A04 Geloof 1

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 32

GELOOF 1

Dissipelskap Studie Kursus

Boek A04

INHOUD Bladsy

TITELBLAD A

INHOUD (Hierdie bladsy) B

5 STAPPE IN DIE LEERPROSES C

INLEIDING (tot die begrip "Geloof") D

LESINGS: 1 - 24

1. Die rede waarom ons geloof verkondig 1

2. Die definisie van geloof 9

3. Sewe groot geloof-bouers 17

OPSOMMING (Oosig van hierdie boek) Rugkant Omslag

SLEUTELWOORDE en KONSEPTE (Engels) E

PRAKTIESE RIGLYNE F

BRONNE VIR NAVORSING (Boeke & Webtuistes) H

VERSLAE (Vlakke 4 to 6) G
INLEIDING
Geloof 1

Onlangs is daar gesê dat die kerk van Jesus Christus net een geslag voor
uitwissing is. Dit is nie noodwendig 'n negatiewe of ongelowige stelling nie. In 'n wêreld vol
al groterwordende uitdagings, kan 'n mens nie sondermeer die soort geloof wat jy vandag
in die kerk sien, blindelings aanvaar nie.

Ware Christene het ware tasbare geloof. Maar waar is die soort geloof en hoe
lyk dit? Dit is verbasend om te sien hoeveel Christene geloof bevraagteken in hierdie dae
waarin ons leef. Veral diegene wat hulle geloof op die vaste grondslag, Jesus Christus,
bou; maar wat intussen vasgeval het in 'n kerk met 'n wollerige en donserige leer oor geloof
of in een wat 'n werke gebaseerde geloof leer; óf hulle bevind hulleself in 'n tronk propvol
selfopgelegde vereistes vir werke en nogmaals werke.

Geloofbou is waarskynlik een van die belangrikste aspekte van die Christelike
bediening vir hierdie geslag. Dit omvat spesifieke areas van kennis soos om God te 'ken'
en om onvoorwaardelik in Sy Karakter te glo; om vaardighede te ontwikkel soos hoe om
God te behaag; om God se wapenrusting te gebruik; om in geloof te leef; om op die Woord
te reageer om doelbewus aan jou geloof te bou. Hierdie aspekte word in hierdie (A04)
behandel. Meer aspekte van geloof word gedek in die tweede boek (A15).

Dit is onvermydelik dat wonderwerke sal voorkom as geloof begin groei in die
indvidu sowel as in die gemeenskap, maar dit gaan nie hier net om blink liggies, genesing,
wondertekens en engele nie. Hierdie dinge is noodsaaklik; maar daar is nog baie meer op
die spel!

As jy lank genoeg met mense werk, sal jy vind dat selfs die oёnskynlike
"volmaakte" mense alles weet van pyn en hartseer. As jy lank genoeg in een kerk bly, sal
jy agterkom dat sommige mense krampagtig vasklou aan hierdie soort geloofsbeginsels
omdat hulle nêrens het om heen te gaan nie. Baie keer is die grootste struikelblok in die
pad van geloof die lewe self. Mense het stimulasie en geloofsbou nodig.

Daar is diegene wat noodgedwonge toegee aan versoekings en daardeur oorwin


word. Dit is nie wat God vir Sy kinders belowe het nie. Hy sê dat Hy in elke versoeking
uitkoms sal gee. Wat daarvan dat jy hiervoor geloof ontwikkel?

In hierdie verwarde wêreld waarin ons leef en bedien, wil ek jou aanmoedig om 'n
'geloofbouer' te wees in elke aspek van die geloof. Ontwikkel groot geloof! Jy sal geseёnd
wees, die kerk sal geseёnd wees en God sal verheug wees.

________________________________________________________________________
DIE

WAAROM ONS GELOOF VERKONDIG


Geloof in aksie versterk ons
gees en bou ons wapenrusting
in 'n onoorwinlike geheel

Studieveld Uitkomste
 Omdat ons God wil Behaag  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Deur geloof oorwin ons die wêreld
- Moet nooit Geloof afbreek nie Redes te kan aanvoer waarom die
Christelike Kerk Geloof
 Omdat God Ons Inspireer verkondig en die verskillende
resultate verkry wat dié ervaar
Die Gebod van God wat Geloof in God beoefen
Paulus se geskrifte
Doelwitte
 Terwille Van Die Wapenrusting
 Behaag God deur –
Behalwe dit alles Kies om in die Geloof te lewe
Die gordel van waarheid Plaas al ons Geloof in Hom
Die skoene aan jou voete Vertrou volkome op Sy Woord
Die swaard van die Gees
Die borswapen van geregtigheid  Om deur God geïnspireer te word

Put Geloof uit Sy Woord


Maak staat op Sy karakter
Luister na Sy bemoediging

 Bly veilig agter Sy wapenrusting

Gebruik die skild van Geloof


Dra ook die ander toerusting
Vertrou op Sy krag

 Staan vas in die geloof

Bid in die Geloof


Glo dat God altyd onoorwinlik is
Laat jou Geloof voordurend groei
________________________________________________________________________
DIE REDE WAAROM ONS GELOOF VERKONDIG______________

Geloof is die grondslag van die Christendom, daarom is dit belangrik dat ons 'n
eenvoudige begrip van die beginsels daarvan sal hê.

 WAT IS GELOOF?

Geloof is om VERTROUE in of SEKERHEID van iemand of iets te hê. In hierdie


geval praat ons van VERTROUE IN GOD ONSE VADER en die HERE JESUS CHRISTUS.
Ons praat ook van vertroue in en sekerheid van wat God gesê het.

 GELOOF HET SUBSTANSIE

Matt 17:20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê
vir julle, as julle Geloof het SOOS 'n MOSTERDSAAD sal julle vir hierdie berg sê:
Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle
onmoontlik wees nie.

Heb 11:1 DIE GELOOF DAN IS 'N VASTE VERTROUE OP DIE DINGE WAT
ONS HOOP.

Jesus het gesê dat GELOOF SOOS 'N SAADJIE IS. Elke saadjie het 'n kern in
hom wat produseer presies waarvoor hy geskep is. Die romerige wit bestanddeel in die
saadjie bevat GROOT POTENSIAAL. Die potensiaal is om VRUGTE TE PRODUSEER en
om DIE WÊRELD MET GOEIE DINGE TE BEΪNVLOED.

Geloof is die hoofbestanddeel, die kern, waaruIt dinge waarop ons hoop en
WAARVOOR ONS DROOM geproduseer kan word. Die WOORD VAN GOD is die
ENIGSTE IETS wat WERKLIK WESENLIK IS. Die Woord is die enigste manier waardeur
hierdie wesenlike werklikheid in die KERN VAN ONS HARTE geproduseer kan word.
Rom 10:7 Die GELOOF is dus deur die GEHOOR en die gehoor is deur die
WOORD VAN GOD.
Die Woord van God produseer GELOOF in ons en hierdie SUBSTANSIE wat
GELOOF GENOEM word, produseer binne-in ons wat die WOORD VAN GOD vir ons
voorskryf.

 DIE MAAT VAN GELOOF

Rom 12:3 ... na die maat van Geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Wanneer ons weergebore word deur die Geloof, word aan elke gelowige 'n maat
van Geloof gegee – d.w.s. dieselfde substansie. Die hoeveelheid Geloof wat dit gaan
voortbring, word bepaal deur die wyse waarop hierdie saad van Geloof benat en versorg
word. Jesus het gesê dat sommige KLEIN GELOOF gehad het, terwyl ander SULKE
GROOT GELOOF gehad het. Maar dit begin alles by dieselfde SUBSTANSIE – DIE
WOORD VAN GOD.
________________________________________________________________________
GROEI IS AFHANKLIK VAN VERSORGING, OMGEWING EN TOESTANDE___
 ONS GELOOF IN GOD

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruising, en ek leef nie meer nie, maar Christus
leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, LEEF EK DEUR DIE GELOOF IN
DIE SEUN VAN GOD ...

Mark 11:22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet Geloof in God hê. Ons
moet besef dat daardie substansie wat binne-in ons geplaas is, DIE GELOOF IS
WAT VAN GOD AFKOMSTIG IS.

Matt 12:34, 35 ... Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie
mens bring uit DIE GOEIE SKAT VAN SY HART GOEIE DINGE te voorskyn ...
________________________________________________________________________
GOD HET UIT DIE OORVLOED VAN SY HART GESKEP,
HY HET UITGESPREEK WAT DAARIN WAS EN HY HET DIE KRAG
VAN DIE WOORDE WAT UIT SY MOND UITGEGAAN HET,
GEKEN - HALLELUJA!!!________________________

Ons behoort hierdie beginsel neer te lê as die basis vir hierdie lering. Hierdie is
die soort Geloof waarvolgens die kinders van God moet lewe. Dit is die soort Geloof wat in
ons gedeponeer is: Geloof wat van God kom, NIE ONS EIE GELOOF NIE. Ons het
onwankelbare Geloof in 'n Almagtige God.

Rom 10:8, 14, 16, 17 Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is DIE
WOORD VAN DIE GELOOF WAT ONS VERKONDIG ... en hoe kan hulle in Hom
glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur DIE WOORD VAN GOD.

Hoekom verkondig ons GELOOF? Wat is so belangrik omtrent GELOOF IN


GOD? Hoekom is dit so belangrik om te weet wat Geloof is en hoe dit werk?

 GOD WIL NIE Hê DAT SY KINDERS ONKUNDIG MOET WEES NIE


Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. Alles wat God belowe
het, WORD VERKRY DEUR GELOOF IN GOD. As ons ONKUNDIG is omtrent die
beginsel van Geloof sal ons NIKS van God ONTVANG nie. 'n Hele geslag van
Israeliete het nie die `BELOOFDE LAND' ingegaan nie, omdat hulle nie Geloof
gehad het nie.
 DIE VERKEERDE SOORT

 VERWAR HOOP MET GELOOF

Sommige mense dink dat 'n VERTROUE OM EENDAG IN DIE TOEKOMS IETS
VAN GOD TE ONTVANG, GELOOF is, terwyl hulle IN WERKLIKHEID OP HOOP STAAT-
MAAK. Sonder Geloof sal hoop nooit materialiseer nie.

 VERWAR VERSTANDELIKE KENNIS MET GELOOF

Heb 4:1,2 Laat ons dan VREES dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog
standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want
aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die
prediking het hull NIE GEBAAT NIE, OMDAT DIT BY DIE HOORDERS NIE MET
DIE GELOOF VERENIG WAS NIE.
Sommige dink omdat hulle kennis van die waarheid het en verstandelik daarmee
ooreenstem, dat dit geloof is. Geloof is egter meer as dit.

1. OMDAT ONS GOD WIL BEHAAG

Heb 11:6 En SONDER GELOOF IS DIT ONMOONTLIK OM GOD TE BEHAAG;


want hy wat tot GOD gaan, moet glo dat HY IS en 'n BELONER is van die WAT
HOM SOEK.

'n Hele geslag Israeliete het in die woestyn omgekom omdat hulle geweier het om
te GLO dat GOD MET HULLE WAS en dat GOD HULLE DIE LAND KANAÄN BELOWE
HET. Hulle het fisies groot tekens en wonders en wonderwerke van BEVRYDING,
BESKERMING, VOORSIENING, GENESING EN LEIDING gesien.

1 Kor 10:5 Maar God het in die meeste van hulle GEEN WELGEVALLE GEHAD
NIE, want hulle is neergeslaan in die woestyn.

Heb 3:16–19 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie
almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie: En op wie was Hy
veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in
die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal
ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat HULLE DEUR
HULLE ONGELOOF nie kon ingaan nie.

- Ongeloof is opstand teen God


- Ongeloof wek God se toorn
- Ongeloof is ongehoorsaamheid aan God
- Ongeloof sluit die deure van die hemel
_
_______________________________________________________________________
DIT IS ONMOONTLIK OM GOD TE BEHAAG SONDER GELOOF!_________

 GELOOF BEHAAG GOD

Dit behaag Hom soveel dat Hy die geloofgevulde persoon met Homself reg
verklaar. Met ander woorde geloof plaas ons in DIE REGTE VERHOUDING MET GOD.

 JOSUA EN KALEB

Hierdie twee mans het GOD GEGLO toe dit nie die gewildste ding was om te
doen nie. Hulle het dit wat God gesê het hulle eie gemaak en daarop gehandel selfs teen
hulle eie REDE en LOGIKA in. Uit 'n hele geslag van drie miljoen mense was daar net
twee wat GOD BEHAAG en verkry het wat belowe was.

 DIE GALERY VAN ROEM

Hebreёrs 11 is die Bybelse Galery van Roem, van manne en vroue van geloof wat
God behaag het en almal het iets gedoen om dit te bewys.

Heb 11:39 En ... hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het.
 GELOOF OORWIN DIE WÊRELD!

1 Joh 5:4 En dit is die OORWINNING wat DIE WÊRELD OORWIN HET,
NAAMLIK ONS GELOOF.

- Geloof oorwin WÊRELDGESINDHEID


- Geloof oorwin GODDELOOSHEID

So word ons gevorm om God te behaag en om Hom genot te verskaf ... wanneer
ons STERK en DAPPER optree. Ons doel is om mekaar te versterk en te bemoedig; ons
gaan wen en die land in besit neem, want God is met ons. Ons is meer as oorwinnaars IN
HIERDIE LEWE. HALLELUJA!

 MOET NOOIT GELOOF AFBREEK NIE

Moet nooit verkondig dat mense nie kan doen WAT GOD GESÊ HET HULLE KAN
DOEN NIE want dit is presies wat die duiwel doen.
________________________________________________________________________
MOET NOOIT GOD SE WOORD BETWYFEL NIE______________

 SKAAR JOU AAN DIE SLANG SE KANT

Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God
gemaak het. En hy sê vir DIE VROU: IS DIT OOK SO DAT GOD GESÊ HET
...?

 DIE TIEN VERSPIEDERS

Num 13:31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan
nie teen die volk optrek nie.

Num 14:1, 11 Toe het die hele vergadering uitgeroep – hulle het hul stem verhef,
en die volk het dié nag geween ... Daarop het die Here aan Moses gesê: Hoe lank
sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die
tekens wat Ek onder hulle gedoen het?

2. OMDAT GOD ONS INSPIREER

Rom 10:8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou MOND en in jou HART.
Dit is die WOORD VAN DIE GELOOF wat ons verkondig.

Die kernboodskap van die Nuwe Testament is dat die gelowige deur die Geloof
sal lewe.

 DIE GEBOD VAN GOD

1 Joh 3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die NAAM VAN SY SEUN, JESUS
CHRISTUS, MOET GLO en mekaar liefhê soos hy ons 'n gebod gegee het.

LIEFDE EN GELOOF is God se gebooie in die Nuwe Testament.


 PAULUS SE BRIEWE

God het Paulus geïnspireer om te benadruk dat ons deur die WET VAN DIE
GELOOF moet lewe en nie deur die werke van die Wet nie.

 ROMEINE

Rom 3:27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die
werke? Nee, maar deur die WET VAN DIE GELOOF.

 KORINTHIËRS

1 Kor 13:13 En nou bly GELOOF, HOOP, LIEFDE ...

 GALASIËRS

Gal 5:6 Want in Christus Jesus het nóg die besnydenis nóg die onbesnedenheid
enige krag, maar DIE GELOOF WAT DEUR DIE LIEFDE WERK.

 EFESIËRS

Efes 2:8, 9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself
nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie.

 FILIPPENSE

Fil 3:9 ... en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is
nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God
is deur die geloof.

 KOLOSSENSE

Kol 2:7 ... gewortel en opgebou in Hom en BEVESTIG IN DIE GELOOF.

Ons meld hier slegs 'n paar verwysings as bewys van die inspirasie van die
WOORD VAN GELOOF WAT ONS VERKONDIG.

3. TERWILLE VAN DIE WAPENRUSTING

Efesiёrs 6:10–18

3.1 BEHALWE DIT ALLES

Efes 6:16 BEHALWE DIT ALLES neem die SKILD VAN DIE GELOOF op
waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
 WAAROM BEHALWE DIT ALLES

Dit is die belangrikste item in die wapenrusting wat God aan Sy kinders gegee het
om elke dag te grebruik. Geloof word hier die SKILD genoem, wat al die ander items wat
die soldaat reeds besit, versterk.

3.2 DIE GORDEL VAN WAARHEID - DIE WOORD

Efes 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord.

3.3 DIE SKOENE AAN JOU VOETE – DIE BEREIDHEID

Efes 6:15 ...en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die EVANGELIE VAN
VREDE.

3.4 DIE SWAARD VAN DIE GEES - RHEMA

Efes 6:17 ... die swaard van die Gees – dit is DIE WOORD VAN GOD.

 DIE WOORD MOET MET GELOOF GEMENG WEES

Sonder GELOOF is die Woord kragteloos.

 DIE WOORD GEMENG MET GELOOF

Wanneer ons geloof op die Woord gebaseer is, sal die volle spektrum van ons
bestaan aangeraak word.

Heb 4:12 ... lewend en kragtig ...

 TEKENS VOLG DIEGENE WAT DIE EVANGELIE GLO

Mark 16:15–17 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig
die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered
word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. EN VIR DIE WAT GEGLO
HET, sal hierdie tekens volg: in My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale
sal hulle spreek.

Dit is duidelik dat die gordel, skoene en swaard SONDER GELOOF NIE SAL
WERK NIE.

3.5 DIE BORSWAPEN VAN GEREGTIGHEID

Efes 6:14 ... met die borswapen van die geregtigheid aan.

 DIE BORSWAPEN WORD IN GELOOF AANGETREK


Rom 3:22 ... die GEREGTIGHEID naamlik van God deur die GELOOF in Jesus
Christus vir almal en oor almal wat GLO.

3.6 DIE HELM VAN VERLOSSING


Efes 6:17 ... en neem aan die helm van verlossing.
Efes 2:8 Want uit genade is julle GERED, deur die GELOOF, en dit nie uit julleself
nie; dit is die GAWE VAN GOD. (Sien Prakties Punt 2)

 SONDER GELOOF WORD VERLOSSING NIE ERVAAR NIE

3.7 BID GEDURIG

Ef 6:18 ... terwyl julle met ALLE GEBED en smeking by elke geleentheid BID in
die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.

 GLO WANNEER JY BID

Mark 11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die GEBED VRA, GLO dat
julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Matt 21:21, 22 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as
julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom
gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die
see sal dit gebeur. En alles wat julle in die GEBED VRA, SAL JULLE ONTVANG
AS JULLE GLO.

3.8 STANDVASTIG DEUR GELOOF

Efes 6:13,14 ... staande kan bly. Staan dan vas.

 SONDER GELOOF KAN ONS NIE STAANDE BLY NIE

Rom 11:20 Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy STAAN DEUR DIE GELOOF.
________________________________________________________________________
DIE

VAN GELOOF
Geloof is die verwerklikte realiteit van hoop -
gebou op die seker en vaste beloftes van God

Studieveld Uitkomste
 Realiseer die Onwerklikhede van Hoop  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Dinge waarop gehoop word
Geloof gee gestalte daaraan Te definieer wat ware Christelike
geloof is en jou in te stel om
 Geloof is in die Teenwoordige Tyd God te glo deur 'n progressiewe
lewe van geloof te lewe
Glo dat jy ontvang
Ontvangs en besit Doelwitte
Hierdie beginsel dek elke area
 Om te beskrywe wat ware geloof is
 God Verander Nooit
Glo al God se beloftes
God hou by sy woord Vertrou op Sy karakter
God verander nie Bely geloofsbelydenisse
Geloof verander dinge
 Gee vorm aan jou omgewing
 Geloof in Aksie
Verander omstandighede deur geloof
Geloof is 'n "aksie" woord Gee gestalte aan hoop
Geloof sê altyd Ontvang en besit
Geloof swig nooit nie
 Om algaande ons geloof te laat
 Handel volgens die Woord toeneem

Geloof sonder werke is dood Vertrou God dat Hy sal handel


Twee dinge wat Jesus kwaad Probeer om nie moed op te gee nie
gemaak het Druk deur tot jy sukses behaal
Satan daag ware geloof uit
 Om 'n lewe vangeloof te lewe
 Egte Bybelse Geloof
Egte Bybelse geloof noem Pas ware Bybelse geloof toe
jouself wat die Bybel jou noem Vertrou God vir die onmoontlike
Handel in doelbewuste geloof
Maar baie naby jou is die Woord,
in jou mond en in jou hart
_______________________________________________________________________
DIE DEFINISIE VAN GELOOF_______________________

Ons moet goed begryp WAT GELOOF IS sodat ons GOED KAN BEGRYP hoe
om deur GELOOF IN GOD te leef en te funksioneer.
________________________________________________________________________
GODGEGEWE GELOOF HERSKEP DIE WÊRELD RONDOM JOU
DEUR DIE WOORDE WAT JY SPREEK WAT OOREENKOM
MET DIE WIL VAN GOD.
GLO DAT DAARDIE WOORDE BESLIS, SONDER TWYFEL
WAAR SAL WORD________________________________
________________________________________________________________________
DIE GELOOF WAT VAN GOD KOM, STEL JOU IN STAAT OM TE GLO
DAT JY ALREEDS DIT WAT JY VAN GOD BEGEER, ONTVANG HET
DIE OOMBLIK TOE JY VOLGENS SY WIL EN WOORD DAARVOOR
GEBID HET_______________________________

Mark 11:22–24 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en
werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal
gebeur – hy sal verkry net wat hy sê. Daarom sê Ek vir julle: ALLES WAT JULLE
IN DIE GEBED VRA, GLO DAT JULLE DIT SAL ONTVANG, EN JULLE SAL DIT
VERKRY.

GELOOF WAT VAN GOD AF KOM IN WERKING IS OM MET BERGE en oёn-


skynlik onoorkombare hindernisse en omstandighede in jou lewe te praat en SONDER
ENIGE TWYFEL te weet DAT WAT JY SÊ SAL GEBEUR. Dit is om jou GODGEGEWE
BEGEERTES IN WOORDE OM TE SIT en hulle dan aan GOD TE GEE, vol vertroue dat
HY DIT SAL UITVOER. Deur die vernuwing van jou gees kan jy Sy wil ken en daarvolgens
bid. (Romeine 12:2-3)

Matt 21:21, 22 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as
julle GELOOF HET en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die
vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: HEF JOU OP EN
WERP JOU IN DIE SEE – sal dit gebeur. EN ALLES WAT JULLE IN DIE GEBED
VRA, SAL JULLE ONTVANG AS JULLE GLO.
________________________________________________________________________
AS JY HET . SAL JY SÊ___________________

As jy geloof het, sal jy iets sê en daarvolgens handel en God se wil sal volbring
word!

 DIE VOORWAARDE VAN GELOOF

1. REALISEER DIE ONWERKLIKHEDE VAN HOOP

Heb 11:1 Die geloof dan is 'n VASTE VERTROUE OP DIE DINGE WAT ONS
HOOP, 'n BEWYS VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE.
________________________________________________________________________
GELOOF IS OM DIE ONWERKLIKHEDE VAN HOOP TE NEEM
EN DIT DAN IN DIE SFEER VAN WEKLIKHEID IN TE BRING DEUR
VOLGENS DIE WOORD VAN GOD TE HANDEL EN DAAROP TE REAGEER__

1.1 DINGE WAAROP GEHOOP WORD

 DIE ONWERKLIKHEDE VAN HOOP

Ons HOOP en ons DROME is die dinge wat ons VERBEELDING STIMULEER;
die dinge waaroor ONS MEDITEER, WAARNA ONS VERLANG EN VAN HARTE BEGEER
en die dinge waarop ons ons GEDAGTES VESTIG. Dit is ONWERKLIKHEDE omdat hulle
net VERBEELDINGSVLUGTE is en nie WERKLIK IN DIE WAARNEEMBARE WÊRELD
bestaan nie.

 DINGE

Ons praat nie van NIKS – ongedefinieerde of vae begrippe nie – maar ons praat
van DEFINITIEWE, BEPAALDE en SPESIFIEKE DINGE waarvan ons 'n prentjie in ons
gedagtes kan vorm.

 STIMULASIE

Heb 6:18, 19 ... om vas te hou aan die hoop wat voorlê, en ons het dit as 'n
anker van die siel wat veilig en vas is ...

Hoop is die ANKER VAN DIE SIEL (DIE VERSTAND, EMOSIES EN WIL).
Sonder om iets te hê waarvoor ons hoop, waaroor ons droom of wat ons visualiseer, sal
ons geestelik en emosioneel onseker wees en BESLUITELOOS leef.

Die VERBEELING MOET GESTIMULEER WORD SODAT HOOP STERK KAN


WEES. As die verbeelding verkeerd gestimuleer word, sal daar min hoop wees. Ons
gedagtes word uit twee basiese terreine gestimuleer:-

- Die GEESTELIKE of - Die FISIESE en in hierdie konteks,

- die WÊRELDSE TERREIN

MarK 4:24 En hy het vir hulle gesê:

PAS OP WAT JULLE HOOR; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle
gemeet word en DAAR SAL BYGEVOEG WORD VIR JULLE WAT HOOR.

DIE WOORD VAN GOD IS GEES EN LEWE. Vir ons om hoop te hê, moet ons
die WOORD toelaat om ons verbeelding te stimuleer met die BELOFTES VAN GOD.
Jos 1:8 Hierdie wetboek mag nie UIT JOU MOND WYK NIE; MAAR BEPEINS
DIT DAG EN NAG.

Psm 1:2 Maar sy BEHAE is in die WET VAN DIE HERE, en hy OORDINK SY
WET DAG EN NAG.
Aanvanklik is die beloftes ONWERKLIKHEDE VAN HOOP, slegs drome en
gedagtes wat ons DAG EN NAG moet oordink! DIE WOORD VAN GOD MOET ONS
GEDAGTES, VERLANGENS EN BEGEERTES STIMULEER.

1.2 GELOOF GEE GESTALTE DAARAAN

 NEEM BESIT VAN DIE DINGE

Heb 10:23, 25– 29 Laat ons DIE BELYDENIS VAN DIE HOOP ONWANKEL-
BAAR VASHOU, want HY WAT DIT BELOOF HET, IS GETROU ... werp dan julle
vrymoedigheid, wat 'n GROOT BELONING het, nie weg nie . Want julle het
LYDSAAMHEID nodig, om, nadat julle DIE WIL VAN GOD gedoen het, DIE
BELOFTE te verkry ... MAAR DIE REGVERDIDGE SAL UIT DIE GELOOF
LEWE; EN AS HY HOM ONTTREK, HET MY SIEL GEEN WELBEHAE IN HOM
NIE. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar GELOOF TOT
BEHOUD VAN DIE LEWE.

Hierdie is dinge wat die ONWERKLIKHEDE VAN HOOP INBRING IN DIE


WERKLIKHEID. Geloof is daardie HARDNEKKIGE UITHOUVERMOË wat weier om
MOED OP TE GEE of om te GAAN Lê.

2. GELOOF VERWYS NA HOOP IN DIE HEDE

Heb 11:1 Die GELOOF dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop.

Mark 11:24 ...alles wat julle in die gebed vra, GLO DAT JULLE DIT SAL ONTVANG ...

2.1 GLO DAT JY ONTVANG

 WAT MOET EK GLO?

Ek moet glo dat ek NOU ontvang! Ek moet glo dat ek ALREEDS ontvang het ... al
is dit vir 'n toekomstige datum, glo ek VANDAG dat my versoek reeds toegestaan is.
Geloof werk nie vir hoop EENDAG ÊRENS IN DIE TOEKOMS NIE. Geredde Christene
het reeds die Hemel beërwe en is geseёn met alle geestelike seёninge in die hemele
in Christus. God weet wanneer om Sy seёninge aan Sy kinders te gee, maar ons is
alreeds geseёn met die belofte .... en noudat ons die belofte het, is dit soveel makliker om
vir God se tydsberekening te wag.
________________________________________________________________________
MOENIE DIE ONTVANGSDATUM UITSTEL NIE________________

 KOOP 'N ONTANGSDATUM-STEMPEL

Yonggi Cho sê dat hy 'n noukeurige rekord van sy gebedsversoeke hou. Die
datum bo-aan die gebedslys is ook die DATUMSTEMPEL VAN ONTVANGS. Dit is die
datum toe jou versoek in die Geesteswêreld ontvang is – in die HEDE.

2.2 ONTVANGS EN BESIT

Mark 11:24 ... EN JULLE SAL DIT VERKRY.

Die BELOFTE VAN GOD sal jy nie verkry nie tensy jy die voorwaarde nakom –
die voorwaarde is – GLO DAT JY ONTVANG HET.
Die werklike besit moet nog kom, maar GELOOF HANDEL ASOF DIE TOEKOMS
REEDS HIER IS. Geloof maak plek en berei voor vir die ontvangs. Geloof maak of jy DIT
REEDS ONTVANG HET! Net soos ouers wat 'n baba verwag. Hulle berei die kamer voor
met klere, kinderbedjie, badjie, ens; of soos 'n jong egpaar wat 'n huis laat bou. Hulle
praat oor die teёls, matte, ens. GELOOF IS SOOS DIE DATUM VAN BEVRUGTING OF
DIE DAG WAAROP DIE KONTRAK GETEKEN IS.

2.3 HIERDIE BEGINSEL DEK ELKE AREA

 VERLOSSING

GELOOF gryp Christus en al Sy LEWEGEWENDE en REDDINGSKRAG aan.

 DIE HEILIGE GEES

Geloof DRINK en ONTVANG daadwerklik – en WERK SAAM met die Heilige


Gees.

Joh 7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en
uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

 GENESING

GELOOF ONTVANG en REAGEER op die Here se genesingskrag – om


sodoende die genesing te ONTVANG.

3. GOD VERANDER NOOIT


________________________________________________________________________
GELOOF ONTHOU ALTYD DAT ... GOD DIE VADER EN DIE HERE
JESUS CHRISTUS 'N MENS NOOIT IN DIE STEEK LAAT NIE________

3.1 GOD HOU BY SY WOORD

Geloof sal God nooit blameer vir mislukking nie. Geloof weet God HOU ALTYD
SY BELOFTES. God staan altyd by Sy Woord, BRING DIT IN VERVULLING.

Rom 3:4 Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuen-
agtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as
U gerig hou.

Matt 17:19, 20 Toe kom die dissiples na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon
ons hom nie uitdryf nie? En Jesus antwoord hulle: DEUR JULLE ONGELOOF.

3.2 GOD VERANDER NIE

As daar 'n mislukking is, is dit omdat ons geloof NIE OP DIE WOORD VAN GOD
GEBASEER IS NIE Óf ons het nie aan die VOORWAARDES VAN GOD SE WOORD
VOLDOEN nie.
________________________________________________________________________
GOD SAL NIE 'N KOMPROMIE AANGAAN OOR WAT HY GESÊ HET NIE
OF OOIT VERANDER NET OM ONS TE AKKOMMODEER NIE________
 ONS GEBED SAL GOD NIE VERANDER NIE

Daar is GEEN GRONDSLAG VIR GELOOFSVERTROUE in die dinge wat


TEENSTRYDIG MET DIE WOORD VAN GOD is nie.

 HOE KAN EK DAN WEET?

Dit is die AARD VAN ONS SWAKHEID ... die feit dat JY NIE WEET NIE, die feit
dat jy onseker is oor wat God gesê het, is 'n geleentheid om te groei en om volwasse te
word. Jy kan slegs God se stem leer ken wanneer jy probeer om Hom te hoor en Hom te
leer ken.

 VIND UIT WAT GOD Sê

Slegs as jy probeer uitvind WAT GOD SÊ, BOU JY 'N BASIS VIR GELOOF en
VERTROUE. SLEGS WANNEER JY DIE WOORD VAN GOD KEN, kan jy standvastig en
vasberade wees.

 WORD GELYKVORMIG AAN DIE WOORD VAN GOD

Ons gebed en geloof sal God nie verander nie, daarom behoort ons ons gebed en
geloof verander om aan te pas by DIE WOORD VAN GOD.

Rom 12:1,2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat
julle JUL LIGGAME STEL AS 'N LEWENDE, HEILIGE EN AAN GOD WELGE-
VALLE OFFER – dit is julle REDELIKE GODSDIENS en word nie aan hierdie
wêreld gelykvormig nie, maar WORD VERANDER DEUR DIE VERNUWING VAN
JULLE GEMOED, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en
volmaakte wil van God is.

3.3 GELOOF VERANDER DINGE

Geloof verander omstandighede, situasies, teёspoed ens. om aan te pas by DIE


WIL VAN GOD. Geloof bewaar ook dit wat reeds in lyn met God se Woord is om IN LYN
MET GOD SE WOORD TE BLY.

 GELOOF

- Verskuif berge - Maak storms stil en kalmeer die see


- Dryf demone uit - Genees die siekes
- Wek die dooies op - Bring finansies in
- Beskerm teen kwaad - Gee kos aan die wat honger is
- Verkry 'n goeie getuienis - Gehoorsaam die Woord en Stem van God
- Beweeg deur Goddelike vrees - Die onvrugbare baar kinders
- Aanbid terwyl jy sterf - Verlaat die genot van sonde

4. GELOOF IN AKSIE

Mark 11:24 Alles wat julle in die gebed vra, GLO DAT JULLE DIT SAL
ONTVANG, en julle sal dit verkry.
4.1 GELOOF IS 'N "AKSIE" WOORD

Die woord "GELOOF" het sy oorsprong in die ou Engelse woord "BELIVE". Die
teenoorgestelde van hierdie woord is ”BELIE" – belieg.

Wanneer jy sê: Jou dade belieg jou woorde, dan sê jy die persoon se dade
WEERSPREEK sy WOORDE. Om te glo beteken OM JOU GELOOF UIT TE LEWE. Dit
beteken DADE WAT JOU WOORDE ONDERSKRYF.

 OM TE GLO IS GELOOF IN AKSIE

Dit beteken om iets te doen wat OOGLOPEND AAN GOD EN ANDER BEWYS
dat jy geloof het. Ons moet dit OOGLOPEND maak dat ons ontvang.

4.2 GELOOF SÊ ALTYD


________________________________________________________________________
AS GOD DIT GEE - NEEM EK DIT NOU__________________

4.3 GELOOF SWIG NOOIT NIE

TWYFEL ONTSTAAN die oomblik wanneer ons terugkyk en die handdoek ingooi.

 TWYFEL EN ONGELOOF

Ons hanteer hulle net soos ons enige ander versoeking hartseer.
________________________________________________________________________
WEERSTAAN TWYFEL EN ONGELOOF TE ALLE TYE___________

Die duiwel sal altyd kom met: HET GOD GESÊ? of: HET GOD NIE GESÊ NIE?
Hy sal gedagtes, negatiewe berigte en mense gebruik. Jesus moes Petrus konfronteer.

Matt 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My,
Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie,
maar die dinge van die mense.

________________________________________________________________________
EK WORD NIE BEWEEG DEUR DIE DINGE WAT EK SIEN NIE -
MAAR SLEGS DEUR DIT WAT EK IN GOD SE WOORD SIEN________

5. HANDEL VOLGENS DIE WOORD

Luk 6:46–49 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
Elkeen wat NA MY TOE KOM en na MY WOORDE LUISTER en DIT DOEN – Ek
sal julle wys soos wie hy is. Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en
diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom
en die stroom teen daardie huis losbreek, KON HY DIT NIE BEWEEG NIE, omdat
SY FONDAMENT OP DIE ROTS WAS. Maar wie dit HOOR EN DIT NIE DOEN
NIE, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom
het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en DIE INSTORTING VAN
DAARDIE HUIS WAS GROOT.
Jak 1:22–24 En word DADERS VAN DIE WOORD EN NIE NET HOORDERS
WAT JULLESELF BEDRIEG NIE. Want as iemand 'n hoorder van die woord is
en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieёl sien;
want HY SIEN HOMSELF EN GAAN WEG EN VERGEET DADELIK HOE HY
GELYK HET.

Die tragedie van mense wat slegs hoorders is, is dat hulle dink omdat hulle die
WOORD gehoor het, hulle outomaties daders van die Woord word.

Hulle wat "SLEGS HOORDERS" is, is VERGEETAGTIG; want wat hulle gehoor
het disintegreer in die teenwoordigheid van probleme en druk. Hulle vergeet DIE WOORD
VAN GOD EN VAL TERUG OP NATUURLIKE INSTINKTE. Die saaier het die Woord
gesaai en slegs 'n paar mense het die Woord behou. Die res het toegelaat dat
VERVOLGING, BEPROEWING, PLESIER EN DIE SORGE VAN DIE LEWE, ens. die
Woord van hulle steel.

5.1 GELOOF SONDER WERKE IS DOOD

 MENSE WAT GENEES IS MOET DAARVOLGENS HANDEL

 VERLOSTE MENSE MOET HANDEL VOLGENS HULLE VERLOSSING

Psm 107:1, 2 LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in
ewigheid! DIT MOET DIE VERLOSTES VAN DIE HERE Sê. WAT Hy uit die
nood verlos het.

- Sê DIT - LOOF GOD - DANK HOM - LEEF HEILIG

Heb 3:16–19 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie
almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? En op wie was Hy
veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die
woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal
ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur
ongeloof nie kon ingaan nie.

 TWEE DINGE WAT JESUS KWAAD GEMAAK HET

- Die Ongeloof van Sy Dissipels - Die Skynheiligheid van die Fariseёrs.

Wanneer mense ons integriteit bevraagteken word ons kwaad. HOEVEEL TE


MEER GOD!

 SATAN DAAG WARE GELOOF UIT

Hy sal sê ... KYK ...na die omstandighede en hindernisse.

 BEGIN NOU

Verbind jouself NOU om op die Woord van God te handel. As die Woord sê
'VERBLY JOU', dan VERBLY jy jou, ongeag hoe jy voel; 'JY IS GENEES' Werk dan met
die Here saam. Handel volgens die GENESINGSWOORD wat God spreek.
Luk 5:18–20 ... 'n mens wat verlam was ... HY HET HULLE GELOOF GESIEN.

Toe Jesus die man sien wat deur 'n gat in die dak gekom het, het Hy HULLE
GELOOF GESIEN. Hulle dade het bewys dat hulle glo.

6. EGTE BYBELSE GELOOF

Egte BYBELSE GELOOF noem jouself wat die Bybel jou noem. Aanvaar wat die
Woord van jou sê soos dat 'DAAR GESKRYWE STAAN' sonder om te wonder hoekom dit
nie vir jou werk nie, mens waarom dit so ver van die waarheid af lyk in jou lewe. Egte
Bybelse Geloof praat en mediteer in die Woord totdat die hoop SO STERK IN JOU HART
word dat jy ten volle oortuig is. Soos Abraham geglo het dat wat God gesê het alreeds
gedoen is, al het dit nie gelyk asof dit ooit sou gebeur nie. Aanvaar die feit dat Jesus die
skuld vir jou sonde betaal het en namens jou die oorwinning vir jou behaal het. Jy is vry.
'DIT IS VOLBRING'. HALLELUJA! Die werk is volbring, verlossing is verkry!

Jos 1:8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en
nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want
dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Psalm 1

Mark 11:14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid
van jou ‘n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.

Matth 17:20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê
vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan
weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik
wees nie.

Romeine 10:3–13

Romeine 4:17–25

Deut 30:11–14 Want hierdie GEBOD wat ek jou VANDAG beveel, is vir jou NIE
TE SWAAR NIE EN IS NIE VER NIE. Dit is nie in die hemel, sodat jy moet sê:
Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor,
dat ons dit kan doen? Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie
sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit
laat hoor, dat ons dit kan doen? MAAR BAIE NABY JOU IS DIE WOORD, IN
JOU MOND EN IN JOU HART, OM DIT TE DOEN.

________________________________________________________________________
SEWE GROOT GELOOF

Geloof word gebou en versterk met verloop


van tyd en deur volle aanvaarding van sekere
waarhede wat God wil hê ons moet bedink

Studieveld Uitkomste

 Weet jy is Verlos  Na voltooiing van die sessie


behoort jy in staat te wees om ...
Hy het ons van die krag van die
duisternis verlos want sonde sal Geloof korrek te formuleer –
oor ons nie heers nie oefeninge op te stel vir jou eie
opbouing, en in staat te wees
 Weet dat jy 'n Nuwe Skepsel is om dit met ander te deel
Verlos van die vlees
Ons is koningskinders Doelwitte
 Weet dat HY in jou en jy in Hom is  Om ware geloof te ervaar

Christus is alles Handel volgens ware Bybelse geloof


Christus is ons omgewing Glo dat ons ontvang het
Ontvang in die teenwoordige tyd
 Geregtigheid is om Reg
te wees met God  Om ander in geloof te sterk

Definisie van geregtigheid Deel jou kennis


Geregtigheid is effektief Doen opleidingservaring op
Vertrou op God se karakter
 Ken die Krag in die Naam Jesus
 Om 'Dooie Werke' te vermy
Wat is in 'n naam
Jesus het ons die reg gegee Beoefen ware Bybelse Geloof
Die uitwerking van die Naam Vermy nuttelose tradisies
Verwerp dooie rituele
 Ken Gehoorsaamheid Bely die Woord van God
aan die Woord

Vertrou op die Here met jou hele hart


en steun nie op jou eie insig nie
Wat sê God?

 Weet wat om te Bely

Hou vas aan jou belydenis


________________________________________________________________________
SEWE GROOT GELOOF-BOUERS_____________________

Ons praat van GELOOF IN GOD DIE VADER, GOD DIE SEUN EN GOD DIE
HEILIGE GEES. GELOOF IN DIE WOORD VAN GOD, GELOOF IN DIE INTEGRITEIT
VAN GOD.

Gal 5:6 ... maar DIE GELOOF WAT DEUR DIE LIEFDE WERK.

1 Joh 4:18 Daar is geen vrees in die LIEFDE nie; maar die volmaakte liefde
DRYF die vrees buite, want die vrees sluit straf in.

Vrees is LYNREG IN TEENSTELLING met geloof. Vrees is DIE PERVERSE


VORM VAN GELOOF en is die BRON van ONGELOOF en TWYFEL. Vrees en geloof
funksioneer volgens dieselfde basiese wette. Vrees ontstaan deur SLEGTE GERUGTE en
word vererger deur BEKOMMERNIS en ANGS. Deur bekommernis verbeel jy jou dat
daardie slegte gerugte alreeds gebeur het. Bekommernis plaas WOORDE IN JOU MOND
wat daarvan spreek dat jy alreeds die slegte nuus aanvaar het. Hierdie woorde laat dit
waarvoor jy die MEESTE VREES oor jou kom.

 DIE WORTEL VAN GELOOF


________________________________________________________________________
LIEFDE IS DIE WORTEL VAN GELOOF__________________

Geloof begin met 'n LIEFDESVERHOUDING MET GOD, want GOD IS LIEFDE!
Geloof word GEBORE en GEVOED in die atmosfeer van God se liefde.

 ONDERVIND DIE LIEFDE

1 Joh 4:16, 17 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God
is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. Hierin het die
liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoediheid kan hê in die oordeelsdag;
want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

VRYMOEDIGHEID, GELOOF, VERTROUE, OORTUIGING, MOED en


ONVERSKROKKENHEID KOM DEUR 'N BELEWENIS EN ERVARING VAN GOD SE
LIEFDE.

 WAT IS GELOOF, HENOG?


Genesis 5 : 24 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie,
want God het hom weggeneem.

________________________________________________________________________
WANDEL MET GOD__________________________

 DIE WOORD IS GOD

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Joh 1:1, 14 In die begin was die WOORD, en die WOORD was by God, en die
WOORD WAS GOD ... en die WOORD het vlees geword en het onder ons
gewoon.
As ons met GOD WIL WANDEL en SY LIEFDE WIL ERVAAR, dan moet ons met
HOM WANDEL en SY WOORD ERVAAR. God se Woord is 'n uitdrukking van Homself.

 HOE OM TOT GOD TE NADER

- Leer God ken deur Sy Woord


- Neem tyd om oor die Woord te mediteer
- Laat toe dat die Heilige Gees jou verstand verlig
- Voed jouself met die Woord
- Handel op die Woord

Psm 1:2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.

As ons nie VOLHARDEND GETROU in hierdie dinge is nie, SAL ONS GELOOF
GEWELDING BELEMMER WORD en SKIPBREUK LY (1 Tim 1:19). DIT IS moontlik om 'n
GELOOF-BOUER (Judas 20) te wees wat die volgende waarhede verstaan en in die
werklikheid daarvan wandel:-

1. WEET DAT JY VERLOS IS

Jy kan die werklikheid van jou verlossing uit die koninkryk van Satan na die
koninkryk van die Seun aan sy liefde ken. Satan se heerskappy oor ons is beëindig. Ons
leef in volkome vryheid. Ons is in die Koninkryk van liefde, blydskap, vrede, lig en geloof.
Ons wandel in God se teenwoordigheid.

Kol 1:13, 14 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duistermis en oorgebring
het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur
sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die
wet nie, maar onder die genade.

Gal 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en
laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

________________________________________________________________________
AS DIE SEUN JOU VRYGEMAAK HET - IS JY WAARLIK VRY_______

2. WEET DAY JY 'N NUWE SKEPSEL IS

2 Kor 5:16, 17 Ons ken dus VAN NOU AF NIEMAND MEER NA DIE VLEES nie;
en al het ons ook Christus na die vlees geken, NOU ken ons Hom tog nie meer so
nie. Daarom, as iemand IN CHRISTUS IS, IS HY 'N NUWE SKEPSEL; DIE OU
DINGE HET VERBYGEGAAN, KYK, DIT HET ALLES NUUT GEWORD.

 NA DIE VLEES
________________________________________________________________________
ONS KEN NIEMAND MEER NA DIE VLEES NIE_______________

Diegene wat nie die NUWE SKEPPING nie verstaan nie, beskou HULSELF en
ALMAL rondom hulle bloot volgens die natuurlike dinge van die vlees. Hulle SIEN GLAD
NIE DIE KRAG VAN GOD NIE; hulle sien ook nie die handewerk van die ONSIENLIKE
GOD nie. Hulle is slegs ingestel op die fisiese dinge wat hul oë kan sien en ore kan hoor.

 DIE MANIER WAAROP ONS CHRISTUS SIEN

Die Apostel Paulus sê dat hulle voorheen vir Christus na die vlees geken het, wat
saam met hulle geloop en gepraat het, fisies gely, bespot, mishandel en gekruisig is en
gesterf het.
________________________________________________________________________
NOU SIEN ONS JESUS CHRISTUS DIE VERRESE HERE__________

Hy is bevry van die fisiese natuurlike ryk en LEEF NOU IN DIE HEMELSE RYK –
VERHEWE BO DIE NATUURLIKE RYK VAN DIE VLEES. Hy is ONAFHANKLIK van die
natuurlike ryk en Hy beheer dit nou.

 DIE NUWE SKEPPING WAS WONDERBAARLIK

Die Nuwe Skepping ontstaan sodra die opstandingskrag van die Verrese Christus
in ons sterflike inkom en ons GEESTELIK LEWENDIG MAAK. Ons maak die werke van
die vlees dood en REGEER DEUR DIE GEES, WAARIN JESUS CHRISTUS GESETEL IS.

Kol 1:21, 22 Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandiggesind deur die
bose werke, het Hy nou versoek in die liggaam van sy vlees deur die dood, om
julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel.

 HEILIG, SONDER GEBREK EN ONBERISPELIK IN SY OË

Die NATUUR, die KRAG en die HEERSKAPPY van die VLEES was VERNIETIG.

- WANNEER?
________________________________________________________________________
TOE DIE VLEES VAN JESUS GEKRUISIG IS, IS DIE KRAG EN
HEERSKAPPY VAN DIE NATUURLIKE WÊRELD VERNIETIG________

 VERVREEMDING, VYANDE, BOSE WERKE

Dit is wat aan die kruis vernietig is toe Jesus gesterf het. Ons is nou in Hom:
GEHEILIG, ONBERISPELIK en ONSKULDIG IN DIE OË VAN GOD.
________________________________________________________________________
GELOOF IS DIE SLEUTEL WAT DIE SLOT OOPSLUIT____________

Dit is wat GELOOF SO KRAGTIG maak. God het ons die reg op ALLES IN DIE
HEMEL en op AARDE gegee. HY HET NIKS TERUGGEHOU NIE! ALLES BINNE SY WIL
IS ONS S'N! EN DIT ALLES AS GEVOLG VAN DIE WEDERGEBOORTE!

1 Pet 1:23 ... want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit
onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

Efes 2:10 Want ons is sy maaksels, geskape in Christus Jesus.


 ONS IS 'N UITVERKORE GESLAG

1 Pet 2:9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige
volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit
die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.

 ONS IS KONINGSKINDERS

Open 1:5, 6 ... en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit
die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons
liefgehad het en ons van ons sonde gewas het in sy bloed en ons gemaak het
konings en priesters vir sy God en Vader ....

3. WEET DAT HY IN JOU EN DAT JY IN HOM IS

 IN HOM, IN CHRISTUS, IN WIE

Hierdie frases kom eenhonderd-vier-en-dertig keer in die Nuwe Testament voor.

Dit sê AAN ONS WIE ONS IS en WAT ONS BESIT. Dit toon aan ons ONS
STAND VOOR GOD. Indien ons nie weet wat ons vir God beteken nie, dan het ons GEEN
BASIS VIR GELOOF NIE.

 NIE SLEGS VERSTANDELIKE KENNIS NIE

Ons het 'n OPENBARING VAN HIERDIE WAARHEID in ons GEESTELIKE MENS
– INNERLIKE MENS nodig.

- Weet hoe WAARDEVOL en KOSBAAR jy is


- Weet WAT JY BESIT
- Weet WAT JY KAN DOEN
- Weet WIE JY IS

Onsekerheid en gebrek aan kennis is FAKTORE wat GELOOF TEËWERK.

Kol 3:10, 11 ... en julle jul met die nuwe mens beklee het WAT VERNUWE
WORD TOT KENNIS na die beeld van sy Skepper .... maar Christus is alles in
almal.

3.1 CHRISTUS IN ALLES

Ons moet begryp dat die gelowige IN CHRISTUS INGEDOMPEL is. Gedoop in
Sy Liggaam waarvan HY DIE HOOF IS.

 ONDER SY HEERSKAPPY

Om in CHRISTUS te wees, beteken dat ons onder NUWE BESTUUR en BEHEER


is. Ons is ONDERGESKIK aan SY WIL en BEVELE.
________________________________________________________________________
DAAROM HET ONS OUTORITEIT_____________________
 ONS HET SY LEWE

Ons is in die ABSOLUTE of EWIGE LEWE ingebring waar daar geen finale dood
is nie – 'n toestand waar DIE EGTE LEWE NOOIT OPHOU NIE.
________________________________________________________________________
DAAROM HET ONS DIE EWIGE LEWE - JOHANNES 6 : 51_________

 ONS HET SY MAGTIGE KRAG

Dit beteken dat SY ENERGIE en WONDERWERKENDE KRAG soos 'n tuiste is


waarin ons voortdurend leef. Ons bevind ons in die posisie waar die bonatuurlike ons
NORMALE LEWENSPATROON WORD.
________________________________________________________________________
DAAROM HET ONS VERMOË_______________________

 ONS HET SY GEAARDHEID EN KARAKTER

Ons word OORSPOEL MET LIEFDE, VREDE, VREUGDE, GOEDHEID,


SAGMOEDIGHEID, VRIENDELIKHEID, SELFBEHEERSING, GEDULD, GELOOF en
(Galasiërs 5:22,23). Hierdie karaktertrekke DEURDRENK ONS HELE WESE.

________________________________________________________________________
DAAROM HET ONS LIEFDE - HOOGLIED 2 : 4______________

 ONS HET SY OORWINNING

Die manier waarop ons lewe is om die vyand te oorwin, te seёvier, te verower, te
bemeester en te oorweldig, ons ken geen ander lewenswyse nie. NEERLAAG IS
ONDENKBAAR EN ONBEGRYPLIK.
________________________________________________________________________
DAAROM KAN ONS ALTYD OORWIN - 1 JOHANNES 5 : 4_________

 SY WYSHEID WORD AAN ONS GEGEE


________________________________________________________________________
DAAROM KAN ONS ALTYD REGTE BESLUITE NEEM - JESAJA 30 : 21___

 ONS HET SY GEREGTIGHEID


________________________________________________________________________
DAAROM IS OMS IN CHRISTUS MET GOD VERSOEN____________

3.2 CHRISTUS IS ONS OMGEWING

Ons menslike liggame is soos 'n PROPLOSE BOTTEL op die bodem van die
oseaan.

- ONS IS IN CHRISTUS INGEDOOP Rom 8:1

- CHRISTUS IS IN ONS UITGESTORT Gal 2:20

________________________________________________________________________
ONS WORD OORSTROOM MET JESUS CHRISTUS_____________
4. GEREGTIGHEID IS OM REG TE WEES MET GOD

 DIE TRONK VAN VEROORDELING


1 Joh 3:21, 22 Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons
vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat
ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Met ander woorde, as ons hart ons veroordeel het ons GEEN VRYMOEDIGHEID
TEENOOR GOD NIE. Veroordeling beroof ons van ons GELOOF IN GOD. Sonder geloof
behaag niks wat ons doen God nie.

 WANDEL VOLGENS DIE BEGEERLIKHEID VAN DIE VLEES

Dit produseer veroordeling in ons. Om in die GEES TE WANDEL VERWYDER


VEROORDELING VAN ONS.

4.1 DEFINISIE VAN GEREGTIGHEID

Jak 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan
word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

 GEREGTIGHEID IS OM IN DIE REGTE VERHOUDING MET GOD TE WEES

Rom 10:8–10 Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord
van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met
jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met
die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

1 Joh 1:9 As ons ons sondes bely, HY IS GETROU EN REGVERDIG OM ONS


DIE SONDES TE VERGEWE EN ONS VAN ALLE ONGEREGTIGHEID TE
REINIG.

- Jy moet God liefhê met jou HELE hart Markus 12 : 30


- Glo in die NAAM VAN JESUS 1 Johannes 3 : 22, 23

 GEREGTIGHEID IS OM IN DIE REGTE VERHOUDING MET MEKAAR TE WEES

1 Joh 2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die LIG, en in hom is geen oorsaak van
struikeling nie.

4.2 GEREGTIGHEID IS EFFEKTIEF

Heb 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan,
sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp
te word.

Jak 5:17, 18 Elia was 'n mens net soos ons, en hy het ERNSTIG gebid dat dit
nie moes reёn nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie
gereёn nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reёn gegee en die aarde het
sy vrug laat uitspruit.
5. KEN DIE KRAG VAN DIE NAAM VAN JESUS

As ons nie ons voorreg en reg om DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS TE
GEBRUIK verstaan nie, SAL ONS GELOOF VERHINDER WORD.

 WAT IS IN 'N NAAM

- Gesag - Sukses
- Reputasie - Verteenwoordiging

Mark 16:17, 18 En vir DIE WAT GEGLO HET, SAL HIERDIE TEKENS VOLG: In
My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle
opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op
siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Joh 14:12–14 ... wie in My glo ... hy sal groter werke doen as dit ... En wat julle
ook al IN MY NAAM VRA, dit SAL EK DOEN, sodat die Vader in die Seun
verheerlik kan word. As julle IETS IN MY NAAM VRA, SAL EK DIT DOEN.

Joh 16:23–26 ... ALLES WAT JULLE DIE VADER SAL VRA IN MY NAAM, SAL
HY JULLE GEE ... bid en julle sal ontvang ... In daardie dag sal julle IN MY NAAM
BID ...

 JESUS HET ONS DIE REG GEGEE

Hy het gesê dat die gelowige IN SY NAAM MAG OPTREE.

 VERTEENWOORDIGERS EN AMBASSADEURS

- Eer die Naam - Respekteer die Naam

- Onderwerp aan die Naam

 DIE EFFEK VAN DIE NAAM

- Dryf demone uit – bevryding


- Beskerm die gelowige – beskerming
- Stel die hemelse middele beskikbaar – voorsiening
- Genees dié wat siek is – goddelike gesondheid

6. KEN GEHOORSAAMHEID AAN DIE WOORD


________________________________________________________________________
GELOOF VEREIS OPTREDE________________________

Spr 3:5 Vertrou op die Here met jou HELE HART EN STEUN NIE OP JOU EIE
INSIG NIE.

Alvorens ons kan handel op die Woord van God, moet ons eers besef dat GOD
SE WEË TOTAAL VERSKIL VAN ONS METODES. Ons logiese denke kan ons hierin nie
help nie! Ons sal ook nooit God kan gehoorsaam solank as wat ons op ons eie insig steun
nie. Ons sal die werklikheid van die Woord betwyfel en altyd dit wat God gesê het,
bevraagteken deur te vra of dit werklik God is wat dit gesê het.

 WAT SÊ GOD?
________________________________________________________________________
GELOOF DOEN ALLES WAT GOD SÊ____________________

Jak 1:22–26 En word DADERS van die woord en NIE NET HOORDERS wat
julleself bedrieg nie ... en vergeet dadelik ... MAAR HY WAT DIEP INSIEN IN DIE
VOLMAAKTE WET VAN DIE VRYHEID EN DAARBY BLY, hy sal, omdat hy nie 'n
vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die WERK, GELUKKIG wees in
wat hy DOEN. As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en SY TONG
NIE IN TOOM HOU NIE, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is
tevergeefs.

Joh 3:21 Maar hy wat die WAARHEID DOEN, KOM NA DIE LIG, sodat sy werke
openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Luk 8:21 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die WAT
DIE WOORD VAN GOD HOOR EN DIT DOEN.

7. WEET WAT OM TE BELY

Heb 4:14 ... laat ons DIE BELYDENIS VASHOU.

 HOU VAS

Dit is die sleutel tot ons geloof.


________________________________________________________________________
HOU VAS AAN JOU BELYDENIS______________________

 HOMOLOGOS

Dit beteken letterlik 'woorde wat identies is aan' of 'woorde en idees wat dieselfde
is'.

Heb 4:12 Want die woord (LOGOS) van God is LEWEND en KRAGTIG en
SKERPER as enige tweesnydende swaard ...

LOGOS beteken letterlik ' DIE WOORD VAN GOD' en HOMOLOGOS beteken
derhalwe dat ONS WOORDE IDENTIES of dieselfde AS DIE WOORD VAN GOD MOET
WEES. Dit is waaraan ons moet VASHOU, wetende dat die WOORD VAN GOD LEWEND
EN KRAGTIG IS.

Heb 4:12–14 Want die woord van God is LEWEND EN KRAGTIG ... EN DRING
DEUR tot die skeiding van siel en gees ... LAAT ONS DIE BELYDENIS VASHOU.

________________________________________________________________________
GELOOF 1
Daar is 'n eenvoudige Bybelse formule in die strewe na effektiewe Christelike
bediening - ons het eenvoudig God se seёning alhoemeer nodig. Ons dienswerk sal
meer geseёnd en effektief wees as ons Hom meer in ons bediening betrek. God die
Vader, Seun en Heilige Gees moet tevrede wees met wat ons doen om in ons doen en late
betrokke te wees. Die sleutel hiertoe is geloof. Die Skrif is hieroor baie duidelik.
"Sonder geloof" sê die Hebreёr briefskrywer, "is dit onmoontlik om God te behaag".

Geloof is 'n hoof leierskap komponent wat beide kennis en vaardigheids


ontwikkeling betrek. Maar is ook vir almal. Die dryfveer agter 'n radikale Christelike lewe is
nie 'n terugblik in dankbaarheid nie; dis geloof wat vooruit kyk wat nie alleen die deur na die
bonatuurlike open nie. Dit verbreek die houvas van beangstheid, lusteloosheid, hebsug,
begeerte, bitterheid, ongeduld, hoogmoed, misplaasde skuldgevoel en nog baie meer.

Kyk 'n bietjie na die mense en kerke rondom jou. As jy na ware Bybelse geloof
soek sal van dit wat jy vind selfs grens aan fantasie. Daar is te veel afvallige Christelikheid
om ons, wat 'n soort goedkoop genade en goedkoop geloof versprei. Egte bonatuurlike
wonderwerkende geloof is gedrenk in die Woord, uit God gebore, intens evangelies, inniglik
menslik ... Geloof sê:

Benodig jy 'n wonderwerk? - God het een vir jou


Vasgevang in armoede? - Kry toegang tot God se onbeperkte bronne
Tekort aan wysheid en doelloos? - Ervaar volkome emosionele balans
Voel jy kragteloos? - God wil jou op verbasende wyse gebruik

Baie van die groot Godsmanne soos Wigglesworth en andere het volgehou dat
geloof vreeslik eenvoudig is om te verstaan. Hulle het volkome vertrou op die woorde van
Jesus, "Volle vertroue"; ("Only believe"); en God het hul eenvoudige geloof gebruik om
blindes siende te maak, siekes te genees en selfs dooies op te wek. Dieselfde soort
wonderwerkende krag is tot jou beskikking.

Ja, in sekere opsigte is geloof só eenvoudig om te verstaan; maar dit moet ook
aan gewerk word en ontwikkel word. Daar is geloof as 'n "gawe" en 'n God-gesalfde geloof
as "bediening", maar dit is meesal die uitsondering op die reёl. Vir geloof om te groei moet
meeste van ons God se beginsels leer ken en in ons lewens toepas. Ons moet God
hoofsaaklik leer vertrou. Selfs die kleinste greintjie geloof sal jou met krag onderskraag wat
steeds groter uitkring. Soos jy leer om in God te glo en volkome op Sy karakter te vertrou,
sal jou geloof letterlik ontplof.

Hierdie boek A04 (die eerste van twee dele), is jou inleiding tot Bybelse geloof en
behandel die studie in eenvoudig verstaanbare taal, met: hoekom geloof gepreek moet
word, 'n definisie van geloof, en dit gee sewe groot geloof-versterkers.

Waag dit om steeds dieper in te beweeg om sodoende God al hoe meer te


behaag.

________________________________________________________________________
SLEUTELWOORDE EN KONSEPTE
Sleutelwoorde
Lees aandagtig deur hierdie woorde. Dit sal jou begrip van die materiaal verbeter. As jy
nog steeds oor die betekenis twyfel, raadpleeg dan 'n Woordeboek, of slaan vergelykende
woorde na in 'n Tesourus.

assent

diligently

cunning

stimulation

tenacious

relent

integrity

irreproachable

Konsepte
In hierdie handleiding het die skrywer sorgvuldig die meeste konsepte verduidelik.

________________________________________________________________________
VERSLAE
'n Verslag (of twee) moet vir elke module voltooi word. Leerders sal krediete ontvang vir
rapporte wat hulle op die vlak waarvoor hulle ingeskryf het (of hoёr) ingedien het. Die
fasiliteerder sal bepaal watter verslae verpligtend is.
___________________________________________________________________

Vlak 4

Lees biddend 'n paar keer deur die eerste lesing totdat jy voel dat jy die inhoud verstaan.
Skryf op 'n afsonderlike vel papier die tien teksverse wat jy as die belangrikste beskou.
Merk nou vyf hiervan met 'n glanspen en mediteer daaroor.

Skryf neer wat die Here vir jou sê.

Vlak 5c

Met die hulp van jou leraar(as dit nie jyself is nie) trek ' SSBF-analise op van jou
kerk/sending/organisasie se huidige geloofsvlak. Dit is sy Sterk punte, Swak-
plekke, Bedreigings en Geleenthede. Moet asseblief nie jou analise openbaar maak
nie, maar handig dit direk by jou leraar of kursusleier in. Twee volledige bladsye
behoort genoeg te wees.

Vlak 5d

Twee afsonderlike departemente van jou Kerk ondervind probleme op die gebied van
Geloof. Dit is:

1. Die Geskeide-Vrouegroep het skynbaar bekommerd oor hulle sekuriteit en


veral met hulle finansies.
2. Die Goue Jaregroep oumense is skynbaar bekommerd oor die aspek van
die dood wat nou vinnig besig is om nader te kom.

Kies een van hierdie groepe en berei 'n oosigtelike Bybelstudie uit van twee bladsye waar-
in jy belangrike waarhede oor die onderwerp aanraak. Gee Skrifverwysings.

Vlak 6

Jy is die leraar van 'n kerk waar 'n besoekende spreker verwarring onder jou gemeentelede
gesaai het. Jy was met verlof gedurende die tyd. Hy het onderrig dat die tyd vir wonder-
werke verby is en dat dit vroeg in die kerk se geskiedenis ophou bestaan het en dat ons
versigtig moet wees om nie meer hierdie dinge in geloof te verwag nie. Jou gemeentelede
beweer dat hulle geloof oor wat jy hulle voorheen geleer het, vernietig is.

Ontwikkel 'n strategie oor:

1. Hoe jy beplan om hierdie dwaalleer reg te stel.


2. Wat jy gaan doen om weer geloof te bou.
3. Stel in breё trekke notas op van een bladsy lank.

Handig jou voltooide opdragte betyds by jou fasiliteerder in.


________________________________________________________________________
BRONNE VIR NAVORSING
Terwille van jou eie groei behoort jy wyd na te vors. Leeswerk is waarskynlik die hoofbron
van die stof wat jy sal gebruik en daarom gee ons 'n lys van Aanbevole Boeke. Leersame
bande (beide audio en video) en die bywoning van goeie Christelike opleidingseminare is
ook goeie bronne. Honderde relevante boeke is op CD beskikbaar. Artikels op die Internet
is van toenemende belang. Hiervoor behoort jy te leer om 'n soekstelsel te gebruik om
webtuistes te vind.
Kyk: www.clt.org

AANBEVOLE BOEKE

1. The Power of Faith


Smith Wigglesworth - Whitaker House

2. Faith under Fire


Steven J. Lawson - Crossway Books

3. Bottom Line Faith


Larry Kreider - Moody

4. May all who come behind us find us faithful


Bob Russel - Standard Publishing

5. Moving Mountains
John Waters - Triangle

6. Realities of Faith
M. Basilea Schlink - Evangelical Sisterhood
of Mary
INTERNET WEBTUISTES
1. http://logosresourdepages.org 6. www.christianitytoday.com
2. www.concordant.org 7. www.mountcarmel.com
3. www.joywell.org 8. www.gospelchapel.com
4. www.cmmequip.org 9. www.evangelismtoolbox.com
5. 222.sermonnotes.com 10. www.christianity.com

INTERNET SOEKWOORDE
'Christian', 'Tehology' of 'Doctrine' en:

God, Father, Holy Spirit, Faith, Preach, Trust, Belief, Confidence, Lord, Jesus, Christ,
Hope, Please, Hall of Fame, Doubt, Armour, Signs, Substance, Precipice(s), Prayer, Word,
Act(ing), Bible, Righteousness, Power, Name, Confession.

(The word God or word alone will get too many responses. By combining the first two with
any of the following nine you may get some good articles.)
________________________________________________________________________

You might also like