Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 38

Die ATKV ontgin voortdurend nuwe

skryftalent en die bekendstelling van


hierdie bundel lewer bewys van ons jeug
se aanpasbaarheid en ’n drang om nuwe
karakters en stories te skep wat nooit sal
opdroog nie.

Deelnemers aan die ATKV-


DigiToneelkompetisie is vanjaar weer
uitgedaag om hulle liefde vir die
toneelkuns verder te ontwikkel deur die
inskryf van slegs nuutgeskrewe monoloë
binne ’n voorgeskrewe temawolk, naamlik
droom, ambisie, aanpassing, omsingel,
potensiaal.

Die ATKV het die teatergrense met sy


DigiToneelkompetisie verskuif en hierdie
nuwe tekste gaan nou stories in die
volksmond word wat vlerke kry en ook
die eiendom van ander word. Dié digitale
bundel bestaan uit die toptekste van
skrywers wat in 2022 soos volg presteer het
en vereer is:

• Goue toekenning: 80% - 89%


• Cum laude-toekenning: 90% - 100%

Die ATKV is met reg trots op die skrywers


en die deelnemers aan vanjaar se ATKV-
DigiToneelkompetisie. Ons opregte dank
aan al die skrywers wie se werk in hierdie
unieke bundel gepubliseer word. Dankie vir
julle onbaatsugtige gesindheid teenoor die
ATKV, waardeur julle dit vir ons moontlik
maak om julle talent te vier en dit te deel
met elke liefhebber van die Afrikaanse taal.

Belê in jouself! | Belê in jou toekoms! |


#weesdieverskil

*Die inhoud van die tekste in hierdie bundel is nie verteenwoordigend van die ATKV se menings
en oortuigings nie. Die wenskrywes is gepubliseer soos die ATKV dit ontvang het. Dit is nie
geredigeer of taalversorg nie.
droom
Wakker word Ilne Fourie 05
Droompa Lindie Strydom 07
Meisie Zoe Beetge 09
Skemer aan ’n toutjie Robert Kruger 11
Oogdruppels is nie gemaak om te drink nie Marista van Eeden 15
Deneboomnaalde-groen Carla Swanepoel 19

ambisie
Go Fish Lian Bell 21

aanpassing
Raas Nico Scheepers 23
Aanpas(sing) Ilne Fourie 25
Dag een is beter as dag twee Danelle Jacobs 29

omsingel
Rooi-lip Stompies Anél Wood 31

potensiaal
Plonks Ilne Fourie 33
Legio Lisa Kukard 35
Spieëltjie Spieëltjie Talia Roux 37
WAKKER WOR
DEUR Mariki – Geagte Mevrou die Voorsitter, Doktor Van Rensburg, lede van die
debats-vereniging, leerders en dames en here, vandag wil ek ʼn reuse

ILNE probleem opper en onder u aandag bring. Onderwysers met koffie-asems.


Dit is reg ja, kitskoffie-asems. Ricoffee – of moet ons liewers sê SIE-koffie!
Volgens dr. Petra de Wet is 87% van die wêreld se onderwysers verslaaf

fourie aan koffie. Dit het tot gevolg dat ons met die gebakte pere sit. Wanneer
die CO2-vlakke in die mond styg, verhoog die sulfaatvlakke drasties en
tesame met ʼn natgeswete grondboontjiebotter-toebroodjie is die reuk
wat geproduseer word dodelik. Soveel so dat dit leerders se asems
wegslaan, dat hulle as te ware toeslaan ... dat jy liewer sit en sweet in ʼn
Wiskunde-vraestel as om jou hand op te steek en ʼn vraag te vra – bloot uit
vrees vir daardie gevreesde koffie-asem wat jou versmoor ...

My standpunte hieroor sluit in: Punt 1 – Alle onderwysers moet gratis


kougom of asemverfrissers van die Departement van Onderwys ontvang.
Punt 2 – Weg met alle koffie in personeelkamers. Uhm ... ek ... Punt 3 –
Onderwysers moet ... uhm ...

Alweer die kaal-koffie-speech-droom. Het jy al ooit dieselfde droom oor


en oor gedroom? Dit suck. Dit is soos hierdie horror movie wat jy al ʼn
duisend keer gekyk het. Jy weet presies wat gaan gebeur, maar jy kan nie
wegkyk nie. Jy kyk en kyk en kyk tot jou oë voel of daar sandkorrels in is.
Jy is te bang om dit te knip. Jy weet wat volgende gaan gebeur, maar jy
kyk nie weg nie.

Ek droom nogal baie. Mamma en pappa sê ek was van kleins af ʼn


dromer. Letterlik en figuurlik. Mamma sê ek is haar wild child met ʼn wild
imagination. Gelukkig is al my tande nog daar. Ek het al gedroom al my
tande val uit. Een vir een. Soos kleingeld uit daai Mall parking lot pay-
ment booths. Ek het dit op ʼn stadium baie gedroom. Toe gaan Google ek
dit. Teeth falling out are associated with loss and important life changes,
like an abrupt end to a relationship or job change. Dit hét my voorberei
op die einde van my en Josh se verhouding. Ek meen ek en Josh was
die perfekte couple. Wel amper. Ek moes myself nog net aan hom voor-
stel. Hy sou my dadelik uitgevra het, ek meen, hallo? Wie sou nie met my
wou uitgaan nie? Hy het blonde krullerige hare en blou oë ... Ek het altyd
gewonder hoe ruik sy hare en toe in Wiskunde het ek my kans gevat. Ek
meen, ek sit agter hom, ek kon nie so ʼn kans laat verbygaan nie. Toe ek
vorentoe buk om aan sy hare te ruik, toe ruk hy sy kop agtertoe, kap my
bo-lip oop dat jy net bloed sien spat, ek spoeg per ongeluk my chappie
uit – ek kou 8 maal ʼn dag chappies ná die koffie-droom, en daar sit ek –
vasgeplak met ʼn Spearmint Stimorol aan Josh se agterkop. Die skoolver-
pleegster moes al sy hare afskeer en het my en sy agterkop vol Vaseline
gesmeer.

05
RD
Hy het nooit weer met my gepraat nie. Dêmmit ... Alweer Josh en die chappie-droom. Ek het hom darem
weer gesien. By die Biologie-kamp. Nie dat dit saak maak nie. Ek is anyway oor hom.

Ons het nou ʼn nuwe meneer. Meneer Bosch. Hy is nogal okay vir ʼn grootmens. Hy maak jokes en ons
moes onsself groen verf en vir hom vertel hoe fotosinteer ʼn plant – Dit was flippen snaaks! Toe het ons in
die rivier gaan swem en hotdogs gebraai. Ek het die kamerdeur hoor oopgaan ... word wakker ... hy het
langs my bed kom staan ... word wakker ... hy het die kombers weggetrek … word wakker, Mariki ... hy
het ... word wakker, Mariki ... hy het ... word wakker, Mariki ... Die sielkundige sê daar is twee wêrelde. My
droomwêreld en die realiteit. En net ek kan besluit in watter wêreld ek wakker word. Wakker word, Mariki
... wakker word.

droom
DROOMPA
DEUR
My pa was my held. Hy’t elke naweek my landloop kom kyk. Vir my ʼn En-
ergade gekoop ná die tyd. Vir almal vertel sy laaitie het alweer eerste ge-

LINDIE kom tot ek so skaam word, maar man, ek was eintlik so chuffed.

Ek kon met hom oor alles praat, oor my drome ... “Gaan jy nog steeds ʼn

STRYDOM onderwyser word omdat jy hoop om die wêreld te verander? Al kry jy so


vrek min geld en al is die kinders so ondankbaar?” “Ja, Pa. Ek gaan die
wêreld verander.” “Ja, seun, ek weet jy gaan.”

En as dit kom by die meisies. “Watter een hou jy nou van?” Hy was die
enigste een wat mag geweet het ...

He was something else. My droompa. Die dad waarvan ek my pelle vertel


het, veral as ek weer moet hoor wat hulle alles die naweek gedoen het.

Vir my was hy real, want ek het hom feitlik my lewe lank geken. Wel, van
die oomblik af wat ek kon kies – dat dit die pa is wat ek wou hê.

So, toe word dit die pa wat ek het.


Wat ek uitgedink het wanneer ek myself in die nag aan die slaap huil om-
dat my régte pa – die een uit die hel uit ‒ my weer so hard gebliksem het
dat daai nagmerrie vlekke is wat oop en bloot op my lyf sit. En dan was
ek so kwaad omdat ek wéér sal moet lieg oor die merke sodat my pelle
steeds kan aanhou glo ek hét ‘n pa. ʼn Régte pa, soos ʼn Pa moes gewees
het!

Ek gaan nie jammer sê nie! Ek is klaar jammer gesê!


Ek moes jare lank jammer sê!
Ek moes jammer sê nog voor ek kon hallo sê!
Ek het nog nie eers geweet wat ek alweer daai dag opgeneuk het nie,
maar as hy instap was dit “Jammer Pa, jammer Pa, jammer Pa!” Daai
woord laat my kots!

EK ÍS NIE JAMMER NIE!


En ek gaan nooit weer jammer hoef te wees nie, want ek wou hê hy moes
stop.

Weet jy hoe lank het ek vir die Here gevra om hom te stop, maar die Here
wou nie. Hy’t hom gelos. Waar? By ons. Met sy skel en skree en stink
asem, sy eer jou vader preke en sy flippen vuiste ...

Hy’t my ma gebreek. My sussie verinneweer. En ek wou hê dit moes stop.

07
En toe vir ʼn oomblik het ek al sy aandag gehad. Ek het gevoel soos die sterkste man op aarde. Die dapper
seun wat hy nog altyd wou gehad het. Uiteindelik mans genoeg. GENOEG.

Daar was vrees in sy oë terwyl hy gesmeek het dat ek die ding moet neersit, maar ek wou hê hy moes
seerkry. Ek wou hê hy moes voel hoe seer, seer kan wees. En toe trek ek die sneller.

En in daai oomblik sterf ʼn monster.


Maar ook my pa ... die held wat ek altyd gedroom het hy tog eendag, dalk, sou kon wees …

droom
MEISIE (Swart. Kollig op Mia)
DEUR

ZOë Mia: Hey, kyk vir my. Kyk vir my … kan ek jou iets vertel? Vee daai trane
van jou gesig af. Onthou jy nog daai eerste dag van graad een? Ek
doen, ek onthou dit soos gister. Ons was nog so onskuldig. Ons

BEETGE naamplaatjies was nog saam op dieselfde tafel geplaas en toe jy langs
my kom sit, het ek net gedink hierdie maatjie, hierdie meisie … ja jy,
gaan my beste maatjie wees. Ek het nog gesukkel om jou naam uit te
spreek, dit was te lank vir my, so toe sê ek: “Jy’s van nou af Meisie.
“Meisie kom ons gaan speel”, “Meisie waantoe gaan jy”, “Meisie moet
my nie los nie”. ʼn Week later het ons al by mekaar oorgeslaap. Onthou
jy?

Jy was die eerste persoon by wie ek oorgeslaap het. Ek onthou nog hoe
ons die tent in die sitkamer opgeslaan het, hoe ons daai middag skelm
mekaar se hare met ons stomp skoolskêre gesny het en hoe ons
uitgepass het terwyl ons movies in ons tent lê en kyk het.

Ons het oor die jare dalk nie altyd saamgestem nie … ons kon moerig
raak vir mekaar, maar net so kon ons met een kyk onsself skeur vir
mekaar.

Ek onthou, aan die begin van hoërskool, toe ons in die middae ná skool
huis toe moes loop, kon ons so lag vir mekaar dat ons moes stilstaan en
ons bene moes toeknyp soos ons skaterlag. Ons het daai een middag
toe ons ná hokkie-oefening huis toe stap so hard gelag dat ek nie meer
kon knyp nie en toe voel ek hoe hierdie warm stroompie by my been
afkronkel tot op die sypaadjie. Ons het eers vir vyf minute daaroor gelag,
en teen die tyd wat ons opgehou het was ek al so papnat gepee, dat jy
my jou skoolbaadjie gegee het om om my lyf vas te knoop.

Maar voordat ons weet, slat graad 10 en jy raak behep met seuns,
dwelms en partytjies, genoeg om my te vervang. Dit het alles so
vinnig gebeur. Ek het nie geweet wat om te doen nie, ek het so uitgesluit
gevoel, want ek moes kies tussen my waardes en jou. Elke naweek was
daar ʼn partytjie en elke naweek het ek alleen gesit en huil want ek het so
alleen gevoel − ek het soos ʼn las gevoel, ek het gevoel dat as ek vir jou
sê hoe ek daaroor voel jy dalk vir my sou kwaad word. So ek het maar
met my ouma daaroor gepraat, vir haar gevra wat ek moet doen. Sy het
vir my vertel van die gevare en my teen julle gewaarsku, maar sy het
ook gesê dat ʼn mens vir jou vriendskap moet veg.

Ek het daai aand in my bed gelê, daai Vrydagaand toe jy saam met
hierdie nuwe ou gaan partytjie hou het, maar ek het probeer dink aan
iets anders.

09
Ek het gedink aan ouma en hoe sy gesê het dat as sy eendag hemel toe gaan, sy elke aand ʼn ligte windjie
oor my gesig gaan blaas om my te herinner dat sy my beskerm in die donker nagte. Maar ek onthou daar
het ʼn koue rilling by my rug afgeskiet toe ek sien my foon lui. Dit was jy, ek het dadelik opgetel en jou stem
gehoor − jy het die trane probeer terughou, maar jy kon nie. Ek kon hoor daar was iets fout, jy het gehuil en
vir my gesmeek om jou te kom haal en dat ek nie ons ouers moet vertel nie. Ek het geweet ek mag nie in
daai kar klim nie, maar dit was jy − Meisie. Jy het my nodig gehad. Ek kon jou nie so los nie. Ek het saggies
by die gang afgesluip en die sleutels op die kombuistoonbank opgetel.

Jy het langs die sypaadjie gesit en huil. Hy het jou net so op jou eie gelos. Jy het soos ʼn hond met sy
stert tussen sy bene, in die kar geklim. Jy het gesnik en dit probeer terughou, sodat ek dit nie moet sien
nie. Ek het nie geweet wat om vir jou te sê nie. Ek was kwaad vir jou, ek was kwaad dat jy jouself in sulke
gevaarlike situasies gesit het. In die kar het jy met my probeer praat, maar ek was vies vir jou en ek het jou
probeer ignoreer. Maar toe sit jy die radio aan en Mamma Mia het gespeel, en jy het saam gesing. Ek het
ingegee en begin lag, want dit was weer die ou Meisie, die een wat my getroos het toe my oupa oorlede is.
Nou sing ons saam uit volle bors en bars uit van die lag, maar toe sien ek dit: twee verskietende sterre en
die wêreld is ewe skielik stil. Ek hoor jou stem, jy roep my, jy klink bang, jy gil. Hoekom moet ek my oë oop-
maak? My oë is dan oop … Jy het aan my arm vasgeklou, jy wou my nie laat gaan nie, maar dit was te laat.
Die polisie moes jou uittrek. Jy het geskree, jy het teen hulle gestoei, jy wou my kom haal.

Weet jy wat is nice, ek kan nou elke aand ʼn windjie gaan blaas oor my ouma se gesig. Kyk vir my. Vee nou
daai trane af. Kyk vir my… ek vergewe jou, Meisie…

droom
SKEMER AAN ’N
Tussen die skemer en die skaduwee
DEUR
Pas my pyn in die palm van jou hand

ROBERT Dis slegs wanneer jy slaap dat drome waar word


En as die drome neerstort
En ek daardeur verdrink word

KRUGER Laat slaap ek die slaap


Die slaap van die dooies

Die ding van skemer is ... sy kan nooit lank bly nie.

Soos wat Meyer se lippe en tong deur die Ingrid Jonker digkuns van
Woensdag sweef en ek my toonnaels in gebreklike halfmaantjies knip,
vang my oog iets deur die reëndruppelbedekte soldervenster van
Riebeeck-koshuis wat uitkyk oor die B-rugbyveld waar ʼn handvol graad-
aggies ontgroen word.

Ek sukkel om deur die wasem te sien, kan eintlik niks sien nie. Maar net
Meyer se spieëlbeeld wat langs my sit en rymwoorde spoeg, so asof hy
dit self geskryf het. Kort-kort sal hy opkyk na my toe met sy soutwater oë,
dink seker ek wag vir skemer.

Ek vertel nie vir baie mense nie, maar hy ken mos vir Ingrid persoonlik − ʼn
paar maande terug haar in die biblioteek in Villiers-laan ontmoet. Hulle het
vir ure gekuier. Sy het vir hom gesê die tydskrifte praat kak, sy het nie in
1965 die wolke uitgeklim nie.
Mens vermoor nie ʼn digter deur net eenvoudig ʼn headline daarvan te
maak nie.

Ingrid lewe nog.

Sy kruip net weg. Sy sit iewers, 88 jaar oud, in ʼn wit sementhuisie met ʼn
houtdak aan die kus van die Wes-Kaap en skryf. Sy skryf oor die see en
die strand en die skulpe en die sout.

Sy sal haar skryfwerk gou weer by ons ore laat droom.

Sien, sy het daai dag in die biblioteek vir een of ander rede sewe nuwe
gedigte in Meyer se leer-notaboekie ge-ink. Sewe skemers ... wat tot
vandag toe nog net deur ons drie se oë gesien is.

Ek was so jaloers op Meyer!

Ek het gedroom oor die dag wanneer ek self saam met Ingrid ʼn koppie
moerkoffie kon drink en al die digvrae vra wat binne-in my opgehoop is.

11
TOUTJIE
Ek het hulle my stukkie skemer genoem, die sewe nuwe gedigte.

Wanneer jy tot en met die sekonde vir die laaste bietjie dag op die horison staar, soos wat Oom Son
koebaai waai net om jou in die môre weer te ontmoet.

Dit was eintlik die dag toe my ma onvrywillig die wolke geklim het dat ek die son se koebaai ontmoet het.
Ek het daardie dag een stukkie skemer vir ʼn ander moes inruil.

My mamma ... vir Ingrid.

Ek het koebaai gesê, die hospitaal verlaat en buite op die geel graswal gedroom oor hoe mamma die
skemer soos ʼn krimpeliengordyn toetrek. Treursekondes later het Meyer langs my gestop in sy geel
Volkwagen Beetle, vars van die biblioteek af, met Ingrid se skemer in sy hand. My oë het geglinster soos
wat ek swak by die Volla ingeklim het.

Ek het hom vertel dat my mamma gegroet het en hy het my omhels.

Hy het my in die nek gesoen en gesê:


“Nou is die geeste een glimlag ryker.”

Ons het vir drie stil ure in sy kar gesit, sy hand op my been, voordat hy die boekie in my bewende hande
geplaas het en gekyk het hoe ek my eerste persoonlike Ingrid-skemers vertaal.
Al het ek mamma daardie dag verloor, het die gedigte my seer gevoel en my kom vind.

Die skemer het my naam geleer.

Die skemer ken my naam.

Net my naam.

Ek het haar aan ʼn toutjie vasgemaak en laat wegdryf, maar nie vêr nie. Sy mag droom, maar nie groot nie.
Sy sou altyd by my bly.

Ek het eers ʼn paar weke ná die hospitaal begin wonder waarom die gedigte in die notaboek my lewe
weerspieël het. Dit het soos ʼn droom begin voel. Ek wou die gedigte gebruik het om die skemerlose wêreld
te ontsnap, maar sodra ek die woorde begin wentel, het ek agtergekom dat dit my lewe was, dat Ingrid oor
my lewe geskryf het. ʼn Sonsakdroom wat nie deur ʼn knyp aan die arm weggejaag kan word nie.

Is ek en Ingrid dan só eenders?

Nee.

Dit was eers in Oktober van daardie selfde jaar, dat die waarheid my kom vind het terwyl ek in die
koshuissolder een van die sewe skemers gedroom het. Dat Meyer my vertel het.

droom
1965 WAS Ingrid se laaste jaar as kind van die aarde. Meyer het haar nooit in die biblioteek in Villiers-laan
raakgeloop nie.

Sy kruip nie weg nie.

Sal nooit 88 sien nie.

Sal vir ewig 31 wees. Met haar tone in die sand.

Sy het nooit splinternuwe skemers op die papier van Meyer se notaboek gepen nie.

Dit was hy.

Hy het die nuus gekry van my mamma se sonsak en sewe skemers as Ingrid begin rym.
Dit was Meyer.

Hy het geweet dat my ma die enigste ding was wat my gekeer het om self vrywillig by die oseaan in te
dans.

So hy het vir my sy eie Ingrid gegee, sodat ek woorde sal hê om my hierso te hou.

Sodat ek woorde sal hê om my by hom te hou.

Sodat ek woorde sal hê om my ook aan ʼn toutjie te hou ... terwyl ek hoog vlieg ... en groot droom. Nes In-
grid.

Tussen die skemer en die skaduwee


Pas my pyn in die palm van jou hand
Dis slegs wanneer jy slaap dat drome waar word
En as die drome neerstort
En ek daardeur verdrink word
Laat slaap ek die slaap
Die slaap van die dooies

13
droom
OOGDRUPPELS IS NIE
DRINK NIE
DEUR (Sy kyk na ʼn verwarde kliënt)
Nee Mevrou. Skuus, oogdruppels is nie gemaak om te drink nie.
marista Ek werk soms by ʼn apteek

van eeden
En met soms bedoel ek smiddae En met smiddae bedoel ek skuins na
half twee
Twee ure per dag,
twee dae per week
twee naweke ʼn maand
So basies Maandae en Woensdae en maybe ʼn Vrydag en
ʼn Saterdagoggend laat.

En ek meen dis OK.


Customers is finicky, maar daar is geen verwagtinge, voorgee of
verwaandheid nie …
Jy kan nie cool lyk terwyl jy gout mix of 4ply extra soft Forget Me Not
koop nie
Please forget me as ek dit ooit moet doen.

So ja, ek werk soms by die overly sanitised counter by die apteek. En


met ek bedoel ek, ek
Krulhaar, grootoog
mangellose matriek
F-span netbalreserwe
en met F-span bedoel ek
ek dra water aan
vir die spankaptein Hellené
wat heedag aldag aanhou aangaan
oor uithou, inhou, intrek, deurtrek, diepstrek, strek van netbal
terwyl ek net wag vir die oomblik wat ek my Tommies kan uittrek want …
honestly
kom nou. F-span.
Net die studente-juffrouens en -menere kyk
want hulle moet.

Nee, daar is ʼn punt wat daardie lettertjie


F, F-kruis F-op, F-jou
iets vir jou moet F*en sê
Iets van tydelikheid, oplosbaarheid, deursigbaarheid
Soos die gel casing van

15
GEMAAK OM TE
ʼn klein kakduur kapsule kollageen
Bactrum, Benodryl, Kefflex, Mobic,
Morfien
Of oogdruppels …

Nee Mevrou, Mevrou kan dit nie drink nie. (Wys na die label) Sien?

(Geïrriteerd loop sy terug)

Ek sneak soms na die pillehouertjies agter in die apteek waar ek werk


en met soms bedoel ek om te dagdroom
Voor jy drugabuse bel
dis om die ontelbare te tel
ʼn Kosmos konstellasies
van gebottelde pyn, pleisters en plesier
Van ACC tot Neurofens
Linctagon, Lisinopril. Imodium, 5-Htp

En Advil, met haar lippies rooi


soos Juliet se mond
wat verlangend afkyk in isle “self-medication”
na die Genpaynes onder op die grond
Hy lyk snazzy en tog bold
in sy groen chino broek
met ʼn dash oranje bo wat sy oë laat skerts Skerts,
as hy lag vir Panado se flou joke
en die lyne op sy voorkop
as hy dink oor sy voorskrif, agterskrif
tussen skrif, skryf,
Skryf net vir hom ʼn briefie op
die Alpha pharm notepad
waar jy soms werk
en sê vir hom
net vir hom
te veel van hom, maak jou lam, flou
duiselig, dronk
Die newe-effekte van sterk medikasie.
ʼn hart gepletter op die grond
Don’t do drugs kids …

droom
En maybe as Advil net uit haar
verdomde glasbottel display kon klim
en boldly verby die judging barcodes
die herbalife en die Keto-slim pille
kon loop,
Loop jy minstens drie keer ʼn week?
Tot net voor jou straat
Generic painkillers etcetera
tussen 1 tot 2 voor jy slaap
dan sou sy kon sê

in een lang asem vloeiend sterk


soos die letters uit ʼn dokter se pen
dat jy hom dalk diep onderliggend
ongediagnoseerd
vermoedelik
terminaal
baie lief het …

Halsoorkop
Ge-overdose
Ge-OD
Gepeg
Daai regte tipe Beverly Hills dead

Ek werk soms vir ekstra sakgeldjie by ons local apteek


En met local bedoel ek daar waar dieselfde tannie my drie keer ʼn week
vra of sy die ClearEye oogdruppels in haar mond kan steek
En ek weet oh my word
dis mos nie so moeilik soos jy dink nie
Lees die label liewe donner
Maar sy’s nie so mal soos sy klink nie
want sien ek verstaan
Ek kan dit insien, omsien, ondersteun dat sy vra
Wag net een oomblik, Meneer!

17
Ek werk soms vir ekstra sakgeld by ons weggesteekte klein apteek
En met werk bedoel ek dieselfde ding elke week
Waar milligramme, kleure, vorms en name tel
Optel, aftel, intrek, weeg
En ek verstaan
Sien, ek kan dit insien, omsien, ondersteun dat Mevrou vra
want ek sou wragtig ook enigiets doen om jou oë oop te maak …
Dis net jammer ... oogdruppels is nie gemaak om te drink nie.

droom
DENNEBOOMNAA
DEUR Hy lag. En teen my wil kyk ek op. Ek wonder of hy sien hoe ek myself
nie kan weerhou om te kyk as hy lag nie. Hy sit drie banke skuins van

carla my af en selfs van waar ek sit kan ek die groen van sy oë duidelik sien.
Denneboomnaalde-groen. Ek voel so dom, soos ʼn graad vier-meisie
met ʼn “schoolgirl crush”. ʼn Deel van my het altyd neergekyk op dié

swanepoel meisies wat toelaat dat ʼn simpel fantasie hulle hele wêreld oorneem.
Maar nou is dit ek wat nie kan wegkyk nie. My gedagtes oorheers die
gedruis van die klas en versplinter.

Ek is ewe skielik weer twaalf jaar oud in ʼn bed wat nie myne is nie. Die
effense op-en-af beweeg van die pienk duvet herinner my dat ek nie al-
leen is nie. Egter verniet, want die hand in myne is herinnering genoeg.
My oë is swaar, maar slaap wil nie kom nie, nie wanneer daar ʼn handaf-
druk op my palm gebrand is nie. Ek wil nader skuif aan die warm figuur
langs my, ek wil in hierdie oomblik bly vir so lank as wat ek kan. Maar
ek weet ek mag nie. Behalwe vir die gesuis van die dennebome buite is
daar stilte. Deur die venster loer die maan skelm in, die skaduwees teen
die muur al getuies van my skaamte.
Graad 11 Biologie. Die boek lê oop op bladsy 71. Ek hou die pen só
styf vas, dat my hand begin kramp. En daar lag hy weer, maar hierdie
keer kry ek dit reg om nie dadelik op te kyk nie. Ek weier. Ek weier om
in sy rigting te kyk. Dalk kan ek myself oortuig hy is nie ʼn paar sitplekke
van my af nie. Dalk kan ek vergeet van die dennebome, van maanlig
wat soos sproete op blas vel lyk. Dalk as ek hard genoeg bid sal hy
weggaan. Dalk kan ek ophou wonder. Dalk kan ek anders wees, beter,
sterker.

Maar ek is nie sterk nie. Ek kyk op en alles val weg. Net ons bly oor. Dis
glad nie soos wat ek verwag het nie, niks soos wat ek al daai kere ver-
beel het nie. Daar is geen vuurwerke nie, geen musiek in die agtergrond
nie. Net stilte. Hy stap nader en dan stop hy. Te naby. Te ver. Ek voel of
ek kan vlieg. Ons oë ontmoet vir ʼn oomblik en ewe skielik verdrink ek.
Verdink in die diepte van sy oë, in die kleur van sy lippe.
Nee, in ons swembad. Iemand hou my onder en die water dring in my
longe in. Alles in my probeer instinktief terugbaklei. Ek skop, ek skree
‒ of só ek dink ek ten minste. Alles brand, ek verstaan nie wat gebeur
nie ‒ ons was nounet in die klaskamer, hy het ... Maar dan stop ek. Ek
raak stil. En nie water nie, maar haat vul my longe, my keel, my hart. Dit
oorspoel my liggaam en stemme oorweldig my. Almal wat dieselfde ding
oor en oor en oor sê totdat ek begin smeek vir die donkerte om my net
te vat. Hoe kan jy? Hoe kan jy?

19
ALDE-GROEN
Ek verdien hierdie pyn. Ek verdien hierdie hel. Ek wil nie in die oë van die persoon wie se hande soos ivy
om my nek gekrul is, kyk nie. Ek wil nie sy ‒ ek wil nie haar oë sien nie. Haar denneboomnaalde-groen oë.
Ek was so naïef om te dink ek kan verander, ek was so dom om te hoop. Hoe kon ek? Net soos ek vir ʼn
laaste keer uitasem, hoor ek haar weer lag. Ek is mal oor haar lag.

Hoe gaan dit met Hom? Wie? God. O, ek sal nie weet nie. Hy tel nie op as ek bel nie. Steeds nie? Nee.
Ek hoor Hom nie eers meer asem haal nie. Jy moet maar glo soos ‘n kind. Onthou jou “lewenstyl” is mos
sonde. Ek sal haar nog los. Leë woorde totdat jy dit doen. Ek gaan nou ’n rukkie stilbly totdat dit by jou in-
sink, dan gaan ek verder praat.
Vir wat hoop jy nog? Ek weet nie. Natuurlik weet jy. Ek hoop dat ek nie weer sal relapse nie. Hoe lank was
dit voor die insident? Sewe maande en 19 dae. En die pille? 150 mg. Wanneer gaan ons daai begin af-
bring? Wanneer jy sê dis ok. Ai, jou arme ding. Ek is net ’n stem in jou kop. Ek kan nie help nie. Nag, Gen.

(Sy begin lag as die stem en deurmekaar huil as haarself.)

droom
go fishEk het ʼn groot vrees. ʼn Vrees wat my oë uitkrap. Daarom kan ek nie sien
DEUR
nie. Dis asof ek weet hoe dit voel om blind te wees.

lian Imagine jy’s blind en stap deur die verkeer. Dis fokken terrifying, right?
Tog hou jy aan stap vir ʼn rede – jy moet aan die anderkant kom.

bell Iemand skree: Stop! Kar! Wat gaan jy maak? Daai mens vertrou of aan-
hou loop? Indien daar wel ʼn kar is sal jy morsdood wees, nie net blind
nie. Wat doen jy?

Toemaar, moenie te veel sweet nie ‒ jy’t oorleef. Volgende raaisel: Jy’s
nou op ʼn bootjie. ʼn Vis spring in jou boot in. Dis ʼn glibberige vis met
harde vinne. Jy probeer die vis gryp om uit jou boot te gooi. Die vis se
lem-vinne sny jou hand. Wat de donner? (Geskok) Die vis begin lag.

Jy weet die vis gaan een of ander tyd moet ophou lag en terugspring in
die water ‒ anders, wel, vrek die vis.
Ek is hierdie vis. Ek is ook ʼn blinde vis. Ek weet nie hoekom nie. Ek voel
my ma se bekommerde energie aan: sy strek haar arms na my toe uit ‒ is
sy simpel? Ek gaan haar vlees deurboor! Ek trek terug en gly tot aan die
voorkant van die boot. Waar ek ge-squash word tussen ʼn lemoen en ʼn
selfoon in ʼn plastieksakkie. Ek begin versmoor.
Tog is ek dankbaar dat ek uit die diep-donker waters is ‒ weet jy hoe dit
voel om van moerse hoë klippe af in ʼn dam te spring, maar jy weet nie of
daar ʼn rots is nie, want jy kan nie sien nie? Dis hoe ek voel. My lewe lank.
Maar ek mag nie bang wees vir die water nie, want ek is ʼn vis, en dis my
huis. Maar ek is NIE tuis nie, want ek is blind. Ek hoort nie in ʼn vis se lig-
gaam nie.

Ek wil klim, in plaas van swem.


Einstein sê iets van “don’t judge a fish by its ability to climb a tree”, maar
ek mag droom? Hoekom moet ek teruggehou word deur dinge wat ek
nie kan verander nie, dinge wat ek nie kan beheer nie? My kans vir meer
wees verdwyn soos ʼn boot oor die horison. Ek sal eerder blind oor ʼn be-
sige pad stap en met die dood dans, as wat ek wag ‒ en wonder wanneer
ek omgery gaan word.

21
Dis aand. Ek lê in my bed. Ek verdrink. En ek sien hoe ʼn gesig die mure wegsmelt en vir my lag. Die verf
drup-drup so warm van die ken af en al wat ek voel is hoe die soutwater my stadig versmoor.

(claustrophobic, dan dalk kwaad, dan liefde/waardeer en dan hartseer en dan verstaan.)

ambisie
raas Sy het nog nooit so mooi gelyk nie.
DEUR
Kop tot tone toegedraai in kant en crimplene angeliere, met ʼn kroon van

nico rose soos ivoor. Horisontaal word sy ingedra, in ʼn dennehoutboks,


op die skouers van ses diakens in pakke swarter as die diepste nag.
Tannie Lena.

scheepers Dood op twee en vyftig …


Ek wou gehelp het om die kis te dra. My Ma sou my hande afkap.
Ek was twaalf toe sy my die eerste keer ʼn bier gegee het.
In haar woorde: ʼn Mond vol yskoue sonde op ʼn warm dag waar ons tier-
vis vang - en skinder. En dis hoe ek haar wil lewendig hou. Hier binne my
- in dungarees, kniediep in modder, met ʼn erdwurm wat in haar vingers
krul. Daai selfde aand het die donderweer die plaas uitmekaar kom skeur.
Sy’t my in haar arms toegevou en gesê dis orraait ek moenie bang wees
nie, dis net die Here wat raas.

Banneling.
Dis die woord wat my Ma gebruik het. Want Tannie Lena was die enigste
vrou in ons familie wat geluk gekies het.
Toe gooi my Ma die eerste klip.
Ek onthou haar nie in die koue strate wat die res van my familie deur
hulle harte laat plavei het nie …
Ek onthou haar in die rooigrond waar sy leer loop het - onder mopani en
kameeldoring, op die oewers van wakker strome. Kaalvoet gedagtes aan
my Tannie wat nou, hier voor my, in ʼn warm doodskis onder onbekende
hande lê en bak.
Die kerk het nou ʼn nuwe dominee. ʼn Jong man met breë skouers wat die
hele gemeente se swaar kan dra. Hy lyk of hy darem nog in die Here glo.
Tannie Lena het my iets vertel van die heelal wat een groot klok is, en
hoe al die verskillende ritmes van alles in die gewelf soms saam begin
pols. Een hart wat alles heg … en laasjaar toe sien ek dit met my eie oë.
Ons is saam af na die vlei toe, ek en Tannie Lena, en ons het op tuins-
toele op die damwal gesit - dié dam wat lankal meer riet as water is, met
ʼn hele aarde se lewe in sy walarms. Ons sit, en sy drink Castle Shandys
en gee skelm vir my slukkies terwyl sy praat oor patrone en frekwensies
en die ritme van ʼn vuurvliegie se lig. En toe, net na sononder, kom die
eerstes uit die donker uit …
Klein soekliggies wat laag oor die grond ʼn warm kollig sleep. Hulle word
net meer en meer, van alle rigtings, en later is daar ʼn hele kersmark in
die vlei. Die vliegies sit teen die riete en grashalms soos straatligte vir die
visse en paddas wat onderdeur die donker lanings swem.
Sy is al redelik gekuier as sy my vertel dat sy nie meer van kersfees hou
nie. Sy hou daarvan om te kyk hoe ander dit vier, maar nie syself nie.
Soos nou, hier by die vlei se ligkonsert is dit okay. Ek weet dis omdat nie-
mand haar meer vir kersfees nooi nie, maar ek sê eerder niks. Sy draai

23
nooit haar gesig weg nie, maar wanneer sy dit doen en sy vee haar gesig met haar mou af, dan weet ek om
stil te bly

So ek sit maar net langs haar en staar vir die vuurvliegies tot diep in die nag … wanneer die wonderwerk
uiteindelik gebeur. Die polsende liggies klim stadig in dieselfde ritme in, en klop soos een groot hart, lig na
donker, lig na donker in die rietestad.
Sy glip haar arm in myne, en fluister …

In die kerk begin die speeches.

Ek sweer die rose op die kis begin te bewe. Blomme wat fluister in ʼn wind wat net ek kan sien - elke bloesel
wat vibreer … want Tannie Lena lê en giggel in haar kis.

Die kerk is nie eens halfpad vol nie. Twintig of dertig van die mense wat haar die meeste gehaat het. Sy het
die potensiaal gehad om hulle almal te red. Maar daai liefde is gebottel en in haar gesig teruggegooi. Mo-
lotov Cocktails soos net ʼn Afrikaner hulle kan meng. Nou lag sy histeries, en die kisdeksel dreig om oop te
swaai.

Elke liewe een van hierdie kloupootbanke was vol die dag toe hulle haar gedoop het. Way back. Ek het die
foto’s gesien. Vet, ronde babatjie in ʼn erfrokkie, met die duim van ʼn Broederbond- dominee wat die Here se
liefde in haar voorkop kerf. Net daar, onder dieselfde koepel waar sy nou lê en wag.

Die nuwe dominee rus sy hand op die hout - om dit toe te hou, en ek kan hoor, in die kis, hoe sy haar asem
ophou.

Sy wag dat hy sy bybel oopknak en haar siel in gebede toedraai, ʼn strikkie van liefde om haar aan ʼn engel
te bind, soos ʼn posduif.
Tannie Lena is ʼn briefie vir die groot iewers daar bo.
Ek is nie seker wat in haar opgeskryf is nie … Woorde wat die potensiaal het om ons dorp van homself te
red.
Ek weet nie.
Maar die volgende keer as die donderweer oor die plaas rol, sal ek opkyk, en ek sal weet dis die Here wat
raas.
Want sy gee Hom hel.

aanpassing
aanpas(sing)
­ ina het ʼn wit broek en ʼn wit hemp aan. Daar is vier wit stoele. Sy sit
N
DEUR
kruisbeen op die een stoel en glimlag breed. Sy hou ʼn wit kussing vas

ilne soos ʼn babatjie terwyl sy saggies sing. ʼn Deur kraak en sy kyk verbaas
op.

fourie Nina: Hallo! Kom in. Seblief kom in. Moenie simpel wees nie man, dis
okay ... ek is alleen hierbinne. Jis dit is lekker om iemand te sien! Kom
maak jouself tuis! Kom binne, kom sit! (Sy spring op die een stoel na die
ander terwyl sy ʼn groot Top Hat op haar kop plak en sing) Willkommen!
And Bienvenue! Welcome ... Fremder, e’tranger, stranger! Glücklich zu
sehen je suis enchante’, Happy to see you! Bleibe, reste, stay! Cabaret?
Nie jou tipe musiek nie? Ek kan vir jou iets anders sing ... Wat van Wel-
come to the Hotel California! Such a lovely place, such a lovely place,
such a lovely face ... Jy is mooi. (Sy kom nader aan die kamera) Ek be-
doel jou gesig. Jy is nogal mooi. Sorry ek is bietjie voor-op-die-wa. En my
musieksmaak suck. Dit is my ma-hulle wat hierdie agter-die-klip-treffers
luister. Behalwe Cabaret. Ek love Cabaret. Ek gaan eendag ʼn sangeres
word weet jy! Ag kom sit nou seblief. Ek sal minder praat – belowe. (Die
kamera beweeg nader aan ʼn stoel en Nina spring op) Nee! Nie daar nie!
Jy kan nie daar sit nie. Ook nie hier. En ook nie hier nie. En ook nie hier
nie. Die sitplekke is almal gevat. Ek bedoel ek hou plek. Sorry, lyk my jy
sal moet staan. Ek sal vir jou my kussing aanbied, maar dit sal net weird
wees as jy jou boude sit op die plek waar ek my gesig indruk. Ek meen
dan kon jy net sowel nou met jou boude in my gesig gestaan het – soos
ʼn agterstevoorom donkie! (Sy bars uit van die lag en balk soos ʼn donkie,
maar stop dadelik) Jammer. Dit is smaakloos. Ek het wel gedink dit is
bietjie snaaks. Maar dit is nie. Ek maak jou ongemaklik nê? Jammer.
Ek ... wag ek weet. Kom ek begin van voor af. (Sy steek haar hand uit)
Ek is Nina. Bly te kenne. Vir wie wag jy? Ek wag vir Angie Motshekga ...
Minister van Onderwys ... sy moes al eergister hier gewees het, maar
ons wag nog steeds. (Sy bars weer uit van die lag) Skies, maar dit was
nogal snaaks. Jy het nie regtig ʼn sin vir humor nie, het jy? So ... hoekom
is jy hier? Wag jy vir die dokter of die nurse of beide? Of is jy net ʼn be-
soeker? Jy moet maar pasop vir hierdie plek hoor. Hulle sê dit is net vir
mal mense. Ek sal nie weet nie, want ek is nie mal nie. Hier was al baie
malles hierbinne. Ek het hulle gesien kom en gaan. Ek het gevoel soos
Steven Spielberg ... (Sy druk ʼn ronde brilletjie op haar neus en praat met
ʼn swaar Amerikaanse aksent) You know ... I don’t really do that much
looking inside me when I’m working on a project. Whatever I am becomes
what that film is. But I change. You change. All of us every single year,
we’re a different person. I don’t think we’re the same person all our lives
... Actors is anyway almal mal. Daarom wil ek ʼn sangeres word.

25
Maar ek is nie mal nie. True’s bob! Jy kan na my papiere kyk. Hier. Kyk. (Sy hou ʼn lêer uit na die kamera)
Die dokter sê ek het angs. En trauma. Ek love die woord trauma – dit klink soos trouman! (Maak die
dokter se stem na) Nina, ons gaan jou vir ʼn rukkie hier hou my bokkie, want jy het trauma ... (Sy ruk die
kussingsloop af en trek dit oor haar kop soos ʼn veil terwyl sy die troumars sing) Tamtamtamtam ... tam-
tamtamtaaam, tamtamtamtamtamtamtamtadadadadam! Is jy getroud? Het jy kinders? Dit is nice. Ons is
twee kinders. Ek en Lukie. Lukie is baie jonger as ek. (Dan haal sy die veil van haar kop af en kyk na die
kussing, sy tel dit liefderyk op en hou dit styf vas) Was. Lukie was baie jonger as ek. Skies, ek moet nog
gewoond raak aan die feit dat hy nie meer daar is. Jammer. Dit is nie vir my lekker om daaroor te praat nie.
Ek onthou ek was so opgewonde toe mamma-hulle vir Lukie huis toe gebring het. Hy was die oulikste ding!
Vet pokkelwangetjies en ʼn sopnat spoegbekkie! Vir die eerste keer was ek ʼn ousus. Ek was die oudste en
die grootste. En ek sou vir Lukie met my lewe oppas. Ek was nie meer alleen nie. Hy was my beste maatjie.
Tot hy my hare begin trek het, die klein klits! (Sy lag) Maar ek het hom selfs dit vergewe. Hy kon my om sy
pinkie draai. Ek sou enige iets vir hom doen, want hy was myne. Ek ... ek sou ... ek moes vir Lukie met my
lewe oppas. (Saggies) En toe mors ek alles op. Ek moes vir Lukie oppas daardie middag. Dit was warm. Ek
wou Netflix kyk, maar Lukie het die heeltyd gekarring dat ons moet gaan swem. Ek het vir hom gesê ek sal
saam met hom gaan swem ná die fliek, maar hy het aangehou en aangehou. Ek het later vir hom gesê:

“Ag Lukie, jy is flippen irriterend! Gaan spring in die see man!”

Hy was woedend en het sy vlerkies van sy arms afgepluk en my met een van die opblaas-eendjie-vlerkies
gegooi ...

“Jy is sommer ʼn poefkop!” Toe storm hy by die TV-kamer uit. Ek het later bietjie sleg gevoel en die fliek was
anyway boring. Ek het opgestaan en my swembroek gaan aantrek.

“Lukie! Lukie ek is jammer! Kom boeta, kom ons gaan swem! Kyk hier is jou vlerkies! Kom Lukie!” Ek kon
hom nêrens kry nie. Hy was net weg.

“Luke! LUKIE! Kom nou uit, jy is nie snaaks nie! Luke!”

Teen die tyd wat ma-hulle by die huis gekom het, het hy al op die bodem gelê. Sy lyfie was blou en koud.
Soos die vissie wat uitgespoel het by Blouwaterbaai. Luke wou met alle mag en krag die vissie huis toe vat
al het ma vir hom verduidelik die vissie is dood.

Lukie is dood. (Sy hou die kussing styf vas) Ek is jammer. Ek ... ek hou nie regtig daarvan om daaroor te
praat nie. Die dokter sê dit is trauma. (Stilte) Maar ek hou van jou. Kom sit hier by my. Jy kan regtig hier by
my kom sit. Kom ... ek sal opskuif. (Die kamera gaan nader asof iemand langs haar gaan sit) Kan ek jou ʼn
geheim vertel? Maar belowe jy sal vir niemand sê nie? Kom nader ... Sjuuut ... Ek wil jou vertel terwyl ons
alleen is.

aanpassing
(Sy fluister in die kamera in, slegs haar mond is sigbaar, closeup) Weet jy wat? Lukie het nie regtig verdrink
nie. Hy het die hele middag gehuil omdat hy wou gaan swem. Ek wou net alleen wees. Ek wou die fliek
kyk, maar hy het gehuil en gehuil en gehuil. (Fluister weer) Toe druk ek my kussing oor sy gesig tot hy op-
hou huil het. Ek het hom in die swembad gaan sit en gekyk hoe hy sink. Soos ʼn nat blink vissie. (Sy giggel)
Soos Finding Nemo. Finding Lukie. Yes, yes, I am your conscience – we haven’t spoken for a while ... How
are you? Meh. Can’t complain.

Jy moet maar pasop vir hierdie plek hoor? Hulle sê dit is net vir mal mense. Ek sal nie weet nie, want ek
is nie mal nie. Ek het net trauma. (Sy spring skielik op) Jy kan nie daar sit nie. Ook nie hier. En ook nie
hier nie. En ook nie hier nie. Die sitplekke is almal gevat. Ek bedoel ek hou plek. Sorry, lyk my jy sal moet
staan. Los my nou uit, ek wil alleen wees. (Sy sit die Top Hat weer op haar kop, dan draai sy haar rug op
die kamera en sing saggies, sy is in haar eie wêreld) Willkommen! And Bienvenue! Welcome ... Fremder,
e’tranger, stranger! Welcome to the Hotel California! Such a lovely place, such a lovely place, such a lovely
face ... (Die deur kraak en Nina draai om, sy glimlag breed)

Hallo! Kom in. Seblief kom in. Moenie simpel wees nie man, dis okay ... ek is alleen hierbinne.

(Kamera doof uit)

27
aanpassing
dag een is bete
Shania: Nee, ek moet vir jóú dankie sê. Vandag was absoluut
DEUR
fantasties! Kan nie wag vir môre nie! Okay bye-bye. (Fake

danelle smile)

jacobs (Laat val smile) Vandag was die aakligste dag van my lewe. Sewe ure
van my dag deurgebring met mense wat ek skaars ken. Maak nie saak
wie wat sê nie, die eerste dag by ‘n nuwe skool is ka… (onderbreek haar-
self)... kan beter wees as wat mense sê dit is.

Die punt is ek haat dit hier. Nuwe dorp, nuwe huis, nuwe skool, nuwe pa...
(Mismoedig) Moet my nie verkeerd verstaan nie, Pieter is lieflik en hy
maak my ma gelukkig, maar hy is net nie my pa nie, verstaan?

Skool. Kom ek begin net daar. Die binnekant van my klaskamer is defini-
tief die vier mure van hel, want my klasmaats dryf my reeds weg van die
goue poorte van die Hemel. Die meisies het hul koppe so diep in ‘n woord
wat ek eerder nie wil sê nie, dat ek verbaas is dat hulle wel nog daglig
sien. Die seuns is... seuns.

Ons is blykbaar al drie dae agter met werk. Raai watter vak? Jy is reg,
Wiskunde. Vind vir x. (Sarkasties) Nee Juffrou, vind ‘n manier vir my om
uit hierdie klas te kom, voor ek my bietjies bietjies beka... (onderbreek
haarself)... vererg. Dis wat ek wou sê.

En nee, ek oordryf nie. Ek bedoel, meeste van die tyd oordryf ek, maar nie
hierdie keer nie. Die skool ís so erg soos wat ek dit maak, indien nie erger
nie. Ek het vandag vier keer verdwaal en daar was nie eens ‘n oulike seun
wat my gehelp het na my klasse toe nie en nee, dit gebeur nie net in flieks
nie. Dis hoe my vriendin, Maddie, en haar ou, Willem, laasjaar ontmoet
het. Ek verlang so baie na hulle, maar ja, my ma het ‘n hoofpos by die
hospitaal gekry. So, dis hoera vir my en Pieter. (Sarkasties)

Dit sal nie eens help ek wil môre siek speel nie, want my ma is met ‘n
koorspen in die hand gebore. Dag twee is altyd beter as dag een, né? Né?
(Sug) Wat help dit ek probeer myself oortuig?

Nee, Tannie, sy kom eers vyfuur huis toe. Ja, Tannie, ek sal vir Flaffie va-
naand binne die huis hou. Nee, dis okay, Tannie. Alles reg, Tannie. Lekker
dag, Tannie.

29
er as dag twee
Tannie, tannie, tannie. Tannie is my buurvrou en as sy so aangaan word haar man binnekort ‘n wewenaar.
Vind om elke hoek en draai fout met alles, ek sal haar bietjie wys watter vuil maniere ek werklik het. Wel,
miskien nie, dit lyk nogal asof sy ‘n windbuks besit. (Skrikkerig)

Maar dis nou my nuwe lewe. ‘n Skool vol... interessante karakters. Onder een dak met Dokter “Ek weet als”
en Meneer “Pappa 2.0” en hoe kon ek vergeet van Lucifer haarself wat my buurvrou is. Dis my pakkie die.
Alles aanpasssings waarby ek moet inval. Hoe fo... (onderbreek haarself, dink bietjie, fake smile)... flippen
lekker moet dit nou net nie wees nie?

So ja... is dag twee werklik beter as dag een?

aanpassing
rooi-lip stompi
Karel, ʼn 16-jarige diep siel, is op pad om sy eerste sigaret te rook …
DEUR
saam met sy Ouma Ruby wat hy ‘Mo-mo’ gedoop het, want dit klink cool

Anél en sý ís cool. Karel is gewild onder sy vriende, ʼn leier, kranige sportman,


maar ook ʼn partytjiedier! Sy ouers en afrigters baklei gereeld met hom
oor sy partytjie-gewoontes en streke. Al wie hom regtig verstaan en soms

Wood stook in sy kwaad, is sy Ouma. Hulle is soos twee beste vriende en by


haar kan hy homself wees. Maar vandag se afspraak met Mo-mo is nie
so stout en jolig soos gewoonlik nie, want Karel se foute hang oor hom
soos ʼn swaar wolk. Sy talente en ambisies opsy gesit, omsingel deur sy
foute, sy ma se verwyte en reuke van sy Mo-mo, probeer hy vrede vind
en vrede maak met alles en dalk met homself.

Karel skink ʼn glasie gemmerbier vir hom en sy ouma.

Dankie dat Mo-mo my kom haal het nou die aand. Sorry ek’t Mo-mo wak-
ker gebel … ek was bang as ek my ma bel sou sy weer haar kop verloor
as sy drank op my asem ruik.

Chill, hierdie is Gemmerbier. Onthou Mo-mo toe ek klein was, Mo-mo het
altyd vir my Appletizer geskink en gesê ek kan my verbeel dis regte bier
… maar dit WAS regte bier!

Ek weet nie of ek dink dis siek of cool nie. Ek meen as ek moes vingers
wys, kon ek sê Mo-mo is 100% verantwoordelik vir die partytjiedier in my.
Toemaar, daai dae is verby. So ook my krieketdae … o-ja en ek dink nie
ek mag ooit weer glimlag nie − net vir ingeval mense dink ek vergeet my
foute.

Maar ek’t nie vergeet van my en Mo-mo se afsprakie nie. Mo-mo sou
my vandag leer rook. Dis my 16de verjaarsdag! Moenie maak of Mo-mo
vergeet het nie. (Sit rooi lipstick aan) Wat? Dis mos Mo-mo se rooi-lip
stompies - nie myne nie!

Ma’t haar gelukwense gewhatsapp uit haar kamer uit. Nie eers een emoji
nie. Jip, sy’s nog steeds daarbinne.

(Maak die pakkie oop) Net een? Ag nee, hoe beplan Mo-mo? Sal ons
hom split? Ander kinders se Oumas gee vir hulle koekies in plaas van
bier. Ander oumas ruik na parfuum in plaas van rook.

(Sit die sigaret in die mond. Besef dis Mo-mo se laaste sigaret en haal
weer uit die mond) Ek kan seker nie elke keer rook as ek Mo-mo mis nie.

31
ies
Dankie dat Mo-mo my sou kom haal. Ek’s jammer ek’t gebel. Ek moes nie uitslip nie … en Mo-mo moes nie
met daai blerrie dik pantoffels bestuur het nie … veral nie ná ‘n doos wyn nie.

Ek bêre hom … dan het ons altyd nog ‘n afspraak.

(Sit Mo-mo se as op die tafel en plaas die sigaret daarop. Dis nou vir die eerste maal onthul dat Ouma
dood is. Karel vee die trane af en stap weg. Die as met die sigaret en rooi lippe bly agter.)

omsingel
plonks! (Op die verhoog staan ʼn enkele tafel. Die hele verhoog is gehul in blou
DEUR
lig. Die aktrise lê op die tafel, op haar rug. Sy is geklee in ʼn swart Spee-

Ilne do swembroek, duikbrille en ʼn swemkeps. Klankbaan – water wat klots,


onderwater-geluide, white noise asof sy onder water is)

Fourie Gita – Het jy al ooit gevoel of jy vlieg? Of jy geruisloos en stil deur die lug
dryf ... gewigloos, geen swaartekrag, net dryf ... soos ʼn stukkie seewier
wat heen en weer, heen en weer wieg in ʼn eindelose watermassa, naam-
loos, wegdryf, doelloos, weg – net wees. Wanneer jy onder water swem
is dit die naaste wat jy kom aan vlieg, weet jy ... Jy strek jou arms oop
soos Albatros-vlerke, jy flap nie, jy sweef ... jou ore slaan toe, jou neus en
sinusholtes blaas borrels soos ʼn kleuter, jou hart klop doef-doef doef-doef
in jou kop, in jou mond, in jou ore, jy leef ... jy leef ... en jy vlieg.
(Sy kom regop en trek haar asem diep in asof sy sopas deur die opper-
vlakte gebreek het, sy haal haar duikbrille af en swaai haar bene gemak-
lik heen en weer terwyl sy op die tafel sit)

Ek was nog altyd goed in swem. Ma sê sy het al van kleins af gesien ek


gaan ʼn swemmer word. En ek is. Ek is regtig goed. (Glimlag skaam)
Wat kan ek sê? Ek het pa se skouers gekry. (Sy spring op en sit haar
duikbril op haar oë) Vlinderslag. Vlinderslag is nogal tricky ... wag, kom
ek wys jou! (Sy buig vorentoe asof sy gaan induik) ʼn Mens swem eintlik
op jou bors. (Demonstrasie) Dan kom die arms en die classic vlinder of
dolfynskop by. Dit is ʼn kontrabeweging wanneer die arms op ʼn sekere
tyd bokant die water uitgelig word en die sogenaamde “armdeurhaal” in
die rigting van die heupe verleng word terwyl die bors-beenslag steeds
uitgevoer word. (Stop vir ʼn oomblik en kyk na die kamera) Is jy nog by?
Ek weet, dit is nogal complicated. Of dalk is dit boring? Nevermind. Dit
is anyway nie vir almal interessant nie. (Sy spring weer regop) Vlinder-
slag vereis sterk spiere, goeie tegniek en ondervinding. (Sy draai om en
bult haar rug/skouerspiere) Toe ek my eerste 0/8 kompetisie gewen het,
was ma hooked.

My Skoenlappertjie, het sy my genoem. Sy het my dadelik ingeskryf by


Coach John Meecker. ʼn Beneukte Engelse oom wat 100 jaar terug pro-
fessioneel vir Kanada geswem het. (Sag) Net die beste vir ons skoen-
lappertjie ... Coach John was cool. Hy het altyd geruik soos sonbrand-
room en chloor, maar hy was deksels kwaai. Hy het net gesmile as jy ʼn
goue medalje om jou nek gehad het. Hy het geen simpatie gehad nie.
Nie eers vir ʼn 8-jarige dogtertjie wat agtuur in die oggend klappertand
staan en bibber op die rand van die swembad nie.

“Coach, die water is baie koud. Sal my hart nie gaan staan nie? Wat as
ek verdrink?”

33
“If you want to make it as a professional swimmer Gita, you will have to work bloody hard. You have the
potensial, but I am not going to kiss your arse like your mommy. If you want me to coach you, you will have
to do as I say, otherwise you can go and splash in your pool at home. I don’t have time for amateurs. I
raise stars ... Now get in, or go home.”

Dit is nou tien jaar later en sy speech is nog steeds dieselfde. Al verskil is ek swem nou vieruur in die
oggende, want ek is in Gr. 12 en ek moet in die middae en aande leer. Ek ... (Sag) Ek kan nie onthou
wanneer laas ek geswem het omdat dit actually vir my lekker is nie. Ek is moeg. Ek is moeg vir die koue
water wat my keel en my neus toedruk, ek is moeg vir my breë skouers wat al hoe breër word na elke
seisoen, ek is moeg vir die seuns se aanmerkings, my brastraps wat al hoe wyer gestel moet word, my
matriekafskeidrok met ʼn toegerygde rug en dik bande, want sjoe sussie, daai dun strappies gaan jou rug
net nog groter laat lyk ... kom ons maak jou liewer bietjie toe ...” Ek is moeg vir die smaak en die reuk van
chloor. Ek is moeg vir my grasserige droë hare en skubberige vel. Ek is moeg vir die tydhouers in hulle
wit doodsklere wat soos aasvoëls om die swembad hang, ek is moeg om elke sekonde op die stophorlosie
te jaag en nooit vinnig genoeg te wees nie. Ek is moeg geswem, mamma. My vlerke is moeg. Ek wil see
toe gaan. Ek wil tussen die branders en dolfyne swem en roomys eet en voel hoe die son my vel bruin
verkleur. Ek wil op ʼn warmgebakte handdoek lê, wat nie taai en grof is van chloorwater nie. Ek wil swem
as dit actually warm is en die son skyn. Ek is moeg, mamma. Ek is moeg.

(Skielik kom sy regop tesame met die klankbaan van stemme op paviljoene, kinders wat sing en hande
klap, ʼn afsit-geweerskoot, water wat spat. Sy staan regop en sit haar duikbrille op haar kop en trek haar
swempet reg. Sy skud haar bene los en staan op die tafel)

VOICEOVER: Stilte vir die afsitter ... On your marks ... (geweerskoot klap, sy duik in, die kinders op die pa-
viljoen skreeu en klap hande – en dan raak alles stil, onderwater-geluide weer hoorbaar ... Die aktrise gaan
lê op haar rug op die tafel, haal haar bril en swempet af, skud haar hare los en laat haar kop agteroor hang)

Gita: Wanneer jy onder water swem is dit die naaste wat jy kom aan vlieg, weet jy ... geruisloos, stil, dryf
deur die lug ... gewigloos, geen swaartekrag, net dryf ... soos ʼn skoenlapper met gekneusde vlerkte wat
stadig verdrink en dobber, naamloos wegdryf, doelloos, weg – net wees.

potensiaal
legio [Susan sit op ʼn stoel en tuur, haar gedagtes is op ʼn ander plek. Haar
DEUR
fokus verskuif na die kamera.]

lisa Müller “Legio”. Dit was Simon se gunstelingwoord. “Eindeloos”. Nogal ironies,
né?

kukard [Praat met Simon asof hy daar is. Die kamera stel Simon voor.] Wel, Si-
mon, laat ek dan jou eie woorde gebruik: Ek is legio moeg, legio hartseer,
legio kwaad. Legio vasgevang. Dis jý Simon. Jy is legio … in my
gedagtes.

[Pouse.] Dis mooi né? “Legio”. Maar dit pas nie regtig in nie. Amper soos
jy, Simon. Nee, ek grap. Jy was nie mooi nie. Nie in die sin van hoe
mense ‘mooi’ sien nie. Jy was kuns … in every fibre of your being. [Korr-
igeer haarself.] Die Engels sou jou gepla het. Laat ek herfraseer: Jy was
kuns … in elke molekule van jou menswees. [Besef hoe mooi die sin in
Afrikaans klink.] Dit ís mooi. [Pouse.] Die enigste een wat my ooit werklik
geken het. Jy het gedink ék was kuns …

En dis hoekom ek legio hartseer is, Simon. Jy het my gelos. Gelos terwyl
ons légio potensiaal gehad het om ʼn asemrowende, unieke lewe te hê.
Weg van die samelewing en al hulle standaarde … soos ons beplan het.

Simon, kon ons nie wonderlik wees nie? Wou jy nie wonderlik wees nie?

Nou sit ek hier en skryf ʼn liefdesbrief vir die wind. [Pouse. Susan dink vir
ʼn rukkie. Haar gedagtes is ver weg.] Terwyl hulle leef, sterf ek Simon …
Jy het ook, ek weet. En jy het besluit om te gaan op ʼn manier wat net ʼn
digter sou. [Dit is vir haar moeilik om die gebeure te herleef, maar sy laat
haar emosies toe om haar te omvou.] Die soutwater wat stadig jou longe
vul. Die gewiglose ronddryf in die oneindige (legio) oseaan. Jou lyk lê uit-
gespoel in wier en gras … op al die plekke waar jy nog nooit was …

Ek wonder soms of jy tóé aan my gedink het. [Raak effe emosioneel,


maar probeer om dit te onderdruk.] Jou tone, op die grens van die
oseaan, jou hart wakker, die herfswind wat jou hare deurmekaar waai en
ʼn hartseer glimlag wat oor jou lippe hardloop. Terwyl jy dink aan die enig-
ste een wat jou ooit werklik geken het …

En ek verstaan. Ek verstaan hoekom jy dit gedoen het, maar ek kan dit


nie aanvaar nie.

35
[Lang pouse.] Jy weet, ek sien jou in die oneindige skakerings van die Oktober sekelmaan. Ek sien jou in
die reëndruppels wat elke nou en dan oor my wange kom dans … ek sien jou in die glimlagte van kinders,
vry en vol drome. Ek sien jou in die metafore van digters … in die kaalvoetspore op die sand … en al
hierdie dinge is legio.

Soos jy, Simon.

potensiaal
spieëltjie spieë
Spieëltjie spieëltjie teen die muur, wat is fout met die figuur?
DEUR

talia Ek dink dis my neus, dalk my wenkbroue, my lippe? Ek het dit, dis my
boobs. Ja dis beslis my boobs. My boobs is die rede hoekom ek nie op
die leerderraad is nie. My boobs is te groot. Hulle soek nie ʼn dogter wie

roux se tieties die skoolhoof se aandag gaan aflei tydens vergaderings nie. Ja
dit moet dit wees. Daar is nie regtig ʼn ander rede hoekom ek nie ʼn prefek
is nie. Dis my boobs. Miskien nie. Ek dink Marita het groter lemoene as
ek en sy is ʼn prefek. Nevermind, kom ons probeer weer. Daar moet ʼn an-
der rede wees hoekom ek nie goed genoeg is nie.

Spieëtjie spieëltjie teen die muur wat is fout met die figuur?

My hare is redelik orraait. My bo-bene. Hulle lyk soos boomstompe. My


bo-bene is die rede hoekom ek nie Mej Parel Vallei gewen het nie. My
bo-bene is net te dik. Die skool kan nie deal met al hierdie vet nie. Dit
lyk nie goed op hulle Instagram page nie. Jy weet, dis elke jaar dieselfde
storie. “Dit gaan nie meer oor jou lyf en looks nie, van nou af gaan dit
oor jou persoonlikheid en omgee-hartjie.” Ag kak man. Hoekom het die
brandmaer blonde, blouoog slet dan weer gewen? Dis okay, sy is actually
ʼn baie nice mens. Maar ek het nie gewen nie want my bo-bene is te dik.
Hou op lieg vir jouself.

Spieëltjie spieëltjie teen die muur wat is fout met die figuur?

Wel, ek dink dis my persoonlikheid wat almal afsit. My lag sit mense af.
Ek het geen filter nie, ek is te sarkasties, bietjie van ʼn control freak en ek
wil dit nie erken nie, maar ek is nogal needy. Partykeer huil ek te veel. Dis
hoekom Johan jou gelos het Talia. Jy is te fokken emosioneel. Dit was
nie eers ʼn oproep nie, nee net ‘n klein Whatsappie “Liefie, ek dink nie
meer dinge werk nie, jy is net te emosioneel onstabiel op die oomblik en
ek soek ander dinge.” Wel my fok Johan, my pa is elke ander dag in die
hospitaal en jy wil hê ek moet emosioneel stabiel wees. Dis okay. Eers wil
die leerderraad my nie hê nie, dan verloor ek Mej Parel Vallei en dan is ek
ook nie goed genoeg vir jou nie Johan. Ten minste het jy van my boobs
gehou. Hoekom kon ek nie net genoeg wees vir jou nie Johan?

Spieëltjie Spieëltjie teen die muur wat is fout met die figuur?

Te veel. Niks van my is goed genoeg nie. Ek is nooit die een vir wie die
ouens val nie. Ek is nooit die een wat gekies word vir hoofrolle nie. Ek is
nooit die een wat dit maak tot op die leerderraad nie en ek is nooit in die
Top 10 nie. En ek probeer, ek probeer so fokken hard om net genoeg te
wees, maar genoeg is nooit goed genoeg nie. Dalk as ek net harder leer,

37
ëltjie
of dalk nog ʼn paar kilogram verloor sal ek genoeg wees. Ek is so moeg daarvoor om nie genoeg te wees
nie. En my ma sê altyd ek is goed genoeg in haar oë, maar wat van my oë mamma, wat van my oë.

Spieëltjie Spieëltjie teen die muur wat is fout met die figuur?

Alles.

potensiaal

You might also like