Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 18

Stedelike nedersettings

Hoofstuk 4
Oorsprong en ontwikkeling van stedelike
nedersettings
• Verstedeliking
• Proses waar ‘n toenemende persentasie van die totale bevolking in stedelike
eerder as landelike nedersettings woon
• Alle nedersettings was oorspronklik landelik
• Lae produktiwiteit van landbou het beteken dat dorpe nie kon floreer
nie. Produkte moes vervaardig word sodat handel gedryf kon word
• Dorpe is gestig en later het groter dorpe en stede ontwikkel
• Hoofrede vir verstedeliking:
• Oorgang van ekonomie vanaf primêre aktiwiteite na sekondêre en tersiêre
aktiwiteite
Hoe standplaas en ligging die vestiging van
stedelike nedersettings beïnvloed
• Menslike faktore
• Sosiaal (behoefte aan sosiale interaksie, godsdiens, taal)
• Polities (regerings kan besluit waar om stedelike nedersettings te vestig)
• Ekonomiese faktore
• Vervoer en handel
• Werksgeleenthede
• Historiese faktore
• Hoe het dit gelyk
• Fisiese faktore
• Klimaat
• Reliëf
• Watervoorsiening en dreinering van grond
Klassifikasie van stedelike nedersettings
volgens funksie
Sentrale plekke
•Ontwikkel agv omliggende
landelike bevolking se behoefte
aan produkte en dienste wat
gewoonlik in stedelike gebiede
aangetref word
• Maatskaplike, ekonomiese,
gesondheids, onderwys en
godsdienstige behoeftes
•Meeste dorp in binneland van
SA (Karoo, Upington), het as
sentrale plek dorpe ontstaan
Handels- en vervoerstede
• Stedelike nedersettings wat gestig is agv handel en vervoer
• Dikwels langs vervoerroetes (padvervoerroetes, lughawens,
seehawens)
• 3 soorte handels- en vervoerstede
• Vragverbrekingspunte
• Ontstaan by ‘n punt waar die soort vervoer verander, bv. by ‘n hawe waar die vervoer van
die see tot pad of spoor verander (Durban)
• Aanslutingsdorpe
• Ontstaan waar belangrike vervoeraansluitings ontmoet, soos pad-, rivier-, of
spoorwegaansluitings, bv. De Aar (spoorwegaansluiting)
• Poortdorpe
• Ontstaan op plekke waar daar fisiese versperrings is, soos bergpasse, bv. Worcester
Gespesialiseerde stede
• Het gewoonlik een dominante funksie,
bv. Mynbou, ontspanning, militêr,
nywerheid (Sasolburg – olie uit
steenkool, Phalaborwa –
kopermynbou)
• Hulpbronne is gewoonlik sterk
gelokaliseerd
• Gewoonlik bestaan sulke spesialisasie
saam met ander sentraleplek-funksies
Sasolburg
Stedelike hiërargie
Sentrale plek teorie
•Opgestel deur Walter Christaller in 1933
•Vier hoof beginsels:
• Mense verkies gerief
• Mense wil goedere teen die goedkoopste pryse koop
• Sakeondernemings wil soveel wins moontlik maak
• Mense verkies om die minimum reiskoste te betaal wanneer hulle
iets koop
Verspreiding van stedelike nedersettings
volgens sentrale plek teorie
• Nedersettings met groot bevolkings kan meer funksies ondersteun as
nedersettings met kleinder bevolkings
• Lae-orde-goedere is in groter hoeveelhede beskikbaar as
hoër-orde-goedere
• Daar is meer klein stedelike nedersettings (Lae-orde-nedersettings) en
minder groot stedelike nedersettings (hoër-orde-nedersettings
• Laer-orde-nedersettings is nader aan mekaar; daar is groter afstande
tussen hoër-orde-nedersettings
•Konurbasie
• ‘n Aaneenlopende stedelike gebied
• Witwatersrand
• Verbind Johannesburg, Boksburg,
Brakpan, Benoni, Randburg, Sandton,
Soweto, Midrand en Pretoria
•Megalopolis
• Word gevorm wanneer
konurbasies saamsmelt
• Oostelike kus van die VSA
• Meer as 1000 km wat New York,
Boston, Philadelphia, Baltimore en
Washington DC verbind

You might also like