Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 48

1

Inhoud Bladsy
Selfstandige Naamwoorde 3, 4
Byvoeglike Naamwoorde 5
Werkwoorde 5, 6
Bywoorde 6, 7
Telwoorde 7
Lidwoorde 8
Voorsetsels 8
Tussenwerpsels 8
Voornaamwoorde 9
Voegwoorde 9, 10
Meervoude 10, 11, 12, 13, 14
Verkleining 14, 15, 16
Trappe van Vergelyking 17, 18, 19
Antonieme 19, 20
Sinonieme 20, 21
Homofone 21, 22, 23, 24
Homonieme 24
Paronieme 25
Geslag 25, 26, 27, 28
Idiome, Spreekwoorde en Frases 29, 30, 31
Letterlike en Figuurlike Betekenis 32
Vergelykings 32
Intensiewe Vorme 33, 34
Deelwoorde 34, 35
Direkte en Indirekte Rede 35, 36
Ontkenning 36, 37
Lydende en Bedrywende Vorm 37, 38
Infinitief 38, 39
Doeblette 39, 40
Tydsvorme 40, 41
Afkortings en Akronieme 41, 42, 43
Lettergrepe 43
Samestellings 44
Afleidings 44
Kritiese Taalbewustheid 44, 45
Feite en Menings 45, 46, 47
Enkelvoudige en Saamgestelde Sinne 47, 48
Lande en hul Inwoners 48

2
Selfstandige Naamwoorde
Eiename

Dit benoem ‘n spesifieke plek, persoon, stad, berg, dorp, rivier, oseaan, land,
ens.
Voorbeelde: Persoon: Wilma. Stad: Pretoria. Dorp: Mosselbaai. Rivier:
Olifantsrivier. Oseaan: Indiese Oseaan. Land: Suid-Afrika.
‘n Eienaam word ALTYD met ‘n hoofletter geskryf.

Soortname

Dit is name wat ons vir dinge gee wat ons kan sien, hoor, ruik of proe.
Voorbeelde: Diere: hond, kat, olifant. Plante: roos, eikeboom, Kaktus.
Voorwerpe: stoel, tafel, motor. Dinge wat ons kan ruik/proe: koffie,
lugverfrisser.
Soortname het ‘n meervoud en verkleining.
Soortname het ook soms ‘n geslag.

Abstrakte Selfstandige Naamwoorde

Dit is woorde wat verwys na konsepte soos emosies, toestande en idees.


Voorbeelde: liefde, woede, geluk, vriendskap, intelligensie, ens.

Versamelname

Dit is selfstandige naamwoorde wat gebruik word om 'n groep of versameling


van soortgelyke individue of items te beskryf.

Voorbeelde:

'n Baal hooi 'n Baksel brood


'n Bende rowers 'n Biblioteek boeke
'n Blok woonstelle 'n Bol wol
'n Bondel wasgoed 'n Boog pilare
'n Boord vrugtebome 'n Bos blomme
'n Bos hare 'n Broeisel kuikens
'n Bui reën 'n Bundel gedigte
'n Dosie vuurhoutjies 'n Eskader vliegtuie
'n Gehoor luisteraars 'n Gerf koring
'n Hoop sand 'n Kabinet van ministers
'n Kas appels 'n Kassie tamaties
'n Klas leerders 'n Kolonie miere
'n Konvooi vragmotors 'n Koor sangers
'n Kudde beeste 'n Leër soldate
'n Lys name 'n Mandjie vrugte
'n Nes muise 'n Oes mielies

3
'n Omnibus verhale 'n Paar skoene
'n Paneel deskundiges 'n Paneel dokters
'n Paneel regters 'n Plaag insekte
'n Plantasie bome 'n Pluksel vere
'n Reeks berge 'n Riem papier
'n Ruiker blomme 'n Ry mense
'n Sak suiker 'n Sambreel oranisasies
'n Sarsie skote 'n Sirkel vriende
'n Skare mense 'n Skare mense
'n Skool visse 'n Snoer pêrels
'n Span atlete 'n Span spelers
'n Stapel hout 'n Stel kaarte
'n Stoet motors 'n String krale
'n Swerm bye 'n Troep soldate
'n Trop diere 'n Tros druiwe
'n Tros druiwe 'n Vlaag wind
'n Vloot skepe 'n Werpsel hondjies

Maatname

Maatname is woorde wat gebruik word om die hoeveelheid of maat van iets
aan te dui.
Hulle help om te spesifiseer hoeveel daar van iets is, dikwels in terme van
volume, gewig, lengte, aantal, of ander meetbare eenhede.

Voorbeelde:

‘n Liter melk (volume) ‘n Kilogram suiker (gewig)


‘n Kas tamaties (aantal) ‘n Sak aartappels (aantal)
‘n Bottel water (volume) ‘n Koppie meel (volume)
‘n Glas melk (volume) ‘n Pak rys (volume of gewig)

Massaname / Stofname

Massaname, ook bekend as stofname of nie-telbare naamwoorde, is


selfstandige naamwoorde wat verwys na stowwe, materiale, of abstrakte
konsepte wat nie in afsonderlike, telbare eenhede verdeel kan word nie.
Hulle beskryf dikwels dinge wat in grootmaat voorkom en nie maklik
afsonderlik getel kan word nie.
Voorbeelde is: water, sand, lug, sout, goud, bloed, suiker, olie, silwer, ens

4
Byvoeglike Naamwoorde
Byvoeglike naamwoorde is woorde wat gebruik word om selfstandige
naamwoorde nader te beskryf of te kwalifiseer.
Hulle gee meer inligting oor die eienskappe of kenmerke van die selfstandige
naamwoord, soos grootte, kleur, vorm, hoeveelheid, of ander kwaliteite.

Attributiewe Byvoeglike Naamwoorde

Attributiewe byvoeglike naamwoorde is byvoeglike naamwoorde wat direk


voor 'n selfstandige naamwoord geplaas word.
Voorbeelde: Die vreemde man. Die lelike eendjie. 'n Ronde bal. 'n Goeie
boek. Die mooi prent. Die ruwe rotse. 'n Nuwe vriend. 'n Digte bos. 'n Koue
dag. 'n Edel daad.

Predikatiewe Byvoeglike Naamwoorde

Predikatiewe byvoeglike naamwoorde is byvoeglike naamwoorde wat na 'n


selfstandige naamwoord kom en deur 'n koppelwerkwoord verbind word.
Hulle beskryf die selfstandige naamwoord, maar staan apart van die
naamwoord in die sinstruktuur, dikwels na die werkwoord "is," "was," "word,"
"bly," ensovoorts.
Voorbeelde: Die boek is interessant. Die eendjie is lelik. Die bal is rond. Die
prent bly mooi. Die dag was koud.

Werkwoorde
Selfstandige Werkwoorde

Selfstandige werkwoorde het ‘n selfstandige betekenis en kan alleen in ‘n sin


staan.
Oorganklike werkwoorde: Werkwoorde wat deur ‘n direkte voorwerp gevolg
word.
Voorbeelde: Hy lees die koerant. Sy was haar hare. Ek eet my kos.
Onoorganklike werkwoorde: Waar die werkwoord nie deur ‘n direkte
voorwerp gevolg word nie.
Voorbeeld: Hy lees. Hulle ry. Sy praat.
Deeltjiewerkwoorde / Skeibare werkwoorde: Hulle bestaan uit twee dele. In
die verlede tyd word ‘ge’ tussen die woorde geplaas.
Voorbeelde: aanvaar (aan + vaar), uitvind (uit + vind), opstaan (op + staan),
insien (in + sien), uitvoer (uit + voer), opgee (op + gee)
Verledetyd voorbeelde: uitgevind, opgestaan, uitgevoer, opgegee, ingesien.
Onskeibare werkwoorde: Woorde wat uit twee dele bestaan, maar nooit
geskei word nie. Die klem val op die laaste deel van die woord.
Voorbeelde: mislei, omhels, verander, ontneem, verkoop, hersien, voltooi.

5
Koppelwerkwoorde

'n Koppelwerkwoord, ook bekend as 'n skakelwerkwoord of skakelende


werkwoord, is 'n werkwoord wat gebruik word om die onderwerp van 'n sin te
verbind met 'n beskrywing, toestand, of identifikasie.
Voorbeelde: was, is, lyk, word, skyn, blyk.

Hulpwerkwoorde

Hulpwerkwoorde van Tyd: Hierdie hulpwerkwoorde word gebruik om die tyd


van die aksie aan te dui.
Voorbeelde:
o Ek het dit gedoen.
o Ek sal dit doen.
o Ek gaan dit doen.
Hulpwerkwoorde van Wyse: Hierdie hulpwerkwoorde dui die wyse, vermoë,
toestemming of noodsaaklikheid aan.
Voorbeelde:
o Sy kan sing.
o Hy moet gaan.
o Ek wil dit hê.
o Jy mag dit neem.
o Nog woorde: behoort, hoef, wou, kon, sal, sou, moes.
Hulpwerkwoorde van Vorm: Hierdie hulpwerkwoorde word gebruik om
passiewe sinne te vorm.
Voorbeelde:
o Die boek is gelees.
o Die huis word geverf.
o Die werk was gedoen.
o Ek sal my kos eet.

Bywoorde
Bywoorde van Tyd

Hierdie bywoorde Antwoord die vraag “wanneer?”.


Voorbeelde: daagliks, vandag, nou-nou, gisteraand, destyds, môremiddag,
deesdae, gister, ens.

Bywoorde van Wyse

Hierdie bywoorde beskryf hoe ‘n aksie uitgevoer word.


Voorbeelde: vinnig, lag-lag, saggies, stilweg, hard, nedrig, ens.

6
Bywoorde van Plek

Hierdie bywoorde beskryf waar ‘n aksie plaasvind.


Voorbeelde: hier, daarnatoe, buite, binne, êrens, orals, bo, onder, ens.

Bywoorde van Graad

Hierdie bywoorde beskryf die intensiteit of graad van ‘n aksie, ‘n byvoeglike


naamwoord of ‘n ander bywoord.
Voorbeelde:
o Sy is baie moeg.
o Hy is redelik seker.
o Ek is ongelooflik jammer.
o Sy het heeltemal vergeet.
o Nog woorde: effens, byna, verskriklik, vreeslik, erg, min of meer, ens.

Bywoorde van Modaliteit

Hierdie bywoorde gee meer inligting oor die spreker se houding, opinie, of
mate van sekerheid rakende die aksie of toestand wat beskryf word.
Hulle druk dikwels onsekerheid, waarskynlikheid, moontlikheid,
noodsaaklikheid of voornemens uit.
Voorbeelde: darem, sekerlik, mos, nie, sommer, dalk, miskien, waarskynlik,
ens.

Telwoorde
Bepaalde Hooftelwoorde

Dit is getalle wat spesifieke hoeveelhede aandui.


Voorbeelde: een, twee, tien, dertig, honderd, duisend.

Onbepaalde Hooftelwoorde

Hulle verwys na getalle wat nie ‘n spesifieke hoeveelheid aandui nie.


Voorbeelde: baie, min, talle, ‘n paar, verskeie, sommige.

Bepaalde Rangtelwoorde

Hulle dui ‘n spesifieke posisie of rangorde aan in ‘n reeks.


Voorbeelde: eerste, tweede, tiende, honderdste, duisendste.

Onbepaalde Rangtelwoorde

Hulle dui ‘n onspesifieke of vae posisie of rangorde in ‘n reeks aan.


Voorbeelde: meeste, minste, laaste.

7
Lidwoorde
Bepaalde lidwoord ("die"): Die bepaalde lidwoord word gebruik wanneer jy
na 'n spesifieke item of konsep verwys wat reeds bekend is of waaroor jy
spesifiek praat.
Dit help om aan te dui dat daar 'n spesifieke entiteit is waarna verwys word.
Onbepaalde lidwoord ("'n"): Die onbepaalde lidwoord word gebruik wanneer
jy na 'n algemene, nie-spesifieke item of konsep verwys wat nie spesifiek
geïdentifiseer word nie.
Dit dui aan dat dit een van baie moontlike items of konsepte kan wees.

Voorsetsels
Voorsetsels is woorde wat gebruik word om die verhouding tussen twee dele
van 'n sin aan te dui.
Hulle plaas 'n selfstandige naamwoord of voornaamwoord in verhouding tot 'n
ander woord in die sin.
Voorbeelde: op, onder, agter, tussen, voor, by, deur, met, langs, uit, binne-in,
bo-op, om, oor, sonder, teen, tot, ens.

Vaste Voorsetselverbindings

Vaste voorsetselverbindings in Afrikaans is kombinasies van 'n werkwoord,


naamwoord of byvoeglike naamwoord met 'n spesifieke voorsetsel wat saam
'n spesifieke betekenis vorm. Hierdie verbindings is vaste uitdrukkings en die
voorsetsel kan nie maklik verander word sonder om die betekenis te verander
nie.

Voorbeelde:

Werkwoorde met vaste voorsetsels: Lief wees vir. Wag op. Glo in. Skaam vir.
Naamwoorde met vaste voorsetsels: Lus vir. Respek vir. Vertroue in.
Byvoeglike naamwoorde met vaste voorsetsels: Bewus van. Trots op.
Verslaaf aan. Vriendelik met.

Tussenwerpsels
Tussenwerpsels in Afrikaans is woorde of uitdrukkings wat gebruik word om
emosies, reaksies of geluide uit te druk.
Hulle staan gewoonlik apart van die res.
Voorbeelde: Ag! Sjoe! Ai! Eina! Wow! Liewe aarde!

8
Voornaamwoorde
Persoonlike voornaamwoorde: vervang mense of dinge.
Voorbeelde: ek, jy, hy, sy, ons, julle, hulle.

Besitlike voornaamwoorde: dui besit of eienaarskap aan.


Voorbeelde: myne, joune, syne, hare, ons s'n, julle s'n, hulle s'n.

Aanwysende voornaamwoorde: wys iets spesifiek aan.


Voorbeelde: hierdie, daardie, hierdie een, daardie een.

Vraende voornaamwoorde: word gebruik om vrae te stel.


Voorbeelde: wie, wat, watter, hoeveel.

Betreklike voornaamwoorde: verbind 'n bysin met die hoofsin en verwys na


'n naamwoord of voornaamwoord in die hoofsin.
Voorbeelde: wat, wie, waarvan, waarop.

Onbepaalde voornaamwoorde: verwys na nie-spesifieke persone of dinge.


Voorbeelde: iets, iemand, niemand, alles, enigeen, alles.

Voegwoorde
Voegwoorde in Afrikaans is woorde wat gebruik word om sinne of sinsdele
met mekaar te verbind.

Neweskikkende Voegwoorde

Neweskikkende voegwoorde is voegwoorde wat twee of meer hoofsinne aan


mekaar verbind.
Voorbeelde: en, dog, maar, of, want, sowel…as, inteendeel, trouens,
nóg…nóg, óf…óf.

Onderskikkende Voegwoorde

Onderskikkende voegwoorde verbind ‘n bysin met ‘n hoofsin en plaas die


bysin in ‘n afhanklike posisie ten opsigte van die hoofsin.
Voorbeelde: dat, omdat, terwyl, sodra, voordat, nadat, mits, alhoewel, as,
tensy, indien, aangesien, wanneer.

Voegwoordelike Bywoorde

Voegwoordelike bywoorde is woorde of frases wat sinne of sinsdele met


mekaar verbind en ‘n logiese verband tussen hulle aandui.

9
Voorbeelde: intussen, daarna, daarom, gevolglik, anders, dus, eweneens,
nietemin, derhalwe, tog, nogtans, al.

Meervoude
Meervoude is selfstandige naamwoorde wat jy as ‘n enkelvoud of meervoud
kan skryf.
Die meeste selfstandige naamwoorde kry ‘n ‘-e’ aan die einde van die woord
veral woorde met slegs een lettergreep.

-e

As die woord net 1 lettergreep en 1 vokaal bevat (a, e, i, o, u), verdubbel die
laaste konsonant en kom -e agteraan.

Voorbeelde:

vis visse rok rokke


pan panne plas plasse
kat katte blom blomme
ster sterre les lesse
kop koppe mus musse
klas klasse slak slakke
bus busse pit pitte
drom dromme plan planne
stok stokke bos bosse
bal balle pen penne

Wanneer daar 2 van dieselfde vokale is (aa, ee, oo, uu), val 1 vokaal weg en
kom -e agteraan.

Voorbeelde:

been bene soom some


plaas plase boot bote
seer sere vuur vure
haas hase droom drome
baan bane leer lere
toon tone meer mere
uur ure boom bome
poot pote paar pare
muur mure keel kele
maan mane roos rose

‘n -e kom agteraan die woord as die vokale: ie, oe, ou, ei, eu, ui, ooi, eeu, ooi, oei,
langs mekaar in die woord is.

10
Voorbeelde:

trein treine neus neuse


wiel wiele poel poele
haai haai skoen skoene
kous kouse duim duime
stoel stoele ruit ruite
hoek hoeke reuk reuke
swaai swaaie riet riete
lemoen lemoene aarbei aarbeie
koek koek nier niere
deur deure koei koeie

Wanneer ‘n selfstandige naamwoorde met ‘n dubbel konsonant eindig, kom -e


aan die einde van die woord.

Voorbeelde:

hond honde flits flitse


faks fakse perd perde
vark varke kers kerse
tert terte vurk vurke
bank banke blits blitse
slang slange hand hande
wolk wolke mens mense
speld speld spalk spalk
prent prente mond monde
eend eende hark harke

-s

Familie woorde kry ‘n -s agteraan.


Woorde met 2 of meer lettergrepe wat op -ng eindig kry ‘n -s agteraan.
Woorde wat eindig op l, m, n of r kry -s agteraan.

Voorbeelde:

teken tekens ouma oumas


ketting kettings derm derms
woning wonings pappa pappas
arm arms oupa oupas
motor motors koning konings
niggie niggies emmer emmers
meisie meisies toring torings
appel appels seun seuns
winkel winkels mamma mammas
doring dorings emmer emmers

11
-we

Woorde wat op’n -f eindig verander die f na ‘n w en kom -e agteraan die


woord.
Woorde met ‘n kort klank wat eindig op -f, kry -wwe.

Voorbeelde:

gleuf gleuwe straf strawwe


golf golwe doof dowe
stof stowwe graaf grawe
verf verwe gif giwwe
wolf wolwe sif siwwe
stoof stowe skuif skuiwe
staf stawwe brief briewe
kloof klowe duif duiwe
geloof gelowe dief diewe
boef boewwe kolf kolwe

-g

Woorde wat op -g eindig:


Val dei -g weg en kry -ae.
Val die -g weg en ‘n kappie verleng die klank.
Val die -g weg en kry -ë

Voorbeelde:

brug brûe vraag vrae


vlieg vlieë vlag vlae
kraag krae trog trôe
kroeg kroeë plaag plae
maag mae sog sôe
weg weë dag dae
boog boë saag sae
laag lae oorlog oorloë
knieg knieë oog oë
ploeg ploë vroeg vroë

-te

Woorde wat -te aan die einde kry.

Voorbeelde:

berig berigte fees feeste


plig pligte kas kaste
distrik distrikte gereg geregte
vuis vuiste gesig gesigte

12
kwas kwaste resep resepte
reg regte vrug vrugte
geveg gevegte gedig gedigte
diens dienste geslag geslagte
lig ligte vrag vragte
toeris toeriste produk produkte

-‘s

Woorde met beklemtoning op die o, u, I of a kry die afkapping-s: ‘s

Voorbeelde:

avokado avokado's plato plato's


a a's eggo eggo's
ma ma's TV TV's
foto foto's torpedo torpedo's
pa pa's 9 9's
safari safari's skadu skadu's
bikini bikini's kano kano's
radio radio's ski ski's
hoera hoera's taxi taxi's
kilo kilo's mango mango's

-hede

Wanneer woorde op -heid eindig, verander dit na -hede.

Voorbeelde:

moeiligheid moeilikhede besigheid besighede


gesondheid gesondhede waarheid waarhede

uitsonderings

Onthou, daar is altyd uitsonderings.

Voorbeelde:

hof howe kalf kalwers


polisieman polisie hemp hemde
kind kinders lid lede
Fransman Franse bevel bevele
pad paaie buurman bure
eetding eetgoed skip skepe
glas glase kas kaste
bed beddens blad blaaie
dieet diëte aanbod aanbiedinge
doel doele gat gate

13
graf grafte lied liedere
spel spele stad stede

Verkleining
-ie

Woorde wat eindig op ʼn f, g, k, p of s wat volg op ʼn kort vokaal.


Woorde wat eindig op ʼn f, g, k, p of s wat volg op ʼn lang vokaal
(tweelingvokaal).
Woorde wat eindig op ʼn f, g, k, p of s wat volg op ʼn ander konsonant, ʼn
diftong of ʼn lang vokaal.

Voorbeelde:

brief briefie reuk reukie


kous kousie sif siffie
pop poppie huis huisie
vlieg vliegie graaf grafie
park parkie reus reusie
baas basie lyf lyfie
stomp stompie broek broekie
kraak krakie kas kassie
ploeg ploegie streep strepie
kuif kuifie fiets fietsie

-jie

Woorde wat eindig op ʼn d of ʼn t.

Voorbeelde:

hut hutjie bad badjie


hond hondjie woord woordjie
tand tandjie mat matjie
rot rotjie present presentjie
skilpad skilpadjie maat maatjie
mot motjie potlood potloodjie
naald naaldjie boot bootjie
kat katjie lied liedjie
naat naatjie koerant koerantjie
rand randjie straat straatjie

14
-tjie

Woorde wat eindig op ʼn diftong of op ʼn ie.


Woorde wat eindig op l, n of r of op ‘n klinker.

Voorbeelde:

muur muurtjie sirkel sirkeltjie


kraai kraaitjie venster venstertjie
deur deurtjie uil uiltjie
mandjie mandjietjie blaar blaartjie
baba babatjie traan traantjie
leeu leeutjie vrou vroutjie
straal straaltjie ui uitjie
toon toontjie voël voëltjie
familie familietjie skoen skoentjie
kou koutjie seun seuntjie

-etjie

Woorde met een lettergreet wat op 'n -ng eindig of l, m, n of r (onthou om die
konsonant te verdubbel.

som sommetjie kring kringetjie


ster sterretjie man mannetjie
tang tangetjie string stringetjie
sprong sprongetjie vul vulletjie
wang wangetjie tong tongetjie
pen pennetjie long longetjie
slang slangetjie rib ribbetjie
lam lammetjie ding dingetjie
bal balletjie kar karretjie
ring ringetjie gang gangetjie

-pie

Woorde wat eindig op ʼn m.

pruim pruimpie droom droompie


arm armpie storm stormpie
naam naampie room roompie
vorm vormpie pluim pluimpie
boom boompie soom soompie
swerm swermpie probleem probleempie
besem besempie wurm wurmpie
duim duimpie stroom stroompie
derm dermpie skuim skuimpie
raam raampie oom oompie

15
-kie

Woorde met 2 lettergrepe en wat eindig op -ing.


Onthou dat die g weg val en kie bykom.

paling palinkie varing varinkie


woning woninkie tekening tekeninkie
mening meninkie piesang piesankie
sending sendinkie voering voerinkie
toring torinkie deining deininkie
koning koninkie kussing kussinkie
piering pierinkie doring dorinkie
ketting kettinkie horing horinkie
heining heininkie haring harinkie
garing garinkie rekening rekeninkie

Afkappingsteken

Woorde wat eindig op ʼn i, o, u en ʼn lang a.


Letters, syfers en simbole.

mini mini'tjie foto foto'tjie


skadu skadu'tjie ma ma'tjie
pa pa'tjie radio radio'tjie
bikini bikini'tjie a a'tjie
4 4'tjie kano kano'tjie

Uitsonderings

glas glasie pad paadjie


skilpad skilpadjie gat gaatjie
blad blaadjie oë ogies
katte katjies skepe skippies
gate gaatjies glase glasies
skepe skippies skole skooltjies

16
Trappe van Vergelyking
Trappe van vergelyking in Afrikaans is die vorme van byvoeglike naamwoorde
en bywoorde wat gebruik word om die graad van 'n eienskap te vergelyk.
Daar is drie trappe van vergelyking: die stellende trap, die vergrotende trap,
en die oortreffende trap.
Stellende trap: Dit is die basisvorm van die byvoeglike naamwoord of bywoord
en beskryf eenvoudig 'n eienskap sonder om dit te vergelyk.
Vergrotende trap: Dit word gebruik om twee dinge of persone te vergelyk en
te sê dat een meer van 'n eienskap het as die ander.
Oortreffende trap: Dit dui aan dat een ding of persoon die meeste van 'n
eienskap het, dikwels in 'n groep van drie of meer.

Stellende Trap Vergrotende Trap Oortreffende Trap


absoluut absoluter absoluutste
arm armer armste
atleties atletieser/meer atleties atletiesste/mees
atletiese
baie meer meeste
bankrot bankrotter bankrotste
bedruk bedrukter bedrukste
beleef beleefder beleefste
belese meer belese mees belese
benerig beneriger benerigste
benoud benouder benoudste
besadig besadigder besadigste
beskeie meer beskeie mees beskeie
bietjie minder minste
boos boser boosste
breed breër breedste
broos broser broosste
bros brosser brosste
dapper dapperder dapperste
dikwels meer/meermale meestal/meeste
dood dood dood
droog droër droogste
dun dunner dunste
dwaas dwaser dwaasste
ferm fermer fermste
fiks fikser fiksste
fors forser forsste
fraai fraaier fraaiste
fris frisser frisste
gasvry gasvryer gasvryste
gedemp gedempter gedempste
gedissiplineerd gedissiplineerder gedissiplineerdste
gedwee meer gedwee mees gedwee

17
geëer geëerder geëerdste
gegoede meer gegoede mees gegoede
gekunstelde meer gekunstelde mees gekunstelde
geneë meer geneë mees geneë
geslepe meer geslepe mees geslepe
gesoute meer gesoute mees gesoute
gevatte meer gevatte mees gevatte
gewaagd gewaagder/meer gewaagdste/mees
gewaagde gewaagde
goddeloos goddeloser goddeloosste
graag liewer graagste
grof growwer grofste
heldhaftig heldhaftiger heldhaftigste
individualisties individualistieser individualistiesste
intelligent intelligenter intelligenste
interessant interessanter interessantste
kolossaal kolossaler kolossaalste
kripties kriptieser kriptiesste
kwaad kwater kwaadste
kwaai kwaaier kwaaiste
los losser losste
melodies melodieser/meer melodies melodiesste/mees
melodiese
menssku mensskuer/mensskuwer mensskuuste
nonchalant nonchalanter/meer nonchalanste/mees
nonchalante nonchalante
normaal normaler normaalste
nuut nuwer nuutste
offisieel offisiëler offisieelste
ongeërg ongeërgder ongeërgste
ongewens ongewenster ongewensste
opgetoë meer opgetoë mees opgetoë
opgewonde opgewondener/meer opgewondenste/mees
opgewonde opgewonde
oud ouer oudste
panoramies panoramieser/meer panoramiesste/mees
panoramiese panoramiese
passief passiewer passiefste
preuts preutser preutsste
raar raarder raarste
rats ratser ratsste
respektabel respektabeler respektabelste
robuus robuuster robuusste
ru ruer/ruwer ruuste
rusteloos rusteloser rusteloosste
saf safter/sawwer safste
sat satter satste
senior meer senior mees senior
sensitief sensitiewer sensitiefste

18
slinks slinkser slinksste
slu sluer/sluwer sluuste
sorgeloos sorgeloser sorgeloosste
stip stipter stipste
stug stugger stugste
talentvol talentvoller talentvolste
traumaties traumatieser/meer traumatiesste/mees
traumaties traumatiese
uitmuntend uitmuntender uitmuntendste
vaag vaer vaagste
verouderde meer verouderde mees verouderde
verslae meer verslae mees verslae
verwoede meer verwoede verwoedste/mees
verwoede
vriendelik vriendeliker vriendelikste
vroeg vroeër vroegste
weinig minder minste
wyd wyer wydste

Antonieme
'n Antoniem is 'n woord wat die teenoorgestelde betekenis van 'n ander woord
het. Antonieme kom in pare voor en word gebruik om teenstellings aan te dui.

aanbod vraag aandruk sloer


aandurf beëindig aaneen afgebroke
aangaan staak aangee terugneem
aangeprys afgekeur aankom vertrek
aanlok afskrik afwesig aanwesig
beroemd onbekend bevestig ontken
boeiend vervelend breed nou
chronies akuut dapper lafhartig
diskresie indiskresie dronk nugter
droom wakkerheid dwaas verstandig
edelmoedig selfsugtig eenvoudig ingewikkeld
eerste laaste effens heelwat
ernstig grappig faam berugtheid
gedeelte geheel gemeenskaplik individueel
gespanne ontspanne gierig mededeelsaam
hitte koue hoogmoedig nederig
immoreel eties innerlik uiterlik
irrasioneel redelik irrelevant toepaslik
jubel treur kabaal stilte
kind volwassene kompleks eenvoudig
kosbaar waardeloos leef sterf
leier volgeling liggaam gees
misluk slaag modern outyds

19
nakend geklee nuut oud
obskuur duidelik ongepoetste gemanierde
onstuimig kalm oorlog vrede
parallel onewewydig plattelands stedelik
rats lomp reguit krom
rykdom armoede selde dikwels
skuldig onskuldig slordig netjies
stukkend heel swaar lig
tydelik permanent veilig gevaarlik
vergeet onthou vet maer
vinnig stadig voordele nadele
vriend vyand waarheid leuen
warm koud wen verloor
werkgewer werknemer wins verlies

Sinonieme
Sinonieme is woorde wat dieselfde of byna dieselfde betekenis het as 'n
ander woord.
Hulle kan uitruilbaar gebruik word in sinne sonder om die betekenis van die
sin wesenlik te verander.

aaklik lelik aanbak vaskoek


aanbeveel voorstel aanbid vereer
aanbied lewer aanblaas opstook
aanbod aanbieding aandagtig oplettend
aandster Venus aangaap aanstaar
aanhaal herhaal abstrak nie-konkreet
adel edel admirasie bewondering
afbetaal vereffening afbreek vernietig
affekteer beïnvloed akkuraat presies
alleen enkel asook benewens
baai inham baal houer
baarmoeder uterus baas eienaar
baat bevoordeel baljaar speel
beduidend aansienlik behels insluit
benadeel beskadig beskerm bewaar
bevorder vooruithelp bewonder admirasie
blink skitter boos kwaad
chemie skeikunde daarom bygevolg
deskundige ekspert dokter geneesheer
eenvoudig maklik eienaardig buitengewoon
enorm reusagtig evalueer bepaal
familie gesin foutief verkeerd
gal bitterheid gebeurtenis insident
gedagte idee gelukkig tevrede

20
generasie geslag gewaar opmerk
haarfyn noukeurig haastig snel
hede vandag herhaal oordoen
indikasie aanduiding interessant boeiend
jonk jeugdig kaal naak
kaap landpunt kampioen wenner
kenner deskundige klimaks hoogtepunt
kompleks ingewikkeld kosbaar waardevol
lewenstorie biografie maalgat draaikolk
manier wyse noodsaaklik essensieel
nors onvriendelik objek voorwerp
observeer waarneem omtrent ongeveer
ondersoek navorsing opsom saamvat
padgee weggaan plaaslik lokaal
praat gesels raai skat
regeer bestuur revolusie omwenteling
rommel vullis saadkern kiemsel
saak kwessie sielkunde psigologie
skaam verleë skielik onverwags
skuil wegkruip slim intelligent
smeek soebat toesak bestorm
tydperk periode uiteindelik ten slotte
vaas blompot verbinding konneksie

Homofone
Homofone is 'n term wat gebruik word in die taalkunde om te verwys na
woorde wat dieselfde klink, maar verskillende betekenisse het, en dikwels
verskillende spelling.

bod aangebode geldsom op ‘n bot kortaf en onbeleef; ook


veiling uitspruit, gesê van plante
bond vereniging bont veelkleurig
blyk soos ’n blyk van waardering bleik wit laat word soos wasgoed
boud agterste, dik liggaamsdeel bout dit word met ’n moer
vasgedraai
bry die klank “r” met die brei wol en penne ineenwerk
kleintongetjie uitspreek om ‘n geheel te vorm, soos
‘n trui
dokter geneesheer doktor iemand wat die hoogste
akademiese graad verwerf
het
eet om kos te eet eed lê ‘n belofte af
faal misluk vaal kleurloos
faam roem vaam lengtemaat
fee sprokiesfiguur vee beeste en skape
fel hewig vel die vel op jou lyf

21
fier met ‘n trotse houding vier feestelik herdenk / een
minder as vyf
fiets waarop mens trap-trap ry viets energiek
fonds geld wat ingesamel is vonds iets wat gevind is
fors baie kragtig; sterk en vol vors ‘n heersende edelman
krag
frank voormalige geldeenheid vrank 'n smaak wat tegelyk suur
en bitter is
fyt 'n pynlike sweer of feit iets wat vasstaan, wat
ontsteking aan die voorpunt gebeur het, wat gedoen of
van 'n vinger of toon vasgestel is; wat waar is en
nie 'n verdigsel is nie
graad die vlak of gehalte van iets / graat dun, skerp beentjie in 'n vis
kwalifikasie wat aan 'n se lyf
universiteit verwerf is / hoe
warm iets is; die
skaalverdeling van 'n
termometer / eenheid
waarin die grootte van 'n
hoek gemeet word
haal êrens heen gaan met die hael reëndruppels wat verys het
doel om iets of iemand
terug te bring
kruid 'n plant wat geneeskragtig kruit plofbare mengsel in die
is of as speserye gebruik vorm van 'n poeier
word bestaande uit salpeter
(kaliumnitraat), swael en fyn
houtskool
leer vergrotende trap van leeg; leër 'n militêre oorlogsmag van
baie leeg / leer waarop met soldate met hul offisiere
klim
lid iemand wat aan 'n groep, lit 'n gewrig tussen twee bene
vereniging, organisasie of
sekte behoort
lood 'n swaar, grysblou metaal loot 'n uitloper wat aan 'n plant
en 'n chemiese element in ontspruit
die periodieke tabel
luid wat baie lawaai produseer luit 'n tokkelinstrument van
en hard klink Oosterse oorsprong met 'n
peervormige kas en 6 tot 13
snare
ly swaarkry of pyn ervaar; lei om iets of iemand in 'n
smart en ellende ondergaan bepaalde rigting te laat
beweeg
lyer iemand wat aan iets ly leier iemand wat lei of bestuur
maar net; slegs maer dun en met weinig vet
mied 'n opgestapelde hoop gras, miet mikroskopiese parasiet
hooi, tefgras, koring, mielies
of soortgelyke materiaal

22
nood lewensbedreigende situasie noot 'n musiekgeluid / papiergeld
/ 'n tekort aan iets
pyl langwerpige projektiel met peil die diepte of hoogte van
skerp punt wat met 'n boog iets vasstel
afgeskiet word
pond 'n Britse, asook 'n pont 'n platboomvaartuig wat
voormalige Suid-Afrikaanse gebruik kan word om 'n
geldeenheid / 'n rivier oor te steek
gewigsmaat
rand Suid-Afrika se amptelike rant 'n lae berg; klipperige
geldeenheid hoogte; lang smal
verhoging of reeks heuwels
ryer iemand wat ry reier 'n moerasvoël van die
familie Ardeidae met lang
pote, snawels en nekke
ry 'n klomp mense, diere of rei meetlat met reguit kante of
dinge wat agter mekaar 'n 90° hoek wat gebruik
staan word om vlakke en hoeke
reg te bou / 'n koor van
sangers en dansers
ryk baie geld en besittings hê reik die hand uitstrek na iets
rys langwerpige korrels graan reis tog na 'n afgeleë plek
skud heftig heen en weer / op en skut iemand wat goed kan skiet
af ruk
stad nedersetting wat groter as stat groep hutte waarin 'n aantal
'n dorp is families bly
styl wyse waarop mens iets steil baie skuins op en af
doen / die vorm of ontwerp
van iets
syne dui aan dat iets aan 'n seine tekens
manlike persoon behoort
verys om 'n vloeistof tot ys te vereis nodig hê of dringend vra
verander
voed van voedsel voorsien voet die onderste deel van mens
(of dier) se bene waarmee
geloop word
vly saggies en gerieflik neersit vlei moerasagtige laagte
of neerlê
vrees 'n gevoel van bang wees frees roterende snykop aan 'n
freesmasjien waarmee
metaal gesny word
vrot wat sleg geword het frot 'n speletjie waar kinders
mekaar jaag en probeer
aanraak
vyl gereedskap met 'n veil op 'n openbare verkoping
gegroefde oppervlak verkoop
waarmee 'n dun lagie van 'n
voorwerp afgeskuur kan
word

23
wand 'n vertikaal oprysende want gee neweskikkend 'n rede
afskeiding, soos 'n muur aan
wy toespits op / aandag bepaal wei gras vreet, soos die beeste
by op die veld
yk 'n Instrument volgens eik 'n skaduryke,
standaarde instel / op 'n bladwisselende boom met
juiste skaal bring en as duur hout in die genus
sodanig merk /'n Quercus
woordverbinding dikwels
gebruik en tot vervelens toe
te herhaal

Homonieme
Homonieme is woorde wat dieselfde gespel en uitgespreek word, maar
verskillende betekenisse het, afhangend van die konteks waarin hulle gebruik
word

as dit wat oorbly as iets as van ’n motor


verbrand het
by insek wat heuning maak by in die nabyheid,
dig toe, (dig toe) dig poësie maak
eg nie vals nie eg plaaswerktuig
graaf instrument waarmee ’n graaf titel van ʼn edelman
mens spit
ken onderste deel van die gesig ken oor kennis beskik
leer toestel met sporte waarteen leer inligting bemeeste /
jy kan opklim gelooide vel van diere
lewer orgaan in die liggaam lewer verskaf
pers ʼn kleur pers ʼn instrument wat druk
uitoefen
rys graansoort rys uitstyg
steel lang handvatsel van ʼn steel diefstal pleeg
instrument
vee plaasdiere vee handeling om die grond
skoon te maak
vertrek kamer vertrek begin met ʼn reis

24
Paronieme
Paronieme is woorde wat dieselfde stam het, maar in vorm en betekenis
verskil.

Voorbeelde:

Stam Woorde
mens mense, menslike, onmenslik, bomenslik
kind kinders, kinderlik, kinderagtig
geld geldelike, geldig
drink verdrink, gedrink
ken erken, herken, verken, ontken, geken
kos kosbaar, kosteloos, bekostig, koste
roep beroep, roeping, herroep, geroep
siek sieklik, siekerig
stel ontstel, bestel, uitstel, gestel
trou vertrou, ontrou, getrou, betroubaar
tyd tydelik, ontydig, betyds, tydloos

Geslag
Wanneer die manlike vorm op -aris eindig, val die -is weg en -esse word
aangeheg vir die vroulike vorm.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
bibliotekaris bibliotekaresse
sekretaris sekretaresse

Wanneer die manlike vorm op -er eindig, val die -er weg in die vroulike vorm
en heg ons -ster aan.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
versorger versorgster
haarkapper haarkapster
tikker tikster
aanklaer aanklaagster
spreker spreekster

25
swemmer swemster
werker werkster
breier breister
besoeker besoekster
skrywer skryfster
voorsitter voorsitster
leier leidster
beeldhouer beeldhoudster
speler speelster
verpleër verpleegster
bakker bakster

Wanneer die manlike vorm op -tor of -teur eindig, val die -tor of -teur weg in
die vroulike vorm en heg ons -trise aan.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
inspekteur inspektrise
akteur aktrise
donateur donatrise
lektor lektrise
eksaminator eksaminatrise
direkteur direktrise
redakteur redaktrise

Wanneer ons -in byvoeg in die vroulike vorm.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
kok kokin
kelner kelnerin
god godin
held heldin
boer boerin
graaf grafin
vriend vriendin
Jood Joodin
beer berin
tsaar tsarin
slaaf slavin
koning koningin
keiser keiserin
waard waardin

26
Wanneer ons -es byvoeg in die vroulike vorm.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
skilder skilderes
voog voogdes
prins prinses
digter digteres
bestuurder bestuurderes
inwoner inwoneres
onderwyser onderwyseres
sanger sangeres
eienaar eienares
minnaar minnares
sondaar sondares
danser danseres
profeet profetes
dienaar dienares
leser leseres
burgermeester burgermeesteres
priester priesteres
beoordelaar beoordelares

Wanneer ons -e byvoeg in die vroulike vorm.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
orrelis orreliste
eggenoot egenote
joernalis joernaliste
prinsipaal prinsipale
bloemis bloemiste
assistent assistente
pianis pianiste
president presidente

Wanneer ons van familielede praat.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
man vrou
oom tannie / tante
oupa ouma
seun meisie / dogter
neef niggie
heer dame

27
kêrel nooi
vader / pa moeder / ma
buurman buurvrou
meneer mejuffrou / mevrou
monnik non
stiefvader stiefmoeder
stiefseun stiefdogter
skoonvader skoonmoeder
skoonseun skoondogter
broer / boetie suster / sussie
kleinseun kleindogter
gasheer gasvrou
wewenaar weduwee
bruidegom bruid
strooijonker strooimeisie
swaer skoonsuster

Wanneer ons van diere praat.

Voorbeelde:

Manlik Vroulik
varkbeer varksog
haan hen
hings merrie
hingsvul merrievul
reun teef
bul koei
seekoeibul seekoeikoei
olifantbul olifantkoei
kameelperdbul kameelperdkoei
koedoebul koedoekoei
bulkalf verskalf
ram ooi
bokram bokooi
mannetjie wyfie
katmannetjie katwyfie
leeumannetjie leeuwyfie
tiermannetjie tierwyfie
gansmannetjie ganswyfie
volstruismannetjie volstruiswyfie
kalkoenmannetjie kalkoenwyfie

28
Idiome, Spreekwoorde en Frases
Oor die hond se stert wees. Oor die ergste wees.
Het die kat aan die stert beet. Het verkeerde inligting.
Op die draad sit. Nie ‘n kant kies nie.
Die aap uit die mou laat. Die geheim verklap.
Beenaf wees op iemand. Verlief wees op iemand.
Dit gaan maar broekskeur. Dit gaan moeilik.
As die perde horings kry. Dit gaan nie gebeur nie.
Duim vas hou. Wil hê dat iemand suksesvol moet
wees.
Iemand op die vingers tik. Met iemand raas.
Jakkals trou met wolf se vrou. Sonskyn terwyl dit reën.
Dis ‘n geslote boek. Dit is ‘n geheim.
Eet met lang tande. Wil dit nie eet nie.
Daar is ‘n slang in die gras. Daar skuil gevaar.
‘n Nuwe blaartjie omslaan. ‘n Nuwe begin.
‘n Hond uit ‘n bos gesels. Baie lekker gesels.
Nat agter die ore. Baie jonk.
Nuwe besems vee skoon. Nuwe werkers werk goed.
Betaal deur jou nek. Baie duur betaal.
Dis bo sy vuurmaak plek. Dit is te moeilik vir hom.
Elke huis het sy kruis. Elke huis het probleme.
Voëls van eenderse vere. Dieselfde geaardheid.
Alles vir soetkoek opeet. Glo alles.
Handgemeen raak. Baklei.
Soos ‘n esel werk. Baie hard werk.
Hond se gedagtes kry. Agterdogtig raak.
Hy is hoog in die take. Hy is dronk.
Lag my ‘n papie. Lag baie lekker.
Lang vingers hê. Om te steel.
Iemand om die bos lei. Oneerlik te wees.
Kies die hasepad. Harloop van probleme weg.
Die hond in die pot kry. Te laat wees vir ete.
Daar is ‘n skroef los. Nie by sy volle verstand nie.
Liewer bang Jan as dooie Jan. Eerder bang as dood.
‘n Uiltjie knip. ‘n Rukkie slaap.
Die kat in die donker knyp. In die geheim stoutighede aanvang.
Hoë bome vang die meeste wind. Mense in belangriker posisies word die
meeste gekritiseer.
Iets vir ‘n appel en ‘n ei koop. Iets vir baie goedkoop koop.
‘n Eiertjie lê. Iets te sê hê.
Soos ‘n wolf eet. Gulsig eet.
Die kat uit die boom kyk. Dinge eers goed deurkyk.
Die aapstuipe kry. Baie kwaad wees.
Iemand ‘n gat in die kop praat. Iemand sleg beïnvloed.

29
Iemand ‘n poets bak. Iets grappigs aan iemand doen.
So siek soos ‘n hond. Om baie siek te wees.
Die kar voor die perde span. ‘n Saak verkeerd aanpak.
Hy staan kop en skouers bo die ander Hy is beter as al die ander.
uit.
Agteros kom ook in die kraal. Stadigste persoon bereik ook iets.
In jou nappies wees. Baie gelukkig oor iets wees.
Slim vang sy baas. ‘n Slim persoon maak ook foute.
Die spyker op die kop slaan. Net die regte ding sê.
Jakkals prys sy eie stert. Persoon wat homself prys.
Sy vingers verbrand. Hy is in die moeilikheid.
Skop die emmer. Doodgaan.
Klein muisies het groot ore. Versigtig met wat jy voor kinders sê.
Die hand diep in die skak steek. Duur vir iets te betaal.
Saam met die hoenders gaan slaap. Baie vroeg gaan slaap.
Sit en visvang. Aan die slaap wil raak.
Nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Slimmer wees as wat iemand dink.
Sy oë is groter as sy maag. Meer skep as wat hy kan eet.
Vingers jeuk om dit te doen. Dit baie graag wil doen.
Die bul by die horings pak. Iets moeilik flink aanpak.
Lieg en bedrieg. Baie oneerlik wees.
Spekskiet. Nonsens praat.
Oos wes, tuis bes. Jy is die gelukkigste in jou eie huis.
Agter die kap van die byl kom. Iets uitvind oor ‘n saak.
Sy is 'n regte Amasone Verwys na ´n erg robuuste vrou
Nes ’n Aprilsvlieg wees Wanneer iemand aanhoudend lastig
optree
Met argusoë kyk Wanneer mens besonder waaksaam en
oplettend is
Tot die balie toegelaat word Dui op bevordering van ´n regsgeleerde
Iemand se moed begewe hom Iemand verloor heeltemal moed
Te berde bring Iets opper vir bespreking
'n Saak bewimpel Nie reguit met die waarheid uitkom nie
Sonder te blik of te bloos Sonder om bang of skaam te wees
Blou bloed hê Van hoë afkoms wees
Oor ’n ander boeg gooi 'n Ander draai aan ’n saak gee om ’n
doel te bereik
Jou boeglam skrik Baie groot skrik
Iemand boikot Iemand ignoreer, uitsluit, nie ondersteun
nie
Bokhorings maak ’n Eed aflê
Boontjie kry sy loontjie Elkeen kry sy verdiende loon
Dis botter aan die galg smeer Dis vergeefse moeite
Derde (drie) keer is skeepsreg Die derde poging is gewoonlik
suksesvol; alle goeie dinge bestaan uit
drie
’n Meisie doepa ingee 'n Meisie met behulp van medisyne op
jou verlief laat raak
Donkiejare laas Baie lanklaas
30
lets doodluiters doen Iets kalm doen asof daar oënskynlik
geen risiko aan verbonde is nie
Aan dooiemansdeur klop Die huismense nie tuis kry nie; iemand
tevergeefs om hulp vra
Op dreef kom Vorder, aan die gang kom
In duie stort misluk, tot niet raak
Geen bloue duit werd wees nie Niks werd wees nie
Iemand heup en skenkel slaan Iemand heeltemal verslaan
Ewe hoog en droog sit Sonder om aan iets deel te neem
Iets op eie houtjie doen Iets doen sonder om ander te
raadpleeg; iets doen op eie gesag
Jan Rap en sy maat Almal
Aan die kaak stel Slegte dade openbaar
Kant en klaar wees Heeltemal gereed wees
Jou ware kleure wys Laat blyk hoe jou gesindheid is
Dit gaan klopdisselboom Dit gaan baie goed
Die kloutjie by die oor kry Probeer om twee teenstrydighede met
mekaar te versoen; probeer om ’n storie
geloofwaardig te laat klink
Iemand met ’n kluitjie in die riet stuur Iemand met mooi praatjies van die
spoor af bring
Die kluts kwytraak Deurmekaar wees
Nie ’n knip voor die neus werd wees nie Baie min beteken
Iemand knolle vir sitroene verkoop Iemand allerhande dinge wysmaak
’n Groot kokkedoor ’n Belangrike persoon
Iemand oor die kole haal Iemand berispe
Die kool is die sous nie werd nie Die saak is die moeite nie werd nie
Met die kous oor die kop huis toe kom Teleurgesteld terugkom
Krokodiltrane huil Baie groot trane huil
Die kwaad moet by die kyker gesoek ’n Mens beskou dikwels iets as
word verkeerd omdat die fout by jou lê
Geen kwartier gee nie Vol grille, klagtes wees
Iemand die volle laag gee Iemand slegsê of aanval
Die lakens uitdeel Die baas speel
’n Lansie breek met iemand ’n Vraagstuk met iemand uitpraat van
wie jy verskil
Onder lede hê Begin siek word of aangesteek wees
Jou nie by jou lees hou nie Jou bemoei met sake wat jou nie raak
nie of waarvan jy nie kennis dra nie
’n Lieplapper ’n Nikswerd persoon
Die lier aan die wilger hang Nie meer dig nie, veral omdat jy treur
Met die linkerhand trou Huwelik van 'n man uit die adelstand
met 'n vrou uit ’n lae stand
Iets onder die loep neem Iets krities ondersoek
Die laaste loodjies weeg die swaarste Die laaste deel van ’n werk verg dikwels
die grootste inspanning
Van lotjie getik wees Nie heeltemal by jou verstand wees nie

31
Letterlike en Figuurlike Betekenis
Letterlike taalgebruik

Wanneer ons iets beskryf soos wat dit werklik is, bedoel ons dit letterlik.
Voorbeeld: Daar is ‘n slang in die gras. (Daar is ‘n regte slang in die gras.)

Figuurlike taalgebruik

Wanneer ons iets beskryf deur beelde of vergelykings te gebruik, is dit


figuurlike taalgebruik.
Voorbeeld: Daar is ‘n slang in die gras. (Iets kom verdag voor.)

Vergelykings
Vergelykings is 'n stylfiguur wat gebruik word om twee dinge direk met mekaar
te vergelyk deur middel van woorde soos "soos"

So arm soos ‘n kerkmuis So bitter soos gal


So bleek soos die dood So bleek soos ‘n laken
So blind soos ‘n mol So blou soos die hemel
So dapper soos ‘n leeu So donker soos die nag
So dood soos ‘n mossie So doof soos ‘n kwartel
So duidelik soos daglig So geel soos goud
Gelg hê soos bossies So glad soos seep
So groen soos gras So groot soos ‘n reus
So hard soos ‘n klip So honger soos ‘n wolf
So koel soos ‘n komkommer So koud soos ys
So lelik soos die nag So lig soos ‘n veer
So maer soos ‘n kraai So mak soos ‘n lammetjie
So mal soos ‘n haas So moeg soos ‘n hond
So onskuldig soos ‘n kind So oud soos die berge
So plat soos ‘n pannekoek So reguit soos ‘n pyl
So rooi soos bloed Rook soos ‘n skoorsteen
So siek soos ‘n hond So skaars soos hoendertande
So skraal soos ‘n riet Slaap soos ‘n klip
So soet soos stroop So stadig soos ‘n skilpad
So sterk soos ‘n os So stil soos ‘n muis
Suip soos ‘n vis So suur soos asyn
So swaar soos lood So swart soos die nag
So uit soos ‘n kers So vaal soos as
So vet soos ‘n vark So vinnig soos blits
Vloek soos ‘n matroos So vry soos ‘n voël
So warm soos die hel So wakker soos ‘n arend

32
Intensiewe Vorme
af morsaf alleen stoksielalleen
arm brandarm bang doodbang
bekend alombekend / beroemd wêreldberoemd
wêreldbekend
bitter galbitter bekommerd doodbekommerd
belangrik lewensbelangrik benoud doodbenoud
besig druk besig bleek doodsbleek /
wasbleek
blind stokblind blink skitterblink
blou potblou bly doodbly
breed hemelsbreed deftig kraakdeftig
deur dwarsdeur diep kniediep
dik trommeldik dig potdig
donker pikdonker / dood morsdood
stikdonker
doof stokdoof / dronk smoordronk
kwarteldoof
droog kurkdroog dun plankdun
duur peperduur eenvoudig doodeenvoudig
eerlik doodeerlik ernstig doodernstig
flou stokflou fris perdfris
fyn piekfyn geel gougeel
gek stapelgek gelukkig doodgelukkig /
sielsgelukkig
gemaklik doodgemaklik gevaarlik lewensgevaarlik
gesond blakendgesond gewoon doodgewoon
glad seepglad goed bittergoed
goedkoop spotgoedkoop graag bittergraag
groen grasgroen groot lewensgroot
grys loodgrys hard kliphard
helder glashelder / hoog hemelhoog
kristalhelder
jonk bloedjonk klein piepklein
kalm doodkalm klaar klinkklaar
koel komkommerkoel koud yskoud
krom hoepelkrom kwaad smoorkwaad
lank lewenslank lam boeglam
leeg dolleeg lekker smullekker
lelik skreeulelik lewendig springlewendig
lig veerlig lui aartslui
maer brandmaer mak hondmak
mal aapmal min bloedmin
moeg doodmoeg mooi wondermooi /
prentjiemooi
nakend poedelnakend nat papnat

33
netjies kraaknetjies nodig broodnodig
nugter doodnugter nuuskierig doodnuuskierig
nuut splinternuut ongelukkig sielsongelukkig
onskuldig doodonskuldig oop wawyd oop
oranje skeloranje orent penorent
oud stokoud pers pimpelpers
pienk skreeupienk reg doodreg
regop kiertsregop reguit pylreguit
rond koeëlrond rooi bloedrooi
ryk skatryk sag fluweelsag
seker doodseker siek hondsiek
skaam doodskaam skeef windskeef
skelm jakkalsskelm skerp vlymskerp
skoon silwerskoon skraal rietskraal
slap papslap slim vrekslim
snaaks skreeusnaaks soet stroopsoet
sterk stormsterk stil tjoepstil
styf stokstyf suur asynsuur
swaar loodswaar swart pikswart
tevrede doodtevrede vaal asvaal
vas rotsvas verlief smoorverlief
vet spekvet vinnig blitsvinnig
vreemd wildvreemd vol propvol
warm vuurwarm weinig bloedweinig
wit spierwit wyd wawyd

Deelwoorde
Soos die naam aandui, is 'n deelwoord eintlik 'n woord wat deels 'n
werkwoord en deels 'n ander woordsoort is.
Dit kan byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n
ander werkwoord wees.

Teenwoordige Deelwoorde

Werkwoord + “ende”
Voorbeelde: dansende, horende, beskrywende, ens.
Net die woorde doen, gaan, sien, slaan, staan (en hulle afleidings) kry -de.
Voorbeelde: sodoende, bestaande, ens.
Wanneer die byvoeglike naamwoord egter ná die selfstandige naamwoord
staan, kry die woord nie 'n -e aan die einde nie.
Voorbeelde: beskrywend, hartverskeurend, ens.

Uitsonderings

versag - versagtende omstandighede


liefhê - liefhebbende moeder

34
sê - veelseggende glimlag
vertroos - vertroostende drukkie

Verlede Deelwoorde

Wanneer die aksie reeds plaasgevind het, vorm 'n mens die beskrywende
woord deur ge- vooraan en -de, -te of -e agter aan die woord te voeg.
Daar is twee soorte verlede deelwoorde: swak en sterk.
Die swak verlede deelwoorde kry nie 'n klankverandering nie en word meestal
in 'n letterlike betekenis gebruik.
Voorbeeld: gesoekte
Sterk verlede deelwoorde kry gewoonlik 'n klankverandering.
Voorbeeld: gesogte
As die woord op k of p eindig, kry dit ge-+-te
Voorbeelde: gekookte, gekapte
As die woord op f, g of s eindig, kry dit ge-+-te of ge-+-de
Voorbeelde: afgestofte / afgestofde, afgedroogte / afgedroogde, gewaste /
gewasde.

Direkte en Indirekte Rede


Direkte Rede

Direkte rede gee die presiese woorde weer wat iemand gesê het.
Dit word dikwels tussen aanhalingstekens geplaas en behou die oorspronklike
tydsvorm en persoonlike voornaamwoorde.

Indirekte Rede

Indirekte rede gee die inhoud van wat iemand gesê het weer, maar nie die
presiese woorde nie.
Dit word aangepas om in die grammatika van die verslagdoening sin te pas,
en die tydsvorm en persoonlike voornaamwoorde kan verander om by die
konteks te pas.

Voorbeelde:

Direkte Rede: "Ek sal jou môre bel," sê Johan.


Indirekte Rede: Johan sê dat hy my die volgende dag sal bel.

Direkte Rede: Maria vra: "Het jy al die boek gelees?"


Indirekte Rede: Maria vra of ek al die boek gelees het.

Sleutelverskille

Direkte rede gebruik aanhalingstekens, terwyl indirekte rede nie.

35
Direkte rede behou die oorspronklike tydsvorm, terwyl indirekte rede dikwels
'n tydverskuiwing toepas om by die konteks te pas.
Direkte rede gebruik die oorspronklike persoonlike voornaamwoorde, terwyl
indirekte rede dit kan verander om by die sinstruktuur te pas.

Tydverskuiwing in Indirekte Rede

Wanneer sinne van direkte na indirekte rede verander, kan die tydsvorme
dikwels verander.

Voorbeeld: Teenwoordige tyd word verlede tyd.

Direkte rede: "Ek eet nou." → Indirekte rede: Hy sê dat hy nou eet.
Direkte rede: "Ek eet nou." → Indirekte rede: Hy het gesê dat hy toe geëet
het.

Ontkenning
Ontkenning is 'n grammatikale struktuur wat gebruik word om die
teenoorgestelde van 'n bewering te maak, dit wil sê om iets negatief te stel.
In Afrikaans word ontkenning dikwels gekenmerk deur die gebruik van die
woord "nie" en soms ook 'n tweede negatief, soos "geen," "nêrens," "niks,"
ensovoorts.

Basiese Ontkenning

Stellende sin: Sy verstaan.


Ontkennende sin: Sy verstaan nie.

Dubbele Ontkenning

Stellende sin: Sy eet die appel.


Ontkennende sin: Sy eet nie die appel nie.

Vraagsin

Vraag sin: Doen jy jou huiswerk?


Ontekennende sin: Doen jy nie jou huiswerk nie?

Beantwoord ‘n vraag in Ontekennende vorm

Vraag sin: Ry jy saam vanmiddag?


Ontekennende Antwoord: Nee, ek ry nie saam vanmiddag nie.

36
Bevel sin

Stellende sin: Harloop vinnig!


Ontekennende sin: Moenie vinnig hardloop nie!

Woorde wat in die negatiewe vorm verander

alreeds – nog nie


al – nog nie
al – geen
ooit – nooit
iemand – niemand
iets – niks
oral – nêrens
altyd – nooit
êrens – nêrens
enige – geen
nog – nie meer
almal – Niemand
óf…óf – nóg…nóg

Lydende en Bedrywende Vorm


Bedrywende Vorm

In die bedrywende vorm is die onderwerp van die sin die een wat die aksie
uitvoer. Die fokus is op wie of wat iets doen.

Struktuur: Onderwerp + Werkwoord + Voorwerp

Voorbeelde: Die hond byt die man. Jan lees die boek. Die kind teken 'n prent.

Lydende Vorm

In die lydende vorm is die voorwerp van die aksie die fokus van die sin, en die
onderwerp wat die aksie uitvoer, kan bygevoeg word deur middel van 'n agent
(deur + onderwerp). Die aksie word meer beklemtoon as die uitvoerder
daarvan.

Struktuur: Voorwerp + (word/is) + (deur + Onderwerp) + Werkwoord


(deelwoord)

Voorbeelde: Die man word deur die hond gebyt. Die boek word deur Jan
gelees. 'n Prent word deur die kind geteken.

37
Omskakeling van Bedrywende na Lydende Vorm

Wanneer ons 'n sin van die bedrywende na die lydende vorm omskakel, word
die voorwerp van die aksie die nuwe onderwerp van die sin. Die
werkwoordvorm verander ook, en "word" of "is" word gebruik afhangende van
die tyd.

Voorbeelde:

Teenwoordige Tyd
o Bedrywende vorm: Die hond byt die man.
o Lydende vorm: Die man word deur die hond gebyt.

Verlede Tyd
o Bedrywende vorm: Jan het die boek gelees.
o Lydende vorm: Die boek is deur Jan gelees.

Toekomende Tyd
o Bedrywende vorm: Die kind sal 'n prent teken.
o Lydende vorm: 'n Prent sal deur die kind geteken word.

Infinitief
Die infinitief in Afrikaans is die vorm van 'n werkwoord wat gebruik word om
die aksie in sy basiese of onbepaalde vorm uit te druk.
Dit word dikwels herken aan die voorvoegsel "om te" voor die werkwoord of te
+ werkwoord.
Die infinitief-deel is altyd laaste of eerste in ‘n gewone sin.
Die werkwoord en ‘te’ skuif na die einde van die sin.

Voorbeelde van die Infinitief:

Om te sing.
Om te lees.
Om te werk.

Gebruike van die Infinitief:

As die onderwerp van ‘n sin:


Om te leer is belangrik

As die voorwerp van ‘n sin:


Ek hou daar van om te dans.

Om ‘n doel aan te dui:


Sy oefen om te wen.

38
Na voorstellings:
Hy is besig om te studeer.

Verbind sinne met “om…te”


Ek leer hard. Slaag môre se toets.
Ek leer hard om môre se toets te slaag.

Behoort en hoef nie

Behoort en hoef nie kry nie ‘n “om” nie.

Behoort

‘Behoort’ kom tweede in die sin.


‘te’ voor die werkwoord aan die einde van die sin.
Behoort vervang enige ander hulpwerkwoorde.

Voorbeeld:

Sy loop skool toe.


Sy behoort skool toe te loop.

Hoef nie

‘Hoef nie’ kom tweede in die sin.


‘te’ voor die werkwoord aan die einde van die sin.
‘nie’ aan die einde van die sin.

Voorbeeld:

Gerda moet haar huiswerk doen.


Gerda hoef nie haar huiswerk te toe doen nie.

Doeblette
In Afrikaans verwys "doeblette" na woorde wat dieselfde of baie soortgelyk
klink en soms ook dieselfde gespel word, maar wat verskillende betekenisse
het. Hulle lyk amper dieselfde, maar hulle betekenisse verskil.

Voorbeelde:

boodskap – botskap
bondel – bundel
daarom – darm
aartappel – ertappel
gereelde – gereëlde
teenpraat – teepraat

39
kwes – kwets
middels – middele
openbaar – openlik
prakseer – praktiseer
twak – tabak
skenk – skink
vleis – vlees

Tydsvorme
Tydsvorme is grammatikale kategorieë wat gebruik word om die tyd van 'n
aksie, gebeurtenis of toestand aan te dui.
In Afrikaans, soos in baie ander tale, is daar verskillende tydsvorme wat
gebruik word om aan te dui of iets in die verlede, hede of toekoms
plaasgevind het.

Teenwoordige Tyd

Dit dui aan dat iets nou gebeur.


Struktuur: Stam van die werkwoord
Voorbeeld: Ek lees die boek.

Verlede Tyd

Dit dui aan dat iets reeds gebeur het.


Struktuur: Stam van die werkwoord + "het" + ge- + werkwoord
Voorbeeld: Ek het die boek gelees.

Toekomende Tyd

Dit dui aan dat iets in die toekoms sal gebeur.


Struktuur: "sal" + stam van die werkwoord
Voorbeeld: Ek sal die boek lees.

Teenwoordige Tyd Verlede Tyd Toekomende Tyd


Koppelwerkwoord is was sal + wees
“is”
Voorbeeld Die meisie is lui. Die meisie was Die meisie sal lui
lui. wees.

Teenwoordige Tyd Verlede Tyd Toekomende Tyd


Modale hulpwerk- het het + gehad sal + hê
woord “het”
Voorbeeld Die oom het ‘n Die oom het ‘n Die oom sal ‘n
koerant. koerant gehad. koerant hê.

40
Teenwoordige Tyd Verlede Tyd Toekomende Tyd
Lydende en word deur is deur sal deur + word
bedrywende
vorme
Voorbeeld Die boek word deur Die boek is deur Die boek sal deur
die seun gelees. die seun gelees. die seun gelees
word.

Teenwoordige Tyd Verlede Tyd Toekomende Tyd


Hulpwerkwoorde sal sou
sal, kan, ens. kan kon sal + kan
wil wou sal + wil
mag mag sal + mag
moet moes sal + moet
Voorbeeld • Die tannie sal oor • Die tannie sou
die pad loop. oor die pad
loop.
• Wilma kan die • Wilma kon die • Wilma sal die
resies wen. resies wen. resies kan wen.
• Ek wil graag die • Ek wou graag • Ek sal graag die
pop koop. die pop koop. pop wil koop.
• Karel mag die • Karel mag die • Karel sal die
koek eet. koek eet. koek mag eet.
• Ek moet my • Ek moes my • Ek sal my
huiswerk doen. huiswerk doen. huiswerk moet
doen.

Afkortings en Akronieme
Afkortings

Dae van die week Eenhede Maande van die jaar

mm - millimeter Jan. – Januarie


Ma. – Maandag
cm – sentimeter Feb. – Februarie
Di. – Dinsdag
m – meter Mrt. – Maart
Wo. – Woensdag
km – kilometer Apr. – April
Do. – Donderdag
mg – milligram Mei. – Mei
Vr. – Vrydag
g – gram Jun. – Junie
Sa. – Saterdag
kg – kilogram Jul. – Julie
So. – Sondag
ml – milliliter Aug. – Augustus
l – liter Sept. – September
t. – teelepel Okt. – Oktober
e. – eetlepel Nov. – November
c – sent Des. – Desember
R – rand
m. – miljoen
sek – sekonde
min. – minuut
km/h – kilometer per uur 41
°C – grade Celsius
Rigtings

N – Noord
O – Oos
S – Suid
W – Wes
NO – Noordoos
SO – Suidoos
SW – Suidwes
NW - Noordwes

Nog afkortings

me. – mevrou no. – nommer t.s.v. – ten spite van


mej. – mejuffrou bl. – bladsy e-pos – elektroniese pos
mnr. – meneer afk. – afkorting lab. – laboratorium
mev. – mevrou i.p.v. – in plaas van ekv. – enkelvoud
dr. – dokter vm. – voormiddag bv. – byvoorbeeld
ds. – dominee nm. – namiddag hfst. – hoofstuk
prof. professor p.j. – per jaar n.C. – na Christus
asb. – asseblief mv. – meervoud a.g.v. – as gevolg van
b.o. – blaai om bibl. – biblioteek m.b.v. – met behulp van
afd. – afdeling www – wêreldwye web d.w.s – dit wil sê

Akronieme

SAPD – Suid-Afrikaanse Polisiediens


ID – Identiteitsdokument
DBV – Dierebeskermingsvereniging
HAT – Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
LW – Let wel
RSA – Republiek van Suid-Afrika
CV – Curriculum Vitae
ISBN – Internasionale Standaardboeknommer
RSVP – Antwoord asseblief
NB – Nota bene
VSA – Verenigde State van Amerika
TV – Televisie
LUR – Lid van die Uitvoerende Raad
PIN – Persoonlike Identifikasienommer
ABSA – Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika
AFBOB – Afrikaanse Verbond Begrafnisonderneming Beperk
ESKOM – vroeër EVKOM: Elektrisiteitsvoorsieningskommissie
FICA – Financial Intelligence Centre Act (Wet op die Finansiële
Intelligensiesentrum)
FIFA – Fédération Internationale de Football Association – Internasionale
Voetbalfederasie

42
NASA – National Aeronautics and Space Administration (Nasionale Lugvaart-
en Ruimte-administrasie)
RICA – Regulation of Interception of Communications and Provision of
Communication-related Information Act (Wet op die Onderskepping van
Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting)
SANOK – Suid-Afrikaanse Nasionale Olimpiese Komitee
SARS – South African Revenue Service (Suid-Afrikaanse Inkomstediens –
SAID)
SASOL – Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie
UNESCO – United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation

Lettergrepe
Enkelvoudige woorde

Eenvoudige woorde kan uit een lettergreep bestaan.


Voorbeelde: kat, hond, boek

Lang klinkers word nie geskei nie

Lang klinkers en tweeklanke bly in dieselfde lettergreep.


Voorbeelde: boon (boon), seil (seil), troepe (troepe).

Konsonante tussen Klinkers

As een medeklinker tussen twee klinkers staan, gaan dit gewoonlik na die
volgende lettergreep.
Voorbeelde: wa-ter (water), va-kan-sie (vakansie).

Dubbel konsonante

As daar 'n dubbele konsonant is, word dit verdeel tussen die twee
konsonante.
Voorbeelde: kat-te (katte), hop-pie (hoppie).

Verskeie konsonante

As daar meer as een konsonant tussen klinkers is, begin die volgende
lettergreep met die laaste konsonant.
Voorbeelde: ar-bei (arbei), ont-wik-kel (ontwikkel).

Voor- en Agtervoegsels

Voor- en agtervoegsels word as aparte lettergrepe hanteer.


Voorbeelde: be-stuur (bestuur), leer-ling (leerling).

43
Samestellings
'n Samestelling in Afrikaans is 'n nuwe woord wat geskep word deur twee of
meer bestaande woorde saam te voeg om 'n nuwe betekenis te vorm.

Voorbeelde

motor + huis = motorhuis


skool + tas = skooltas
straat + lig = straatlig
melk + bottel = melkbottel
dag + boek = dagboek
krediet + kaart – kredietkaart
boek + winkel = boekwinkel
tafel + poot = tafelpoot

Afleidings
Afleidings is 'n proses waardeur nuwe woorde geskep word deur affikse
(voorvoegsels en agtervoegsels) aan bestaande woorde toe te voeg.

Voorvoegsels

on – ongelukkig, onaangenaam, onaktief, onbelangrik, onduidelik, oneerlik,


onfiks, ongehoorsaam, onnodig, onmoontlik, onseker, onvriendelik, ens.
ver – verbrand, verdraai, verloor, verspreek, vervorm, vergaan, verraai, ens.
her – herkou, herlaai, hernoem, heropen, herrangskik, hersien, herhaal, ens.

Agtervoegsels

-heid – goedheid, domheid, vryheid, leesbaarheid, hoogheid, ongelykheid,


boosheid, ens.
-lik – kinderlik, manlike, vroulik, vriendelik, wonderlik, oombliklik, koninklik,
wenslik, verskriklik, ens.
-er – mooier, speller, bakker, ens.

Kritiese Taalbewustheid
Denotasie

Denotasie is 'n konsep in semantiek wat verwys na die primêre, letterlike of


basiese betekenis van 'n woord, los van enige subjektiewe of emosionele
konnotasies wat dit mag hê.

44
Dit is die letterlike definisie of betekenis van 'n woord soos dit in 'n
woordeboek sou verskyn.

Konnotasie

Konnotasie verwys na die bykomende, subjektiewe betekenis, gevoelens,


assosiasies, of implikasies wat aan 'n woord geheg word, wat verder gaan as
die letterlike of primêre betekenis (denotasie).
Dit is die emosionele, persoonlike, of kulturele konnotasies wat 'n woord kan
hê, en dit kan verskil van persoon tot persoon of van kultuur tot kultuur.
Konnotasie speel 'n belangrike rol in die wyse waarop woorde geïnterpreteer
word en die emosionele impak wat hulle het.

Feite en Menings
Feite

Feite is objektiewe bewerings of verklarings wat waar is.


Hulle kan geverifieer word deur waarneming, navorsing, of betroubare
bronne.
Feite is universeel aanvaar as waar deur die meeste mense wat oor die
relevante inligting beskik.

Voorbeelde

Die aarde draai om die son.


Water kook by 100 grade Celsius by normale druk.
Pretoria is die uitvoerende hoofstad van Suid-Afrika.

Menings

Menings is subjektiewe oortuigings, houdings of standpunte van individue wat


nie noodwendig waar of onwaar is nie.
Hulle is gebaseer op persoonlike gevoelens, voorkeure, of oortuigings.
Menings kan verskil van persoon tot persoon en is nie geverifieerbaar nie.

Voorbeelde

"Chocolade-ijs is lekker."
"Die regering moet minder belasting hef."
"Die nuwe musiekalbum is beter as die vorige een."

Stereotipering

Stereotipering is die neiging om 'n bepaalde groep mense, dinge, of situasies


te vereenvoudig en algemene aannames of oordele daaroor te maak
gebaseer op 'n beperkte aantal kenmerke of eienskappe.

45
Dit behels die toepassing van 'n algemene beeld of vooroordeel oor 'n hele
groep, sonder om individuele verskille of nuanses in ag te neem.
Stereotipering kan gebaseer wees op ras, geslag, etniese afkoms, religie,
beroep, kultuur, of ander groepkenmerke.

Voorbeelde

Die idee dat vroue swakker of minder geskik is vir leierskap as mans.
Die aanname dat mans nie emosionele kwesbaarheid mag toon nie.
Die persepsie dat vroue beter is in huislike take as mans.
Die stereotipe dat almal uit 'n spesifieke kultuur 'n sekere tradisionele
klere of eetgewoontes moet hê.
Die stereotipe dat alle lede van 'n spesifieke beroep (bv. politici,
prokureurs, onderwysers) korrupt is.

Vooroordeel

Vooroordeel verwys na 'n vooringenome of onbillike oordeel of houding


teenoor 'n persoon, groep, idee, of situasie, gebaseer op voorafgevormde
idees, persepsies, of aannames.
Dit kan 'n negatiewe invloed hê op die manier waarop ons ander mense sien,
behandel, of met hulle omgaan, en dit kan lei tot diskriminasie, stereotipering,
en onregverdigheid.

Voorbeelde

'n Persoon aanvaar nie 'n werknemer se aansoek vir 'n posisie omdat
hulle 'n ander ras is, selfs al het hulle die nodige kwalifikasies.
'n Werkplek besluit om 'n kandidaat nie te bevorder nie, bloot omdat
hulle 'n vrou is en aanneem dat mans beter leierskapseienskappe het.
'n Verhuurder weier om 'n woonstel aan 'n huurder te verhuur omdat
hulle van 'n spesifieke etniese groep is.
'n Persoon verwerp 'n ander se kulturele praktyke of gewoontes as
"vreemd" of "barbaars" sonder om dit te probeer verstaan.
'n Persoon maak aannames oor 'n ander se finansiële status of sosiale
klasse, gebaseer op hul uiterlike voorkoms of beroep.

Partydigheid

Partydigheid verwys na 'n vooringenome of onveranderlike ondersteuning van


'n spesifieke persoon, groep, idee, of standpunt sonder om objektief te wees.
Dit behels 'n sterk emosionele binding of lojaliteit aan iets of iemand, dikwels
tot die punt van blinde ondersteuning, selfs wanneer daar 'n gebrek aan
objektiewe bewyse of redenasie is.
Partydigheid kan 'n negatiewe invloed hê op die objektiewe beoordeling van
sake en kan lei tot vooringenome besluite of onregverdige behandeling van
ander.

46
Voorbeelde

'n Tydskrif of nuusnetwerk gee skynbare gunstige dekking aan politieke


kandidate van 'n spesifieke party, terwyl dit negatiewe dekking gee aan
hul teenstanders.
'n Aanhanger van 'n spesifieke sportspan verdedig hul span teen enige
kritiek, selfs wanneer hul span swak presteer of onaanvaarbaar gedrag
vertoon.
'n Lid van 'n geloofsgemeenskap skenk blinde geloof aan hul
geloofsgoedere, sonder om krities te kyk na die geloofsoortuigings of
praktyke.
'n Werker verdedig hul kollega, selfs wanneer hul optrede
onprofessioneel of skadelik is vir die werksomgewing.

Dubbelsinnigheid

Dubbelsinnigheid, ook bekend as ambiguiteit, verwys na 'n toestand waar 'n


woord, frase, of uitdrukking verskeie interpretasies of betekenisse kan hê,
afhangende van die konteks waarin dit gebruik word.
Hierdie veelvoudige interpretasies kan lei tot verwarring of misverstand, veral
as die konteks nie duidelik is nie.

Voorbeelde

"Ek het 'n baie ligte bank." (Kan verwys na 'n bank wat maklik is om te
dra, of 'n bank wat lig van kleur is.)
"Die motor draai nie." (Kan beteken dat die motor nie begin nie, of dat
die motor werklik nie ronddraai nie.)
"Die koeël het die man getref wat in die hoek sit." (Kan beteken dat 'n
koeël die man geraak het, of dat die man wat in die hoek sit, geskiet is.)

Enkelvoudige en Saamgestelde Sinne


Enkelvoudige Sinne

'n Enkelvoudige sin bestaan uit een hoofklousule wat 'n enkele gedagte of
idee uitdruk.
Die sin is kompleet en sinvol op sy eie.

Voorbeelde

Die hond blaf.


Sy loop vinnig.
Ek lees 'n boek.

47
Saamgestelde Sinne

'n Saamgestelde sin bestaan uit twee of meer hoofklousules wat saamgevoeg
is deur koppelwoorde (soos "en", "maar", "of", "want", ens.) of deur
puntkomma's of koppeltekens.
Die hoofklousules kan afsonderlik as enkelvoudige sinne bestaan.
Die hoofklousules kan van dieselfde of verskillende aard wees.

Voorbeelde

Die son skyn, en die voëls sing.


Ek hou van musiek, maar my suster hou van dans.
Hy het hard gewerk, daarom het hy die toets geslaag.

Lande en hul Inwoners


Amerika Amerikaners Argentinië Argentyne
Australië Australiërs Brasilië Brasiliane
Brittanje Britte China Chineese
Duitsland Duitsers Egipte Egiptenaars
Engeland Engelse Frankryk Franse
Griekeland Grieke Ierland Iere
Indië Indiërs Israel Israeliërs
Italië Italianers Japan Japannese
Kongo Kongolese Korea Koreane
Mosambiek Mosambiekers Namibië Namibiërs
Nederland Nederlanders Nieu-Seeland Nieu-Seelanders
Nigerië Nigeriërs Palestina Palestyne
Portugal Portugese Rusland Russe
Spanje Spanjaarde Suid-Afrika Suid-Afrikaners
Switserland Switsers Thailand Thailanders
Turkye Turke Viëtnam Viëtnamese
Zimbabwe Zimbabwiërs Zambië Zambiërs

48

You might also like