Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 24

oving very rowth pportunity

APSO/Securitas
N
IVAA TS KO
P Sportweek LE
R
3-6 MEI 2023
Met trots
aangebied deur
2

I.N.H.O.U.D
Voorwoord .........................................................................3
Toegang ..............................................................................4
Deelnemende skole .......................................................5
WBPS-skakelpersone ....................................................6
Dagprogram ......................................................................7
PayPulse ......................................................................8
Openingseremonie .......................................................9
Kleingoed vermaak & verversings .........................10
Terreinkaart ........................................................................11
Programinformasie ...............................................14
Digitale programme .........................................................15
Mnr & Mej Privaatskole ..............................................21
Hoofleiersfunksie .....................................................22
Sentrum apteek ............................................................23

@myzonenamibia

@myzone_nmh

@nmhmyzone

zone.my.na

Scan for programme oneuptwo.com


and content
3

Voorwoord: Wouter Niehaus


Mense en instansies het oor die afgelope 28 jaar van NAPSO se bestaan
baie dinge oor NAPSO kwytgeraak, MAAR twee goed wat vriend en
vyand van NAPSO moet erken, is dat ons 100% slaag in ons doel, nl;

GELEENTHEDE van TOPGEHALTE vir ons ledeskole!


BAIE dankie aan WBPS en hul hele skoolgemeenskap dat julle
die “TOPGEHALTE” deel van ons doelstelling weereens vanjaar
nog ‘n trap hoër neem. BAIE dankie aan ons NAPSO-anker-
borge en -vennote, en in besonder aan SECURITAS wat
al vir 18 jaar gekoppel is aan PSN, julle insette maak die
“GELEENTHEDE” deel moontlik. BAIE dankie aan elke skool,
onnie, ouer en leerder wat jaar na jaar vir die afgelope 16
jaar van PSN geen tyd, moeite en uitgawes in die pad laat
staan het om jaarliks saam te kuier as NAPSO-familie nie.
Geniet Walvisbaai se gasvryheid en kom ons LEGO saam
met WBPS – Love Every Growth Opportunity, want
hierdie week is presies dít: nog ‘n geleentheid om te
groei in ons NAPSO-familie.

Wouter Niehaus
NAPSO CEO

Voorwoord: Henjan van der Hyde


Walvisbaai Privaatskool se gemeenskap is baie opgewonde en trots om elke
deelnemer, afrigter, ondersteuner, werker, ouer en ander gaste te verwelkom
by 2023 se fees.
Baie dankie aan al ons ouers, leerders en personeel vir u toegewydheid
en harde werk. Baie dankie aan al die borge en NAPSO se bestuur vir
die geleentheid wat Walvisbaai Privaatskool kry om vir die unieke
geleentheid gasheerskool te kan wees.
Mag 2023 se fees ‘n fees wees waar elkeen wat deelneem dit sal geniet
en dat die ervaring en ondervinding wat hier opgedoen word, aan
elkeen se persoonlike verwagting voldoen.
Geniet Walvisbaai Privaatskool se vriendelike en bedagsame
gemeenskap. Maak vriende sodat ons pragtige herinneringe
bymekaar kan maak wat ons altyd kan koester. Maak die
beste van elke geleentheid.

HAPD van der Hyde


Skoolhoof
4
TOEGANG
1. Toegangsgelde as volg; Woensdag 3 Mei N$40, Don-
derdag 4 Mei N$40, Vrydag 5 Mei N$30 en Saterdag
6 Mei N$20. Toegangsbandjies wat aangekoop word vroeg in die
week sal geldig wees tot die Saterdag.
2. Leerlinge wat deelneem kan gratis ingaan indien hulle in hul skool
se sportdrag of skooldrag inkom.
3. Kinders 10 jaar en jonger ontvang gratis toegang.
4. Geen toeskouer of leerling wat nie ‘n bandjie dra, sal toegelaat word nie
5. Toegang tot buiteparkering sal N$10 per dag beloop. Daar sal perma-
nente sekuriteitsbeamptes na die voertuie omsien.
6. GEEN parkering word op sypaadjies of teen die kant van paaie toegelaat nie.
Die verkeersafdeling gaan streng optree teen persone wat nie op die aange-
duide parkering stop nie.
7. ALLE toegangskaartjies vir persone wat die week ondersteun/bywoon,
sal by die 3 hekke beskikbaar wees soos aangedui.
8. Daar sal ‘n ‘drop and go’ area wees by die sportvelde se hek in Nangolo Mbumba Drive.
Deelnemers in skoolklere/sportklere stap dan in en ander persone
betaal dan vir toegang.

Finansiële sisteem:
1. Alle etes en drinkgoed sal per kaartjie beskikbaar wees.
Daar is 4 kaartjiekantore beskikbaar.
2. Daar sal by die kaartjiekantore “swipe” fasiliteite wees.
3. Daar sal ook ‘n ATM beskikbaar wees.
4. Met Standard Bank as een van ons NAPSO borge, is PAY PULSE
die voorkeur manier waarop aankope gedoen word.
5
Skoolwapens van die 16 deelnemende skole

Privaatskool Tsumeb Edugate Gobabis


Moria Gimnasium Academy Gimnasium

Windhoek Afrikaanse Keetmanshoop Karstveld Christian Private


Privaatskool Privaatskool Akademie School Henties

Laerskool Private School Pro-Ed International


Walvisbaai Swakopmund Akademie School

Privaatskool Walvisbaai Goedehoop Berg-Op


Elnatan Privaatskool Private School Academy
6
SKAKELPERSONE
1. Terreinhoof - Henry Kemp 081 377 3314
2. Inskrywings – Netbal - Salomé Swart 081 823 7428
3. Rugby - JL Grobler 081 569 7212
4. Hokkie - Rohan Slabbert 085 129 0276
5. Kaskarwedren – Herman Grobler 081 311 6857
6. Ingang – Philip van Niekerk 081 259 9794
7. Kleingoed vermaak – Freya Rabie 081 284 8330
8. Snoepies – PTA Bianca Lotriet 081 122 7474
9. Medies – JL Grobler 081 569 7212
10. Foto’s – Chrissie v Dyk 081 804 2669
11. Skaak – Zane Botha 081 128 2583
12. Jukskei – Franklin Fransman 081 771 3560
13. Tennis – Patricia Stadler 081 280 0362
14. Boogskiet – Marlene Venter 081 155 9658
15. Skoolhoofdefunksie – Willie v Zyl 081 148 2676
16. Hoofleierfunksie – Lorato Onesmus 081 260 8498
17. Mnr. & Mej.– Charmaine Nagel 081 222 9232
18. VIP’s en Borge – Henjan vd Hyde 081 348 0338
19. Kaartjieverkope – Deidry de Jager 081 242 8889
20. Openingseremonie – Morney Brendell 081 215 0953
21. Mediese sentrum – Hendrik v Schalkwyk 081 124 1405
7

DAGPROGRAM
DINSDAG 2 Mei 2023
18:00 - 20:00 CEO’s/Hoofde/VIP’s/Borge - Funksie in die personeelkamer van WBPS

WOENSDAG 3 MEI 2023


08:00 – 22:00 Mini/Junior hokkie o/7 - o/14
08:00 - 16:30 Boogskiet op B-Rugbyveld
08:00 - 16:00 Skaak in Tom Swemmer Saal
08:00 - 16:30 Jukskei agter die B-Rugbyveld
08:00 - 16:30 Tennis by Walvisbaai Oval, WBPS en Laerskool Walvisbaai
10:00 - 12:00 Mnr & Mej Privaatskool-deelnemers vergader in tent op A-rugbyveld
16:30 - 18:00 Hoofleiersfunksie in Personeelkamer
18:30 – 22:00 Mnr & Mej Privaatskole in tent op A-rugbyveld

DONDERDAG 4 MEI 2023


07:00 - 11:00 NAPSO-proewe, kaskarwedrenne, hokkiewedstryde
08:00 - 11:00 Mini/Junior rugby & netbal
11:30 - 12:00 Kaskarwedrenne op A-Rugbyveld
12:00 - 12:15 Skole tree aan op B-Rugbyveld
12:15 Openingseremonie begin met optog
14:00 - 22:00 Netbal, rugby en hokkie wedstryde

VRYDAG 5 MEI 2023


08:00-22:00 Netbal, rugby & hokkie

SATERDAG 6 MEI 2023


08:00 – 11:30 Netbal, Rugby & Hokkie by Naartjie Park
12:00 Bekendmaking van NAPSO-Sportspanne
12:30 – 17:00 Finale wedstryde vind plaas
With PayPulse, you can use your phone to pay anyone in
Namibia, for anything, at any time.

How to Register:

1 2 3 4 5 6 7

Visit the Install and Select Enter Mobile Enter the OTP Enter your Receive SMS
App Store or Open PayPulse Register Number You Receive Name, – You Are Now
Google Play Via SMS to Surname and Registered on
Store Confirm Your Email Address PayPulse
Details

How to link Your Card:

1 2 3 4 5
6

Select the Profile Select ID Select Add Enter Your Name Enter the OTP Your Card is
Icon in the Top Verification Card and Surname, Card you receive and Now Safely
Left Corner Number, Expiry Date Select Next Linked
and Cvv (as Printed
on the Card) and
Select Next

How to Pay via QR Code:

Next Confirm Pay

1 2 3 4 5 6 7 8 9

Select Choose Shop If Scan QR Enter Select Enter Select Confirm Press Pay
Pay from dropdown Code Selected: Amount PayPulse Amount Next Payment to Complete
Merchant or Select Scan Scan QR and/or Tip Account Details Transaction
QR Code or Code with the (optional) or Card
Enter Merchant Cellphone
ID Manually Camera
Merchant ID
manually

Scan the QR Code to


download today or dial
*140*6626# to use
PayPulse on any device.
9
OPENINGSEREMONIE
12:00 Donderdag 4 Mei 2023

Kontakpersoon: Morney Brendell


E-pos: brendellm@gmail.com
Tel: 0812150953

1. Die opening vind op die A-rugbyveld/atletiekbaan plaas.


2. Ouers kan op die paviljoene en om die atletiekbaan sitplek inneem.
Let wel; geen ouers op die atletiekbaan/rugbyveld nie.
3. Skole tree aan op die B-rugbyveld agter die sport klubhuis,
om 12:00, by die bord met u skool se naam op.
4. Skole tree in rye van vier langs mekaar aan.
5. Ons Laerskoolprefekte stap voor met u skool se naambord.
6. Tweedens stap u Mascot.
7. Derdens, die hoofleiers met u skool
8. Almal beweeg dan saam met die WBPS-prefekte na die A-rugbyveld in volgorde.
WBPS prefekte sal hier leiding neem. Volg gerus.
9. Ons sing die Namibiese lied terwyl die Namibiese vlag gehys word.
10. Skriflesing en gebed sal volg.
11. Ons sing dan die Privaatskole lied terwyl die Privaatskole vlag gehys word.
12. Verwelkoming word deur die Skoolhoof van WBPS, Mnr. Henjan vd Hyde gedoen.
13. Dan volg die boodskap van NAPSO voorsitter, Mnr. Wouter Niehaus.
14. Vervolgens is dit die boodskap van hoofborg, Mnr. Bertus Walters.
15. Ons vra dat elke skool se onderwysers asb by hul skole sal sit om goeie gedrag en
samewerking te handhaaf.
16. LET WEL; ons gaan geleentheid skep vir ELKE skool om ‘n kreet (niks langer as 1 min)
as skool saam te sing. Dit sal goed wees as u hiervoor voorberei.

NB!! Skole moet asb hul amptelike skoolvlag saambring dat dit gehys kan word tydens die
opening. Elke skool se vlag moet Woensdag tydens die hoofleiersfunkie ingehandig word.
Walvisbaai se voortrekkers sal alle skole se vlae hys. Ons beloof om dit kort en kragtig te hou,
aangesien ons op die hitte van die dag vergader en almal graag by die sport wil uitkom.
10
KLEINGOED VERMAAK
Daar sal tydens Privaatskole ‘n speelarea vir kleuters (3 jaar oud tot en met graad 2) op
Naartjie Park beskikbaar wees.

Algemene reëlings:

1. Toesig is beskikbaar van Woensdag 3 Mei 2023 tot Saterdag 6 Mei 2023 van 08:00-
17:00.
2. Daar sal onderwysers en oppassers wees vir toesig.
3. Alhoewel die area afgebaken is en toesighouers teenwoordig is, kan WBPS
geen aanspreeklikheid aanvaar vir beserings en/of verlore goedere nie.
4. Slegs kinders van 3 jaar tot en met graad 2 sal toegelaat word toegelaat.
5. Deelname – slegs kontant word hier gebruik.

VERVERSINGS
Alle kos- en koeldrankverkope sal d.m.v. kaartjies geskied. Kontakpersoon: Bianca Lotriet
Tel: 081 122 7474
1. Kosverkope & Snoepie (07h00 – 22h00)
• Pannekoek
• Slaptjips
• Hoender/mayo wraps
• Sosaties

2. Biertent (10h00 – 23h00)


• Volledige kroeg sal beskikbaar wees in die Biertuin.
• GEEN DRANK mag buite die Biertent area
uitgeneem word nie.

3. Teetuin en Koffiekroeg (08h00 – 19h00)

4. Viskombuis sal in die OSA-klubhuis wees


11
TERREIN
12
MASCOTS

Privaatskool Tsumeb Edugate Gobabis


Moria Gimnasium Academy Gimnasium

Windhoek Afrikaanse Keetmanshoop Laerskool Karstveld


Privaatskool Privaatskool Walvisbaai Akademie

Privaatskool Walvisbaai Pro-Ed Private School


Elnatan Privaatskool Akademie Swakopmund

International Christian Private


School School Henties
Catch My Zone
Shows on NTV
285 94 ONEUPTWO.COM

Flex
Mondays, Wednesdays
and Fridays - 06:30

Active kids
Everyday at 10:00

What’s Cooking
Fridays at 21:00

Straight talk
Tuesdays at 17:00

Blitsfokus
Wednesdays at 17:00

Ohole so nice
Fridays at 17:00

Generation c
Thursdays at 17:00

Nothing but the T


Youtube at 18:00
Follow us on our Social Media Meet our Afrox Ambassa
dors

Hagplatforms for Live updates:


3
wedstry
"Elkemake d as
the
Let's’nallhoogtep unt." 2

world a better place as part of NMH's


youth media
initiatives.

e Times
•• Teaser
Academi you by My Zone
a is brought to
Afrikaan se Kultuura
"Elke wedstrydand: • Feature
This school
newspaper
Culture Opinion News
Reuse’nsukses as The art of
hoogtepunt." A Warm Welcome Who are you Fast Five Futsal
2
Fantastic to the tomorrow 2
really? 4 8

My Zone myzone_nmh myzone_nmh myzone_nmh


14
PROGRAMINFORMASIE

SKA
AK
Tom – Woen
Kon
takp Swem sdag, 3
erso mer Mei
Jun S
iors T e l : 08 on: Zan aal
Indi Sen : La 1 12
i e 8 25 e Botha
dom en ‘n sk ors: La rskole 83
me o er G
is ge ol sleg skole G raad 1-
men s een ra 3(
g, sa laer ad 4-7 4 spele
l hu s (
Hoë lle o koolsp 4 spel rs per s
nde an k e p
Een
ve
rsko
l e r die an i rs per s an)
toeg rteen G raad Sen n skry pan)
iorf
elaa w
t om oordig 8-12 ase f en die
( 4 laer
na d e n
ie sp de per
spe
lers sko ouder-
per ol s
an s soon spa pee
l.
Kom e be of o n )
peti h oeft n derw
es b
sie b
egin inne yser pe
die r
om
08: saa skool w
00 l te h o
tot 1 elp rd
6:30 kyk
.

Alg
eme
ne p
http rog
NAP ://b ram
SOp it.ly/
rogr
amm
e
Algemene program
http://bit.ly/
NAPSOprogramme

DIGITALE
PROGRAMME

inspiring
curiosity
16
Algemene netbalreëlings: NETBAL
1. Vir elke span wat deur ‘n skool ingeskryf word, Kontakpersoon: Salomé Swart
Tel: 081 823 7428
moet daar ‘n skeidsregter wees wat by daardie
span se ouderdomsgroep kan blaas.
2. A- sowel as B-spanne is welkom om in te skryf.
3. Die skeidsregters se volle naam en van moet aangedui word, aangesien daar dikwels
verwarring ontstaan as gevolg van persone met dieselfde voorletters en van.
4. Indien ‘n skeidsregter nie kan blaas nie, moet hy/sy asseblief self ‘n plaasvervanger
reël en die tegniese tafel inlig.
5. Wedstrydballe sal deur Walvisbaai Privaatskool voorsien word, maar elke span moet
vir hul eie oefenballe en bibs sorg.
6. Die aantal inskrywings sal bepaal hoeveel wedstryde ons kan inpas.
7. Alle spanne is verantwoordelik vir hul eie tellinghouer.
8. Laerskoolspanne:
• o/7 & o/8 speel by lae pale. Hulle speel op ‘n aparte baan.
Hulle speel 10 min sonder rustyd.
• o/9 – o/13 speel by hoë pale.
• o/9 – o/13 speel 10-minute aan ‘n kant met ‘n rustyd van 2 min.
• Na die eerste helfte ruil spanne dadelik kante en staan reg vir die tweede helfte.
9. Hoërskoolspanne:
• o/14,o/15, o/17 en o/19 netbalspanne kan inskryf vir die hoërskool-afdeling.
• Wedstryde sal uit twee helftes van 15 minute elk bestaan met ‘n 5 minute rustyd.
10. Noodhulp sal beskikbaar wees.
11. Spanne sal tydens halftyd van die voorafgaande wedstryd loot, sodat hul dadelik kan
begin speel aan die einde van daardie wedstryd.
12. Daar is geen beseringstyd nie. Die afrigter het 30 sekondes om die beseerde speelster
van die baan af te kry en die plaasvervanger te ruil op die posisie van die beseerde
speelster. (Ernstige beserings sal uit die aard van die saak anders hanteer word)
13. Wedstryde begin stiptelik. Daar sal vir geen spanne gewag word nie.
14. Elke skool moet asseblief ‘n tellinghouer vir elke span voorsien.

Algemene program
http://bit.ly/
NAPSOprogramme
17
Algemene kaskarwedren-reëlings: KASKARWEDREN – Donderdag, 4 Mei
Kontakpersoon: Herman Grobler
1. Die kaskarwedrenne vind VOOR die
Tel: 081 311 6857
openingseremonie op die atletiekbaan plaas.
2. Elke skool kan een laerskool en een hoërskoolspan inskryf.
3. ‘n Span bestaan uit nege lede waarvan agt die kaskar stoot en een is die bestuurder.
4. Die bestuurder MOET ‘n valhelm dra vir veiligheid.
5. Skole se name moet sigbaar wees op die kaskar.
6. Elke skool moet ten minste een toesighouer beskikbaar stel.
7. Die laerskole hardloop 2 keer om die baan met oorgeepunte op die 200m merk en die wegspring.
8. Die hoërskole hardloop 3 keer om die baan met oorgeepunte op die 200m merk en wegspring.

Algemene hoërskool rugbyreëlings: HOËRSKOOL RUGBY


Kontakpersoon: JL Grobler
1. Skeidsregters:
Tel: 081 569 7212
o/15 wedstryde: Skole skeidsregters en studente.
o/19 wedstryde: Skole skeidsregters en Unie skeidsregters (indien beskikbaar)
2. Dit sal 15’s en 10’s wedstryde wees. Skole moet aandui watter formaat hulle wil speel.
3. Wedstryde sal 25 minute aan ‘n kant wees vir 15’s, en 10 minute vir 10’s, met 5 minute rustyd.
4. Meer as een span per ouderdom is welkom om in te skryf.
5. Skole moet hulle eie vlagmanne voorsien en hul eie vlae gebruik. Geen skoliere mag as
vlagmanne diens doen nie behalwe as hulle gekwalifiseerd is deur die NRU/WR.
6. Elke span is verantwoordelik om hulle eie pleisters en / of verbande te voorsien.
(Kan by mediese kamer/apteek gekoop word)
7. Ons maak staat daarop dat afrigters sal verseker dat hul spanne betyds is. Alle wedstryde
eindig stiptelik soos op die program ongeag of spanne laat begin het of nie.
8. Ons maak staat daarop dat elke skool sal verseker dat hulle skeidsregters by die wedstryde
sal wees waar hulle geplaas word.
9. Wanneer o/19-spanne ingeskryf word, moet daar asseblief aangedui word indien die span
superliga speel al dan nie.
10. Vir elke span wat deur ‘n skool ingeskryf word, moet daar ‘n skeidsregter beskikbaar wees wat
by daardie span se ouderdomsgroep kan blaas.
11. Skole moet asseblief duidelik by hul inskrywings hul skeidsregters se name invul asook die
grootte van die hemp wat bestel moet word. Geen skeidsregter – Geen wedstryd.

Algemene laerskool rugbyreëlings: LAERSKOOL RUGBY


Die indeling van die ouderdomsgroepe sal soos volg Kontakpersoon: Philip van Niekerk
gedoen word: Tel: 081 259 9794
• Tjokkers: o/7 en o/8 (7 spelers per span)
• Midi’s: o/9 (10 spelers per span)
• o/11 & o/13 - Sal 15’s en 10’s wedstryde wees. Skole moet aandui watter formaat hulle wil speel.
1. Tjokkers: o/7 en 0/8 speel Rip-Rugby, 30m x 10m velde – 8 minute aan ‘n kant met 3 minute rustyd
2. Midi’s: o/9 speel 10’s op 60m x 30m vol kontak – 10 minute aan ‘n kant met 5 minute rustyd
3. Ouers sal toegelaat word om op die veld langs die kant te staan en ondersteun
4. Meer as een span per ouderdom is welkom om in te skryf.
5. Vir elke span wat deur ‘n skool ingeskryf word, moet daar ‘n skeidsregter beskikbaar wees wat by
daardie span se ouderdomsgroep kan blaas.
6. o/11 en o/13 speel 10 minute aan ‘n kant, met ‘n rustyd van 5 minute op vol grootte veld vir die 10’s
en 20 minute aan ‘n kant met 5 minute rustyd vir die 15’s.
7. Skole moet hul eie vlagmanne voorsien en hul eie vlae gebruik.
8. Skole moet asseblief duidelik by hul inskrywings hul skeidsregters se name invul.
Geen skeidsregter – Geen wedstryd.
9. Elke span is verantwoordelik om hulle eie pleisters en verbande te voorsien.
(Kan by mediese kamer/apteek gekoop word)
10. Ons maak staat daarop dat afrigters / spanbestuurders sal verseker dat hul spanne betyds is vir
hulle wedstryde.
11. Indien ‘n span / skeidsregter laat is, sal die wedstryd verkort word sodat ons volgens die program
sal bly.
18

Algemene hokkiereëlings: HOKKIE


1. Die volgende spanne kan deelneem: Kontakpersoon: Rohan Slabbert
• o/8-seuns of o/8-dogters of 0/8 gemeng en Liandri Champion
6 spelers per span ; geen doelwagters Tel: 085 129 0276

• o/10-seuns of o/10-dogter of o/10 gemeng


8 spelers per span ; waarvan die doelwagter een is

• 0/12-seuns of 0/12-dogter of 0/12 gemeng


8 spelers per span ; waarvan die doelwagter een is

• 0/14 seuns of 0/14 dogters


11 spelers per span ; waarvan die doelwagter een is.
Indien skole nie genoeg spelers het nie, moet daar aangedui word of
hulle 8 aan ‘n kant wil speel.

2. Hoërskool: seuns en dogters


3. Elke inskrywing vir ‘n span moet vergesel word van ‘n skeidsregter.
4. Elke span moet sy eie toerusting saambring.
5. Telling- en tydhouers sal deur WBPS voorsien word.
Algemene program
11 spelers per span; waarvan die doelwagter een is.
http://bit.ly/
Indien skole nie genoeg spelers het nie, moet daar aangedui word of
NAPSOprogramme
hulle 8 aan ‘n kant wil speel.
N$50
NAARTJIEBRIL
20
Algemene boogskietreëlings: BOOGSKIET – Woensdag, 3 Mei
1. Katogorieë vir deelname: Naartjie Park
• Juniors 10jr - 13jr Kontakpersoon: Marlene Venter
• Seniors 14jr - 19jr Tel: 081 155 9658

Daar sal ook ‘n welpie-afdeling wees:


• Die Mathews Mini Genesis-boog word gebruik.
• Welpies mag slegs vanaf 10m skiet.
• Standaard AGA reëls word gevolg.
3. Ons is opsoek na iemand wat bereid sal wees om as tellinghouer op
te tree, asook ‘n “range master”. As julle bereid is om “range master” te
wees- kontak gerus vir Marlene.
4. Die Genesis-boog word gebruik vir dié afdeling.
5. Elke skool moet ten minste een BAI instrukteur inskryf.
6. Leerlinge neem in indviduele rondtes deel.
7. AGA Namibië voorsien nie die toerusting vir die dag nie, aangesien
hierdie nie ‘n ranglys kompetisie is nie.

Algemene jukskeireëlings: JUKSKEI – Woensdag, 3 Mei


1. Die volgende spanne kan deelneem: Kontakpersoon: Franklin Fransman
• Laerskool seuns Tel: 081 771 3560
• Laerskool dogters
• Hoërskool seuns
• Hoërskool dogters
2. Skole wat nie volledige seuns- of dogterspanne het nie, mag ‘n gemengde span
inskryf in die Laerskool en Hoërskole-afdeling.
3. Gemengde spanne met laerskool- en hoërskool spanlede sal in die Hoërskool-
afdeling meeding.
4. Vier spelers per span.
5. Skole moet hulle eie skeie, penne en passers voorsien.
6. Skole moet eie telling- en tydhouers voorsien.

Algemene tennisreëlings: TENNIS – Woensdag, 3 Mei


1. Beginners: o/7, o/8 en o/9 sal slegs enkels speel. Skakelpersoon: Patricia Stadler
2. Spanne mag meisies en seuns bevat. Tel: 081 280 0362
3. o/7 – o/9 speel by WBPS op die H-baan (sien terreinkaart).
4. o/10 – o/13 speel noodgedwonge op ons buurskool,
Laerskool Walvisbaai, se tennisbane.
5. o/14 – o/17 speel by Walvisbaai se krieket-oval naby die lagoon. Oorkant die
Protea-hotel. Hierdie is die enigste kode wat ons nie volkome op ons perseel kon
akkomodeer nie.
6. Slegs balle sal voorsien word.
7. Maak asseblief doodseker dat die leerder se naam korrek deurgegee word omdat
die leerder se naam op die program gaan verskyn.
8. Elke skool moet een tellinghouer voorsien.
21
MNR & MEJ PRIVAATSKOLE
Skole wat deelneem: Tema: “Walk in the Park”
Kontakpersoon: Charmaine Nagel
• Christelike Privaatskool Hentiesbaai Tel: 081 222 92 Tel: 081 222 9232
• Edugate Academy
• Gobabis Gimnasium
• Karstveld Academy
• Keetmanshoop Privaatskool
• Privaatskool Elnatan
• Privaatskool Moria
• Pro-Ed Akademie
• The International School of Walvis Bay
• Tsumeb Gimnasium
• Walvisbaai Privaatskool
• Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Seremoniemeester & gaskunstenaar: Riaan Smit


Dankie aan ons beoordelaars: Heidi Pronk, Lizelle Waldeck Cordier, Mariska du Toit,
Sias Swart en Jonathan Harris

3 Mei 2023 @ TENT OP ATLETIEKBAAN - “NAARTJIE PARK

10:00 - 12:00
• Ontmoet die beoordelaars in skoolklere/sportklere (Alle ander aktiwiteite sal die leerders
vir die twee uur vrystel.)
• Kleedkamers sal aangewys word.
• Aand se program word bespreek.
• Reëlings rondom foto’s word bespreek.

18:00
Aankoms met grimering en hare so natuurlik as moontlik.
Grimering en hare moet deur die leerder/medeleerder van die skool gedoen word. Geen
jelnaels, asseblief.

18:30
Geleentheid begin
Toegangsfooi vir toeskouers - N$40.00 hekgeld p.p.

Dankie aan Eden Kwekery wat ons park versier.

Algemene program
http://bit.ly/
NAPSOprogramme
22

HOOFLEIERSFUNKSIE
Kontakpersoon: Lorato Onesmus
Algemene hoofleiersfunksie-reëlings: Tel: 081 260 8498

1. Alle hoërskool hoofleiers, hoofseuns en/of hoofdogters word uitgenooi na ‘n geselligheid


wat sal plaasvind Woensdag 3 Mei 2022 om 16:30 in die WBPS personeelkamer.
2. Die leiers kom almal vanaf 16:15 by WBPS se hoof ingang langs die Tom Swemmer
skoolsaal bymekaar in hul skooldrag. Hulle sal van hier af vergesel word na die funksie.

Die doel van hierdie funksie is om mekaar beter te leer ken en idees te deel op ‘n informele
platform as leiers van verskillende skole.
23
SENTRUM APTEEK
1. ‘n Toegeruste apteek sal beskikbaar wees Kontakpersoon: Hendrik van Schalkwyk
waar ‘n verskeidenheid medisyne te koop Tel: 081 124 1405
aangebied sal word. Daar sal kaart-
masjiene beskikbaar wees by die apteek.
2. Aangesien die mediese personeel langs die
velde nie pleisters verskaf nie, kan dit by die
apteek gekoop word. Dienste van mediese
personeel vir die duur van die byeenkoms gra-
tis aangebied word ten opsigte van beserings.
3. “Strapping” voor wedstryde kan teen ‘n koste
van N$ 10 per “strapping” gedoen word deur
fisioterapeute indien die speler eie pleister
voorsien.
4. Indien speler nie “strapping” het nie, kan dit
daar of by die apteek aangekoop word.
5. Mediese kaarte sal beskikbaar moet wees, indien ‘n persoon na die Privaat Hospitaal
verwys word. Alle noodgevalle sal na Welwitschia Privaat Hospitaal verwys word.
Deelnemers sonder mediese kaart sal na die staatshospitaal vervoer word.
6. Noodhulp personeel sal ten alle tye langs die velde en bane teenwoordig wees.
7. Daar is ook fisioterapeute in kleedkamer nommer 4 beskikbaar wees,
asook by die ‘dug-out’ agter die Astro.
8. Daar is ook fisioterapeute in kleedkamer nommer 4 beskikbaar, asook by die “dug-out”
agter die Hokkie-Astrobaan.

WBPS bedank graag:


• Alle borge wat die geleentheid moontlik gemaak het.
• Alle ouers en leerlinge wat hulle dienste beskikbaar gestel het.
• Alle skeidsregters en afrigters vir die vlot verloop van die program.
• Alle skole vir die bywoning van die geleentheid.
• Alle leerlinge vir die goeie sportmangees op en van die velde.
• Alle WBPS personeellede vir die organisasie.
• Alle toeskouers vir die ondersteuning.

Algemene program
http://bit.ly/NAPSOprogramme
285 25 ONEUPTWO.COM

sport and entertainment from across the country and wider African region.

information to a wide range of demographics and interest groups.

Tune in and enjoy the latest and widest range of programming, curated for YOU.

You might also like