Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Tegnologie

Hoe faal strukture?


Strukture kan op drie maniere misluk of faal.
Mislukking deur te breek
In tegnologie word die woord "fraktuur" eerder as "breuk" gebruik. Strukture kry
frakture omdat hulle nie sterk genoeg is om die kragte wat op hulle inwerk, te
weerstaan nie (sien Figuur 1.43 Die pen t opgedoen omdat dit skuifkrag gehad het r
Figuur 1.42 en Figuur 1.43).
Mislukking deur buiging
Strukture soos duikplanke en visstokke is ontwerp om buigsaam te wees. Geboue in
aardbewingstreke is ook ontwerp om buigsaam te wees. Geen struktuur is volledig.
rigied nie, maar as 'n struktuur te veel buig, faal dit weens 'n gebrek aan
buigsaamheid. Sal jy oor 'n brug ry wat buig, soos die een in Figuur 1.44? Figuur
1.44 Die balkbr dit te veel buig.. Vergelyk die twee geboue in Figuur 1.45 en Figuur
1.46. Die kolom wat die gebou in Figuur 1.45 stut, is breed en sal regop bly. Die
kolom in Figuur 1.46 is dun en dit sal onder die gewig van die gebou meegee.
Wanneer 'n vertikale pilaar buig, soos die pilaar in Figuur 1.46, sê ons dit gee mee.

Mislukking deur kanteling


'n Struktuur faal wanneer dit kantel (omval). 'n Struktuur wat kantel, is onstabiel.
Faktore wat veroorsaak dat 'n struktuur kantel, sluit in:
• Dit is te swaar aan die bokant.
• Dit het 'n smal basis en breë bokant.
• Dit is smal en hoog.
Figuur 1.47 toon twee voorbeelde van Figuur 1.48 Oorlaaide veerbote is onstabiele
strukture. onstabiel en baie gevaarlik. In verskeie dele van die wêreld sterf baie
mense jaarliks wanneer veerbote omdop. Hierdie bote word onstabiel as hulle
oorlaai word en mense op die boonste dekke van die boot saamdrom sodat dit
topswaar word. As die boot dan op golwe begin rol, kan dit omval. Voltooi die
aktiwiteit om te bepaal hoe goed jy die drie maniere verstaan waarom strukture kan
misluk.
Tegnologie
Sleutelkonsepte (Bl 43)
 Komplekse masjinerie bestaan uit eenvoudige meganismes wat op
verskillende maniere met mekaar skakel.
 Meganismes word gebruik om take makliker te maak.
 Meganiese voordeel dui aan hoeveel die meganisme die insetkrag verhoog of
verminder. • Wie, of skuinsvlakke, word op baie maniere gebruik om take
makliker te maak.
 Wrywing werk teen die krag in wanneer jy 'n voorwerp trek of stoot.
 Die kontakvlakke tussen 'n wiel en die oppervlak daaronder is baie klein. Dit
maak die wiel 'n nuttige meganisme om wrywing te verminder.
 Wiele kan om 'n as draai of aan 'n as geheg word.
 Ratte kan spoed en wringkrag verander.
 Nokke verander roterende beweging na wisselwerking (heen-en-
weerbeweging). • Nokke kan interessante variasies in beweging maak.
 Krukstelsels kan roterende bewegings in heen-en-weerbewegings verander
en andersom (heen-en-weerbewegings in roterende bewegings verander).
 'n Kunstenaar se indrukke van 'n meganisme kan gebruik word om mense 'n
goeie idee te gee van hoe 'n meganisme sal lyk.

Sleutelkonsepte (Bl 75)


 Baie natuurlike materiale is in ons moderne tyd deur nuwe of verbeterde
materiale vervang.
 Sommige nuwe materiale is omgewingsvriendelik omdat hulle bioafbreekbaar
is.
 Baie nuwe en verbeterde materiale is herwinbaar, wat beteken hulle is
volhoubaar vir die omgewing.
 Nuwe en verbeterde materiale is gewoonlik liter, goedkoper en sterker met n
langer lewe as hulle natuurlike eweknieë.
 Die tegnologie maak dit moontlik om items wat afval kon word, te herwin of te
hergebruik.
 Die Suid-Afrikaanse regering het wetgewing aanvaar wat winkels verbied om
dun plastieksakke, wat 'n negatiewe impak op die omgewing het, weg te gee.
 Mense het dikker plastieksakke begin gebruik, wat hergebruik kan word en
makliker herwin kan word wanneer dit uiteindelik weggegooi word.

Sleutelkonsepte (Bl 83)


Tegnologie
 Die tegnologie het 'n positiewe impak op die gemeenskap deur nuwe
uitvindings.
 Papier en karton is bo-aan die lys van materiale wat weggegooi word.
 Ondersoek die tegnologiese proses by die herwinning van papier.
 Ondersoek die voordele van rommelherwinning vir die gemeenskap en die
omgewing.
 Die tegnologie maak die herwinning en hergebruik van papier en karton eko-
vriendelik; dit help 'n groen omgewing skep.
 Die gebruik van tegnologie kan 'n positiewe impak op die omgewing hê as die
storting van afval beheer word sodat minder stortingsterreine benodig word.
 Verpakking word met 'n doel gebruik.
 Verpakking skep afval wat herwin moet word.
 Bestudeer die ontwikkeling van 'n houer wat plat gevou is.
 Hours word vir spesifieke produkte ontwikkel.
 Herwinning en hergebruik het 'n positiewe impak op die skuif van 'n
gemeenskap wat weggooi na een waar materiale met behulp van tegnologie
hergebruik word.

You might also like