Professional Documents
Culture Documents
2 Inhoudsopssomming LOOP GR 11
2 Inhoudsopssomming LOOP GR 11
2 Inhoudsopssomming LOOP GR 11
Loopbaan en loopbaankeuses
INHOUDSOPSOMMING
ONDERWYS IN SUID-AFRIKA:
Alle Suid-Afrikaners het die reg op basiese onderwys. Onderwys sluit o.a. Basiese Onderwys vir
Volwassenes (ABET) en Verdere onderwys in. Volgens die Handves van Menseregte in die Grondwet het
die staat 'n verpligting teenoor almal betreffende onderwys. Alle mense moet redelike toegang hê tot
onderrig en onderwysmaatreëls moet in plek wees.
Suid-Afrika se Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) gee erkenning aan DRIE breë vlakke van
onderwys: Algemene Onderwys en Opleiding, Verdere Onderwys en Opleiding, en Hoëronderwys en
Opleiding.
NSS: Die Nasionale Senior Sertifikaat of NSS is 'n hoërskool kwalifikasie. Hierdie sertifikaat staan
algemeen bekend as die matrieksertifikaat, aangesien graad 12 die matrikulasiegraad is. In wese is dit
die skoolverlatingsertifikaat in Suid-Afrika.
Verdere Onderwys en Opleiding (VOO): Verwys na onderwys en opleiding wat van graad 10 tot 12
verskaf word, insluitend loopbaangerigte onderwys en opleiding wat in TVET-, gemeenskaplike TPT-
kolleges en private kolleges aangebied word.
Diploma-slaag
Dit beteken jy kan by 'n tersiêre instelling studeer vir 'n diploma-kwalifikasie.
Die minimum vereistes om hierdie sertifikaat te kry, is as volg:
• Kry 40% vir jou Huistaal
• Kry 40% vir vier ander hoër kredietvakke
• Kry 30% vir twee ander vakke vir die Nasionale Senior Sertifikaat
Sertifikaat-slaag
Dit is die derde hoogste slaagvlak van die vier matriekslaagvlakke.
Dit laat leerders toe om vir 'n Hoër Sertifikaat aan 'n kollege of afstandsonderriginstelling te studeer.
Die minimum vereistes om hierdie sertifikaat te kry, is as volg:
• Kry 40% in jou Huistaal.
• Kry 40% in twee ander vakke.
• Kry 30% vir drie ander vakke vir die Nasionale Senior Sertifikaat.
• Een van jou Huistale moet Engels of Afrikaans wees om vir hierdie sertifikaat te kwalifiseer
In Suid-Afrika is daar 'n hele paar tipes hoëronderwyskwalifikasies by universiteite sowel as kolleges.
Leerders het dus ‘n keuse tussen ‘n wye verskeidenheid kwalifikasies ná hoërskool. Suid-Afrika se
Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) verskaf die riglyne waarvan hoëronderwysstelsels gebruik maak.
Hoëronderwyskwalifikasies begin vanaf Vlak 5 in die volgende volgorde:
(NSS is 'n Vlak 4)
Die verwerwing van 'n sertifikaat impliseer dat 'n leerder 'n basiese vlak van begrip van kennis en
vaardighede in hoëronderwys verwerf het. Na voltooiing van 'n sertifikaatkursus, sal leerders van hierdie
vaardighede in die werksplek gebruik kan maak.
Sertifikaat
Hierdie kwalifikasie kan 2 tot 3 jaar neem om te voltooi.
'n Sertifikaat is 'n vaardigheidsgebaseerde, beroepskwalifikasie wat beteken dat die fokus geplaas word op
toepassing van vaardighede. Studente kies 'n spesifieke werksveld en hulle sal dan fokus op die bereiking
van 'n stel vaardighede wat in daardie veld vereis word.
Die kursusmateriaal is gewoonlik praktykgeoriënteerd. (prakties van aard) Hierdie kwalifikasie sal jou
toelaat om in te skryf vir 'n hoër kwalifikasie (gevorderde sertifikaat of diplomakursus) wat in dieselfde of
verwante studierigting is.
Gevorderde Sertifikaat
Hierdie kwalifikasie kan 1 tot 2 jaar neem om te voltooi.
Die kursus binne hierdie kwalifikasie is gerig om jou toe te rus met
uitgebreide begrip van die veld wat jy studeer. Hierdie vlak van
sertifisering is gespesialiseerd. Dit sal 'n student se werksgeleenthede
verbeter.
Nasionale Diploma
Hierdie kwalifikasie kan 3 tot 4 jaar neem om te voltooi.
Programme in hierdie kwalifikasie rus studente toe met die nodige praktiese vaardighede in hul gekose
bedryf. Studente verwerf tegniese vaardighede wat nodig is in 'n spesifieke area in hierdie kursusse.
Daar is 'n Nasionale Diploma en 'n Nasionale N-diploma, en die verskil is dat die Nasionale N-diploma
verwerf word nadat 'n student die N4-, N5- en N6-kwalifikasies suksesvol voltooi het tesame met 18
maande se praktiese werk.
Gevorderde Diploma
Hierdie kwalifikasie word verwerf ter voorbereiding van professionele werk. 'n Gegradueerde met 'n
Baccalaureusgraad kan in 'n veld studeer wat verband hou met hul vorige studierigting.
Hierdie kwalifikasie kan die bemarkbaarheid van gegradueerde werksoekers verhoog om hul meer
aantreklik te maak vir potensiële werkgewers.
Baccalaureusgraad
Hierdie kwalifikasie bestaan uit langtermynleerprogramme wat 3 tot 5 jaar kan neem om te voltooi.
Gegradueerdes is in staat om gespesiliseerde kennis en vaardighede te demonstreer wat benodig word vir
geleenthede in die arbeidsmark, verdere onderwys en opleiding, nagraadse studies of spesialiteitspraktyke
in 'n wye reeks loopbaanvelde.
Studente kan vorder van hierdie graad na meesters- en doktorale programme binne dieselfde kursus.
Nagraadse Diploma
Hierdie kwalifikasie word gewoonlik na 'n Baccalaureusprogram voltooi en kan nuttig wees vir studente wat
spesiale vaardighede benodig vir die werk in die loopbaanveld wat hulle gekies het.
Baccalaureus Honneursgraad
Meestersgraad
Hierdie kwalifikasie neem gewoonlik twee jaar om te voltooi. Dit behels 'n
kombinasie van kursuswerk en navorsingsverhandelings. Studente neem
gewoonlik deel aan gevorderde navorsing en onafhanklike studies.
Doktorsgraad
Hierdie kwalifikasie word gewoonlik 'n PhD genoem en kan 2 tot 3 jaar neem
om te voltooi.
Hierdie kwalifikasie dui aan dat 'n student die hoogste vlak van studie in 'n sekere veld behaal het en dit
vereis baie navorsingswerk.
Daar word van studente verwag om onder leiding van 'n studieleier (promotor) ‘n proefskrif oor 'n spesifieke
onderwerp in hul gekose veld te skryf.
Jou TPT-telling kan jou lei t.o.v die studiekursus waarvoor jy kwalisfiseer.
Die persentasie wat jy vir elke matriekvak ontvang het, sal jou punte en tellingberekening bepaal.
Die meeste universiteite sal hierdie 1-7 puntestelsel volg, dit word op 'n matrieksertifikaat getoon.
'n Student behaal byvoorbeeld die volgende punte aan die einde van graad 12:
Wiskunde → 61% Geografie → 94%
Engels → 82% Rekeningkundige → 63%
Afrikaans → 72% Fisiese Wetenskappe → 61%
Sommige instellings neem Lewensoriëntering wel in ag – dit is baie afhanklik van die spesifieke
instelling, daarom is dit so belangrik om jou navorsing volledig te doen.
Universiteite gebruik jou totale TPT-telling om te sien of jy kwalifiseer om te studeer vir die spesifieke
kursus waarvoor aansoek gedoen is. Elke universiteit ken sy eie TPT-telling toe aan elke kwalifikasie of
kursus wat aangebied word. Dit beteken dat 'n kursus aan een universiteit nie dieselfde TPT-punte as
dieselfde kursus aan 'n ander universiteit benodig nie.
Dit is noodsaaklik om te verseker dat jy uitvind wat 'n universiteit se gespesifiseerde minimum TPT-punte
vir 'n spesifieke kwalifikasie is voordat jy aansoek doen, asook enige ander vereistes of kriteria.
DIE BELANGRIKSTE om te onthou t.o.v. jou TPT is dat daar honderde leerders sal wees wat almal
meeding en hoop vir 'n plek by 'n universiteit of instelling. Hoe hoër jou telling, (in individuele
vakke) hoe beter is jou kanse om gekeur te word.
Enige instellings sal die beste aansoekers, met die hoogste tellings, wil aanvaar.Jy sal daarvoor
moet werk!
Die AKG (verpligtend vir alle leerders wat die NNT moet skryf) toets vaardigheid in taalbegrip sowel as
logika-gebaseerde numeriese vaardighede. Dit assesseer kennis wat in die VOO-fase geleer is.
Dit bepaal of studente hoërskoolkennis op universiteit sal kan toepas.
Die MAT-vraestel word slegs geskryf deur leerders wat vir spesifieke graadprogramme aansoek doen en
wat Kernwiskunde op skool gedoen het. Dit assesseer meestal graad 11-Kernwiskunde-sillabusinhoud,
alhoewel sommige graad 12-werk ook ingesluit is-afhangende van die tyd van die jaar wat die assessering
geskryf word. Dit toets vaardigheid op gebiede soos probleemoplossing en modellering, funksies,
trigonometrie, ruimtelike persepsie en waarskynlikheidleer.
Beide die AKG en MAT word gedifferensieer in kognitiewe vlakke. Dit beteken dat daar 'n
verskeidenheid probleme in elke afdeling is - met die makliker toepassings wat gewoonlik eerste
gevra word. ELKE TOETS ASSESSEER VERSKILLENDE VAARDIGHEDE WAT VERBAND HOU MET
UNIVERSITEITSTUDIES.
TVET-KOLLEGES
Tegnies: Verwys na vakgebiede wat tegnies van aard is, het betrekking op hardeware en sagteware,
insluitend probleemoplossing en ingenieursprosesse.
Beroep: Verwys na 'n werk of vorm van indiensneming waar praktiese vaardighede binne professionele
werksomstandighede toegepas word.
Onderwys: Formele onderrig, begin op hoërskool en sluit post-sekondêre onderwys in, bv. kolleges,
politegniese inrigtings en universiteite.
Opleiding: informele onderrig, ook genoem lewenslange leer of voortgesette onderrig, wat dikwels
gebruik word as inisiatiewe om personeel of 'n wyer arbeidsmag te herskool of hul vaardighede op te
gradeer / verbeter.
2. Toelatingsvereistes:
Terwyl universiteite 'n Baccalaureusslaag op matriekvlak vereis,
aanvaar TVET-kolleges studente wat graad 9, 10, 11 of 12 geslaag
het. Sommige kolleges bied tot 300 verskillende kursusse aan.
3. TVET-kwalifikasies vs universiteitsgrade
TVET-kwalifikasies is nie dieselfde as universiteitsgrade nie.
Gebruik die ingenieursveld as voorbeeld: Universiteitsgrade is tipies daarop gemik om jou toe te laat om as
'n professionele ingenieur te werk, terwyl TVET-kwalifikasies jou leer wat jy moet weet oor spesifieke
beroepe binne die ingenieursveld. TVET-kwalifikasies in ingenieurstudies kan jou kwalifiseer om vir 'n
nasionale diploma in ingenieurswese en uiteindelik vir 'n BTech-graad te studeer, wat beteken jy sal as 'n
professionele ingenieurstegnikus kan kwalifiseer. Dit geld vir die verskillende praktiese velde binne die
beroepskursusse.
Tipes befondsing
Daar is 3 verskillende tipes befondsingsgeleenthede waarna 'n student kan soek, naamlik:
Beurse
Studiebeurse
Studielenings
Beurs: : word op meriete toegeken aan studente wat akademiese presteer of uitstaande talent en
prestasie in sport / musiek behaal. Dit is 'n finansiële beloning wat gewoonlik aan studente gegee word op
grond van prestasies - daar word nie altyd van ontvangers verwag om die geld wat hulle ontvang,
terug te betaal of terug te werk nie. Dit dek nie noodwendig die volle koste van die student nie. In die
meeste gevalle moet die begunstigde van die beurs 'n sekere gemiddeld handhaaf in terme van hul punte
en hul moet hou by die voorwaardes wat deur die borg gestel is. Byvoorbeeld, 'n atletiekbeurs kan vereis
dat jy 'n gemiddeld van 60 % handhaaf en baie goed vaar in atletiek.
Studiebeurs: ‘n Vorm van finansiële bystand wat gegee word aan 'n student vir verdere studies. Dit kan
dikwels die volle koste van studies dek, insluitend studiemateriaal, onderrig, akkommodasie en soms
sakgeld vir lewenskostes. Dit word gewoonlik op meriete toegeken, maar sluit dikwels meer kriteria in as
slegs akademiese prestasie. 'n Volbeurs word terugbetaal deur na afloop van jou studies in diens van die
maatskappy of entiteit, wat die kandidaat geborg het,te staan. Studente sal vir dieselfde aantal jare
waarvoor hulle geborg is, vir die borg moet werk of die studiebeurs terugbetaal. Alhoewel 'n beurs die
volle koste van studies dek, sal daar van studente verwag word om self vir modules te betaal indien hy/sy
sou druip.
Studielening: Geld wat geleen word om vir akademiese onderrig te betaal (in sommige gevalle ook
verblyf) wat met rente terugbetaal moet word. Verskillende finansiële instansies bereken en hef rente op
verskillende maniere. Dit is belangrik om te weet hoe die rente bereken sal word. 'n Lening moet slegs
deur 'n geregistreerde finansiële instelling (soos 'n bank) uitgegee word.
Baie banke maak hierdie lenings aantreklik, met lae rentekoerse. ’n Ouer / voog moet borg teken. ‘n Borg
is wanneer iemand verantwoordelikheid neem vir 'n ander persoon se skuld indien hulle om een of ander
rede nie terugbetalings kan maak nie.
Self/Onafhanklik: 'n Opsie as jy besluit het om eers te werk voordat jy studeer of om te werk terwyl jy
studeer, sodoende kan jy vir jou eie studies betaal. As jy deeltyds werk terwyl jy studeer, kan jy ook
waardevolle werkservaring opdoen. Dit verg harde werk en toewyding, asook uitstekende tydsbestuur om
jou tyd tussen werk en studies te balanseer.
Die Funza Lushaka-beurs word jaarliks toegeken aan studente vir die
volgende onderwyskwalifikasies:
Voorgraadse studies: 'n 4-jaar Baccalaureus in Opvoedkunde-
graad (BEd), wat spesialiseer in enige van die volgende:
• Grondslagfase (graad R tot graad 3)
• Intermediêre Fase (Graad 4 tot Graad 6)
• Senior en Verdere Onderwys- en Opleidingsonderrig (Graad 7
tot Graad 12)
Nagraadse studies: 'n 1-jaar Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) vir:
• Senior en Verdere Onderwys- en Opleidingsonderrig (Graad 7 tot Graad 12)
Die funksies en verantwoordelikhede van SOOO's word uiteengesit in Hoofstuk 3, Artikel 10 van die
Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998.
Hul belangrikste funksie is om by te dra tot die verbetering van vaardighede, om vaardighede
na werkers of diegene wat in diens geneem wil word, te bring.
SOOO’s moet die aanleer van nodige vaardighede, wat benodig word deur werkgewers en
gemeenskappe,bevorder. Daar is geen waarde om mense op te lei as hulle nie die vaardighede wat
hulle aangeleer het, kan gebruik nie.
Opleiding en vaardigheidsontwikkeling is nie net vir jongmense wat hul eerste werk begin nie,
hoewel dit ook vir hulle belangrik is!
Die vaardighede van werkende mense moet ook verbeter word.
Opleiding moet geskied volgens ooreengekome standaarde en binne 'n nasionale raamwerk waar
moontlik.
Kwalifikasies moet in al die provinsies erken word- ongeag waar opleiding gegee is.
Dit is nie ideaal vir een werkgewer om die vaardighede van sy of haar personeel te verhoog indien
dié opleiding nie deur ‘n ander werkgewer erken word nie.
Alle tipe opleiding moet onderhewig wees aan gehaltebeheer wat met die beste internasionale
standaarde kan meeding.
Daar is altesaam 21 SOOO's in Suid-Afrika. Elke SOOO bestuur en skep leerlingskappe,
vaardigheidsgebaseerde programme en internskappe in sy eie sektor.
Elke bedryf en werk in die land word gedek deur een van die 21 SOOO's.
'n Leerlingskap is 'n werkgebaseerde leerprogram wat lei tot 'n NKR-geregistreerde kwalifikasie.
Leerlingskappe hou verband met 'n beroep of werksveld; byvoorbeeld elektriese ingenieurswese,
haarkappery of projekbestuur.
Leerlingskapsprogramme kan jou help om die nodige vaardighede en werkservaring op te doen wat
beter werksgeleenthede of selfwerksgeleenthede sal skep.
Leerlingskappe word deur die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOO’s) bestuur. Hulle is
deur die regering ingestel om vaardigheidsleerders te help en hulle vir die werkplek voor te berei.
Afhangende van die tipe befondsing wat ontvang word om jou met jou studies te help, sal jou finansiële
verpligtinge bepaal word. Lenings van banke of finansiële instellings word met rente terugbetaal (rente is
die koste van krediet). Dit sou 'n wettige kontrak en leningsooreenkoms met die bank behels.
Beurse: hoef gewoonlik nie terugbetaal te word nie, (tensy jy nie slaag nie of uitval). Daar kan van jou
verwag word om vir 'n vasgestelde tydperk vir die maatskappy te werk sodra jou studies voltooi is. Dit staan
bekend as 'n kontrakbeurs.
Beurse: hoef gewoonlik nie terugbetaal te word nie op die voorwaarde dat jy goed doen en goeie resultate
behaal.
©2023 Teenactiv 11 www.teenactiv.co.za
Studielening / Studentelening is geleende geld wat mettertyd terugbetaal word
sodra 'n student hul studies voltooi het en begin werk. Benewens die terugbetaling
van die bedrag wat geleen is, benodig die meeste lenings ook 'n ekstra fooi, genaamd rente. 'n
Studielening word gebruik om vir kollege- of universiteitskostes te betaal. Sodra studies voltooi is, sal jy
verantwoordelik wees vir die maandelikse terugbetalings aan die maatskappy of instituut waar jy 'n lening
aangegaan het.
NSFAS: Jy sal eers jou lening begin terugbetaal sodra jy 'n salaris van R30 000 of meer per jaar verdien.
Jy hoef nie bekommerd te wees nie, want die terugbetalings word uitgewerk teen 'n koers wat nie 'n groot
las op jou sal plaas nie. Die terugbetalingsbedrag word op jou salaris gebaseer. 40% van 'n algemene
lening kan in 'n beurs omgeskakel word indien jy al die kursusse slaag waarvoor jy in daardie jaar
geregistreer was. Dit is 'n groot aansporing!!