Skaapboud DR2

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 49

SKAAPBOUD OF POTJIE

Written by

IGNA BOTHA

DRAFT 2: MAART 2024

Green Planet Productions


ii.

NOTAS AAN PRODUKSIE

PAGE 5, SCENE 9
Koot se kersboom kan sommer 'n tak wees wat hy in Ricoffee
blik gedruk het. Die kersversierings aan die boom kan lekker
armsalig wees. Sommer stukkies coke blikkies wat hy opgesny
het, 'n draad balletjie, lekker homemade.

PAGE 9, SCENE 13
Hennie karakterbeskrywing : laat sestigs , hy dra ‘n 'n
noukeurig georganiseerde, sakgevulde onderbaadjie wat dien as
'n draagbare laboratorium vir sy botaniese verkennings.

JOSH TRICK TRACK NOTA


Die beskrywings vir hierdie "trick track" is oop vir ART
DEPARTMENT se interpretasie . Dit kan lekker wees as hierdie
track 'n klomp items bevat wat binne die Kersfees-tema pas:
geskenkpapier , Kersfeesversierings , asook items wat elke
karakter verteenwoordig . Byvoorbeeld : Koot : Die Bybel , sy
familie resepteboek . Mari: 'n wynglas, 'n sonhoed, sonbrille.
Kobus: blikkies bier, 'n guitar pic, oorfone . Elma:
fotoalbum, handeroom.

PAGE 17, SCENE 17


Produksie sal my kontak oor 'n fisiese ooreenkoms tussen Elma
en Mieke. En ek sal die teks aanpas.

PAGE 24, SCENE 30


Dit hoef nie 'n ouma en oupa te wees wat met hulle kleinkind
speel nie . Dit kan enige tipe familie setup wees wat 'n
gevoel van hunkering in Elma ontlok.

PAGE 27, SCENE 32


Odette hoef nie 'n verband om haar kop te hê nie . Dit kan
lekker wees as sy 'n lekker wond op haar wenkbrou het. Wat
ook al vir produksie moontlik is.

PAGE 39
Igna verskaf dialoog vir Odette om te praat in die
agtergrond.
1 EXT. PRETORIUS HUIS, OPRIT - EARLY MORNING 1

Kobus Pretorius (40, quirky) dra ‘n lekker festive pakkie:


swembroek en ‘n uitspattige patroon hempie. Hy kyk na die leë
kar-boot voor hom. Dan gly sy oë na die berg tasse, toksakke,
rakkette, inkopie pakkies, coolboxes, boogie boards wat
ingelaai moet word. SUPER: 21 Desember. Hy strek sy nek en
skouers soos 'n atleet wat gereed maak vir marathon. Let’s do
this. Elma (40, style is effortlessly homely, prioritizing
comfort without sacrificing elegance) sit nog ‘n tassie by
die bagasie toring neer.

ELMA
Is jy seker alles gaan inpas?

KOBUS
Jy vra my elke vakansie dieselfde
vraag.

Kobus laai die eerste bagasiestuk in die boot.

2 INT. PRETORIUS HUIS, LEEFAREA - EARLY MORNING 2

Ons sien skote van ‘n leë huis. Geen meubels, net die
oorblyfsels van ‘n trek: leë rolle tape, bubble wrap, plat
geslaande bokse. Elma stap verslae deur die vertrek, naby aan
trane. Sy hoor net-net haar ma se stem oor die foon.

MARI (O.S.)
Elma, die pad is verskriklik
hierdie tyd van jaar... julle moes
vroeër weggetrek het. Ek het vir
Kobus gesê...

ELMA
Ons moes eers ons hele lewe oppak,
Ma. Dis... dis nie maklik nie.

Elma vee vinnig trane weg en plak 'n valse glimlag op soos
wat Josh (13, ‘n cool bleeksiel) met 'n stapel skoenbokse
verby haar skateboard.

3 EXT. PRETORIUS HUIS, OPRIT 3

Kobus tetris-pak met groot konsentrasie die kar se boot. Vir


elke boks wat hy neersit. Skaats Josh verby en sit agter sy
pa se rug nog 'n boks skelmpies neer. Josh skaats verby die
garage wat vol bokse en toegedraaide meubels staan. Ons hoor
iemand HUIL agter die karton torings.

4 INT. PRETORIUS HUIS, GARAGE 4

MIEKE (16, modieus, geniet make-up trends) se kêrel, DJ (18,


vris, gespierd, rugbykaptein-vibes) vee haar trane af.
2.

MIEKE
Dis laaste keer wat ek jou sien
voor... ek kan dit nie eers sê.

DJ
Hey? Kanada is nie so ver nie.

MIEKE
DJ dis vrek ver. Dis basies die
anderkant van die aardbol.

DJ gee vir haar ‘n druk.

5 EXT. PRETORIUS HUIS, OPRIT 5

Die sweet tap Kobus af soos wat hy probeer om al die bagasie


in te laai. Elma stap suutjies verby en sit 'n paar
strandgoed neer en sneak weg. Kobus draai om en kyk verskrik
na die ekstra paar tassies. Ons hoor hoe Mieke SQUEAL van
opgewondenheid in die agtergrond.

6 INT. PRETORIUS HUIS, GARAGE 6

Mieke gee vir CHANTEL (16) ‘n stywe druk. Chantel hou ‘n


plakkaat vas: MIS JOU KLAAR MIEKS!

MIEKE
Ahw... bestie. Is jy nie
veronderstel om in klaar in
Hermanus te wees nie?

DJ
Sy vang ‘n lift saam met my.

CHANTEL
Ek moes net een laaste keer my
beste vriendin kom groet.

Mieke gee vir Chantal ‘n tranerige druk.

7 EXT. PRETORIUS HUIS, OPRIT 7

Elma en Kobus aanskou die toneeltjie met Mieke en haar


maatjies. Kobus druk Elma se hand. Elma se blik gly dan na
Josh wat eenkant alleen op sy skateboard tricks doen. Elma
sug bekommerd.

ELMA
Juffrou Bekker het gesê ons moet
Josh aanmoedig om uit sy dop uit te
kruip.

KOBUS
Los die kind. Hy makeer niks.
3.

Elma se SELFOON LUI. Willem se naam flits op haar skerm. Sy


druk dood.

KOBUS (CONT’D)
Wie soek jou?

ELMA
Niemand nie.

Kobus druk die laaste tas in die boot in.

CUT TO:

Die familie staan voor die vol gepakte boot. Mieke is steeds
in trane. Elma probeer vir Mieke kalmeer. DJ staan gereed met
‘n selfoon om die foto te neem...

ELMA (CONT’D)
Mieke-lief, stop die trane vir twee
sekondes. Net vir die foto.

Josh druk ‘n skoenboks in die volgepakte boot in.

JOSH
Daar is ‘n plekkie...

DJ
Een...

KOBUS
Josh - wag... moenie met my goed
karring nie.

Josh forseer die boks in.

DJ
Twee...

ELMA
Kan almal asseblief net glimlag vir
die foto!? Josh staan regop.

DJ
Drie! Smile!

Soos wat die Pretorius gesin glimlag vir die kamera... tuimel
al die bagasie uit die boot uit op hulle neer. Die foto is ‘n
flop.

TITLE CARD: SKAAPBOUD OF POTJIE

8 INT. KOBUS KAR - EARLY MORNING 8

NEW STORY DAY. Die gesin het deurnag gery. Hulle is net buite
Kleinmond. Almal lyk gaar. Mieke kyk na ‘n video van ODETTE
OVER THE TOP (beauty influencer, 25, sprankelend, ekstrovert)
op haar selfoon.
4.

ODETTE
Hey my gesiggies... opwindende
nuus. Ek kom maak ‘n draai in
Kleinmond vir ‘n Groet en
Grimeersessie. Koop kaartjies by...

ELMA
Mieke... oorfone asseblief...
(aan Kobus)
Die vrou se stem sny deur my ore.

Mieke gee haar ma ‘n doodskyk.

ODETTE (O.S.)
Odette Over the top, Over and out!

Kobus draai die musiek bietjie harder.

KOBUS
Vlenterpas het hierdie liedjie
gecover. Willem het daai solo
geshred. Man, ons het lekker
hieraan geoefen.

ELMA
Terwyl julle eintlik moes swot.

KOBUS
Ons het die meeste van ons
studentedae gemaak. Onthou toe ek
jou voor die hele pub serenade...

ELMA
Waar is al daardie groot romantiese
gebare van jou heen?

Kobus se oë is op die pad - bekommernis en hartseer lê swaar


op sy hart. Elma sien sy pyn raak.

ELMA (CONT’D)
Ek is jammer jy kon nie die manne
groet voor ons gaan nie. Jy sal
hulle weer sien.

Hy glimlag vals vir Elma en knik. Elma vat Kobus se hand.

KOBUS
Hierdie vakansie is presies wat ons
nodig het.

ELMA
‘n Laaste Somer Kersfees in
Kleinmond.

KOBUS
Wat is op jou vakansie Bucket List?
5.

ELMA
Kwaliteit tyd saam met my ouers…

Terwyl Elma praat - sny na scenic shots van Kleinmond wat


INTERCUT met CU shots van Mari en Kobus se hande.

- Kogelberge

ELMA (V.O.)
Die Kogelberge wat pienk raak
wanneer die son sak...

- CU Koot se hande kraak ‘n bier oop.

- CU Mari se hande in geel skottelgoedwas-handskoene skrop


aggressief ‘n Potjie pot skoon.

ELMA (V.O.)
‘n Mooi gedekte Kersfeesmaal, en
die mense wat ek lief het...

- Branders breek teen die rotse.

ELMA (V.O.)
My pa wat die uile in ons boom
dophou...

- Skoon water spoel oor die pot.

ELMA (V.O.)
‘n Heerlike dag op die strand.
Sterrenag Snoekbraai... Huis, vir
oulaas...

- CU Koot se hande steek ‘n vuurtjie aan...

9 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - DAY 9

Mari trek die geel handskoene uit en plaas die silwerskoon


pot in die middel van haar kombuistafel. Sy gluur na Koot
deur die kombuisvenster. Hy staan langs die braai-vuur,
biertjie in die hand. Hy probeer om 'n armsalige
Kersfeesboompie op te slaan.

10 INT. SWANEPOEL HUIS, LEEFAREA - DAY 10

Mari verstel die tinsel op haar pragtige elegenate over the


top Kersfeesboom vol spesiale HANDGEMAAKTE see-skulpie
ornamente. Skielik hoor sy 'n motor in die oprit. TOOT-TOOT!
Mari glimlag.

11 EXT. SWANEPOEL HUIS, OPRIT - DAY 11

Mari gee vir Mieke en Josh 'n groot druk. Kobus en Mari laai
tasse af in die agtergrond.
6.

MARI
Ouma het julle so verlang... Dat ek
eers kyk hoe lyk julle. Darem maar
pragtig hierdie appels van my...

MIEKE
Ek het oumie ook gemis...

Die kinders vat hulle bagasie en enter die huis. Kobus gee
vir Mari ‘n druk - sy’s effens koud teenoor hom.

KOBUS
Lekker om ma weer te sien. Ons het
‘n heerlike konfyt by die
padstal...

Mari val hom in die rede en gee vir Elma ‘n druk.

MARI
Hoekom is jou oë so pofferig, Elma?
Huil jy? Is jy ongelukkig? Kobus,
kyk net wat doen jy aan haar?

ELMA
Ma... dis nie so erg nie.

KOBUS
Ons het saam hierdie besluit
geneem. Niemand forseer enige
iemand om iets te doen nie.

Kobus storm half woedend met ‘n berg bagasie in die huis in.
Elma gee vir haar ma ‘n waarsku-kyk. Mari glimlag onskuldig
en neem ‘n paar tassies uit Elma se hande uit.

ELMA
Moenie vir Kobus die vark in die
verhaal...

MARI
Shh... Staan net gou stil en ruik
die see... is dit nie heerlik nie?
Al wat kort is ‘n yskoue glasie wit
wyn.

Mari knip oog vir Elma en stap in die huis in. Elma se woede
en irritasie kwyn weg. Sy staan vir ‘n oomblik buite en kyk
na die pragtige kersliggies wat om die huis gespan is. Sy sug
tevrede.

12 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - DAY 12

Mari pak snacks op ‘n platter uit. Mieke neem ‘n handvol


neute terwyl sy vir DJ voicenote.
7.

MIEKE
Hey DJ... sukkel om jou in die
hande te kry... ons is nou by my
ouma se huis...

Mieke stap verby Josh. Hy meet met ‘n maatband ‘n klein


reindeer beeldjie. Hy skateboard met die reindeer by die gang
af verby Elma. Elma stap met ‘n glas wyn in die hand,
nostalgies deur die huis.

ELMA
Geen skateboards in die huis nie!

Kobus skink vir Elma en Mari nog wyn. Elma clock die
potjiekos pot op die tafel - weird.

KOBUS
Waar is Pa? Hy’s nie in sy
studeerkamer nie?

Mari ignoreer hom weer.

MARI
Is hierdie nie ‘n heerlike blend
nie? Glad nie te soet nie. Hendré
het dit aanbeveel.

ELMA
Dit is nogals vreemd dat sy nuwe
meisie Kersfees saam met ons is.
Die verhouding is net ‘n paar
maande oud.

MARI
Nie ‘n goeie teken nie. Dit wys sy
het swak bande met haar eie mense.
Hy bring heeltyd sulke afvlerk
budgies hieraan.

Kobus kyk na ‘n Mari se YSKAS. Dit is vol foto’s van die


kleinkinders, brosjures, kaartjies, asook drie koerant-
uitknipsels van Hendré: Venture Capitalist Hendré Swanepoel:
Sowing Seeds of Success in Agri-Tech, How Hendré Swanepoel is
Leading the Agri-Tech Boom in South Africa.

ELMA
Ses en dertig is nie oud nie. Daar
is nog tyd vir hom om iemand van
waarde te ontmoet.

MARI
Het julle die aanloopbaan op sy
wynplasie gesien?

Elma gooi nog wyn.


8.

KOBUS
Dis nie ‘n plasie nie. Daardie stuk
grond het hom miljoene gekos. Van
wanneer af stel Hendré in wynmaak
belang?

MARI
Die kind het baie stres. Dis goed
dat hy ‘n stokperdjie het wat vir
hom ontspanning bring.

Kobus vat ‘n groot sluk van sy dop en exit na buite.

ELMA
Ma... kan ons asseblief hierdie
jaar alles op die tradisie-lysie
doen? Snoekbraai, Visvang op die
strand, skulpies optel...

MARI
Natuurlik, my skat. Ek wil elke
druppel tyd saam met julle melk.

Mari se kalm fasade kraak vir oomblik - sy kan nie die trane
keer nie.

MARI (CONT’D)
Luister vir my - net omdat alles
nou afgehandel is, beteken nie jy
hoef deur te druk nie. As jy in jou
hart voel jy en die kinders moet
bly, dan bly julle. Daar is baie
gesinne waar die man oorsee...

ELMA
Ek gaan nie my man net een keer
elke drie maande sien nie. Kobus
het ‘n wonderlike pos in Kanada
gekry...

MARI
Hy kon harder vir opsies in Suid-
Afrika soek. Ek’s jammer. IT-
kosultante is hoog in aanvraag.
Hendré kan vir hom toutjies trek.

ELMA
Ons gaan nie bly om van Hendré se
scraps af te lewe nie. Ek vertrou
my man.

Elma gaan staan by die venster/deur wat op die tuin uitkyk.


Die karavaan is opgeslaan. Koot en die kinders bewonder die
kersfeesliggies wat hy om die karavaan gespan het.

Elma kyk hoe Kobus en Koot staan en gesels. Die gesprek lyk
ernstig.
9.

13 EXT. SWANEPOEL HUIS, TUIN - LATE AFTERNOON 13

Kobus en die kinders speel ‘n game in die agtergrond


(volleybal/krieket). Koot kyk saam met Hennie na ‘n
indrukwekkende plant.

HENNIE
Mimetes cucullatus... ons noem hom
sommer rooistompie. Dit is die
enigste lid van die Mimetes-genus
wat ná ‘n brand weer uitspruit.

KOOT
‘n Kanniedood van ‘n plantjie.

Elma sluit by hulle aan.

ELMA
Is ek laat vir die lesing? Hallo
Prof...

HENNIE
Elke jaar sê ek vir julle, noem my
net Hennie.

KOOT
Of Korporaal Hennie noudat jy hoof
van die buurtwag is.

Koot gee vir Elma ‘n stywe druk.

KOBUS
Hallo, my Ellie-ding. Pa het jou
verlang.

ELMA
Dis lekker om hier te wees.

Elma kyk na die karavaan.

ELMA (CONT’D)
Is dit regtig nodig dat Hendré hier
buite slaap? Ek weet pa was ‘n
dominee en jy’t ‘n voorbeeld om te
stel, maar tye het verander. Laat
hy en die meisie maar ‘n kamer
deel.

KOOT
Die karavaan is nie vir Hendré nie.

HENNIE
Julle gaan ‘n spekerish kersete
hier buite hou.

Kobus sluit by die gesprek aan. Hy lag.


10.

KOBUS
Buite? Dit sal die dag wees. Die
Swanepoel Skaapboud is ‘n deftige
affêre. Ons moet elk jaar netjies
aantrek. Die tafel is spoggerig
gedek...

Josh pop uit die karavaan uit - hy dra Koot se Japon en het
‘n paar boeke in sy hand.

JOSH
Die plek is awesome! Oupa al jou
stuff is hier... Jou boeke... Jou
skeermes... Hier’s tot ‘n klein TV!
Wanneer het oupa hier ingetrek?

HENNIE
‘n Maand of so gelede? Sedert die
groot redekwaling. Hier’s jy op jou
oudag nou weer ‘n jonkman of ‘n
losloper...

ELMA
‘n Los-wat!?

KOBUS
Het pa uit die huis uit getrek?

HENNIE
(praat met homself)
Wat is die Afrikaans vir
“bachelor”. Is losloper ooit die
regte woord?

KOOT
Moenie julle steur aan my en Mari
se sake nie. Dis niks.

Elma lyk of sy ‘n aar gaan bars.

ELMA
Mari? Noem jy haar nou sommer op
haar naam? Sy’s altyd Toekies.

KOOT
Ons gaan 'n fantastiese feesmaal
onder die karavaan se dakkie hou.
Ek gaan kampstoele by Prof leen.

KOBUS
Klink oulik. Iets anders.

ELMA
Daar is 'n hele huis… met 'n
kombuis en 'n eetkamer daarbinne!?
11.

KOOT
Moenie op my skree nie. Gaan praat
met jou ma. Sy’s die een wat haar
gat in 'n krul getrek het. Ek was
my hande in onskuld.
(aan Hennie)
Kom ons gaan kry daai goedjies van
jou in die garage, prof.

ELMA
Watse goedjies!? Pa!?

Hennie en Koot stap garage toe.

HENNIE
Sien later! Bly julle het veilig
hier aangekom.

Determinasie flits in Elma se oë - sy is op ‘n missie.

14 INT. SWANEPOEL HUIS, KINDERKAMER - LATE AFTERNOON 14

Mieke karring op haar selfoon. Josh fokus op sy trick track.

MIEKE
Die wifi in hiedie plek suck.

‘n Balletjie rol deur die reindeer se ore by ‘n tinfoelie


glyplank af. Die bal mis die plastiek koppie op die vloer.

JOSH
Vrek.

Josh maak verstellings aan die foelie-glyplank. Mieke hou hom


bored dop terwyl sy met ‘n stukkie foelie speel.

MIEKE
Daai foelie ding is nie lank genoeg
nie. Ek het ‘n idee... laat ek
help.

Mieke karring met die foelie glyplan. Josh vat haar hande
weg.

JOSH
Mieke los! Jy maak dit net erger.
Moenie help nie!

MIEKE
Dis net ‘n klein trick track.
Chill.

JOSH
Hierdie gaan my grootste een nog
wees. My masterpiece.
12.

MIEKE
Dalk moet jy in Kanada met ‘n nuwe
hobby begin. Iets waar jy actually
vriende kan maak.

JOSH
Ek het vriende. Trevor by die
hardewarewinkel. Shane van die
skateboard shop.

MIEKE
Vriende wat actually jou ouderdom
is. Regte vriende.

Josh lag.

JOSH
Wat weet jy van “regte vriende” af?
Jy en jou plastic entourage.

MIEKE
Dis nie ‘n flippen sonde om populêr
te wees nie, Josh. Jy sal nie
verstaan nie.

JOSH
DJ en Chantel, daai hele groepie...
almal is dieselfde ding in
verskillende fonts. Ek weet nie...
ek het net nog altyd gedink jy kan
beter doen.

Mieke is effens gegooi deur Josh se opmerking. Josh hou die


foelie-glyplank met twee hande vas. Hy kan nie los nie... hy
probeer om met sy voet die buisie gom nader te rol. Mieke kry
lekker.

MIEKE
Ek sal jou graag wil help... maar
ek maak mos alles net erger

Eindig op ‘n geïrriteerde Josh.

15 EXT. STRAAT - LATE AFTERNOON 15

Mari stap salig terug huistoe, ná haar middagstappie om die


buurt. Elma powerwalk met mening agter haar ma aan.

ELMA
Hoekom slaap jy en pa nie meer in
dieselfde kamer nie!? Staan julle
op skei!?

MARI
Wil jy dit nie harder skree sodat
die hele buurt jou kan hoor nie?
13.

ELMA
Wat het gebeur? Wat is so terrible
en onvergeefbaar dat julle nie eers
onder dieselfde dak kan wees nie?

MARI
Hierdie debakel is jou pa se skuld.
Kry jou antwoorde by hom. Die
spasie tussen ons sorg vir vrede.

ELMA
Noem ma hierdie vrede? Kersfees is
familie-tyd. Ons skuif al ons
verskille en probleme opsy en wees
net saam. Kersfees is heilig...

Elma en Mari kyk geskok na... Odette (jonk, fiks) met 'n baie
kort oefenbroekie en 'n sportsbra wat strek oefeninge teen
teen Hendré se sportskar doen. Hendré neem haar met sy
selfoon af. Hendré draai spot vir Elma en Mari en glimlag
breed. Hy hardloop omtrent om vir sy mamma ‘n druk te gee.

HENDRÉ
Jinne, kyk net hierdie visioen. Die
vrouens in die buurt is seker
lekker jaloers op jou...

MARI
Gladde bek...Hallo, my liefkind...

Odette gee vir Elma ‘n druk.

ODETTE
Dis so lekker om tannie te ontmoet.
Hendré praat so baie oor sy ma.

Elma dubbelknip en gee vir Odette ‘n kyk.

ELMA
Ek is Elma, sy suster.

Mari skud Odette se hand.

MARI
Ek is die tannie...

Eindig op Odette - O, shit.

16 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - NIGHT 16

Miekie pose saam met Odette vir ‘n selfie. Elma, Mari, Kobus
en Hendré kry die bykosse gereed. (Odette rook ‘n vape wat
Mari grensloos irriteer).
14.

MIEKE
Hoekom het niemand vir my vertel
oom Hendré gaan met ‘n celebrity
uit nie!? Hierdie is insane!

ODETTE
Dis altyd so lekker om fans te
ontmoet.

ELMA
Mieke kyk konstant jou video’s. In
haar kamer, in die kar...

MIEKE
Dan skree my ma: “Sit net af, daai
vrou se stem sny deur my ore”.

Elma lag ongemaklik en gee vir Mieke ‘n kyk - moenie dit sê


nie!?

MARI
Hoe maak mens ‘n bestaan van
hierdie video’tjies en dinge?

ODETTE
Content creation...

Hendré val haar in die rede.

HENDRÉ
Ek het mos vir ma vertel. Odette is
‘n besonderse besigheidsvrou. Daar
is baie strategie wat met hiermee
besigheid gepaardgaan. Sy het groot
handelsmerke wat haar ondersteun
en...

ODETTE
Sy kan ook namens haarself praat,
Dré.

Mari en Elma deel ‘n kyk - Dré?

MIEKE
Odette, sal jy asseblief my
grimering doen vir die Kersfees-
kiekie.

ODETTE
Die wat?

MIEKE
Jy sal nog sien, ons familie het ‘n
klomp Kersfeestradisies. Eerste een
op die lys is ‘n familie foto voor
die Kersboom.
15.

ODETTE
Foto? Dan moet ons vir seker gaan
make-up doen. Let’s go.

Odette en Mieke exit. Hendré is alleen saam met Mari, Elma en


Kobus. Daar hang ‘n ongemaklike stilte in die kamer. Hendré
hou sy ma dop terwyl sy tamaties met ‘n effense aggressie
sny.

KOBUS
Lekker energie aan haar. Baie warm.

MARI
Wens sy kon daai energie gebruik om
my kind se vollenaam te sê. Ek het
vir agtien uur gekraam aan twee
lettergrepe, dankie.

Mari neem die slaai na die eetkamer toe. Hendré forseer ‘n


glimlag deur die ongemaklike stilte.

HENDRÉ
Lekker dat ons almal vir oulaas
saam is, voor julle waai.

KOBUS
Ek twyfel of ons ooit almal “saam”
gaan wees.

ELMA
Ma en Pa voer ‘n mini-oorlog uit.
Niemand wil vir my sê waaroor hulle
baklei nie.

Koot enter met ‘n braaivleis bak.

KOOT
Hier’s vleis vir dié wat wil hê.
Wie ook al buite saam my wil eet,
is welkom.

Elma keer vir Koot voor.

ELMA
Pa gaan nêrens heen nie. Wat van
die familiefoto voor die Kersboom?

Mari enter.

MARI
Ek het gedink ons kan dit hierdie
jaar by die rotse neem. Stranddag
is myne.

KOOT
Snoekbraai is julle weer saam met
my.
16.

HENDRÉ
Julle het tot die tradisies tussen
die twee van julle opgesplit?

ELMA
Belaglik.

KOOT
Daar is waarde in tradisie. Vir
dekades lank maak die Swanepoels 'n
skaapboud vir Kersete. My
oumagrootjie se resep sal
voortleef...

MARI
Ek is nie jou oumagrootjie nie,
Koot. Julle moet kies. Skaapboud
saam jou pa. Of Potjie saam met my.

ELMA
Baklei julle oor wat ons vir
Oukersaand gaan eet!?

KOBUS
Potjie in die somer? Wil ma regtig
vir ure in die son staan?

MARI
Dankie Kobus, niemand het vir jou
opinie gevra nie.

Elma is so oorweldig sy begin bietjie te huil.

KOOT
Is jy gelukkig, Mari? Kyk wat doen
jy aan ons arme dogter.

KOBUS
Almal moet relax. Ek is seker ons
kan ‘n plan maak...

MARI
(points to Koot and Kobus)
Julle tweetjies het klaar genoeg
moeilikheid veroorsaak. Daar is
goed wat ek nou kan sê, wat ek
eerder nie gaan sê nie...

Koot slaan die deur toe soos wat hy uitstap.

17 INT. SWANEPOEL HUIS, LEEFAREA - NIGHT 17

Elma sit met 'n stywe glas wyn alleen onder die Kersboom. Sy
kyk hoe Josh 'n stapel boeke op die vensterbank pak en
afmetings neem. Hy laat 'n ping pong balletjie rol oor die
boeke.
17.

Elma bekyk die handgemaakte skulpie-ornamente wat aan die


boom hang. Agter op elke ornament is 'n datum met Koki
geskryf: 2019… 2018… 2010… Mieke enter en Elma skrik wanneer
sy die kind sien - sy dra swaar grimering (countour, dik
omlynde lipp).

ELMA
Wat het met jou gesig gebeur?

MIEKE
Odette - lyk dit nie awesome nie?
Sy het my neus gecontour - nou lyk
dit nie so skeef nie. Nou is my
gesig totally simmetries.

Elma forseer ‘n glimlag en knik. Mieke sit saam met haar ma


op die mat voor die Kersboom.

ELMA
Hierdie jaar se ornament moet
spesiaal wees. Wat sê jy? Gaan ons
môre vir die mooiste skulpe soek?

MIEKE
Dalk moet ons net een koop? Hierdie
goed ruik na vrot vis.

Elma, effens seergemaak deur Mieke se opmerking, vee haar


dogter se hare uit haar gesig uit.

ELMA
Onthou net, jy het nie al hierdie
goed op jou gesig nodig nie. Ek is
mal oor jou skewe neus... dis my
neus.

Mieke weet nie lekker wat om van haar ma se woorde te maak


nie. Mieke se SELFOON PING!

MIEKE
DJ!?

Mieke hol met die selfoon na haar kamer toe. Elma sit alleen
in die donker sikamer en skakel die Kersfeesboom se liggies
aan.

18 INT. SWANEPOEL HUIS, SPAARKAMER - NIGHT 18

Kobus en Elma lê in die bed. Hulle kyk foto’s op Kobus se


selfoon van die woonstel in Kanada waar hulle gaan bly.

ELMA
Is dit net ek of raak hierdie plek
elke keer kleiner as ek daarna kyk?
18.

KOBUS
Ons is lucky. Dis ‘n baie trendy
woonbuurt in Toronto. Die
badkamertjie is nogals oulik...

Elma gooi die selfoon eenkant toe. Duisende gedagtes maal


deur haar kop.

ELMA
Hierdie argumet tussen my ma’le...
dit gaan oor meer as net die kos.
Hulle steek iets vir my weg.

KOBUS
Ons moenie karring aan jou ouer se
sake nie.

ELMA
Ons moet definitief karring. Ek
gaan nie die land verlaat, terwyl
my ouers op skei staan nie.

Eindig op Kobus - bekommerd.

NEW STORY DAY

19 INT. SWANEPOEL HUIS, HOOFSLAAPKAMER - EARLY MORNING 19

Mari lê salig in haar bed en lees… haar rustige wakker word


tyd word versteur Odette wat 'n “LIVE WORKOUT” buite Mari se
kamervenster doen. Mari loer die venster.

ODETTE
Kom oefen saam tannie! Hierdie move
help vir die jelly arms.

SUPER: 22 DESEMBER. Mari maak die gordyne vies toe.

20 INT. KARAVAAN - EARLY MORNING 20

Koot haal 'n gevriesde lamsboud uit sy vrieskassie uit. Die


boud lê op sy kamptafeltjie.

21 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS 21

Mari en Mieke pak versnapperinge vir die Stranddag in ‘n


koelboks. Josh bou in die agtergrond sy trick-track (dit neem
stadig maar seker die hele huis oor). Hendré en Odette enter.

HENDRÉ
Almal is lekker fluks aan die gang
vanmôre. Ma, hierdie snacks lyk
fantasties.
19.

MARI
Biltong broodjies met roomkaas -
net soos wat jy daarvan hou.

Josh steel plastiek borde en bakkies vir trick-track.

ODETTE
Sjoe, hier’s nogals baie vleisies
en dinge. Ons sal moet stop vir
vruggies by die winkel, Dré-bae.
(aan Mari)
Ek’s Vegan op Dinsdae.

Eindig op Mari - not impressed.

22 INT. KARAVAAN - MORNING 22

Koot maal die speserye vir die marinade fyn. Hy blaai deur
'n ou familie resepte boek. Hy streel oor die handgeskrewe
Skaapboud resep van sy oumagrootjie.

23 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - MORNING 23

Odette meng vir haar ‘n groen-smoothie poeier mengsel. Die


reuk daarvan maak vir Mari naar... almal luister na Mieke se
hartseer storie.

MIEKE
Al my vriende is hier in Suid-
Afrika. Dit gaan so moeilik wees om
van scratch te begin...

MARI
Skat as jy wil bly, bly.

Kobus enters - he catches Hendré’s comment.

HENDRÉ
Ek ken baie gesinne waar die
kinders agterbly en vakansies by
die ouers oorsee kuier. Die laaste
deel van hoërskool is die
lekkerste. Jy moet dit geniet.

KOBUS
Wat weet jy van kinders af?

MARI
Dis ‘n goeie voorstel wat Hendré...

KOBUS
Nee, dit is ‘n onrealistiese,
onpraktiese voorstel. Nie almal het
geld vir multiple oorsee trips ‘n
jaar nie!
20.

MIEKE
Ten minste sit oom Hendré ander
opsies op die tafel. Anders as pa
wat vir my geen keuse gee nie!

Mieke exit in trane.

KOBUS
Great - asof sy my nie nog meer kon
haat nie. Thanks.

HENDRÉ
Kobus, ek het net probeer om...

KOBUS
Daar is mense soos jy wat wynplase
koop om belasting te ontduik en
daar’s ouens soos ek... wat moet
skoolgelde betaal en spaar vir my
kinders se toekoms.
(beat)
Ek het nie jou raad nodig nie.

Kobus neem die koelboks en exit.

24 INT. SWANEPOEL HUIS, STUDEERKAMER - MORNING 24

Elma krap in haar pa se studeerkamer rond. Teen die mure is


foto’s van Koot se loopbaan in die bediening. Elma skakel
haar pa se skootrekenaar aan. Sy maak haar pa se eposse oop.
Elma scan deur al die eposse en kom af op 'n korrespondensie
tussen Koot en sy bank - Subject: Important Notification:
Transaction Alert for Your Savings Account

- On 2 November, a transaction of R250,000 was processed from


your account. This transaction was carried out as per your
instructions and has been successfully completed.

Elma is bekommerd en verward. Net soos wat sy by die deur wil


uitstap, LUI HAAR SELFOON. Willem se naam flits op haar
skerm. Elma antwoord.

ELMA
Ek is so bly om jou stem te hoor.

25 INT. SWANEPOEL HUIS, GANG - SAME TIME 25

Mieke stap by die gang af, sy hoor haar ma se stem in die


studeerkamer. Sy luister die gesprek af.

ELMA (O.S.)
Baie dankie vir al jou moeite, ek
waardeer dit. Nee, moet eerder nie
nou vir jou vrou vertel nie.

Mieke se oë rek.
21.

26 EXT. KARAVAAN - LATER 26

Elma bring vir Koot koffie. Sy klop aan die karavaan se


deurtjie.

ELMA
Pa, koffie vir jou. Almal is klaar
strand toe... soek jy bietjie
geselskap?
(beat)
Pa?

Sy maak die deurtjie oop. Hy is nie daar nie.

Elma spot iemand in die garage. Sy loer deur die garage se


venster en spy op haar pa.

27 INT. SWANEPOEL HUIS, MOTORHUIS - DAY 27

Koot haal ‘n bruin koevert uit ‘n koelboks uit. Hy stap na


die oprit toe. Elma hou hom dop, sy agtervolg versigtig haar
pa.

Koot oorhandig die pakkie aan 'n jong surfer-dude. Elma is


verward.

28 EXT. BEACH ROAD, GAZEBO - DAY 28

Die Gazebo en strandstoele is opgeslaan. Coolbags en strand-


speletjies staan gereed.

MARI
Oef, dis ‘n lekker stil spot dié.
Ek haat dit om so tussen die hordes
te sit.

Mari haal 'n botteltjie sonskerm uit haar strandsak uit.


Odette gryp die botteltjie uit haar hand uit.

ODETTE
Nee... tannie moenie hierdie
supermark snert gebruik nie. Dis
vol gif en plastiek.

Odette bespuit vir Mari met haar sonskerm.

ODETTE (CONT’D)
Ek is ‘n ambassador vir hierdie
sonskerm-brand. Hulle borg môre se
Groet en Grimeer funksie. Totally
organic, eco-friendly. Lig op die
vel en die aarde. Hoe amazing?

Mieke en Handré smeer die sonskerm aan.


22.

HENDRÉ
Sien ma? Influencers weet van al
die nuutste goed op die mark.
Interessant, né?

Mari forseer ‘n glimlag.

Odette en Hendré (op pad om te gaan swem) hardloop verby Elma


en Kobus wat ook onder die Gazebo se skadu sit. Hulle sorteer
die sandkasteel-bougereedskap.

MARI
Ek gaan so lank gaan aas vir die
visvang koop.

ELMA
O, gebeur die visvang-tradisie nog
steeds?

MARI
Die wêreld gaan staan nie stil,
omdat jou pa nie hier is nie.

ELMA
Onthou van die familie foto later!

Mari marches off.

KOBUS
Het iemand ooit sonskerm gebring?

Mieke gee vir haar ouers Odette se sonskerm.

ELMA
Dankie sus.

Hulle smeer die sonskerm aan.

KOBUS
(aan Mieke)
Gaan ons die sandkasteel rekord
probeer breek? Hoe hoog was laas
jaar s’n?

MIEKE
Urgh. Asseblief nie.

KOBUS
Kom nou... dis ons ding. Jy moet
dit saam met my doen.

MIEKE
Het ek glad nie ‘n stem in hierdie
huis nie!? Ek wil dit nie doen nie.
Kry dit in jou kop.
23.

ELMA
Mieke? Moenie so met jou pa praat
nie.

MIEKE
Sê ma met al die geheime...

Mieke spring op en hardloop na Odette en Hendré toe.

KOBUS
Van watter geheime praat sy?

ELMA
Hoe moet ek weet?

Eindig op Kobus - agterdogtig.

29 EXT. KARAVAAN - DAY 29

Josh bou aan sy trick-track. Hy probeer met blikkies kos 'n


ramp bou vir die Ping Pong bal om van af te gly. Koot kyk hoe
Josh verstellings aan sy ontwerp maak en dan notas in sy boek
skryf. Koot kyk met sy verkyker na die bome.

KOOT
Mense in die buurt dink ek is mal,
maar ek weet daar is ‘n Gevlekte
Ooruil besig om nes te maak. Saans
kan ek die wyfie hoor roep.

JOSH
Toemaar oupa - mense dink ook ek is
weird.

KOOT
Vanaand tydens die sterrenag
snoekbraai - gaan julle die Uile se
roep hoor. Man dis mooi. Dit gee my
elke keer hoendervleis.
(beat)
Dis presies wat hierdie huis
vanaand nodig het. ‘n Bietjie
stilte en lekker geselskap...

Josh kreun gefrustreerd soos wat die balletjie in die


verkeerde rigting rol.

KOOT (CONT’D)
Is jy seker ek kan jou nie help
nie?

JOSH
Nee dankie, oups. Ek doen hierdie
altyd alleen. Dit is my system.
24.

KOOT
Wel, jy bou nou mos aan iets
buitengewoon. Jou grootste spoor
nog... dalk moet jou “system”
aanpas.

JOSH
No offence, oupa. Dis net... ek hou
nie regtig daarvan om saam met
ander mense te werk nie. Hulle krap
net my planne om.

KOOT
Jy is nog veels te jonk om so
sinies te wees. Bietjie ongemak is
goed vir jou. Soms kan mense baie
meer vermag as jy mense toelaat om
jou te help.

JOSH
So, hoekom aanvaar oupa nie Mamma
se hulp nie? Dinge tussen jou en
ouma lyk intense.

KOOT
Dis iets heeltemal anders. Die punt
is, jy moet ophou jouself so
eenkant hou. Ek het ‘n plan met die
balletjie-ding.

Koot verdwyn in die huis in. Josh maak ‘n sosiale media app
op sy selfoon oop. Hy kyk na al die friend requests wat hy
nog nooit aanvaar het nie.

Hy scroll rond op die app en kom af op 'n foto van Chantel


wat smile (Mieke se bestie). Hy sien ‘n comment wat DJ op die
foto gemaak het: Mooiste girl, ek is n lucky ou. <3 luv ju.
Josh se oë rek - hier kom moeilikheid.

30 EXT. BEACH ROAD, ROTSE - DAY 30

Elma kyk na ‘n Oupa en Ouma* wat vir hulle kleinseun leer


visvang. Die ma van die seuntjie smeer vir hom nog sonskerm
aan. Hendré sluit by Elma aan en volg haar blik.

HENDRÉ
Ma leer vir Odette hoe om vis te
vang.

ELMA
Dit moet ‘n sight wees. Hierdie
vakansie kort beslis ‘n bietjie
komedie.

HENDRÉ
Hierdie ding tussen ma en pa gaan
fine wees.
25.

ELMA
Dis so ver van fine af. Pa het ‘n
kwartmiljoen rand uit sy
pensionfonds uit onttrek.

HENDRÉ
Wat? Vir wat het hy so baie geld
nodig... Ek sal hom met enige iets
help. Hoekom het hy nie na my toe
gekom nie?

ELMA
Want wat ook al gebeur het, is ‘n
skande. Hy kry te skaam om daaroor
te praat.

Hendré absorbeer die nuus.

HENDRÉ
Flip. Baie mense sy ouderdom sukkel
met dobbelprobleme.

ELMA
Dobbel? Hy’s ‘n dominee Hendré!

HENDRÉ
Afgetrede ouens kan nie cope met
die skielike niks nie. Hulle is
desperaat vir ‘n bietjie opwinding.

ELMA
Luister... Hou dit vir eers net
tussen ons. Hierdie is ‘n delikate
probleem. Ek weet nog nie hoe om
dit te hanteer nie.

HENDRÉ
Aan die anderkant. Dalk moet ons
nie spoke opjaag nie? Dalk is dit
niks?

ELMA
Niks? Tipies. Los dit net.

HENDRÉ
Wat?

ELMA
Dit help nie ek praat met jou
hieroor nie. Jy spandeer nooit tyd
met ma’le nie.

HENDRÉ
Want ek is by die werk. Ons is nou
net deur ‘n baie stresvolle tyd by
die maatskappy.
26.

ELMA
Was die druiwe op die wynplaas
bietjie suur? Wat ‘n fiasco? Jy
check net in met die my en ma’le
wanneer dit jou pas.

HENDRÉ
Wie is jy om my karakter so
uitmekaar uit te trek, huh?

ELMA
Jou suster. Ek is die gom wat al
vir jare lank hierdie familie
aanmekaar vas hou. Wie herinner jou
oor ons ouers se verjaarsdae? Wie
reël die familie vakansies? Een van
die dae is ek nie meer hier nie,
Hendré. Hoe moet ek vir ma en pa
aan jou en Odette se genade oorlos?

HENDRÉ
Moenie vir Odette onderskat nie. Sy
het ‘n wonderlike warm hart. Nie
een van julle doen die moeite om
haar te leer ken nie.

ELMA
Al waarna jy opsoek is, is ma se
regmerkie. Jy sal nooit met 'n vrou
trou sonder haar goedkeuring nie.

HENDRÉ
Genoeg, Elma!

Skielik hoor ons hoe Odette in die verte BLOU MOORD SKREE.
Hendré en Elma deel ‘n panicked kyk.

31 INT. BEACH ROAD, STRAND 31

Mari staan met die visstok in haar hand en kyk geskok na


Odette. Kobus en Mieke is rondom Odette en probeer om haar te
help. Elma en Hendré kom aangehardloop.

HENDRÉ
Wat gaan aan? Wat het gebeur?

Kobus en Mieke tree terug en reveal daar is ‘n vishoek deur


Odette se wenkbrou.

MARI
As sy minder op haar selfoon was,
sou sy sien ek is besig om lyn in
te gooi.

ODETTE
Moenie my blameer nie! Jy’s die een
met die stok in jou hand!
27.

Eindig Hendré - hy troos vir liewe Odette...

32 INT. SWANEPOEL HUIS, BADKAMER - NIGHT 32

Odette is in 'n toestand oor haar blou wenkbrou en die


verband om haar kop*.

ODETTE
Worst timing ever. Ek kan nie môre
by die event so opdaag nie. Jou ma
is so aspris.

HENDRÉ
Dit was ‘n ongeluk.

ODETTE
Ek sien die vuil kyke. Ek is nie
blind nie. Hulle hou niks van my
nie. Jou ma en jou sussie...

HENDRÉ
Hulle vat net ‘n rukkie om mense te
leer ken.

ODETTE
Hou op om verskonings vir hulle te
maak. Ek soek nie jou ma of Elma se
aanvaarding nie - jy doen. Jy
verkoop my aan jou familie soos een
of ander secondhand cardealer.
“Sien ma? Influencers weet van al
die nuutste goed op die mark...”

HENDRÉ
Is dit ‘n sonde dat ek wil hê julle
moet goed oor die wegkom? Hierdie
is my mense. Hulle speel ‘n groot
rol in my lewe. Ek wil hê jy moet
net jouself tussen ons kan wees.

ODETTE
Is jy jouself tussen hulle? Want ek
sukkel om jou te herken.

Hendré hou vir Odette vas.

HENDRÉ
Ek is hier. Sonder al die familie
drama en chaos. Dis net ek. Oukei?

Odette gee in en streel sy gesig.

HENDRÉ (CONT’D)
Hou jy nog van my?

ODETTE
Net-net. Jy’s lucky jy’s handsome.
28.

Hendré soen vir Odette en hou haar styf vas.

33 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - NIGHT 33

Hendré haal ‘n bottel wyn uit die yskas uit. Mari hou hom
effens skuldig dop.

MARI
Het Odette se swelling al bietjie
gesak?

HENDRÉ
Nee - sy gaan môre soos ‘n seerower
lyk.

Mari kan nie help om te giggel nie.

HENDRÉ (CONT’D)
Dis nie snaaks nie. Sy het baie
hard aan hierdie Groet en Grimeer
event gewerk.

MARI
Nou sit sy met ‘n gulde geleentheid
om werklik die krag van make-up te
beproef.

HENDRÉ
Dankie tog ons kuier saam met pa
vanaand. Ek is so oor ma se sin vir
humor.

MARI
Hendré... sy’s net... sy’s nie wat
ek verwag het nie. Ek kyk net uit
vir jou. Jy werk so hard. Ons is so
trots op jou, maar daai verhouding
kompas van jou is uit.

HENDRÉ
Dalk verskil my Noord van ma s’n?

MARI
Mamma wil net hê jy moet gelukkig
wees. Ek ken jou goed. Ek kan sien
jy stoei met jouself.

HENDRÉ
Omdat ma onregverdig optree. Jy
plant al hierdie saadjies van
twyfel in my kop.

MARI
Kom nou. Jy sien tog nie ‘n toekoms
saam met daardie vrou nie?
29.

HENDRÉ
Daardie vrou? Sy is my meisie. Wat
as daar ‘n ring in my tas lê, ma?
Wat dan? Hm? Gaan jy jou woorde
terug sluk?

MARI
Moenie vir my sê jy...

Koot enter.

KOOT
Skuus... ek het gou na my special
spices kom soek.

Koot krap in die kaste rond.

KOOT (CONT’D)
Odette het ‘n baie oulike resep vir
die aartappels voorgestel. Ek gaan
dit vanaand probeer. Oulike kop aan
haar die kind. Vol idees.

HENDRÉ
Dankie pa, dis net jammer dat nie
meer mense dit raak sien nie.

Hendré en Koot stap uit. Hendré maak die deur agter hom toe.
Mari bly alleen in die kombuis agter - seergemaak deur Hendré
se opemerking. Sy beweeg na die venster toe en kyk hoe die
res van die familie buite lekker buite saam kuier.

34 EXT. KARAVAAN, BRAAI AREA - NIGHT 34

Koot sit nog ‘n paar stukke hout op die vuurtjie. Mieke,


Kobus, Josh, Hennie en Odette maak beurte om met ‘n verkyker
in die boom vir die uil se nes te kyk.

HENNIE
As ons vanaand daai uil sien, eet
ek my hoed op.

KOOT
Wees net geduldig. Uiltjie weet ons
hou haar dop.

KOBUS
Josh, jy het gevorder met jou track
vandag.

JOSH
Die laaste deel sukkel bietjie.
Hopelik kry ek dit klaar voor ons
weggaan.
30.

MIEKE
Hoeveel views mik jy om met hierdie
video te kry?

JOSH
Dit gaan nie vir my oor die views
nie.

ODETTE
Cute, laai jy dit op sosiale media?

MIEKE
Sy vorige video het soos dertig
duisend likes gekry?

Odette verstik aan haar wyn.

KOBUS
Wat? Ek het nie geweet mense kyk na
die goed wat jy bou nie?

MIEKE
Josh hou homself cool. Die page is
anoniem.

KOOT
Geen wonder jy is so
perfeksionisties nie.

HENNIE
Hy kan nie sy aanhangers teleurstel
nie.

KOBUS
Jinne, jy’s nogals ‘n dark horse
seuna.

ODETTE
Verskoon my...

Odette knip vinnig traantjies weg soos wat sy terug stap na


die huis toe.

35 EXT. TUIN - NIGHT 35

Elma stap na die vuurtjie toe van die motorhuis af. Hendré
keer haar voor.

HENDRÉ
Waar sluip jy rond?

ELMA
Ek wil bietjie kyk wat in pa se
garage aanjaag, maar die deur is
gesluit.
31.

HENDRÉ
Sleutel is in die karavaan.

ELMA
Jammer oor vroeër. Ek wil nie met
jou baklei nie. Veral nie hierdie
vakansie nie.

HENDRÉ
Dis oukei... dis goed om bietjie
stoom af te blaas.

ELMA
Miskien kan ek ‘n goeie woordjie
vir Odette by ma insit?

HENDRÉ
As daar iemand is wat haar opinie
kan verander, is dit jy.

Elma sug.

ELMA
My laaste Kersfees in Suid-
Afrika... en ons kan nie eers een
keer om dieselfde tafel sit nie.

HENDRÉ
Moet nog nie moed verloor nie. Ek
het ‘n idee.

Hendré knipoog vir Elma. Koot KLINK sy wynglas met ‘n


teelepel. Hy wuif vir Hendré en Elma nader.

KOOT
Staan nader my kroos. Dis ‘n
voorreg om tyd saam met jou familie
en vriende deur te bring.
(beat)
Kobus, Elma... ek dink julle is
besonders braaf. Om die vreemde in
te vaar en van voor af te begin...
is nie maklik nie. Dis swaar om te
groet...

ELMA
Dalk hoef ons nog nie so vinnig te
groet nie. Pa, as jy ons nodig het
of in die moeilikheid is... ons kan
‘n rukkie langer bly...

Kobus kyk verward na Elma.

KOBUS
Elma?

MIEKE
Gaan ons nie meer trek nie?
32.

Kobus kyk seergemaak na Elma.

JOSH
(fluister)
Oupa... kyk...

Josh wys na die boom. Almal volg Josh se blik. Almal


fluisterpraat van hier af.

HENNIE
Kan dit wees...?

Koot en Elma deel ‘n kyk - vol sentiment.

ELMA
Na al hierdie jare, ou uiltjie het
uiteindelik kom groet.

Elma rus haar kop op Koot se skouer.

KOOT
Net vir jou sus... net vir jou.

Die teer oomblik word onderbreek deur KERSFEES MUSIEK wat


blêr vanuit die huis uit. Almal kyk verskrik na die boom. Ons
HOOR VLERKE WAT KLAP. Dit word gesuggereer dat die uil
wegvlieg. Koot gluur in die rigting van die huis. Ons sien
hoe Mari met ‘n glas wyn in die hand voor die kombuisvenster
dans.

36 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - NIGHT 36

Koot ruk die kombuisdeur oop. Hennie staan effens ongemaklik


langs hom. Hulle moet omtrent skree oor die musiek om mekaar
te hoor.

KOOT
Is die musiek nou regtig nodig!?
Ons was op pad om ‘n baie spesiale
verskynsel te sien... sit daai goed
sagter!

MARI
Jy bly nie meer in hierdie huis
nie. Ek kan maak net wat ek wil!

KOOT
Ons kan mekaar omtrent nie hoor
hier buite nie!

MARI
Wat sê jy?

Koot gee vir Hennie ‘n kyk. Hennie skryf op ‘n notaboekie en


skeur ‘n papier uit en gee dit vir Mari.
33.

MARI (CONT’D)
‘n Duisend rand boete!?

HENNIE
Jy ontwrig die vrede in hierdie
buurt.

MARI
Vat jou boete en druk by jou...

Hendré, Elma en Kobus sluit aan by die bakleiery.

ELMA
Hierdie geskree gaan ons nêrens kry
nie. Hendré het ‘n iets wat hy wil
sê...

Mari sit die musiek af.

HENDRÉ
Almal moet asseblief môre Odette se
Groet en Grimeer event bywoon. Ons
sal saam as ‘n familie om een tafel
sit. Geen verskonings nie. Daar mag
dalk 'n baie belangrike
aankondiging gebeur…

MIEKE
O, my soul. Gaan jy haar vra om te
trou!?

Koot en Mari deel ‘n kyk. Hendré glimlag geheimsinnig.

HENDRÉ
Wie weet, julle sal maar moet wag
ek sien?

Elma glimlag tevrede - in haar skik met haar broer se wit


leuentjie.

37 INT. SWANEPOEL HUIS, KINDERKAMER - NIGHT 37

Josh lê in sy bed en scroll op sy selfoon. Mieke deursoek die


hele kamer vir haar selfoon.

MIEKE
Waar is my selfoon? Zero sein op
die strand. Weak wifi by die huis -
my boyfriend gaan dink ek het hom
afgeskryf.

JOSH
So... jy was nog nie regtig op
socials vandag nie?
34.

MIEKE
Nee. Leen gou jou foon vir my.
asseblief. Ek voel so uit touch met
die wêreld uit... dis aaklig...

Mieke mik om Josh se foon uit sy hand uit te pluk, maar Josh
baklei terug.

JOSH
Mieke... los... gaan soek jou foon.
Moenie my goed vat nie!

MIEKE
Hoekom is jy so angsty? Gly jou
balletjie nie op die regte plek
nie?

Daar is ‘n ongemaklike stilte in die kamer. Josh wroeg - wat


is die regte ding om te doen?

JOSH
Ek voel maar net af. Mense is
terrible. Hulle jok en cheat...

MIEKE
O, my word. Dink jy ook mamma cheat
op pappa?

Josh se brein bars.

JOSH
Waarvan praat jy? Mamma sal nooit
dit aan pappa doen nie. Odette se
vrot sonskerm smokkel met jou kop.

MIEKE
Dink net daaroor... ma sneak
heeltyd weg om weird calls the
maak. Sy en pappa sit vas.

JOSH
Ons is letterlik besig om na ‘n
ander kontinent toe te trek. Ek kry
hulle vrek jammer. Jy is heeltyd so
mean met hulle.

Mieke absorbeer Josh se opmerking. Skuldgevoelens woed in


haar oë.

MIEKE
Net omdat ek mean is beteken nie ek
is nie lief vir hulle nie. Maar,
daar is iets weird aan die gang.
Ja, ons trek Kanada toe vir pa se
werk, maar wat as daar eintlik ‘n
ander rede is?

Josh kyk gespanne na sy sussie. Mieke leuen teen die deur.


35.

MIEKE (CONT’D)
Hopelik is ek verkeerd.

Mieke exit. Eindig op Josh - hy leun terug teen die bed se


kopstuk. Hy haal Mieke se selfoon onder sy kombers uit. Die
foon cover is helder pienk en vol stickers. Josh bêre die
foon onder sy bedkassie.

TRANSITION TO NEW DAY

38 INT. SWANEPOEL HUIS, KOMBUIS - MORNING 38

SUPER: 23 DESEMBER. Mari en Mieke krap in die kombuis kaste


rond. (Ons sien nog nie hulle gesigte nie). Josh enter - hy
doop sy beskuit in sy koffie in.

JOSH
En nou?

Hulle antwoord van agter die kombuiskaste uit.

MIEKE
Soek my selfoon.

MARI
Ek soek my potjiekos pot.

Mieke en Mari maak die kasdeure toe en kyk vir Josh. Albei is
bloedrooi gebrand. Josh bars uit van die lag. Mieke en Mari
deel ‘n geïrriteerde kyk.

MARI (CONT’D)
Dis ons lot vir die volgende paar
dae. Dankie Odette.

39 INT. SWANEPOEL HUIS, BADKAMER - MORNING 39

Odette se gesig is in ‘n toestand. Rooi gebrand. Blou kol op


die wenkbrou, met ‘n pleister wat die steke toeplak. Sy kyk
na ‘n video van Josh se trick-track - 32 567 VIEWS. Dan maak
sy een van haar eie videos oop - 8987 VIEWS. Odette se
traantjies sit vlak. Sy kyk vir haarself in die spieël - What
am I doing with my life?

KLOP AAN DIE DEUR.

HENDRÉ (O.S.)
So excited vir vandag liefie! You
got this!

ODETTE
Dankie...

Odette smeer ‘n dik laag onderlaag oor haar gesig.


36.

40 INT. SWANEPOEL HUIS, GARAGE 40

Elma sneaks in Koot se garage in. Sy krap tussen sy


besittings rond opsoek na bewysstukke. Elma spot ‘n obskure
koelboks wat effens uit plek uit lyk. Elma maak die koelboks
oop. Haar oë rek geskok.

41 EXT. KARAVAAN - MORNING 41

Mari en Koot is te midde ‘n groot argument.

KOOT
Ek weet nie waar jou dekselse pot
is nie!

MARI
Hoekom ontneem jy my van alles!

KOOT
Hier gaan ons alweer met die drama.

Die gesprek raak skielik ernstig - Mari het trane in haar oë.

MARI
Jy gaan nog bitter spyt wees oor
hierdie besluit. Dit gaan vreet aan
jou. Dis verkeerd... geen pa...

KOOT
Hou op met die reg en verkeerd. Die
lewe bestaan uit grys areas uit.

MARI
Nie as dit by jou kinders kom nie.
Diep diep binne in jou hart weet jy
jy het 'n fout gemaak… een waarvoor
jy nog 'n baie duur prys gaan
betaal.

HENDRÉ (O.S.)
Kom almal... ons moet die pad begin
vat! Wie ry saam met my?

Mari storm weg. Koot is geraak deur haar woorde. Hy sit


moedeloos op sy karavaan se trappie.

42 INT. KOBUS KAR - DAY 42

Die motor staan in Kleinmond Central Cafe se parkeerarea. Die


rooi gebrande familie peul uit die kar uit. Elma bly sit in
die kar alleen. Sy staar meedoënloos voor haar uit. Die res
van die familie beweeg in die Cafe in. Kobus maak weer die
bestuurder deur oop.

KOBUS
Kom jy? Hallo?
37.

Elma laat sak haar kop in haar hande. Sy is in trane. Kobus


klim weer terug in die kar in.

KOBUS (CONT’D)
Ek weet ons sit vas, maar
gisteraand was nie oukei nie.
Hoekom het jy dit laat klink asof
ons nie meer emmigreer nie?

ELMA
Want my ouers het ons hier nodig.
My pa smokkel met dagga.

Kobus probeer sy bes om nie uit te bars van die lag nie.

KOBUS
Wat?

ELMA
Sy hele garage is vol van die goed!
Nou maak alles sin! Die vreemde
pakkie wat hy vir die jong surfer
gegee het… die geld wat hy uit sy
spaarrekening onttrek het. Daar is
‘n druglord op sy spoor...

Kobus probeer die skuldgevoelens in sy oë wegsteek.

KOBUS
Ek dog ons is op dieselfde bladsy?
Jy gryp na grashalms. Jy sal enige
twak opmaak om in die land te bly.

ELMA
Dis nie waar nie.

KOBUS
Hoekom gebruik jou ma elke
geleentheid wat sy kry om ons
besluit te kritiseer?

ELMA
Neem jy haar kwalik!? Dis nie net
ons lewens wat verander nie. Ons
ouers verloor ook tyd saam met ons.

KOBUS
Wil jy my nog meer sleg en skuldig
hieroor laat voel? Jy kan huil en
kerm, maar ek mag nie breek nie. Ek
mag nie stress nie. Ek is die een
wat ons almal deur hierdie golf
moet kry. Alleen!

Kobus klim uit die kar uit en slaan die deur toe. Eindig op
Elma.
38.

43 INT. KLEINMOND CENTRAL CAFE, TOONBANK - DAY 43

Odette staan voor in die Cafe by 'n klein tafel vol produkte.
Die Swanepoels sit aan ‘n tafel agter in die Cafe. Hendré
waai vir Odette en wys vir haar SHAP. Daar is net ses ander
mense teenwoordig vir funksie. Odette probeer om haar
teleurstelling weg te steek.

ODETTE
Môre gesiggies. Dankie vir almal
wat vandag hier is. Ons is ‘n
lekker intieme groepie...

CUT TO:

44 INT. KLEINMOND CENTRAL CAFE, TAFEL - SAME TIME 44

ODETTE (O.S.)
Vandag gaan ek ‘n hele paar tips
vir julle leer...

Die res van Odette se toespraak is net-net hoorbaar in die


agtergrond. Koot sluk twee glasies sjampanje vinnig na
mekaar. Mieke is doenig op Kobus se selfoon - sy probeer om
in te log op haar sosiale media apps.

KOBUS
Mieks, gee my foon terug.

KOOT
Kan ek my heildronk van gisteraand
probeer klaar maak? Op familie...
op saamwees...

MARI
Jou aksies dryf hierdie familie uit
mekaar uit!

Elma se trane bou en bou… die spanning van die geheim vreet
aan haar.

HENDRÉ
Ma, kalmeer. Dis ‘n skaapboud - nie
manslagting nie!

Mieke neem foto’s van die familie wat om die tafel sit. Dit
irriteer vir Kobus.

ELMA
Een van die dae is dit dalk
manslagting. Een van die dae eindig
pa dalk in die tronk op!

KOOT
Ekskuus my?
39.

KOBUS
(aan Mieke)
Nie nou nie - gee die ding hier.

MIEKE
Los my net uit! Pa is ‘n control
freak! Geen wonder mamma het 'n
affair nie!

Nou kyk almal weer met vraagtekens na Mieke.

ELMA
Mieke? Mens maak nie sulke
aantygings nie!

Mense wat voor in die Cafe sit loer oor hulle skouer na die
bohaai by die Swanepoel-tafel. Arme Odette sukkel om die
mense se aandag te hou*.

KOOT
Daarsy, sus. Proe bietjie jou eie
medisyne. Volgens jou gaan ek mos
tjoekie toe?

ELMA
Ja! Want pa verkoop dwelms uit ons
garage uit! Jy is in die
moeilikheid met jou finansies. Al
daai geld uit jou spaarrekening
uit... betaal jy druglords af of
iets?

Kobus snap.

KOBUS
Hy het die geld vir my geleen!

Daar val ‘n stilte oor die Cafe. Elma kyk geskok na Kobus.

KOBUS (CONT’D)
Dit was die laaste bietjie geld wat
ek nodig gehad het om die trek te
finaliseer. Ek het jou ouers gevra
om stil te bly.

Mari se trane sit vlak, sy knik vir Elma.

MARI
Dis hoekom ek so kwaad vir dié twee
is.

Koot spring op en gryp sy karsleutels.

KOOT
Ek is moeg daarvoor om soos ‘n
krimineel by my eie familie te
voel! Genade, ek het net probeer
help.
40.

Koot storm weg. Kobus vat Elma se hand.

KOBUS
Ons moet praat.

ELMA
Ek het niks om vir jou te sê nie.

ODETTE
Is daar enige iemand wat my model
vir die demonstrasie wil wees...
enige iemand..

KOBUS
Elma...

Elma steek haar hand op - sy wil net so vinnig as moontlik


van Kobus af wegkom.

ELMA
(aan Odette)
Ek sal jou help!

Odette forseer ‘n glimlag - sy weet nie of dit ‘n goeie ding


is nie.

45 EXT. KLEINMOND CENTRAL CAFE, STOEP - DAY 45

Hendré staan en rook buite.

KOBUS
Kan ek een by jou bum?

Hendré gee vir Kobus ‘n sigaret.

KOBUS (CONT’D)
Ek het as ‘n student laas gerook...
Saam die band...

Daar is ‘n ongemaklike stilte tussen die twee van hulle.

HENDRÉ
Jy kon vir my gevra het.

KOBUS
Ek weet, maar... ek was te trots.

Hendré knik.

HENDRÉ
Vir wat dit werd is, ek kyk op na
jou en Elma. Julle het die good
life. Op ‘n weird manier voel ek
altyd insecure rondom julle. Julle
het great kids. ‘n Rock solid
verhouding.
41.

KOBUS
Mens dink altyd die gras is groener
aan die anderkant.

Mari sluit by Kobus en Hendré aan.

MARI
Kobus - jou karsleutels... Hennie
het nou net gebel. Daar is ‘n
krissis met pa.

KOBUS
Ons sal saam met ma ry...

MARI
Nee - bly vir Odette se dingetjie.
Daar’s omtrent niemand daar binne
nie. Ek sal die moeilikheid
uitsorteer.

Kobus gee vir haar die karsleutels. Mari haas weg na die
parkeerarea toe.

46 INT. KLEINMOND CENTRAL CAFE - DAY 46

Odette smeer grimering oor Elma se gesig tydens die


demonstrasie.

ODETTE
Soos julle kan sien... apply ek
eers die produk op my hand voor ek
dit aan die gesiggie smeer...

Fokus verskuif na Mieke wat die DJ se comment op Chantel se


foto inspekteer. Kobus sluit by haar aan. Kobus gee vir ‘n
tranerige Mieke ‘n druk.

KOBUS
Dis oukei Mieks, pappa is nie kwaad
vir jou nie.

MIEKE
Pappa... DJ en Chantel is ‘n
couple. Hy cheat op my...

Kobus gee vir sy dogter ‘n druk.

KOBUS
Aai, poplap. Hy’s nie jou trane nie
werd nie.

MIEKE
Pappa jy en mamma moet vrede
maak... môre is dit Kersfees.
42.

KOBUS
Groot vergifnis, verg groot om
verskoning vra.
(beat)
Het jy geweet jou pa was nogals ‘n
romantic op sy tyd?

Mieke skud haar kop. Kobus glimlag breed.

Sny na Odette - sy sit die “finishing touches” op Elma se


grimering.

ODETTE
En daar het julle dit - ‘n easy
everyday make-up look. Glans en
gereed vir ‘n somerpartytjie.

Die klein gehoortjie klap hande. Hendré spring op en gee


sommer vir Odette ‘n standing ovation.

ODETTE (CONT’D)
Is daar enige vrae?

Kobus steek sy hand op. Hy sit tussen Odette se aanhangers


(’n groepie ouer vrouens en tieners). Odette en Elma is
mortified. Wat doen die man!?

KOBUS
Ja... sal jy sê make-up is soos ‘n
wit-leuentjie?

Elma panic - sy mime vir Kobus - Wat doen jy? Elma gesture -
cut it. Die gehoor is ook verskriklik ongemaklik.

ODETTE
Uhm... Ek weet nie lekker hoe om
die vraag...

Kobus staan vol brawade op.

KOBUS
‘n Wit-leuentjie is soos make-up
vir die lewe. Dis onskadelik. Soms
probeer jy net die mense wat jy
liefhet beskerm teen onnodige
stress en spanning.

Hendré lyk ook bietjie gespanne oor die situasia.

ELMA
Sommige puisies en vlekke steek
mens nie weg nie. Jou mense sal jou
nie oordeel nie. Hulle sal jou help
deur die ongemaklike fase...
(beat)
Vertrou jy my nie?
43.

Die dames in die gehoor is meegevoer in Elma en Kobus se


“gesprek”.

KOBUS
Ek doen... dis net... ek... sukkel
om...

TANNIE
Sê vir haar, man!

KOBUS
Ek was bang daar is 'n kans dat
Kanada nie uitwerk nie. Dat jy koue
voete sou kry. Elma, ek kan nie
hierdie skuif sonder jou aanpak
nie.

Die een tannie draai na die ander tannie.

TANNIE 2
Sjoe...

KOBUS
Jammer oor die wit leuentjie, my
lief. Jy en jy alleen maak my die
braafste man op aarde.

Elma smelt 'n bietjie… sy gryp vir Kobus en gee vir hom 'n
groot soen. Die gehoor klap sommer hande. Odette is geraak
deur die mooi liefdesverklaring. Sy en Hendré clock eyes from
across the room en glimlag vir mekaar.

Odette spreek haar gehoor aan.

ODETTE
Grimering kan ook net soveel
foutjies wegsteek. Kyk net hoe lyk
ek. Daar is nie genoeg onderlaag in
die wêreld om hierdie tamatie gesig
te red nie. Die wond op my kop lyk
soos iets uit ‘n horror movie uit.

Die gehoor lag.

ODETTE (CONT’D)
Hierdie vlekkies is bewyse van ‘n
epic familie vakansie vol stories.

Odette van Hendré se oog. Hulle glimlag vir mekaar.

ODETTE (CONT’D)
Herinneringe saam met special mense
wat ek eendag gaan koester. Hou dit
in gedagte volgende keer as jy jou
blush aansit. Dankie dat julle
almal hier was!

Die gehoor klap hande.


44.

47 INT. BUURTWAG KAR - DAY 47

Mari klim in die Buurtwag karrtjie in, langs Koot.

MARI
Aai pa, wat het jy nou weer
aangevang?

KOOT
Volgens Prof het ek nie by die
stopstraat gestop nie.

Hennie pop sy kop by die venster in.

HENNIE
Ons het streng reëls in hierdie
buurt. Jy’s met daai sjampanje asem
van jou dwardeur Debbie se
petunias.

MARI
Nie die petunias nie... Koot?

KOOT
Is jy hier om vir my te preek?

MARI
Nee, ek’s hier om jou te vergewe.

Koot is verras.

MARI (CONT’D)
Jammer dat ek al my frustrasies op
jou uitgehaal het. Ek weet Kobus
het sy redes om Kanada toe trek… ek
wou maar net met my hele hart
baklei om hulle hier te hou.

Koot hou Mari se hand vas.

KOOT
Ek weet. Ek weet...

Koot trek vir Mari nader. Sy rus haar kop op Koot se skouer.

KOOT (CONT’D)
Moet ek nou ‘n mooi vergifnis
toesprakie vir jou ook maak...?

MARI
Nee... jy kan net instem vir
Potjiekos op Oukersaand....

KOOT
Wat is dit met jou en daai pot? Jy
maak dan die lekkerste skaapboud
hierdie kant van die Overberg.
45.

MARI
‘n Boud is nie net ‘n boud nie. Dis
soetwortels en groenboontjies...
die hele dag alleen in die kombuis.
Ek staan eerder vir ure in die son
omring deur my kinders en klein
kinders.

KOOT
Haai my Toekies - na al die jare
deel jy nou eers jou lyding met my?

MARI
Gewoonlik geniet ek my gate uit....
Hierdie jaar... hierdie jaar wil ek
net by my mense wees.

KOOT
Potjiekos dit is.
(beat)
Maar dis ‘n skaap-pot.

Koot en Mari omhels.

HENNIE
Ek hou van enige pot. Vark,
seekos... taretnaal...

KOOT
Ja, prof jy is ook genooi...

TIME TRANSITION - NEW STORY DAY

48 EXT. BEACH ROAD, ROTSE - DAY 48

SUPER: 24 DESEMBER. Dit is 'n pragtige dag. Die sonlig


flikker op die water.

Elma en Koot sit op die roste. Hulle het sopas ‘n sak vol
skulpies opgetel.

KOOT
Dis Prof se se dagga vir sy
Glaucoma. Hennie se vrou hou nie
daarvan dat die goed in hulle huis
staan nie - nou stoor ons dit maar
in my garage.

Elma lag en skud haar kop.

ELMA
Dankie vir die lening pa.

KOOT
Dit gaan goed gaan daar anderkant -
jy sal sien. As jy weer jou oë
knip, kom kuier ons vir julle.
46.

Elma gooi haar arm oor haar pa se skouers.

SNY NA:

Die familie stap almal saam op die strand. Hulle lag en kuier
heerlik saam. Hendré en Odette hou hande vas - daar is vrede
tussen hulle.

Mari kyk hoe haar seun vir Odette op die wang soen. Hy is
werklik gelukkig. Mari glimlag met ‘n hart vol vrede. Sy gaan
sit speels haar sonhoed op Odette se kop en gee vir die kind
‘n druk.

Mieke loop op die strand en tel skulpies op saam met Josh.

Elma en Kobus loop hand aan hand. Elma kyk na ‘n boodskap wat
op haar foon deurgekom het.

KOBUS
Is dit weer daai skelmpie van jou?

ELMA
Dis jou verrassing. Ek weet jy wou
baie graag jou vriende groet voor
ons gaan... kyk wie staan daar by
die roomyskarretjie.

Elma wys na die karretjie toe. Kobus volg haar blik en


glimlag groot. (Ons hoef nie die mense te sien nie). Kobus
gee vir Elma ‘n soen op die wang en haas na die karretjie
toe.

KOBUS
Willem! Pieter! The band is back
together!

Elma glimlag.

BEGIN MONTAGE:

JOSH (V.O.)
Jy moet spasie los vir foute. Dis
wat hierdie track my geleer het.

-- Mieke en Elma hang hierdie jaar se skulpie versiering aan


die Kersboom. Mieke lyk ligter… sy dra nie grimering nie, sy
het sommer net 'n mooi helder sonrokkie aan.

-- Koot en Mari dek saam tafel op die stoep - hulle sing en


lag saam met Kobus wat guitar speel.

JOSH (V.O.)
Reik uit na mense as jy sukkel… vra
vir nog 'n paar hande…

-- Hendré help vir Josh om sy track klaar te bou… Hendré


stamp per ongeluk iets om… Josh lag en help sy oom om weer
alles reg te pak.
47.

-- Koot help vir Mari om die potjiekos aan die gang te kry.

JOSH (V.O.)
Want dis in die middel van die
gemors, die deel waar die plan
amper nie uitwerk nie... die
gesukkel... daar lê die magic...

-- Hendré maak 'n bottel wyn oop… hy skink vir almal van die
wyn… ons sien label van die wyn is… Somerkersfees…

49 INT. SWANEPOEL HUIS, LEEFAREA - DAY 49

Elma roep almal bymekaar.

ELMA
Kom, julle! Josh is gereed!

Die geselskap staan by die beginpunt van die track. Josh haal
diep asem in. Hy laat rol die bal by die track af.

Die geselskap beweeg en hardloop deur die huis soos wat die
bal deur die baan beweeg: domino’s word omgestamp, die bal
rol tussen deur geskenke onder die kersboom, deur die kombuis
vol vuil potte en sjampanje en koekies, die bal hop na buite,
die bal beweeg bietjie van die baan af… almal hou hulle asems
op....

Maar gelukkig kry die bal weer momentum en rol verder….

Die geselskap drom almal bymekaar by die eindpunt - voor Josh


se selfoon. Hulle kyk hoe die bal die laaste stukkie van die
baan voltooi. Die bal rol tot teen 'n staal pypie - wat
beweeg en'n knoppie op Josh se selfoon druk.

JOSH
Smile!

Die selfoonkamera flits en neem 'n fantastiese familie foto


af soos wat almal cheer oor die suksesvolle trick-track!

DIE EINDE

You might also like