Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

GRAAD 7

Leestekens: Dubbelpunt en kommapunt

Graad 7 Afrikaans Huistaal Kwartaal 2 Week 3 & 4 Eenheid 7: Transaksionele tekste Leestekens: Dubbelpunt en kommapunt
Naam:

In hierdie les oefen ons die gebruik van twee leestekens: die dubbelpunt en die
kommapunt.

A. Dubbelpunt
Die dubbelpunt word in Afrikaans in drie gevalle gebruik:

1. In die direkte rede


Hy vra: “Hoekom moet ons al hierdie spelreëls leer?”

2. Voor ʼn lys van items


Onthou om die volgende saam te bring: water,
baadjie, waterstewels en slaapsak.
LW: Tussen die twee laaste items in ʼn lys word nie ʼn
komma gebruik nie, maar ‘en’.

3. Ná volg, volgende, LW en NB
Die lande wat deelneem aan die Sokkerwêreldbeker
is soos volg: Duitsland, Frankryk, Japan,
Swede, ens.

4. In tydsaanduidings en sporttye
Die skool begin stiptelik om 08:00.
Tydens die onlangse Statebondspele
in Australië het Akini Simbine die
100m-resies in 10:03 gewen.

© e-classroom www.e-classroom.co.za

GRAAD 7
B. Kommapunt
Die kommapunt word gebruik om die leser te wys dat daar ʼn pouse is, maar een
wat langer is as die pouse wat deur ʼn gewone komma geskep word.

Graad 7 Afrikaans Huistaal Kwartaal 2 Week 3 & 4 Eenheid 7: Transaksionele tekste Leestekens: Dubbelpunt en kommapunt
ʼn Kommapunt kan ook soms in plaas van ʼn voegwoord gebruik word om twee
sinne saam te voeg. ʼn Kommapunt kan nie ʼn sin afsluit nie, daarom moet jy
onthou dat die eerste woord ná ʼn kommapunt met ʼn kleinletter begin (tensy dit ʼn
eienaam is, natuurlik).

Voorbeelde:
My broer hou nie van kontaksport nie; tog speel hy rugby vir die skool se
eerstespan.
Ek is mal oor Smarties; KitKats en Crunchies is ook nie sleg nie.

C. Oefening: Korrigeer sinne


Skryf die sinne oor met die leestekens en hoofletters soos nodig:
1. Sarah en johannes het allerhande diere merinos perde hoenders en kalkoene

2. Mense sit nie hul selfone af in die fliek nie hulle het geen maniere nie

3. vasti gil help ek gaan afval

4. LW laatkommers sal nie toegelaat word nie

5. My wekker lui elke oggend om 0559

6. 20 Julie 1969 was ʼn baie spesiale dag die eerste mens ooit het op die maan
geloop

7. Ons oefen hard ons het ʼn harde sportseisoen voor ons

8. Geen mens het 100 m in minder as 0900 gehardloop nie

9. neil armstrong het gesê een klein tree vir die mens een reusesprong vir die
mensdom

10. Suurlemoene bevat vitamien c lemoene is ook ʼn goeie bron daarvan

© e-classroom www.e-classroom.co.za

GRAAD 7
Memorandum
Leestekens: Dubbelpunt en kommapunt

Graad 7 Afrikaans Huistaal Kwartaal 2 Week 3 & 4 Eenheid 7: Transaksionele tekste Leestekens: Dubbelpunt en kommapunt
A. Oefening: Korrigeer sinne
Skryf die sinne oor met die leestekens en hoofletters soos nodig:
1. Sarah en johannes het allerhande diere merinos perde hoenders en
kalkoene
Sarah en Johannes het allerhande diere: merino’s, perde, hoenders en
kalkoene.

2. Mense sit nie hul selfone af in die fliek nie hulle het geen maniere nie
Mense sit nie hul selfone af in die fliek nie; hulle het geen maniere nie.

3. vasti gil help ek gaan afval


Vasti gil: “Help! Ek gaan afval!”

4. LW laatkommers sal nie toegelaat word nie


LW: Laatkommers sal nie toegelaat word nie.

5. My wekker lui elke oggend om 0559


My wekker lui elke oggend om 05:59.

6. 20 Julie 1969 was ʼn baie spesiale dag die eerste mens ooit het op die maan
geloop
20 Julie 1969 was ʼn baie spesiale dag: Die eerste mens ooit het op die
Maan geloop.

7. Ons oefen hard ons het ʼn harde sportseisoen voor ons


Ons oefen hard; ons het ʼn harde sportseisoen voor ons.

8. Geen mens het 100 m in minder as 0900 gehardloop nie


Geen mens het 100 m in minder as 09:00 gehardloop nie.

9. neil armstrong het gesê een klein tree vir mense een reusesprong vir die
mensdom
Neil Armstrong het gesê: “Een klein tree vir die mens; een yslike spring vir
die mensdom.”

10. Suurlemoene bevat vitamien c lemoene is ook ʼn goeie bron daarvan


Suurlemoene bevat vitamien C; lemoene is ook ʼn goeie bron daarvan.

© e-classroom www.e-classroom.co.za

You might also like