Fiela Se Kind Antwoorde Buqfcc

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 20

FIELA SE KIND

ANTWOORDE
BEDRYF 1 TONEEL 1
1. Wat word die skuinsgedrukte gedeelte aan die begin van die toneel genoem? Wat is die funksie
van hierdie gedeeltes?
Toneelaanwysings. Dit gee instruksies oor die dekor, beligting, klank en hoe akteurs moet
speel.

2. Soek DRIE bewyse op bl 42 dat die Van Rooyens nie ryk is nie.
Huis se dak lek. Kinders is siek. Bartha het nie skoene nie.

3. Watter werk doen Elias? Wat wil hy eintlik doen?


Hy maak balke. Hy wil eintlik olifante skiet en die tande verkoop.

4. Hoeveel mense kom sê vir Elias dat Lukas weg is? Hoekom, dink jy, luister hy nie?
Bartha, Willem (2 keer), weer Bartha, Malie/Sophie/Gertjie

5. Tant Malie is 'n pessimis. – Verduidelik waarom die stelling WAAR is.
Sy verwag dadelik die ergste
Sy vertel van ander mense wat in die Bos verdwaal het.
Sy sê die olifante gaan op die kind trap.

6. Wie reël dat daar na Lukas gesoek moet word? Dink jy iemand anders moes dit gedoen het?
Gertjie sê Anna moet die mans gaan haal.
Martiens gee instruksies vir die soek.
Ek dink Elias moes dit gedoen het – dit is sy kind en hy is die hoof van sy huis.

7. Beskryf in jou eie woorde wie of wat die Grootvoete is en waarom almal so bang is vir hulle.
Olifante
Die Bosmense glo 'n olifant kan jou hoor as jy "olifant" sê en op jou kom trap.
Olifante is gevaarlik en Bosmense kon nie hulself beskerm nie.

8. Verduidelik wat die STEM OP BAND is.


'n Storieverteller wat agtergrondinligting/ekstra inligting/insig in die verhaal gee.
Nie 'n karakter op die verhoog nie.

9. Wat het, volgens hierdie toneel, met Lukas gebeur?


Hy het in die Bos verdwaal en is dood.

10. Skryf VIER karaktereienskappe neer wat jy van Elias en van Barta geleer het in hierdie toneel.
Elias –
• Lui, maak of hy werk maar doen eintlik niks
• Wil nie luister na sy vrou, die ander vroue of kinders nie.
• Gee om vir sy gesin (sinkplate en skoene), maar is 'n harde/wrede man (jaag
kinders weg, Bartha moet koffie bring, blameer Bartha vir Lukas se verdwyning)
• Nie iemand wat vinnig tot aksie oorgaan nie.

Bartha –
• Versigtig/bang vir Elias.
• Hardwerkend.
• Aanvaar slegte nuus vinniger as Elias.

Fiela se kind – antwoorde │ 1


BEDRYF 1 TONEEL 2
1. Waar woon Fiela en haar gesin? Noem die omgewing EN die plaas se naam.
Lange Kloof, op die plaas Wolwekraal

2. Op bladsy 47 praat Fiela "op band".


2.1 Het hierdie gedeelte dieselfde funksie as die STEM OP BAND op bladsy 46?
Nee. Op bl 47 is Fiela besig om te bid.
Op bl 46 is Fiela die storieverteller

2.2 Som die Lange Kloof-omgewing op.


Semi-woestyn. Droog. Net 'n paar struikplante. En volstruise. Daar is gereeld
droogte, maar as dit reën is daar baie blomme en kos in die veld.

2.3 Fiela is 'n boer. Waarmee boer sy?


Bokke, skape, koring, mielies, volstruise – en Selling werk met dasvelle en maak
swepe en karwatse

2.4 Wat is Fiela se plan met Pollie en Skopper?


Hulle moet broei sodat sy die kuikens kan verkoop. Dan wil sy nog
grond koop.

3. Hoeveel keer waarsku Selling vir Fiela dat daar 'n kar op pad is? Hoekom, dink jy, het die
dramaturg dit so geskryf?
Vyf keer. Tollie sê ook daar kom mense.
Dis so geskryf om spanning te bou.

4. Lange en Dikke kom op Wolwekraal aan.


4.1 Waarom is hulle daar?
Sensus. Hulle moet die mense in die Kloof tel.

4.2 Fiela is nie vriendelik met die besoekers nie. – Bewys die stelling met TWEE feite op
bladsy 49.
Sy groet nie, vra net wat hulle besigheid is.
Sy nooi hulle nie in nie.
Hulle moet twee keer vra vir "sitgoed" en hulle kry geen tafel om op te skryf nie.
Sy sê vir Lange sy "kop is nie lekker nie."

4.3 Maak 'n lys van die Komoetie-gesin en hulle geboortedatums.


Selling Komoetie – Gebore ongeveer 1820
Fiela Maria Apools – Gebore 19 Oktober 1836
Kittie Komoetie – Gebore 4 Januarie 1856
Dawid Komoetie – Gebore 2 Maart 1857
Tollie Komoetie – Gebore 17 November 1858
Emma Komoetie – Gebore 6 Februarie 1860
Benjamin Komoetie – Gebore 13 Februarie 1862 (nie regtig nie)

5. Fiela praat "op band" op bladsy 49 ("As die wyfie net wil uitbreek...") en weer op bladsy 50
(Here, hou Benjamin weg...") en bladsy 51 (Here, vat dan alles...")
5.1 Wat is die funksie van hierdie woorde op band? Verskil dit van die voriges?
Fiela is hier besig om te bid.
Op Bladsy 46 is sy die storieverteller
5.2 Waarom wil Fiela nie hê die Lange en die Dikke moet vir Benjamin sien nie?
Dit is teen die wette van die tyd vir 'n bruin gesin om 'n wit kind in die huis te hê.

Fiela se kind – antwoorde │ 2


5.3 Wat kan mens oor Fiela se karakter aflei uit hierdie gedeeltes?
Sy is beskermend, liefdevol, baie lojaal teenoor haar kinders (selfs al is
hulle nie haar regte kinders nie).
Sy sal baklei vir haar gesin.
Sy baklei vir wat sy glo is reg.
Sy is baie gelowig en bid maklik.

6. Op bladsy 51 kom Benjamin by die huis aan. Noem TWEE dinge wat Lange en Dikke laat skrik
as hulle vir Benjamin sien.
Hy is wit en hy sê vir Lange en Dikke "Baas".

7. Som op waar en wanneer Fiela vir Benjamin gekry het.


In die nag voor haar deur. Hy was netjies en skoon aangetrek. Hy het gehuil.

8. Verduidelik waarom Fiela nie Benjamin se regte ma gesoek het of hom vir die owerhede gaan
gee het nie.
Sy het nie die ma gesoek nie, want die ma het hom weggegooi. Fiela sê as jy iets
weggooi wil jy dit nie terughê nie.

MAAR: Sy HET hom na Petrus Zondagh gevat, maar Baas Petrus was nie daar nie. Sy het
hom ook na die veldkornet gevat, maar hy was ook nie daar nie.

9. Lees weer bladsy 54. Wat onthou Dikke, en waarom sê Fiela vir hom sy vermoede (suspicion)
kan nie waar wees nie?
Dikke onthou die regte Lukas wat in die Bos weggeraak het.

Dit kan nie waar wees nie want:


• Dis te ver vir 'n 3-jarige om deur die Bos te loop.
• Die kind wat Fiela gekry het, was skoon en netjies.
• Daar is 'n geraamte in die Bos gevind

10. Waarmee het Benjamin gespeel toe die sensusmanne hom gesien het? Waar, dink jy, het hy
sy liefde vir hierdie item aangeleer?
Hy het met 'n skuitjie gespeel
Waar leer hy dit? – jou eie antwoord.

BEDRYF 1 TONEEL 3
1. Elias het 'n olifant probeer vang. Verduidelik presies hoe hy dit probeer doen het.
Boom langs 'n krans half afgekap.
Gewag tot die olifante teen die boom skuur.
Olifante loop verby.
Die volgende dag jaag die olifante hom.

2. "WILLEM: Moes Pa neergooi?" – Waarom gooi die Bosmense alles by hulle neer as 'n olifant
hulle jaag? Noem enige TWEE ander bygelowe (superstitions) wat die bosmense oor olifante het.
Die olifant sal op jou goed trap en nie op jou nie. Jy kan dan weghardloop.

As jy 'n olifant se naam sê, hoor hy jou en kom trap op jou.


Olifante onthou as jy iets verkeerd gedoen het.

3. Verduidelik waarom Barta ongelukkig is oor die kombers wat Elias moes neergooi.
Hulle is kort van komberse – hulle het nie baie komberse nie.

Fiela se kind – antwoorde │ 3


4. Elias wil nie glo wat die boswagter hom vertel nie. – Haal DRIE sinne uit Toneel 3 aan wat
bewys dat hierdie stelling WAAR is.
"Wat sê Meneer daar?"; "Meneer, jy praat 'n ding wat my kop nie wil vat nie.", "Dit kan nie
wees nie."

5. Waarom, dink jy, sukkel Elias om te glo dat Lukas wel gevind is.
Hy het aanvaar dat Lukas dood is.

BEDRYF 1 TONEEL 4
1. Op bladsy 59 en 60 deel Fiela werk uit vir haar kinders. Maak 'n lys van alles wat hulle moet
doen.
Benjamin – werf vee en hoenderhok skoonmaak
Kittie – maak koffie
Emma – vat seep vir miss Baby en antie Maria, koop meel by winkel
Tollie – bly by die huis, sy been is seer

2. Watter plan het Fiela met die volstruise daardie dag? (bladsy 60)
Wyfie (Pollie) en mannetjie (Skopper) gaan saam in 'n kamp.

3. Fiela hou daarvan om dinge op haar eie manier te doen. Op bladsy 60 en 61 wil sy self vir
Benjamin Knysna toe vat. Skryf die volgende in die regte volgorde:
• Die magistraat wil Benjamin in Knysna sien. 3
• Die magistraat wil Benjamin sien. 1
• Lange en Dikke sê dit gaan te lank vat om self te loop. 5
• Fiela sê die magistraat kan self na Benjamin kom kyk. 2
• Fiela vra of sy op die kar kan saamry. 6
• Fiela sê sy sal met Benjamin Knysna toe loop. 4

4. Op bladsy 62 noem Lange en Dikke DRIE dinge wat Fiela 'verkeerd' doen met Benjamin. Skryf
dit neer, en sê elke keer waarom JY dink Fiela hierdie dinge so doen.
FOUT 1: Fiela steek vir Benjamin weg.
FOUT 2: Benjamin gaan nie kerk toe nie.
FOUT 3: Benjamin gaan nie skool toe nie.

5. Fiela besluit dat Benjamin saam met Lange en Dikke na die magistraat toe moet gaan.
5.1 Watter werk deel sy nou vir elke kind uit?
Dawid: dorp toe na Mister Pace, kry 'n nuwe hemp en skoene
(Selling: trek Benjamin se voet af op 'n stuk vel sodat Dawid die regte grootte skoen
kan koop.)
Tollie: maak buite vuur
Emma: maak binne vuur en maak kos
Kittie: gaan haal die naaldwerkgoed

5.2 Fiela wil seker maak die magistraat sien sy sorg goed vir Benjamin. Noem VIER
dinge wat sy doen of vir hom gee.
Nuwe hemp, nuwe skoene, Dawid se beste baadjie, 5 sjielings

5.3 Wat bedoel Fiela as sy sê die Komoeties is nie "kaalgat" nie?


Hulle het geld. Hulle is nie ryk nie, maar hulle het genoeg om vir hulself te sorg.
6. Noem DRIE dinge waaroor Benjamin bekommerd is (bladsy 65 en 66).
Hy wil hê Fiela moet saamgaan.
Hy ken nie meer die 9x-tafel nie
Hy's bang hulle bring hom nie terug nie.
Hy's bang Fiela gaan die 5 sjielings nodig kry terwyl hy weg is.
Hy's bang hulle vat die geld in Knysna.
Fiela se kind – antwoorde │ 4
7. Wat wil Selling hê moet Benjamin vir die magistraat sê?
Weledele Heer

8. Op bladsy 66 lees ons van 'n familiegeheim (family secret).


8.1 Wat is die geheim? Waarom kan Benjamin dit nie in die hof vertel nie?
Selling was in die tronk.
Dit sal die Komoeties in 'n slegte lig stel. Die magistraat kan dan besluit hulle kan nie
goed vir Benjamin sorg nie.

8.2 Dink jy die Van Rooyens het op hierdie tydstip van die drama ook 'n geheim?
Eie antwoord

ALGEMENE VRAE OOR BEDRYF 1

1. Maak 'n lys van al die Van Rooyens en al die Komoeties. Skryf ook elkeen se plek in die gesin
neer.
1.1 Dui aan wie die hoof van die gesin is.
1.2 Dui aan waar elke gesin woon en watter werk hulle doen.

Benjamin Komoetie – Lukas van Rooyen


Hoofkarakter

Area: Langekloof Area: Bos

Die Komoetie-gesin Die Van Rooyen-gesin


Plaas: Wolwekraal Blyplek: Barnard se eiland
Werk: Volstruisboere Werk: Maak balke

Fiela (ma/hoof van gesin/sterk vrou) Elias (pa/hoof van gesin/wrede man)
Selling (pa/siek/ondersteun Fiela) Barta (ma/bang vir Elias)
Dawid (oudste seun/dood) Willem (seun)
Tollie (jonger seun/drink – tronk toe) Kristoffel (seun)
Emma (dogter) Nina (dogter/Lukas raak verlief op haar)
Kittie (dogter)
Tant Malie/Tant Gertjie (bure)
Ander mense Mister Kapp (boswagter)
Baas Petrus Zondagh (ryk wit boer)
Die Laghaanse (Fiela koop hulle grond Area: Knysna
vir Benjamin)
Lange en Dikke (sensusmanne)
Mr Goldsbury (magistraat)
Skoonmaker by die hof
Konstabel by die hof

Miss Weatherbury (Nina werk by haar)


Kaliel September (Lukas bly by hom)
John Benn (die man met die loodsboot)

2. Dink aan Fiela.


2.1 Dink jy sy is 'n goeie ma? Verduidelik.
Ja. Sy gee om vir haar kinders. Sy leer hulle om hard te werk. Sy is regverdig.

Fiela se kind – antwoorde │ 5


2.2 Dink jy dit is reg dat haar kinders soveel werk op die plaas moet doen?
Ja. Dit leer hulle die vaardighede wat hulle moet hê as hulle groot is.

Nee. Hulle moet eerder skool toe gaan.

2.3 Dink jy dit is reg dat Fiela die hoof van die huis is, en nie Selling nie? Verduidelik.
Ja. Selling is siek, so hy kan nie die hoof wees nie.
Ja. Dit is Fiela se plaas, so sy moet sê wat gebeur.
Nee. Die man moet die hoof van die huis wees.

2.4 Dink jy Fiela se huis is 'n "goeie" plek vir 'n kind soos Benjamin om groot te word?
Verduidelik.
Ja. Hy kry liefde, aandag, aanvaarding, leer lees en skryf, word van die Here geleer,
pas goed in by die gesin, word goed versorg.

Nee. Dit sal die beste vir hom wees by sy biologiese ouers.
Nee. Die politieke omgewing van die tyd maak sy toekoms moeilik as hy by 'n bruin
gesin grootword.

3. Voorspel watter van die volgende sinne voorbeelde van vooruitskouing (foreshadowing) is. Sê
ook wat jy dink gaan gebeur.
* FIELA: "Ai, die kind wat alewig met sy skuite doenig is." (bladsy 48)
* LANGE: "Wie se kind is dit dié?" FIELA: "Myne." (bladsy 51)
* BARTA: "Elias, kyk hoe lyk jy! Het die grootvoete jou gejaag?" (bladsy 57)
* SELLING: "Fiela, die baas sê mos hulle sal hom Saterdag terugbring." (bladsy 62)
* FIELA: "Die vyf sjielings ... los jy net so in die trommel. Dis vir ingeval." (bladsy 65)

Eie antwoorde

Fiela se kind – antwoorde │ 6


BEDRYF 2 TONEEL 1
1. Wat is die magistraat se naam?
Mr Goldsbury

2. Op bladsy 67 en 68 ondervra die magistraat vir Benjamin.


2.1 Wat het Selling gesê moet Benjamin die magistraat noem?
Weledele Heer

2.2 Wat noem Benjamin die magistraat op bladsy 68? Waarom doen hy dit?
Baas. Hy is bang en vergeet wat hy eintlik moet sê. Hy praat soos hy by die
Komoeties gepraat het.

3. Die magistraat doen TWEE toetse om vas te stel of Benjamin Barta se kind is.
3.1 Noem die twee toetse.
TOETS 1: Hy vra vir Benjamin of hy enigiets kan onthou van voor hy by Fiela gebly
het.
TOETS 2: Barta moet vir Benjamin tussen ander seuns uitken.

3.2 Dink jy die eerste toets was regverdig? Verduidelik.


Nee. Mens onthou nie baie van jou lewe voor 3 jaar nie. Benjamin sal nie kan onthou
waar hy vandaan kom nie.

3.3 Dink jy die tweede toets was regverdig? Verduidelik.


Ja. Dit word vandag steeds gebruik. Barta het nie vir Benjamin voor die uitkenning
gesien nie, so as sy sê dis haar kind, dan werk die toets.

Nee. Barta kon geraai het. Wat as sy een van die ander seuns gekies het?

3.4 Dink jy die magistraat het die regte besluit geneem? Verduidelik.
Nee.
Hy het gedink dit sal beter vir Benjamin wees by 'n wit gesin, maar hy is verkeerd.
Die Komoeties kan die beste vir hom sorg.
Die magistraat het aanvaar Barta praat die waarheid.

3.5 As jy die magistraat was, wat sou jy anders doen?


Ek sou Fiela ook na die hof laat kom het om vir Benjamin te praat.
Ek sou vir Barta vrae gevra het oor haar kind Lukas.

4. Het jy as leser simpatie met Benjamin se reaksie op bladsy 69? Verduidelik.


Ja. Hy is bang. Sy reaksie is normaal vir 'n kind in so 'n situasie.

5. Maak 'n lys van die VOORDELE (advantages) en NADELE (disadvantages) as Benjamin/Lukas
by die Van Rooyens gaan bly.

VOORDELE: Hy is 'n wit kind wat by 'n wit gesin bly. Mense sal nie meer 'n probleem hê
met hom nie. Sy sosiale status sal verhoog.
Elias sal 'n werker hê wat met die balke kan help, maar wat nie betaal moet
word nie.
Nina sal 'n maat hê wat naby aan haar ouderdom is.

NADELE: Hy gaan dalk nooit weer vir Fiela sien nie.


Die Van Rooyens is baie arm. Hulle kan nie so goed vir hom sorg as die
Komoeties nie.
Elias is wreed. Benjamin gaan nou ook mishandel word.
By Fiela het Benjamin 'n goeie toekoms. In die Bos gaan hy altyd arm bly.
Benjamin sal nie meer skoolwerk doen of van die Bybel leer nie.
Fiela se kind – antwoorde │ 7
BEDRYF 2 TONEEL 2
1. Lees bladsy 69-70 weer. Hoe weet jy Lukas is NIE bly om by die Van Rooyens te gaan bly nie?
Hy praat nie op pad huis toe met Barta en Elias nie.
Hy wil nie by Barta en Elias sit nie.
Hy wil nie vir Willem en Nina as sy broer en suster groet nie.
Hy sê vir Nina hy wag vir sy ma (Fiela)

2. Noem TWEE dinge wat Elias op bladsy 70 en 71 doen wat wys dat hy 'n aggressiewe man is.
Hy raak ongeduldig.
Hy probeer Lukas dwing om Willem en Nina as sy broer en suster te groet.
Hy sê hy gaan Lukas slaan as hy nie "uit sy nuk (mood) kom nie".

3. Nina het 'n geheim.


3.1 Wat is haar geheim? Waarom, dink jy, moet sy dit geheim hou? Noem TWEE redes.
Sy het bottels in die bos begrawe waarop sy probeer musiek maak.

Sy het een bottel gesteel. Sy kan in die moeilikheid kom daaroor.


Sy is bang Elias gaan die bottels vat of breek.
Dit is al wat sy van haar eie het. Alles in die huis word gedeel. Nina wil nie haar
bottels deel nie.
Die ander Van Rooyens verstaan nie haar liefde vir musiek nie.

3.2 Wat sal Nina vir Lukas doen as hy na haar geheim gaan kyk?
Sy sal hom die pad Langekloof toe wys.

4. Op bladsy 72 gee Nina TWEE redes waarom Lukas regtig die Van Rooyens se kind is. Noem
die redes.
Barta het hom uitgeken in die hof. (Reguit na hom gewys tussen die ander seuns)
'n Bruin vrou (Fiela) kan nie 'n wit kind kry nie.

5. NINA: " Nou wie se kind is jy dan miskien?" (bladsy 72)


5.1 Watter belangrike tema in die roman kom hier na vore?
Benjamin/Lukas se soeke na sy eie identiteit

5.2 Wie se kind dink Lukas is hy?


Fiela se kind

5.3 Wie se kind dink Nina is hy?


Die Van Rooyens se kind Lukas wat weggeraak het.

5.4 Wie se kind dink JY is hy?


Eie antwoord.

6. Lukas koop Nina om om hom die pad te wys.

6.1 Waarheen wil hy wegloop?


Lange Kloof na Fiela toe.

6.2 Wat belowe hy vir Nina as sy hom die pad sal wys?
Sy kan die 5 sjielings kry.

6.3 Wat wil Nina doen as sy die omkoopgoed gekry het?


'n Mondfluitjie en 'n kombers koop.

Fiela se kind – antwoorde │ 8


7. Op bladsy 75 – 77 kom Elias agter Lukas is weg.

7.1 Waarom, volgens Barta, moet Elias nie vir Lukas slaan nie? Wat moet hy eerder doen?
Die magistraat kan kom kyk hoe dit met die kind gaan. Hy gaan kwaad wees as
Lukas geslaan is.
Barta is bang vir die magistraat.

Barta sê Elias moet eerder vir Nina slaan. Barta sal help om Nina vas te hou.

7.2 Wat sê Nina om haarself te beskerm as Elias haar vra waar Lukas is?
Sy weet nie. Sy het gesien hy is weg en sy het hom gaan soek. Sy het hom gesê om
terug te kom, maar hy wou nie.
Nina praat nie die waarheid nie.

8. Dink jy Barta is 'n goeie ma? Verduidelik.


Ja. Sy probeer vir Lukas teen Elias beskerm.

Nee. Sy sê vir Elias hy moet vir Nina slaan. 'n Ma moet al die kinders beskerm.

BEDRYF 2 TONEEL 3
1. Fiela praat op bladsy 77 en op bladsy 78 "op band". Met wie praat sy elke keer?
Bl. 77: Storieverteller. ("het" wys dat sy as storieverteller vertel wat gebeur het)
Bl. 78: Sy praat met haarself/sy dink.

2. Verduidelik wat Fiela bedoel as sy sê "Seil soos 'n slang, Fiela." Hoe verskil dit van hoe sy
Lange en Dikke behandel het toe hulle op Wolwekraal was?
Fiela moet onthou dat haar sosiale status baie laer as die konstabel en magistraat is. Sy
moet nederig (humble) voorkom.

3. Fiela is eers bly om die skoonmaker te sien. Wat sê hy op bladsy 79 wat haar laat besluit sy kan
hom nie meer vertrou nie?
Hy het vir die konstabel gesê Fiela wil 'n klag (complaint) teen die magistraat lê. Sy het
eintlik gesê sy wil 'n klag lê teen Lange en Dikke.

4. Op bladsy 80 sê Fiela: "Net so. Afgehandel. Verby. Soos afsterf sonder groet."
4.1 Wat bedoel sy met hierdie woorde?
Toe die konstabel sê Benjamin is vir sy "ouers" teruggegee, het dit vir haar gevoel of
hy dood is sonder dat sy kon tot siens sê.

4.2 Het jy simpatie met Fiela se reaksie?


Ja.
Sy het geen keuse of sê in die besluit gehad nie.
Sy weet sy kan nie teen die besluit baklei nie.
Sy was nie voorbereid (prepared) hierop nie.
Sy het Benjamin belowe hy kom terug na haar toe. Nou kan hy nie meer nie.

4.3 Wat sou jy volgende gedoen het as jy Fiela was?


Eie antwoord

BEDRYF 2 TONEEL 4
1. Hoe verskil die teks op bladsy 80 en bladsy 81? Waarom, dink jy, lyk bladsy 81 so?
Bladsy 80 het lang sinne. Bladsy 81 het baie kort sinne.

Op bl. 81 vang Elias vir Lukas nadat hy probeer wegloop het. Dit is 'n intense,
gewelddadige (violent) toneel. Die kort sinne skep spanning (tension).
Fiela se kind – antwoorde │ 9
2. Waar is Lukas en Elias? Waarom?
In die Bos. Lukas het probeer wegloop en Elias het hom gevang.

3. Watter werk moet Lukas doen as straf nadat hy weggeloop het? (bladsy 82).
Hy moet balke kap met 'n byl op die steier.

4. Nina kan nie stilsit nie. Skryf die volgende neer.


4.1 Nina se rede waarom sy nie kan stilsit nie.
Sy wil gaan "pie".

4.2 Barta se rede waarom Nina nie kan stilsit nie.


Sy was gewoond om elke dag Bos toe te gaan en te speel. Nou moet sy heeltyd op
die steier houtkap.

4.3 Elias se rede waarom Nina nie in die Bos mag gaan speel nie.
Dis nie 'n plek vir 'n meisiekind alleen nie.

5. Wat doen Elias met Nina as sy terugkom nadat sy uit die huis geglip het?
Hy slaan haar totdat sy gaan lê en nie meer kan probeer wegkom nie.
Dan sny hy haar hare af met 'n mes.

6. Dink jy Elias is 'n goeie pa? Noem al die dinge wat hy doen wat jou so laat dink.
Nee.
Hy mishandel sy gesin. (Gee voorbeelde)

BEDRYF 2 TONEEL 5
1. Maak 'n opsomming van die verhaal wat Kittie in die Bybel moet soek.
Twee vroue wat oor 'n baba baklei.
• Twee vroue het na die koning (Salomo) gegaan.
• Al twee het gesê hulle is die ma van die baba.
• Die koning het gesê hulle moet die baba in die helfte sny.
• Die valse ma het gesê dis 'n goeie plan.
• Die regte ma het gesê die kind se lewe moet gespaar word. Sy sal die kind vir die
vals ma gee.
• Die koning het toe geweet wie die regte ma is.

2. Watter vrou in die verhaal, dink jy, pas die beste by Fiela? Waarom?
Die regte ma.
Sy het vir Benjamin laat gaan, al was sy baie lief vir hom.

3. Waarom, dink jy, wil Fiela by Selling weet of hy dink 'n 3-jarige kind kan oor die berg loop?
Sy probeer haarself oortuig dat haar redenasie korrek is.

4. Wat is Fiela se plan?


Sy wil teruggaan en self met die magistraat gaan praat.

BEDRYF 2 TONEEL 6
1. Beskryf Fiela se gemoedstoestand (emotional state) aan die begin van die toneel.
Onrustig, ontsteld, wil dadelik 'n antwoord hê.

2. Watter fout maak Fiela as iemand uiteindelik vir haar die deur oopmaak?
Sy herken nie die magistraat nie.
Sy kla oor die magistraat sonder om te weet dis eintlik hy wat voor haar staan.

Fiela se kind – antwoorde │ 10


3. Hoe verander Fiela se houding as sy haar fout agterkom?
Sy is dadelik nederig (humble). Sy "seil soos 'n slang".

4. Fiela gee DRIE redes waarom Benjamin/Lukas nie Barta se kind kan wees nie. (Bladsy 86).
Noem die drie redes.
REDE 1: 'n 3-jarige sal nie alleen deur die Bos oor die berg kan loop nie.
REDE 2: Barta kon per ongeluk die regte kind gekies het. Dalk het sy geraai.
REDE 3: Barta moet kan sê watter klere Lukas aangehad het toe hy
weggeraak het. Fiela weet wat die kind voor haar deur aangehad het.

5. FIELA: "Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken, en toe die skrik ... en die
magteloosheid."
5.1 Na watter woorde verwys Fiela?
"Ek verbied jou om naby die kind te kom!"

5.2 Wat beteken hierdie woorde vir Fiela?


Sy sal nooit weer vir Benjamin mag sien nie.

5.3 Watter implikasies het hierdie woorde vir Fiela en vir Benjamin/Lukas?
Selfs al kies Benjamin vir Fiela as sy ma, kan sy nie naby hom kom nie.
Fiela en Benjamin moet nou aanvaar dat hulle mekaar nie meer mag ken nie.

5.4 Wat sou jy volgende gedoen het as jy Fiela was?


Eie antwoord

BEDRYF 2 TONEEL 7
1. Wie is Mister Kapp? Waarom is hy by Elias se huis?
Kapp is 'n boswagter (bos-polisie)
Die magistraat het hom gestuur om te kom kyk hoe dit met Lukas gaan.

2. Elias en Barta tree skielik baie anders op as gewoonlik. Wat doen hulle anders? Waarom, dink
jy, doen hulle dit?

ELIAS: Baie vriendelik, sê Lukas is baie gelukkig, sê Lukas het nog nooit oor Fiela en die
Komoeties gepraat nie.

BARTA: Sê Lukas is gesond en gelukkig by hulle. Barta is baie bang as sy hoor Fiela het na
Lukas gesoek. (Steek sy iets weg?)

3. Op bladsy 88 sê Mister Kapp dat Fiela "moeilikheid" gemaak het by die magistraat. Waarom,
dink jy, skrik Barta so groot?

Sy is bang Fiela kom vat vir Benjamin terug. Sy is bang dat Fiela gaan raaksien dat die Van
Rooyens nie goed is vir Benjamin/Lukas nie.

4. BARTA: "As Lukas vandag hier was, was jy in die moeilikheid, Elias." (bladsy 89) Waarom sê
Barta hierdie woorde?
Barta waarsku Elias van die begin af dat hy nie aan Lukas moet slaan nie. Maar hy het
geslaan.
As die boswagter vir Lukas gesien het, kon hulle hom wegvat van die Van Rooyens af.

5. Het Fiela geluister na die magistraat se waarskuwing in Toneel 6? Hoe weet jy dit?
Nee. Sy het 'n trommel vol goed vir Benjamin Bos toe gebring.

Fiela se kind – antwoorde │ 11


6. Haal twee gedeeltes aan wat wys dat Elias rassisties is.
Hy noem Fiela 'n "bruinvel".
Hy sê as hy honde gehad het, sou hy hulle losmaak om Fiela te jaag.

7. Vergelyk Lukas se emosionele toestand aan die begin en die einde van toneel 7. Wat is anders,
en waarom?
VOOR FIELA DAAR WAS: Hy het sy lot (fate) aanvaar, al is dit nie vir hom lekker nie.
NA FIELA DAAR WAS: Hy wil weer terug na Fiela toe. Hy sê weer Fiela is sy ma.

ALGEMENE VRAE OOR BEDRYF 2


1. Vergelyk Elias en Fiela as ouers. Noem al die dinge wat hulle as ouers DIESELFDE doen en
die dinge wat hulle ANDERS doen.
ELIAS FIELA
Gee die kinders baie werk, maar Gee die kinders baie werk, maar
werk nie saam nie. werk saam met hulle.
Raas, skree, slaan die kinders Raas ook met haar kinders, maar is
(mishandeling). Hy gee ook baie regverdig as hulle foute maak.
erger straf as wat nodig is.
Leer die kinders net houtkap. Doen Leer die kinders van plaaswerk,
glad nie moeite om hulle as mense maar hulle gaan ook skool en kerk
te ontwikkel nie (skool + kerk). Hulle toe. Hulle leer lees en skryf.
bly ongeletterd.
Elias "beskerm" die kinders as die Fiela beskerm regtig haar kinders.
boswagter kom inspeksie doen, Sy doen alles wat sy kan om
maar dis nie opreg nie. Benjamin terug te kry.
Elias is die outoritêre hoof van die Fiela is 'n regverdige/demokratiese
huis. Hy luister net na homself. maar ferm hoof van haar huis. Sy
luister na die ander.

2. Vergelyk Fiela en Barta as ma's. Noem al die dinge wat hulle DIESELFDE doen en die dinge
wat hulle ANDERS doen.
BARTA FIELA
Beskerm nie haar kinders nie. Sy sê Beskerm haar kinders. Sy sê hulle
Elias moet vir Nina slaan. Sy keer moet haar "keelaf sny" voor hulle
ook nie as die kinders geslaan word Benjamin kan vat.
nie. Barta sal nie opstaan vir die Fiela staan op vir haar kinders, selfs
kinders teen Elias nie. teen die magistraat.
Barta het niks om vir die kinders te Fiela gee vir Benjamin klere (blou
gee nie (net patats) hemp, slaaphemp, Dawid se baadjie,
nuwe skoene), 5 sjielings, kos.
Barta is bang vir die magistraat, vir Fiela is bang vir niemand, want sy is
Elias en vir Fiela want hulle gaan 'n goeie ma.
sien sy is 'n slegte ma.
Barta behandel die kinders nie Fiela behandel al die kinders
dieselfde/regverdig nie. (Nina mag regverdig. (Kittie doen minder werk
geslaan word, maar nie Lukas nie) as die ander, Tollie bly by die huis as
sy been seer is).

3. Die magistraat het Benjamin/Lukas vir die Van Rooyens gegee.


3.1 Dink jy hy was REGVERDIG in sy besluit?
Ja. Hy het al die inligting/informasie gebruik wat hy toe gehad het.

Nee. Hy het nie met Fiela gepraat nie. Hy het nie vir Barta ondervra nie.

Fiela se kind – antwoorde │ 12


3.2 Verduidelik waarom die besluit IRONIES was.
(IRONIE – jy verwag (expect) een ding, maar iets anders gebeur.)
Mens sou dink 'n magistraat sal die beste keuse vir 'n kind maak, maar hier was die
keuse nie die beste nie.

Jy sou dink 'n magistraat sal ekstra moeite doen om die waarheid uit te vind, maar
hierdie magistraat het dit nie gedoen nie.

4. By wie, dink jy, moet Benjamin/Lukas bly: die Van Rooyens, of die Komoeties? Verduidelik
waarom jy so sê.
Eie antwoord.

5. Voorspel wat jy dink volgende gaan gebeur:


* Dink jy Lukas sal uiteindelik aanvaar (accept) dat hy 'n Van Rooyen is?
* Dink jy Fiela sal weer probeer om Lukas te besoek?
* Wat, dink jy, gaan Lukas doen as hy oud genoeg is om te kies waar hy wil woon?
Eie antwoorde

Fiela se kind – antwoorde │ 13


BEDRYF 3 TONEEL 1
1. Hoe lank is LUKAS nou al in die bos?
7 jaar (hy was 12 toe hy daar aankom, nou is hy 19)

2. Waarheen is Lukas en Nina op pad?


Diepwalle se pad. Nina moet in Knysna gaan werk as 'n kinderoppasser. Lukas moet helfte
van die pad saam met haar loop.

3. Lukas probeer Nina oortuig dat dit vir haar beter sal wees op die dorp. Wat sê hy om haar beter
te laat voel? Noem DRIE dinge.
Dis lekker op die dorp.
Sy gaan baie goed met die geld kan koop (voor hy weet die geld gaan na
Elias)
Hy was ook bang toe hulle hom Knysna toe gevat het.
Dit is beter op die dorp as om hout te kap in die Bos.

4. Op bladsy 92 probeer Nina weghardloop. Hoe verskil hierdie oomblik in die drama van Bedryf 2
Toneel 2? Noem al die verskille.
In Bedryf 2: Lukas wou weghardloop Langekloof toe. Hy moes Nina omkoop om hom die
pad te wys. Nina het hom gehelp om dit te doen. Lukas het nog nie aan
homself gedink as 'n Van Rooyen nie.
Op bl 92: Nina wil weghardloop. Sy probeer Lukas ompraat om haar in die Bos te los.
Lukas weier om haar te help. Lukas dink nou aan homself as 'n Van Rooyen.

5. LUKAS: "Die vrou wat my grootgemaak het, het altyd gesê: solank jou kop nie sak nie, sak jou
hart ook nie." (bladsy 92)
5.1 WAAR of ONWAAR – Lukas dink steeds aan Fiela as sy ma.
Onwaar. Sy is nou net die vrou wat hom grootgemaak het. Hy noem ook vir Elias
"Pa".

5.2 Hoe weet ons dat hy steeds baie respek vir Fiela het?
Hy vertel steeds stories oor haar. Hy vertel dinge wat Fiela vir hom gesê het, vir
Nina.

6. Waarom moet Lukas op bladsy 93 Knysna toe gaan? Dink jy die rede waarom hy Knysna toe
moet gaan, is regverdig?
Hy moet vir Nina gaan soek en haar geld huis toe bring.

Ja – die Van Rooyens moet weet waar Nina is/of Nina veilig is en hulle het haar geld nodig
om te oorleef.

Nee – Nina is groot. Haar geld moet haar eie wees. Sy moet ook kan kies of sy nog deel
van die gesin wil wees of nie. Elias is die hoof van die huis, so hy moet self vir Nina gaan
soek.
7. Waar kom die spookskip by Noetzie vandaan? Is dit regtig 'n spookskip?
Niemand weet nie. Armstrong sê toe die son opkom, was die skip net daar. Dis nie 'n
skoopskip nie, net 'n skip wie se bemanning (crew) almal dood is. Die skip het gestrand.

8. ARMSTRONG: "Wat kyk jy so aanhoudend in die lug op?" (bladsy 94)


8.1 Waarom kyk Lukas heeltyd in die lug op?
Hy het lanklaas sterre gesien. Daar is te veel bome in die Bos om die lug mooi te
kan sien.

8.2 Watter bygeloof van Nina vertel Lukas hier vir Armstrong?
As jy 'n verskietende ster (shooting star) sien, moet jy 'n wens maak, dan word dit
waar.
Fiela se kind – antwoorde │ 14
9. NINA: "Die dorpenaars spot met ons bosmense." (bladsy 92) Waarom kan jy sê dat hierdie
stelling WAAR is as jy bladsy 95 lees?
Miss Weatherbury oordeel Lukas omdat hy soos 'n Bosmens lyk. Sy groet hom nie
en is agterdogtig oor alles wat hy sê.

EN: Nina het gejok dat sy nie uit die Bos kom nie, om 'n werk te kon kry by Miss
Weatherbury.
10. LUKAS: "Nina se verbeelding loop maar partykeer oor."
10.1 Noem TWEE dinge waaroor Nina vir Miss Weatherbury gelieg/gejok het.
Dat sy nie familie het nie.
Dat sy nie uit die Bos kom nie.
10.2 Waarom, dink jy, kies Lukas hierdie woorde eerder as om vir Miss Weatherbury te sê
dat Nina gelieg het?
Hy wil haar beskerm. Hy wil nie hê Miss Weatherbury moet sleg dink van Nina nie.
Hy gee om vir Nina.

11. Watter TWEE redes gee Miss Weatherbury waarom sy vir Nina werk gegee het?
Sy het hulp in die huis nodig.
Sy wil vir Nina goeie maniere leer.

12. Lukas vra vir Nina om iets vir hom te doen. (bladsy 97)
12.1 Wat moet sy gaan doen?
Sy moet vir Elias gaan sê Lukas is klaar met die Bos.

12.2 Dink jy dit is 'n goeie plan van Lukas om dit vir Nina te vra? Waarom?
Ja. As hy self gaan, sal Elias hom nie weer laat loop nie.

Nee. Nina is klaar in die moeilikheid by Elias. As sy nou teruggaan, gaan Elias haar
daar hou en dalk slaan.

12.3 Waarom, dink jy, het Lukas hierdie besluit geneem?


Hy is oud genoeg om te kies wie hy wil wees.
Hy is moeg vir Elias.
Hy het, soos Nina, 'n kans gesien om weg te kom.

BEDRYF 3 TONEEL 2
1. Wie is John Benn en wat is sy werk in Knysna?
Hy is die loods (pilot) wat skepe in Knysna help om deur die Koppe te kom. John Benn roei
met sy boot tot by die skip wat buite in die see wag, en help die skip dan om in die
strandmeer by Knysna in te vaar.

2. Watter werk gaan Lukas vir Kaliel September doen, en hoe gaan Kaliel hom daarvoor betaal?
Lukas moet visvang, vis skoonmaak en droog, oesters uithaal. Hy moet ook strikke stel vir
bosbokke.

Kaliel betaal met blyplek en kos. Kaliel gaan vir Lukas leer roei.

3. Daar is EEN ding wat Lukas NIE vir Kaliel wil doen nie.
3.1 Noem hierdie werk wat Lukas nie wil doen nie.
Strikke stel om bloubokkies te vang.

3.2 Waarom wil hy dit nie doen nie?


Dit is Nina se gunstelingbokkie.

Fiela se kind – antwoorde │ 15


4. Verduidelik wat 'n koolvreter is (bladsy 99) en gee een moontlike rede waarom Kaliel nie van
koolvreters hou nie.
'n Stoomskip.
'n Stoomskip werk nie met wind nie. Dit het nie 'n loods nodig om in die strandmeer in te
kom nie. Dus het die skip nie vir John Benn en sy span nodig nie.

5. Op bladsy 100 praat Lukas op band.


5.1 Wat gebeur toe hy Nina sien?
Sy lyf reageer op haar as sy hom 'n drukkie gee. Hy is besig om op haar verlief te
raak.

5.2 Hoe probeer hy wegsteek wat hy dink?


Hy stoot haar weg van hom af en probeer sy stem neutraal hou terwyl hulle praat.

5.3 Waarom, dink jy, is hierdie oomblik in die drama 'n krisis vir Lukas?
As Nina regtig sy suster is, is dit wat hy voel onnatuurlik/sonde/verkeerd.
MAAR as hy so reageer omdat Nina NIE sy suster is nie, beteken dit Barta het gelieg
en Lukas is nie 'n Van Rooyen nie.

5.4 Weet Nina wat aangaan? Hoe weet jy dit?


Nee.
Sy vleg haar vingers deur syne as hy haar wegstoot.
Sy hou aan praat oor ander dinge asof niks gebeur het nie.

6. Nina het 'n boodskap saamgebring uit die Bos uit (bladsy 101). Wat is die boodskap?
Latjie ('n werker van Baas Petrus Zondagh) het nuus gebring dat Dawid Komoetie dood is.

7. Nina wil nie hê Lukas moet teruggaan Lange Kloof toe nie. Waarom nie?
Sy dink hy gaan daar wil bly.
Sy verstaan ook nie dat hy nog aan die Komoeties dink as sy ou familie nie.

8. Nina vra waarom Lukas wil teruggaan na bruinmense as hy dan wit is.
8.1 Wat sê hy vir haar?
Hulle was sy familie voor die Van Rooyens sy familie was.
Hy sê ook Dawid was nog altyd sy broer.

8.2 Kyk weer na Lukas se woorde op bladsy 92: "Die vrou wat my grootgemaak het, het
altyd gesê ..." en Bedryf 3 Toneel 5 Vraag 5 hierbo. Dink jy nogsteeds Lukas sien die Van
Rooyens as sy regte gesin?

Nee. Dit lyk of hy die Van Rooyens aanvaar het, maar nooit die Komoeties vergeet
het nie.

BEDRYF 3 TONEEL 3
1. Wat sien Selling terwyl hy moet oefening doen?
Daar kom 'n man in die pad aangestap. Die man het ver geloop. Dis Lukas.

2. Waarom skrik Fiela toe sy besef die besoeker is Lukas/Benjamin? Noem TWEE dinge.
Hy is 'n volwassene.
Hy is wit.

3. LUKAS: "Groet Ma my nie?" – Wat sê hierdie woorde vir ons van Lukas se verhouding met
Fiela?
Hy het nog altyd aan haar gedink as sy ma. Hy sien haar nog dieselfde as jare gelede.

Fiela se kind – antwoorde │ 16


4. Maak 'n lys van elke Komoetie se reaksie toe Benjamin huis toe kom. (Bladsy 104)
Fiela: Eers stom en staan net stil, dan begin sy huil.
Selling: Hardloop in die pad na Lukas toe, en moet dan in die bed gesit word om te rus.
Kittie: Huil te veel om in die Bybel te lees.

5. In hierdie toneel vind ons uit by wie Lukas/Benjamin sy liefde vir bote en die water geleer het. –
Verduidelik waarom die stelling WAAR is.
Selling het langs 'n rivier grootgeword. Dit was waarskynlik Selling wat kleintyd vir Lukas
van die skuitjies geleer het.

6. SELLING: "Daar's 'n hartseer in hom, Fiela." (Bladsy 105).


6.1 Wat, dink Fiela, is die hartseer in Lukas/Benjamin (lees bladsy 106 en 107 ook weer).
Fiela dink Benjamin is onseker oor sy plek in die Komoetie-gesin/gemeenskap as 'n
wit man wat deur 'n bruin vrou grootgemaak is.

6.2 Wat is die eintlike twee redes waarom hy hartseer is?


Hy weet nie wie hy werklik is nie.
Hy is verlief op Nina.

7. Hoe sorg Fiela vir haar kinders se toekoms? Skryf neer wat sy vir elkeen nalaat.
Benjamin: die Laghaanse se grond.
Tollie: kry Wolwekraal as hy ophou drink
Emma en Kittie: kry geld

8. Vergelyk die naam wat vir die hoofkarakter gebruik word op bladsy 104 en bladsy 106.
8.1 Die naam verander weer op bladsy 109. Wat sê hierdie verandering van
Lukas/Benjamin se identiteit?
Hy is nog nie seker wie hy regtig is nie.

8.2 Waarom sê Fiela Benjamin se gevoelens vir Nina bewys dat hy nie 'n Van Rooyen is
nie?
Sy sê dit is onnatuurlik om op jou suster verlief te raak. As Lukas en Nina regtig
broer en suster was, sou dit nie gebeur het nie.

8.3 Wat sê Fiela moet Benjamin volgende gaan doen om uit te vind wie hy regtig is?
Hy moet teruggaan na Barta toe. Fiela kan nie vir hom sê wie hy is nie.

BEDRYF 3 TONEEL 4
1. Wat het met Elias gebeur?
'n Olifantkoei het hom met haar tande geskep en gegooi. Hy kan nie meer sy regterarm
gebruik nie en sy been bly seer.

2. Die kontras tussen die Lange Kloof en die Bos is in hierdie toneel baie duidelik.
2.1 Wat het Lukas saamgebring uit die Lange Kloof (noem TWEE dinge.)
Hy het skaapvleis saamgebring vir die Van Rooyens.
Hy het nuwe klere en skoene aan.

2.2 Hoe verskil die huisgesin in die Lange Kloof van die huisgesin in die Bos?
Komoeties Van Rooyens
Bruin, Afrikaans Wit, Afrikaans
Liefdevolle gesin Elias is 'n wreede man
Eie grond, boerdery is suksesvol Nooit regtig suksesvol nie
Geletterd (nie Selling nie), en gelowig Ongeletterd en nie gelowig nie

Fiela se kind – antwoorde │ 17


Maak voorsiening vir kinders se Kinders moet gaan werk om die hele
toekoms gesin te onderhou

2.3 Waar, dink jy, voel Lukas tuis? Waarom?


Eie antwoord.

3. Lukas vra vir Barta of hy regtig haar kind is.


3.1 Wat is haar antwoord?
Sy sê hy is haar kind. "EK het dit voor die magistraat gesweer en ek sweer dit weer."

3.2 Watter implikasie het dit vir Lukas?


Sy liefde vir Nina is onnatuurlik/sonde.

BEDRYF 3 TONEEL 5
1. Lukas vra vir Nina om weg te bly van hom af. Waarom doen hy dit?
Hy kry skaam oor sy liefde vir haar.

2. Wat besluit Lukas oor sy identiteit as Lukas van Rooyen aan die einde van hierdie toneel?
Hy is nie Lukas nie. Maar hy weet nogsteeds nie wie hy regtig is nie.

BEDRYF 3 TONEEL 6
1. Elias is in hierdie toneel steeds nie gesond nie.
1.1 Wat is nog fout met hom?
Hy kan nie sy regterarm gebruik nie.
Hy kan steeds nie op sy voet trap nie.

1.2 Waarom, dink jy, hoef Barta nie meer bang te wees vir hom nie?
Hy kan haar nie meer mishandel nie.
Hy is nou afhanklik van haar om alles vir hom te doen.

2. Watter groot geheim vertel Barta?


Sy het vir die magistraat gelieg oor Lukas.
Die Lange het vir haar gesê om die "een met die blou hempie aan" te kies.

3. LUKAS: "Een man se wil. Een man se mag." Wie is die man van wie Lukas hier praat?
Die Lange

4. Watter implikasie het Barta se onthulling vir die volgende persone:


4.1 Fiela
Benjamin kan terugkom na haar toe, as hy wil.
Sy was van die begin af reg gewees.
Die magistraat/Lange en Dikke het Benjamin by haar "gesteel".

4.2 Nina
Sy verloor Lukas vir die tweede keer. (Klein Lukas en Benjamin wat vir 7 jaar vir haar
Lukas was.)

4.3 Lukas
Hy is nie Lukas nie. Maar hy is ook nie Benjamin nie. Hy is nou niemand – 'n mens
sonder 'n identiteit.
Hy hoef nie te baklei teen sy liefde vir Nina nie.

BEDRYF 3 TONEEL 7
1. Noem die nuus oor Tollie wat Kittie in die brief wil hê, maar wat Fiela nie wil skryf nie.

Fiela se kind – antwoorde │ 18


Tollie het dronk geword en mes gesteek. Nou is hy in die tronk.

2. Waaruit kan ons sien dat dit goed gaan met die Komoeties se boerdery?
Hulle bou op die nuwe grond.
Hulle volstruiskuikens word uitgevoer Australië toe.

3. Watter plan het Selling met die volstruise? Waarom sal die plan nie werk nie?
Selling wil hê Lukas moet vir die skip se kaptein sê om sakke oor die volstruise se koppe te
sit sodat hulle nie wild raak op die skip nie.
Dit sal nie werk nie, want Benjamin weet nie op watter skip hulle is nie.

BEDRYF 3 TONEEL 8
1. Lukas kom vertel TWEE dinge vir John Benn. Wat is hierdie twee dinge?
Hy gaan terug Lange Kloof toe.
Hy is nou Benjamin Komoetie

2. Wat bedoel John Benn as hy sê Komoetie is 'n "eerbare" naam?


Eerbaar = honourable
Dit is 'n ou, goeie naam waarop hy kan trots wees.

3. Waarheen wil Lukas eers gaan voor hy weer by John Benn kom werk? Waarom?
Miss Weatherbury se huis.
Hy wil vir Nina gaan vertel hy is Benjamin, en dus nie haar broer nie. Dalk wil hy haar vertel
dat hy verlief is op haar.

4. Hoe pas die titel van die drama by hierdie laaste toneel?
Benjamin kies om Fiela se kind te wees.

ALGEMENE VRAE OOR BEDRYF 3


1. Maak 'n lys van al die Knysna-karakters en gee 'n kort beskrywings van hul rol in die drama.

Armstrong Veldkornet by Noetzie. Hy pas die spookskip op sodat niemand die


vrag steel as die skip op die rotse breek nie.
Mr Benn Die loods by die Koppe. Hy help seilskepe om in die Knysna-
strandmeer in en uit te vaar.
Kaliel September 'n Roeier op Mr Benn se loodsboot. Hy gee vir Benjamin werk en
blyplek.
Miss Weatherbury Nina se werkgewer. Sy gee eers vir Nina werk as huishulp, maar later
as companion.

2. Teken 'n tabel en skryf enige TIEN verskillende tussen die Komoeties en die Van Rooyens neer.

Sien Bedryf 3 Toneel 4 vraag 2.2.

3. Dink jy Fiela weet wie Benjamin regtig is? Verduidelik met bewyse uit die drama.

Nee.
Sy sê vir Lange en Dikke in Bedryf 1: "Net so min as wat Baas die waarheid weet, weet ek
die waarheid."
Lukas vra in Bedryf 3: "Weet Ma wie ek is?", en Fiela antwoord: "Jy is 'n weggooilam... en
so moes jou hart dit gevat het."

5. Dink jy Nina en Benjamin sal ooit regtig uit die Bos kan wegkom?

Fiela se kind – antwoorde │ 19


Ja
Hulle het nie meer vir Elias en Barta nodig nie. Hulle kan nou hulle eie lewe as grootmense
lewe.

Nee.
Jou verlede verlaat jou nooit nie. Hulle sal altyd hulle kinderjare met hulle saamdra.
Mishandeling en armoede bly lewenslank by mens, al gaan dit later beter.
Hulle kan nie net vir Barta, Willem en Kristoffel los nie. Dis steeds Nina se familie.

6. Verskeie karakters het geheime gehad in die drama. Wat was elk van die volgende karakters se
geheim?
6.1 Selling – Hy was in die tronk.
6.2 Nina – Sy het bottels in die Bos begrawe en daarop probeer musiek maak. Later het sy
ook 'n mondfluitjie gesteel.
6.3 Lukas – Hy het verlief geraak op Nina. Die eerste mens wie hy vertel het, was Fiela.
6.4 Barta – Sy het gelieg toe sy vir Benjamin in die hof uitgeken het. Dit het haar jare lank
gepla, maar sy was te bang om iets te sê.

7. Was dit die magistraat se skuld dat Lukas by die Van Rooyens beland het? Waarom sê jy so?

Ja. Sy toetse was nie regverdig nie.

Nee. Die Lange het vir Barta gesê wie om te kies. Die magistraat het sy werk gedoen.

Fiela se kind – antwoorde │ 20

You might also like