Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 64

TEORIE OPSOMMINGS

GRAAD 10

MODULE 1.1: INLEIDING TOT REKENAARS

Wat is 'n rekenaar?


 Elektronies (elektrisiteit nodig)
 Veeldoelig (kan geprogrammeer word om take uit te voer)
 Sommige is draagbaar (skootrekenaars, tablette, slimfone)
 'n Slimfoon is ook 'n rekenaar
 Tafelrekenaars het verskillende komponente, wat met mekaar gekoppel moet wees.
 Twee kritiese komponente: hardeware en sagteware
o Hardeware verwys na die fisiese komponente van die rekenaar, waaraan ons kan
vat en kan sien – die muis, skerm, sleutelbord, drukker
o Sagteware verwys na spesifieke instruksies of programme wat ons vir die
rekenaar kan gee sodat dit iets nuttigs vir ons kan doen
 Inligtingsverwerkingsiklus: Rekenaars ontvang toevoer, verwerk dit en gee dan vir ons
een of ander vorm van afvoer. Die afvoer moet dikwels gestoor word sodat dit later
weer gebruik kan word. Kommunikasie met ander rekenaars is ook belangrik.
 Data en inligting
o Data is onverwerkte items. Dit kan teks, syfers, grafika, klank en video insluit
o Inligting is die resultaat van die vrwerking van data. Dit moet vir ons iets beteken
en ons moet dit kan gebruik.
Maak kennis met Windows
 Bedryfstelsel – Die belangrikste program, wat al die aktiwiteite in 'n rekenaar beheer
 Laai (boot) – Die pross waar 'n rekenaar aangeskakel word en die bedryfstelsel laai. Die
gebruiker skakel die rekenaar aan om hierdie proses te laat begin.
 Jy het dalk 'n wagwoord/gebruikersnaam nodig om by Windows in te teken
 Die werkskerm (desktop) is die eerste basiese 'skerm' van die bedryfstelsel
 GUI: Graphical User Interface – is ontwerp om saam met 'n sleutelbord en muis gebruik
te word (of met 'n vinger of hand, waar raakskerms gebruik word).
 Muisaksies
o Linksklik: word gewoonlik gebruik om iets te selekteer
o Regsklik: vertoon gewoonlik 'n opwiplys met opsies wat met die huidige
aktiwiteit verband hou
o Dubbelklik: word gewoonlik gebruik om 'n lêer of lêergids oop te maak, of 'n
program uit te voer
o Sleep (drag): word gewoonlik gebruik om objekte te skuif, of groter of kleiner te
maak
 Die taakbalkie, Start button, shortcuts, ikone, Recycle Bin, area vir boodskappe
(notification area) en Quick Launch toolbar verskyn almal op die werkskerm
 <Esc>-sleutel kan gebruik word om 'n opsie te kanselleer, of om terug te keer na waar jy
was
 Gebruik die Start-kieslys om die rekenaar af te skakel
Kom ons stoor ons werk
 Lêer: 'n Versameling data of inligting wat onder 'n enkele naam op 'n rekenaar gestoor
word.
 Stoor: Die plek op 'n rekenaar waar werk permanent gebêre word.
 Geheue: Die plek op 'n rekenaar waar werk tydelik gebêre word, terwyl ons nog daaraan
werk, en voordat ons dit stoor.
Maak kennis met die sleutelbord
 Die algemeenste toevoertoestel, wat gebruik word om teks of data in te tik
 QWERTY verwys na 'n standaard- of 'n vol sleutelbord
 Touch Typing – wanneer mens met die vingers van altwee hande tik, sonder om na die
sleutelbord te kyk – blindtik
 Oefen met 'n typing tutor – belangrik om jou sleutelbordvaardigheid te verbeter.
MODULE 1.2 – SAGTEWARE

 Sagteware – stelle instruksies wat 'n rekenaar vertel wat om te doen


 Om te kan werk, moet die sagteware vanaf die stoormedium in die geheue gelaai word.
Toepassings- vs stelselsagteware
Toepassingsagteware – 'n groep programme wat spesifieke take vir ons as gebruikers
uitvoer.
Stelselsagteware – programme waarmee die rekenaar beheer, ondersteun en bedryf word.
 Bedryfstesel
 Nutsprogramme soos antivirusprogramme. Sommige nutsprogramme is in die
bedryfstelsel ingesluit, maar ander kan jy aankoop.
Die bedryfstelsel
Stelselsagteware wat al die aktiwiteite wat in 'n rekenaar plaasvind, beheer
 Elke rekenaar moet 'n bedryfstelsel hê om te kan funksioneer
 Die eerste stel programme wat laai wanneer mens 'n rekenaar aanskakel (boot)
 Voorbeelde – Windows reeks (Windows 8 en 10), Apple se bedryfstelsels (macOS, OS X).
Linux
 Voorbeelde vir mobiele toestelle – iOS (Apple), Android, Windows vir slimfone
 Funksies:
o Bestuur al die hardeware en sagteware op die rekenaar
o Onderhou sekuriteit
o Voorsien 'n gebruikerkoppelvlak (GUI)
Windows
 Werkskerm/Desktop – die eerte basiese skerm van die bedryfstelsel
 Ikone – teëls (tiles), kortpaadjies
 Subkieslyste en kortpadsleutels, voorsien bykomstige maniere om toegang tot
programme ens. te kry
 Windows-komponente – venster, kieslys, dialooghokkie, tekshokkie, combo box (opsies),
list box (kies van opsies gelys), ens.
 Nuttige programme wat ingesluit is – Snipping Tool (maak voorsiening vir die gebruiker
om 'n deel van die beeld op die skerm te kopieer), calculator.
MODULE 1.3 – HARDEWARE

TOEVOER
Die proses om data en instruksies vir die rekenaar te gee. Word ook gebruik om na die data
en instruksies self te verwys.
Instruksies: Programme, opdragte en reaksies vanaf gebruiker
Sleutelbord
Belangrike sleutels – F1, Esc, Print Screen (neem 'n foto van alles op die skerm en plaas dit
op die clipboard – a area in die rekenaar se geheur waar teks en ander objekte wat
gekopieer is, tydelik gestoor word).
Muis
 'n Wysertoestel waarmee mens die muismerker op die skerm kan beweeg en objekte
kan selekteer, oopmaak en sleep
 Verskillende muisaksies voer verskillende take uit, bv. regsklik om 'n opwiplys te open en
gebruik die muiswieletjie om deur 'n dokument te rol
Koppeling van toestelle
USB-POORT
Standaardpoort wat algemeen gebruik word om toestelle soos sleutelborde, muise en
drukkers aan 'n rekenaar te koppel. 'n USB-hub kan gebruik word om bykomstige USB-
poorte te voorsien
BLUETOOTH
'n Tegnologie wat deur toestelle soos muise, drukkers en selfone gebruik kan word om
koordloos oor kort afstande te kommunikeer
PLUG AND PLAY
'n Reeks tegnologieë waar die bedryfstelsel 'n toestel wat by die rekenaar ingeprop is
outomaties waarneem en konfigureer, sodat die toestel feitlik onmiddellik gebruik kan word
Koordlose muis en sleutelbord
Voordele:
 Minder kabels wat rondlê
 Meer bewegingsruimte
Nadele/beperkings:
 Benodig batterye
 Duurder
 Steurings van radioseine kan voorkom (toetstel mag dus nie werk nie)
 Kan makliker gesteel word
AFVOER
Die resultate van 'n rekenaar se verwerking wat aan ons verskaf word.
Skerms
Ook LCD/LED-skerms genoem (weens die tegnologie wat hulle gebruik)
 Grootte: word diagonaal in duim (") gemeet
 Resolusie: Die aantal beeldpunte (pixels – klein kolletjies) wat gebruik word om die
beeld op die skerm te skep. Die resolusie word horisontaal en vertikaal in beeldpunte
gemeet, bv. 1920 x 1080.
 Reaksietyd: In millisekondes gemeet. Korter reaksietyd lewer beter videokwaliteit.
 Grafikakaart: Skep die beelde wat vertoon word. As jy take uitvoer wat baie grafika
hanteer, soos videoredigering, dan is dit beter om 'n afsonderlike,
hoëkwaliteitgrafikakaart in jou rekenaar te gebruik.
Drukkers
Genereer hardekopieë – afvoer op papier (Sagtekopie is visuele afvoer op die
skerm/hardekopie is visuele afvoer op papier)
 Verstekdrukker (default printer): Die drukker waarop die drukwerk gedoen sal word
tensy die gebruiker 'n ander drukker kies
 Koppeling: Die meeste drukkers word met 'n USB-poort aan die rekenaar gekoppel.
Drukkers met 'n WiFi-aansluiter kan werk sonder dat hulle met 'n kabel aan 'n rekenaar
gekoppel is
 Drukkerwaglys: 'n Plek op die hardeskyf waar take vir die drukker tydelik gestoor word
totdat die drukker gereed is om hulle te druk. Elke drukker het sy eie drukkerwaglys.
Kan gebruik word om drukwerk te kanselleer, te pause, of van voor af te laat druk.
SOORTE:
 Inkspuitdrukker
Soort drukker wat mikroskopiese druppeltjies ink op papier spuit. Dit is relatief
goedkoop om aan te koop, maar op die lang duur kan dit meer kos om te gebruik. Kan
kleurkopieë van hoë kwaliteit druk – foto's
 Laserdrukker
Soort drukker wat soos 'n fotostaatmasjien laserdrukstof in plaas van ink gebruik. Oor
die algemeen duurder om aan te koop as inkspuitdrukkers, maar goekoper om te
gebruik en van die twee drukkers meer geskik vir hoë volumes drukwerk.
STOOR/BERGING
Stoor of berging verwys na 'n plek waar die rekenaar sy data en programme bêre – selfs
wanneer die krag af is
Hardeskyf
 Die hardeskyf is die hoof-stoortoestel van 'n rekenaar (en ook die grootste) en is binne
die rekenaarkas ingebou
 Eksterne hardeskywe word by 'n USB-poort aan die rekenaar gekoppel; die poost verskaf
ook hul krag
Flash-skyf
Stoortoestelle wat elektroniese geheue gebruik om data te stoor en krag via die USB-poort
kry.
Greep: Elke karakter wat ons stoor neem plek in beslag, naamlik 'n greep (byte)
1KB = 1024 grepe (bytes)
1MB = 1024 KB
1GB = 1024 MB
1TB = 1024 GB
OMGEWINGS EN GESONDHEIDSKWESSIES
Gesondheidskwessies
Ergonomie – die studie en ontwerp van die werkplek vir die gemak en veiligheid van mense
in hul werkomgewing
Repetitive strain injury (RSI) – naam vir beserings wat veroorsaak word deur vinnige,
herhalende werk. Toevoertoestelle het gewoonlik eienskappe om RSI te probeer voorkom,
soos in ingeboude gewrigstut aan die voorkant van die sleutelbord.
Gesondheidswenke by die gebruik van rekenaars:
 Gebruik ergonomiese ontwerpte toerusting, bv. 'n sleutelbord met 'n ingeboude
gewrigstut.
 Sit reg – stoel op die korrekte hoogte gestel
 Verseker dat die sleutelbord, muis en monitor reg geposisioneer is
 Verseker dat beligting, lugsirkulasie/ventilasie voldoende is
 Draai soms jou oë weg van jou monitor af
 Rus gereeld
Groen rekenaarverwerking
'n Term wat gebruik word om die omgewingsbewuste gebruik van rekenaars te beskryf.
E-rommel: Engels – e-waste, verwys na gebreekte, verouderde en weggegooide elektroniese
toerusting wat nie meer gebruik word nie. Die toksiese chemikalieë en materiale in die
roerusting is baie skadelik vir mense en die omgewing.
Wenke hoe om groen rekenaarverwerking te beoefen:
 Probeer krag bespaar – skakel toestelle af wat nie in gebruik is nie
 Moenie papier vermors nie
 Probeer om ou hardeware op te gradeer of aan iemand te skenk
 Raak op omgewingsvriendelike manier van gebruikte ink- en laserdrukstofhouers ontslae
 Probeer om ink- en laserdrukstofhouers te laat hervul en hergebruik.
MODULE 1.4 – LêERBESTUUR

Explorer word gebruik om lêers en lêergidse te beheer: verdeel in linker- (navigasie-) paneel
en regterpaneel; die Detils-vertoonmodus is besonder nuttig – kan aandui watter
besonderhede vertoon, en aandrywer-/lêergidsinhoud sorteer, lêergidsstrukture kan
uitgebrei of ingekrimp word.
Wenke vir die beplanning van 'n logiese lêergidsstruktuur
 Beplan eerste die hooflêergidse, voeg dan sublêergidse by
 As daar baie lêers in een lêergids is, onderverdeel in verdere sublêergidse
 Gebruik betekenisvolle name vir lêergidse en lêers
Lêername bestaan uit drie dele – naam, punt, uitbreiding
 Naam – letters, spesiale karakters, syfers, spasies
 Uitbreiding – dui aan watter soort lêer dit is en watter program gebruik behoort te word
om dit te open. Moet nooit die lêeruitbreiding van 'n bestaande lêer verander nie – die
bedryfstelsel mag probeer om dit met 'n ander program as die regte een te laai. Gebruik
Open with-opdrag om 'n lêer met behulp van 'n ander program oop te maak.
Lêerpad – die opeenvolging van lêergidse, wat begin met die aandrywerletter en met \
geskei, wat lei tot die plek van 'n spesifieke lêer.
Netwerkaandrywers – eintlik lêergidse op ander rekenaar op die netwerk, aangedui deur
letters soos S, T, U, ens.
Algemene lêertipes en uitbreidings – sien bladsy 43
Lêereienskappe – vertoon in Details-vertoonmodus in Explorer – naam, datum verander,
tipe lêer, grootte in KB, ens.
Recycle Bin – stoor lêers wat op die plaaslike hardeskyf (maar nie op die netwerkaandrywer
of verwyderbare aandrywer nie) uitgevee is. Dit kan gebruik word om lêers wat uitgevee is
na hul oorspronklike plekke terug te neem.
Kortpaaie – Kan geskep word om na enige lêer, lêergids of ander bron te wys. 'n Kortpad
wys net na die oorspronklike item – dit is nie die item self nie.
Omskakeling van lêertipes – gebruik Save As en dan Save as type om 'n lêer na 'n ander
soort lêer om te skakel.
 Word gebruik om data met 'n ander program te deel deur middel van 'n formaat wat
albei programme kan lees en begryp
 Stel gebruikers wat ouer weergawes van 'n program gebruik in staat om toegang tot die
data te kry.
Vinnige maniere om met lêers te werk
 Selekteer al die lêers – ctr~A
 Selekteer nie-aangrensende lêers – hou ctr in en kies die lêers een vir een
 Selekteer aangrensende lêers – kies die eerste lêer, hou shift in en kies die laaste een
 Gebruik ctr~X, ctr~C en ctr~V in explorer om lêers onderskeidelik te cut, copy en paste
 Drag en drop lêers met die muis – maar wees versigtig
KARAKTERTIPE OF FONT
Daar is verskeie fonte om van te kies. Fonte word in twee hoofkategorieë verdeel:
 Serif font – het kort, dekoratiewe strepies aan die begin en einde van elke lyntjie wat 'n
karakter vorm.
 Sans Serif-fonte – 'n eenvoudiger karaktertipe sonder enige kort strepies aan die begin
en einde van die karakters – die franse woord 'sans' beteken 'sonder'.
MODULE 1.5 – IKT IN PERSPEKTIEF

Veeldoelige rekenaars
Het 'n bedryfstelsel wat verskillende toepassings kan uitvoer om 'n verskeidenheid take te
verrig
 Tafelrekenaars
 Skootrekenaars/notebooks – draagbaar, werk met batterykrag, kan moeilik en duur
wees om op te gradeer
 Tablette – werk met raakskerm, met of sonder spesiale pen
 Slimfone – het bedryfstelsel; apps maak hulle veelsydiger; kan ook as kamera, GPS
navigator, e-posleser, ens. gebruik word
 Bediener – verskaf bronne en dienste aan die rekenaars in 'n netwerk; het kragtiger
verwerkers, baie geheue en stoorplek
Toegewyde toestelle – meeste van hulle is ontwerp om net een taak te verrig, voorbeelde:
mediaspelers, OTM-masjiene, wasmasjiene
IKT – Inligtings- en Kommunikasie Tegnologie
IKT-stelsel – 'n kombinasie van hardeware, sagteware, data, prosesse en mense – met die
doel om data en inligting te versamel, te manipuleer, te stoor, te onttrek en te
kommunikeer.
Betaalpuntstelsel – (Point of Sale of POS-stelsel) – gebruik strepieskodes en skandering,
meer akkuraat en vinniger, stelsel gekoppel met gerekenariseerde databasis.
Etiese gebruik van rekenaars
Soos wat dit verkeerd is om in die alledaagse lewe te steel en vals inligting te versprei, so
ook in 'n rekenaaromgewing.
Ekonomiese redes vir gebruik van IKT
 Meer akkuraat en betroubaar as mense
 Vinniger as mense
 Kos op die lang termyn minder as mense
 Verminder die behoefte aan bronne soos papier en kantoorspasie
MODULE 1.6 – UITGEBREIDE KONSEPTE VAN SAGTEWARE

Geïntegreerde sagteware
Sagteware wat programme wat algemeen gebruik word, soos 'n woordverwerker, sigblad,
databasis, aanbiedingsprogram en kommunikasieprogram, in een pakket kombineer.
Voorbeeld: 'n Kantoorpakket soos Microsoft Office
Lisensiëringsooreenkomste
Eiendomsregtelike
Proprietary software – behoort aan iemand wat dit beskikbaar stel vir gebruik in terme van
'n lisensieooreenkoms.
EULA
End User Licence Agreement. 'n Wettige ooreenkoms wat beskryf wat jy met die sagteware
mag doen en nie mag doen nie.
Enkelgebrikerlisensie
Net een kopie van die sagteware mag geïnstalleer word.
Terreinlisensie
Site licence – laat 'n maatskappy of organisasie toe om sagteware 'n onbeperkte aantal kere
binne daardie maatskappy o organisasie te installeer.
Gratis sagteware
Freeware
Sagteware waarvan al die beskikbare funksies werk, en wat sonder enige beperkingegebruik
en gekopieer kan word.
Shareware
Sagteware wat gewoonlik net vir 'n bepaalde tyd gratis gebruik kan word, of wat net
sommige funksies beskikbaar maak. As mens na die toetstydperk wil aanhou om die volle
weergawer te gebruik, moet jy daarvoor betaal.
Oopbronsagteware
OSS – Open Source Software is sagteware wat vrylik gebruik, aangepas (omdat jy toegang
tot die bronkode het) en versprei mag word.
Voorbeelde – kantoorpakket: LibreOffice; Bedryfstelsel: Linux
STELSELSAGTEWARE
 Nutsprogramme – stel die gebruiker in staat om instandhouding te doen
o Saampers
Proses om 'n kleiner kopie van een of meer lêers te maak. WinZip en WinRAR –
sagteware wat lêers saampers of na oorspronklike grootte kan omkeer
o Rugsteunnutsprogram
'n Gespesialiseerde program wat seker maak dat al jou lêers korrek gerugsteun
word.
 Drywerprogramme
Sagteware wat jou rekenaar in staat stel om met hardeware of toestelle te
kommunikeer.
MODULE 1.7 – UITGEBREIDE KONSEPTE VAN HARDEWARE

TOEVOER- EN AFVOERTOESTELLE
Wysertoestelle
Word gebruik om die wyser of merker op die skerm te beweeg: muis, raakblad,
wyserstokkie en die onderstaande voorbeelde:
Pen/stilus
Word gebruik met druksensitiewe grafikablad; teken baie meer natuurlik en akkuraat as met
'n muis
Trackball
Beweeg die bal met jou vingers; veral deur mense met gestremdhede gebruik
Raakskerm
Multi-touch laat gebare soos om die skerm te knyp (uit te zoom) toe; beide 'n toevoer- en
afvoertoestel
Sensors
Ingebou in mobiele toestelle soos slimfone en tablette
 Versnellingsmeter
Neem beweging soos die oriëntasie van die skerm vir speletjies waar en outomatiese
skermrotasie
 Temperatuursensors
Beskerm toestelle teen oorverhitting – dit sal outomaties afskakel wanneer dit warm
raak
 Ligsensors
Maak voorsiening vir outomatiese aanpassing van skermhelderheid; skakel die skerm af
wanneer jy die foon teen jou oor hou
 Elektroniese kompas
Wys die rigting waarin die toestel gedraai is
Speletjietoestelle – joystick, speletjiebeheerder, stuurwiel
Digitale kameras
 Kom as alleenstaande eenhede, maar ook in slimfone ingebou
 Resolusie (kwaliteit) in megapixels (MP) gemeet
 Hoër MP = beter kwaliteit = groter lêer = neem meer stoorspasie in beslag
Skandeerders en leestoestelle
Gebruik om data in te voer sonder dat die gebruiker hoef te tik.skryf/praat
 Platbladskandeerder – flatbed – skandeer een bladsy/prentjie op 'n slag
 Bladvoerskandeerder – sheet-fed – mens kan 'n stapel papiere in die voerder plaas en
die skandeerder sal outomaties een bladsy na die ander 'voer', wat groter volumes
skandeerwerk toelaat. Gewoonlik ingesluit by 'n multifunksiedrukker
 Strepieskodeleser – meestal in winkels en biblioteke te vind; herken 'n kode wat met die
item geassosieer word. Voordele van strepieskodestelsel: spoed, akkuraatheid
 Biometriese skandeerder – biometriese sekuriteit – tegnologie wat 'n unieke biologiese
eienskap soos jou vingerafdruk of die irispatroon van jou oog vir identifikasie gebruik.
Verseker fisiese teenwoordigheid en is veiliger as 'n wagwoord.
 Kaarttoevoer – lees/skryf data op karate met ‘n magnetise strokie (bv. Bankkaart)
 RFID (Radio frekwensie-identifikasie) – gebruik klein radiotoestelle om data te stoor en
te versend
 OCR – Optical character recognition – skakel teks in ‘n beeld om na redigeerbare teks
Video- en klantoevoer
 Video – neem direk met ingeboude kamera of webkamera op; dra leer vanaf eksterne
kamera se geheuekaart oor
 Klank – neem op deur ingeboude mikrofoon te gebruik; dra oor as lêers vanaf eksterne
toestelle. Kan klank as teks in rekenaar invoer deur stemherkenningsagteware te
gebruik
Klankafvoer
Gee terugvoer (waarskuwingsklanke, alarms, ens.) en word gebruik om vermaak te bevorder
Dataprojektors
Kan die beeld op die rekenaarskerm met baie mense deel deur ‘n groter weergawe van die
beeld op ‘n skerm of muur te projekteer
Multifunksiedrukkers
Toevoer en afvoer – skandeer/druk/faks/fotokopieer
STOORTOESTELLE EN –MEDIA
Optiese media
CD/DVD/Blu-ray; raak uitgedien; hoofsaaklik vir media/speletjie gebruik
Geheuekaart
Stoormedia vir kameras of ander draagtoestelle; gebruik ‘n kaartleser om lêers oor te dra
VERWERKING
Moederbord
Groot stroombaanbord wat alle ander dele in staat stel om daaraan te Koppel en daardeur
te kommunikeer
SVE
Sentrale Verwerkingseenheid – verwerk al die data en voer instruksies uit; pas in ZIF-sok
(zero insertion force)
RAM & ROM
 RAM (Random Access Memory)
Groter hoeveelheid; werkende geheue wat data en instruksies hou waaraan die
rekenaar tans besig is om aan te werk; inhoud word deur die gebruiker verander
 ROM (Read only Memory)
Klein, vaste inhoud; gebruik om hardeware op ‘n basies vlak te beheer en laai (boot) die
rekenaar wanneer dit aangeskakel word
MODULE 1.8 – DIE IMPAK VAN IKT

Impak op lewens en lewensstyle


Byna alles word beïnvloed – die manier hoe ons werk, koop, ons vermaak, ens.
Kommunikasie – blog, e-pos, sosiale netwerk, ens.
Oorbeskikbaarheid van kommunikasiemedia veroorsaak eiesoortige probleme.
Inligtingsera – inligting is ‘n verbruiksartikel, en data is meer toeganklik en draagbaar.
Dit is ‘n uitdaging om inligting effektief te bestuur – om dit op te spoor, te evalueer, te
ontleed en op te som.
Vryetydsbesteding – aanlyn en digitaal, ook hoe ons dit vir onsself maklik maak (bv.
Reisbesprekings, ens.)
Impak op tuiskantoor
Rekenaars maak ‘n eenmansaak prakties uitvoerbaar.
Dit is meer kostedoeltreffend as om administratiewe personeel te huur om noodsaaklike
werk te doen:
 Skep van dokumente en –liasseerwerk
 Skakeling met kliënte en verskaffers
 Bestuur van data
 Advertensies, ens.
Die vergroting van ‘n tuiskantoor is altyd ‘n opsie. Rekenaars help ons daarmee
Impak op onderwys
Alle betrokkenes trek voordeel:
 Bestuur (roosters, kommunikasie met ouers, bemarking van die skool, ens.)
 Onderwysers (skep lesmateriaal, lesaanbieding gebruik elektroniese witborde, die
verwerking van punte, gebruik van spesiale sagteware soos GIS, ens.)
 Leerders (navorsing, verwerking en aanbieding van inligting; samewerking en
kommunikasie deur slimfone en sosiale netwerke te gebruik; gebruik van
onderrigprogramme, ens.)
Mense wat rekenaarmisdaad pleeg
Misdadigrs trek voordeel uit unieke geleenthede wat deur die digitale omgewing gebied
word.
Identiteitsdiewe steel iemand of ‘n maatskappy se identiteit en gebruik dit om bedrog te
pleeg.
Bedrieërs gebruik verskeie vorme van identiteitsdiefstal en manipulering om geld of data te
steel:
 Kuberstrikroof (phishing)
 Vals beskermingsprogramme
 Kamstige loteryspryse
 Piramiedeskemas, beleggingsgeleenthede, ens
Hackers en crackers
 Misdadigers wat in rekenaarstelsels inbreek
 Hackers doen dit merendeels vir prestige en erkenning ( en word wettig deur
maatskappye gehuur om programmeringsfoute en swakhede in sekuriteitstelsels op te
spoor)
 Crackers het kriminele oogmerke (bv. Die vewydering van kopieregbeskerming op
programme)
Georganiseerde rekenaarmisdaad
 Groot kriminele organisasies hanteer dit soos besighede
 Rekenaars word gebruik om gemorspos en roofprogramme te versprei, sensitiewe
dokumente te vervals, duplikaatkredietkaarte te skep, ens.
MODULE 2.1 – INLEIDING TOT NETWERKE

Netwerk
‘N Versameling rekenaars en ander toestelle wat met kabels of koordloos gekonnekteer is.
Bediener
Kragtige rekenaar wat gedeelde bronne in ‘n netwerk voorsien.
Internet
‘n Globale netwerk bestaande uit baie netwerke wat met mekaar verbind is.
Voordele van netwerke
 Vinnige doeltreffende kommunikasie – bv. Die gebruik van e-pos, kitsboodskappe en
sosiale netwerke
 Deel bronne – hardeware (drukkers) en sagteware (lêers)
 Sentralisering van data – hou data wat deur meer as een persoon of organisasie benodig
word op ‘n sentrale rekenaar.
 Word gebruik op klein skaal (tuiskantoor) en op ‘n groter skaal (kettingwinkels se
databasisse).
 Maklike toegang – het dieselfde (mees onlangse) weergawe van ‘n lêer of data
toeganklik vir verskillende rekenaars of rekenaartoestelle.
 Vryetydsbesteding – bv. ‘live streaming’ oor die internet, met gebruik van e-boeklesers,
en aanlyn speletjies.
 Verhoogde beheer en sekuriteit – bv. Uitvoer van rugsteun, opdatering van sagteware
en die toepassing van toegangsregte
Nadele van netwerke
 Vertroulike data is kwesbaar as dit nie behoorlik beveilig is nie
 Duur om sekere soorte netwerke op te stel en te onderhou
 Skadelike sagteware kan vinniger via ‘n netwerk versprei
 Netwerkfoute kan tot verlies van data lei, of toegang tot data belemmer
MODULE 2.2 – BASIESE BEGINSELS VAN NETWERKE

Netwerke word geklassifiseer volgens die area wat hulle dek


PAN – PERSOONLIKEAREANETWERK
Gestruktureer rondom individue met 'n reikafstand van 'n paar meter; gewoonlik een
rekenaartoestel afgepaar met een of meer ander toestelle
 Hoofdoel en –voordeel – outomatiese konneksies tussen mobiele toestelle
 Nadele- Reikafstand van slegs 'n paar meter; data-oordrag kan stadig wees;
randtoestelle word gewoonlik met net een rekenaartoestel op 'n slag afgepaar.
HAN – HUISAREANETWERK
Netwerk binne 'n huisomgewing; gebruik gekabelde of koordlose konneksiemetodes
Indien koordloos opgestel, kan sekuriteit 'n probleem wees – gebruik wagwoorde, ens.
DIE OPSTEL VAN 'N KLEIN NETWERK
 Hardware benodig
Switch – word gebruik om rekenaars in 'n HAN te konnekteer (maar nie vir
internettoegang nie)
Roeteerder (router) – maak voorsiening vir rekenaars om met netwerke soos die
internet te konnekteer; ingeboude switch maak voorsiening vir ander toestelle in die
HAN om met mekaar te gesels en 'n internetkonneksie te deel
 Konneksiemetodes
PAN gewoonlik Bluetooth; HAN gebruik kabels en koordlose konneksies
Gekabelde konneksies: Elke netwerktoestel moet 'n netwerkkoppelvlakbeheerder
(Network Interface Controller – NIC) hê; koppel via UTP-kabel (Unshielded Twisted Pair)
aan die switch/roeteerder
Koordlose konneksies: Elke netwerktoestel moet 'n ingeboude koordlose adaptor hê;
gebruik roeteerder se WiFi-eienskap
 Sagteware om sekuriteit/kommunikasie te beheer is gewoonlik in die toestel se
bedryfstelsel ingebou
KOPPELING AAN DIE INTERNET
Internet – wêreldwye rekenaarnetwerk wat bestaan uit rekenaars en netwerke
gekonnekteer deur gekabelde en koordlose kommunikasiemedia
 IP (Internet Protokol)-adres – elke toestel wat aan die internet gekonnekteer is moet sy
eie IP-adres hê
o ISP (Internet Service Provider/Internetdiensverskaffer) – maatskappy met 'n
permanente, vinnige konneksie met die internet; hulle verkoop internettoegang
en dienste vir 'n maandelikse fooi, bv. MWEB, Telkom, ens.
o Gekabelde konneksies
ADSL – permanente digitale konneksie dmv 'n telefoonlyn; konneksie in twee
kanale verdeel, een vir foonoproepe en een vir internetkonneksie
Vesel – data via dun glasveselbuise oorgedra; baie vinniger as ADSL (koperkabels)
o Koordlose konneksies
3G en 4G (LTE) – jongste weergawes van sellulêre tegnolgie; mobiele toegang
Dongle prop in USB-poort in om die toestel aan 'n sellulêre netwerk te koppel en
internettoegang te verkry
Slimfoon of tablet kan 'n persoonlike hotspot skep om sy internetkonneksie te
deel.
MODULE 2.3 – WêreldwyeWeb – WWW

WEBWERWE
www – 'n groot versameling gekoppelde, interaktiewe dokumente wat webblaaie genoem
word
Webblad – 'n dokument op die web waartoe jy deur 'n webblaaier toegang kan kry geskep
in tale soos HTML, JavaScript, PHP en Python
Webwerf – groep verwante webblaaie wat by dieselfde webadres getoor is
Tuisblad van 'n webwerf – eerste blad van 'n webwerf waarop jy beland as jy na die
webwerf toe gaan
Hiperskakel – 'n ingeboude konneksie na 'n ander webblad, webwerf of hulpbron op die
web as blou onderstreepte teks of 'n blou buitelyn (as dit grafika is) aangedui
Webbediener – rekenaar wat aan die internet gekoppel is en wat webwerwe huisves
Uniform Resource Locator (URL) – webadres – 'n webblad se unieke alfa-numeriese adres
IP-adres – 'n numeriese adres wat 'n rekenaar in 'n netwerk of op die internet uniek
identifiseer
SOORTE WEBWERWE
Webportaal
'n beginpunt vir soektogte op die web, bied skakels na verskillende onderwerpe, wat
webdeurblaai makliker kan maak, bv. yahoo
Inligtingswebwerf – Voorsien inligting aan die publiek, klante of belangtellendes, bv. die
Suid Afrikaanse Inkomstediens.
Nuuswebwerf – bevat allerhande soorte nuus: gebeure, sport, weer, wisselskoerse, ens., bv.
News 24
Besigheids- of bemarkingswebwerwe – bevat inligting oor 'n produk of diens wat gewoonlik
aanlyn gekoop kan word, bv. Takealot
Persoonlike webwerf – Om dit self te ontwikkel vir stokperdjies, ervarings en dit met ander
te deel
WIKI – Verskeie mense werk saam om die inhoud te skep en redigeer. Dit kan enige
naslaanwerk insluit – nie altyd betroubaar nie omdat enige iemand daartoe kan bydra.
Wikipedia – bekendste.
Opvoedkundige webtuiste (opleidingswebwerwe) – Bied opleiding dmv tutoriale en
simulasies – Howstuffworks, TED-Ed
Vermaaklikheidswebwerf – Vermaak soos aanlyn videos’ musiek, sport, speletjies
Voorspraakwebwerf – beskryf 'n idee, opinie of saak en verteenwoordig die sieninge van
spesifieke verenigings, bv. DBV, Greenpeace
Webtoepassingwebtuiste – Kan op enige plek toegang tot hierdie kry solank daar
Internettoegang is – dit word nie op die rekenaar gestoor nie, bv. Gmail
Inhoudsversamelaars – Maak verskillende soorte inhoud van aanlyn bronne bymekaar soos
nuus, weer en fliekresensies, vanaf verskillende aanlyn bronne, bv. Rotten Tomatoes,
Flipboard.
DEURBLAAI EN SOEK
Webblaaier
'n toepassingsprogram wat mens in staat stel om na webblaaie op die web te kyk en dit te
verken deur of hiperskakels te gebruik of, in gevalle waar die URL reeds bekend is, die adres
in die adresbalkie van die webblaaier in te tik, bv. Google Chrome
Tuisblad van jou webblaaier: die webblad wat jy as verstekblad (default) opgestel het, die
eerste webblad wat verskyn wanneer jy jou webblaaier oopmaak
Soekenjin
'n program wat na dokumente op die web soek, deur van sleutelwoorde of frases wat deur
die gebruiker ingetik word, gebruik te maak, bv. Google
MODULE 2.4 – ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE

Die saamstel, stuur en ontvangs van elektroniese boodskappe via 'n netwerk soos die
internet.
ISP-gebaseerde e-pos: normaalweg opgestel op 'n plaaslike rekenaar of toestel deur middel
van geskikte sagteware
Webgebaseerde e-pos: 'n diens waardeur jy toegang tot 'n e-posrekening deur 'n
webblaaier kan kry vanaf enige plek wat internettoegang het, bv. Gmail
Formaat van 'n e-posadres:
Gebruikernaam@Domein

Gebruiker of rekeninghouer – kan die diensverskaffer, soort organisasie en geografiese


ligging insluit
Adresboek of kontaklys: bevat e-posadresse en inligting soos telefoonnommers.
E-poslys: 'n lys e-posadresse gegroepeer onder 'n enkele naam. 'n E-pos aan hierdie lys sal
al die e-posadresse op die lys bereik.
Praktiese wenke:
Cc-veld: Al die ontvangers se name is vir ander ontvangers sigbaar.
Bcc-veld: Addresse in hierdie veld sal NIE vir ander ontvangers sigbaar wees nie.
Aanhegsels: Beperk hul grootte.
Ander e-kommunikasiemetodes
Sosialenetwerktuistes: interaktiewe webwerwe waar individue en organisasies hul
voorkeure, afkeure, belangstellings, foto's en aktiwiteite vir hul vriende en kennisse kan
tentoonstel en reaksies daarop kan ontvang.
Kitsboodskappe, kletstoepassings, SMS: verskillende apps en platforms, intydse IM-
kommunikasie
Webblog (blog): webwerwe opgedateer met nuus en gebeure; mees onlangse inskrywings
verskyn bo.
Faks na e-pos: stuur en ontvang fakse, gebruik 'n rekenaar en e-posstelsel.
Netiket
Goeie maniere en respek teenoor ander gebruikers wanneer die internet gebruik word.
Sosialenetwerktuistes: Hierdie is openbare ruimtes – privaatheid is nie gewaarborg nie.
Dink mooi voordat jy iets kontroversieel of selfs lasterlik plaas.
E-pos: sorg dat die toon van die boodskap by die gehoor pas. Volg die riglyne om altyddeur
hoflik te wees.
MODULE 2.5 – VEILIGE GEBRUIK VAN DIE INTERNET

KWAADWILLIGE SAGTEWARE (MALWARE) – enige sagteware wat met negatiewe


bedoelings geskryf is
Virus
'n Program wat geskryf is met die doel om die werking van rekenaars te belemmer. Die
meeste virusse aktiveer wanneer jy 'n geïnfekteerde lêer oopmaak of uitvoer. Hulle
reproduseer hulleself deur ander lêers te infekteer.
Rekenaarwurm
Kwaadwillige sagteware wat in staat is om homself oor 'n netwerk te versprei, gewoonlik via
e-pos, sonder dat iemand 'n geïnfekteerde program laat uitvoer. Dit is in staat om homself
baie keer te reproduseer.
Trojaan
'n Skadelike program vermom as 'n nuttige toepassing. Dit maak daarop staat dat jy die
program uitvoer.
Spam
Die elektroniese ekwivalent van gemorspos – e-posadvertensies aan jou gestuur al het jy nie
daarvoor gevra nie.
Hoaxes en bedrogskemas
Internet-hoax – 'n boodskap of artikel wat geskep is met die bedoeling om mense te bedrieg
of in te doen.
Uitvissingsbedrog (Phishing)
Pogings wat daarop gemik is om gebruikers te mislei om persoonlike, vertroulike inligting
soos PIN-nommers en wagwoorde te verklap. E-posboodskappe wat lyk asof dit vanaf 'n
wettige organisasie (dikwels 'n bank) kom, word gewoonlik gebruik.
Pharming
'n bedraogskema waar 'n gebruiker outomaties na 'n (vervalste) webwerf geneem word,
selfs as hy/sy die korrekte URL vir die amptelike webwerf intik.
E-pos-spoofing
Die verandering van 'n e-pos se opskrif sodat dit lyk asof die e-pos van iemand anders kom.
VOORKOMING EN BESKERMING
Virus  Installeer antivirussag-teware, Antivirussagteware kan jou
hou op datum waarsku en ‘n virus uitvee of
 Skandeer e-posaanhegsels, onder kwarantyn plaas.
draagbare media Norton, AVG, Avast, Bitdefender,
 Moenie e-posaanhegsels Kaspersky, McAfee is voorbeelde
oopmaak of programme van
verdagte bronne af uitvoer nie
Rekenaarwurm  Installeer antivirussagteware, hou dit op datum
 Moenie onbekende of verdagte e-posse oopmaak nie
Trojaan Moenie aanhegsels oopmaak of enige programme uitvoer nie, tensy jy
heeltemal seker is dat dit veilig is om dit te doen
Spam  Moenie jou e-posadres sommer aan enigeen blootstel nie
 Gebruik filters – ISP, e-posprogram, antivirussagteware en
gespesialiseerde nutsprogramme
Hoaxes en  Moet nooit inligting sommer net glo nie – gaan bronne vir
bedrogskemas betroubaarheid na
 Moenie ‘n hoax aan ander mense aanstuur nie – vee dit liewer uit
 Moet nooit enigiets doen wat ‘n hoax sê jy moet nie, bv. Om lêers
op jou rekenaar uit te vee
Uitvissingsbedrog  Moenie antwoord op e-posse of
(Phishing) SMS-versoeke waarin jy gevra word
om bankrekening-beson-derhede
ens. te bevestig nie
Beveiligde webwerwe begin
 Tik self die URL in die adresbalkie
met https:// en ‘n klein slotjie
van die webblaaier
verskyn iewers op die bladsy
 Gaan na of die webwerf beveilig is
– geënkripteer vir sekuriteit.
Pharming  Antivirussagteware wat op datum is
 Gee ag op waarskuwings as jy na
ander webwer-we verwys word
 Gaan na of die webwerf beveilig is
DIE VEILIGE GEBRUIK VAN DIE INTERNET
Algemene riglyne
 Hou bedryfstelselsagteware en antiviruslêerdefinisies op datum
 Installeer net betroubare sagteware
 Moenie op skakels in pop-ups klik nie
 Skandeer aanhegsels en afgelaaide programme voor jy hulle oopmaak of uitvoer
 Handhaaf ‘n goeie wagwoordgbeleid (sterk wagwoorde, verskillende wagwoorde,
moenie hulle neerskryf of deel nie, ens.)
 Moenie onnodige persoonlike inligting bekend maak nie
 Wees igelig – lees
 Moenie liggelowig wees nie – maak staat op jou sesde sintuig, gaan alles goed na
Beste aanlyn praktyke
 Moenie persoonlike besonderhede bekend maak nie
 Moenie persoonlike afsprake met mense wat jy aanlyn ontmoet het, nakom nie
 Staak gesprekke wat jou ongemaklik laat voel
 Dink twee maal voordat jy enigiets op die internet sê, veral as dit iets is wat jou in die
verleetheid kan stel
 Maak gebruik van die privaatheids- en sekuriteitsinstellings wat deur
sosialenetwerktuistes voorsien word
 Dit is aanvaarbaar om vriendskapsversoeke van vreemdelinge af te wys
 Wees wantrouig teenoor mense wat perfek skyn te wees – hulle wil dalk net jou
vertroue wen
 Om jou plek geheim te hou kan jy die geomerkfunksie op jou mobiele toestel afskakel
GRAAD 11
MODULE 1.1 – DIT GAAN ALLES OOR IKT

DIE ROL VAN IKT IN DIE WERKPLEK


 IKT bevorder spoed en doeltreffendheid
 Rekenaars – gebruik om alledaagse probleme op te los, IKT-vaardighede vir die meeste
loopbane benodig
Die rekenaar
 Die basis van enige IKT-stelsel – alle soort volg die inligtingverwerkingsiklus
 Krag van 'n rekenaar hang af van 'n kombinasie van hardeware (SVE, stoorplek, geheue,
videokaart)
Draagbare rekenaars
Skootrekenaars en notebooks
 Gebruik kleiner onderdele vir laer kragverbruik
 Werk met batterykrag
 Kraginstellings word gebruik om kragverbruik te bestuur (slaap- en hiberneermodusse,
skermhelderheid, balans tussen kragverbruik en werkverrigting)
Tablette
 Ideaal vir vinnige, kleinskaalse rekenaarwerk
 Bedryfstelsels ontwerp vir mobiele toestelle
 Langer batterylewe as bv. skootrekenaars
 Ingeboude WiFi- en sellulêre konnektiwiteit
Phablets
 Slimfone met skermgroottes groter as 5"
 Kan funksies van 'n tablet uitvoer en foonoproepe maak
Slimfone
 Kombineer eienskappe en tegnologieë van verskillende afsonderlike toestelle –
konvergensie
 Raakskerm om toevoer in te tik
 Mobiele bedryfstelsel, bv. Android en iOS
 Ingeboude WiFi- en sellulêre konnektiwiteit
Bedieners en kliënte
 Bediener
Kragtige rekenaar wat dienste en bronne aan kliënte bied
 Kliënt
o Rekenaar wat dienste en bronne van bediener/s gebruik
o Nie so kragtig as 'n bediener nie
o Mobiele toestelle is ook kliënte in 'n kliënt-bedieneropset
Beskerm jou inligting
 Skade aan hardeware beteken gewoonlik ook verlies van inligting
 Draagbare toestelle veral kwesbaar (maklik verlore of gesteel)
 Beskermingsmetodes – doen rugsteun, wagwoordbeskerming of geënkripteerde data,
hou rekord van hardeware se reeksnommers, installeer versteekte sekuriteitsagteware,
ens.
 Stappe om diefstal te voorkom – wagte, geslote deure, kabelslotte, bewegingsensors,
ens.
Uninterruptible Power Supply
 Beskerm rekenaar teen krakonderbrekings, kragstuwinge, kragpieke
 Voorsien dadelik krag aan die rekenaar/s as die hoofstroomkrag faal
 Nie ontwerp om die PC vir 'n lang tyd van krag te voorsien nie – maar voorsiening vir
genoeg tyd om werk te stoor en PC af te skakel.
MODULE 1.2 – TOEVOER EN AFVOER

TOEVOER
Grafiese Toevoer
Digitale kameras
 Slimfone, kompakte kameras, hoëkwaliteit DSLR-kameras
 Beelde alreeds in digitale formaat
 Kwaliteit hang af van sensorgrootte, tipe zoom, resolusie (mp), ISO-gradering
Skandeerders
 Toevoertoestel wat beelde na digitale formaat omskakel
 Kwaliteit word deur resolusie (dpi) en kleurdiepte bepaal
 Hoër dpi en kleurdiepte gee hoër gehalte, maar ook groter lêers
 OCR-sagteware skakel geskandeerde beelde om na redigeerbare teks
 Kwaliteit van geskandeerde beeld hang af van die gehalte van die oorspronklike kopie
Biometriese toevoer
 Lê unieke biologiese eienskappe van 'n persoon (iris, vingerafdrukke, ens.) vas
 Word hoofsaaklik vir sekuriteitsdoeleindes gebruik
 Veiliger as bv. wagwoorde omdat dit aan 'n spesifieke persoon gekoppel is
 Aanvullende hardeware en sagteware mag nodig wees
Toevoer by OTM's
 Toegewyde toestel, kry toevoer van gebruiker en ander sensors
 Interaksie dmv raakskerm/sleutelbord/ knoppies
 Diewe gebruik kaart-skimmers en kameras om data van kaarte af te steel
Toevoer in POS-stelsels
 Gebruik strepieskodes en RFID-skyfies om rekord te hou van die voorraad in die
databasis
 Vinniger verwerking, groter akkuraatheid en beter voorraadbeheer
Raakskerms (as toevoertoestelle)
 Natuurlike manier om met rekenaartoestelle te kommunikeer
 Pen-tablette gebruik 'n pen (-stillus) vir akkuraatheid
 Intuïtief om te gebruik, maak voorsiening vir bide teken en bewegings, geen sleutelbord
nodig
 Tik is nie vinnig nie, skerm kan vuil word
 Beter handtoestelle
Toestelle vir die insamel van data
 Data word vasgelê deur 'n verskeidenheid van toevoermetodes (sensors, kameras,
radioseine, ens.) te gebruik
 Veral nuttig in situasies waar dit moeilik of gevaarlik vir mense is
 Meer akkuraat en vinniger as menslike toevoer
 Nadele hou verband met onbereikbare liggings – bv. moeilik om te herstel
Toevoer vir slimfone en verbruikerstablette
 Verskeidenheid maniere vir gebruikers om toevoer te gee, bv. raakskerms,
hardewareknoppies, kameras, versnellingsmeters, mikrofone
 Stemherkenningsagteware nuttig vir gestremde gebruikers
 Ander soorte toevoer (bv. GPS, WiFi, 3G) werk op die blak van die stelsel self
Alternatiewe sleutelborde
 Mobiele toestelle skep virtuele sleutelborde – beeld op die skerm
 Virtuele sleutelborde projekteer op 'n oppervlakte dmv laser/LED-lig
AFVOER
Vertoontoestelle
 Maak kommunikasie met gebruiker moontlik en gee terugvoering aan die gebruiker
 Pasgemaakte instellings (bv groot teks) help die visueel gestremde
 Nadele kan verminder word (bv rustye om spanning op die oë te verminder)
 Belangrike spesifikasies:
o Skermgrootte o Reaksietyd
o Resolusie o Lumens (dataprojektors)
o Kontrasverhouding o Konneksies (DVI en HDMI)
o Aspekverhouding
Drukkers
 Twee hoofsoorte – laser en inkspuit
 Elke soort het sy eie sterk- en swakpunte (bv laser is goedkoper om te onderhou,
inkspuit is bter vir die druk van foto's)
 Belangrike spesifikasies
o Spoed o Aantal kleure
o Resolusie o Papieropsies
o Maandelikse werkslading o Konneksietipe
 3D-drukkers skep fisiese (werklike) voorwerpe wat met geskikte sagteware ontwerp
word
Interaktiewe witborde
'n Witbord wat aan 'n rekenaar gekoppel is en soos 'n groot raakskerm werk. Dataprojektor
vertoon beeld van rekenaarskerm. Gebruiker beheer rekenaarfunksies dmv teken,
bewegings, ens op witbord
Voordele
 Hele klas kan deelneem  Akkommodeer verskillende leerstyle,
 Inhoud op bord kan gestoor word ens
Nadele
 Lokaal moet verdonker word  Geskikte sagteware nie altyd
 Spesiale merkpenne nodig beskikbaar nie
 Duur
 Opleiding benodig, ens.
Wat laat alles werk
Drywerprogramm
 Sagteware om 'n spesifieke hardewaretoestel te beheer
 Ingeboude drywerprogramme werk met standaardtoestelle (bv sleutelbord en muis)
 Vervaardiger moet drywerprogram vir nie-standaardtoestelle (bv. drukker) voorsien
 Jongste weergawe van drywerprogram kan van vervaardiger se webwerf afgelaai word
Plug and play
 Tegnologieë waar die bedryfstelsel 'n toestel wat by die rekenaar ingeprop is outomaties
waarneem en konfigureer
 Drywerprogram word geïnstalleer (outomaties deur bedryfstelsel, of voorsien deur
gebruiker indien nie-standaard)
Toevoer en afvoer vir gebruikers wat fisies gestrem is
Die meeste gestremde mense moet 'n pasgemaakte oplossing vind. Voorbeelde van
toestelle:
Swaksiende/blind:
Braille-sleutelbord en –vertoontoestel, vergrotingstoestelle, sleutelborde met groot sleutels,
braille drukkers.
Gehoorgestremd/doof
Skermkennisgewings, flitsende skerm, vibreertoestelle
Motoriese beheer (verlam/swak motoriese beheer/artritis/ens.
Oogbewegingsensors en kopbewegingsensors, sleutelborde met groot sleutels, groot
trackballs, joysticks, ens.
Toevoer en afvoer en gesondheidskwessies
Onbehoorlike gebruik van toevoer-/afvoertoestelle kan gesondheidsprobleme veroorsaak,
bv. hoofpyn, rugpyn, oogspanning, RSI.
Oplossings
 Gebruik ergonomies ontwerpte toerusting
 Rig werkspasie in om meer gerieflik te wees
 Beweeg elke uur of so 'n bietjie rond
 Moenie vir lang tye aaneen na die skerm staar nie
 Leer en gebruik slutelbordkortpaaie
 Doen geskikte oefeninge
 Moenie oorfone gebruik om geraas om jou uit te doof nie
 Vertel monitorinstellings, ens.
MODULE 1.3 – GEHEUE, STOOR EN VERWERKING

GEHEUE EN STOOR
Geheue
Die plek waar die rekenaar al die programme (instruksies) en data waaraan dit werk, hou
 Elektronies, vinnig, duurder per GB
 Benodig elektrisiteit om sy inhoud te behou
Stoor
Waar rekenaar data en programme permanent hou
 Magneties, opties, elektronies, stadiger as geheue, goedkoper per GB
 Inhoud bly bly behoue selfs wanneer die rekenaar afgeskakel is
Aanlyn stoor
Stoorspasie wat aan jou toegeken word, geleë op 'n bedienerrekenaar op die internet
Voordele
 Toeganklik vanaf enige toestel waar daar internettoegang is
 Spaar stoorspasie op gebruiker se rekenaar
 Werk altyd met nuutste weergawes van data
 Rugsteun en sekuriteit deur verskaffer van aanlyn stoor
 Kan maklik lêers met ander deel
 Data steeds toeganklik as jou rekenaar iets oorkom
Nadele
 Slegs toeganklik waar daar internettoegang is
 Toegang tot groot lêers kan stadig wees
 Koste van bandwydte en ekstra stoorplek
 Geen beheer oor rugsteun en sekuriteit
 As maatskappy bankrot raak, kan jy al jou data verloor
Rugsteun
 Maak kopieë van data en stoor dit op 'n ander plek, in geval van dataverlies
 Behoort vinnige en maklik te wees, ook om data te herstel
 Rugsteunsagteware kan gebruik word om rugsteun te skeduleer en te pasmaak (bv.
watter lêers moet gerugsteun word)
 CD's en DVD's deesdae minder gewild (stadig en onbetroubaar)
 Nie dieselfde as argivering nie
Basiese probleem-oplossing
Bestuur van rugsteun
 Skyfspasie kan opraak as lêers sonder meer na stoormedia gekopieer word
 Gebruik rugsteunsagteware om data saam te pers en slegs veranderde lêers te rugsteun
Probleme met CD’s en DVD’s
 Lees: maak met sagte klam lap skoon of gebruik lensskoonmaakmiddel
 Skryf: skryf teen laer spoed, moenie rekenaar vir ander take gebruik terwyl dit skryf nie
Skyfskandering
 Nutsprogram ingesluit met alle bedryfstelsels
 Deursoek ‘n aandrywer vir foute en slegte sektore en probeer om dit te herstel
Formatering en herformatering
Berei ‘n skyf voor sodat data daarop gestoor kan word; formatering vee al die data daarop
uit
Skyfdefragmentasie
 Fragmentasie vind met verloop van tyd plaas, lêers verdeel en versprei oor die skyf soos
wat dit gebruik word
 Skyfdefragmenteerder voeg dele van lêers weer saam, rekenaar werk vinniger
Skyf word vol (te min spasie)
 Stoor medialêers (groot) op eksterne aandrywer
 ‘Zip’ lêers om grootte te verminder
 Gebruik Disk Cleanup-nutsprogram om nie-noodsaaklike lêers te verwyder
Verwerking
Moederbord
Groot stroombaanbord, bevat konneksies vir al die komponente
Maak dit moontliik dat onderdele met mekaar kan kommunikeer
SVE
Sentrale verwerkingseenheid, doen al die verwerking
Spoed gemeet in GHz
Addisionele ‘cores’ het groter doeltreffendheid tot gevolg
RAM
Random Access Memory, enigiets waraan jy werk moet in die RAM gelaai wees
Meer RAM maak ‘n rekenaar meer doeltreffend
ROM
Read only Memory, op een of meer skyfies op die moederboerd gestoor
Hou programme wat die selflaaiproses op die rekenaar uitvoer (die rekenaar maak homself
gereed wanneer jy aanskakel)
MODULE 1.4 – SAGTEWARE

TOEPASSINGSAGTEWARE
Programme wat spesifieke take vir ons uitvoer
Multimedia sagteware
 Gebruik om multimedia-inhoud te skep en na te kyk
 Kombineer teks, klank, beelde, tekeninge, animasies en video
Kommunikasie sagteware
 Gebruik vir elektroniese kommunikasie
 E-posprogramme, webblaaiers, IM, VoIP-sagteware, ens.
OPGRADERING EN OPDATERING VAN SAGTEWARE
Versoenbaarheidskwessies
 Agv verskeidenheid sagteware en verskillende weergawes van sagteware beskikbaar
 Lêers kan nie deur verskillende weergawes of sagteware van verskillende maatskappye
gelees word nie
 Oplossings: voer uit (export); voer in (import); opgradeer; standaardiseer
Opgradering
 Betaal gewoonlik vir nuwe weergawe
 Intekensagteware (bv Office 365) word outomaties op datum gehou
Programfout
 Fout veroorsaak deur die manier waarop die program geskryf is
 Maniere om dit te voorkom: toetsing (beta-weergawes), meld foute aan, hou sagteware
opgedateer
Opdatering
 Kry nuutste korreksies van programme of nuwe eienskappe
 Kyk of opdatering beskikbaar is (gebruik kieslysopsie in sagteware)
AANLYNSAGTEWARE
Sagteware wat op bedieners op die internet uitgevoer word – sien program se koppelvlak in
jou webblaaier
Voordele
 Sagteware altyd op datum,
 hoef niks te installeer nie
 gebruik nie spasie op lokale stoormedia nie
 bediener se SVE is kragtiger
 gebruik sagteware op enige plek met internetkonneksie
Nadele
 Benodig (vinnige) internetkonneksie
 Geen beheer oor datasekuriteit of rugsteunbeleid nie
 Moontlike koste
 Dalk nie al die eienskappe van sagteware wat op jou rekenaar geïnstalleer is nie
Google Docs
Webgebaseerde woordverwerker, aanbiedingsprogram en sigblad
Blog (Weblogs)
Toepassing vir aanlyn publikasies
Genereer geld deur advertensies, borge en inskrywings
Voorbeelde: Squarespace, Blogger, Wordpress
SAGTEWARE VIR GEBRUIKERS MET FISIESE GESTREMDHEDE
(mense met swak sig, blindheid, doofheid of probleme met motoriese funksies)
Toegangsinstellings en nutsprogramme in die bedryfstelsel maak die rekenaar makliker om
te gebruik
 Skermvergroter, teks na spraak, groter muismerker, vertooninstellings,
spraakherkenning, ens.
 Contol Panel → EASE OF ACESS
MODULE 1.5 – REKENAARBESTUUR

STELSELVEREISTES
 Gewoonlik die minimum hardewarevereistes om 'n program te kan uitvoer, bv. spasie op
hardeskyf, geheue, SVE.
 Sagtewarevereistes hou gewoonlik verband met die soort bedryfstelsel, bv. Limux of
macOS versus Windows, en die weergawe daarvan
 Dit is beter as 'n rekenaarstelsel aan meer as die aanbevole vereistes voldoen. Laer
spesifikasies kan swak werkverrigting tot gevolg hê.
INSTALLASIE VAN PROGRAMME
 Sagteware kan op verskeie maniere geïnstalleer word:
 Die aflaai van die sagteware (bv. van 'n app-winkel) en die uitvoer van die
installasieprogram
 Gebruik Freeware/oopbronsagteware (OSS) wat as 'n enkele saamgeperste of
uitvoerbare lêer afgelaai kan word
 Die aankoop van die sagteware op 'n CD/DVD en die uitvoer van die 'setup'-program – 'n
verouderde metode
Stappe vir die installering van sagteware:
 Stem in tot die EULA
 Sleutel 'n produksleutel of –kode in
 Kies in watter lêergids dit geïnstalleer moet word
 Kies die soort installasie – typical, custom, full
 Kyk of 'n opgedateerde weergawe vir aflaai beskikbaar is
 Registreer die sagteware aanlyn
 Kortpaaie en byvoegings tot die start-kieslys kan oorweeg word
 Onderneem 'n 'toer' van die program (opsioneel)
Verwydering van sagteware
 Moenie 'n lêergids of lêer bloot skrap om 'n program te verwyder nie, aangesien lêers in
verskillende lêergidse op die rekenaar geïnstalleer is
 Voer 'n toepaslike uninstall-program uit
BESTUUR VAN LêERS
Kan soek vir lêers

Hantering van hardewareprobleme


 Moenie konneksiepunte in die verkeerde gleuwe inforseer nie
 Gebruik korrekte verbruiksitems, bv. Laserdukstof- en inkhouers
 Moenie vloeistowwe op hardeware mors of hardeware laat val nie
 Gebruik kragstuwingbeskermers/UPS teen stuwinge en kragonderbrekings
 Maak seker dat die rekenaar nie oorverhit nie
MODULE 1.6 – DIE SKADUKANT VAN REKENAARS

Beskerming van data


Beheer toegang tot fisiese data
Net so belangrik om papierrekords, rugsteunmedia, ens. te beskerm as om data te beskerm
Beheer toegang tot rekenaars
 Hou rekenaars met waardevolle inligting in geslote vertrekke
 Gebruik screensavers met wagwoordbeskerming
 Verseker wagwoordaanmelding wanneer rekenaar aanskakel
 Gebruik firewalls, antivirus en anti-spyware
 Beskerm teen ongemagtigde koordlose toegang (Bluetooth en WiFi)
Beperk en beheer die gebruik van draagbare stoortoestelle
Moenie enigste kopieë van data op draagbare stoortoestelle hou nie – kan wegraak of
gesteel word
Die kriminele aspek
Sosiale manipulasie
Die manipulering en misleiding van persone om vertroulike inligting (wagwoorde ens.)
bekend te maak, of toegang tot hul rekenaar of perseel te gee. Dit kan gebruik word om
iemand se identiteit te steel, of om malware teinstalleer, of vir ander oneerlike doelwitte
Wees skepties oor alle aanbiedinge, moenie vreemdelinge naby jou data vertrou nie.
Rekenaarmisbruik
Waar rekenaarbronne sonder toestemming of vir ongemagtigde take gebruik word
Skending van privaatheid
Gevolge:
 Verlies aan produktiwiteit, tyd wat verlore gaan agv hantering van spam
 Identiteitsdiefstal, bv. steel van jou identiteit om dit te gebruik om krediet te verkry
 Verwringing van die werklikheid deur filters wat inligting verpersoonlik
Malware (kwaadwillige sagteware)
Sosiale gevolge van bv. ransomware, virusse, keyloggers, trojane
Finansiële koste
 Aankoop van sagteware om infeksie te voorkom
 Sakeondernemings dra uitgawes rakende malware oor aan verbruikers
 Losprys van ransomware direk betaal om malware infeksies om te keer
Verlies aan produktiwiteit
 Die herstel van skade deur malware-infeksies neem tyd in beslag (en TYD = GELD)
 Verlies kan permanent wees (bv as nie losprys by ransomware betaal nie)
Persoonlike implikasies
 Mense se vertroue in ander mense word geskaad
 Gedurige risiko om 'n slagoffer van rekenaarbedrog te word
 Moeite om veelvuldige wagwoorde in stand te hou
 Tyd wat gemors word om spam te verwyder, ens.
MODULE 2.1 – LOKALE AREANETWERKE

LAN: "n Netwerk wat rekenaars oor 'n klein area soos in 'n skool verbind

INTRANET: Organisasie se privaat netwerk – omgewing soortgelyk aan die internet,


bestaande uit webblaaie wat met die bedryf van 'n organisasie verband hou.

BASIESE KOMPONENTE VAN 'N NETWERK


Rekenaars en Toestelle wat gedeel kan word, bv drukkers
randtoestelle Kliënte – rekenaartoestelle wat netwerkbronne gebruik
 Bedieners – kragtige rekenaars wat bronne voorsien
 Lêerbediener – stoor lêers (sodat kliënte dit kan gebruik)
 E-posbediener – hanteer die organisasie se e-pos
 Internet- of proxy-bediener – maak dit moontlik omaan die
internet te konnekteer
 Drukkerbediener – hanteer drukwerkvereistes
NIC Netwerkkoppelvlakbeheerder (Network Interface Controller) –
konekteer rekenaar aan 'n gekabelde netwerk, maak voorsiening vir
HARDEWARE

rekenaar om met die netwerk te kommunikeer.


Switch Toestel wat met kabels rekenaars in 'n netwerk konnekteer, om
kommunikasie tussen hulle moontlik te maak (maar nie vir
internettoegang gebruik word nie.
Met kabels  Utp (Unshielded Twisted Pair) – maklik en goedkoop om te
installeer
 Optieseveselkabel – dien hoofsaaklik as 'n ruggraat; baie vinnig;
Kommunikasie/Konneksiemetode

langer kabels moontlik'; immuun teen EMI, meeluistering.


Koordloos Koordlose toegangspunte aan 'n gekabelde netwerk gekoppel
Aantal toegangspunte word deur die grootte van die netwerk bepaal
(afstande tussen geboue)
Voordele van 'n WLAN bo 'n gewone LAN:
 Installasie is makliker omdat daar geen kabels is nie
 Rekenaars kan maklik rondbeweeg word omdat punte nie vas is nie
 Voorsien mobiliteit aan mense met mobiele toestelle
 Kleiner moontlikheid van ongelukskade (bv. Voete wat aan drade vashaak,
ens.)
 Beheer kommunikasie en sekuriteit binne 'n netwerk
Netwerk

 Meeste tafelrekenaarbedrufstelsels het ingeboude netwerkvermoë


 Bedieneruitgawes vog ekstra opsies by
-

Voordele van 'n LAN


 Sagteware, hardeware en internettoegand deur gebruikers gedeel
 Lêers is vanaf enige plek op die netwerk bereikbaar en maklik oordraagbaar
 Sekuriteit en internettoegang word deur 'n bediener beheer
 Sagteware maklik vanaf een sentrale plek opgedateer

Nadele van 'n LAN


 Kan duur wees om te installeer en in stand te hou
 'n Netwerkadministrateur is noodsaaklik
 Netwerksekuriteit moet in stand gehou word
 As die lêerbediener foutief is kan niemand toegang tot hul lêers kry nie

Potensiële nadele van 'n WLAN


 Sekuriteit nie so goed soos met die gebruik van kabels nie
 Werkverrigting kan verminder (as rekeaars bygevoeg word)
 Sein kan deur elektroniese of elektriese steurings beinvloed word

Basiese netwerksekuriteit
 Verhoed ongemagtigde toegang tot inligting en misbruik van rekenaarbronne
 Verander wagwoord ongeveer elke 2 maande,
 Vermy die gebruik van dieselfde wagwoord vir verskillende webwerwe

Reëls vir die kies van 'n wagwoord


 Minstens 8 karakters lank
 Mengsel van hoof-en kleinletters, syfers en spesiale karakters
 Vermy enigiets wat maklik oor jou uitgevind kan word
 Vermy sleutelbordpatrone soos asdf en 1234

Etiese gebruik van netwerke


AUP – Acceptable Use Policy – riglyne vir die regte en verantwoordelikhede van
netwerkgebruikers.
Ingesluit in 'n AUP:
 Bevordering van basiese netiketreëls en die belangrikheid daarvan om by
verantwoordelike, etiese, wettige en veilige praktyke te hou
 Beperkings in terme van watter webwerwe besoek mag word
 Beperking op die hoeveelheid data wat afgelaai mag word
 Besonderhede oor waar en wanneer draagbare stoortoestelle gebruik mag word
 Beperkings rakende die installering van enige hardeware of sagteware
 Die prosedure wat gevolg moet word indien gebruikers agterkom dat hulle die slagoffers
van identiteitsdiefstal, kwaadwillige sagteware, kuberafknouery, ens. is
 Gevolge van oortreding van die regulasies in die AUP
MODULE 2.2 – JOU BELEWENIS VAN DIE WEB

BRUIKBAARHEID VAN WEBWERWE


Leesbaarheid
 Opskrifte, kort paragrawe en kolomme
 Genommerde en bullet-lyste en hou teks kort en kragtig
 Groepeer verwante idees in ‘n logiese volgorde
 Tipe, grootte en kleu van fonte
 Vermy lang stukke teks wat slegs in hoofletters getik is
 Bladsyagtergronde wat sag op die oog is
Navigasie
 Die kieslysstelsel moet maklik wees om te vin den uit te ken
 Skakels: kort en beskrywend, alle skakels moet werk, op ‘n konsekwente manier
formateer
Konsekwentheid
Konsekwente ontwerp en uitleg maak die struktuur van ‘n webwerf makliker om te begryp,
te navigeer en te lees – dieselfde basiese uitleg, dieselfde kleure en fonte
Uitleg
Hoe die verskeie elmente van ‘n webblad georden word
 Hou die geteikende gehoor in gedagte
 Bladsy-inhoud om standaadmonitogroottes en –resolusies te pas
Tipografie
Geskikte plasing en formatering van teks
 Fonte wat maklik is om te lees en by die inhoud pas
 Algemeen gebruikte fonte wat waarskynlik ook op die gebruiker se stelsel sal wees
 Nie te veel verskillende soorte fonte nie
ANDER FAKTORE WAT DIE RONDBLAAIBELEWENIS BEïNVLOED
Spoed
Blaaie behoort so ontwerp te word dat hulle vinnig laai
Privaatheid – WAT JY OP DIE WEB DOEN IS NIE ALTYD PRIVAAT NIE
Spioenware
Enige tegniek of sagteware wat probeer om rekord te hou van hoe jy jou rekenaaar gebruik,
en dit aan ‘n derde party rapporteer
Jou gebruik van die internet word gemonitor om ‘n profiel van jou op te bou, om in
geteikende advertensies gebruik te word
Gevaarlike weergawes van spioenware word gebruik om vertroulike inligting te steel
Advertensieware
Gratis sagteware wat deur adverteerders geborg word en wat opwip-advedvertensies
vertoon terwyl die program uitvoer
Advertensieware in die webblaaeier is wanneer ‘n webwerf ongevraagde advertensies
vertoon
MODULE 2.3 – AANLYN LEEFSTYL
Internettoegang

Vaste internettoegang – opsies soos ADSL en vesel

Mobiele internettoegang

WIFI 'n Koordlose netwerktegnologie wat radiogolwegebruik om internettoegang


en netwerktoegang tussen rekenaars en ander toestelle soos slimfone en
tablette moontlik te maak.
Hotspot: 'n Plek waar 'n WiFi – netwerk geskep is sodat mense aan die
netwerk kan konnekteer – en daardeur ook aan die internet kan konnekteer.

WiMAX 'n Opgradering van WiFi wat 'n meer stabiele koordlose netwerktegnologie
bied, wat voorsiening maak vir koordlose toestelle om met mekaar oor 'n
groter area as WiFi te kommunikeer.

3G en 4G (LTE) Generasies van mobiele (sellulêre)selfoontegnologie.

Digitale kommunikasie

Sosialenetwerktuistes – waar "likes", "dislikes", belangstellings, foto's ens. Geplaas kan


word vir vriende om te sien en te lees.

Voordele: Koste-effektief, kan jou "status" aan vrinde wys, nie geografies beperk nie,
bemarkingshulpmiddel.

Nadele: risiko van identiteitsdiefstal en aanlyn bedrog, vals inligting kan geplaas word,
verlies aan produktiwiteit, geteikende advertensies.

Goeie praktyke: gaan privaatheidsinstellings na,moenie persoolike inligting uitgee nie,


aanvaar net mense wat jy rees ken, moenie onvanpaste inhoud pos nie, beperk die tyd wat
jy op die webwerwe spandeer.

VoIP –'n tegnologie wat dit moontlik maak vir telefoonoproepe om oor LAN's, WAN's en die
internet gemaak kan word.

Voordele: goedkoper as gewone foonoproepe, sagteware gewoonlik gratis, lêers kan


oorgedra word, videokonferensie-oproepe kan gemaak word.

Nadele: die oproepgehalte op stadige internetkonneksies kan swak wees, kan baie data
gebruik.
Goeie praktyke:.hou tydsones en die ander persoon se status in gedagte, gebruik so min as
moontlik video, belê in goeie oorfone en mikrofone.

Videokonferensies – maak dit vir twee of meer mense moontlik om aanlyn konferensies te
hou alhoewel hulle hul op verskillende plekke bevind.

Voordele: jy kan die mense met wie jy kommunikeer sien, 'n oproep kos minder as om na 'n
konferensielokaal te reis.

Nadele: die oproepgehalte op stadige internetkonneksies kan swak wees, kan baie data
gebruik.

Goeie praktyke: gebruik 'n goed verligte plek, gaan klank-en videogehalte vooraf na, gaan
die "privaatheid" van jou omgewing na.

Kletskamers / -toepassings – enige aanlyn omgewing wat mense in staat stel om intyds met
mekaar te gesels.

Voordele: dis moontlik om met meer as een persoon op 'n slag te gesels, met mense te
kommunikeer ongeag geografiese ligging, toepassings kan op 'nverskeidenheid platforms
gebruik word.

Nadele: mense kan hul ware identiteit geheim hou, mense kan te veel tyd in kletskamers
spandeer, dit skep geleenthede vir kuber-afloerdery, kuber-afknouery, identiteitsdiefstal,
ens.

Goeie praktyke: moenie persoonlike inligting uitgee nie, moenie afknou nie en rapporteer
enige afknouery.

RSS-voere – RSS (Really Simple Syndication) is 'n tegnologie wat gebruikers outomaties op
hoogte hou van opgedateerde inhoud van baie verskillende webwerwe.

Voordele: spaar tyd omdat jy nie al die webwerwe hoef te besoek ni, spam word vermy
omdatopdaterings nie per e-pos gestuur word nie.

Nadele: kan tot inligtingoorlading lei as mens by te veel voere ingeteken is, grafika en foto's
is dikwels nie ingesluit nie.

Goeie praktyke: gebruik 'n toegewyde leser, teken net in op voere wat jy seker is jy sal lees.

FTP – die protokol (kommunikasiereëls) wat gebruik word vir die vinnige, malike oordrag
van lêers tussen afgeleë rekenaars wat 'n internetkonneksie het.

AANLYN DIENSTE
E-handel – enige soort besigheidstransaksie waarby internetkommunikasie betrokke is.

Internetbankwese – maak via die internet met jou bank kontak om aanlyn transaksies uit te
voer.

Voordele: jy kan 24/7 vanaf enige plak banksake doen, vinnige transaksies met laer koste,
veiliger – hoef nie baie kontant rond te dra nie.

Geen werklike nadele nie , maar wees bewus van aanlyn bedrag en
sosialemanipulasietegnieke soos phising.

Inkopies en besprekings – die koop van goedere en besprekings wat aanlyn gemaak word.

Voordele: gerieflik, pryse kan makliker vergelyk word, laer pryse, besighede se oorhoofse
koste is laer.

Nadele: soms beter om die goedere fisies te kan sien, verstekkte koste soos invoerbelasing
kan betrokke wees.

BESKERM JOUSELF AANLYN


Kuber-afknouery en –afloerdery
Kuber afknouery sluit in die verspreiding van gerugte, skinderstories en die algemene
afknouery van 'n ander persoon deur die gebruik van digitale kommunikasiemetodes.
Kuber-afloerdery word gewoonlik gedoen deur 'n individu wat 'n obsessie met iemand
anders het. Digitale tegnologieë word aangewend om uit te vind wat die slagoffer doen en
om die persoon dop te hou.
Kwaadwillige sagteware en sekuriteitsagteware
Die meeste kwaadwillige sagteware laat 'n spoor – definisie of signature – patroon wat
kwaadwillige sagteware uniek identifiseer.
Antivirussagteware en anti-spioenware
 Antivirussagteware spoor virusse op deur die rekenaar se lêers en geheue te skandeer –
en uit te kyk vir patrone wat met die virusdefinisies in die databasis ooreenstem.
 Anti-spioenware werk baie dieselfde: definiesies vir spioenware (spyware) in 'n
databasis; 'n lys webwerwe wat waarskynlik spioenware bevat en versprei.
 Firewall-sagteware – gee jou beheer oor watter programme toegang tot die internet kan
verkry, beskerm jou rekenaar of netwerk teen ongemagtigde toegang vanaf die internet.
Veilige e-handel
Veilige internetbanksake
Moenie publieke rekenaars vir internetbanksake gebruik nie, goeie wagwoordbeginsels, hou
PIN-kodes en wagwoorde veilig, sorg dat stelselsagteware op datum is, moenie klik op 'n e-
posskakel wat lyk of dit van 'n bank gestuur is nie, let op die bank se
sekuriteitswaarskuwings, moenie boodskappe oor SIM-omruilings ignoreer nie.
Veilige aanlyn inkopies en besprekings
Teken die organisasie se kontakbesonderhede aan, kyk na die terugstuurbeleid en terme en
voorwaardes, hou volledig boek, gee slegs kredietkaartbesonderhede maar nooit
wagwoorde of PINs nie.
INDIENSNEMINGS- EN WERKSPRAKTYK
Kantooroutomatisasie verwys daarna dat alle take en stelsesl in kantore gesentraliseer,
geoutomatiseer en oor die algemeen met behulp van rekenaars uitgevoer word. 'n
Rekenaarnetwerk is die basis van 'n geoutomatiseerde kantoortelsel.
Met 'n vinnige, betroubare internetkonneksie kan jy vanaf enige plek in die wêreld werk.
 Mobiele kantore – met 'n skootrekenaar of tablet en 'n slimfoon, asook internettoegang,
het jy 'n mobiele kantoor.
 Virtuele kantoor – 'n stel dienste wat jy volgens jou behoeftes huur, jou kantoor kan
'virtueel' wees, en net in terme van IKT bestaan.
 Uitkontraktering of die desentralisasie van arbeid
 Omdat ons nou so vinnig en so effektief aanlyn kan werk, kan maatskappye werknemers
van regoor die wêreld in diens neem, sonder dat dit die doeltreffendheid van 'n
besigheid negatief beïnvloed.
MODULE 2.4 – BESTUUR VAN E-POS
Toegang tot e-pos
Registreer 'n webgebaseerde e-posadres by Gmail
 Jy kan toegag tot jou e-pos kry al verander jy van ISP
 Jy kan via 'n webwerf toegang tot jou e-pos kry met enige rekenaar of
rekenaartoestel vanaf enige plek in die wêreld.
 Dit is gratis.
Soek deur jou e-pos
Vind 'n e-pos volgens van wie af dit kom, wat die onderwerpreël is, die inhoud van die e-
pos, tussen watter datums dit gestuur of ontvang is, ens.
 Baie vinniger s wanneer jyself die lys e-posse moet deurkyk, selfs al is jou Inbox goed
georganiseer.
Merk e-posboodskappe
Voeg 'n visuele elemant soos 'n ikoon of 'n kleur by.
 Kan belangrike e-posboodskappe makliker identifiseer.
Groepeer boodskappe in lêergidse
Etikette stel jou in staat om e-posboodskappe in aparte lêergidse te stoor.
Deur e-posboodskappe volgens gemeenskaplike kenmerke te groepeer, kan mens hulle met
meer doeltreffendheid hanteer
Outomatiseer met reëls/filters
Inkomende e-posse word outomaties verwerk
Waneer 'n e-pos in jou Inbox beland, kan 'n filter of reël dit outomaties na 'n spesifieke
lêergids skuif, of dit merk, ens.
Kontakgroep
'n Lys e-posadresse wat 'n spesifieke naam het.
 Stel jou in staat om 'n e-pos na biae e-posadresse te stuur deur net die naam van die
groep te gebruik
 Spaar tyd en verhoof effektiwiteit – bv. jy laat niemand uit indien jou kontakgroep reg
geskep is nie.
 Jy hoef nie almal se e-posadresse te onthou nie.
GRAAD 12
MODULE 1.1 – REKENAARS IN ONS ALLEDAAGSE LEWENS

Ons gebruik rekenaars om die volgende redes:


 Rekenaars is effektief/doeltreffend omdat hulle tyd, bronne en arbeid bespaar.
 Rekenaars is akkuraat
 Rekenaars is betroubaar
 Rekenaars, met hul vermoë om vinnig en maklik te kommunikeer
o Skakel die beperkings van tyd en afstand uit
o Stel ons in staat om wêreldwyd en op verskillende maniere te kommunikeer
o Bespaar kommunikasiekoste
Soorte rekenaarstelsels
 Nie-draagbare rekenaars
o Tafelrekenaar
o Bediener: 'n kragtige rekenaar wat bronne en dienste voorsien aan al die
rekenaars wat ingeskakel is by 'n netwerk
 Draagbare rekenaars
'n Draagbare rekenaar gebruik 'n tradisionele bedryfstelsel (Windows, Linux en macOS)
saam met hardeware wat ontwerp is om draagbaar te wees.
o Skootrekenaars (laptops) en notebooks is terme wat gewoonlik gebruik word om
dieselfde tipes draagbare rekenaars te beskryf – met skermgrootte groter as
12"/13".
o Hibriedskootrekenaars/tablette het dikwels 'n skerm wat omgedraai of selfs
afgehaal kan word en 'n gewone sleutelbord. Die skerm is raak- of pen-sensitief,
en kan soos met 'n raakskermkoppelvlak gebruik word.
o 'n Slimfoon is 'n selfoon wat 'n bedryfstelsel het en waarop ander programme
(ook bekend as apps) geïnstalleer en uitgevoer kan word.
o 'n Phablet is 'n slimfoon met 'n skerm groter as 5".
Kategorieë gebruikers
 Persoonlike gebruiker
 SOHO-gebruiker
 Supergebruiker
 Mobiele gebruiker
Konvergensie
Konvergensie verwys na die neiging waar afsonderlike tegnologieë en funksies waarvoor
mens in die begin verskillende toestelle nodig gehad het, nou gekombineer word in een
enkele toestel. Goeie voorbeelde van konvergensie is die slimfoon en die tablet.
MODULE 1.2 – APPARATUURTOESTELLE

Voordele, gebruike en beperkings van toestelle


Tipes toestelle:
Toevoertoestelle
 Sleutelbord
 Muis
 Raakskerm
 Raakblad
 Skandeerder
 Digitale kamera
 Webkamera
 Mikrofoon
Afvoertoestelle
 Monitor of vertoontoestel
 Luidsprekers en oorfone
 Drukker
 Dataprojektor
Stoortoestelle
 Hardeskyf
 Eksterne hardeskyf
 Flash-skyf
 SSD
 Optiese media
Kommunikasietoestelle
 Sellulêre modem
 ADSL- en veselroeteerder
MODULE 1.3 – APPARATUUR-AANBEVELINGS
Die aankoop van 'n rekenaar
 Aanbevelings vir die aankoop van IKT-toerusting moet altyd gebruiksverwant wees.
 Koop 'n rekenaar wat ten minste so kragtig is as wat die aanbevolge spesifikasies
aandui.
 Koop altyd die beste produk wat jou begroting jou sal toelaat, veral in terme van die
tipe verwerker, die hoeveelheid RAM wat geinstalleer word en die hoeveelheid
stoorspasie (hardeskyf, ens.)
 As jy dit kan bekostig, kry 'n SSD as jou stelselaandrywer.
Die stelseleenheid
 SVE
 Geheue
 Hardeskyf
 Videokaart
 DVD-aandrywer
 Poorte
Toestelle wat aan die rekenaar koppel
 Muis en sleutelbord
 Monitor/skerm
 Drukker
 Eksterne (draagbare stoor)
 Skandeerder
Toestelle vir gestremde gebruiker
 Braille-sleutelbord en Braille-vertoontoestel, vergrotingstoestelle, sleutelborde met
groot sleutels, Braille drukkers
 Toestelle wat vibrasie in plaas van klank voortbing
 Toestelle wat met oogbeweging of met kopbeweging werk, sleutelborde met groot
sleutels, trackballs, joysticks, toestelle wat met voetpedale beheer word, suig-en-
blaastoestelle
Die waarde van IKT – Doeltreffendheid, produktiwiteit en akkuraatheid
Nuwe tegnologie
 Kleiner, vinniger, goedkoper en kragtiger
 Meer sensors
 Draagbaar
 Langer batterylewe
 Konstante kommunikasie en internetkoppeling
 Makliker en meer effektiewe toevoer en afvoer
MODULE 1.4 – SAGTEWARE
Hou die volgende in gedagte wanneer jy sagteware kies
 Die doel van die sagteware – wat dit doen en wat jy daarmee wil doen
 Webgebaseerde toepassings word vanaf webwerwe uitgevoer – hoef nie op jou
rekenaar geinstalleer te word nie, maar benodige internettoegang.
 Subskripsiesagteware – betaal 'n maandelikse of jaarlikse subskripsie om die
sagteware te gebruik (in teenstelling met die tradisionele aanvanklike, eenmalige
aankoop)
 Versoenbaarheid-met die bedryfstelsel en met vorige weergawes van die sagteware
 Stelselvereistes – verwerker, geheue, skyfspasie, grafikakaart, bedryfstelsel, ens.
Toepassings wat algemeen gebruik word
 Kantoorpakette
o Sluit 'n woordverwerker, sigblad, aanbiedingsprogram en databasis in.
o Weergawes hiervan is vir mobiele toestelle beskikbaar
 Verwysingsagteware
o CD/DVD – weergawe van verwysingsagteware is meestal gestaak
o Dit is makliker om inligting op die web te vind, en dit word op datum gehou
o Mense gebruik toenemend verwysings-apps op mobiele toestelle.
 Webblaaiers
o Gebruik vir navigasie, besigtiging en interaksie met inhoud op die web (bv.
Firefox, Goggle Chrome, Microsoft Edge)
o Byvoegsels (add-ons) of uitbreidings kan vir ekstra funksionaliteit afgelaai
word.
 E-posprogramme
o Gebruik om e-pos te stuur, te ontvang en te bestuur (bv Gmail en Outlook)
o Kan fasiliteite soos 'n databasis van kontakpersone, 'n wat-om-te-doen-lys en
'n kalenderfunksie bevat
 Sagteware vir die bestuur van dokumente-PDF
o PDF-lesers (soos Adobe Reader) laatjou toe om PDF –dokumente te besigtig
sonder dat jy die sagteware waarin die dokument aanvanklik geskep is, het
o Skep 'n PDF-lêer m.b.v. die Save As-opsie, of deur PDF-sagteware te gebruik.

Sagteware wat toegang, doeltreffendheid en produktiwiteit verbeter


 Stemherkenningsagteware
o Hiermee kan jy teks dikteer of opdragte vir die rekenaar gee
o Jy moet die rekenaar leer om jou uitspraak reg te herken
o Agtergrondgeraas en swak gehalte mikrofoon kan 'n negatiewe effek hê
o Voorbeelde sluit in die Dragon-reeks, en apps soos Google Docs Voice Typing,
Siri, Windows Speech Recognition en Google voice Search.
 Tipes gebruik deur
o Gestremde persone wat verbale instruksies kan gee, ipv om dit in te tik
o Mense wat tyd wil spaar deur te dikteer ipv te tik
o Mense wat nie op die skerm kan kyk en tik nie (bv. terwyl hulle bestuur)
 Virtuele assistente
o Sagteware wat dit vir jou moontlik maak om met jou toestel te praat, wat jou
dan 'verstaan', en reageer op dit wat jy sê, bv. turn off the lights
o Assistente is intelligent in die sin dat julle uit jou steminteraksie met hulle 'leer'.
o Virtueleassistent-sagteware is dikwels aan 'pods' gekoppel, wat aan die
elektroniese kontroletoestelle in 'n 'slim huis' gekoppel is
 Notasagteware
o Word gebruik vir die opneem van geskrewe en gedikteerde aantekeninge en die
vaslê van teks, beelde, video en oudio-aantekeninge
 Onderwys en opleidingsagteware
o Bied opleiding ter enige tyd met die jongste opgedateerde materiaal
o Tempo deur gebruiker bepaal en bied outomatiese assessering dmv onmiddellike
terugvoering
Die oplos van sagtewareprobleme
 Forseer 'n program wat nie reageer nie om toe te maak deur die Task manager te
gebruik – ctr-alt-del
 Doen die volgende wanneer 'n program staak of crash:
o Reboot die stelsel en probeer weer om die program te gebruik
o Laat die program uitvoer sonder om enige ander programme te laai
o Maak seker dat jou programme op datum is
 Read-only-lêers – kopieer na 'n ander plek en verwyder die read-only-kenmerk of stoor
die lêer onder 'n ander lêernaam in 'n ander lêergids of plek.
 Programfoute – nie virusse nie, maar foute wat toevallig gemaak is toe die
programmeerders die sagteware geskryf het. Kan deur opdaterings herstel word.
 Sagteware se weergawenommers maak dit maklik om te sien watter weergawe van die
sagteware jy gebruik.
Gebruikergesentreerde ontwerp
 Doel is om koppelvlakke te ontwikkel wat aantreklik lyk, maklik is om te gebruik en wat
toevoerfoute so ver moontlik uitskakel.
 Sluit in aspekte soos uitleg en leesbaarheid, gebruik van font en kleur en die gebruik van
instruksies en grafika.
MODULE 1.5 – STELSELSAGTEWARE EN REKENAARBESTUUR
Bedryfstelsels
Stelselsagteware is sagteware wat die rekenaar bestuur, beheer of bedrdyf. Dit sluit in:
 Bedryfstelsels soos OS X, Linux en Windows
 Nutsprogramme soos antivirusprogramme
Aanskakel van 'n rekenaar
 ROM-Skyfies stoor die instruksies wat die rekenaar laai
 Wanneer jy die rekenaar aanskakel, voer hierdi instuksies basiese hardewaretoetse
uit, en vind en laai die bedryfstelsel.
Rol van die bedryfstelsel
 Verskaf die gebruikerskoppelvlak (GUI)
 Bestuur programme – watter programme en take die SVE kan gebruik en vir hoe lank
o Multitaakverwerking is die vermoë van di bedryfstelsel om veelvoudige take
of prosesse, gelyktydig te laai en uit te voer
 Bestuur hardeware – bestuur berging, geheue, toevoer/afvoer-toestelle.
 Verskaf basiese sekuriteitsfunksies – gebruiker- en toegangsbeheer asook basiese
beskerming teen rekenaarbedreigings.
Enkelgebruiker-bedryfstelsel – kan slegs deur een gebruiker op 'n slag gebruik word
Multigebruiker-bedryfstelsel – laat veelvoudige gebruikers toe om 'n rekenaarstelsel
gelyktydig te gebruik
Die TASK MANAGER – voorsien inligting oor die rekenaar se werkverrigting en die
toepassings en prosesse. Dit word meestal gebruik om take of programme wat opgehou
werk het, te beëindig.
Bedryfstelselnutsprogramme
Lêerbestuur
 Die benoeming van lêers – lêername, - uitbreings en –soorte, lêerpad (path)
 Inligting oor lêers
o Lêerkenmerke en lêerattribute (Read-only en Hidden)
o Metadata – aanvullende data oor 'n lêer wat die inhoud van die lêer beskryf
 Lêerbestuurfunksies – soek, saampers (Zip), herstel na oorspronklike grootte
(extract) ens.
 Uitvoer en invoer van lêers – omskakeling van lêers van een formaat na 'n ander
sodat dit deur verskillende weergawes van dieselfde sagteware, of deur 'n ander
program gelees kan word.
Skedulering
 Skeduleer – 'n program wat gebruik word om sekere programme op spesifieke tye te
laat uitvoer.
 Kan opgestel word om outomaties vir opdaterings te soek en hulle af te laai, en om
huishoudelike take soos skyfdefragmentasie uit te voer.
 Kan gestel word om tydens stil tye uit te voer, sodat die rekenaar nie stadig raak nie
 Baie programme het hul eie skeduleringsopsies.
Drukkerbestuur
 Spooling – die proses waartydens 'n druktaak tydelik na die hardeskyf toe gestuur
word totdat die drukker beskikbaar is om die drukwerk te doen.
 Druktake wag in 'n drukkerwaglys om gedruk te word – take kan laat wag word
(paused), herstel word (restarted) of uitgevee word.
Rugsteun
 Belangrik om lêers gereeld en stelselmatig te rugsteun
 Gespesialiseerde rugsteunrpogramme het voordele bo die wat saam met
bedryfstelsels verskaf word
 Goeie praktyke moet gebruik word, bv. Gebruik eksterne draagbare media vir
rugsteun, en hou die rugsteunkopieë op 'n ander perseel in geval van diefstal, of 'n
ramp soos 'n brand.
Sekuriteitsgereedskap
 Toegangsbeheer – verhoed dat kwaadwillige sagteware sonder jou medewete
geinstalleer word.
 Firewall – dien as 'n beskerming tussen die rekenaar en die internet.
 Sekuriteit – Verskeie aspekte van die sekuriteit en "algemene toestand" van jou
rekenaar kan onder Windows se Settings nagegaan word.
Faktore wat werkverrigtinge beinvloed
Geheue (RAM)
 Die aantal programme wat uitvoer(in geheue gelaai is) beinvloed die algehele
werkverrigting van die rekenaar
 Meer geheue beteken beter werkverrigting (veral by multitaakverwerking)
 Kasgeheue is hoëspoedgeheue wat gebruik word vir data wat gereeld of onlangs
gebruik is, sodat daar vinniger toegang tot daardie data verkry kan word.
SVE
 Spoed (in GHz gemeet) – oor die algemeen, hoe hoë die SVE se spoed, hoe vinniger die
werkverrigting
 Aantal kerne – meer as een fisiese verwerker kan op 'n enkele skyfie geplaas word. Meer
kerne beteken gewoonlik beter werkverrigting
 Grootte van kasgeheue – hoe meer kasgeheue op die SVE beskikbaar is, hoe vinniger sal
die SVE waarskynlik werk
 GPU (grafikaverwerkingseenheid) kan by sekere soorte sagteware (CAD, 3D-grafika,
speletjies, ens.) die rekenaar se werkverrigting verbeter.
Hardeskyf/SSD
 'n Vinniger hardeskyf kan die algehele werkverrigting van 'n rekenaar verbeter.
 SSD's is baie vinniger as magnetiese hardeskywe en verbeter die algehele spoed van jou
rekenaar meer as enige ander soort opgraering.
Installeer die bedryfstelsel en apps op die SSD (sodat hulle vinniger sal laai en uitvoer),
en gebruik die hardeskyf vir data.
 Wanneer 'n hardeskyf gefragmenteerd is, neem toegang tot lêers langer; fragmentasie
affekteer die spoed van SSD's byna glad nie.
Invloed van kwaadwillige sagteware
 Kwaadwillige sagteware kan 'n rekenaar stadiger maak durdat dit hulpbronne soos
geheue en hardeskyfspasie gebruik.
 Spyware kan 'n internetkonneksie stadiger maak as dit gereeld aan die internet koppel.
 Om deel te word van 'n botnet kan ook 'n rekenaar stadiger maak.
Foutopsporting en –herstel met behulp van utsprogramme
 Skandeer van skywe – 'n Skyfskandeerder kan gebruik wor om 'n skyf vir foute na te
gaan en hulle te probeer regmaak.
 Skyfdefragmentasie – 'n skyfdefragmenteerder herorganiseer dele van lêers sodat dit
toegang tot die lêers versnel, maar stel nie skyfspasie vry nie.
 Skywe wat vol raak (te min plek) – 'n Disk Cleanup-nutsprogram stel stoorspasie
beskikbaar deurdat dit gebruik kan word om tydelike lêers, geïnstalleerde programme,
ens. te verwyder.
MODULE 2.1 – INTERNETKONNEKSIES EN -DIENSTE
Internet: 'n Rekenaarnetwerk wat oor die hele wêreld strek en bestaan uit rekenaars,
toestelle, en netwerke wat deur middel van kommunikasiemedia gekoppel is.
WAN: 'n Netwerk wat oor 'n groot gebied, soos 'n stad, land of slefs oor kontinente
versprei is.
Internetkonneksies
Breëband: 'n Hoëspoed - , hoëbandwydte-konneksie met die internet
Bandwydte: Die totale hoeveelheid data wat in 'n gegewe tydperk van een punt na 'n
ander oorgedra word – gewoonlik in Kilobisse per sekonde (Kbps) of Megabisse per sekonde
(Mbps) gemeet.
Wat jy benodig om te konnekteer: 'n Toestel, 'n ISP en 'n tipe internetkonneksie
ISP (Internet Service Provider): 'n Maatskappy wat oor 'n permanente, vinnige
internetkonneksie beskik, en wat internettoegang en –dienste aan individue en organisasies
teen 'n maandelikse fooi verkoop.
Kriteria by die keuse van 'n tipe internetkonneksie:
 Mobiliteit (ja koordloos, nee vesel of ADSL)
 Spoed van die lyn / konneksie – gemeet in Kbps of Mbps – veselkonneksie is die
vinnigste
 Cap/limiet – hoeveelheid data (in GB gemeet) wat per maand afgelaai en opgelaai
kan word sonder om ekstra te betaal; onbeperkte (unapped) pakkette is ook
beskikbaar
 Shaped/unshaped – of internetdienste almal dieselfde voorkeur geniet.
Gekabelde konneksies
ADSL: Gebruik 'n gewone landlyn of telefoonlyn, verdeel in twee kanale
Vesel: Gebruik lig – baie vinniger as ADSL
Meer bandwydte word vir aflaai (download) as vir oplaai (upload) toegeken
Voordele en nadele verwant aan koste, stabiliteit, spoed, materiaal en afstand vanaf
sentrale
Koordlose konneksies
3G en 4G/LTE is die sellulêre tegnologie wat tans in gebruik is – voorsien mobiele toegang
vir wanneer jy op die pad is.
Gebruik 'n 3G- o 4G – dongle om te konnekteer, of 'n slimfoontablet as 'n persoonlike WiFi
hotspot
WiFi: 'n Manier om binne 'n relatief klein area ('n hotspot) koordloos aan 'n bestaande
ADSL- of veselkonneksie te koppel.
 Mobiele toestelle kry voordeel van vinniger en goedkoper toegang
 Toestelle kan outomaties na WiFI oorskakel as dit beskikbaar is
Internettoegang met slimfone en tablette
Mobiele toestelle gebruik sellulere tegnologie om aan die internet te koppel waar daar 'n
selfoonsein beskikbaar is; kan ook aan standaard WiFi-netwerk koppel
Hierdie toestelle voorsien konnektiwiteit wat soos volg is:
 Altyd-aan, enige plek
 Vinnig en betroubaar
 Moeitevry
Internetdienste
Intydse boodskapdienste: Intydse stuur/ontvang van boodskappe (ook prente, video en
stem) aanlyn
 Sluit in IM (bv WhatsApp) en klets (chat) (Bv. Snapchat, Facebook Messenger)
 Koste –effektiewe manier om wêrelwyd te kommunikeer
 Negatiewe aspekte sluit in kkuber-afloerdery laer produktiwiteit, ens.
VoIP (Voice over internet Protocol): 'n Tegnologie wat telefoonoproepe oor LAN's, WAN's en
die internet moontlik maak.
 Skype – sagteware gebruik VoIP tegnologie
 Voordele en nadele gewoonlik te doen met koste en kwaliteit van oproep
Videokonferensies:

Grid computing
'n Stelsel waar die hulpbronne van verskeie rekenaars saamgevoeg en tegelyk aangewend
word om 'n enkele probleem op te los
Deur die verwerking tussen rekenaars te verdeel, verhoog die totale verwerkingskrag
Gewoonlik vir wetenskaplike of tegniese toepassings gebruik wat baie verwerkingskrag
benodig
Gewone gebruikers kan deelneem aan projekte wat op 'n globale skaal plaasvind
Die effektiwiteit mag beperk word deur faktore soos die spoed van internetkonneksies
Regeringsinternetdienste
Die internet bied 'n geleentheid vir regeringsdepartemente om hul dienste na die publiek te
verbeter en te vergemaklik
Mense hoef nie in lang toue te staan of vanaf afgeleë plekke te reis nie, maar kan vorms,
ens. aflaai en aanlyn indien (bv. hernuwing van TV-lisensies, e-filing van SARS).
Voordele van e-regering soortgelyk aan algemene voordele wat aanlyn stelsels bo hand-
stelsels het
Potensiële voordele belemmer deur hindernisse soos die digitale gaping, hoë aanvanklike
kostes om aanlyn stelsels te ontwikkel, mense wat huiwerig is om na elektroniese stelsels
toe oor te skakel, besorgdheid oor sekuriteit en privaatheid, ens.
MODULE 2.2 – DIE GEVARE VAN REKENAARMISDAAD

Gereedskap en tegnieke wat vir rekenaarmisdaad gebruik word


Adware
Malware
Rekenaarwurm
Bots
Pharming
Sosiale manipulasie
E-pos-spoofing
Phishing
Spyware of spioenware
Keylogger
Ransomware
Trojaan
Klakkaping (click-jacking_
Rekenaarvirus
(Moet bg kan beskryf en bespreek)
Kategorieë van rekenaarmisdaad
 Teistering (harassment): kuber-afloerdery (cyberstalking), spam, kuber-afknouery
(cyberbullying)
 Internetaanvalle: aanvalle op besighede en webwerwe, kuberterrorisme en dinial of
service
 (DoS)-aanvalle
 Rekenaars en diefstal
o Bandwydte
o Identiteitsdiefstal
o Verwerkingstyd en –krag
o Data/Intellektuele eiendom
o Geld
o Materiaal met kopiereg
 Beskerm jouself teen rekenaarmisdaad
o Antivirussagteware en antispioenware
o Voorsorgmaatreëls
MODULE 2.3 – E-KOMMUNIKASIE

TEGNOLOGIE WAT DIT IS GEBRUIKE

Podcast/Vodcast ‘n Podcast is ‘n klanklêer (dikwels Om klank-/video-lêers af te laai


in ‘n MP3-formaat) wat om na
beskikbaar is om gratis of teen  radioprogramme te luister
betaling van die internet afgelaai  tutoriale en lesings te
te word. luister/te kyk
‘n Vodcast bevat bideogrepe of  inligting oor plekke van belang
foto’s te luister
Wiki ‘n Webwerf wat mense in staat Dit word gebruik vir die skep van
stel om saam te werk om die ‘n maatskappy-intranet,
inhoud van die webblaaie te skep gemeenskapswebwerwe,
en te redigeer. kontrolelyste vir groot projekte,
naslaanwebwerwe en
opvoedkundige hulpbronne.
Doeltreffende gebruik van die web
‘n Webblaaier is toepassingsagteware wat jou in staat stel om na webblaaie op die internet
te kyk en dit te verken deur óf skakels (hyperlinks) te gebruik, óf in gevalle waar die URL
reeds bekend is, die adres in die adresbalkie van die webblaaier in te tik.
Eienskappe:
 Tuisbladinstellings
Die eerste bladsy wat die webblaaier sal vertoon wanneer dit oopgemaak word
 Boekmerke of gunstelinge
Om kortpaaie na bladsye waarheen jy wil terugkeer te stoor
 Geskiedenis
Om te sien watter webblaaie gedurende vorige sessies besoek is
 Opwipblokkeerder
Eienskap wat jou toelaat om die opwipvensters te beperk, selfs tot wat jy wil sien
 Blokkeer webwerwe
Om teen sommige uitvissingswebwerwe te beveilig
 Kasberging (Caching)
Stoor onlangs besoekte webblaaie op die hardeskyf sodat dit vinniger kan laai indien dit
weer aangevra word
 Inpropprogramme (plug ins) en add-ons/extensions by webblaaiers
Bykomende stukkies sagtewae wat ekstra vermoëns tot die webblaaier toevoeg.
MODULE 2.4 – DIE IMPAK VAN TEGNOLOGIE
Jy moet hier konsepte soos sosiale netwerke, virtuele gemeenskappe, telecommuting,
rekenaarbedrog, inligtingsoorlading, skarefinansiering, ens. verstaan en kan definieer.
 In hierdie afdeling word dikwels gevra wat jou opinie is – jy kan nie net jou pad deur
hierdie vrae 'gorrel' ie. Gebruik feite en logiese argumente om jou antwoorde te
ondersteun.
 Sommige van hierdie tegnologieë is baie nuut en as 'n samelewing het ons nog nie die
tyd gehad om seker te wees watter soort impak hulle op ons gaan maak nie.
 Soms is dit nodig om presies die teenoorgestelde uitgangspunt te steun wat jy sou wou.
 Wees deurentyd bewus van die positiewe en negatiewe impak van tegnologie op die
samelewing, aangesien dit reeds 'n direkte invloed op jou lewe het en jou ook vir die res
van jou lewe sal affekteer.
GRAAD 10

MODULE 6.1 – 'n STRATEGIE VIR DIE OPLOS VAN PROBLEME

1. Ontleed die probleem


Vra vrae om te bepaal presies wat die probleem is of wat jy moet doen.
 Wat is gegee. Wat weet ek reeds
 Wat kort. Wat moet ek doen of uitvind
Tipes vrae:
 Geslote vrae – vrae wat met een woord of 'n kort frase beantwoord kan word
 Oop vrae – vrae wat 'n volledige antwoord of beskrywing verwag
2. Samel data en inligting in en verwerk dit
 Inligtingsbronne
o Elektroniese media – webwerwe, blogs, wiki's geskandeerde hardekopieë, ens
o Gedrukte media – moenie die waarde van boeke onderskat nie
 Mense
o Vraelyste – as jy inligting oor mense se opinies, voorkeure, afkeure, ens. benodig
o Onderhoude
 Data (inligting) moet verwerk word om vir die oplos van die probleem iets te beteken.
3. Los die probleem op en bied die oplossing aan
MODULE 6.2 – VIND INLIGTING

 Lees die opdrag baie aandagtig deur voordat jy dit aanpak


 Onderstreep of verhelder inligting:
o Wat word gegee
o Wat is die verskillende aspekte van dit wat gegee word? Wat is die klein
probleempies waaruit die probleem bestaan?
o Wat word verwag?
o Wie is die teikengehoor?
o Wat moet die formaat van aanbieding wees?
 Vra vrae
o Skryf al die vrae waaraan jy kan dink neer. Jy kan hulle later sorteer, nog byvoeg
en ander uitvee.
 Beskryf die probleem/taak in jou eie woorde. Hou dit kort, maar sorg dat jy aandui
o In watter vorm die probleem/taak aangebied gaan word en vir wie
o Waaroor die probleem/taak gaan of dat jy kern-inligting oor die inhoud gee
 Tik al jou vrae in 'n tabel en bepaal vir elk die beste bron vir die tipe inligting wat jy
benodig. Gebruik bv 'n vraelys om data te bekom vir inligting wat jy nie uit ander
bronne sal vind nie. Onthou om jou vrae so te stel dat jy die rekenaar sal kan gebruik
om die data te verwerk.
 Stoor of bêre al die data, feite en inligting wat jy kry.
MODULE 6.3 – VERWERKING EN AANBIEDING

 Gebruik ‘n rekenaar vir die stoor en verweking van data en inligting


 Verwys voortduend terug na die probleemstelling en jou vrae om te bepaal watter data
en inligting relevant en bruikbaar is
 Sorteer en groepeer jou vrae en inligting noukeurig sodat dit sin maak
 Hanteer data wat jy met vraelyste en onderhoude insamel vertroulik
 Hou in gedagte dat jy antwoorde vir jou vrae soek wanneer jy jou data verwerk
 Verwerk alle bruikbare data en inligting, omdat dit die vrae sal beantwoord en die kennis
en insig sal bied om die probleem op te los
 Onthou dat jy nog addisionele vrae kan vra en meer inligting kan insamel wanneer jy
agterkom dat jy iets kort wanneer jy data verwerk
 Probeer om patrone en neigings in jou data te herken
 Onverwerkte data en inligting kan tot plagiaa lei – jy moet dit dus jou eie maak, dit self
interpreteer en dit inm jou eie woorde omskryf
 Let op die volgende as jy jou verslag skryf
o Jou inleiding moet kortliks aan die leser vertel waaroor die verslag gaan en wat
hy/sy in die res van die stuk kan verwag
o Maak seker dat jou inligting logies onder opskrifte en hoofopskrifte gesorteer is –
dat dit wat bymekaar hoort, bymekaar is en daar 'n logiese vloei van inligting is.
o Ondersteun jou teks (paragrawe) met grafika soos toepaslike grafieke,
diagramme, tabelle of prente waar nodig om groter duidelikheid te verleen of die
inligting te versterk
o Onthou dat tabelle of grafika soos grafieke en diagramme altyd 'n gepaste byskrif
moet hê
o Jou gevolgtrekking (oplossing) moet 'n kort opsomming wees van jou
waarnemings en bevindings wees
o Formateer jou verslag met Quick Styles en maak seker dat die formatering en
voorkoms van die dokument eenvormig en professioneel is
o Rond dit af met 'n netjiese voorblad
 Onthou dat 'n Power Point aanbieding slegs hoofpunte bevat waaroor die spreker self
verder moet uitwei
 Maak seker dat jy 'n korrekte bibliografie insluit
GRAAD 11

MODULE 7.1 – VIND INLIGTING


Taakdefinisie
By die taakdefinisie moet jy die taak in jou eie woorde beskryf, sodat dit duidelik is wat
presies die probleem is, (breedweg) hoe jy beplan om die taak aan te pak, en watter
oplossing of eindproduk jy beplan om te lewer.
Bepaal watter data en inligting benodig word
Die vrae wat jy sal moet vra om die nodige data en inligting te vind, sal beide oop en geslote
vrae insluit:
 Oop vrae – vrae wat nie direkdeur feite beantwoord kan word nie. Hierdie vrae sal
jou 'n saak laat ondersoek, jou laat "dink", en jou dinge laat bevraagteken. Hierdie
vrae met woorde soos Hoekom? Hoe? Gestel?
 Geslote vrae – vrae wat direk met feite beantwoord kan word. Hierdie vrae begin
dikwels met woorde soos Wat? Wanneer? Waar? Wie? Hoeveel?
Opname
'n Hulpmiddel vir die insameling van data wat uit 'n stel vrae bestaan om data en inligting by
persone te kry. Dit word dikwels met behulp van vraelyste gedoen.
'n Vraelys vir 'n opname sal oor die algemeen geslote vrae bevat, omdat die antwoorde op
suke vrae makliker is om as data in te voer en te ontleed. Probeer dit sover moontlik so
saamsteldat die respondent 'n antwoord uit 'n lys opsies kan kies.

Kwaliteit van inligting – hoe akkuraat, betroubaar en bruikbaar die inligting is


Leer om skepties te wees en versigtig na inligting ge kyk, veral op die internet. Jy kan nie
alles glo wat jy in die koerante lees nie, en die internet is presies dieselfde. Onthou die
kriteria waarvolgens ons inligting evalueer:
Gesaghebbendheid, objektiwiteit en affiliasie
Gesaghebbend – of die bron 'n kenner op die gebied is.
Affiliasie – of die bron aan 'n groep of instansie gekoppel kan word. Iemand wat geen
affiliasie het nie kan dalk minder bevooroordeeld (meer objektief) in hul sieninge wees as
mense wat wel geaffilieer is.
Objektiwiteit – die vermoë om inligting op 'n neutrale, feitlike manier aan te bied, sonder
voorbehoude en sonder om deur wat jy self glo of voel beïnvloed te word.
Akkuraatheid
Die korrektheid van die inligting. Kruiskontroleer die inligting met ander bronne, veral as
inligting in verskillende bronne mekaar weerspreek.
Hoe op datum die inligting is
Verwys na hoe op datum die bron is – of die bron 'n datum aandui van wanneer dit
gepubliseer of opgedateer is
Dekking
Hoeveel inligting oor 'n onderwerp verskaf word, en in hoeveel diepte die inligting op die
onderwerp ingaan.
Teikengehoor
Die groep wat jy probeer inlig, of aan wie jy verslag doen. Hulle moet in ag geneem word
om te weet op watter vlak (in hoeveel diepte, en hoe moeilik) die inligting moet wees.
MODULE 7.2 – VERWERK DATA

Die Verwerking van data behels onder andere die volgende:


 Doen berekeninge
 Onttrek inligting
 Sorteer data
Soms is dit nodig om data na 'n ander formaat toe om te skakel om dit meer effektief te kan
verwerk. Dit behels die invoer (import) of uitvoer (export) van data.
Access
 Of mens vanaf Acces wil uitvoer, of na Access wil invoer, doen dit vanaf die betrokke
databasis
 Gebruik die Append-opsie om rekerds by 'n bestaande tabel by te voeg
 Invoer vanaf Excel – sorg dat die Excel-werkblad geen leë rye of kolomme het nie
 Invoer vanaf 'n tekslêer – die velde moet met bv. 'n komma geskei wees
Excel
 Gebruik opdragte op die data-tab of kopieer na Excel toe
 Gebruik die Save As-opsie vir uitvoer vanaf Excel
Verwerking van data in Excel
 Sortering, die gebruik van funksies en formules en die skep van grafieke is alles maniere
om data te verwerk
 Dit mag nodig wees om tussentydse berekeninge te doen – gebruik leë kolomme
hiervoor
Verwerking van data in Access
 Basiese statistiese inligting kan vinnig in 'n tabel of navraag in Datasheet View verkry
word met behulp van opdragte soos die Totals opdrag
 Verslag kan gebruik word om rekords te sorteer en te groepeer en om statistiese
inligting te verkry
MODULE 7.3 – BIED RESULTATE AAN

AFDELINGS VAN 'N VERSLAG


Eerste deel
 Voorblad
 Inhoudsopgawe
 Inleiding
Middel (Hoofteks)
 Bespreking
 Verduideliking
 Beantwoording van vrae
 Ondersteun deur grafika
Laaste deel
 Gevolgtrekkings
 Aanbevelings
 Bibliografie
 Bylae
GRAAD 10

MODULE 7.1 – WERK SLIMMER

Integrering
Om verskillende dokumente en toepassings te kombineer en te koppel, om take so effektief
moontlik op te los en inligting te kommunikeer.
 Fokus op elke program se doel en bepaal watter een van die verskillende programme die
beste is vir ‘n spesifieke taak.
 Gebruik Paste Special wanneer jy byvoorbeeld ‘n grafiek vanaf ‘n sigblad na ‘n dokument
kopieer en wil hê dat enige veranderinge aan die grafiek in die sigblad ook in die
dokument moet reflekteer
Onthou om Paste Link in die sigblad te selekteer
Kies die update link –opsie in die dokument of anbieding
Templaat
‘n Patroon of bloudruk van ‘n dokument wat gebruik kan word om ander soortgelyke
dokumente te skep.
Gebruik File, new om toegang te kry tot template
Help
In meeste toepassings kan die F1-sleutel gebruik word om toegang tot die hulpfasiliteit te
kry.
FAQ’s (Frequently asked questions) is lyste van antwoorde op vrae wat gebruikers dikwels
vra
Kyk hierdeur om oor ander eienskappe of funksies van die toepassing te leer
GRAAD 11

MODULE 8.1 – WERK SLIMMER

Integrasie vind hoofsaaklik op drie maniere plaas:


 Kopieer en Plak (copy and paste)
 Invoeg (Insert) as skakel of ingebedde objek
 Invoer en uitvoer (Import/Export)
Koppel (link) objekte om seker te maak dat veranderinge wat aan die oorspronklike objek
aangebring word, op die nuwe objek sal reflekteer.
Daar is baie verskillende template vir Word, Excel, PowerPoint en Access op die Internet
beskikbaar. Hulle kan afgelaai en volgens behoeftes aangepas word.
Wanneer jy probleme oplos, besluit of ‘n databasis of ‘n sigblad die beste opsie is om te
gebruik, hou in gedagte dat data tussen die twee toepassings ingevoer, uitgevoer en
gekoppel kan word.
Gee aandag aan ontwerpbeginsels, en probeer om vooraf te dink aan probleme wat
gebruikers mag teëkom, en hoe om hulle te verhoed.
Kyk altyd of jou resultate redelik lyk

You might also like