Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 12

PRETORIA HIGH SCHOOL FOR GIRLS

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


GRAAD 10
VRAESTEL 1 – TAAK 6.1
22 JUNIE 2023
TYD: 2 UUR
TOTAAL: 80 PUNTE
Eksaminator: Mev. M. Gouws
Moderatore: Me. M. Olivier en Mev. L. Meets
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Leesbegrip (30)


AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal in konteks (40)

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy.

4. Trek ‘n streep na elke afdeling.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie


vraestel gebruik is.

6. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.

7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8. Voorgestelde tydsduur per afdeling:

AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute

9. Skryf netjies en leesbaar.

Bladsy 1 van 12 Blaai om asseblief


AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A

Die Trojaanse Perd is ʼn perd van ʼn ander kleur ...


1 “Alles is geregverdig in liefde en oorlog“ – of is dit? Die verhaal van Helena van Troje 1
is seker een van die beste voorbeelde om hierdie slagspreuk te verduidelik. Wat is nou
eintlik die storie agter die Trojaanse perd? Wat het die Grieke op hul spreekwoordelike
agterpote laat staan?
2 Die Trojaanse Perd was ʼn groot, hol houtperd wat deur die Grieke gebou is en wat 5
ʼn belangrike rol gespeel het in die einde van die Trojaanse Oorlog. Dit was die
keerpunt of coup de grâce van die oorlog wat tien jaar lank voortgeduur het en die
finale genadeslag was. Dit het gelei tot die vernietiging van die stad Troje.
3 Die Trojaanse Oorlog het begin met die verhouding van Helen, die vrou van
koning Menelaus van Sparta, en Parys, die Prins van Troje. Dit was die vonk wat 10
die oorlog aangesteek het ... ʼn regte liefdesdriehoek met drie warm patatte!
4 Menelaus en sy broer het saam oorlog gevoer teen Troje. Twee van die grootste
krygers in die geskiedenis het in die oorlog geveg; Achilles aan die kant van
die Grieke, en Hector aan die kant van die Trojane. Albei helde is gedood, maar die
oorlog het steeds voortgegaan. Achilles is met ʼn gifpyl in sy hakskeen geskiet en 15
het gesterf. Vandaar die uitdrukking Achilleshiel.
5 Na tien lang jare van gevegte was die Griekse helde moeg en dit het gelyk asof
daar geen hoop was om Troje te verower nie. Odysseus het egter besluit dat die tyd
reg was vir die genadeslag en het die idee van die Trojaanse Perd na vore gebring.
6 ʼn Groot houtperd sou gebou word met ʼn hol pens wat baie soldate daarin kon 20
hou. Sodra die perd voltooi was, sou die Trojane oortuig moes word om dit in hul
stad in te neem, aangesien die perd die simbool van die Stad van Troje was. Epeius
was die argitek wat die perd moes ontwerp. Hy was ʼn uitstekende argitek en baie
vaardig. Dit het hom drie dae geneem om die Trojaanse perd op wiele te bou, met
planke en met slegs ʼn paar helpers. Aan die een kant van die perd het hy ʼn valdeur 25
gemaak vir die helde om in en uit die perd te klim, en aan die ander kant het hy die
woorde “Vir hul terugkeer huis toe, dra die Grieke hierdie offer aan Athena op”
in groot letters geverf. Dit sou die Trojane flous om te dink dat die Grieke die

Bladsy 2 van 12 Blaai om asseblief


oorlogspoging opgegee het en na hul land teruggekeer het.
7 Die Trojane het verkies om te glo dat die Grieke weg was en die lang oorlog dus 30
verby was. Die stad het die hekke oopgemaak, die perd binnegebring en groot fees
gevier. Toe die Trojane aan die slaap geraak het, het die Grieke uit die buik van die
Trojaanse perd geklim, die stadshekke oopgemaak en die res van die troepe in die
stad laat inkom.
8 Vandag is die Trojaanse perd ʼn term wat op enige strategie of truuk dui waar die 35
“slagoffer” of persoon niksvermoedend iets toelaat wat aanvanklik na ʼn goeie idee
of plan klink en dan oop oë betrokke raak in iets wat tot die persoon se skade,
skande of selfs ondergang lei.
9 In die laaste deel van die 20ste eeu is die term Trojaanse perd gebruik as ʼn naam vir
rekenaarkodes wat wettige toepassings naboots, maar geskryf is om te ontwrig of 40
skade te veroorsaak aan rekenaars en persoonlike inligting te steel. Eenvoudig
gestel, ʼn Trojaanse perd is ʼn tipe kwaadwillige rekenaarvirus wat beheer oor jou
rekenaar kan neem terwyl dit voorgee dat dit onskadelik voorkom.
In kort
10 Die Trojaanse perd was ʼn slim idee wat die gety van die oorlog in die guns van die 45
Grieke laat draai het. Dit het die oorlog effektief beëindig, wat die vernuf van die
Grieke demonstreer. Vandag is die term Trojaanse perd ʼn metafoor vir ʼn persoon
of ʼn ding wat op die oog af skadeloos lyk, maar in werklikheid werk om iets of
iemand te ondermyn.
(Aangepas uit: Wêreld Geskiedenis Ensiklopedie. Maart 2018)

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 “Die Trojaanse perd is ʼn perd van ʼn ander kleur...”
1.1.1 Word die idioom in die opskrif van die artikel LETTERLIK of FIGUURLIK
gebruik? (1)
1.1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.1.1 (1)
1.2 Verduidelik wat “Alles is geregverdig in liefde en oorlog” beteken. (1)
1.3 Haal DRIE AGTEREENVOLGENDE woorde uit paragraaf 1 aan om te bewys
dat die Grieke kwaad was. (1)

Bladsy 3 van 12 Blaai om asseblief


1.4 Die Trojaanse perd was nie ʼn perd van vleis en bloed nie.
1.4.1 Wie het die perd gebou? (1)
1.4.2 In watter oorlog is die perd gebruik? (1)
1.4.3 Hoe lank het die oorlog geduur? (1)
1.5 Die Trojaanse perd was die coup de grâce van die oorlog.
1.5.1 Haal ʼn woord uit die teks aan wat dieselfde beteken as coup de grâce. (1)
1.5.2 Wat het met die Stad van Troje gebeur? (1)
1.6 Lees paragraaf 3.
1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Helena, Koning Menelaus en Parys is warm patatte, want (hulle weet nie hoe
om ʼn houtperd te bou nie / is in ʼn liefdesdriehoek betrokke). (1)
1.6.2 Definieer ʼn warm patat in die konteks van hierdie teks. (1)
1.7 Bewys die volgende stelling as ONWAAR deur ʼn FRASE uit paragraaf 5 aan te
haal.
1.7.1 Na tien lang jare van oorlog was die Griekse helde nog uitgerus. (1)
1.8 Lees paragraaf 6.
1.8.1 Vul die ontbrekende woorde in deur woorde uit die woordblokkie te kies.
planke, simbool, hol pens, wiele, argitek, soldate, drie dae

Die houtperd het ʼn 1.8.1.1____ en staan op 1.8.1.2 ____. Die perd is die
1.8.1.3______ van die Stad van Troje. (3)
1.9 “Die Trojane het verkies om te glo dat die Grieke weg was ...”
Waarom kan ons sê dat hierdie ʼn MENING en nie ʼn feit is nie? (1)
1.10 Lees paragraaf 7.
1.10.1 Rangskik die gebeure in volgorde nadat die Trojane besluit het dat die Grieke
weg is.
a. Grieke klim uit die perd.
b. Trojane vier groot fees.
c. Res van troepe kom die stad binne. (3)

Bladsy 4 van 12 Blaai om asseblief


1.11 Die Trojaanse perd vandag.
Lees paragraaf 8 en 9.
Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by die woord in KOLOM A pas. Skryf net die
letter (A-D) langs die vraagnommers (1.11.1 – 1.11.3) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.11.1 Trojaanse perd A Wil jou skade aandoen en jou inligting steel.
1.11.2 Kwaadwillige B Strategie wat onskadelik lyk, maar gevaarlik is.
1.11.3 Truuk C “Slagoffer” is niksvermoedend.
D Rekenaarkodes wat wettige toepassings naboots. (3)

1.12 Dink jy die Grieke was reg om die Trojane met die houtperd te flous? Motiveer
jou antwoord. (1)
1.13 Waarom, dink jy, is daar mense wat virusse soos die Trojaanse perd skep? (1)
(24)
TEKS B
Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

(Bron: Grafika24. Internetartikel 2023)

Bladsy 5 van 12 Blaai om asseblief


1.14 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi.
Skryf die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.14) neer.
Uit die grafiek is dit duidelik dat Twitter ...
A 25% gebruikers binne die VSA het.
B 46% gebruikers buite die VSA het.
C 77% gebruikers buite die VSA het.
D 27% gebruikers binne die VSA het. (1)
1.15 Noem die videodiens wat meer as 40 miljoen gebruikers het. (1)
1.16 Hoeveel van Twitter se aktiewe gebruikers is op mobiele toestelle? (1)
1.17 Dink jy hierdie grafiek se statistiek is korrek? Motiveer jou antwoord. (1)
1.18 Wat beteken dit dat meer as 35 tale deur Twitter ondersteun word? (1)
1.19 Hoe voel jy oor Twitter? Motiveer jou antwoord. (1)
(6)
TOTAAL AFDELING A: (30)
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Wintertyd is grieptyd, maar jy kan sorg dat jy jou immuniteit natuurlik versterk.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke om jou immuniteit te versterk in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die wenke puntsgewys neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

Geen griep dié winter nie!


Hier is ’n paar wenke om jou immuniteit natuurlik te versterk en jouself die winter teen
griep te beskerm:

Behoorlike slaap van sewe tot agt ure per nag is belangrik vir ʼn mens se gesondheid.
Boonop wys navorsing dat genoeg slaap jou natuurlike immuniteit kan versterk. As jy

Bladsy 6 van 12 Blaai om asseblief


siek is, slaap jy meer, want dit gee jou immuunstelsel kans om jou liggaam se vyande te
beveg.

Dit maak saak wat jy eet en daarom is dit belangrik dat jou dieet gebalanseerd is en
noodsaaklike vitamines, minerale en antioksidante bevat. Dit kry jy deur
volgraanvoedsels, lae-vet proteïne en vars vrugte en groente te eet.

Jou dieet moet genoeg goeie vette bevat, veral poli-onversadigde vette met omega 3.
Omega 3 versterk nie net jou immuunstelsel nie, maar verbeter ook breinfunksie. Dit is
dus belangrik dat jy olieryke vis eet, okkerneute, sojabone, olyfolie en sonneblomolie
bevat ook onversadigde vetsure.

As jy gereeld jogurt en groente eet, behoort jou liggaam te sorg vir genoeg probiotiese
organismes. Andersins moet jy aanvullers gebruik wat die immuniteit van jou
spysverteringstelsel sal versterk.

Suiker is slegte nuus en kan jou immuunstelsel aftakel. Vir ietsie soet, kan jy heuning
gebruik, want dit versterk witbloedselle wat weer bakterieë en virusse in jou liggaam
beveg.

Gereelde ligte oefening soos ’n drafstap, draf, swem of fietsry kan jou immuunstelsel ‘n
hupstoot gee.

Om gehidreerd te bly beskerm jou nie noodwendig teen virusse en kieme nie, maar dit is
baie belangrik vir jou algemene gesondheid. Genoeg vloeistof soos water sal wondere
vir jou gesondheid doen.

(Aangepas uit:Sarie tydskrif. Junie 2021)

TOTAAL AFDELING B: (10)

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES


VRAAG 3: ADVERTENSIE

• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.


• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

Bladsy 7 van 12 Blaai om asseblief


TEKS D

3.4 3.3

(Verwerk uit Google Images)

3.1 Wie is die teikengroep van hierdie advertensie? (1)


3.2 Hoe ondersteun die prente die inhoud van die advertensie? (1)
3.3 Watter sinsoort is die titel van die advertensie? (1)
3.4 Maak ʼn sin met die HOMONIEM van “vier” in die titel sodat die betekenisverskil
duidelik is. (1)
3.5 Waarom gebruik die adverteerder dierespore in die advertensie? (1)
3.6 Hoe sluit die aardbol by die titel van die advertensie aan? (1)
3.7 Waarom is dit gepas dat die aardbol in ʼn hand lê? (1)
3.8 Wat is die doel van die advertensie? (1)
3.9 Watter belangrike inligting is weggelaat? (1)
3.10 Hoekom sou dié advertensie jou oorreed om ook Wêreld-dieredag te vier? (1)
(10)

Bladsy 8 van 12 Blaai om asseblief


VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3 Raampie 4 Raampie 5


(Bron: Jakes Gouws.Iz’zit strokiesprente)

4.1 Die agtergrond vir hierdie strokiesprent is ʼn tipiese toneel in die bos.
Gee EEN visuele teken wat hierdie stelling ondersteun. (1)
4.2 Verduidelik die funksie van die uitroeptekens in RAAMPIE 1. (1)
4.3 Identifiseer die spelfout in raampie 1. (1)
4.4 Wat is die funksie van die beletselteken in raampie 2? (1)
4.5 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
4.5.1 Die man in raampie 3 (wil nie deur die beer gevang word nie / wil nie sy voete
laat vuil word nie). (1)
4.5.2 Die man in raampie 4 (gaan nie vir die beer weghardloop nie / dink nie die beer
gaan na hulle toe kom nie). (1)
4.6 Dink jy die man in raampie 4 het dalk ʼn ander plan indien die beer sou kom?
Motiveer jou antwoord. (1)
4.7 Wat bedoel die man in raampie 4? (1)
4.8 Skryf die sin hieronder oor as ʼn VRAAGSIN.
Ek moet net vinniger as jy wees. (1)
4.9 Wat bedoel die man in raampie 5? (1)
(10)

Bladsy 9 van 12 Blaai om asseblief


VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.


TEKS F
DIE TOWERBOONTJIES
Daar word ʼn (5.1.1) (storie) vertel van die (5.1.2) (skatryk) man wat in die
denneplantasies diep in die Thathe Vondo-bos gewerk het. (5.1.3) (In die oggende) het
hy opgestaan en gereedgemaak vir die dag. Om (5.1.4) (vier-uur / vieruur) het hy begin
stap om betyds by die werk te wees. Hy het elke dag chakalaka, (5.1.5) (reis / rys) en
(5.1.6) (avokado) saamgeneem vir middagete. Een middag toe hy sit en eet hoor hy ʼn
klein, fyn (5.1.7) (stemetjie /stemmetjie). Hy sien ʼn klein voëltjie (5.1.8) (bont) as ʼn
reënboog. Die voëltjie vra die man om vir hom bietjie van sy kos te gee.(5.1.9) Die man
het al van sy rys geëet). (5.1.10) (Die man wil nie. Hy voel jammer vir die voëltjie)
(totdat). (5.1.11) Gedoriewaar! Die voëltjie gee vir die man ʼn sakkie vol blink boontjies.
Die man het ʼn (5.1.12) (lewe+les) geleer: As jy goedhartig is kan jy ʼn (5.1.13) (inspireer)
vir mense wees. Die sakkie blink boontjies was towerboontjies! Die man het gelukkig
gewoon omdat hy sy gemeenskap gehelp het om ʼn skool en kliniek te bou. Hy het dit
gedoen (5.1.14) (m.b.v.) die geld wat die towerboontjies ingebring het.
(Bron:Geskryf deur M.Gouws)

5.1.1 Gee die VERKLEINING van die woord tussen hakies.


Daar word ʼn (storie) vertel. (1)
5.1.2 Gee die TEENOORGESTELDE intensiewe vorm van die woord tussen hakies.
Die (skatryk) man wat in die denneplantasies diep in die Thathe Vondo-bos
gewerk het. (1)
5.1.3 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
(In die oggende) het hy opgestaan en gereedgemaak vir die dag. (1)
5.1.4 Kies die KORREKTE SPELLING van die woorde tussen hakies.
Om (vier-uur / vieruur) het hy begin stap om betyds by die werk te wees. (1)

Bladsy 10 van 12 Blaai om asseblief


5.1.5 Kies die KORREKTE HOMOFOON.
Hy het elke dag chakalaka (reis /rys) en avokado saamgeneem vir middagete. (1)
5.1.6 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Hy het elke dag chakalala en (avokado) saamgeneem vir middagete. (1)
5.1.7 Gee die KORREKTE SPELLING van die woord tussen hakies.
Een middag toe hy sit en eet hoor hy ʼn klein, fyn (stemetjie /stemmetjie). (1)
5.1.8 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Hy sien ʼn klein voëltjie (bont) as ʼn reënboog. (1)
5.1.9 Skryf die sin hieronder in die ONTKENNING.
Die man het al van sy rys geëet. (1)
5.1.10 VERBIND die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Die man wil nie. Hy voel jammer vir die voëltjie. (totdat) (1)
5.1.11 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
Gedoriewaar! (1)
5.1.12 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Die man het ʼn (lewe+les) geleer. (1)
5.1.13 Vorm ʼn SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord tussen hakies.
As jy goedhartig is, kan jy ʼn (inspireer) vir mense wees. (1)
5.1.14 Skryf die AFKORTING in hakies uit in woorde.
Hy het dit gedoen (m.b.v.) die geld wat die towerboontjies ingebring het. (1)

5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae.


TEKS G

Ben Nina

Jack
Tom
(Bron: Google Images)

Bladsy 11 van 12 Blaai om asseblief


5.2.1 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Jack (behandel / hanteer) sy maats met respek. (1)
5.2.2 Kies die KORREKTE VOORSETSEL uit dié tussen hakies.
Tom loop (voor / tussen) Ben en Nina. (1)
5.2.3 Gee EEN woord vir die omskrywing tussen hakies.
Jack dra sy kos en baadjie in sy (sak wat hy op sy rug dra). (1)
5.2.4 Kies die KORREKTE VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.
Nina loop ook met (sy / haar) sonhoed op haar kop. (1)
5.2.5 Verduidelik wat die IDIOOM hieronder beteken.
Die vier kinders is almal boesemvriende. (1)
5.2.6 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
Nina dra ʼn (skirt). (1)
(20)
TOTAAL AFDELING C: (40)
GROOTTOTAAL: (80)

Bladsy 12 van 12 Blaai om asseblief

You might also like