A01 Die Godheid

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 47

Hierdie Handboek behoort aan

Naam: ...........................................................................

Adres: ...........................................................................

...........................................................................

Dissipelskap Studie Kursus

Die Godheid
Geskryf deur

Paul Banting
Gepubliseer deur

Christian Life
Krediete: 1 (20 notasie-ure se leeraktiwiteite)

Spesiaal aangepas vir Uitkoms Gerigte Leering

Posbus 10766 Webblad: www.clt.org.za


Strubenvale 1570 e-pos: mail© clt.org.za
Rep. van Suid-Afrika Fisiese Limpopolaan 296
adres: Sinoville, Pretoria

Kopiereg © Christian Life, 1990, 2002

Alle regte voorbehou. Hierdie handboek mag nie gereproduseer word vir herverspreiding
sonder vooraf goedkeuring van die uitgewers nie.

Alle Skrifverwysings is uit die 1954 Hersiene vertaling van die Afrikaanse Bybel geneem.
Aangehaal met toestemming van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Skrifverwysings wat met (NV) aangedui is, is aangehaal uit DIE BYBEL, Nuwe Vertaling ©
BYBELGENNOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA 1975, 1979, 1983.

Hierdie handboeke word beskikbaar gestel vir gebruik in 'n opleidings situasie.

Kopiereg © Christian Life, 1990, 2002

Basiese Reeks
ISBN 1-86836-062-8 Stel No: AA Boek No: A01
DIE GODHEID
Boek A01

INHOUD Bladsy

TITELBLAD A

INHOUD (Hierdie bladsy) B

5 STAPPE IN DIE LEERPROSES C

INLEIDING (tot die begrip "Die Godheid") D

LESINGS: 1 - 37

1. Wat ons van God kan leer 1

2. Die Drie-eenheid 11

3. Persone in Die Godheid. (Deel 1) 21


Vader, Seun

4. Persone in Die Godheid, (Deel 2) 29


Seun (vervolg), Heilige Gees

OPSOMMING (Oorsig van hierdie boek) Rugkant Omslag

SLEUTELWOORDE en KONSEPTE E

PRAKTIESE RIGLYNE F

BRONNE VIR NAVORSING (Boeke & Webtuistes) H

VERSLAE (Vlakke 4 to 6) G
STAPPE IN DIE Die aktiwiteite waarin jy moet deelneem om vir jou
die gewenste balans te gee: Akademiese kennis,
LEERPROSES die vermoë om te integreer en praktiese toe-
passing.
1. ONDERRIG Materiaal voorsien in die lesingboek word gelees
voordat die sessie bygewoon word. Die sessie van
45 tot 60 minute sluit in:
Vooraf-Lees Sessie
1. Aanbieding van studiemateriaal.
2. Groepsaktiwiteite wat leerders in verskeie
groep-situasies betrek.
2. PRAKTIES
Die praktiese werk sal vaardighede ontwikkel. Die
leerder praat daaroor met sy kollegas en ander en
Bespeek Bid bid oor die materiaal terwyl hulle met die Here praat.
Hulle bedien mense net waar hulle kan. Al hierdie
aktiwiteite sal hulle voorberei vir die taak wat vir die
Bedien Taak taak wat vir 'n praktiese punt tel.

3. NAVORSING
Deur navorsing word ander relevante materiaal
gevind. Dit is ook 'n leer-aktiwiteit. Sleutelterme en
Analise Lees konsepte word ook voorsien. Hierdie is nuttige
definisies en deur hulle te bestudeer ontwikkel jy
jou woordeskat.

Die leerder sal baie kennis opdoen as hy/sy boeke


en artikels oor dieselfde onderwerp lees om 'n
verslag of artikel te skryf. 'n Lys van aanbevole
boeke word gegee. 'n Ondersoek op die Internet
sal meer as genoeg bronne vir navorsing voorsien.

4. OPDRAGTE Ten einde leerders the help om weer deur die lesing
te werk en hulle te evalueer oor hoe goed hulle die
Werkboek Verslag materiaal verstaan, moet hulle die 'Werkboek'
voltooi en merk. Die teorie-toets is ook uit hierdie
vrae saamgestel.

Een of twee verslae moet as module opdrag voltooi


word vir 'n punt soos op bladsy H aangedui.

5. EVALUERING
Die Evaluering is dus drievoudig:
1. Toets – jou vermoё om feite te onthou en jou
Toets Verslag Taak begrip van die konsepste soos in die sessies
aangebied.

2. Verslag – jou vermoё om al die materiaal te


integreer en dit op skrif oor te dra.

3. Taak – jou vermoё om praktiese dinge te doen


wat met bediening verband hou – jou
bedienings vaardighede.
INLEIDING
Die Godheid
Van lank gelede, in alle kulture, was daar geloof in 'n 'Goddelike wese' wie groter
as die mensdom is. Twee kragte dryf hierdie gedagte –

1. Die denkende mens redeneer dat daar 'n verduideliking vir beide ons leefwêreld en
menslike ervaring moet wees. Jy het heel moontlik baie só geredeneer. Hul rede-
nasie was dat 'n groter wese nodig was om al hierdie dinge te moes vestig.

2. Dit lyk asof die mens, vanweё sy godsdienstige natuur, na 'n Hoёr Wese probeer
uitreik. Mens kan dit gedeeltelik verklaar deur die werk van die Heilige Gees in die
wêreld. Hy rek uit na elke mens (man, vrou en kind). Teologie noem dit 'algemene
genade' in teenstelling met die spesiale werk van die Heilige Gees wat die mens se
verlossing betref.
Die mens bevraagteken gewoonlik nie sy eie bestaan, of die dinge wat hy rondom
hom kan ervaar nie. Onlangs het mense na vore gekom wat hulself ateïste noem. Dis
hoofsaaklik die gevolg van verdraaide denke. 'n Ander rede is dat hulle geen logiese
verklaring vir die heelal wil aanvaar nie – of vir die Skepper daaragter nie. Die Bybel sê dat
die ateïs 'n dwaas is (Ps. 14:1).

Die bewys vir die bestaan van God is só duidelik in die skepping dat dit die basis
is van die veroordeling van die heidense wêreld, m.a.w. díe wat nie die evangelie gehoor
het nie. (Rom. 1:19-20).

Dus word vrae oor God van kardinale belang, en dis selfs van groter belang vir dié
van ons wat besluit het om die waarheid aan andere te bedien.

Daar is baie goed ontwikkelde argumente vir die bestaan van God. Van hulle is
deur die ou Griekse filosowe ontwikkel. Ander het dit vanuit die realiteite sigbaar in die
skepping beredeneer. Een van hierdie sê dat die mens slegs vanuit die skepping deur God
verklaar kan word. Dit is omdat God se natuur soortgelyk is aan dié van die mens, maar
groter as die mens s'n, bv. intellek (vermoё om te dink), en wil (vermoё om besluite te
neem).

Maar ons het 'n voordeel. Ons het die Woord van God waarin God Homself
openbaar. Beide die Ou Testament en, tot 'n groter mate, die Nuwe Testament, dui aan
dat God as 'n drie-eenheid bestaan – God die Vader, God die Seun en God die Heilige
Gees.

Soos jy hierdie fasinerende konsep bestudeer, is ons gebed dat jy Hom beter sal
leer ken, en in staat sal wees om God en Sy realiteite duideliker te kan beskryf.

_________________________________________________________________________
WAT ONS OMTRENT

KAN LEER
Lewensveranderende openbaring soos
God homself aan die mensdom
- en aan jou - openbaar

Studieveld Uitkomste
 Woorde Gebruik vir God  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
El en Elohim
Yahweh Verduidelik en beskryf die wese van die
Adonai Godheid, Karaktertrekke en wil, terwyl jy
Aspekte daarvan op jou eie lewe toepas
 Die Wese van God - Hy is Gees
Doelwitte
'n Persoonlike Gees
Alomteenwoordig  Beskryf ...
Een wat grense oorskry
Een wat binne-in woon God beter deur 'n begrip van die betekenis
van Sy name, Sy wese en die eienskappe
 Die Karakter van God van die Godheid
Kommunikeerbares  Wandel in geloof
Onkommunikeerbares
Want jy weet meer van God se
 Die Wil van God onveranderlike liefdevolle karakter
en goedheid
Verklaarde wil
Waarneembare wil  Gehoorsaam God se Wil
God se soewereiniteit
Die uitverkeising kwessie Soos jy Sy voornemens voorkeur
gee op aarde en in jou lewe
 Werk van God
 Laat meer van God se
 Skepping deurmiddel van - grootheid tot jou deurdring

Skepping Verkry meer insig in Sy soewereine


Bewaring karakter en werke sodat jy jou beter in
aanbidding en getuienis kan uitdruk
_________________________________________________________________________
WAT ONS OMTRENT GOD KAN LEER_________________

Jy is aan die begin van die mees opwindendste reis van jou lewe. Dit is die eerste
lesing van baie wat jou 'n beter begrip van God sal gee. Jy mag vra "Wat is die doel
hiervan?"

Om van God te leer moet ons na die geskrifte wat God aan ons nagelaat het,
gaan, naamlik Sy geskrewe Woord – die Heilige Skrif, die Bybel. Daar is bo-natuurlike krag
in die hoor (of lees) van die Woord van God. Dit skep geloof in ons. Dit verander ons. Dit
reinig ons.

Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van
God.
_________________________________________________________________________
DEUR VAN GOD TE LEER SAL JOU LEWE RADIKAAL VERANDER_____

Hierdie gesiteerde teksvers mag alreeds die volgende vrae in jou hart laat
ontstaan: "Wat beteken dit vir my?" Hierdie vrae sal beantwoord word tydens die
bestudering van hierdie Bybelkursus maar veral wanneer jy die lesings getiteld GELOOF 1
en GELOOF 2 bestudeer. Beide kom voor in die reeks wat as die DISSIPELSKAP STUDIE
KURSUS (DSK) bekend staan.

Daar is 'n ander geleentheid om van God te leer. Dit is om na die werke van Sy
hande te kyk, of om Sy stem in ons harte te hoor. As enige persoon sou sê dat God slegs
deur diegene wat toegang tot die Bybel het geken kan word, dan word hulle met die
volgende verse gekonfronteer:

Rom 1:20 Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in
Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en
goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.

Rom 2:15 Omdat hulle (die heidene) toon dat die werk van die wet in hulle harte
geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar
onderling beskuldig of ook verontskuldig.

_________________________________________________________________________
GOD OPENBAAR HOMSELF AAN ALLE MENSE_______________

Aangesien ons weet dat God met elke individu op 'n unieke wyse in sy hart of
gewete praat, kan ons ons studies bepaal by die openbaring van God wat vir elkeen van
ons dieselfde is – nl. deur Sy geskrewe WOORD. Ons sal deur middel van die volgende
vyf hooftrekke van hierdie lesing 'n vlugtige oorsig kry van die kennis wat ons van God kan
bekom.

'n Dieper bestudering van hierdie onderwerp sal in 'n meer sistematiese studie wat
ook TEOLOGIE genoem word, volg. Dit is vir die finalejaar student wat van plan is om in
die voltydse bediening van die Evangelie te gaan (in kort "die Bediening").

1. WOORDE GEBRUIK VIR GOD

Hoe kan ons die woord "GOD" verstaan? Terwyl mens grootword, leer jy
voortdurend deur dinge wat jy mense hoor sê en doen. Ons is geleer om hierdie woord
met 'n hoofletter te skryf. Eerbied teenoor God vervul jou en jy word geleer om hierdie
naam en die ander name van God nie ydelik te gebruik nie.

Wanneer ons meer omtrent die ingewikkeldheid van 'n woord of begrip wil weet,
kan ons naslaan wat die betekenis daarvan in die oorspronklike taal is of na die konteks
waarin dit met ander woorde gebruik word kyk.

Sommige woorde word saamgestel deur verskeie kleiner of korter woorde. Dit is
soos 'n boom met 'n dik stam wat ondersteun word met 'n aantal wortels. Ons kan die
betekenis van die wortel van 'n woord ondersoek deur te kyk na die woorde waaruit dit
saamgestel of ontstaan het. James Strong het nommers aan al die Hebreeuse woorde in
die Ou en Nuwe Testament gegee. Deur hierdie nommers te gebruik kan die oorspronklike
woorde en betekenis van die woorde nageslaan word.

'n Aantal verskillende Hebreeuse woorde word in ons Bybel as "GOD" vertaal.
Hierdie Hebreeuse woorde het almal verskillende betekenis. Hier is sommige van hulle.

1.1 EL EN ELOHIM

EL kom van 'n woord wat krag of sterkte aandui. Wanneer dit vir God gebruik
word het ons die betekenis van "Almagtige" wat totale of algehele mag of krag aandui.
Elohim is die meervoud van EL net soos Seraf (engel) serafs word. Hierdie
meervoudswoord word meestal in die Ou Testament gebruik vir God. Ons vertaal dit egter
nie as Gode nie. Dit is omdat die Hebreeuse meervoudsvorm ook die intensifisering of
uitbreiding kan wees van die begrip wat deur die enkelvoudige woord aangedui word.

Dit leer ons hoe onuitputlik die volheid van die Godheid is en tot watter mate die
lewe van God in al Sy fasette oorvloei.

Gen 1 : 1 In die begin het God (Elohim) die hemel en die aarde geskape.
_________________________________________________________________________
WOORDSTUDIES VERBREED ONS HORISONNE VAN KENNIS EN INSIG___

Die derdejaar student sal 'n oorsig of inleiding kry van die twee tale waarin die
Bybel oorspronklik geskryf was.

1.2 YAHWEH

Hierdie woord word dikwels as Jehova geskryf. (In die lesing Inleiding tot
Hebreeus (PSK Reeks) sal ons kyk na 'n moontlike oorsprong van hierdie naam). Dit is
die persoonlike naam van God soos geopenbaar aan Moses en deur hom aan Israel. As
gevolg van die streng VERTOLKING wat hulle aan die derde gebod geheg het, was hulle
nie toegelaat om hierdie naam uit te spreek nie.

Eks 20:7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die
Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

(Die derdejaar student wat homself voorberei vir Woordbediening sal UITLEG-
KUNDE van die Skrif geleer word. Dit is belangrik om te weet hoe om elke teksvers binne
konteks te lees – deur die voorafgaande, asook die daaropvolgende verse en gedeeltes te
lees. Dit is 'n baie eenvoudig definisie van die term "konteks").
Elohim is die mees algemene term vir God. Die naamwoord Yahweh weer word
meer algemeen as "HERE" gebruik, soos bv. die tweekeer in bogenoemde vers. Dit is die
naam vir die Lewende God van Bybelse openbaring. Die grondwoord is 'n woord wat 'n
onafhanklike en beginlose bestaan aandui. Moses het 'n praktiese voorstelling hiervan
gehad nog voordat God met hom gepraat het, toe hy die brandende bos waarvan die vuur
van nêrens gekom het en onafhanklik van die bos gebrand het.

Eks 3:2 Daarop verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vuurvlam uit 'n
doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die
doringbos word nie verteer nie!

Eks 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS, Ook sê Hy: So moet jy
die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

God self verduidelik Sy Naam hier: Die getrouheid en verantwoordelikheid van


God wat in alle opsigte dieselfde is (was/sal wees).

- gister - vandag - tot in ewigheid


________________________________________________________________________
DIE EWIGE GOD VERANDER NOOIT__________________

Yahweh is dieselfde God wat met Abraham, Isak en Jakob gepraat het, (lees ook
Gen 15:7; 28:13; Exodus 3:15) maar wat Homself nou meer persoonlik openbaar. As ons
God se naam ken, sal ons 'n dieper begrip van wie Hy is, kry. (Meer hieromtrent in die
lesing oor DIE NAAM VAN JESUS).

Eks 6:3 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die
Almagtige, maar met my naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

1.3 ADONAI

Weereens vind ons 'n meervoudige vorm van die woord as naam vir God. Die
grondbetekenis van hierdie woord is heerser of meester. Dit dui op onderwerping aan die
persoon wat so aangespreek word. Dit word vertaal as Here of in 'n sterker vorm as "Here
van die Here".

Deut 10:17 Want die Here julle God is die God van die gode en die HERE van
die here; die grote, die almagtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en
geen geskenk aanneem nie.

Josua 3:11 Kyk die verbondsark van die Here van die hele aarde trek voor julle
uit die Jordaan in.

Hierdie naam gee die begrip van outoriteit, beheer, oppergesag of heerskappy.
Geskape na die beeld van God, het ons as gelowiges dus ook 'n mate van Godgegewe
outoriteit ontvang. (Leer meer hieroor in "DIE GELOWIGE SE OUTORITEIT).

Elke keer wanneer die leser die naam Yahweh teё sou kom, is uit eerbied vir God
eerder die Naam Adonai gebruik om te verhoed dat hy die naam Yahweh gebruik.
2. DIE WESE VAN GOD

Ons sal nooit die kern (basiese kwaliteit, natuur of wese) van God ten volle kan
begryp of verstaan nie, maar ons kan tot 'n mate van insig kom deur na onsself, as wesens
wat Hy na Sy beeld geskape het te kyk – asook om op die ooreenkomste en verskille te let.
Die Skrif sal uiteraard die hoofbron van hierdie kennis wees.
Gen 1: 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het
Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Kyk na die subtiele verandering van "hom" na "hulle". Die mens of mensdom (nie
soos in "vrou") was gemaak na die beeld van God. Die feit dat hulle manlik en vroulik
gemaak was, was nie volgens daardie beeld nie. Dit was 'n aanpassing ter wille van
voortplanting. Net so ook het sonde nie sy oorsprong in God nie. Baie teenstrydighede
kan waargeneem word.
________________________________________________________________________
GOD IS DIE EEN WAT GEHEEL EN AL ANDERS IS_____________

2.1 GOD IS GEES

Hand 17:29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die
godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en
uitvinding, gelyk is nie.

Joh 1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die
boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.

Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid
aanbid.

Jesus het dit aan die vrou by die put van Samaria vertel. Duideliker as dit kan ons
dit nie kry nie. God is Gees. Wat beteken dit? Hy is ten volle Gees en nie gekompliseerd
in die sin dat Hy uit onderafdelings bestaan nie. Hy is sonder 'n liggaam of 'n fisiese
teenwoordigheid wat deur die sintuie waargeneem kan word.

2.2 GOD IS PERSOONLIK

Het jy al ooit daaraan gedink wat is dit wat van jou 'n persoon maak? Dit is nie net
die feit dat jy 'n naam het en dat jy lewe nie. Die feit dat jy bepaalde behoeftes het en kan
dink, is wat van jou 'n persoon maak.

- God is 'n Persoonlike Gees


- God is rasioneel (kan dink en redeneer)
- God is selfbewus (bewus van Homself)
- God is intelligent (verstaan, is wys, en weet)
- God is 'n morele agent (tree op en inspireer dit wat reg is)

 GOD IS DIE OORSPRONG EN DIE HOOGSTE VOLMAAKTHEID HIERVAN

Job 23:13 Maar Hy bly onveranderlik Een – wie sal Hom dan teёhou? En wat
sy siel begeer, dit doen Hy.

Job 15:8 Het jy die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
2.3 GOD IS 'N ONEINDIGE GEES

Hoe ondenkbaar dit ook mag klink, God is grensloos en onbeperk. Kom ons kyk
hierna op drie terreine of vlakke.

- Tyd - Ruimte - Heelal


1 Tim 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike,
alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

 EWIGHEID

Wanneer ons van Sy infiniteit of oneindigheid ten opsigte van TYD praat, verwys
ons na die EWIGHEID. God is Ewig. Dit beteken nie slegs dat Hy reeds van voor die
grense van tyd bestaan het nie, maar ook dat Hy, omdat Hy nie tyd soos ons ervaar nie,
maar verby die grense van tyd sal voortbestaan. Hy is nie tydsgebonde nie.

Psm 90:2 Voor die berge gebore was en U die aarde en die wêreld
voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

2 Pet 3:8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een
dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

 ALOMTEENWOORDIG

Wanneer ons na Sy infiniteit met betrekking tot RUIMTE verwys, verwys ons na
Sy ALOMTEENWOORDIGHEID.

Gen 28:16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is
op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.

Psm 139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u
aangesig?

Jer 23:23 Is Ek 'n God van naby, spreek die HERE, en nie 'n God van ver nie?

Die Latynse woord "omni" beteken alle. Omdat God nie aan ruimte gebind of deur
die 'ruimtebestek' beperk is nie, is Hy op alle plekke op dieselfde tyd.

 TRANSENDENSIE

Wanneer ons na Sy infiniteit met betrekking tot die HEELAL verwys, praat ons van
Sy TRANSENDENSIE of bo-kosmositeit. Dit beteken Hy is nie deel van die kosmos of die
skepping (is losstaande van) wat Hy gemaak het nie. Hy "stap daaroor" letterlik, of is
verhewe op 'n totaal hoёr vlak.

Jes 40:18 By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom
stel?

___________________________________________________________________________
GOD IS 'N ONAFHANKLIKE SELFSTANDIGE WESE________________
 IMMANENSIE

Maar God is nie slegs verhewe nie, maar is ook alles-deurdringend teenwoordig
binne-in Sy skepping – of dit organies of anorganies is. Van binne na buite, in staat om
vanaf die hart of kern van elke atoom of die oorsprong van gedagte, lewe of gevoel te
beweeg – veroorsaak Hy 'n aanhoudende siklus van beweging en groei. Hy gee vir alles
en almal om.

Hand 17:28 Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van
julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Matt 10:29, 30 Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een
van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare
van die hoof almal getel.

3. DIE KARAKTER VAN GOD

Dit is baie opwindend om deur middel van navorsing te bepaal wat die Bybel
omtrent die karakter van God sê. omdat die dinge waarna ons streef en dit wat deur die
Heilige Gees vervolmaak word, in perfekte vorm in God gevind word.

Ons besef dat ons nie genoegsame uitdrukking aan die Wese van God kan gee
deur die kwaliteite wat ons aan Sy goddelike karakter kan toedig, bestudeer nie. Die Skrif
gee ons egter nagenoeg 'n voldoende beskrywing van die wese van God.

Anders as die mens, kan God nie sonder Sy karakter wees nie. 'n Mens kan al sy
goeie of slegte hoedanighede verloor, maar God is liefde, goedheid, genade, heilig,
regverdig ens. Sy karaktertrekke vorm 'n integrale deel van Sy wese.

Rom 11:33–36 O, Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe
ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weё! Want wie het die gedagte
van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan
Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot
Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

God se karkatertrekke kan geklassifiseer word as:

- Kommunikeerbaar - Onkommunikeerbaar

3.1 KOMMUNKEERBARE KARAKTERTREKKE

Hierdie is eienskappe waarmee ons ons kan vereenselwig. Hulle kan in 'n sekere
mate aan die mens oorgedra word. Kom ons maak 'n lys van sommiges:

 Wysheid - Spreuke 8 : 11
 Goedheid - Psalm 107
 Geregtigheid - Romeine 10:10
 Regverdigheid - Amos 5:24
 Liefde - 1 Johannes 3 en 4:8

Skryf 'n teksverwysing(s) uit die hoofstukke agter elke karaktertrek neer.
Die lesings oor die CHRISTELIKE KARAKTER sal ook vir u baie interessant
wees.

Deut 32:4 Die Rots – volkome in sy werk; want al sy weё is strafgerigte; 'n God
van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.

3.2 ONKOMMUNIKEERBARE KARAKTERTREKKE

Dit is daardie volmaakte karaktertrekke van God wat net in Homself gevind word
waarvoor daar geen ooreenkoms met die menslike karakter is nie:

 Selfbestaan - Maak nie staat op die bestaan van andere nie


 Onveranderlik - Verander nie
 Alwetendheid - Weet alles
 Alomteenwoordig - Is verhewe bo die beperking van ruimte
 Almagtig - In staat om alles te doen wat met Sy Wese
versoenbaar is
 Ewig - Geen begin of einde, nie deur tyd gebonde nie

In die LEWE VAN AANBIDDING sal ons aanbidding en hoe dit verband hou met
die eienskappe van God behandel.

4. DIE WIL VAN GOD

Dit is die uitdrukking van Sy selfbeskikings-eienskap. Hy kan volgens Sy


onbeperkte ewige mag en Godheid handel. Ons kan ook van God se plan praat. Die
volmaakthede waarvan ons alreeds melding gemaak het, sal Hom weerhou om enigiets
teenstrydig met Sy natuur of "buite Sy karakter" te doen.

Ons kan weereens twee soorte van Sy wil onderskei:

4.1 GOD SE VERKLAARDE WIL

Dit wat God ten alle koste – kom wat wil – wil laat geskied, verklaar Hy. Hy sê iets
en dit is so. God se verklaarde wil word altyd uitgevoer. Hy laat nie die uitslag aan iemand
anders se besluit oor nie. Hierdeur bewys God Sy soewereiniteit.

Neh 9:6 U is alleen dieHere, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy
leёrskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seё en alles wat daarin
is, en U hou dit alles in die lewe, en die leёr van die hemel buig hulle voor U neer.

Jes 55:11 So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na
My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles
waartoe Ek dit stuur.

4.2 GOD SE WAARNEEMBARE WIL

Waarneem beteken ook om te verstaan. Gewoonlik word woorde – gesproke of


geskrewe – gebruik om iemand te laat verstaan wat gedoen moet word. Die Bybel is God
se geskrewe Woord en Jesus is die Woord wat vlees geword het en onder ons kom woon
het.
Buiten dat Hy ons Redder geword het, was Hy ook meer as net God se
Boodskapper – Hy was God se eniggebore Seun – "God-met-ons".

Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord
was God.

Johannes gaan verder en beskryf hoedat die Woord vlees geword, tussen ons
kom woon en die Vader aan ons bekend gemaak het. Jesus het later gesê dat, as ons
Hom liefhet sal ons Sy gebooie sal gehoorsaam. Hierdie gebooie is die waarneembare wil
van God. Ons kan enige tyd besluit om ongehoorsaam aan God te word en nie Sy
volmaakte plan te volg nie. In Sy Woord (Bybel) skryf God aan Sy skepsels voor hoe hulle
hul behoort te gedra en wat hulle pligte is. Hierdie waarneembare wil van God word
dikwels verontagsaam.

4.3 GOD SE SOEWEREINITEIT

God het onbeperkte mag en oppergesag. Die rede en basis vir alles wat bestaan
en alles wat plaasvind is in God. Of Hy ...

 Veroorsaak dat dit gebeur, of


 Laat toe dat dit gebeur

Sonde het in die wêreld ingekom deur Satan se val en die mens se versoeking
deur God se toelaatbare wil.

 KARAKTERTREKKE VAN GOD SE WIL

 Gerugsteun deur onbeperkte wysheid en heiligheid


 Werk genadiglik en minsaam
 Tree onvoorwaardelik op (is nie afhanklik nie)
 Beoog om God se eie heerlikheid te laat manifesteer

4.4 DIE UITVERKIESING KWESSIE

Die Calvynse en die Armeense denkrigtings neem opponerende posisies in


omtrent hierdie vurig gedebateerde vraag: Beplan God vir ons insluiting in redding nadat
Hy weet hoe ons sal kies, of het ons werklik geen keuse nie? Beteken dit dat ons Hom kan
kies omdat Hy dit beplan het? (Die derdejaar student sal hierdie vraag behandel.)

5. DIE WERK VAN GOD


Ps 92:5, 6 Want U het my bly gemaak, Here, deur u dade; ek jubel oor die
werke van u hande. Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes.

Neh 9:6 U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy
leёrskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seё en alles wat daarin
is, en U hou dit alles in die lewe, en die leёr van die hemel buig hulle voor U neer.

Matt 5:45 Sodat julle kinders kan word van julle vader wat in die hemele is; want
Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reёn op regverdiges en
onregverdiges.
Matt 6:26 Kyk na die voёls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en
bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle, is julle nie
baie meer werd as hulle nie?

1 Kor 2:9 Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor
en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat
Hom liefhet.

Dit is duidelik uit bogenoemde verse dat God steeds werk en aktief betrokke is by
Sy skepping. Twee dinge staan uit:

 God het uit niks geskep


 God bewaar Sy hele skepping
________________________________________________________________________
ONS KRY 'N KLEIN KYKIE IN SY GROOTHEID
WANNEER ONS SY WERK AANSKOU___________________

As ons vrede in ons harte wil hê sal ons nie in vrees oor môre lewe nie. Ons sal
in geloof in die vermoё en goedheid van God wandel – wel wetende dat Hy Sy doel vir ons
lewens ingeweef het in die ingewikkelde netwerk van Sy Koninkryk.
________________________________________________________________________
DIE

God openbaar Homself in drie persone


- 'n verborgenheid wat ons deur
geloof ontvang en deur geloof begryp

Studieveld Uitkomste
 God openbaar Homself  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
In die ou tyd op baie maniere
Hy verander nooit Beskryf hoe dat God Homself
Hy verklaar Sy Heerlikheid openbaar deur ons konsep van
"Drie-eenheid", soos voorgestel
 Drie Persone in Een deur beide die OT en NT –
wat bevestig dat elke persoon God is
God is een
"Drie-eenheid" omskrywe Doelwitte
Verduideliking deur illustrasie
Aanduiding in Paulus se briewe  Hoor Sy stem
 Skaduwees en Openbaring Gedagtig aan dié wat groot waarhede
gehoor het en dit aan die kinders van
Ou Testamentiese skaduwees God moes verkondig –
Nuwe Testamentiese skaduwees om ook gewillig te wees om die boodskap
van die evangelie uit te dra
 Elke Persoon in die Godheid is God
 Onderskei die persone
Die Vader is God
Die Seun is God Soos jy in staat is om die verskeie
Die Heilige Gees is God rolle binne die Godheid te identifiseer
en te illustreer

 Soek en ontdek skadus in die OT


en bypassende NT openbaring

Deur Bybelnavorsing te doen

 Bewys dat elke persoon God is

Skryf neer en haal Skrif aan as bewys


van elke persoon
________________________________________________________________________
DIE DRIE-EENHEID____________________________

Dit is 'n benaming wat jy nêrens in die Bybel sal vind nie. Dit is 'n teologiese term
van 'n lering, wat vanuit verskeie gedeeltes in die Bybel ontstaan het, (in beide die Ou en
Nuwe Testamente) beskryf. Dit sê: DRIE-EENHEID of TRINITEIT. Hierdie terme verwys
na die feit dat God, wat eintlik een is (in wese), Homself aan ons op drie maniere bekend
gemaak het (Homself openbaar het). Eers wanneer jy iemand leer ken, kan jy aan iemand
anders vertel HOE HY IS. Ons leer God ken HOE HY IS in drie Persone:

- God die Vader - God die Seun - God die Heilige Gees
________________________________________________________________________
GOD VERKLAAR HOMSELF AAN ONS OP 'N VERSTAANBARE WYSE____

1. GOD OPENBAAR HOMSELF

Heb 1:1, 2 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het
tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur
die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die
wêreld gemaak het.

Hierdie teksvers spreek daarvan dat God Homself deur die eeue heen aan die
mens op verskillende maniere deur kommunikasie geopenbaar het. "In die ou tyd" verwys
na die Ou Testament, terwyl "in hierdie laaste dae" na die Nuwe Testamentiese tyd, of die
Kerk Eeu waarin ons nog lewe, verwys. Met verloop van tyd, het God 'n volledinge of voller
(progressiewe) openbaring van Homself gemaak. Kan ons as gevolg van hierdie
progressiewe openbaring sê dat God deur die eeue verander het?

Definitief nie – want God verander nie! Deur na die Skrif te kyk is dit duidelik dat
God dieselfde gebly het reg deur die eeue.
Efes 3:9 En vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die
verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het
deur Jesus Christus.

Gen 1:26 En God het gesê: Laat ONS mense maak na ONS beeld, na ONS
gelykenis ...

Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed,
en die Gees van God het gesweef op die waters.
________________________________________________________________________
GOD VERANDER NOOIT - ONS KAN OP HOM VERTROU________

Waarom wil God Homself openbaar? Om Sy ...

- Krag - Heerlikheid

- Natuur - Karakter

- Wil - Weё

... aan ons te openbaar


2. DRIE PERSONE IN EEN

2.1 GOD IS EEN

Deut 6: 4 Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE.

Die woord EEN wat in hierdie twee verse gebruik word is verskillend van dit wat
gebruik word om absolute eenheid te beskryf. Deut. 6:4 gebruik "ELOHIM" wat die
meervoudsvorm van die Naam van God is. Dit toon aan ons dat, alhoewel God Homself as
drie persone aan ons openbaar, Hy inherent een Gees is, onverdeelbaar in onderafdelings,
numeries een, vry van komposisie.

Die Nuwe Testament verklaar hierdie waarheid met dieselfde helderheid.

Jakobus 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en
hulle sidder.

In die Nuwe Testament openbaar God dat Hy nie slegs Een is nie, maar 'n familie
van persone – 'n ewige onuitputlike en dinamiese drie-enige famile van Vader, Seun en
Heilige Gees, wat een is in wil, doelwit, liefde en regverdigheid.

2.2 DIE DRIE-EENHEID OMSKRYWE

Ons het nodig om eers die volgende te verduidelik.

Teneinde duidelik te begryp dat die Godheid 'n Triniteit in Eenheid is, moet ons
nie óf die 'drievoudigheid' óf die 'eenheid' oorbeklemtoon totdat ons in "Driegodisme" (glo in
drie aparte Gode) beland, of deur nie tussen die Persone van God te onderskei nie, in
"Sebellianisme" (dat Vader, Seun en Heilige Gees maar net drie aspekte of manifestasies
van God is), verval.

Daar het reeds 'n EWIGDURENDE VERHOUDING bestaan tussen die Drie
Persone van die Godheid van voor die begin van tyd af, nog voordat enige lewende wese
bestaan het. Elkeen afsonderlik was God en bewus van die ander Twee. Daar kon
derhalwe ook 'n manifestasie van LIEFDE wees, anders kan gevra word, aangesien God
nooit verander nie, hoe kon God liefde wees.

1 Joh 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is
liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
________________________________________________________________________
GOD IS LIEFDE VAN EWIGHEID AF______________________

Die drie persone tree in eenheid van gees en doel op, daarom kan ons sê dat
hulle waarlik een is:

- Die Vader skep - Die Seun verlos - Die Heilige Gees maak heilig
In elkeen van die werke sien ons aldrie TEENWOORDIG. Die Seun en die Heilige
Gees werk saam aan die skeppingswerk. Die Vader en die Gees stuur die Seun om te
verlos. Die Vader en die Seun werk saam in die heiligmakende werk van die Gees.

Die Seun het die wêreld op 'n nuwe wyse betree deurdat Hy die natuur van die
mens opgeneem het, om sodoende verlossing vir die mens te bewerkstellig. Aan Hom was
'n nuwe naam gegee – Jesus. Die Heilige Gees het die wêreld op Pinksterdag op 'n nuwe
wyse betree as die Gees van Christus, uitgestort in Sy Kerk wat uit individuele gelowiges
bestaan. Ons sien dat:

- Die Vader getuig van die Seun Mattheüs 3 : 17


- Die Seun getuig van die Vader Johannnes 5 : 19
- Die Seun getuig van die Gees Johannes 17 : 26
- Die Gees getuig van die Seun Johannes 15 : 26

 DIE WOORD DRIE-EENHEID

Alhoewel die woord Drie-Eenheid nie in die Bybel genoem word nie, was dit al so
vroeg as 181 nC deur die Grieke gebruik (Grieks = Trias) en deur Tertullianus in 220 nC
(Latyns = Trinitas).

Die trinitêre formule word in die Groot Opdrag (Mattheüs 28:19) en in die seёninge
van die apostel Paulus se tweede sendbrief aan die Korinthiёrs genoem. (2 Korinthiёrs
13:4).

In die Christelike teologie beteken die term "DRIE-EENHEID" dat daar drie ewige
onderskeidings in die een Goddelike wese is. Hierdie ewige onderskeidings (persone) ken
ons as:

- Vader - Seun - Heilige Gees

Die leerstelling van die Drie-Eenheid beteken dat binne-in die wese en aktiwiteite
van die een God, daar drie duidelik onderskeibare persone is.

 DIE GELOOFSBELYDENIS VAN ATANASIUS

'n Bepaalde formule om die artikels van die Christelike geloof op te som word 'n
geloofsbelydenis genoem. So 'n geloofsbelydenis word deur die hele Kerk onderskryf. Dit is
deeglik op die Skrif gefundeer, die gevolg van honderde jare se samesprekings en
ontledings van die Woord. Dit is meer spesifiek as net "Jesus is Heer" of 'n seёnwens.

2 Kor 13:13 Die genade van die Here Christus en die liefde van God en die
gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Atanasius (4de eeu) het gesê:

"Ons aanbid een God in die Drie-Eenheid, en die Drie


Eenheid in eenheid; ons onderskei tussen die persone, maar
ons verdeel nie die samestelling nie. Al die drie persone is
mede-ewig en gelyk aan mekaar, sodat ... ons volmaakte
eenheid in Drie-Eenheid en Drie-Eenheid in eenheid aanbid."
_________________________________________________________________________
DIT IS DIE GROOT MISTERIE VAN GOD
SY HEERLIKHEID KAN NIE GEMEET WORD NIE_____________
2.3 VERDUIDELIKING DEUR ILLUSTRASIE

Ons kan 'n beter begrip kry deur na die natuur en die menslike persoonlikheid te
kyk.

 NATUUR

- Water verskyn in dirie vorms – vloeistof, solied (ys) en gas (stoom)

- Vuur veroorsaak hitte, lig en dampe (rook)

- Die son se strale is onsigbaar, maar wanneer dit geblokkeer word, gee dit
lig en hitte (bekend aan die wetenskap as aktinies, luminofoor (liggewend)
en calorifies (hittegewend)

- 'n Driehoek het drie kante en hoeke en tog een oppervlakte en een vorm.

 DIE MENSLIKE PERSOONLIKHEID

- Die mens is een – maar bestaan uit Gees, siel en liggaam

(In "Die Volkome Mens" sal die eerstejaar student meer hieromtrent leer)

2.4 AANDUIDING DEUR PAULUS SE BRIEWE

Paulus gee 'n subtiele aanduiding van sy siening van die Drie-Eenheid deur die
manier waarop hy sommige van sy geskrifte georganiseer het. 'n Gedeelte van Romeine
word as volg uiteengesit:

- Oordeel van God oor alle vlees Romeine 1:18 - 3:20


- Regverdiging deur geloof Romeine 3:21 -8:1
- Nuwe lewe in die Gees Romeine 8 : 2 – 30

Ons vind 'n soortgelyke patroon in Galasiёrs:

- Regverdiging deur Geloof Galasiёrs 3:1 – 29


- Aanneming tot seuns Galasiёrs 4 : 1 – 7
- Christus maak vry van die Wet Galasiёrs 4:8 – 5:15
- Nuwe lewe in die Gees Galasiёrs 5:16 – 6:10
________________________________________________________________________
VOLGENS SY GESKRIFTE, HET PAULUS GOD AL 'N DRIE-EENHEID BESKOU_

Wanneer ons aan God dink, kan ons slegs 'n klein gedeeltetjie van Wat, Hoe en
Wie Hy is begryp – maar ons moet altyd bewus wees van die veelvoudigheid van Sy
persoonlikheid; die onmeetlikheid van die variasies en fasette van Sy karakter en die
eindelose gaping tussen dít wat ons verstaan en dít wat Hy werklik is.
________________________________________________________________________
JY HET NIE NODIG OM 'N MISTERIE TE BEGRYP ALVORENS JY DIT HERKEN NIE_

3. SKADUWEES EN OPENBARING

'n Mens word oor en oor aangegryp deur die totale eenheid van die Bybel as dit in
geheel bestudeer word. Die Ou Testament sal na iets verwys en die Nuwe Testament sal
dit duidelik omskrywe. Wat eers net 'n skaduwee van die waarheid was word deur die
geopenbaarde Woord belig .

Dit is 'n groot verligting om te ontdek dat dit wat ons omtrent die leerstelling van
die Drie-Eenheid leer, slegs deur 'n openbaring deur die Skrifte geken kan word. Ons gaan
beurtelings na die Ou en Nuwe Testament kyk.

3.1 OU TESTAMENT SKADUWEES

Ons het alreeds die meervoudige vorm van die Naam van God ELOHIM genoem.
Dit moes 'n geweldige indruk op die Hebreeus-sprekende mens gemaak het elke keer
wanneer hy die naam gehoor of uitgespreek het, om te besef dat daar 'n meervoudige
persoon in die Een God is, alhoewel dit ter wille van die sterk indruk so kan wees. Te
midde van die aanbidding van vele gode deur die wêreld romdom hulle, moes die Israeliete
eers geleer het dat God Elohim, Een God is. Die klem op hierdie waarheid is baie duidelik.
Sekere verse verwys egter na 'n Drie-Eenheid.

 DIE SEUN EN DIE VADER WORD ONDERSKEI

Psm 2:7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my
Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

Jes 48:16 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die
geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die
Here Here my met sy Gees gestuur.

Jesaja 63:9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy


aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos;
en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.

 DIE GEES EN GOD (DIE VADER) WORD ONDERSKEI

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Gen 6:3 Toe sê die Here: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie ...

Psm 51:3 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van
my weg nie.

Jesaja 40:13 Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom
onderrig.

 DIE DRIEVOUDIGE GEBRUIK VAN "HEILIG"

Num 6 :24–26 Die HERE sal jou seёn en jou behoed; die HERE sal sy
aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor
jou verhef en aan jou vrede gee.

 DIE ENGEL VAN DIE HERE

Hierdie frase word dikwels gevind wanneer een van die Ou Testamentiese
karakters 'n persoonlike ontmoeting met God gehad het. Dit was 'n heenwyse aan die
Tweede Persoon in die Godheid wat in die vlees sou kom. Hy was 'n boodskapper (Engel)
en het tog met goddelike outoriteit in die eerste persoon gepraat.

Sien:

Genesis 22:11,12 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af
geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! En Hy sê:
Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet
Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

Exodus 14:19 En die Engel van God wat voor die leёr van Israel uitgetrek het,
het daar weggegaan en agter hulle aangetrek. En die wolkkolom het ook voor
hulle weggetrek en agter hulle gaan staan.

________________________________________________________________________
DIE OU TESTAMENT HET DUIDELIK
NA DIE VOLLER OPENBARING VAN DIE NUWE TESTAMENT VERWYS__

 AL DRIE PERSONE WORD VERMELD

- Vader Jesaja 63:16 Maleagi 2: 10


- Seun (Messias) Daniёl 9:25,26 Jeremia 23:5, 6
- Die Heilige Gees Jesaja 11:2 Jesaja 61:1

3.2 NUWE TESTAMENTIESE OPENBARING

In Jesus se Triniteitslering in Johannes 14:16 word nie slegs die eenheid en die
gelykheid van die drie Persone in die Godheid beklemtoon nie, maar ook die onbaat-
sugtige liefde vir mekaar. Dit is 'n model vir die Christen-famile van gelowiges in die Kerk.

Die Vader getuig van die Seun deur aan Hom alle gesag te gee. Die Seun gee al
die heerlikheid aan die Vader en eis niks vir Homself nie. Die Vader en die Seun dien
mekaar en gee toe aan die wense van die Gees wat weer op Sy beurt getuig van die Seun
en ook die Vader verheerlik.

Joh 8:18 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het,
getuig van My.

Joh 12:49–50 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My
gestuur het, HY het MY 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek – net soos die
Vader vir MY gesê het, so spreek Ek.

Daar is 'n eenheid wat ewig dinamies is. Die onuitputlike wedersydse liefde vloei
oor na die ganse skepping. Hulle volkome samewerking bring verlossing vir die verlorenes.

Joh 14:15–17; 25-26 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die


Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie
sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, dat Hy by julle bly en in julle sal
wees ... Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; maar die Trooster, die
Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal
julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Sommige skrifgedeeltes vermeld die drie goddelike Persone:

Matt 3:17 En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun
in wie Ek 'n welbehae het.

Matt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in
die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

2 Kor 13:13 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en
die gemeenskap van die Helige Gees sy met julle almal! Amen.

Gal 4:6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte
uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

Heb 9:14 Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die
ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie
werke om die lewende God te dien.

1 Pet 1:2 Uitverkorene volgens die voorkennis van God die Vader, in die
heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed
van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word.

4. ELKE PERSOON IN DIE GODHEID IS GOD

Die vroeё Christen-gelowiges het vanweё hulle agtergrond 'n baie sterk geloof
gehad waardeur hulle getuig het: "Ons glo in een God". Die woorde van Jesus was vir
hulle 'n bewys dat Hy God was.

Rom 9:5 ... aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees.

Christus, wat oor alles was, die ewige geseёnde God, het gekom! Amen. Hulle
het ook geweet dat die Heilige Gees God is. Hy was nie net bloot 'n invloed of gevoel nie,
maar 'n Wese met persoonlikheid wie hulle deur sielsgemeenskap kon ken. Hy was die
Een wat in 'n nuutheid van Lewe geleer, gelei en geïnspireer het.

So het hulle geweet dat God éen is. Hulle het ook geweet dat die Vader God is,
dat die Seun God is en dat die Heilige Gees God is. Dit was hierdie siening van hulle wat
ons nou die LEERSTELLING VAN DIE TRINITEIT of DRIE-EENHEID noem.

4.1 DIE VADER IS GOD

Joh 6:27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly
tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God,
die Vader verseёl.

Rom 1:7 Aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade
vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Gal 1:1 Terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat
julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader
van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

______________________________________________________________________
JESUS CHRISTUS - ONS REDDER, REGTER EN KONING__________

4.3 DIE HEILIGE GEES IS GOD

Om aan te toon dat die Heilige Gees God is moet ons eers vasstel dat Hy 'n
persoon is. Dit is duidelik vanuit verskeie feite:

 PERSOONLIKE VOORNAAMWOORDE WORD VIR HOM GEBRUIK

Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal
stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het .

 HY WORD DIE HELPER (TROOSTER) GENOEM

– Dit druk persoonlikheid uit Joh 15:26

 PERSOONLIKE KARAKTERTREKKE WORD AAN HOM TOEGEDIG

- Intellek 1 Korinthiёrs 2 : 11
- Verstandigheid Romeine 8 : 27, 15 : 30
- Wil 1 Korinthiёrs 12 : 11

 PERSOONLIKE DADE WORD DEUR HOM VERRIG

- Wedergeboorte Johannes 3 : 5
- Lering Johannes 14 : 26
- Oortuig Johannes 16 : 8 – 11
- Lei in Waarheid Johannes 16 : 13
- Roep tot diens Handelinge 13 : 2
- Praat Openbaring 2 : 7
- Tree in Romeine 8 : 26
- Ondersoek 1 Korinthiёrs 2 : 10
- Werk 1 Korinthiёrs 12 : 11

 HY WORD OP 'N PERSOONLIKE MANIER BEHANDEL

- Versoek Handelinge 5 : 9
- Voor gelieg Handelinge 5 : 3
- Bedroef Efesiёrs 4 :30
- Teёgestaan Hebreёrs 10 : 29
- Belaster Mattheüs 12 : 31

Hy is ook Goddelik net soos Jesus. Dit beteken Hy is 'n heilige persoon.
Laat ons op sommige redes let:

 KENMERKE VAN GODHEID

- Ewig Hebreёrs 9 : 14
- Alwetend 1 Korinthiёrs 2 : 10
- Almagtig Lukas 1 : 35
- Alomteenwoordig Psalm 139 : 7 – 10

 WERKE VAN GODHEID WORD AAN HOM TOEGESKRYF

- Skepping Johannes 33 : 4
- Inspirasie 2 Petrus 1 : 21
- Opwekking uit die Dood Romeine 8 : 11

 IS MET DIE VADER EN DIE SEUN GEASSOSIEER

- Doopformule Mattheüs 28 : 19
- Apostoliese seёn 2 Korinthiёrs 13 : 14
- Werk in die Kerk 1 Korinthiёrs 12 : 4 – 6

 DIE WOORDE EN DADE VAN DIE HEILIGE GEES WORD AS DIE WOORDE
EN WERKE VAN GOD BESKOU

Eks 16:7 En môre vroeg sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat Hy
julle murmereringe teen die HERE gehoor het – want wat is ons, dat julle teen ons
murmureer?

Psa 95:8 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in
die woestyn nie; waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle
my werk gesien het. Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en
gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; sodat Ek in
my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

 DIE HEILIGE GEES WORD GOD GENOEM

Hand 5 : 3, 4 Toe sê Petrus: Ananias, waarom het die Satan jou hart vervul
om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is,
was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou voorge-
neem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.

_______________________________________________________________________
DIE

IN DIE GODHEID - Deel 1


Die Vader is die Skepper en soewereine Heerser -
die Seun kom uit hom voort om soos ons te wees

Studieveld Uitkomste
 Die Vader - Skepper  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Uit niks uit
Deur geloof verstaan ons
Die rol van die Vader op te som
 Die Vader - Soewereine Heerser as skepper, onderhouer en Heerser
Bespreek die Vleeswording van die
God se bewaring Seun deur aan ons natuur gelyk te word
God se voorsiening
God se regering Doelwitte
 Die Seun - Menswording
 Versterk jou siening van die skepping
Staat voor-menswording
Immanuel - God met ons Dat God die Vader alles van niks gemaak
Redes vir die menswording het en toe die aarde gevormeer het deur
Aard van die menswording die krag van Sy woord volgens Sy ewige
wysheid en voornemens

 Bou jou geloof ...

Aangesien die wetenskaplike wêreld die


nodigheid van 'n almagtige God wil weg
redeneer

 Aanvaar God se soewereiniteit

Soos jy ondersoek, interpreteer, debateer,


en argumente bevestig vir God se onder-
houding van alles, Sy voorsiening en
wyse regering

 Huldig die Vleeswording

Deur erkenning te gee aan wat Jesus


se koms vir jou beteken
________________________________________________________________________
PERSONE IN DIE GODHEID - DEEL 1_____________________

In die eerste lesing het ons die Name, karakter, wil en werke van God behandel,
asook aan sommige van die eienskappe van God die Vader geraak, waarop ons nou
verder gaan uitbrei. Ons sal ook in meer detail hierdie eienskappe met betrekking tot die
Seun en die Heilige Gees behandel, as in lesing twee waarin die Drie-Eenheid behandel is.
Ons gaan nou die karakter en werke van die Vader, die Seun en die Heilige Gees van God
uitlig en opsom.

1. DIE VADER - SKEPPER

Waar die naam VADER in die Ou en Nuwe Testament gebruik word, dui dit
dikwels op God as skepper en Formeerder van die mens of die Voorsiener en Onderhouer
van alle dinge. Almal mag God se nageslag genoem word, maar Hy word slegs ons Vader
deur geloof in die verlossingswerk van Christus, wat in 'n nuwe lewe deur die Heilige Gees
opgwek is.

Hand 17:28 Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van
julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om
kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

Die begrip om te 'SKEP' word op twee maniere in die Skrif gebruik, nl:

1. uit niks of 2. van iets.

Die heelal (sienlik en onsienlik) was ONMIDDELLIK GESKAPE volgens die eerste
begrip, terwyl die tweede begrip impliseer dat God sal vorm, aanpas, saamstel of verander
– vanuit BESTAANDE MATERIALE. Dit kan ook geleidelik en met samewerking gebeur.

Die verklaring in Genesis 1:1 verwys definitief na die skepping "ex nihili" (Latyn:uit
niks) onmiddellik en sonder samewerking. God het die mens uit stof gevorm en hy sal tot
stof terugkeer, maar die siel van die mens was geskep deur God toe Hy die asem van die
lewe in hom ingeblaas het.

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Vele samesprekings en dispute word gevoer rondom die onderwerp van die
skepping. Watter mening ons ookal het, of mag vorm d.m.v. sulke studies, behoort dit ons
met groot ontsag vir die wonderlike handewerk van die enigste, groot en ALMAGTIGE God
te vervul. Die verklaring van die geskilpunt romdom die skepping kan alleenlik uit die Skrif
kom en BEHOORT IN GELOOF AANVAAR TE WORD.

Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die Woord van God
toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge
nie.
 GENESIS 1 en 2
________________________________________________________________________
DEUR GELOOF AANVAAR ONS DIE BYBELSE
WEERGAWE AS DIE FINALE OUTORITEIT_______________

Ons is die skepping van God, en dit is al wat werklik saak maak.

Jes 40:26 Slaan julle oё op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge
geskape? Hy laat hulle leёrskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die
naam, vanweё die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoё is; daar
word nie een gemis nie.

Jes 45:18 Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het – Hy is God! -
wat die aarde geformeer en dit gemaak het – Hy het dit bevestig; Hy het dit nie
geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word – Ek is die
HERE, en daar is geen ander nie.

Jes 43:1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder,
o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam
geroep; jy is myne.

Hand 17:24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat
die Here van hemele en aarde is, woon nie in tempels met hand gemaak nie.

2. DIE VADER - SOEWEREINE HEERSER

God as Skepper en eienaar van alle sienlike en onsienlike dinge het die reg om
algehele heerskappy oor alles uit te oefen. Die betekenis van SOEWEREIN is – 'n persoon
wat oppergesag uitoefen.

Matt 20:15 Of staan dit my nie vry om met my goed te maak wat ek wil nie? Of
is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?

Rom 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan
tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?

Efes 1:11 In Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore
daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk
volgens die raad van sy wil.

1 Kron 29:11 Aan u, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid
en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe
die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

PsM 115 : 3 Terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom
behaag.

Die Skrif leer duidelik dat God SOEWEREIN is in die uitvoer van Sy wil. Dit
behels BEWARING en VOORSIENING.
2.1 GOD SE BEWARING

Dit wat alreeds bestaan, word deur God op 'n deurlopende basis in stand gehou.
Alhoewel God gerus het nadat Hy alle dinge geskape het, gaan Hy steeds aktief voort om
die heelal in posisie en in stand te hou.

Neh 9:6 U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy
leёrskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seё en alles wat daarin
is, en U hou dit alles in die lewe, en die leёr van die hemel buig hulle voor U neer.

Heb 1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese
en alle dinge dra deur die woord van sy krag ...

Ons sien dat daar samewerking binne die Godheid is. Die Seun, Christus, word
hier as die bemiddelaar van die skepping en bewaring van alles voorgestel. God gaan
egter verder as om net die skepping en alles wat daarin is, te bewaar.

Psm 37:28 Want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die Goddelose word uitgeroei.

Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in
ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Spr 2:8 Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy guns-
genote bewaar.

Die filosofieё en teorieё van die mens beweer dat die wette van die natuur alles in
stand hou deurdat alles voortdurend self reproduseer. Die Bybel leer dat God in al die
handelinge van beide die verstandelike en die materiёle dinge saamwerk.

Hand 17:28 Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons.

Dit vernietig of absorbeer nie die mens se mag nie. God neem ook nie deel aan,
of veroorsaak die bose dade (wat Hy haat) van die mens nie.

Jer 44:4 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om
te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie.

Jak 1:13, 14 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God
versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek
Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid
weggesleep en verlok word.

2.2 GOD SE VOORSIENING

God het nie net die heelal geskep en hou dit steeds in stand nie – Hy oefen ook
Sy soewereine heerskappy daaroor uit. Dit word VOORSIENIGHEID genoem. Voor-
sienigheid beteken om vooruit te sien of in die toekoms in te sien. Dit is daardie aan-
houdende aktiwiteit van God wat maak dat alles wat in die fisiese, psigiese en morele sfere
plaasvind, God se welwillende, wyse en heilige doel en Sy oorspronklike beplanning vir die
skepping, uitwerk..
Alhoewel boosheid die skepping ingekom het, sal God nogtans Sy plan voltooi.

 DIE NATUUR VAN GOD

Ons sien die bewys van hierdie verklaring in ons kennis van God. Hy is 'n
persoonlike wese, onbeperk in wysheid, goedheid en mag en die SKEPPER en EIENAAR
van die HEELAL. Ons verwag dat Hy rasioneel sal optree en die belange van Sy skepsels
op die hart sal dra. Aangesien Hy Almagtig is, weet ons dat Hy die VERMOË HET OM AL
SY PLANNE TE VOLBRING.

 BEWYS VANUIT DIE NATUUR

'n Studie van die heelal en die natuur om ons, slaag daarin om ons keer op keer
verstom te laat staan oor die bewys van intelligensie, patroon, interafhanklikheid,
aanpasbaarheid en beheer van die sigbare en onsigbare wêreld.

 BEWYS IN DIE MENS

Ons gevoel van AFHANKLIKHEID spreek van ons OORSPRONG vanuit Hom en
ons voortgesette bestaan deur Hom wat ons lewe in Sy Hande hou. Ons VERANT-
WOORDELIKHEIDSIN bring mee dat God die reg het om wette vir MORELE GEDRAG
neer te lê, dat Hy jou elke tree ken en dat Hy die regverdige en die onregverdige regverdig
sal oordeel.

 LERING VANUIT DIE SKRIF

Daar is voldoende bewyse, van God se beoefening van soewereine heerskappy


oor die heelal, in die Skrif:

 DIE FISIESE HEELAL

- Die elemente 1 Sam 7 : 10 Psa 147:18 Job 38:35

- Die hemelse liggame Job 38:31 Mat 5:45

- Vermeerdering van die Oes Hand 14:17

 DIERE- EN PLANTE-SKEPPING Mat 6:28-30 Psa 104:24-27

 NASIES VAN DIE AARDE Psa 22:28 Job 12:23 Dan 2:37-39

 DIE INDIVIDU SE LEWE Jer 1:5 Mat 5:45 Gal 1:15

________________________________________________________________________
GOD REGEER DIE WÊRELD MET DIE GELUK VAN DIE MENS IN GEDAGTE_

 HOE REGEER GOD?

God gebruik die wette van die natuur (bv. seisoene), menslike instinkte
(selfbehoud, 'n gevoel van morele verantwoordelikheid) en wonderwerke (wat hierdie dinge
ter syde stel). Hy gebruik: Sy Woord (Josua 1:7), gesonde redenasie (Hand 6:2),
oorreding (Jeremia 7:13), innerlike waarskuwings of bedwang (Hand 16:6), Hy reёl uiterlike
omstandighede (1 Korinthiёrs 16:9) en neig die harte van mense.
God gebruik ook engele of werk direk deur Sy Heilige Gees. (Ons sal die
onderwerp van Engele later in die semester behandel).

3. DIE SEUN - MENSWORDING

God se manier van verlossing was deur die saak van 'n vrou, en tussen jou saad
en haar saad. Hy sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.

Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad
en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.

Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur,
gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet.

3.1 SY STAAT VOOR-MENSWORDING

Johannes noem Jesus die "Woord" wat in die begin was en wat God was. 'n
Woord is 'n middel tot MANIFESTASIE, 'n manier van KOMMUNIKASIE en 'n metode van
OPENBARING.

Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord
was God.

Heb 1:1, 2 ... het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy
as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele
skepping.

Deur Jesus, is ons in staat om van God te hoor en om Sy "beeld" te sien. Jesus
was van die begin af en was as "Eersgeborene van die skepping" voor enige iets anders.
Hy word as Skepper, Bewaarder en as die Doelwit van skepping voorgestel (Kol 1:16).

In die Ou Testament is die Seun dikwels as die Engel van Jehova of die Engel van
God voorgestel. Kyk na die geskiedenis van Abraham, Jakob, Moses, Gideon, Manoa en
Elia. Paulus sê dat Christus die rots was wat die Israeliete gevolg het.

1 Kor 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het
gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

3.2 IMMANUEL - GOD MET ONS

Hierdie Skrifte bewys dat Christus, wat mens geword het, voorheen reeds bestaan
het. Die Seun van God verneder Homself deur ook die Seun van die Mens te word.

Joh 1:1, 14 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die
Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan.
en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe,
en die lewe was die lig van die mense.
Rom 8:3 Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos
was deur die vlees – deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te
stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees.

Fil 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God
gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die GESTALTE VAN 'N
DIENSKNEG aan te neem en aan die mense gelyk geword.

Joh 1:14 En die Woord het VLEES geword en het onder ons gewoon – en ons
het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die
Vader kom – vol van genade en waarheid.

Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun
uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, ...

Matt 1:2 Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en
Jakob die vader van Juda en sy boers; ...

Lukas 1:2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius


goewerneur van Siriё was (Which verse???)

3.3 DIE REDES VIR DIE MENSWORDING

 Die Vervulling van God se Beloftes Jes 9:6; 7 : 14


 Die Eenmalige Offer vir Sonde Heb 9:26 – 28
 Die Werke van Satan Vernietig 1 Joh 3:5-8; Heb 2:14
 Word ons Hoёpriester Heb 2:10, 17, 18
 Ons Voorbeeld vir 'n Lewe in die Gees Mat 11:29; 1 Pet 2 : 21
 Openbaar die Vader aan ons Joh 1:18; 14:9
 Voorberei vir die Wederkoms Tit 2 : 11–14; 1 Kor 1:4-8

3.4 DIE AARD VAN DIE MENSWORDING

 HY HET HOMSELF ONTLEDIG

Fil 2:7 Maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te
neem en aan die mense gelyk geword.

2 Kor 8:9 Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy,
alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy
armoede ryk kan word.

Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U
gehad het voordat die wêreld was.

Sodat Hy Homself met die mens kon identifiseer, het Hy vrywilliglik gekies om nie
Sy Goddelike voorregte te gebruik of Sy Goddelike eienskappe te beoefen nie. Op een of
ander manier was Sy Goddelike heerlikheid versluier, maar nie neergelê. Jesus Christus
was ten volle God terwyl Hy ook ten volle mens was.
 HY WAS NA DIE BEELD VAN DIE MENS GEVORM

Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou
U nie hê nie, maar U het vir My 'n LIGGAAM berei.

Rom 8:3 Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos
was deur die vlees, deur sy eie Seun IN DIE GELYKHEID VAN DIE SONDIGE
VLEES te stuur, en dit ter wille van die sonde, die veroordeel in die vlees.

Jesus Christus was na ons in die gelykheid van die sondige vlees gestuur – maar
sonder sonde ten opsigte van Sy lewe tussen die mense. Hy was nie soos ons versoek.
Hy het die gestalte van 'n dienskneg aangeneem terwyl Hy die beeld van God behou het.
Om hierdie rede kan Hy ons waarlik as Hoёpriester voor die Vader verteenwoordig.

Tot watter mate Hy menslik was, sien ons in die volgende feite:

- Sy geboorte was menslik Gal 4:4 Rom 1:3


- Hy het as mens ontwikkel Luk 2:40 Luk 4:16
- Hy het 'n menslike natuur gehad Heb 2:14 Luk 24:39
- Hy het menslike name gehad Mat 1:21 Mat 1:1
- Hy het soos 'n mens gely Joh 4:6 Joh 19 :29
- Hy was dikwels 'n mens genoem Joh 1:30

3.5 DIE KARAKTER VAN CHRISTUS

Deur die vier evangelies te lees, vorm ons 'n idee van die karakter van Christus.
Ons streef daarna om soos Jesus te wees. Sy beeld kry gestalte in ons, namate die
Heilige Gees die vrug van die Gees in ons vorm. Hoe was Jesus?

Hy het 'n absolute HEILIGE LEWE gelei, Hy was deur OPREGTE LIEFDE
gemotiveer, Sy gedrag was WAARLIK NEDERIG, Hy was SAGMOEDIG en SAGSINNIG.
Hy het 'n LEWE VAN GEBED gelewe en was 'n HARDE WERKER.

_______________________________________________________________________
DIE

IN DIE GODHEID - Deel 2


Jesus het vir ons gesterwe, maar het
ook weer opgestaan en in heerlikheid
opgevaar - om die Vader te vra om
die Trooster te stuur

Studieveld Uitkomste
 Die Seun - Ons Verlosser  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Die dood van Christus
Die opstanding van Christus Verduidelik die versoening in
Die hemelvaart van Christus Jesus Christus en die rol en doel
Die verheerliking van Christus van die Heilige Gees as die een
"net soos Hy"
 Die Heilige Gees - Ons Trooster
Doelwitte
Rol in die Ou Testament
Redding en Dissipelskap  Bespreek die belangrikheid
Gawes
Sondes teen die Heilige Gees Van elke aspek van die dood van die
Waar die Gees is ... Here Jesus Christus en pas dit toe op
die sondaar se lewe

 Onderskei

Die opstanding, hemelvaart en


verheerliking as belangrike begrippe
wat elk 'n spesifieke impak op jou
lewe maak

 Ontwikkel geloof ...

Soos jy jou ou lewe met jou nuwe


lewe vergelyk noudat jy die
versoening self toegepas het

 Bou 'n verhouding

Met die Heilige Gees, jou Trooster, wat


gekom het om te wees wat Jesus vir die
dissipels beteken het
________________________________________________________________________
PERSONE IN DIE GODHEID - DEEL 2________________

1. DIE SEUN - ONS VERLOSSER

Wanneer ons na Jesus Christus as ons Redder kyk, kyk ons eintlik na die meeste
van SY WERK – wat die Seun van God IN DIE VLEES OP DIE AARDE gedoen het. Ons
kan daarna kyk onder die volgende hoofde:

- Dood - Opstanding

Dit is ook belangrik om van Sy HEMELSE BEDIENING te weet. Ons kyk na Sy:

- Hemelvaart - Verheerliking

1.1 DIE DOOD VAN CHRISTUS

Die dood aan die KRUIS en die vloei van Sy BLOED is die belangrikste gebeur-
tenis en leerstelling van die CHRISTELIKE GELOOF.

1 Kor 15:3 Want in die EERSTE PLEK het ek aan jou oorgelewer wat ek ook
ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het ... volgens die Skrifte.

Waarom is dit so belangrik? Dit was in die O.T. voorspel en is baie prominent in
die N.T. Dit is die hoofrede vir Christus se vleeswording, die ruggraat van die Evangelie-
boodskap en ABSOLUUT ESSENSIEËL vir ons Christelike geloof.

Jes 53:10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom
krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy
sal die dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig
wees.

Ons gaan na 'n paar terme kyk wat ons in verband met Jesus se werk aan die
kruis sal teёkom:

 'n MEELEWINGSWERK

Dit beteken dat Hy vir die sonde van ander gesterf het, net soos die priester op die
altaar TER WILLE VAN HULLE sondes 'n offer vir die Israeliete geoffer het.

Jes 53:5 Maar Hy is TER WILLE VAN ONS oortredinge deurboor, TERWILLE
VAN ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring,
was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Rom 5:8 Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus VIR ONS gesterf
het toe ons nog sondaars was.

 VEROSSING

Om van sekere kwaad bevry te word deur die betaling van 'n prys (losprys). In
hierdie geval is die "sekere kwaad" die greep van sonde en die vreeslike gevolge van die
toorn van God teenoor onboetvaardige sonde.
Efes 1:7 In Hom het ons die VERLOSSING deur Sy bloed, die vergifnis van die
misdade na die rykdom van sy genade.

Rom 3:24 En hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die
VERLOSSING wat in Christus Jesus is.

 KWYTSKELDING

Die vergifnis van sonde (letterlik wegstuur) of om elke verkeerde ding wat ons ooit
gedoen het, totaal uit God se geheue UIT TE WIS.

Heb 10:17, 18 En aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek NOOIT


MEER DINK NIE. Waar daar nou VERGIFNIS van hierdie dinge is, is daar geen
offer meer vir die sonde nie.

 REGVERDIGMAKING

Dit is om in Jesus regverdig gemaak of VERKLAAR te word; die geregtigheid van


Christus toegedig, (asof jy nooit gesondig het nie).

 VERSOENING

Bring twee opponerende partye bymekaar in eenheid. God is deur die KRUIS met
die mens versoen. Die sondaar word deur BEKERING met God versoen.

2 Kor 5:18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus
Christus en ons die bediening van die VERSOENING gegee het. (Die ESK sal
jou vir die taak van Evangelisasie toerus).

 SOENOFFER

Om te kalmeer of in goeie stemming te bring. As die sonde verwyder of bedek is,


sal God se toorn teenoor die sonde bevredig wees.

 BOETE-DOEN

Die aksie om EEN TE MAAK, te bevredig.

1 Joh 2:2 En Hy is 'n VERSOENING vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n
nie, maar ook vir die van die hele wêreld.

As ons van VERSOENING praat, verwys ons na die volkome werk wat Jesus aan
DIE KRUIS gedoen het asook Sy OPSTANDING en HEMELVAART.

1.2 DIE OPSTANDING VAN CHRISTUS

Sy dood moes deur Sy opstanding uit die dood en Sy hemelvaart opgevolg word.
Hy het nie net vir ons GESTERF nie, maar Hy LEEF om vir ons IN TE TREE by die Vader.
Rom 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat GESTERF het, ja, meer
nog, wat ook OPGEWEK is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook VIR
ONS INTREE.

Rom 5:10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur
die DOOD van sy Seun, veel meer sal ons deur SY LEWE gered word nou dat
ons versoen is.

Die hele Christelike geloof staan of val rondom die HISTORIESE FEIT dat Jesus
Christus, wie aan die kruis gesterf het, waarlik WEER OPGESTAAN het en daardeur
BEWYS het dat Hy waarlik die Seun van God is.

1 Kor 15:12–21 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is,
hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie? AS
daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
En AS Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook
julle geloof; en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God
getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste
as die dode nie opgewek word nie. Want AS die dode nie opgewek word nie, dan
is Christus ook nie opgewek word nie. en AS Christus nie opgewek is nie, dan is
julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in
Christus ontslaap het, verlore. AS ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan
is ons die ellendigste van alle mense. Maar nou, CHRISTUS IS OPGEWEK UIT
DIE DODE; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want
aangesien die dood deur 'n mens is, is die OPSTANDING VAN DIE DODE ook
deur 'n mens.
_______________________________________________________________________
JESUS HET OPGESTAAN - ONS SONDE IS VERGEWE____________

Die opstanding van Christus beteken dat:

- Hy waarlik die Seun van God was


- Die versoeningsdood van Christus aanvaar is
- Ons het 'n Hoёpriester in die hemel wat met ons begrip het
- Hy nou in staat was om die Heilige Gees na ons te stuur
- Ons liggame sal ook weer lewendig gemaak word
- Daar is 'n lewe wat kom vir ons
- Daar sal 'n toekomstige oordeel wees

(Die derdejaar student sal dit bestudeer in ESKATALOGIE – Eindtyd sieninge)

1.3 DIE HEMELVAART VAN CHRISTUS

Vanuit die Evangelies, Handelinge, asook die briewe van Paulus en Petrus sien
ons dat die eerste kerk die hemelvaart van Jesus as 'n historiese feit gesien het. Dit is die
skeidslyn tussen die twee tydperke van Sy lewe:

- Die Christus van menslike geskiedenis


- Die Christus van geestelike ervaring
Gedurende die veertig dae na Sy opstanding, het Hy verskyn en verdwyn asof Hy
Sy dissipels enersyds wou verseker van Sy voortdurende geestelike gemeenskap met
hulle, terwyl Hy hulle aan die anderkant gewoond gemaak het om sonder Sy aanhoudende
visuele kontak klaar te kom.

Die hemelvaart was (anders as die vorige ontmoetings) geleidelik.

Hand 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n
wolk het Hom voor hulle oё weggeneem.

Vanuit hierdie toeskouers se oogpunt, het Hy "opgevaar" en dit het 'n era
afgesluit. Vanuit die hemelse oogpunt was Hy "opgeneem" en dit was die oomblik
waarvoor die ganse hemel gewag het. Dit bring ons tot ...

1.4 DIE VERHEERLIKING VAN CHRISTUS

Heb 2:9 Maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die
engele gemaak is, vanweё die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon,
sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

Fil 3:21 Wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelyk-
vormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook
alles aan Homself kan onderwerp.

Fil 2: 9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee
wat bo elke naam is.

In die hemelse heiligdom waar HY SY EIE BLOED GEOFFER HET, (Hebreeus


9:12) is Hy nou ons Hoёpriester wat nou vir al die heiliges INTREE. Hoe gerusstellend om
te weet dat Hy ons probleme ken. Maar nog meer as dit, om te weet dat deur dit alles
,insluitende die outoriteit (Matt 28:18) wat deur die Vader aan Hom gegee is, en die
omvang van Sy verheelikte posisie, ons verseker word van die effektiwiteit van hierdie
intersessie.
________________________________________________________________________
ONS HET 'N HOËPRIESTER IN DIE HEMEL WAT VIR ONS INTREE_____

2.4 DIE HEILIGE GEES - ONS TROOSTER

Die Derde Persoon in die Godheid is die Gees van God (soos dikwels in die O.T.
na Hom verwys word) of die Heilige Gees (N.T.) God is AKTIEF BETROKKE in die lewe
van die Christen gelowige en die Kerk as geheel, deur die werking van die Heilige Gees.

Vanuit verskeie Skrifgedeeltes wil dit voorkom asof die rol van die Gees is om die
beplande volheid af te rond en in stand te hou. Onthou dat al die Persone in die Godheid
op 'n manier BETROKKE is in elke werk van God, maar dat die BEKLEMTONING van
mekaar verskil. Wanneer God die Vader skep, doen Hy dit deur die Seun. Wanneer Jesus
gawes stuur word dit deur die Heilige Gees gegee.
 ROL IN DIE OU TESTAMENT

 SKEPPING

Ons lees die eerste maal van die Gees van God in die beskrywing van die
skepping en ook op ander plekke van die instandhouding daarvan.

Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die Wêreldvloed,
en die Gees van God het gesweef op die waters.

Job 26:13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang
deurboor.

Jes 32:15 Totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die
woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.

 PROFESIE EN SKRIF

Eseg 2:2 En die Gees het in my gekom sodat HY met my gespreek het, en my
op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.

Job 26:13 Deur die asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang
deurboor.

2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot
weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

 VAARDIGHEDE VIR TAKE

Ex 31:3–5 En ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en
verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit
te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper; en deur snywerk in stene
wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande
werk.

 BEDIENING EN POSISIES

Gen 41:38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind
soos hierdie man in wie die Gees van God is.

Num 11:25 Daarop het die Here neergedaal in die wolk en met hom gespreek;
en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes
gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie
meer nie.

Deut 34:9 En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid;
want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom
geluister en gedoen soos die Here Moses beveel het.
 DIE TYD VAN DIE RIGTERS

Rigt 6:34 En die Gees van die Here het Gideon vervul; en hy het op die
ramshoring geblaas, en die Abiёsriete is agter hom aan opgeroep.

Rigt 14:19 En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan
hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en
gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en
opgegaan na die huis van sy vader.

 DIE VROEËRE KONINGS VAN ISRAEL

1 Sam 10:10 Nadat hulle daar by Gibea gekom het, ontmoet hom meteens 'n
klomp profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder
hulle geprofeteer het.

1 Sam 16:13 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy
broers, en die Gees van die Here het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig
geword.

 UITSTORTING VOORSPEL

 AANGAANDE JESUS SE VOLHEID VAN DIE GEES

Jes 11:1–2 Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isaï, en 'n loot uit
sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees
van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en
van die vrees van die HERE.

Jes 61:1–3 Die Gees van die Here is op My , omdat die HERE my gesalf het om
'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind
die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die
geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep 'n jaar van die welbehae
van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te
troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir
as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle
genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die Here, tot sy
verheerliking.

 AANGAANDE DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES

Joёl 2:28 , 29 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en
julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte
sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in die dae my
Gees uitgiet.

Kom ons kyk na die verskillende aspekte waar die Heilige Gees in ons as
Christene se lewens asook in die lewe van die Kerk betrokke is.
2.1 REDDING EN DISSIPELSKAP

 REDDING

Die Heilige Gees oortuig die sondaar van sonde en daardeur word hy tot bekering
gelei.

Rom 2:4 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en


lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot
bekering wil lei nie?

Joh 16:8 En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid
en van oordeel.

Met bekering vind 'n wonderbaarlike TRANSFORMASIE in die indvidu plaas. Hy


word deur die Gees van God wederbaar en kan nou God se Heerskappy – DIE
KONINKRYK VAN GOD, raaksien, ontvang en binnegaan.

2 Kor 5:17 Daarom as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge
het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Joh 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as
iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

 DISSIPELSKAP

Daar is 'n aantal dinge wat die Heilige Gees in die lewe van die gelowige doen.

Eerstens weet ons dat Hy die gelowige op 'n permanente basis bewoon.

Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by
julle te bly tot in ewigheid.

Die voortdurende teenwoordigheid van die Heilige Gees veroorsaak 'n ver-
andering van die karakter van die gelowige om daardeur meer en meer soos Jesus te
word. Die resultaat of oes van dit wat die Heilige Gees doen, word DIE VRUG VAN DIE
HEILIGE GEES genoem.

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, self-
beheersing.

Gal 4:19 My kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n
gestalte verkry.

(Die eerste jaar student sal meer hiervan leer in die lesings oor Die Vrug van die
Gees)

Ander werke van die Heilige Gees is:


- Leiding Johannes 16:13-15
- Lering Johannes 14:16
- Voorbidding Romeine 8:26, 27
- Heiligmaking Romeine 8:1-17
- Bekwaammaking Sagaria 4:6

(Sien ook die Salwing van die Heilige Gees in die tweede jaar, DSK)

_______________________________________________________________________
NIE DEUR KRAG OF DEUR GEWELD, MAAR DEUR DIE HEILIGE GEES___

2.2 GAWES

Ons leer in die Nuwe Testament van drie soorte gawes wat vir verskillende
doeleindes aan die Kerk gegee is. Dit is vir die BEHARTIGING en BYSTAND in die werk
van die Kerk of om die krag van die Heilige Gees te MANIFESTEER.

1 Korinthiёrs 12:4–7 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is


dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde
Here, en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat
alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee
met die oog op wat nuttig is.

 DIE VYFVOUDIGE BEDIENING

Jesus gee hierdie manne as gawe aan die kerk om die gelowiges toe te rus vir die
dienswerk waartoe hulle geroep is - opbouing en stigting van die Gemeente. Hierdie vyf
word altyd in die kerk of gemeente gevind en bedien (of administreer) die kerk as eenheid.

Efes 4:11–12 En Hy het gegee sommige as APOSTELS, ander as PROFETE,


ander as EVANGELISTE, ander as HERDERS en LERAARS, om die heiliges toe
te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus.

(Sien Ontleding van Bedieninge – LSK 3de jaar)

 DIE ONDERSTEUNENDE GAWES

Gelowiges wat in die Woord groei, vind hulself uiteindelik toegerus en gereed om
hulle Godgegewe vermoёns tot diens van die kerk in 'n ONDERSTEUNENDE rol te
gebruik.

Rom 12:6–8 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan
ons gegee is: is dit PROFESIE, na die maat van die geloof; of BEDIENING, in die
werk van bediening; of wie leer, in die LERING; of wie vermaan, in die
VERMANING; wie UITDEEL, in opregtheid; wie 'n VOORGANGER is, met ywer,
wie BARMHARTIGHEID bewys, met blymoedigheid.

(Sien Ondersteunende Gawes – WSK 2de jaar)


 DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES

Dit is die manier waardeur die Heilige Gees die krag en realiteit van God
manifesteer, deur die medewerking van dié gelowiges wat deur die Heilige Gees bekragtig
en toegerus is om die evangelie aan die wêreld te verkondig.
1 Kor 12:7–11 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met
die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van
wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van
gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n
ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander
allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en
dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

(Sien die Gawes van die Heilige Gees – DSK 1ste jaar)

2.3 SONDES TEEN DIE HEILIGE GEES

Dit word in twee groepe verdeel: Gelowiges en Ongelowiges.

 GELOWIGES

- Bedroef - om regstreeks teen die karakter van die inwonende Heilige


Gees op te tree soos in Efesiёrs 4:29-31 verduidelik word

- Blus - Om die aktiewe werk of bediening van die Gees in die kerk
of 'n individu, byvoorbeeld profesie (1 Thess 5:19,20) uit te
blus (soos 'n vuur)

- Lieg - Dit is gelyk aan 'n leuen aan God aangesien die Heilige
Gees God is.

 ONGELOWIGES

- Weerstaan - is wanneer die ongelowige sy hart verhard vir die stem


van God in sy lewe, weier om hom tot God te bekeer,
wegdraai van God, ywerig die werk van God teenstaan,
en diegene wat van Hom getuig vervolg (Hand 5)

- Laster - Om die Persoon van God te verag en beledig en te maak


of Hy Satan is. Om die wonderwerkende krag van die
Heilige Gees aan Satan toe te dig. Verder ook wanneer
die Heilige Naam direk en doelbewus belaster word
(Ryrie). (Grieks: BLAPSIS = boos, Pheme = spreek)
Jesus verklaar dit as die enigste sonde wat die mens nie
vergewe sal word nie (Matt 12:24-37)
2.4 WAAR DIE GEES IS ...

Tydens die Ou Testamentiese tyd, en meer spesifiek vanaf die gebeure by die
berg Sinai, was die era van die Vader. Gedurende die tydperk van die evangelies,
beginnende met die vleeswording, was die era van die Seun. Die era van die Heilige Gees
het met Pinksterdag begin. Hoe sal ons hierdie era aan God se teenwoordigheid tussen Sy
volk in een van Sy Persone BESKRYF? As ons met gelowiges in een van die ander eras
kon praat, wat sou ons as hoogtepunt uitsonder? Hoe sal jy JOU LEWE, vandat jy gered is
en die LEWE IN DIE GEES ervaar het, beskryf? Gebruik die volgende opskrifte:

 VRYHEID - Rom 6:15–23; Joh 8:36; Rom 8:1–5


 BEVRY - 2 Kor 3:17; Gal 5:1; Jak 1:25
 LEWE - 1 Joh 5:12; Joh 6:63; 2 Kor 3:6
 VREDE - Rom 8:6; Joh 14:27; Rom 5:1
 WYSHEID - 2 Tim 3:15; Kol 4:5; Jak 1:5

Wat jy nou gedoen het word 'n WERKSOPDRAG genoem. Elke onderwerp sal 'n
stel take bevat. Begin altyd om eers jou lesing weer deur te LEES. Ander take mag wees
dat jy oor seker aspekte waarvan jy net geleer het, moet MEDITEER of BID. Jy word
dikwels gevra om jou gedagtes NEER TE SKRYF of om skrifverwysings te vind en dit met
iemand TE DEEL wat jy vertrou of wat jou kan help.

Maak seker dat jou leier iemand is wat jy respekteer en wie se advies waardevol
vir jou is. Onthou ook dat daar veiligheid in veelheid van raadgewers is (Spreuke 11:4).
Baie onderwerpe is nie van 'n persoonlike aard nie en kan maklik in die groepsituasie
BESPREEK word. As iets nog nie vir jou duidelik is nie, doen navorsing, vra en bid.

Die werksopdrage is bedoel om jou te help met die praktiese aanwending van die
leerstelling waarvan jy leer. Die Christian Life Skolingskursus (C.L.S.K.) is 'n baie praktiese
kursus. Jy moet kopkennis besit, maar nog meer, in staat wees om dit toe te pas in jou
CHRISTELIKE LEWE.

_______________________________________________________________________
DIE GODHEID

Opsomming

Die Godheid as onderwerp is die grondslag van alle Christelike bedieningstudies.


Dit gee die nodige agtergrond vir mense wat hulself vir die bediening voorberei, hetsy
werkers of professioneel. Die handboek is goed geskryf op 'n duidelike en kompakte wyse
en is maklik verstaanbaar.

'n Aantal nuttige en belangrike vraagstukke word behandel. Dit sluit in die
Godheid en om die drie persone – Vader, Seun en Heilige Gees – beter te leer ken.
Sodoende illustreer dit hul realiteit, eenheid, uniekheid.

Die verborgenheid van die Drie-Eenheid word duidelik meegedeel vanaf Ou


Testamentiese skadus en vooruitsig tot die meer spesifieke openbaring van die N.T. Die
apostel Paulus se sienings word uitgelig.

Maar die materiaal het selfs 'n wyer impak wat die alledaagse lewe en bediening
van elke leser moet raak. Dit sluit vraagstukke in soos God se voorsiening deur die
skepping, onderhouding en voortdurende bestuur van die heelal; die soewereiniteit van
God en predestinasie en God se heerskappy. Dit neem die leser verder om die posisie van
die ateïs en ander apologetiese vraagstukke te oorweeg; ook pantheïstiese verdraaiings in
wêreldgodsdienste / kultusse. Hierdie is vraagstukke wat jy in die sending sal teёkom.

Laastens, die waarhede in hierdie handboek oor die Godheid bou geloof. Die
oorweldigende karakter van God; die hoedanigheid van die Vader, die posisie van die
opgestane, heersende Seun; en die voortdurende werk van die wonderlike Gees in ons
lewens en in dié van die kerk is dinamies.

Hierdie handboek beklemtoon praktiese vraagstukke en doelwitte waarvoor mens


kan lewe. In 'n tyd wat dikwels skepties is of onkundig staan teenoor die Skrif, spel hierdie
handboek duidelik die Bybelse waarhede en lerings uit wat lank deur Christen gelowiges
gekoester is.

________________________________________________________________________
SLEUTELWOORDE EN KONSEPTE
Sleutelwoorde
Hierdie woordelys sal jou Engelse woordeskat grootliks verbeter. As jy nog steeds oor die
betekenis twyfel, raadpleeg dan 'n kompakte woordeboek. Soek gerus vergelykbare
woorde op in 'n Engelse Tessaurus.

radically producing extreme change in the conditions or institutions of


a person or thing

intensification extreme force used to make feelings stronger

rendered to give or provide aid, to show expected obedience

underived not obtained by reasoning, deduction or inference

prescribe to lay down as a rule or directive, to order

intricate difficult to understand, involved, entangled

composition something formed by combining parts

astounded overwhelmed with amazement, bewildered

enticed attracted by exciting hope or desire, tempted

travail painful or excessive labour or exertion

Konsepte

In hierdie boek het die outeur die meeste van die konsepte sorgvuldig in die teks
verduidelik. Hier is nog twee wat verder verklaar kan word:

discipleship the process whereby a new believer is taught all the


principles and commands which apply to the new
environment he or she became a member of

dissipelskap (die proses waardeur 'n nuwe gelowige al die prinsipe


en gebooie geleer word wat van toepassing is op die
nuwe omgewing waarvan hy of sy 'n lid geword het.)

New Testament a document describing a promised inheritance, where


the 'New' describes an improved and entirely different
set of conditions to the beneficiary in order to inherit,
in our case: salvation by grace alone

Nuwe Testament 'n dokument wat 'n beloofde erfporsie beskryf, waar die
'Nuwe' 'n verbeterde en heeltemal verskillende stel van
voorwaardes aan die begunstigde beskryf, om in ons
geval, saligheid deur genade alleen, te beёrf
(Are my Afrikaans descriptions good enough?)
VERSLAE
'n Verslag (of twee) moet vir elke module voltooi word. Leerders sal krediete ontvang vir
rapporte wat hulle op die vlak waarvoor hulle ingeskryf het (of hoёr) ingedien het. Die
fasiliteerder sal bepaal watter verslae verpligtend is.
_______________________________________________________________________

Vlak 4

Noem die persone in die Godheid en gee 'n kort verkaring van elke persoon se funksie (wat
hulle doen) in die Godheid (Een bladsy is genoeg.)

Vlak 5c

Lees Romeine 1 tot 8 en Galasiёrs 3 tot 6 deur. Vanuit hierdie gedeeltes verduidelik hoe
jy dink Paulus die Godheid gesien het. (Lengte: Twee bladsye, 300 - 400 Woorde)

Let Wel: Hierdie is 'n Voorgeskrewe Verslag (voorheen 01-4) vir module AA.

Vlak 5d

In 'n twee-bladsy dokument, bespreek een van die volgende onderwerpe. Jy kan besluit
watter een.

1. Die posisie, rol en werk van die SEUN in die Godheid van voor-skeppingstye
tot by die eind-tyd gebeurtenisse.
2. Die posisie, rol en werk van die SEUN in die Godheid van Ou Testamentiese
tye tot die uitbreiding van die Nuwe Testamentiese kerk.

Let Wel: Hierdie is 'n Voorgeskrewe Verslag B (voorheen 01-4) vir module AA.

Vlak 6

Doen noukeurig verslag in 'n dokument van drie bladsye oor enige twee van die volgende
onderwerpe wat almal te doen het met die EENHEID VAN GOD SE DRIE PERSONE. Op
hierdie vlak sal jy van die feite wat jy geleer het moet integreer (saam groepeer).

1. Die EENHEID van God se wese.


2. Drie persoonlike bewusthede in die Goddelike Wese.
3. Interpersoonlike verhoudings van die Vader, Seun en Heilige Gees.
4. Administratiewe Orde tussen die drie persone.
5. Onderskeidelike, maar harmonieuse bedieninge in die geskiedenis.

Let Wel: Jy behoort navorsing te doen in 'n boek soos geskryf deur LEWIS en
DEMARSET - of 'n soortgelyke werk.

Jou voltooide verslag moet asseblief betyds by jou fasiliteerder ingehandig word.
________________________________________________________________________
BRONNE VIR NAVORSING
Vir jou eie groei behoort jy wyd ná te vors. Leeswerk is waarskynlik die hoofbron van die
stof wat jy sal gebruik en daarom gee ons 'n lys van Aanbevole Boeke. Jy behoort 'n
soekstelsel te gebruik om webtuistes te vind. Sien: www.clt.org.za

AANBEVOLE BOEKE

1. Renewal Theology
J. Rodman Williams - Academic Zondervan
2. What the Bible Teaches
R.A. Torrey - Oliphants
3. What you say is what you get
Don Gossett - Whitaker House
4. The winning attitude
John C. Maywell - Thomas Nelson Publishers
5. Victory over darkness
Dr. Neil T. Anderson - Monarch Books
6. Don't just sit there ... have faith
Ronald Dunn - Alpha
7. Jesus – Name above all Names
(Releasing His Anointing in your life)
Joyce Meyer - Harrison House

INTERNET WEBTUISTES

1. www.christianeuropeonline.org/world/ 6. www1.gospelcom.net
2. www.iclnet.org/pub/resourdes/text/history 7. www.iclnet.org
3. www.gty.org/-phil/hall.htm. 8. www.trinity.capital.edu
4. www.christiananswers.net 9. www.allinone.org
5. www.actbyfaith.org 10. www.xnet.com

INTERNET SOEKWOORDE

'Christian', 'Theology' of 'Doctrine' en:

Christian, Confess, Confessing, Confesion ... Speaking, Word of God, Homologeo,


Thanksgiving, Vocal Expression, Faith, Hope, Believe, Confidence, Mountain, Promises,
Possession, Creative Acts, Inheritance, Divine Nature, Double Minded, Treasure, Minded,
Authority, Command, Tongue, Dominate, High Priest, Doubt, Persuaded, Praise. (Die
Engelse woord "faith" of"believe" alleen sal te veel plekke oplewer. Die eerste twee moet
met een van die volgende groepe woorde verbind word om goeie artikels op te lewer.)
_______________________________________________________________________

Kopiereg © Christian Life, 1990, 2002 Basiese Reeks

ISBN 1-86836-062-8 Stel No: AA Boek No: A01

You might also like