Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Notas vir onderwysers

Liewe Onnies
Kwartaal 3 – die gevreesde kwartaal met PROJEK wat ons weer in die gesig
staar... Hier is inhoud vir Week 1-6 (mag dalk langer duur)
Onthou asseblief die volgende
 Die inhoud sluit nie die projek in nie. Elke onderwyser moet hulle eie
projek inwerk by die inhoud.
 Projekte sal verskillende tye gedoen word, maar ons stel voor dat daar so
vinnig as moontlik met die projekte begin word. (bespreking en
verduideliking is reeds in Week 1 ingesluit.)
 As die inhoud vir die weke nie presies votlooi word soos aangedui nie, is
dit ook goed. Pas die inhoud aan om by jou situasie te pas. Ons leerders
en skole is almal op verskillende vlakke. (dis nie die einde van die wêreld
as jou week 1-3 prep oorloop na week 4 ens. nie...)
 Laat leerders hulle projekte in die klas doen.
 Navorsing en die soek van inligting en vertalings van woorde kan tuis
gedoen word.
 Dit is onregverdig as sommige leerders ouers en familie het wat hulle kan
help, en ander het nie.
 Die SKRYFWERK en MONDELING kan byvoorbeeld in die klas geskryf word.
Plakkate ens. kan tuis gedoen word.
 Ons is besig om nog inhoud te finaliseer...

 Die dokumente is as WORD en PDF gestuur. Maak asb. seker dat as jy die
WORD doc gebruik, dat jy jou “margins” dalk sal moet aanpas, want elke
rekenaar se “settings” is anders. (skuus vir die Engels)
 Die beplanningsdokument is ‘n leë dokument wat elkeen self moet invul
soos wat die kwartaal vorder. (Kan digitaal op die WORD doc gedoen word
of print die PDF en vul in met die hand)
Sterkte en Groete
PLC Graad 7-span

You might also like