Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 31

Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.

notebook 2024

Eenheid 2
Selle: Basiese eenhede van lewe

• Mikroskope
• Selstruktuur (bou en funksie)

1
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Selle: Basiese eenhede van lewe Datum

Die selteorie
Geformuleer deur Theodor Schwann, Matthias Schleiden en
Rudolf Virchow.

Selteorie:
1. Alle lewende organismes bestaan uit een/meer selle.
2. Selle is die basiese boustene (struktureel en funksioneel) van
lewe.
3. Alle selle ontstaan uit bestaande selle deur seldeling.

Moderne selteorie:
4. Daar is energievloei binne selle
5. Oorerflikheidsinligting (DNA) word van sel tot sel oorgedra
deur seldeling.
6. Alle selle het dieselfde basiese samestelling en metaboliese
aktiwiteite.

2
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Die Mikroskoop (bl. 14)

Ken byskrifte en funksies

3
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Selstruktuur, bou en funksie Datum

Sel = kleinste strukturele en funksionele eenheid van alle


lewende organismes.

Bestaan meestal uit: koolhidrate, proteïene, lipiede, nukleïensure


en water.

Beide plantselle + dierselle het selkern, sitoplasma en


selmembraan.

Sel met nukleus: Eukariotiese sel


Sel sonder nukleus: Prokariotiese sel

Selle verskil van mekaar (vorm, grootte, struktuur) om spesifieke


funksies te verrig
= differensiasie.

Selle raak gespesialiseerd om 'n bepaalde funksie te verrig


= spesialisasie
Bv. ­ spierselle (trek saam en ontspan)
­ senuweeselle (gelei impulse)
­ klier selle (sekresie)

Sel hoofkomponente

Selwand Selmembraan Protoplasma


(nie­lewend) (lewend)

Sitoplasma Nukleoplasma
(organelle) (in nukleus)

Organel: membraanbegrensde struktuur wat in die sitoplasma van die sel


voorkom en 'n spesifieke funksie verrig.

4
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

1. Selwand Bl. 18

Primêre selwand Middellamel Sekondêre selwand


• Sellulose­vesels • Pektien: • Sellulose­vesels en
(rek soos sel groei) (oplosbare jellieagtige Lignien
polisakkaried) Organiese stof wat sellulose­
• Alle plantselle vesels in houtagtige weefsels
• Buite primêre selwand aan mekaar bind om
• Dun, net buite membraan selwande te verdik en te
• Heg aangrensende verstrek.
• Stippels: klein openinge plantselle se selwande
• Ontwikkel in ouer selle
• Plasmodesmata:
sitoplasmastringe • Onrekbaar
(vergemaklik groei +
kommunikasie van selle) • Plasmodesmata en stippel

Selwand = deurlaatbaar

Bou van selwand by ouer sel

Funksies van selwand:


Ondersteuningstruktuur wat:
1. Omsluit die lewende inhoud van die sel.
2. Beskerm die inhoud van die sel.
3. Stewigheid aan die plantsel verleen om sy struktuur/vorm te
behou

5
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Oefeninge:

Vraag 12 bl. 50
Vraag 21 bl. 52
Vraag 23 bl. 52
Snelvuurvrae Eenheid 1

6
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

2. Sitoplasma Bl. 19

Jellieagtige, vloeibare matriks


Saamgestel uit: Organelle
Gesuspendeerde insluitsels

Funksies:

1. Waar alle metaboliese prosesse plaasvind

2. Siklose: sirkulering van stowwe

3. Bergplek van lewensbelangrike stowwe bv. vetdruppels

4. Help om vorm van sel te behou.

7
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

8
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

3. Nukleus Bl. 22

Nukleoporie
Chromatiennetwerk
Nukleolus
Nukleoplasma

Dubbele nukleus membraan

Terminologie:

Selkern = Nukleus
Kernplasma = Nukleoplasma
Kernliggaampie = Nukleolus
Kernmembraan = Nukleus membraan
Kernporie = Nukleuporie

Teken:

Funksies van die nukleus:

1. Beheer al die selaktiwiteite


2. Chromosome dra erflikheidseienskappe vanaf sel tot sel
3. Nukleolus produseer ribosome vir proteïensintese

9
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

1. Teken die Mitochondria (2D)


2. Vergelyk die strukturele eienskappe van 'n nukleus met
'n mitochondria (tabel of paragraaf vorm)
3. Werk deur mitochondria, ribosome, ER en Golgi­
apparaat (opsom in skrif of highlight in handboek).

10
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Oefeninge:

Snelvuurvrae Eenheid 2 vraag 1­25 bl. 65

11
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

4. Mitochondria Bl. 22

Mitochondria vs mitochondrium/s

Vorm: Silinder/boontjievormig

Teken:

Funksie:
1. Selrespirasie ­ Energie word in die teenwoordigheid
van suurstof uit koolhidrate bv. glukose vrygestel.

Energie vorm deel van ATP (adenosientrifosfaat)


= energiedraer in selle.

12
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Vergelyk die struktuur van 'n nukleus met die


struktuur van 'n mitochondrium

Nukleus Mitochondrium

Vorm Ronde/ovaal vormig Silinder/boontjie vormig

Dubbele membraan: buitenste gladde


Membraan Dubbele membraan met nukleoporieë membraan en binneste gevoude
membraan

Vloeistof Nukleoplasma Halfvloeibare matriks

Funksie (Drie funksies) Proses van selrespirasie

DNA Nukleêre DNA en RNA Mitochondriale DNA

13
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

5. Ribosome Bl. 23

Vorm: klein, bolvormig

Plek van voorkoms: Plant­ en dierselle

vrydrywende
groepies in die
sitoplasma

Bestaan uit:

Funksie = proteïensintese

14
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

6. Endoplasmiese retikulum (ER) Bl. 23

• Fyn membraannetwerk.
• Waar: Plant­ en dierselle.
• Vorm: aaneenlopende stelsel van kanaaltjies deur die sitoplasma.
• Verbind aan die selmembraan en nukleus membraan.

2 Tipes: 2. Gladde ER
1. Growwe ER

Funksies:

1. Vervoer stowwe deur die sitoplasma


2. Vergroot inwendige seloppervlak
3. Gladde ER: verwerking, verpakking, vervoer van lipiede
4. Growwe ER: proteïensintese

Teken:

Struktuur van die growwe ER Struktuur van die gladde ER

15
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

7. Golgi­apparaat Bl. 23

• Struktuur: sisternums = stapels, hol, plat, parallele


membraansakkies.

• Waar: plant­ en dierselle naby nukleus.

• Volop in selle met 'n afskeidingsfunksie.

Funksie:
1. Vervaardig + prosesseer afskeidings soos mukus en
speeksel.
2. Berei proteïene voor vir vervoer na ander dele van sel.

Teken:
Struktuur van die Golgi­apparaat

16
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

8. Vakuool Bl. 24

• Vloeistofgevulde ruimtes in sitoplasma


• Struktuur:
» Tonoplast = selektief deurlaatbare membraan
» Selsap = water en opgeloste stowwe

• Plantselle: groot, opvallend, permanent


• Dierselle: klein/afwesig

Funksies:
1. Turgordruk: gee stewigheid aan plantselle
2. Antosianiene: pigmente. Gee blou/violet/pers kleur aan
blomme en vrugte.

Tipes vakuole

Kontraktiele/
sametrekbare Voedselvakuole /
Blasies Lisosome
vakuole fagosoom
Slegs by dierselle
By 1 sellige diere Eenvoudige diere Klein vakuole

Klein vakuole gevul


Rol in osmoregulering Rol in vertering en Rol om stowwe vanaf met verteringsensieme
­ reguleer waterbalans berging van voedsel Golgi­apparaat na
in sel ander dele binne en Rol in voedselvertering
by 1sellige diere bv.
buite sel te vervoer. amoeba.

Versmelt met fagosome


en stel ensieme vry wat
die voedsel verteer.

17
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

9. Plastiede Bl. 23

• Slegs plantselle
• Drie tipes: chloroplaste, chromoplaste, leukoplaste

9.1 Chloroplaste
• Ovaalvormige plastiede
• Waar: fotosinterende dele van plante nl. blare

Vloeibare matriks
Bevat:
• Ensieme
• Styselkorrels
• Oliedruppels
• Ribosome
Skyfvormige membrane
Stroma met chlorofil in
Tilakoïede
Buitenste
membraan

Dubbele membraan
Granum/Grana Stapel tilakoïede

Binneste
membraan Intergranale lamella

Verbind 2 grana

Funksies:
1. Proses van fotosintese
> Energieryke koolhidrate word opgebou
> Chlorofil vang stralingsenergie vas
> H2O + CO2 benodig en O2 neweproduk

Teken:

Struktuur van 'n chloroplast

18
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

9.2 Chromoplaste Bl. 24

• Plastiede in geel, oranje en rooi blomme, blare, vrugte

• Kleurstof: karotenoïede

• Chloroplaste verander in chromoplaste as vrugte ryp word of


as herfsblare verkleur.

Funksie:
1. Gee die geel, oranje, en rooi kleur aan blomme, blare en
vrugte.

9.3 Leukoplaste

• Kleurlose plastiede

• In selle wat voedsel in onoplosbare vorm berg

Funksie:
1. Raak gespesialiseerd om voedsel in die vorm van stysel,
proteïene en lipiede te berg.

ORGANEL PIGMENT KLEUR PLEK

Groen dele
Chloroplaste chlorofil groen
van plante
Plastiede

Chromoplaste karotenoïede geel/oranje/rooi Blare, blomme,


vrugte

In selle wat voedsel


Leukoplaste ­ kleurloos (lipiede, stysel,
proteïene) stoor

Vakuool antosianiene blou/pers/violet Blomme en vrugte

19
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Membraan en vloeistof van verskillende organelle

Sel Vakuool Nukleus Mitochondria Chloroplaste


Dubbele Dubbele gladde
Selmembraan Tonoplast Nukleus membraan
membraan: membraan
met nukleoporie
Buitenste gladde
Sitoplasma Selsap membraan
Stroma
Nukleoplasma Binneste gevoude
membraan

Matriks

20
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

10. Sentrosoom Bl. 25

• Dierselle naby nukleus


• 2 silindervormige struktuurjies: sentriole (90 hoek)
• Elke sentriool bestaan uit 9 fibrille wat elk uit 3 mikrotubules
(buisvormige struktuurtjies) bestaan.

Funksie:
Dierselle: rol in spoelvorming tydens seldeling

21
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Verskille tussen plant­ en dierselle bl. 25 Datum

Plantselle Dierselle
Selwand aanwesig Selwand ontbreek

Plastiede aanwesig Plastiede ontbreek

Groot vakuole aanwesig Vakuole klein of afwesig

Lisosome ontbreek Lisosome aanwesig

Sentrosoom ontbreek Sentrosoom aanwesig

Vaste vorm Onreëlmatige vorm

Teken plantsel en diersel soos in toets

22
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Huiswerk
Vraag 10 en 11 bl. 57
Vraag 6, 7, 8 bl. 56, 57

23
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

11. Selmembraan Bl. 19

Selmembraan = baaaaie dun + elasties


= buitenste lewende grens van sitoplasma
Dierselle = omsluit + beskerm selinhoud.

Drywende Mosaïekmodel
EIENSKAPPE:

1. Dubbele laag fosfolipiedmolekules

Kop: fosfaatgroep: wys na buite: hidrofilies

Stert: 2 vetsure: wys na binne: hidrofobies

2. Proteïenmolekules ingebed in fosfolipiedlae

Sommige proteïene regdeur altwee lae (net sekere ione)

Proteïenkanaal

Sommige proteïene aan buitekant


Draerproteïene
Water­oplosbare molekules
(glukose, aminosure, soute,
nukleïensure)

3. Nie staties: fosfolipiede en proteïene kan rondbeweeg


(drywende Mosaïekmodel)

4. Dubbellaag fosfolipiedes = ondeurlaatbaar vir H2O­


oplosbare molekules.
Bv. Glukose, aminosure, soute, nukleïensure

5. H2O­oplosbare molekules beweeg dmv draerproteïen:


bind aan een kant en dra na ander kant.

Buitenste ekstrasellulêre
vloeistof
Koolhidraat

Proteïenkanaal
Glikoproteïen
Dubbele fosfolipiedlaag

Hidrofiliese
fosfaatgroep

Hidrofobiese
vetsuurstert

Proteïen
Binneste intrasellulêre
vloeistof / sitoplasma

Funksie van selmembraan:


• Selektief / differensieel deurlaatbaar en beheer die
beweging van stowwe in en uit die sel.

Beweging oor membrane:


1. Diffusie Geen energie nodig
2. Osmose
3. Aktiewe vervoer Energie (ATP) nodig

24
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

1. Diffusie

Definisie: Die onwillekeurige beweging van


molekules van 'n vloeistof of gas,
vanaf 'n gebied met 'n hoë konsentrasie
na 'n gebied met 'n lae konsentrasie
totdat ewewig bereik is.

Ko
nse
ntr
asi
egra
diën
t

Beweging in rigting van konsentrasiegradiënt


= passiewe vervoer
(geen energie benodig nie)

25
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

2. Osmose

Definisie: die beweging van watermolekules


vanaf 'n gebied met 'n hoë waterpotensiaal
na 'n gebied met 'n lae waterpotensiaal
deur 'n selektief deurlaatbare membraan,
totdat ewewig bereik is.

Wa
ter
pot
ens
iaal
gra
dië
nt

Waterpotensiaal: vermoë van 'n oplossing om water vry te


stel OF
maatstaf van die potensiaal van water om
te beweeg

LW: suiwer (gedistileerde) water besit die hoogste waterpotensiaal.

26
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

3. Aktiewe vervoer

gas
Diffusie + Osmose water
vloeistof

PASSIEWE VERVOER
Hoë [ ] Lae [ ]
Met

Konsentrasiegradiënt

Teen

AKTIEWE VERVOER

ATP (energie) benodig

27
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Diffusie Osmose Aktiewe vervoer

Energie? Passiewe vervoer Passiewe vervoer ATP

Molekules Gas en vloeistof Water Gas en vloeistof


Rigting van
Hoë [ ] na lae [ ] Hoë na lae Lae [ ] na hoë [ ]
beweging
Term Konsentrasiegradiënt Waterpotensiaalgradiënt Konsentrasiegradiënt

28
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Eenheid 2 Oefeninge:

• Snelvuurvrae bl. 65 vraag 1­50


• Vraag 6 bl. 56
• Vraag 7 bl. 56
• Vraag 8 bl. 57

29
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

Video's wat help:

Selmembrane
https://www.youtube.com/watch?v=qBCVVszQQNs

Vervoer oor selmembrane


https://www.youtube.com/watch?v=Ptmlvtei8hw

Diffusie
https://www.youtube.com/watch?v=jhszFBtBPoI

Osmose
https://www.youtube.com/watch?v=L­osEc07vMs

30
Selle as basiese eenhede van lewe Eenheid 2.notebook 2024

31

You might also like