Die Kruppel Engel - Hoofstuk 3 Opsomming en Antwoorde

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

12 April 2023

Kwartaal 2
Roman: Kruppel Engel
Hoofstuk 3 bl 21 - 28

• Tina kry in die middel van Januarie al haar skoolbenodigdhede.


• Die nuwe skool is vir haar baie anders as die plaasskool en die Afrikaans is
moeiliker as wat sy verwag het.
• Hulle word in die koshuis deur die seniors ontgroen en Lindiwe, ‘n Xhosa-
meisie, is ontevrede.
• Loisie herinner haar dat besnydenis ook ontgroening is.
• Tina moet met twee polisiemanne in die hoof se kantoor gaan praat. Hulle
ondersoek Jakob se dood.
• Sy word gevra wat hy op 11 November die vorige jaar vir haar gesê het.
• Sy het hom by die biduur gesien en ds. Buffel het hom weggevat.
• Juffrou Dale wens haar geluk met ‘n tekening.
• Sy droom van Jakob – sy oor lyk soos ‘n vraagteken.

Opsomming

In die middel van Januarie moet Tina na Engelsplaas toe gaan. Sy kom terug met
al die goed wat sy vir die skool nodig het. Sy en Pa At stry weer. Wammeer die
skool begin,voel Tina baie vreemd. Sy vind die Afrikaans baie moeiliker as wat
dit by die huis is.

Sy is goed met Engels en Wiskunde. Sy hou van die koshuis en die kos wat hulle
kry om te eet.

Die senior meisies ontgroen hulle en dis nie aangenaam nie. Lindiwe, ‘n Xhosa-
meisie, wonder of dit nie rassisties is nie. Loisie sê die Xhosa-gebruik om seuns
te besny is ook ontgroening.

Sy word kantoor toe geroep om met twee polisiemanne te praat. Hulle wil oor
Jakob praat, maar sy kan hulle niks vertel nie, want sy wil nie oor hom praat nie.
Hulle vra haar of sy Woensdag 11 November vir Jakob Mtini gesien het. Sy het
hom by die biduur gesien.Hy het gestink en het agter in die kerk gesit. Die
skoolhoof noem dat Jakob epilepticus was. Ds Buffel het daarna vir Jakob
sopkombuis toe gevat. Hulle wil weet of Jakob met haar gepraat het.

Juffrou Dale wens haar geluk met haar tekening. Daardie nag droom sy van
Jakob. Sy sien dat sy een oor soos ‘n vraagteken lyk.

Kontekstuele Vrae:
1. Wat is Pa At se reaksie op Tina se nuwe skoolklere en skoolbenodigdhede?

2. Tina sê dat sy nie skottelgoed wil was en afstof en uitvee nie.

2.1. Hoe beledig sy haar ma hiermee?

2.2. Hoe kom sy uit die moeilike situasie?

3. Watter vakke vind Tina moeilik en watter is vir haar aangenaam?

4. Wat vind sy uit van die seun Andries wat in Rising Star die Dux-leerder

was?

5. Vertel kortliks hoe Loisie vir Lindiwe wys dat alle kulture maar hulle

eienaardighede het.

6. Vergelyk haar kuns-en kultuuronderwyser van Rising Star met haar

huidige onderwyseres.

Antwoorde:

1. Hy loop rond soos ‘n donkerwolk. Hy lyk asof hy stilstuipe gaan kry. Hy sê da


thy stank vir dank kry nadat hy haar al die jare as sy eie grootgemaak het.
Hy sê hy is nie goed genoeg vir haar nie en dat sy by die boere moet gaan
inkruip. Hy sê hulle sal haar altyd as ‘n kleuring aansien en haar nie aanvaar
nie.

2.1. Haar ma werk as huisbediende vir die Coetzees

2.2. Tina sê dat sy dit nie wil doen nie, maar dat sy dit nie goed genoeg kan doen
nie.
3. Sy vind uit dat Afrikaans heeltemal anders is as wat hulle dit by die huis
praat. Sy vind Wiskunde moeilik today sy ‘n Engelse handbook kry en die
terminologie leer. Sy hou van Engels, want sy verstaan dit. Sy hou van Kuns en
Kultuur.

4. . Andries het graad tien gedruip al was hy by die vorige skool die Dux.

5. Toe Lindiwe sê dat die ontgroening rassistes is en dat dit nie so sou gewees
het as daar wit kinders in die koshuis was nie, sê Loisie dat die Xhosa-
inisiasierituele maar dieselfde is as die ontgroening van die nuwelinge in die
koshuis.

6. By Rising Star het ‘n regte Engelse vrou met blou oë en rooi hare en krukels
om haar mond vir hulle Arts and Culture gegee. Sy het ‘n regte Engelse
uitspraak en Tina het dit probeer naboots. Die huidige juffrou is jonk en
mooi. Sy dra ‘n snaakse bril en het kort blonde opstaanhare. Sy dra vier
oorbelletjies in ‘n ry aan haar een oor. In die middel van haar nek het sy ‘n
kruis-tatoe. Haar naels is kort en sy praat reguit. Sy verduidelik nie veel nie.

You might also like