HOOFSTUK 6 Senuweestelsel en Brein

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 28

KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN DIE BREIN:

AAN DIE EINDE VAN DIE HOOFSTUK MOET JY DIE VOLGENDE BEMEESTER HET:

 Die struktuur van ‘n senuwee te kan beskryf.


 Die funksies en bou van sensoriese en motoriese neurone te kan beskryf.
 Die senuwee-impuls wat langs neurone en sinapse vervoer word, te kan beskryf sonder om na die
detail van die die elektriese lading te verwys.
 Die posisie, bou en funksies van die serebrum, serebellum, medulla oblongata en rugmurg te kan
beskryf.
 Die posisie en die funksies van die perifere senuweestelsel te kan beskryf.
 Die posisie en funksies van die outonome senuweestelsel kan beskryf.
 Die struktuur, funksie en die werking van ‘n eenvoudige reflekboog te kan weergee.

KOÖRDINASIE

Koördinasie is die skakeling tussen verskillende organe en stelsels en hulle aktiwiteite in die
liggaam sodat dit as ‘n eenheid saamwerk om te help om op die omgewing te reageer. Saam
met die endokriene stelsel is die senuweestelsel vir die koördinasie van die liggaamsfunksies
verantwoordelik. Dit beheer homeostase in die liggaam.

Onderskeid tussen senuweekoördinasie en chemiese koördinasie

 By senuweekoördinasie is senuwees betrokke, terwyl by chemiese koördinasie is die


endokriene stelsel en hormone betrokke.

 Die senuweestelsel verskaf ‘n vinnige reaksie op ‘n stimulus, terwyl die endokriene


stelsel ‘n baie stadiger en verlengde reaksie het.

Die verband tussen senuweekoördinasie en homeostase

 Vir die normale werking van selle is dit uiters noodsaaklik om die samestelling van die
interne omgewing in die liggaam konstant te hou.
 Ons leef egter in ‘n omgewing wat gedurig verander.
 Die senuweestelsel neem hierdie veranderinge binne en buite die liggaam waar en
reageer op hierdie veranderinge.
 Die uitwendige en inwendige veranderinge word stimuli of prikkels genoem.

Die verloop van senuweekoördinasie:

prikkel → reseptor → neurone → effektor → reaksie

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 126


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

STIMULUS Dit is ‘n verandering in die omgewing (ekstern of intern) waarop ‘n


(prikkel): organisme reageer, bv. klank, lig, druk, pyn.

RESEPTOR: Dit is gespesialiseerde selle wat prikkels uit die omgewing kan waarneem.

NEURONE: Dit is senuweeselle wat die impuls gelei:

 Sensories neurone - dit gelei die impuls vanaf die reseptore na


die brein of rugmurg.
 Verbindingsneurone - dit is neurone wat tussen sensoriese en
motoriese neurone voorkom.
 Motoriese neurone - dit gelei die impuls vanaf die brein of
rugmurg na effektore.

EFFEKTOR: Dit is organe (spiere en kliere) wat op die impuls reageer.

REAKSIE: Dit is die handeling op prikkel.

IMPULS: Dit is die geleiding van ‘n prikkel as elektriese seine op die


membraanoppervlakte deur die neurone.

*(‘n Impuls is nie die vloei van elektrone soos by ‘n elektriese stroom nie. Dit is ‘n golf van
depolarisasie wat langs die senuvesel beweeg. Impulse word veroorsaak deur kortstondige
veranderinge in die elektriese lading op die oppervlakte van die selmembraan van neurone as
gevolg van die vinnige beweging van die natrium- en kaliumione oor die selmembraan.)

RESPONS Dit is die reaksie op ‘n stimuls wanneer die effektore ‘n senuwee-impuls ontvang

Die senuweestelsel kan verdeel word in:


 Sentrale senuweestelsel (SSS). Dit bestaan uit die brein en rugmurg.

 Perifere senuweestelsel. Dit bestaan uit senuwees wat buite die brein en
rugmurg voor kom en wat met die reseptore en
effektore van die liggaam verbind is.
Dit bestaan uit:
 12 paar kopsenuwees
 31 paar rugmurgsenuwees.

 Outonome senuweestelsel Dit beheer die organe en hulle aktiwiteite sonder dat
ons daarvan bewus is. Dit beheer die aktiwiteite van
die gladde spiere, hartspiere en sekere kliere. Die
outonome senuweestelsel word in twee dele verdeel,
nl.
 simpatiese stelsel en
 parasimpatiese stelsel.
Funksies van die senuweestelsel
 Dit stel ons instaat om van veranderinge in die omgewing bewus te word – sowel buite
die liggaam (ekstern) as binne die liggaam (intern)
 Dit beheer willekeurige spieraktiwiteitesoos beweging , ens.
 Dit reguleer onwillekeurige aktiwiteite soos asemhaling, hartklop ens
 Dit is die setel van die geheue en verstand.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 127


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SENUWEEFSEL

Senuweefsel bestaan uit die volgende:

 Neuroglia wat die spasies tussen die neurone vul. Senuweefsel bestaan uit
bindweefsel wat die neurone ondersteun en aanmekaar bind. Dit speel 'n
belangrike rol in die:
 metabolisme van die neurone.
 voeding van die neurone.
 regenerasie(vernuwing) van beskadigde neurone.

 Neurone (senuweeselle)

Die bou van die neurone is in Graad 10 reeds behandel en die volgende werk is slegs
hersiening.

Senuwees is opgebou uit senuweeselle (neurone):

 Aantal neurone word saamgebind deur ‘n bindweefsel , bekend as die endoneurium.


 Die neurone vorm bondels wat omring word deur die perineurium.
 Die senuweebondels plus aartjie en slagaartjie word omring deur die epineurium.

BOU VAN ‘n SENUWEE

Bou van ‘n senuwee met een neuron vergroot

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 128


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SOORTE NEURONE

Motories neuron:

 Dit gelei die impuls van die brein/rugmurg na die spiere/kliere.


 Dit is multipolêr, want dit het baie uitlopers.

Sensoriese neuron:

 Dit gelei die impuls van die spiere/kliere na die brein/rugmurg


 Dit word volgens die aantal uitloper ingedeel:

o bipolêr neurone - want dit het slegs twee uitlopers.


o monopolêre neurone - want dit het slegs een uitloper wat vertak.

MONOPOLÊR

BIPOLÊR

MULTIPOLÊR

VERSKILLE TUSSEN SENSORIESE NEURONE EN MOTORIESE NEURONE

SENSORIESE NEURON MOTORIESE NEURON

 Dit ontvang die impulse vanaf die sintuie  Dit vervoer impulse vanaf die
en vervoer dit na die rugmurg en brein. rugmurg en brein na die spiere en
kliere.

 Dit bestaan uit monopolêre of bipolêre  Bestaan uit multipolêre neurone.


neurone.

 Dit besit 'n afferente (dendriet) en 'n  Dit besit 'n akson en verskeie
efferente (akson) uitloper. dendriete.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 129


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

BOU VAN ‘N NEURON

dendriete
neurolemma
neuroplasma

sentron selkern
Nisslkorrel
neurofibrille

aksonheuwel

knoop van Ranvier

neurilemma
selkern
rigting van
akson impuls
mielienskede

sel v. Schwann

akson

eindvertakkings in spier
sinaptiese knoppies
eindplaat

Elektronmikroskoopfoto van ‘n selliggaam van ‘n neuron met


dendriete en akson

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 130


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

FUNKSIES VAN DIE VERSKILLENDE DELE VAN DIE NEURON

Dendriet Dendriete ontvang impuls en lei dit NA die selliggaam.

Akson Die akson lei die impuls WEG van die selliggaam na die spier/klier.

Neurofibrille Neurofibrille lei impuls deur die selliggaam.

Selliggaam Metabolisme vind in die selliggaam plaas.

Nisslkorrels Dit is groepies ribosome wat help dus met proteïensintese. Nisslkorrels
skei ook stowwe af wat nodig is vir die geleiding van die impuls.

Miëlienskede Miëlienskede is nie-sellulêre vetlaag - (fosfolipied)


Dit isoleer akson en verseker vinnige geleiding van die impuls

Neurilemma Die neurilemma beskerm akson.


Dit is nodig vir die herstel en opbou van beskadigde neurone.

(Die senuweeselle in die brein besit nie ‘n neurilemma nie. Dit


veroorsaak dat die neurone in hierdie streek nie kan herstel nie.)

Knoop van Dit is ‘n insnoering van die miëlienskede.


Ranvier Dit akson is by hierdie streek onbedek.
Die impuls spring van een Ranvierknoop na die volgende.
Dit veroorsaak vinniger geleiding van die impuls.

Die impuls spring van een Ranvierknoop na die volgende

Miëlienskede
Isoleer die akson
Knoop van Ranvier
Onderbreking van die miëlienskede

Mikrograaf van Knoop van Ranvier

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 131


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SINAPSE

Sinapse kom tussen twee neurone voor.

Wat is ‘n sinaps?

Dit is die plek waar die eindverdikkings van ‘n akson en die dendriete van die volgende neuron
besonder naby mekaar sonder dat daar egter direkte kontak is en veroorsaak dat die impuls
slegs in een rigting beweeg

STRUKTUUR VAN ‘N SINAPS

 Aan die eindpunt vorm ‘n akson ‘n verdikking,


bekend as die sinaptiese knop.

 In hierdie knop is daar verskeie


vesikels(blasies) wat neurotransmitters bevat.
(dit is chemiese stowwe wat verantwoordelik is
vir die oordrag van die die impuls)

 Wanneer ‘n senuwee-impuls die knop bereik,


stel die vesikels die neurotransmitters vry.

 Die neurtransmitters beweeg oor die sinaps en


stimuleer die opwekking van nuwe elektriese
impuls in die dendriet van die volgende neuron.

 Die neurotransmitters word onmiddelik


afgebreek, sodat die sinaps weer gereed kan
wees om so gou as moontlik weer te
funksioneer op die volgende impuls.

FUNKSIE VAN SINAPSE:

 Dit veroorsaak dat die impuls slegs in een rigting beweeg.

 Dit veroorsaak dat verskeie reaksies op ‘n stimulus kan plaasvind.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 132


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SENTRALE SENUWEESTELSEL (SSS)

Die sentrale senustelsel bestaan uit die brein en die rugmurg.

MENINGES (brein- en rugmurgvliese)

Die senuweeweefsel is sag en daarom word die brein en rugmurg heeltemal omring en goed
beskerm deur drie breinvliese, die meninges.

Van buite na binne kom die drie vliese as volg voor:

 DURA MATER

Dit is die buitenste sterk taai vlies.


Dit voer die breinkas en werwelkolom uit.
Dit dien hoofsaaklik vir beskerming van die brein en rugmurg.

 ARACHNOÏED (spinnerakvlies)

Dit is die middelste van die drie vliese.


Dit is 'n baie fyn delikate membraan.

 PIA MATER

Die binneste vlies van die brein en rugmurg kom styf om die brein en rugmurg voor.
Dit is 'n dun sagte vlies wat ryk aan bloedvate is.
Dit verskaf voedsel en suurstof aan die breinselle en rugmurgselle.

SUBARACHNOÏEDE RUIMTE

 Die subarachnoïede ruimte kom voor tussen die arachnoïed en pia mater.
 Dit is met SEREBROSPINALE VLOEISTOF gevul.

Meninges wat die brein omsluit en beskerm Aracnoïed

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 133


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SEREBROSPINALE VLOEISTOF:

Serebrospinale vloeistof word aangetref in die:


 ventrikels van die brein
 subaragnoïede ruimte
 sentrale kanaal van die medulla oblongata/verlengde rugmurg
 sentrale kanaal van die rugmurg.

Samestelling:
 Dit is kleurlose bloedplasma sonder die stowwe wat bloedklonting veroorsaak.
Vorming:
 Dit word in die voering van dak van die ventrikels van die brein gevorm.

Funksies:
 Dit handhaaf ‘n konstante druk rondom die SSS(sentrale senuweestelsel)
 Dit voorsien suurstof en voedingstowwe aan die selle van die SSS.
 Dit verwyder metaboliese afvalprodukte en CO2 vanaf die selle van die SSS.
 Dit verhoed dat die selle van die SSS uitdroog.
 Dit dien as skokabsorbeerder om die brein en rugmurg te beskerm.

WATERHOFIE (hidrokefalie) **** verryking


Dit is ‘n toestand wat by sommige babas voorkom waar daar ‘n
besondere hoë druk in die serebrospinale vloeistof in die
ventrikels van die brein is. Dit gebeur gewoonlik as een van
die kanaaltjies geblokkeer is. Die vloeistof hoop op binne-in
die ventrikels en buite die brein tussen die breinvliese en
veroorsaak dat die kop geweldig swel. By babas waar die
skedelbene nog sag en rekbaar, kan die ernstige skade van die
brein veroorsaak.
Behandeling van hierdie toestand word gedoen deur ‘n rubber-
of silikoonpypie met ‘n kleppie in die ventrikels te plaas om die
vloeistof uit die brein te dreineer.

GRYSSTOF EN WITSTOF

GRYSSTOF

 Grysstof is die buitenste dun laag van die brein (korteks).


 Dit bestaan uit die selliggame van die neurone.
 Die grys kleur is as gevolg a.g.v. die grys korrelagtige sitoplasma van die selliggame
sonder 'n miëlienskede.
Hoe meer grysstof, hoe slimmer is 'n persoon.

WITSTOF

 Dit is die binneste gedeelte van die brein.


 Dit bestaan uit aksone van die neurone.
 Hierdie vesels is met 'n vetagtige miëlienskede omring - vandaar die wit kleur.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 134


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

VENTRIKELS

 Dit is VIER ruimtes wat in die brein voorkom.


 Dit is gevul met serebrospinale vloeistof.
 Dit is uitgevoer met gesilieerde epiteel wat die serebrospinale vloeistof in beweging hou.
 Dit beskerm die brein teen skokke.

KOPSENUWEES

 12 paar kopsenuwees verlaat die brein.

GROEWE EN VOUE

Die oppervlakte van die brein bestaan uit:


 groewe (sulkusse)
 voue (girusse)

Die voue en groewe vergroot die brein se oppervlakarea geweldig en veroorsaak dat die
maksimum aantal breinselle in die relatief klein breinkas(kranium) kan inpas.

 Groewe van serebrum: Onreëlmatig en diep


 Groewe van serebellum: Reëlmatig, loop parallel, is vlakker

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 135


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

LOBBE VAN DIE BREIN

FRONTALE LOB:
Dit is die streek direk voor die groef van Rolando.
Die frontale lob beheer die motoriese area wat alle willekeurige handeling beheer, insluitend
spraak.

PARIËTALE LOB

Dit is die streek in die middel agter die groef van Rolando.
Die lob beheer die sensoriese sensasies vanaf die vel.

TEMPORALE LOB

Dit lê net onder die groef van Sylvius.


Dit is die sentrum vir gehoor, smaak en reuk.

OKSIPITALE LOB

Dit is die agterste gedeelte van elke hemisfeer.

Uitwendige bou van die brein om die lobbe aan te toon

AANHANGSELS

Olfaktoriese lobbe: - Dit is verbind met die reukorgane.

Optiese chiasma: - Dit is waar die oogsenuwees kruis.

Hipofise: - Hipofise is endokriene klier en is nie deel van die brein nie, maar
skei hormone af.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 136


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

INWENDIGE BOU VAN DIE BREIN

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 137


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SEREBRUM:

Die serebrum is die grootste gedeelte van die brein.

Dit word deur die longititunale groef in twee serebrale hemisfere verdeel. In
elke hemisfeer kom ‘n laterale ventrikel wat met serebrospinale vloeistof
gevul is. Die linker- en regterhemisfere is by die corpus callosum
aanmekaar vas. Die corpus callosum is ‘n massa wit aksone wat ‘n
verbindingsbrug tussen die twee hemisfere vorm. Dit verskaf kommunikasie
tussen die regter- en linkerhemisfere.

Die oppervlakte van die serebrum word (tot vier maal) vergroot deur ‘n groot aantal
onreelmatige diep sulkusse (groewe) en girusse(voue) sodat die grootste aantal breinselle in
die klein skedelholte kan inpas. Die buitenste gedeelte, die serebrale korteks, (ongeveer 3-
5mm) van bestaan uit grysstof. Die res van die brein bestaan uit witstof.

Elke hemisfeer beheer die sensoriese em motoriese funksies van die teenoorgestelde kant
van die liggaam, bv. die linkerkant van die brein beheer die regterkant van die liggaam en
omgekeerd.

Drie funksionele areas word in die serebrale korteks aangetref.

SENSORIESE AREA

Dit is die streek waar die impulse van die sintuie ontvang en interpreteer word.
 Die temporale en pariëtale lob is vir die sensasies van temperatuur, aanraking, drukking,
pyn en ander sensasies vanaf die vel verantwoordelik.
 Die oksipitale lob is vir visie verantwoordelik.
 Die temporale en frontale lobbe is vir die interpretasies van gehoor, reuk en
smaakimpulse verantwoordelik.

MOTORIESE AREA

Dit is die streek waar alle willekeurige bewegings hulle oorsprong het.
 Die motoriese streek kom in die frontale lob voor.
 Die beheer die sametrekking van die skeletspiere om willekeurige beweging moontlik te
maak.
 Dit beheer die spiere om spraak moontlik te maak.

ASSOSIASIE-AREA

Dit is die streek waar inligting geselekteer word, geïntegreer en gestoor word voordaat dit na
die motoriese areas gestuur word.
 Die grootste gedeelte van die assosiasie-area is in die fontale lob geleë.
 Dit is die setel vir intelligensie, geheue, denke, verbeelding, wilskrag, selfbeheersing,
emosies (vreugde, liefde, skuldgevoel, ens.)

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 138


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SEREBELLUM

Die serebellum kom onder en agter die serebrum voor. Dit bestaan uit
twee hemisfere wat met die vermis aanmekaar verbind word.

Die groewe van die serebellum is vlak en is min of meer parallel aan
mekaar.

Grysstof is aan buitekant geleë en vorm die serebellum- korteks. Witstof is aan die binnekant
geleë dit het ‘n baie kenmerkende vorm van ‘n boom met takke en staan bekend as die arbor
vitae – lewensboom.

Die serebellum ontvang inligting vanaf:


 motoriese area van die serebrum;
 oë;
 propriorreseptore in spiere;
 balanseerorgane in die inwendige oor.

FUNKSIES
 Dit is verantwoordelik vir balans en ewewig van die liggaam.
 Dit is verantwoordelik vir spiertonus en liggaamshouding.
 Dit koördineer spierbewegings (dit inisieer nie spierbewegings nie).

Bou van die serebellum Serebellum met die arbor vitae


duidelik sigbaar

Gevolge as gevolg van die beskadiging van die serebellum

Wanneer die serebellum op een of ander maneer beskadig word, as gevolg van ‘n ongeluk of’n
siekte soos beroerte, ontstaan ‘n toestand wat bekend is as ataksie (spierstoornis).

 Spraak is onduidelik.
 Die persoon slinger as hy loop.
 Daar is ‘n verlies aan balans.
 Die bewegings is ongekoördineerd en rukkerig.
 Die spoed, rigting, krag en afstand van alle bewegings word geaffekteer.

Verdowingsmiddels en ook alkohol sal die serebellum op dieselfde wyse aantas met dieselfde
gevolge.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 139


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

MEDULLA OBLONGATA (Verlengde rugmurg)

Die medulla oblongata is die verdikte bopunt van die rugmurg. Dit kom
voor waar die rugmurg die kranium by die foramen magnum binnedring.
Dit vorm die onderste en grootste gedeelte van die breinstam. Net soos
die rugmurg is die grysstof aan binnekant geleë in die vorm van ‘n H.
Die witstof is aan die buitekant geleë. Dit besit ‘n sentrale kanaal in
middel van medulla wat met serebrospinale vloeistof gevul is.

FUNKSIES:

1 Die medulla oblongata beheer onwillekeurige handelinge.

Die volgende refleksentrums is in hierdie deel van die brein geleë:


 respiratoriese sentrum (asemhalingstempo)
 hartklopsentrum (beheer van die hartklop)
 vasomotoriese sentrum (verwyding van bloedvat)
 speekselafskeidingsentrum
 beweging van die spysverteringskanaal (peristalse)

2 Medulla oblongata het spesiale senubane wat die impulse vanaf die brein na die rugmurg
gelei.
Senuwees kruis hier vanaf die hemisfere na die liggaam:
 regterhelfte van die brein beheer die linkerkant van die liggaam
 linkerhelfte van die brein beheer die regterkant van die liggaam

BEROERTE
 Gedurende beroerte sal ‘n bloedklont een van die brein arteries verstop; suurstof word
in die area afgesny;en die weefsels van die deel van die brein sterf af.
 Dit veroorsaak ‘n verlies aan spierkontrole, spraakvermoë, ens.
 Omdat die regterbrein die linkerkant van die liggaam se spiere beheer en andersom, sal
die teenoorgestelde kant van die liggaam as waar die bloeding op die brein voorkom,
geaffekteer word soos bv. verlamming .

ONDERSKEID TUSSEN SEREBRUM EN SEREBELLUM

SEREBRUM SEREBELLUM
Bestaan uit twee hemisfere wat inwendig met mekaar Bestaan uit twee hemisfere wat inwendig verbind is
verbind is deur die corpus callosum (breinbalk). deur die vermis.

Die hemisfere van die serebrum is groter as die van Die hemisfere van die serebellum is kleiner as die van
die serebellum. die serebrum.

Witstof aan die binnekant het geen bepaalde vorm Witstof aan die binnekant het 'n bepaalde vorm
nie. aangeneem, nl. die lewensboom, arbor vitae.
FUNKSIES: FUNKSIES:
 Dit reguleer alle willekeurige handelinge.  Dit werk outomaties en beheer die ewewig van
die liggaam.
 Dit is die setel van verstand, nl. geheue,  Dit ikoördineer spierbeweging.
denke, verbeelding, wilskrag en redenering.  Dit is verantwoordelik vir spiertonus/
liggaamshouding.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 140


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

ONDERSKEID TUSSEN GRYSSTOF EN WITSTOF

GRYSSTOF WITSTOF
Dit bestaan uit selliggame van die neurone, vandaar
die GRYS kleur. Dit bestaan uit senuvesels(aksone) van die neurone.

Grysstof bevat geen murgskedes nie. Witstof bevat murgskedes(mielien-skede) - vandaar


die WIT kleur.
 serebrum - aan buitekant
 serebellum - aan buitekant  serebrum - aan binnekant
 rugmurg - aan binnekant  serebellum - aan binnekant
 rugmurg - aan buitekant

DIE VOLGENDE IS ‘N OPSOMMING VAN DIE FUNKSIES VAN DIE BREIN

 willekeurige handeling
 emosie (vreugde, liefde, skuldgevoel ens)
 gewaarwording (gesig, gehoor, smaak, reuk)
 bewussyn
SEREBRUM  oordeelsvermoë
 geheue
 intelligensie
 wilskrag
 selfbeheersing

 koördinasie van spierbewegings


SEREBELLUM  balans en ewewig
 spiertonus en liggaamshouding

1 Reflekssentrums van die volgende is hier


geleë:
 respiratoriese sentrum (asemhalingstempo)
 hartklopsentrum (beheer van die hartklop)
 vasomotoriese sentrum
(verwyding van bloedvat)
 beweging van die spysverteringskanaal
MEDULLA (peristalse)
OBLONGATA  speekselafskeidingsentrum
beheer
onwillekeurige 2 Senuwees kruis hier vanaf die hemisfere na
handelinge die liggaam:
 regterhelfte van die brein beheer die
linkerkant v/d liggaam.
 linkerhelfte van die brein beheer die
regterkant v/d liggaam.

3 Dit gelei die impulse van die rugmurg na die


brein.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 141


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

RUGMURG

Die rugmurg strek vanaf foramen magnum (die opening in die skedel) tot by die eerste
lendewerwel.

Dit is ‘n verlengde en staafvormige gedeelte van die sentrale senuweestelsel . Dit is ongeveer
40cm lank en 1,8 cm in deursnee.

Die rugmurg word deur die werwelkolom omsluit en beskerm.

Aan die buitekant word dit deur drie vliese omring:


 pia mater,
 arachnoïed,
 duramater.

Die SUBARACHNOÏEDE RUIMTE kom tussen die arachnoïed en pia mater voor en is met
SEREBROSPINALE VLOEISTOF gevul.

Die grysstof is aan binnekant en die wit stof is aan die buitekant. Die grysstof het vorm van 'n
H. Die arms van die H staan bekend as grysstofhorings.

Twee groewe kom voor:


o voorste vlak ventrale groef en
o agterste diep dorsale groef.

Die gedeelte waar die senuwees rugmurg binnedring, staan bekend as die dorsale (agterste)
wortel.
Die gedeelte waar die senuwees rugmurg verlaat, staan bekend as die ventrale (voorste)
wortel.
In die dorsale wortel word ‘n ganglion(knop) wat ‘n versameling selligame san die sensoriese
neurone is, aangetref.

FUNKSIES VAN DIE RUGMURG


 Dit verskaf 'n pad vir die geleiding van impulse na en van die brein en die perifere
organe van die liggaam
 Dit maak refleksbewegings moontlik om so liggaamsbeserings te voorkom.
 Dit gee oorsprong aan 31 paar rugmurgsenuwees.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 142


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

REFLEKSAKSIE

Dit is die snelle onwillekeurige/outomatiese reaksie deur 'n spier of klier op 'n stimulus wat deur
'n reseptor (of 'n sintuig) ontvang is.

FUNKSIES VAN REFLEKSE


 Dit stel die liggaam instaat om vinnig op ‘n stimulus te reageer .
 Dit voorsien die liggaam van aangebore veiligheidmeganismes om so die liggaam te
beskerm.
 Reflekse is ook van lewensbelang by:
o slukbeweging
o peristalse
o beweging deur die asemhalingspiere
o werking van die oog
o hoes
o uitskeiding van sweet
o afskeiding van verteringsappe, ens.

REFLEKSBOOG

Dit is die pad (baan) waarlangs 'n senuwee-impuls gelei word vanaf die reseptor na die effektor
om ‘n reaksie op ‘n prikkel teweeg te bring.

PAD VAN 'N REFLEKS:


 Die reseptor in ‘n sintuigorgaan in die vel van vingers, knieë, voet, ens., word
geprikkel.

 Die prikkel word in senuimpuls omgesit.

 Die impuls word gelei met


o afferente uitloper van sensoriese neuron tot by die selliggaam van die
sensoriese neuron in die ganlion van die dorsale wortel.
o Vandaar word dit met die efferente uitloper tot in die dorsale grysstofhoring gelei.

 Dit word dan by die sinaps vanaf die eindknoppies van die sensoriese neuron na die
dendriete van 'n verbindingsneuron (of ‘n aantal verbindingsneurone), oorgedra.

 Dit word met 'n tweede sinaps na die dendriete van motoriese neuron in die ventrale
grysstofhoring oorgedra.

 Dit word na die selliggaam van die motoriese neuron en verlaat die rugmurg deur die
akson in die ventrale wortel van die rugmurg oorgedra.

 Dit beweeg na ‘n spier of klier (effektor) waar dit met die eindplaat oorgedra word.

 Die spier of klier reageer.

 Die reaksie vind plaas sonder dat die persoon daarvan bewus is.

 As die impuls ‘n verbindingsneuron na die brein gelei word, word 'n persoon bewus van
die prikkel.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 143


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SKEMATIESE VOORSTELLING OM DIE PAD VAN ‘N REFLEKS VOOR TE STEL


prikkel → senu-impuls → reseptor in sintuig → afferente uitloper, sentron , efferente uitloper van sensoriese
neuron →sinaps → dendriete, sentron, akson van verbindingsneuron → sinaps → dendriete, sentron, akson
van motoriese neuron → eindplaat in spier of klier → reaksie

Die onderstaande diagram is ‘n voorbeeld van ‘n knierefleks. Dit stel ‘n refleksboog voor. Die
skema wat volg vertel wat by elke nommer gebeur.

1 Reseptor ontvang stimulus en skakel dit om na ‘n impuls

2 Sensoriese neuron gelei impuls van reseptor na die rugmurg

3 Interneuron gelei die impuls van die sensoriese neuron na die motoriese
neuron

4 Sinaps gelei die impuls in een rigting

5 Motoriese neuron gelei die impuls na ‘n effektor (spier of klier)

6 Effektor reageer op impuls

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 144


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

PERIFERE SENUWEESTELSEL

Die perifere senuweestelsel speel ‘n belangrike rol in


 die koördinering van die mens se beweging en
 die regulering van die interne omgewing deur die inligting na en van die sentrale
senustelsel (SSS) te vervoer.

Die perifere senuweestelsel sluit al die senuweefsel wat buite die sentrale senustelsel (SSS)
geleë is. Daar is 43 paar senuwees wat na en van die SSS gaan.

Dit bestaan senuwees, nl.

 12 paar kopsenuwees (kraniale senuwees) verbind met die brein.

 31 paar rugmurgsenuwees (spinale senuwees) verbind met die rugmurg.

FUNKSIES

Die perifere senuweestelsel het beide ‘n sensoriese en motoriese funksie:

 Sensoriese funksie
Die perifere senuweestelsel verkry impulse vanaf die reseptore in die sintuie en gelei dit
na die sentrale senustelsel (SSS) deur middel van die sensoriese neurone. In die
sentrale senustelsel (SSS) word hierdie inligting verwerk.

 Motoriese funksie:
Die perifere senuweestelsel verkry die verwerkte inligting van die sentrale senustelsel
(SSS) en gelei dit na die effektors (spiere en kliere) deur middel na die motoriese
neurone.

Die perifere senuweestelsel word verdeel in


 Somatiese senuweestelsel beheer die aksies van die willekeurige spiere
 Outonome senuweestelsel beheer die aksies van die onwillekeurige spiere en
kliere

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 145


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

OUTONOME SENUWEESTELSEL

Dit is uiters noodsaaklik dat daar in die liggaam ‘n homeostatiese balans gehandhaaf word. Die
hipotalamus en medulla oblongata neem veranderinge inwendig in die liggaam waar. Die
outonome senuweestelsel sal outomaties aanpassings maak om die balans te handhaaf.

Dit bestaan uit senubane wat nie onder die beheer van die wil is nie en funksioneer sonder dat
ons van hulle bewus is. Dit beheer die onwillekeurige spiere.

 Dit bestaan uit twee stelsels nl. die simpatiese en parasimpatiese stelsels.
 Die stelsels werk teenoorgesteld van mekaar (antagonisties):
bv. as die simpatiese stelsel 'n spesifieke orgaan stimuleer, sal die parasimpatiese
stelsel die orgaan inhibeer en andersom
 Daarom het elke inwendige orgaan 'n dubbele stel senuvesels:
 een stel wat kom van die simpatiese stelsel en die orgaan stimuleer;
 die ander stel wat kom van die parasimpatiese stelsel wat die orgaan inhibeer.
 Dit staan bekend as dubbele innervasie.

Simpatiese stelsel sal die liggaam vir noodsituasies voorberei (bewerkstelllig aksie).
Parasimpatiese stelsel sal die bestaande toestand handhaaf (rus).

ORGAAN GEÏNNERVEER WERKING VAN DIE SIMPATIESE WERKING VAN DIE


STELSEL PARASIMPATIESE STELSEL
MEDULLA VAN BYNIER Stimuleer die sekresie van Geen effek nie
adrenalien
HART Versterk en versnel hartklop Verswak en vertraag hartklop
SPYSVERTERINGSKANAAL Vertraag peristalse, verminder Versnel peristalse, verhoog
aktiwiteit aktiwiteit
BLAAS Laat blaas ontspan Laat blaas saamtrek

SPIERE IN BRONCHI EN Verwyd luggange Vernou luggange


BRONCHIOLI
SWEETKLIERE Verhoog uitskeiding van sweet Verminder sweetuitskeiding

LEWER Stel glukose vry deur die Stimuleer galafskeiding


omskakleing van glikogeen na
glukose

SPEEKSELKLIER Verminder afskeiding Verhoog afskeiding

OOG Vergroot pupil - laat meer lig in Vernou pupil - laat minder lig in

HAARSPIER Laat hare regopstaan Laat hare plat lê

TRAANKLIERE Min effek Verhoog sekresie van trane

SLUITSPIER VAN BLAAS EN ANUS Veroorsaak sametrekking Veroorsaak verslapping


BLOEDVATE VAN VEL EN Vernou slagare en verhoog Verwyd slagare en verlaag
INGEWANDE bloeddruk bloeddruk
BLOEDVATE VAN HART, LONGE Verwyd slagare wat lei tot die vloei Vernou slagare wat lei tot die vloei
EN SKELETSPIERE van meer bloed van minder bloed

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 146


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

Krediet http://www.articlesweb.org/health/parasympatheticnervoussystem

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 147


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

SIEKTES VAN DIE SENUWEESTELSEL

ALZHEIMER SE SIEKTE

Hierdie siekte kom by 4 tot 5 % van die bevolking jonger as 65 jaar voor. Dit kom ewe veel by
mans en vroue voor.

OORSAKE
 Breinkrimping (atrofie) vind plaas. Die sulkusse (breingroewe) verwyd, terwyl die
breinventrikels vergroot.

SIMPTOME
 Vergeetagtigheid, dimensie (swaksinnigheid) en geheuverlies kom voor. Die pasiënt
verloor dryfkrag en roetinetakies soos om te bad, skeer en tande te borsel, word
afgeskeep . Die persoon vergeet name, afsprake en gebeure. Hulle herken selfs nie
hulle eie gesinslede nie. Die persoon se aandag kan maklik afgelei word en
hallusinasies word ondervind Emosionele uitbarstings en neerslagtigheid kom voor.
Hulle oordeelsvermoë verswak. Hulle raak baie agterdogtigheid. Hulle sukkel om te
praat. Woorde word deurmekaar en onverstaanbaar gebruik.

BEHANDELING
 Alzheimer se siekte is ongeneesbaar, onomkeeraar en word net erger met tyd.
 Geen medikasie help vir Alzheimer se siekte nie.
 Die dood tree gewoonlik na 2 tot 6 jaar in.
 Stamseltegnologie word tans ondersoek vir behandeling.

VEELVULDIGE SKLEROSE (MS)

Veelvuldige sklerose(MS) is 'n senuwee-wanorde wat ‘n ongeneeslik afwyking is.

• Dit is bekend as 'n outo-immuunsiekte:


.
OORSAKE:

• Moontlik as gevolg van ‘n genetiese afwyking of as gevolg van ‘n virusinfeksies.


• Die liggaam se immuniteitstelsel val die mïelienskede van die neurone in die brein en
rugmurg aan.
• Dit veroorsaak dat senu-impulse baie stadig of selfs glad nie meer oorgedra word nie.

SIMPTOME:

• Moeilik om bewegings uit te voer, stadige reaksies, balansprobleme (fisiese stremming)


• Breinfunksies word gestrem soos aandagspan wat verminder, geheue word gestrem, swak
oordeelsvermoë.

BEHANDELING:

• Tans geen behandeling nie, maar medikasie om die proses te vertraag.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 148


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

BESERINGS VAN DIE BREIN EN RUGMURG:

Breinbeserings Uiters gevaarlik indien dit met boeding gepaard gaan

‘n Harde stamp teen die kop kan skade aan die brein veroorsaak al word die beskermende
skedelbeen nie gebreek nie. Die mees algemene oorsake sluit geweld, ongelukke,
konstruksie, en sportbeserings in.

Dit kan’n geswelde brein veroorsaak of selfs kneusings en kan tydelik of permanent wees.
Geringe breinbesering kan hoofpyn en duiselikheid veroorsaak. By ernstige breinbeserings
kan bewusteloosheid intree Harsingsskudding, ‘n koma of geheueverlies (amnesie) kan as
gevolg van breinbeserings voorkom. Soms epilepsie.

BEROERTE
• Gedurende beroerte sal ‘n bloedklont een van die brein arteries verstop; suurstof word in
die area afgesny;en die weefsels van die deel van die brein sterf af.
• Dit veroorsaak ‘n verlies aan spierkontrole, spraakvermoë, ens.
• Omdat die regterbrein die linkerkant van die liggaam se spiere beheer en andersom, sal die
teenoorgestelde kant van die liggaam as waar die bloeding op die brein voorkom,
geaffekteer word soos bv. verlamming .

GEVOLGE VAN BREINBESERINGS:

SEREBRUM:

• Afhangende die gedeelte van die serebrum wat beskadig is, bv beskadigde frontale lobbe:
oordeelsvermoë en intelligensie, gedrag sal verander.
Beskadiging by oksipetale lob sal ly tot verlies van sig.

SEREBELLUM:

• Balans en ewewig, asook die koördinasie van willekeurige spierbewegings sal ge-affekteer
word.

MEDULLA OBLONGATA:

• Asemhaling en sluk sal geraak word.

RUGMURG (SPINALE KOORD):

• Kommunikasie tussen die brein en die verskillende dele van die liggaam gaan geraak word.
• Refleksbewegings gaan geaffekteer word.
Verlamming kan veroorsaak in sekere dele

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 149


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

DWELMVERSLAWING:

DIE NEGATIEWE EFFEK VAN DWELMS OP DIE SENTRALE SENUWEESTELSEL:


 Dwelms het ‘n effek op die oordrag van impulse tussen verskillende neurone.
 Die” neurotransmitters” (neuro-oordragstowwe) wat die impulse tydens ‘n sinaps oordra
word geïnhibeer of gestimuleer.
 Gevolge van dwelmgebruikers sluit die gevoel om “hoog” (opwinding) te wees, visuele
illusies, asook angstigheid, paranoïa, verwarde denke en selfs geheueverlies, in.

Dwelmverslawing is ‘n toestand wat gekenmerk word die gereelde oormatige misbruik van
dwelms en die onvermoë om die inname daarvan te beperk. Dwelms is verslawend.

Drank en dwelmverslawing speel ‘n belangrike rol in misdaad, kindermishandeling


huweliksverbrokkeling, werkloosheid en motorongelukke.

SOORTE DWELMS:

DAGGA ook bekend as marijuana)


Die besit en verbouing van dagga is onwettig in Suid-Afrika.

 Dit veroorsaak opwinding( “high”), visuele illusies, angstigheid, verwarde denke en


depressie. ‘n Verlies aan motoriese handeling en afwyking in kommunikasie ontstaan.
Die volgende is simptome wat ontstaan verhoogde hartklop, droë mond, rooi oë,
vergrote pupille, verminderde geslagsdrang, swak konsentrasie, aggressie, ens.
 Op die langduur kan dit skade aan liggaamsorgane, soos die longe, veroorsaak.

HEROÏEN
 Dit is ‘n morfienberbinding.
 Heroïen word met naalde ingespuit.
 Die gebruik en uitruil van besmette naalde kan tot die oordrag van sekere siektes soos
VIGS, hepatitis B, ens. lei.
 Die kan ook septiese littekens veroorsaak.
 ‘n Oordosering kan tot die dood lei.

ECSTASY
 Dit is die eerste keer in 1912 ontwikkel om abnormale bloeding te stop. In 1970 het dit
onwettig op straat verskyn. Dit is in ‘n pil- ofpoeiervorm beskikbaar. Die poeiervorm
word deur die gebruikers gesnuif.
 Die veroorsaak onder ander hallusinasies, stuiptrekkings, vergrote pupille. Dit sal
ongeveer 3 tot 6 minute na inname begin werk. Dit bereik ‘n plato wat ongeveer 4 tot 6
uur duur. Dan volg ‘n afplatperiode. Daarna tree algehele moegheid in.

KOKAÏEN en “CRACK”
 “Crack” is die die straatnaam vir kokaïen en ‘n verwerkte vorm van kokaïen.
 “Crack” en kokaïen laat die verbruiker ‘n gevoel van euforie (‘n geluksgevoel) beleef.
 Dit is hoogs verslawend. Die gebruik van kokaïen kan lei tot geweldadige, wisselvallige
en paranoïse gedrag. Hallusinsasies, verwardheid, angstigheid, depressie,
geheueverlies en verlies aan belangstelling en lusteloosheid word ondervind. Dit kan
lei tot waansin.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 150


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

AKTIWITEITE

AKTIWITEIT 1
Skryf ‘n navorsingsverslag oor die effek wat verskillende dwelms soos dagga, heroïen,
ecstasy, kokaïen en tik op die senuweestelsel het. Verwys na die volgende:
 Redes hoekom persone dwelms gebruik.
 Die gevare van dwelmgebruik en die effek daarvan op die senuweestelsel.
 Moontlike tekens van misbruik wat by ‘n persoon opgemerk kan word.
 Hulp wat aan ‘n dwelmgebruiker gebied kan word.

AKTIWITEIT 2

Verky ‘n mikroskopiese plaatje van senuweefsel (of gebruik ‘n mikrograaf, foto van
senuweefsel.) Ondersoek dit onder ‘n lae vergroting van ‘n mikroskoop.
 Is dit ‘n motoriese of sensoriese neuron?
 Teken met byskrifte wat jy sien.

AKTIWITEIT 3
Vra jou slagter om ‘n skaap- of varkkop vertikaal in die lengte deur te sny. Bedek elke helfte
met kleefplastiek en bêre dit in die yskas. Die murggedeelte van die brein is baie sag en
onhanteerbaar .

Ondersoek die volgende:


1 Breinvliese:
1.1 Die buitenste breinvlies (dura mater) voer die breinkas uit. Dit kom styf teen die bene
van die breinkas voor. Gebruik ‘n pinset om die los te trek van die bene.
 Beskryf hoe die die buitenste breinvlies lyk.
 Besit dit bloedvate?
 Wat is die funksie van die dura mater?
1.2 Die binneste breinvlies (pia mater) is die vlies wat die naaste en styf om die brein
voorkom. Gebruik ‘n pinset om die los te trek van die brein.
 Beskryf hoe die die binneste breinvlies lyk.
 Besit dit bloedvate?
 Wat is die funksie van die pia mater?
1.3 Die middelste breinvlies (arachnoïed) kom tussen die pia mater en dura mater voor.
Dit is grys en lyk soos ‘n spinnerak met vloeistof in.
 Beskryf hoe die die middelste breinvlies lyk.
 Wat is die funksie van die arachnoïed?

2 Groewe
 Bestudeer die verskillede groewe wat in die serebrum voorkom. Beskryf hoe dit lyk.
 Bestudeer die groewe wat in die serebellum voorkom Beskryf hoe dit lyk.
 Vergelyk die groewe wat in die serebrum voorkom met die groewe wat indie
serebellum voorkom.ten opsigte van die reëlmatigheid en diepte.

3 Grysstof en witstof

 Bestudeer die grystof en witstof wat in die serebrum en serebellum voorkom.


 Watter vorm het die witstof wat die serebellum? Wat word die witstof in die
serebellum genoem?

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 151


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

HET JY DIE VOLGENDE BEMEESTER?

1 Verklaar die volgende:


1.1 Wat is beroerte? Na ‘n beroerte kan ‘n persoon vind dat slegs die regterkant van sy
gesig verlam is.
Verklaar wat gebeur het.

1.2 Tydens ‘n aanranding is ‘n man in die voorarm met ‘n mes gesteek. Die man het
agtergekom dat hy wel sy vingers kan beweeg , maar nie kan voel as iemand sy hand
kielie nie. Verklaar hoekom dit so is.

1.3 ‘n Persoon onder die invloed van drank, loop slinger- slinger, val gedurig en praat
onduidelik. Watter effek het die alkohol op sy brein en watter deel van sy brein se
werking is belemmer.

1.4 ‘n Dokter tik ‘n pasiënt met ‘n mediese hamer net onder sy knie. Die voorbeen beweeg
onwillekeurig vorentoe. Teken ‘n diagram om hierdie refleksreaksie voor te stel.

2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoorde die vrae wat volg.

2.1 Benoem dele 1 en 6 en gee verskille wat bou en funksies betref.

2.2 Benoem nommer 5 en 4 en gee twee ooreenkomste tussen dit asook twee verskille.

2.3 Benoem nommer 2 en gee een funksie daarvan.

2.4 Is nommer 3 deel van die senustelsel? Verklaar.

2.5 Bespreek wat sal gebeur indien die volgende beseer en beskadig sal raak:
 1
 2
 4
 6

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 152


KENNISAREA 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

3 Bestudeer die onderstaande diagram van die rugmurg en beantwoord die vrae wat volg.

3.1 Gee twee funksies van die rugmurg.

3.2 Gee byskrifte vir dele 1 tot 5.

3.3 Gee ‘n skematiese voorstelling van


die pad van ‘n impuls deur gebruik te
maak van die nommers in die
diagram.

4.1 Noem die mikroskopiese gaping tussen neurone.

4.2 Wat word die chemiese stof genoem wat die imuls oordra?

4.3 Gee byskrifte vir die dele genommer 1, 2, 3, 4, 5 en 6 in die diagram.

5 Gustav sit en lees buite in die tuin. Hy hoor ‘n harde knal van ‘n geweerskoot direk langs
hom. Hy skrik groot. Beskryf watter effek die vrees sal hê op sy simpatiese
senuweestelsel.

6 Onderskei in tabelvorm tussen:

6.1 motoriese en sensoriese neuron.


6.2 serebrum en serebellum.
6.3 grysstof en witstof.
6.4 rugmurg en verlengde rugmurg.

7 Maak ‘n groot benoemde tekening van ‘n neuron.

Hoofstuk 6: MENSLIKE SENUWEESTELSEL EN BREIN 153

You might also like