Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

3 Maart 2024

PRAKTIESE WYSHEID
VIR KLEINGROEPE

Eksodus 20:1-17

1. Openingsvraag

➢ Wie maak die reëls in jou huis? Watter reëls word die meeste gebreek/gebuig?
➢ As jy môre bevorder word en jy kan skielik die reëls by die werk maak, watter reëls sal jy
inbring. As jy reeds afgetree is, watter reëls by die werk was vir jou belangrik?

2. Ons storie nou


➢ Watter waarde het die Grondwet van Suid-Afrika? Hoe help dit ons (nie)? Wat is ʼn
‘Grondwet’ volgens jou?
➢ Watter waarde het die Tien Gebooie? Sou mens kon sê dat dit God/Die Bybel se
Grondwet is?
➢ Watter wette in Suid-Afrika sou jy verander as jy kon?

3. God se storie

➢ Lees die teks.


➢ Lees The Message se weergawe van die teks.
➢ Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het.
Raadpleeg NOUS se Die Storie Agter Die Groot Storie vir meer agtergrond info oor die
gedeelte.
➢ Gaan deur elkeen van die Tien Gebooie. Hoekom dink jy is daardie gebod vir God
belangrik?
➢ Hoekom het God vir ons sy Tien Gebooie gegee? Is dit ʼn stok (straf) of ʼn staf (lei)?
Hoekom?
➢ Hoe kan die Tien Gebooie ons help om in Lydenstyd oor Jesus te dink?
➢ Hoe reflekteer die Tien Gebooie God se karakter?
➢ Wat is die verskil tussen ʼn kontrak en ʼn verbond?

4. Hoe die Bybel ons storie verander

➢ Iemand het gesê: “As God al ons sonde vergewe, kan ons mos leef nes ons wil. Ons gaan tog nie
meer gestraf word vir ons sonde nie? Die Tien Gebooie geld nie meer vir ons vandag nie.” Stem
julle saam met die stelling of nie?
➢ Is God kwaai en ongenadig (soos wat baie mense dink God in die OT leer ken word) of liefdevol en
genadig (soos wat ons Jesus in die NT leer ken.)?
➢ Moet die Bybel enigsins ons siening oor sake soos aborsie, seksualiteit, die doodstraf en
genadedood bepaal? Kan die Bybel enigsins nog die moderne mens help met sulke 21ste eeuse
vraagstukke?

You might also like