Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

MOORE HOUSE ACADEMY

Vak Graad Vraestel Genre Naam Punt


Afrikaans EAT 12 Letterkunde Roman Die pro 13

ROMAN: DIE PRO

HOOFSTUK 4: PTERIDOFIETE (BL. 40 – 50)


O PSOMMING

Tiaan wonder wat van Henko Wiese geword het. Hy vaar baie goed in sy Biologie Prakties.

Sy ma aanvaar dat Hugo by hom in die kamer slaap. Tiaan steek sy rapport tot aan die einde van die vakansie
weg en sy ouers is woedend toe hulle die swak rapport sien. Hulle beboet (fined) Tiaan met R50 (R250 in totaal)
vir elke vak waarin hy minder as 60 % gekry het.

Tiaan se ma is ’n eiendomsagent (estate Agent) en sy pa het ’n boumateriaal winkel (building material store) op
Vlakberg.

Tiaan het weer die vakansie by Peet se Pizzas gewerk. Twee ouens van die Paarl (wat Tiaan en Dirkie die vorige
jaar ontmoet het) nooi hom om te gaan surf, maar hy sê nee.

Kevin ry nou ook fanaties (fanatically) saam met Dustin en Gustav fiets. Gustav het baie verander en speel nou
hokkie. Kevin en Dustin speel ook hokkie. Tiaan skryf vir Jasmine briewe, maar skeur (ripped) hulle op. Hy het
vergeefs (vainly) tydens die vakansie biblioteek (library) toe gegaan, want hy het haar nie daar raakgeloop (met)
nie. Geyer vra baie vrae, maar ruik (smell) nou permanent na drank (alcohol). Albert en sy pa sit weer vas
(argue) omdat Albert hokkie in plaas van rugby wil speel.

Tiaan se pa is versot (infatuated) op krieket en sy ma op rugby. Tiaan speel nou vir die onder-19B (under-19B)
heelagter (fullback) nadat hy eers dreig (threatens) om op te hou met rugby omdat meneer Duvenhage nie wou
hê dat hy nie meer flank speel nie. Kruiwa konfronteer Tiaan oor sy baadjie (jacket) se knoop wat weg is en oor
sy swak punte. Tiaan raak woedend (furious) toe Kruiwa op die rugbyveld (rugbyfield) sê dat Dirkie te veel van ’n
James Small-karakter was en net vir die skool moeilikheid sou maak indien hy Craven-week sou gekry het. Tiaan
dink aan hoe ontsteld hy was toe Kruiwa Dirkie se begrafnis (funeral) bygewoon (attended) het. Dominee
Oberholzer dreig (threatens) om Tiaan nie aan te neem nie weens (due to) sy “rebelse” houding (attitude). Tiaan
dink aan Dirkie se begrafnis en hoe hy aan een van Dirkie se grappies (jokes) gedink het tussen al die huilende
(crying) mense. Corré surf nou met Dirkie se bodyboard en tree al hoe vreemder (stranger) op: hy aap vir Dirkie
al hoe meer na.

© MHA KOPIEREG Bladsy 1 van 2 Blaai asseblief om...


MOORE HOUSE ACADEMY
Vak Graad Vraestel Genre Naam Punt
Afrikaans EAT 12 Letterkunde Roman Die pro 13

B EANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE

1. Hoe is Tiaan gestraf vir sy swak rapport (bladsy 29)? (2)

2. Wat is Tiaan se ma en pa se beroepe (bladsy 29)? (2)

3. Waar werk Tiaan gedurende die vakansies (bladsy 30)? (1)

4. Waarom is Tiaan bang vir sy maats se reaksie as hulle sou uitvind hy hou van Jasmine? (2)

5. Waarom dreig Albert om weg te loop? (1)

6. Vir watter span, en watter posisie, speel Tiaan rugby (bladsy 33)? Watter posisie het Dirkie
gespeel (bladsy 34)? (2)

7. Waarom het Tiaan amper gehuil van woede (bladsy 34)? (1)

8. Tiaan dink Dirkie se graf moes eerder onder ’n duin gewees het. Hoekom (bladsy 35)? (2)

[13]
(STEENKAMP, 2007)
BIBLIOGRAPHY
Steenkamp, D. (2007). Die Pro 'n Onderwysersgids deur Danie Steenkamp. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers 'n afdeling van NB Uitgewers (Edms.)
Bpk.

© MHA KOPIEREG Bladsy 2 van 2 Blaai asseblief om...

You might also like