit in „n bord.
Noord luister net na een woord wat oupa sê.
Wanneer Oupa hard Noord sê gaan staan
Noord stil.
Oupa het „n koord wat hy om Noord se saal
bind.
Oupa gebruik die koord om die bome in die
boord vas te bind.
Noord hou daarvan om in die boord te stap.
„n Lawwe Vent
Aan die ander kant van die rant woon „n
lawwe vent.
Sy huis is „n tent.
Hy dra „n hemp van kant.
Hy het „n rooi lint in sy hare.
Die lawwe vent plant groente in die berg!
Hy maak sy plante nat uit die rivier.
Hy sit „n punt na elke woord wat hy skryf.
Hy verkoop sy groente by die mark.
Die groen groente is goedkoper as die geel
groente.
Die lawwe vent spaar elke sent.
Snoek is lekker!
Pappa gaan „n snoek op die kole braai.
Mamma sny die snoek oop met „n mes.
Sy maak die snoek skoon.
Sandra snik soos sy huil,want Braam terg
haar.
Jan dink hy is baie snaaks.
Wollie die hond snuif aan Sandra se gesig.
Pappa het „n groot swart snor.
Hy sê Braam moet hom help om die bome te
snoei.
Wollie snuffel in die tuin rond terwyl Pappa en
Braam die bome snoei.
Oupa sit langs die vuur en tokke die kitaar se
snaar.
Spogter!
Braam kan baie spog.
Oupa noem hom ou Spogter!
Braam spog oor sy spiere.
Hy speel nie altyd met Sandra nie.
Braam speel in die eerste span.
Daaroor spog hy heeldag lank.
Vir „n spook is Braam egter baie bang.
Hy hardloop met „n spoed vir sy eie skaduwee
weg.
Sandra spat vir Braam nat.Braam dink dis „n
spook.
Hy spring op en skree:”n Spook „n spook!”
Daar is nie „n spoor van spook nie.
Jan was verniet bang!
Op die plaas
Oupa boer op die plaas.
Hy ploeg die lande.
Oupa wil die plek mooi maak.
Hy tel sy bome een plus een.
Die mense pluk die appels.
Onder die boom is „n plas water.
Oupa trek sy gesig op „n plooi.
Die dak se plaat is los.
Ouma pla vir oupa.
Oupa maak „n plan.
Oupa plak die plaat vas.
Hy sit „n plank op die plaat.
Jan en die slang
Jan skryf met „n potlood in sy boek.
Jan skrop die tafel.
Langs hulle woon „n skraal meisie.
Jan straal as hy haar sien.
Hy skraap sy moed bymekaar om met haar
te praat.
Jan draai die skroef in die muur vas.
Jan skrik as hy die slang sien.
Hy skree vir die slang.
Die skraal meisie langsaan lag vir Jan.
Die slang seil weg.
Jan voel nou baie skaam.
Fluit- fluit
Daan is baie fluks.
Hy hou van fliek.
Hy stap fluit – fluit straat af.
Hy fluit vir Buks.
Daan sien „n flits.
Die flits se lig flikker.
Daan het „n fles met koffie.
Die koffie is flou.
Buks hou nie van flou koffie nie.
Daan fluister saggies vir Buks.
“Kyk die mot fladder in die lig.”
Die lekker pruim
Lana prik „n pruim met die vurk.
Lana proe aan die pruim.
Sy prop die pruim in haar mond.
Die pruim proe lekker.
Lana kan nie praat met die pruim
in haar mond nie.
Die prys van die pruim is duur.
Lana het pret.
Sy sit „n pruik op haar kop.
Sy luister na die predikant se preek.
Sy kyk na die prag van veld.
Haar kat jag vir „n prooi in die veld.
Lana teken „n prent van haar kat.
Mamma stryk
Mamma stryk Sarie se rok.
Sy gaan saam met haar maats strand toe.
Die rok het „n geel streep op die soom.
Sarie bind „n strik in haar hare.
Sy stap af in die straat na haar maat toe.
Sarie het stroop vir haar bors gedrink.
Strooi gee vir haar hooikoors.
„n Kind strooi rommel in die straat.
Sarie raas met hom.
San , Sarie se maat het ook „n strik in haar
hare.
Hulle gaan hul geniet op die strand.
Sproetjies
Marie het „n sproet op haar neus.
Sy sien „n spreeu op die dak.
Marie se keel is seer nou is haar spraak nie
reg nie.
Die water sproei uit die spreier.
Die spreeu gaan sit onder die spreiers.
Die spreier sprei hom papnat.
Marie het vergeet om haar tuiswerk te doen.
Die hoof spreek haar daar oor aan.
Marie gaan sit by die spruit.
Sy gaan haar tuiswerk doen.
Die spreeu kom sit langs Marie.
Daar sien die spreeu „n padda.
Marie skrik en spring op!

You might also like