Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 35

GRONDBEGINSELS

Volume 1

Dissipelskap Studie Kursus

Boek A02

 
INLEIDING

Grondbeginsels

Die woord 'leerstelling' het wyer gebruike, maar wanneer dit in 'n Christelike
verband gebruik word, handel dit met die Bybel. Dit is die rou materiaal van die Woord
waaruit die Kerk teologiese waarhede formuleer. In die Ou Testament was die
implikasie van lering (kommunikasie) of die inhoud van jou geloof. Daar kan nie ware
lering wees as daar nie kommunikasie van die inhoud van die Woord is nie. Geen
lering kan plaas-vind nie as daar nie iemand is wat kennis oordra nie.

Maar dit is ook baie prakties! Lering en geestelike lewe vul mekaar aan.
"Gesonde lering" bevestig dat ware lering lewegewend is. (1 Tim. 1:10, Titus 2:1). Die
letter op sy eie maak dood, maar die Gees gee aan die letter lewe.

Sommige kerkleiers het probeer om gesonde lering met "regsinnigheid"


(ortodoksie), wat hulle dink voldoende is om groei en vooruitgang in die kerk te
waarborg. Min kerkgenootskappe het dit reggekry om dit te vermy, en die gevolg is
verhindering van groei en tevrede met middelmatigheid. As die kerk met minder as die
beste wil wegkom gaan sy verstrengel raak in geestelike armoede.

Om voldoende te wees, moet die kerk die dogma wat dit glo, ervaar en uitleef in die
alledaagse lewe. Leerstellings moet uit boeke uitbeweeg tot binne-in die harte van
mense. Die krag van geestelike ervaring moet die middel wees waardeur die 'letter' van
dogma in die LEWE van die kerk verander word.

Dit is waaroor dit in hierdie boek gaan en dit begin alles met die GROND-
BEGINSELS van die kerk se leerstellings.
BASIESE LEERSTELLINGS -

Inleiding - Inligting benodig by


aanvang van 'n studie van die
Grondbeginsels

Studieveld Uitkomste

 Die Speningsproses  Na voltooiing van die sessie


behoort jy in staat te wees om ....
Moedersmelk tot vloeistowwe
Vloeistowwe tot sagte voedsel
Sagte voedsel tot vaste spys Die kennis en aangeleerde
Vaste spys tot selfvoeding vaardighede te integreer om
Gevestigde eetgewoontes Christen werkers toe te rus vir 'n
Ouerskap studie van Grondbeginsels

Doelwitte
 Onervare in die Woord
 Deel die Speningsproses
Onkundig in enige area van die Woord
'n Baba is onervare Verduidelik die analogie tussen
'n Gebrek aan kundigheid fisiese en geestelike voeding
Gebrek aan kundigheid lewer vrees op
 Fokus op die behoeftes om
 Opleiding deur Oefening Woord-vaardig te wees deur
te wys dat ontwikkelde
Elke volwasse gelowige is kundig vaardighede vrees verminder en
'n Lewende offer vertroue opbou
Die vyf sintuie moet geoefen word
Die Liggaam kan geleer word om  Stel werkverrigting as 'n doel
feitlik alles te doen wat besluit is Leer dat prestasie deur
om te doen oefening kom: wees 'daders'
Oefeninge wat stamina produseer
Verbreking van die pyndrempel
 Gebruik die regte volgorde
Vereis dat Geloof deur bekering
 Die Fundamentele Beginsels
voorafgegaan moet word
Begin by die begin
 Beoefen volwassenheid
Beginsels vir saligheid
opbouing
Beginsels vir groe i
Veroorsaak groei deur die
lering van doktrines en te
motiveer deur hierdie kennis
en insig
________________________________________________________________________
FUNDAMENTELE LEERSTELLINGS_____________________

Hebreёrs 5:12 – 6:2 Want hoewel julle vanweё die tyd leraars behoort te wees,
het julle weer nodig dat 'n mens julle die EERSTE BEGINSELS van die Woord
van God moet leer, en julle het weer behoefte aan MELK en nie aan VASTE
SPYS nie. Want elkeen wat melk gebruik, is ONERVARE in die WOORD VAN
GEREGTIGHEID, omdat hy 'n kind is, ... Maar vaste kos is vir VOLWASSENES,
vir die wat geestesvermoёns besit deur die GEWOONTE GEOEFEN, OM GOED
VAN KWAAD TE ONDERSKEI. Daarom moet ons nie bly by die BEGIN van die
prediking aangaande Christus nie, maar na die VOLMAAKTHEID voortgaan
sonder om weer die fondament te lê van die BEKERING UIT DOOIE WERKE EN
VAN DIE GELOOF IN GOD. VAN DIE LEER VAN DIE DOOP EN VAN DIE
HANDOPLEGGING EN VAN DIE OPSTANDING VAN DIE DODE EN VAN DIE
EWIGE OORDEEL.

INLEIDING

Die DOEL van hierdie studie is om DIE WERKER en DIE DISSIPEL toe te rus en
in staat te stel om elke NUWE BEKEERLING voor te stel aan die fundamentele feite van
die Christelike lewe. Hierdie ses lesings behels die BASIESE ELEMENTÊRE BEGINSELS
waarvan Jesus Sy dissipels geleer het tydens Sy lewe op aarde. Dit kan vergelyk word
met die skoling wat 'n kind kry in die EERSTE GRADE van die PRIMÊRE SKOOL. As 'n
kind daar geleer sou word dat 2 + 2 = 22. en dat D-O-E-N 'EN' spel, dan sal sy hele
skolastiese opleiding deur VALSE INLIGTING bepaal word en sal hy beperk wees in die
SAMELEWING. Net so sal die gelowige aan wie die BASIESE BEGINSELS VERKEERD
OORGEDRA word, ook in sy nuttigheid vir die KONINKRYK VAN GOD belemmer wees.

Nog 'n rede vir hierdie lesings is om die GELOWIGE TE HERINNER aan sy eie
WORTELS en GRONDVESTINGS. Die skrywer van die boek Hebreёrs skryf aan die
oorspronklike Christene in Jerusalem wat op Pinksterdag bekeer is en in die eerste
hoofstukke van Handelinge gemeld word. Hierdie mense het as gevolg van VERVOLGING
en ook vanweё die druk van Judaïsme om terug te keer na die wettiese tradisies, koud
geword in hulle harte. Hulle word HERINNER aan die BASIESE GRONDBEGINSELS en
ook AANGEMOEDIG om na volmaaktheid voort te gaan.

1. DIE SPENINGSPROSES

Heb 5:12 Want hoewel julle vanweё die tyd LERAARS behoort te wees, het julle
weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet
LEER, en julle het weer BEHOEFTE AAN MELK EN NIE AAN VASTE SPYS NIE.

Die SPENINGSPROSES gaan deur verskillende stadiums: van BORSVOEDING


TOT DIE SELF-EET stadium. Dit benodig IEMAND WAT die baba en die jong kind LEER
hoe om te DRINK en hoe om reg te eet. Die voltooiing van die siklus is OUERSKAP waar
die ouer weer die ONDERWYSER is.
 BORSVOEDING

'n Pasgebore baba het 'n natuurlike SUIG INSTINK en leef van een VOEDING NA
DIE VOLGENDE. Babas slaap, drink, bad, slaap, drink, slaap, drink na gelang van die
behoefte vir die eerste aantal maande van hul lewens. Netso is dit ook met nuutgebore
Christene. HULLE HET 'n GROOT BEHOEFTE NA DIE MELK VAN DIE WOORD. Hierdie
Woord moet deur intieme kontak en gemeenskap aan die NUWE GELOWIGE oorgedra
word. Die babas besit hierdie suig instink – sal gereed wees vir die WOORD – hulle SAL
WOORDVOEDING VEREIS.

Besef dat dit die stadium is wanneer ALLES NOG NUUT is vir sy begrip. Dit is die
tyd wanneer die Bybel soos 'n opwindende ontdekkingsreis is; 'n tyd waarin baie dinge
verwarrend is, eenvoudig omdat dit not nooit vantevore probeer of ervaar is nie.

 VAN MOERDERSMELK TOT VLOEISTOWWE

Dit is die tyd wanneer die baba dinge wat hy in die Woord van God sien, begin
ERVAAR en DOEN. Hy begin die moontlikheid insien om die Woord van God te begin
DOEN; iets wat nog kort tevore ondenkbaar was.

 VAN VLOEISTOWWE TOT SAGTE VOEDSEL

Die baba het al 'n bietjie gegroei en geleer om self die beker vas te hou, maar hy
mors nog baie. Hy begin om self klein openbarings uit die WOORD te kry en om dit te
verstaan. Hy begin om hierdie dinge te beoefen sonder dat dit vir hom voorgesê moet
word. Die voedsel moet egter nog vir hom voorgesit word en deur 'n volwasse persoon
bepaal word, anders sal hy net eet wat vir hom lekker is, en 'n ongebalanseerde dieet inkry.

 VAN SAGTE VOEDSEL TOT VASTE SPYS

Hy moet nog gevoed word en sy dieet word nog vir hom bepaal, maar hy word
meer gewoond aan voedselsoorte wat hy voorheen geweier het om in te neem.

 VAN VASTE SPYS TOT SELFVOEDING

Hoewel sy dieet nog gereguleer word, voer hy homself nou. Hy moet 'n
gebalanseerde dieet van die VOLLE RAAD VAN GOD kry en nie net die SOET DELE nie.
Sy eetgewoontes word steeds dopgehou anders kan hy moontlik die meer uitdagende
dinge weggooi.

 GEVESTIGDE EETGEWOONTES

Babaskap is nou lank reeds verby en die gelowige is self-gemotiveerd en ken die
verskil tussen 'n goeie gesonde dieet en 'n ongesonde dieet. Hy reguleer sy eie Woord-
inname teen sy eie pas. Om die Woord uit te voer is nie meer langer 'n probleem nie, dit
word nou 'n konstante gewoonte wat 'n lewenswyse geword het.

 OUERSKAP

Die gelowige bring nou eie kinders in die Here voort en hy sien om na hulle
voedsel, reguleer en dissiplineer die DIEET en EETGEWOONTES van elk van sy eie
geestelike kinders. Hy weet nou hoe om die WOORD te beoefen en demonstreer sy
kennis aan die babas en kinders.

2. ONERVARE IN DIE WOORD

Heb 5:13 Want elkeen wat MELK GEBRUIK, IS ONERVARE IN DIE WOORD VAN
GEREGTIGHEID, omdat hy 'n kind is.

Dit is die stadium in die jong gelowige se lewe wanneer hulle die WOORD VAN
GOD sien, NIE DUIDELIK VERSTAAN NIE en dit vreemd, eienaardig en BUITE BEREIK
skyn te wees. Bekering is 'n woord wat net deur DOEMPREDIKERS en DWEPERS
gebruik word. Wat beteken dit? Geloof? Ek wens ek het jou geloof gehad. Ek het nog so
baie om te leer. Doop deur onderdompeling? NEE! Julle is MAL!

 ONKUNDIG IN ENIGE AREA VAN DIE WOORD

Wanneer 'n gelowige in enige area van die WOORD nog onbekwaam is, is hy in
daardie area nog 'n baba. Byvoorbeeld: Smith Wigglesworth was baie ontwikkel in die
area van GENESING maar was onderontwikkeld in die area van FINANSIERING VAN
GROOT PROJEKTE.

Ander persone is weer hoogs ontwikkeld in GELOOF maar onderontwikkeld in


LIEFDE; of in die GAWES, teenoor die VRUG van die Heilige Gees.

 'N BABA IS ONERVARE

Dit ONTBREEK 'n Baba-gelowige aan KUNDIGHEID in die meeste areas van DIE
KONINKRYK VAN GOD. Al wat hy goed kan doen, is om te VAT en te KRY. Hy het geen
behendigheid in GELOOF en VERTROUE of selfs in die BASIESE dinge van verlossing
nie. Elke keer wanneer hy val, dink hy dat hy WEER nodig het om WEDERGEBORE te
word.

 'N GEBREK AAN KUNDIGHEID

- Hoe om tot bekering te kom - Hoe om in liefde te wandel


- Hoe om te vergewe - Hoe om regverdig te lewe
- Hoe om die Woord te lees - Hoe om te glo vir finansies, genesing

'n Sinsnede wat baie algemeen in persone se getuienis voorkom is "Ek was gered
maar het nie geweet hoe om verder te gaan nie." Dit is 'n probleem! Jesus het die Kerk
opdrag gegee om DISSIPELS TE GAAN MAAK. Die proses van dissiplels-maak is DIE
PROSES WAAR 'N GELOWIGE OPGELEI WORD IN DIE WOORD TOTDAT HY
DAARVOLGENS HANDEL SONDER OM EERS NÁ TE DINK.

 GEBREK AAN KUNDIGHEID LEWER VREES OP


Dit is veral vrees vir die ONBEKENDE, ONBEPROEFDE areas van die Woord.

1 Sam 17:38, 39 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koper- helm op
sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek. En Dawid het sy swaard bo-oor sy
klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, OMDAT HY DIT NOOIT
PROBEER HET NIE, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie WANT EK
HET DIT NOOIT PROBEER NIE. En Dawid het dit uitgetrek.
Anders as Saul het Dawid nog nooit die wapenrusting aangehad of uitprobeer nie
en dit uitgetrek. Baie gelowiges het nog nooit sekere dele van die WOORD VAN GOD op
hul lewens toegepas of uitprobeer nie – en daarom trek hulle dit as't ware uit – hulle het
nog nie die vernuf om die Woord van God (dié wapenrusting) te hanteer nie.

Matt 14:28–30 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om
op die water na U te kom. En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en
loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy
bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê" Here, red my!

Die Here het aan Petrus gesê: "Kom" en hy het daarop gereageer, al was dit 'n
SNAAKSE en ONGEWONE ding om te doen. Dit is wat ONGESPEENDE kinders doen –
AS DIT U IS HERE, BEVEEL MY.

Rig 6:36–40 Toe het Gideon met God gespreek: As U werklik deur my hand
Israel wil verlos soos U gespreek het – Ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê
...

 BABAS IS NIE SEKER VAN DIE WOORD NIE

Dit is slegs as gevolg van 'n GEBREK AAN VERTROUE IN DIE WOORD. Die
Woord aan Petrus was "KOM", en aan Gideon "EK SAL ISRAEL DEUR JOU HAND
VERLOS". Hulle was in die proses waar hulle DIE HERE BEPROEF HET OM TE KYK OF
HY GOED WAS.

3. OPLEDING DEUR OEFENING

Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoёns besit
deur die gewoonte GEOEFEN, om goed van kwaad te onderskei. "Maar vaste
kos is vir volwassenes, wat deur voortdurende gebruik hulleself geskool het ..."
(Vrye vertaling NIV)

Dit is alleenlik deur KONSTANTE EN VOLHARDENDE OEFENINGE dat


OPLEIDING EN VAARDIGHEID VERVOLMAAK WORD.

 ELKE VOLWASSE GELOWIGE IS KUNDIG

Hy weet dat die WOORD VAN GEREGTIGHEID WERK omdat hy dit BEPROEF
het, hy het dit PROBEER en GETOETS en hy is oortuig dat GOD NIE LIEG NIE.

 'N LEWENDE OFFER

Rom 12:1, 2 Ek vernaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat
julle jul LIGGAME STEL AS 'N LEWENDE, HEILIGE EN AAN GOD
WELGEVALLIGE OFFER – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan
hierdie wêreld GELYKVORMIG NIE, maar word verander deur die
VERNUWING VAN JULLE GEMOED, sodat julle kan BEPROEF WAT DIE
GOEIE EN WELGEVALLIGE EN VOLMAAKTE WIL VAN GOD IS.
 DIE VYF SINTUIE MOET GEOEFEN WORD

Dit is alles wat verband hou met die FISIESE LIGGAAM wat onder die KRAG van
die WOORD VAN GEREGTIGHEID gebring behoort te word. Dit is die plek waar die
FISIESE SINTUIE meer GENOT DAARUIT KRY OM DIE WOORD TE BEOEFEN TE
DOEN as uit die GENIETINGE VAN DIE WÊRELD. Dit is wanneer die Woord van God
sterker word as dit WAARNA DIE LIGGAAM SMAG.

 DIE LIGGAAM KAN GELEER WORD OM FEITLIK ALLES TE DOEN WAT BESLUIT
IS OM TE DOEN

 OEFENINGE WAT STAMINA PRODUSEER

Elke gelowige moet by die plek kom WAAR HY ONDER GEEN OMSTAN-
DIGHEDE SAL OPGEE NIE; waar nadat ALLES GEDOEN IS OM TE STAAN, HY NOG
STEEDS STAAN waar hy, nadat hy die wil van God volbring het, NOG STEEDS
VOLHARD, al sou hy geen FISIEKE RESULTATE sien nie.

Elke gelowige moet op die plek kom dat HY NIE SAL OPHOU voordat hy DIE
BESTE WAT GOD VIR HOM HET ONTVANG HET NIE; die beste beloning, die mooiste
kroon met die beste juwele daarin. DIT KOM ALLEENLIK DEUR KORREKTE
HANTERING VAN DIE WOORD VAN GEREGTIGHEID WAT SLEGS VERKRY WORD
DEUR KONSTANTE OEFENING.

 VERBREKING VAN DIE PYNDREMPEL

In elke oefenprogram is daar 'n PYNDREMPEL waar jy moet kies of jy gaan


aanhou ongeag hoe pynlik dit is of wat die koste daaraan verbonde ookal mag wees. Daar
MOET 'n VASBERADENHIED WEES OM DIE PRYS TE BEHAAL.

 ABRAHAM SE PYNDREMPEL

Dit was toe God gewag het TOTDAT ALLE HOOP VERBY WAS dat hulle 'n kind
sal kan hê. Abraham se PYNDREMPEL het GEBREEK die dag toe hy daarvan TEN
VOLLE OORTUIG was. Hy was VOLLEDIG OPGELEI en HY en SARA het hulle seun,
Isak, voortgebring. Dit was toe ook vir hom moontlik om vir Isak te offer want hy het
geweet dat God Isak selfs uit die dode sou kon opwek.

 MOSES SE PYNDREMPEL

Moses het die pyndrempel gebreek by die brandende bos in die woestyn toe hy
DIE STAF VAN GOD OPGENEEM HET. Hy was ten volle oortuig van God, daarom was
dit nie nodig om op sy eie pogings staat te maak nie.

 JOSUA SE PYNDREMPEL

Dit was die dag toe Josua die leierskap by Moses moes oorneem. God het met
Josua gepraat en gesê dat hy die volk van God in die beloofde land Kanaan sal inlei.
Josua het op hierdie Woord gereageer en oorgegaan tot aksie.
4. DIE FUNDAMENTELE BEGINSELS

 BEGIN BY DIE BEGIN

As ons nie op die regte plek begin nie sal ons op die verkeerde plek eindig en ons
sal nooit op die plek kom van volwassenheid in die Woord van GEREGTIGHEID nie. Ons
moet BEGIN deur KUNDIG TE WORD in hierdie SES FUNDAMENTELE BEGINSELS.

Hierdie basiese beginsels kan in DRIE GROEPE verdeel word met hul basiese
doelstellings.

 BEGINSELS VIR SALIGHEID

Die eerste twee elementêre beginsels is dié van saligheid vir die mens.

 BEKERING UIT DOOIE WERKE


 GELOOF IN GOD

As 'n persoon nie 'n volledige begrip kry van wat BEKERING is, of wat dit beteken
OM GELOOF te hê nie, sal hy heelwaarskynlik DOODGEBORE word of BINNE 'N KORT
TYDJIE GEESTELIK STERF. Hy sal altyd 'n probleem met SONDE ervaar en nie weet
HOE OM DIE WÊRELD TE OORWIN NIE. Hy sal nooit stabiel kan wees nie.

Die idee is om die NUWE BEKEERLING BEKWAAM in BEKERING en GELOOF


te kry.

 BEGINSELS VIF GROEI

 DIE LEER VAN DIE DOPE


 DIE HANDOPLEGGING

Gebrekkige kennis van hierdie twee beginsels sal GROEI VERTRAAG en


geestelike DWERGIES voortbring, wat altyd 'n klein porsie van alles sal besit. Hulle sal tot
'n sekere hoogte groei en dan daar bly staan. Hulle sal 'n plato bereik ver onder hulle
VOLLE ERFDEEL en daar sal altyd 'n gevoel van 'hoekom is jy so stadig om die land in
besit te neem?' by hulle aanwesig wees.

 BEGINSELS VIR MOTIVERING

 OPSTANDING VAN DIE DODE


 DIE EWIGE OORDEEL

Sonder begrip van hierdie beginsels is daar nooit sekerheid waarheen ons op pad
is nie en sal DAAR ALTYD 'N GEVOEL VAN NUTTELOOSHEID aan ons knaag. Ons sal
altyd ontmoedig voel en die wil om voort te gaan verloor.
________________________________________________________________________
BASIESE LEERSTELLINGS -

'n Stap-vir-stap verduideliking van wat


gebeur gedurende die reddingsproses
met beklemtoning van die kern-
elemente van bekering en geloof

Studieveld Uitkomste

 Bekering uit Dooie Werke  Na voltooiing van die sessie


behoort jy in staat te wees om ...
Bekering
Dooie werke Beskryf die twee basiese
elemente van redding en
 Geloof in God verduidelik hul verbintenis en
funksie in die Christelike
Tot God vernuwingsproses
Geloof is dus ...
Doelwitte
 Verduidelik die betekenis van redding

Gebruik die terme van leerstellings


wat deel is van die reddingsproses
Beskryf wat met die term
'proses' bedoel word

 Bespreek die implikasies van


'Bekering van dooie werke'

Vergelyk Goddelike en wêreldse bekering


Verduidelik die bekeringsdaad
en die gevolge
Definieer dooie werke en die gevolge
Annaliseer die impak van rituele
aanbidding

 Stimuleer geloof tot God

Gebruik ses opeenvolgende


Byblelse beginsels, naamlik -
Die Rigting, Die Beloner,
Die Beloftes, Die Betekenis van Geloof,
Die Gawe van God en
Die Geloof wat gegee word
________________________________________________________________________
BASIESE LERINGS VIR SALIGHEID_____________________

Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande
Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament
te lê van die BEKERING UIT DOOIE WERKE en van DIE GELOOF IN GOD.

Ons moet onthou dat hierdie Hebreёrs op hierdie stadium reeds na volmaaktheid
VOORTGEGAAN het, maar ons sien dat hulle die GRONDBEGINSELS vergeet het en
daarom het hulle begin verbrokkel; hulle was besig om die GELOOF IN GOD te verlaat;
hulle rug te draai op die WATERDOOP en die KRAG VAN DIE HEILIGE GEES te ignoreer
en van die OORDELE VAN GOD en die OPSTANDING VAN DIE DODE te vergeet. Hulle
het verstrengel begin raak in die OU JOODSE TRADISIONELE GODSDIENSTIGE
GROEWE as gevolg van druk van die Joodse gemeenskap waarin hulle geleef het. Dit is
waarom ons geleer word om DIE HEILIGMAKING NA TE JAAG. DIE BELANGRIKE PUNT
IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE is dat dit DIE REALITEIT VAN DIE GRONDSLAG VAN
CHRISTENSKAP, wat duidelik uiteengesit word, vir ons, uitspel.

Ons gaan nou kyk na twee BASIESE BEGINSELS wat handel oor ONS
SALIGHEID.

 DIE BETEKENIS VAN REDDING

Die woord SALIGHEID in die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tale is baie


OMVATTEND IN BETEKENIS, en dra menige idees en bedoelinge oor. Dit omvat AL DIE
HANDLELINGE VAN GOD wat tussenbeide tree OM DIE MENSDOM TE RED VAN
TOTALE GEESTELIKE, SIELKUNDIGE EN FISIESE VERWOESTING.

Die volgende woorde is verwant aan die begrip SALIGHEID:

 BEVRYDING
 VEILIGHEID
 BEWARING
 GENESING
 ONGESKONDENHEID

Saligheid behels ook alles wat nodig is om ons totaal TE BEVRY van ELKE
VORM van binding.

 REGVERDIGMAKING

Dit is 'n WETLIKE TERM waardeur 'n REGTER, in ons geval – GOD, wettiglik
iemand IN DIE REG verklaar DEURDAT DIE WET BEVREDIG IS. Dit is 'n daad waardeur
ons 'N HEMELSE VRYSPRAAK ONTVANG HET.

 VERLOSSING

Die mensdom wat AAN GOD BEHOORT omdat Hy hulle geskape het, is op die
slawemark verkoop, gebonde deur sonde en moes teen 'n prys losgekoop word. Jesus het
die MENSDOM VERLOS deur Sy Lewensbloed vir hulle te betaal.
 GENADE

ONVERDIENDE GUNS is aan die mensdom bewys uit suiwere GOEDHEID VAN
GOD. God stort sy GUNS uit oor 'n mens, ongeag sy dade en HY WORD GERED.

 PLAASVERVANGER

Jesus het SO BAIE ARM GEWORD sodat ons SO BAIE RYK KAN WORD.

 TOEREKENING

Dit beteken dat dieselfde REGVERDIGE NATUUR asook die KARAKTER van
GOD aan ons oorgedra word.

 VERGIFNIS

Alle skuld van die verlede is gekanselleer! Want die PRYS IS BETAAL.

 HEILIGMAKING

Ons is afgesonder om God se persoonlike geliefde eiendom te wees, uitsluitlik vir


Sy gebruik.

Al hierdie wonderlIke dinge gebeur met ons die oomblik dat ons SALIGHEID
ontvang. Bekering en Geloof is twee dinge wat FUNDAMENTEEL IS VIR SALIGHEID.
Sonder hierdie twee dinge IS DAAR GEEN SALIGHEID NIE.

 DIE VOORTGESETTE PROSES

Matt 10:22 ... Maar wie volhard tot die einde toe, HY SAL GERED WORD.

1 Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore
gaan, maar vir ons wat GERED WORD, IS DIT DIE KRAG VAN GOD ...

Hand 2:27 ... En die Here het DAAGLIKS by die GEMEENTE GEVOEG DIE
WAT GERED IS.

 DIE PROSES VAN REDDING

Ons REDDING begin in die GEES en eindig in die VLEES VAN DIE MENS.

Die mens bestaan uit 'n GEES, SIEL EN LIGGAAM. Die mens is 'n GEES, hy het
'n SIEL en hy woon in 'n LIGGAAM. Die SIEL beklee die GEES terwyl die LIGGAAM die
GEES en die SIEL omhul. Die GEES is die kern en middelpunt van die mens en word die
INNERLIKE MENS of die HART VAN DIE MENS genoem.

- DIE GEES is WEER GEBORE


- DIE SIEL word VERNUWE
- DIE LIGGAAM sal OPGEWEK WORD
Wanneer die GEES WEDERGEBORE WORD is daar redding vir die GEES,
wanneer die siel VERNUWE OF HERSTEL word, is daar VERLOSSING vir die SIEL;
wanneer die liggaam WEER OPGESTAAN HET sal daar REDDING VIR DIE LIGGAAM
wees. Indien die Gees nie wedergebore word nie, kan die liggaam nooit die
OPSTANDINGSLEWE ervaar nie. By die wederkoms van Jesus sal opstanding van die
liggaam die finale fase in die PROSES VAN REDDING betree wat met DIE
WEDERGEBOORTE VAN DIE GEES begin het.

 DIE HELM VAN VERLOSSING

'n Persoon tree toe tot SALIGHEID deur BEKERING en GELOOF.

As hierdie beginsel TEN VOLLE BEGRYP en die REALITEIT DAARVAN


ERVAAR WORD, is dit soos 'n HELM wat die SIEL van vernietiging bewaar. Dit vorm 'n
keerwal waarbinne dit moontlik is vir die siel om VERNUWE TE WORD.

1. BEKERING UIT DOOIE WERKE

2 Kor 7:10, 11 Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike
bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood. Want kyk,
juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God – wat 'n groot ywer
het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange,
ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.

Daar is twee soorte bekering, naamlik:

- Goddelike bekering - Wêreldse bekering

 WÊRELDSE BEKERING

Dit is die soort wat JAMMER IS DAT HY UITGEVIND IS maar HY IS ONWILLIG


OM INNERLIK TE VERANDER. Wêreldse bekering veroorsaak selfverwyt vir die skande
wat veroorsaak het dat hy sy aansien verloor het. Dit is GEBASEER OP HOOGMOED en
dit kom voor as 'n persoon VERLEË voel oor wat hy gedoen het.

Die probleem is dat hy NOG STEEDS LIEF IS VIR DIE SONDE WAT HY DOEN,
hy is lief vir die GENOT van die sonde. Hy is ook verleё dat mense nou sleg van hom mag
dink, maar as hy sy eie sin kan kry, sal hy aangaan met waarmee hy besig was.

Nog 'n probleem is dat omdat hy JAMMER VOEL OOR DIE SONDE hy nou dink
dat hy hom werklik bekeer het en aanvaarbaar is by God, maar hy hou aan om die genot
van die sonde te koester en doen dit nog steeds heimlik. Sommiges hou aan om openlik
verkeerde dinge te doen en meen dat OM JAMMER TE VOEL aanvaarbaar is, hulle reken
dat hulle NOU GENOEG GELY HET. Hierdie soort bekering is egter SELFBEDROG.

Jak 1:22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself
BEDRIEG NIE, ( ... betraying yourselves into deception by REASONING
CONTRARY TO THE TRUTH. (Amp).
Met ander woorde, so 'n persoon oortuig homself dat hy werklik die Woord doen
terwyl hy eintlik die teenoorgestelde doen. Wêreldse bekering lei tot misleiding en dood,
want dit redeneer volkome teenstrydig met die Woord.

 GODDELIKE BEKERING

Hierdie bekering wek 'n SPESIFIEKE GESINDHEID op, naamlik DIE BEGEERTE
EN DIE WIL OM DIE REGTE DINGE TE DOEN; WIL HOMSELF BEWYS; DIT BRING 'N
WEERSTAND TEEN DIE VERKEERDE DINGE MEE; DIT PRODUSEER RESPEK
TEENOOR GOD EN SY WOORD en WIL GOD BEHAAG.

1.1 BEKERING

 BETEKENIS VAN DIE WOORD BEKERING

 LETTERLIK BETEKEN DIT OM VAN PLAN TE VERANDER

Indien daar geen verandering van GEDAGTE PLAASGEVIND HET NIE, het
GEEN BEKERING plaasgevind nie. Sommige persone het slegs 'n gevoel van jammerte
maar het geen intensie OM HULLE DENKPATRONE te verander nie. Dit is nie ware
bekering nie. Bekering beteken om jou HELE DENKWYSE TE VERANDER, die manier
hoe jy dinge sien en jou SIENING VAN DIE LEWE en van DIE DINGE WAT JY DOEN of
NIE DOEN NIE.

Bekering is 'n BEWUSSYNSBESEF van presies waar jy staan en dat


VERANDERING NODIG IS. Die verlore seun het "tot homself gekom" en het BEGIN OM
SY DENKWYSE TE VERANDER. Alvorens daar 'n verandering VAN DENKWYSE
plaasvind, kan daar geen LEWENSVERANDERING wees nie. Dit is belangrik dat jou
HOUDING oor hoe jy omtrent dinge dink en voel moet VERANDER alvorens ware bekering
in werking gestel kan word.

 VERANDERING VAN LEWENSWYSE

Die verlore seun het tot homself gekom EN BEGIN DINK AAN SY HUIDIGE
TOESTAND asook aan DIE MOONTLIKE TOEKOMSTIGE TOESTAND. Hy het dadelik
OPGESTAAN en na 'n NUWE SKOON LEWENSWYSE GEGAAN, herstel AS 'N SEUN IN
SY VADER SE HUIS. Hy was heeltemal gewillig om DIE EISE en VOORSKRIFTE van sy
Vaderhuis te huldig, wat nodig was om in daardie LEWENSWYSE te bly. BEKERING
beteken om WEG TE DRAAI van die OU LEWENSWYSE na 'n totaal teenoorgestelde
LEWENSWYSE.

 VERANDERING VAN TROU

Bekering beteken ook die VERANDERING VAN MEESTERS. Die verlore seun,
net soos so baie mense van vandag, dien die ARMOEDIGE BEGINSELS VAN DIE
WÊRELD.
Gal 4:8, 9 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle die GEDIEN
WAT VAN NATURE GEEN GODE IS NIE; maar noudat julle God ken, of liewer
deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die SWAKKE en ARMOEDIGE
EERSTE BEGINSELS (Eng: BEGGARLY RULING SPIRITS) wat julle weer van
vooraf wil dien?
Om 'n ander MEESTER as DIE VADER VAN ONSE HERE JESUS te dien, is
soos om VARKPEULE TE EET en in 'n MORSIGE MODDERIGE VARKHOK te bly.

Romeine 6:16 Weet julle nie dat aan julle julself as diensknegte tot beskikking
stel om hom gehoorsaam te wees, julle DIENSKNEGTE IS VAN HOM AAN WIE
JULLE GEHOORSAAM IS NIE – óf van die sonde tot die dood, óf van die
gehoorsaamheid tot geregtigheid?

In plaas daarvan om DEMONE of VARKE te dien, sal 'n ware bekeerling


OPSTAAN en sy NUWE MEESTER DIEN. In ons geval is ONS NUWE MEESTER DIE
VADER wie se GENADE tot in ewigheid is. Die Vader HERSTEL ONS AS SEUNS MET
VOLLE VOORDELE maar ons moet onsself ONDERWERP OM AS DIENSKNEGTE AAN
HOM GEHOORSAAM TE WEES.

Gal 4:7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan
ook ERFGENAAM van GOD deur CHRISTUS.

 VERNUWING VAN DIE GEMOED

Bekering is 'n voortdurende proses van vernuwing van jou gemoed en denkwyses.
By wedergeboorte vind daar 'n verandering in DENKE, LEWENSWYSE EN GETROUHEID
PLAAS. Jy het nou 'n VOORNEME OM GOD TE DIEN, maar terselfdertyd behou jy nog
steeds menige OU DENKWYSES. Om hierdie rede moet jy IN JOU GEDAGTES
(GEMOED) VERNUWE WORD.

 ONS GEDAGTES EN GOD SE GEDAGTES

Jes 55:6–8 Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby
is. Laat die goddelose sy weg VERLAAT en die kwaaddoener sy GEDAGTES; en
laat hy hom tot die Here BEKEER, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse
God, want Hy VERGEEF MENIGVULDIGLIK. Want my GEDAGTES is nie julle
gedagtes nie, en julle weё is nie My weё nie, spreek die Here.

Ons het nou 'n lewenslange strewe om ons LEWENSWYSE EN GEDAGTES UIT
TE RUIL vir GOD SE WEË EN GEDAGTES. Dit sal langer as 'n leeftyd neem om dit te
doen. Dit is egter 'n wonderlike projek om aan te pak. Daar was 'n man wat sy hele lewe
gewy het om net die EVANGELIE VAN JOHANNES te bestudeer en aan die einde daarvan
het hy gesê: "EK HET NOG NIE EERS DIE OPPERVLAK GESKRAAP NIE."

 VERNUWE JOU GEMOED

Rom 12:1, 2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferming van God, dat julle
jul liggame stel AS 'N LEWENDE, HEILIGE EN AAN GOD WELGEVALLIGE
OFFER – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan HIERDIE WÊRELD
GELYKVORMIG NIE, maar word VERANDER DEUR DIE VERNUWING VAN
JULLE GEMOED, sodat julle kan beproef wat die GOEIE EN WELGEVALLE EN
VOLMAAKTE WIL van God is.
Ons word vernuwe wanneer ons denke verander, wanneer ONS DENKPATRONE
verander word. Dit is presies wat dit beteken om jou te BEKEER.

 JY IS WAT JY DINK

Spreuke 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy ...

Jou denkwyse bepaal watter soort mens jy is. Dit BEPAAL PRESIES JOU
LEWENSWYSE. Indien jy jou lewenswyse wil verander moet jy JOU MANIER VAN DINK
VERANDER deur dit te voed met die WAARHEID VAN DIE WOORD VAN GOD.

 DIE LEWENSWYSE VAN BEKERING

Ons ondervind GROEI EN HEELHEID as ons die onderliggende BEGINSEL VAN


BEKERING AS 'N LEWENSWYSE BESKOU. Ons wandel in ooreenstemming met Sy
Woord omdat ONS DENKE DEUR DIE WOORD HERSKEP WORD.

 DIE STERWENSDAAD

Rom 6:1, 2 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer
kan word? NEE STELLIG NIE! ONS WAT DIE SONDE AFGESTERF HET, HOE
KAN ONS NOG DAARIN LEWE?

Bekering is 'n daad van STERF VIR DIE SONDE, sterwe aan selfsugtige genot,
sterf aan selfsugtige ambisies en eersug. DIT BEHOORT 'N VOORTDURENDE
LEWENSWYSE TE WORD waardeur ONS DIE WERKE VAN DIE VLEES DOODMAAK.

 BEHEER JOU GEDAGTES

Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, BEDINK VLEESLIKE dinge, maar die wat
geestelik is, GEESTELIKE DINGE.

1.2 DOOIE WERKE

 DIE BETEKENIS VAN DOOIE WERKE

Dit is werke wat LEEG en NUTTELOOS IS. WERKE waarin daar geen LEWE is
nie, geen OPWINDING of ENTOESIASME nie. Dit is werke wat DOOD en
LEWELOOSHEID in die hand werk. Dit bring ook DEPRESSIE, AFTAKELING en
ONTMOEDIGING mee – alles is DOOIE WERKE waarvan ons afstand moet doen.

Die begrip "DOOIE WERKE" – binne hierdie konteks verwys ook aan nuttelose
RITUELE of vervelige en lewelose RITUELE. Dit spreek ook van die MENS SE EIE
GEREGTIGHEID of van DIE GEREGTIGHEID VAN DIE FARISEËRS.

Dit dui ook op die WERKE VAN DIE MENS wat tot die dood en vernietiging lei.
ALLES wat nie in lyn met die WOORD VAN GOD is nie, sal in dood en verwoesting
einding.
Matt 7:26, 27 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen
nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En
die reёn het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen
daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

BEPROEWINGS en VERDRUKKINGS toets die kwaliteit van die gebou. In die


geval van die gelowige is dit 'n toets om te kyk of hy die WOORD VAN GOD gedoen het,
aldan nie. Indien ons GOD EN DIE MENS LIEFHET sal ons outomaties AAN DIE WOORD
VAN GOD gehoorsaam wees – die hele Wet van God kan in een woord opgesom word
naamlik LIEFDE.

 GODSDIENSTIGE RITUELE EN TRADISIES

Hierdie is DOOIE WERKE. Dit gebeur wanneer ons ONS GELOOF VIR
SALIGHEID VERSKUIF vanaf God en ONS VOLLE VERTROUE PLAAS IN ONS DADE vir
reddding. GELOOF IN ONS GOEIE WERKE IS DOOIE WERKE.

 GELOOF IN ONS DADE

As ons verwag dat God ons gaan seёn omdat ons goed doen betree ons die
terrein van DOOIE WERKE. God seёn ons ONGEAG en apart van ONS DADE.

Wanneer sekere aksies VOORSKRIFTELIK word en as 'n GEBRUIKSKODE


neergelê word, word daardie aksies of handelinge dooie werke. Dit vernietig SPONTANE
AKSIES, maak die VRYHEID van LOFPRYSING en AANBIDDING dood en dit verhinder
die VRYHEID wat DIE HEILIGE GEES BRING.

Ons moet daarteen waak dat ons nie in die strik beland om te sê dat God ons
alleenlik seёn OMDAT ONS HANDE KLAP OF OPHEF of LOFPRYSING UITROEP,
STAAN EN SING, ens. nie. Die ou Pinsterbeweging het 'n herlewing, waartydens God
deur TYE VAN STILTE beweeg het, gehad. Dan was daar tye van HERLEWING wat
gekenmerk was deur GEKERM IN BEROU, asook ander tye waar die Heilige Gees
neergedaal het terwyl mense gekniel en gebid, EN HERLEWING UITGEBREEK HET. Die
mees onlangse herlewing by sommige het HANDE KLAP, DANS en HANDOPHEFFFING
meegebring. Die oomblik wanneer hierdie dinge 'n ritueel word, verhinder ons dit wat God
noù wil doen.

 UITSLUITING VAN GOD

Wat eintlik hier gebeur is dat ONS 'N GERIEFLIKHEIDSONE VAN HANDELINGE
skep wat geen vryheid toelaat nie en ook die LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES verhinder.
Wanneer die Heilige Gees betrokke is, is daar altyd NUWE LIEDE, NUWE BEWEGINGS
en NUWE AKSIES wat ons sal meevoer na NUWE PLEKKE wat voorheen nog onbekend
was. (Nooit buite die raamwerk van die Woord van God nie). Die mens word dikwels
bedreig deur die onbekende areas waaroor hy geen beheer het nie en daarom skep hy vir
homself 'n wêreld, of 'n GODSDIENSTIGE SISTEEM, wat hy kan beheer.
 RITUELE AANBIDDING

 Owerspel  Vyandskap

 Hoerery  Twis

 Onreinheid  Jaloersheid

 Ongebondenheid  Toornigheid

 Afgodery  Naywer

 Towery  Naywer

 Partyskap  Naywer

 Moord  Tweedrag

 Brassery en dergelike dinge  Afguns

 Dronkenskap

Ons moenie gebonde wees aan 'n DIENSORDE OF KERK LITURGIE NIE, maar
ons is geroep om die Vader in Gees en in WAARHEID TE AANBID.

Heb 9:14 ... hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die
ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie
werke om die lewende God te dien.

 DIE WERKE VAN DIE VLEES

Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, IS DIE DOOD ...

As ons bloot leef om aan ons sintuie genot te verskaf sal ons ons geestelike lewe
onderdruk. Alle werke van die vlees is DOOIE WERKE.

Galasiёrs 5:19 En die werke van die vlees is openbaar ...

Ons word opgeroep om ons GEDAGTES AF TE HAAL VAN HIERDIE DINGE en


om ons gedagtes op die VRUG VAN DIE GEES te fokus. Dit is 'N LEWENSWYSE VAN
BEKERING en die vernuwing van die gemoed.
Gals 5:22, 23 Maar die vrug van die Gees is LIEFDE, BLYDSKAP, VREDE,
LANKMOEDIGHEID, VRIENDELIKHEID, GOEDHEID, GETROUHEID,
SAGMOEDIGHEID, SELFBEHEERSING. Teen sulke dinge is die die wet nie.

2. GELOOF IN GOD

Hierdie ses basiese beginsels is aanmekaar gekoppel en vloei van een na die
ander in OPEENVOLGENDE ORDE.

2.1 TOT GOD

Heb 6:1 ... bekering UIT ... geloof IN ...

 UIT EN IN

Bekering is altyd UIT iets terwyl geloof IN iets is. Bekering is altyd gekoppel aan
GELOOF. Bekering sonder geloof is BEROU en dit is op sigself dooie werke.

Ware bekering draai WEG van die verkeerde dinge omdat daar IETS VAN
WAARDE is WAARHEEN GEDRAAI KAN WORD. Die verlore seun het weggedraai van
die varkhok omdat hy GELOOF IN SY VADER SE GOEDHEID GEHAD HET.

Rom 2:4 ... omdat jy nie besef dat die GOEDERTIERENHEID VAN GOD JOU
TOT BEKERING WIL LEI NIE?

As mense nie die GOEDHEID VAN DIE VADER VERSTAAN NIE, sal hulle nooit
die belangrikheid om WEG TE DRAAI van SONDE EN PLESIER raaksien nie. As hulle nie
besef dat LEWE EN VREDE volg deur na GOD TE DRAAI NIE, sal hulle nie los wat hulle
nou geniet nie.

 DIE BELANGRIKHEID VAN BLYE BOODSKAPPERS

Hulle oortuig die verlorenes dat VERTROUE in God LONEND is, dat HY 'N
GOEIE GOD IS en dat dit beter is om jou lewe nou te verloor en die ewige lewe te beёrwe.

Heb 11:6 ... want hy wat tot God gaan, MOET GLO DAT HY IS ...

Die WOORD VAN GOD probeer nooit bewys dat GOD IS nie – dit veronderstel
slegs dat God is. Die Bybel begin net deur te sê: "...in die begin WAS God" ...

In elke mens is daar net iets WAT WEET DAT GOD IS. Selfs die mees geharde
Godloёnaar weet dat GOD IS, hy vermy net die verantwoordelikheid deur te sê hy glo nie
dat daar 'n God is nie. Die heiden in die oerwoud weet dat GOD IS – maar die god van die
wêreld het die mens so verblind dat hy nie kan sien of glo nie.
2 Kor 4:3, 4 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat
verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne
verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van
Christus ...

 DIE BELONER

Heb 11:6 ... HY IS en 'n BELONER van die wat Hom soek ...

 DIE BELOFTES MAAK DEELGENOTE

2 Pet 1:4 ... waardeur HY ONS DIE GROOTSTE EN KOSBARE BELOFTES


GESKENK HET, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike
natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die
wêreld is.

Geloof is altyd gebaseer op HOOP of op 'n GROOT VERWAGTING en dit is wat


God belowe het om aan ons te gee.

1 Joh 3:3 En elkeen wat hierdie HOOP ... het, REINIG homself soos Hy rein is
...

Die beloftes en belonings waarop ons hoop, LEI ONS WEG VAN DIE VUILHEID,
IN DIE HEERLIKHEID IN. As daar niks is om na uit te sien nie, hoekom daarheen gaan?
Mense pleeg selfmoord wanneer hulle AAN DIE EINDE VAN HULSELF KOM, vasgevang
in die vuilheid van hulle sonde, en omdat hulle NIKS VAN DIE BELOFTES VAN GOD
WEET NIE – het hulle NIKS OM VOOR TE LEWE NIE en NIKS OM NA UIT TE SIEN NIE!
Hulle weet hulle moet WEGDRAAI VAN IETS AF maar daar is niks WAARHEEN HULLE
KAN DRAAI nie en daarom maak hulle 'n einde aan alles.
________________________________________________________________________
GOD IS! EN GOD IS 'N BELONER!______________________

2.2 GELOOF IS ...

Rom 4:20, 21 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie,
maar hy is VERSTERK DEUR DIE GELOOF en het aan God die eer gegee en
was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.

 DIE BETEKENIS VAN GELOOF

GELOOF IS OM TEN VOLLE OORTUIG TE WEES. TEN VOLLE OORTUIG DAT


GOD ALTYD SY BELOFTES SAL NAKOM. Dit is die beste definisie van geloof wat ons in
die Bybel vind – VOLLE VERTROUE!

Heb 11:1 Die GELOOF dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons HOOP, 'n
bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
HIERDIE BELOFTE is die INHOUD en die BEWYS VAN DIT WAARVAN ONS
ALGEHEEL OORTUIG IS dat die DINGE WAT GOD BEVEEL HET, uitgevoer sal word.

As gevolg van hierdie oortuiging kan ons:

 DINGE ROEP WAT NIE BESTAAN NIE ASOF HULLE BESTAAN

 PRAAT OOR DIE EINDE VAN DIE BEGIN

 DIE VERLAMDES BEVEEL OM TE LOOP

 DIE DOOIES OPWEK

 BERGE VERSIT

 EWIGE LEWE BESIT

 GENEES WORD

 UIT DIE DOOD OPGEWEK WORD

 MENIGTES TOT BEKERING BRING

 DIE GAWE VAN GOD

Efes 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die GELOOF, en dit NIE UIT
JULLESELF NIE; dit is DIE GAWE VAN GOD.

Wanneer ons HOOR van die beloftes van God, wanneer ons HOOR wat God kan
doen en wat Hy al gedoen het, dat Hy dit vir ons PERSOONLIK SAL DOEN, dan KOM
GELOOF. Die vermoё om te hoor is 'n GAWE; die VERLOSSING wat ons ontvang is 'n
GAWE.
________________________________________________________________________
DIE VERMOË OM TE GLO IS 'N GAWE WAT GOD AAN ELKEEN GEE!____

 DIE ONVERGANKLIKE SAAD

1 Pet 1:23 ... want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit
onverganklike, deur die LEWENDE WOORD VAN GOD wat tot in ewigheid bly.

Wat is daar om in te glo sonder die Woord van God. Geloof is op die WOORD
VAN GOD GEBASEER.

 GELOOF WAT KOM

Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van
God.
Elkeen moet die WOORD VAN GOD HOOR, DIE WOORD VAN GOD ONTVANG,
DIE WOORD VAN GOD BEHOU, MEDITEER OOR DIE WOORD VAN GOD EN HANDEL
VOLGENS DIE WOORD VAN GOD.

________________________________________________________________________
BASIESE LERINGS VIR

'n Verduideliking van basiese groeibeginsels -


Leerstellings van Dope (meervoud)
en die Doop in Water

Studieveld Uitkomste
 Die Leer van die Dope - 1  Na voltooiing van die sessie behoort jy
in staat te wees om ...
Dope
Leerstellings Verduidelik die Basiese Leerstellings
nodig vir geestelike groei van jong
 Doop in Water gelowiges - hoofsaaklik die van Dope
(meervoud) en die Doop in water

Die goddelike patroon Doelwitte


Die goddelike element
Die goddelike kandidaat  Verduidelik die twee hoof fondasies vir
Die goddelike doper groei deur hul belangrikheid aan te dui

Noem dat hulle die ingang vorm tot


God se koninkryk -
Bekering ontsluit en Geloof maak oop

 Bespreek die Leerstellings van die


Dope

Dui aan dat Jesus hierdie


onderskeidelike dope ervaar het
- leiding, water en Heilige Gees
- Definieer die leerstelling van Dope:
water-, of gelowige doop en die doop
in die Heilige Gees of instaatstelling
(krag van bo)

 Som die begrip 'Doop in Water' op

Verduidelik die simibolisme


Identifiseer die Goddelike elemente
Onderskei tussen die kleindoop en
doop van die gelowige
_______________________________________________________________________
BASIESE LERINGS VIR GROEI______________________

Heb 6:1, 2 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande
Christus nie ... die fondament ... van DIE LEER VAN DIE DOOP ... DIE
HANDOPLEGGING.

In die volgende twee fundamentele beginsels is die GRONDLEGGING VIR


GROEI. As hierdie waarhede nie volkome verstaan word nie, sal daar dan nie 'n gesonde
BASIS VIR GROEI wees nie. Soos die Bonsai boompie sal die Christen in sy groei
belemmer en swak toegerus wees vir sy Christen lewe – hy sal 'n WURM-PERSPEKTIEF
van die CHRISTEN LEWE hê.

LOOF DIE HERE vir hierdie twee beginsels, omdat hulle die gelowige op die regte
weg plaas.

 DIE DEUR NA DIE KONINKRYK


Matt 4:17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want
die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Matt 18:3 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die
kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Niemand kan in die Koninkryk van God ingaan sonder BEKERING EN GELOOF
IN GOD nie. Dit is die DEUR WAT DIE KONINKRYK VAN DUISTERNIS TOEMAAK en die
KONINKRYK VAN LIG OPEN.

 DIE KONINKRYK VAN GOD

Hierdie is die GEBIED WAAR GOD REGEER en waar Jesus Christus FINALE
OUTORITEIT het! Dit verg heelwat VAN GEDAGTES VERANDER om jou lewe onder die
TOTALE BEHEER VAN JESUS (Kurios – Heer) te plaas. Dit is veral so omdat GOD SE
WEË NIE ONS WEË IS NIE – en dit druk uitoefen op ons manier van dinge doen.

Dit vereis BEKERING voordat jy Jesus toelaat om die LAASTE WOORD IN JOU
LEWE TE HÊ en om jou lewe volkome aan SY WOORD TE ONDERWERP.

 BEKERING ONTSLUIT DIE DEUR


 GELOOF OPEN DIE DEUR EN GAAN IN

Dit is soos toe die Israeliete UIT EGIPTE GELOOP HET – BEKERING is soos toe
die Rooi See AGTER HULLE TOEGEMAAK HET. By die berg Sinai het hulle onder God
se bestuur gekom.

Exo 19:5, 6, 8 As julle dan nou terdeё na MY STEM LUISTER EN MY


VERBOND HOU, sal julle MY eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde
is MYNE. En julle sal vir MY 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees ...
Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die Here gespreek het, SAL
ONS DOEN ...
Die pad na mislukking loop daarin dat vertroue in die mens se vermoё is.
Oorwinning kom deur vertroue in God se krag wat nooit faal nie. Geloof vertrou op God en
oorwin twyfel en mislukking en seёvier.

Hierdie mense het JEHOVAH DIE HERE VAN DIE HERE GEMAAK en so DIE
KONINKRYK VAN GOD betree.

 DIE INGANG NA DIE ERFENIS

Nadat die Israeliete deur die Rooi See gegaan het, het hulle van aangesig tot
aangesig voor nog 'N DEUR TE STAAN GEKOM – die Jordaanrivier, die deurgang na die
BELOOFDE LAND, KANAÄN. Hulle was op die drumpel van hul ERFENIS.

Elke wedergebore gelowige het EGIPTELAND VERLAAT by BEKERING, waarna


hulle van aangesig tot aangesig met die land Kanaän gekom het. Baie VAL IN DIE
WILDERNIS tussen BEKERING en DOPE. Baie sien die LEER VAN DIE DOOP as 'n
onoorkomelike bedreiging en sodoende kortwiek hulle hul GROEI POTENSIAAL.

Die LEER VAN DIE DOOP is die DEUR NA DIE ERFENIS VAN GOD, die
beloofde land. Dit is 'n VOORSMAAK VAN DIE HEMEL EN VAN DIE OPSTANDING UIT
DIE DODE. Dit is hier waar die MURE VAN JERIGO wat om die mense se gedagtes
gebou is, afgebreek moet word.

 GAAN IN DIE ERFENIS IN

Heb 4:1 Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in Sy rus in te gaan nog
standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.

Die Vader het alle dinge aan ons gegee om dit in oorvloed te geniet en Hy wil hê
dat ons alles wat Hy ons beloof en tot ons beskikking stel in besit sal neem. Dit KOS 'N
WONDERWERK OM DIE ERFENIS BINNE TE GAAN – net soos met die DEURTOG
DEUR DIE ROOI SEE en die JORDAANRIVIER of soos om deur die WOLKKOLOM EN
VUURKOLOM GELEI te word.

 GOD BESTRAF TRAAGHEID

 GOD BESTRAF NEDERLAAG

 GOD BESTRAF ONGELOOF

Heb 3:17 En op wie was HY VEERTIG JAAR LANK VERTOORND?

God was TOORNIG EN ONTEVREDE met die Israeliete OMDAT HULLE


GEWEIER HET OM TE GLO dat wat God beloof het hulle s'n was. Baie Christene vandag
weier om te glo in, of om die LEER VAN DIE DOPE toe te pas, omdat hulle hul LOGIESE
DENKE teen die waarheid gebruik en DAN GROEI HULLE NIE.
1. DIE LEER VAN DIE DOPE - 1

Jesus het in WARE GEHOORSAAMHEID AAN SY VADER deur minstens drie


verskillende tipes van dope gegaan.

1.1 DOPE

 DIE WARE BETEKENIS

Die Engelse woord "BAPTIZE" of "BAPTISM" soos ons dit in die Engelse Bybel vind
is nie 'n korrekte vertaling van die oorspronklike woord nie. Die woord is eintlik 'n
TRANSKRIPSIE vanuit Grieks. Teen die tyd dat die Bybel in Engels vertaal is, was daar
REEDS 'N TRADISIE IN DIE KERK; 'n vorm van doop of 'n manier waarop hulle mense
gedoop het.

Vir hierdie mense om die woord te vertaal soos dit in die oorspronklike Grieks
geskryf is, sou 'n belangrike verandering in hul teologie vereis. Die kerk was nie besig om dit
wat die Woord eintlik beteken toe te pas nie. As gevolg hiervan het hulle met 'n duistere
transkripsie vanuit Grieks "BAPTIZO" letterlik "om TE ONDERDOMPEL, of HEELTEMAL
ONDER TE DRUK, TE BAAI," gebruik.

Die Engelse woord "BAPTISM" behoort vervang te word met die woorde
"IMMERSION" of "IMMERSE", wat ONDERDOMPELING of INDOMPLELING is.

 DIE VERSKILLENDE TIPES DOPE

 DIE LYDINGSDOOP

Matt 20:22 Kan julle die beker drink wat Ek aanstonds gaan drink, en GEDOOP
word met die DOOP WAARMEE EK GEDOOP WORD?

Jesus het hier na Sy LYDING EN SWAARKRY verwys, meer spesifiek na die lyding
van Sy KRUISIGING wat Hy sou deurmaak. Hy waarsku dat, as Sy dissipels en volgelinge,
hulle ook vervolg sou word en sal ly ter wille van Sy Naam en dat hulle IN LYDING
GEDOMPEL sou word en sal ly ter wille van Sy Naam ter wille van die Evangelie. Hulle
moes, wanneer dit gebeur, hulle GROOTLIKS HIERIN VERBLY!

 DIE WATERDOOP

Mat 3:13-15 Toe het Jesus ... na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.
Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U
gedoop te word, en U kom na my toe? Maar Jesus antwoord en het vir hom gesê:
Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy
Hom toegelaat.

Hier word Jesus in water gedompel om SODOENDE ALLE GEREGTIGHEID TE


VERVUL. Sodoende het Hy in die openbaar getoon dat Hy Homself met die sondige mens
identifiseer en dat die mens deur hulle te laat doop soos Christus gedoop was, hulle met
Hom sal identifiseer. Jesus het ook hierdeur heengewys na Sy eie DOOD, BEGRAFNIS EN
OPSTANDING. Sonder bloedvergieting – die dood – is daar geen vergifnis van sonde nie.
In hierdie sin het die DOOP heengewys na die DOOD deur bloedvergieting. Jesus maak
hierdeur 'n verklaring dat die komende GRUSAME GEBEURE aan die kruis DIE ENIGSTE
EN FINALE BETALING VIR SONDE sou wees.

 DOPING MET DIE HEILIGE GEES

Matt 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat na my kom, is
sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om te dra nie. Hy sal JULLE
DOOP MET DIE HEILIGE GEES EN MET VUUR.

 DIE DOOP VAN JESUS


Mat 3:16-17 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim en
meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif
neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my
geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

Jesus het die Gees van God op Hom sien neerdaal. Dit is vanaf hierdie tydstip dat
ons Jesus se bediening sien ontvou. Met DIE GROOT OPDRAG verduidelik Hy ons
bediening wat slegs kan begin nadat ons MET KRAG VERVUL IS. Toe die 120 mense
gedoop is met die Heilige Gees was die teken die spreek in vreemde tale. Soos Paulus later
skryf (1 Kor 2:4-5) dat hulle nie gepreek het met oorredende woorde van menslike wysheid
nie, maar IN DIE BETONING VAN GEES EN KRAG.

1.2 LEERSTELLING

 DIE BETEKENIS VAN LEERSTELLING

Dit verwys nie na swaar teologiese goed wat Christene liefs moet vermy nie. Dit
behels eenvoudige PRAKTIESE MAKLIK-UITVOERBARE instruksies.

 LEER VAN DIE DOPE

Dit is belangrik dat ons sal onthou dat ons besig is om die basiese grondbeginsels
van die Christelike wandel te bestudeer. Nadat 'n baba gebore is en reeds begin groei, moet
hy onderrig in sekere basiese dinge ontvang, soos om regop te sit, sy koppie vas te hou, te
praat en ook te loop. 'N NUWE GELOWIGE moet ook geleer word om hierdie eeste treё te
neem.

Matt 28:19 Gaan dan heen, MAAK DISSIPELS van al die nasies, en DOOP
HULLE IN die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Matt 16:16 Hy wat glo en hom laat DOOP, SAL GERED WORD.

DIE KERK SE OPDRAG IS OM DISSIPELS TE MAAK EN OM HULLE TE DOOP.


Hier word nie net van EEN DOOP gepraat nie maar van MEER AS EEN. Omdat ons besig
is om die GRONDBEGINSELS te behandel, GAAN ONS SLEGS NA DIE DOPE KYK WAT
VAN BASIESE BELANG VIR DIE NUWE CHRISTEN IS.
 DOOP IN WATER of DIE DOOP VAN GELOWIGES

 DOOP IN DIE HELIGE GEES of DIE TOERUSTING MET KRAG

Volgens die Woord van God is die doop in die Heilige Gees ook 'n basiese beginsel
wat 'n gelowige moet navolg.

Hand 19:1–3 ... het Paulus ... in Efese gekom; en daar het hy sommige dissipels
gevind en hulle gevra: HET JULLE DIE HEILIGE GEES ONTVANG TOE JULLE
GELOWIG GEWORD HET? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor
dat daar 'n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan
gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.

Hier vind ons 'n groep dissipels in Efese wat NIE REG ONDERRIG WAS IN DIE
GRONDBEGINSELS VAN DIE WOORD NIE. Hulle is net geleer van die doop van
Johannes, die doop wat DIE AFLEGGING VAN SONDE UITGEBEELD het. Johannes het
in sy prediking heen na die Een wat ná hom moes kom wie se weg hy voorberei het
verwys. Let op, dat die eerste vraag wat Paulus aan die gemeente vra is of hulle REG
GELEER IS AANGAANDE DIE DOPE. Het hulle verstaan wat dit beteken? Toe Paulus
uitgevind het dat hulle dit nie verstaan het nie, het hy dit reggestel deur hulle IN DIE NAAM
VAN DIE HERE JESUS TE DOOP, waarna hulle ook DIE DOPING MET DIE HEILIGE
GEES ontvang het.

2. DOOP IN WATER

Die Bybel is baie duidelik oor die WATERDOOP en dit kan onmoontlik
misverstaan word. Dit is slegs TRADISIE en die mens se LOGIKA en REDE wat die
WARE BETEKENIS totaal WAARDELOOS MAAK.

DIE DOOP VAN BABAS is 'n wanopvating wat die ryk betekenis van die simboliek
en getuienis van die waterdoop ignoreer of miskyk. Ons sal later verder hierop ingaan.

2.1 DIE GODDELIKE TIPES

 DIE VLOED

1 Pet 3:20, 21 ...wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van
God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak
is, waarin weinig, dit is agt, SIELE DEUR WATER HEEN GERED IS; waarvan
die teёbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van
die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete – deur die opstanding
van Jesus Christus.

Soos die ark DRIE VERDIEPINGS GEHAD het word ons in die DRIE-ENIGE NAAM
VAN DIE VADER, SEUN EN HEILIGE GEES gedoop. Die sonde WAS ONDER DIE
WATER BEGRAWE, God het die mense wat hulle van hul sondes wou bekeer nie, verwyder
en aan die mens 'n nuwe begin gegee deur die REGVERDIGE NOAG.
 DIE ROOI SEE

1 Kor 10:2 en almal in Moses gedoop is in die WOLK en in die SEE.

Heb 11:29 Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droё
grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.

Egipte is altyd 'n tipe van die koninkryk van die duisternis, die plek waar mens in
slawerny is onder heerskappy van die duiwel totdat die PAASLAM verlossing gebring het.
Die Israeliete het deel gehad aan die LAM VAN GOD wat die BEKERING EN GELOOF
TEENOOR GOD uitbeeld. Wanneer ons ons bekeer en na God keer, VERLOS HY ONS
VAN SATAN SE MAG.

Die bedreiging van die Egiptenare was altyd daar totdat hulle deur die Rooi See
getrek het. Nadat hulle deur die Rooi See was het hulle alle bande met hulle vorige
meesters in Egipte verbreek. DEUR DIE DOOP word daar op soortgelyke wyse BRÛE
AFGEBRAND TUSSEN ONS EN DIE OU MANIER VAN LEWE sodat ons NOOIT WEER NA
DIE OU LEWE VAN SLAWERNY sal terugkeer nie.

2.2 DIE GODDELIKE PATROON

Hand 2: 38 ... Bekeer julle en laat ELKEEN VAN JULLE GEDOOP WORD in die
Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die
Heilige Gees ontvang.

 WAT IS DIE PATROON VOLGENS DIE WOORD VAN GOD

- STERWE - BEGRAWE WORD - OPSTANDING

 INGAAN IN DIE WATER WYS OP DIE DOOD

Wanneer 'n persoon hom BEKEER sterf hy, die ou natuur gaan dood, die koninkryk
van die EIE Ek sterf en hy word WEER GEBORE as 'n nuwe skepsel. 'n NUWE PERSOON
staan op uit die koninkryk van duisternis en word OORGEPLAAS in die KONINKRYK VAN
LIG.

Ons het nou 'n NUWE PERSOON WAT LEWE, WAT NOG DIE OU DOOIE MENS
SAAM MET HOM DRA. Wanneer iemand sterf is 'n begrafnis die logiese gevolg. Dit is
ONWETTIG, ONHIGIËNIES en ONWELRIEKEND as 'n DOOIE PERSOON NIE BEGRAWE
WORD NIE.

 OM ONDER DIE WATER TE WEES WYS OP BEGRAFNIS

Rom 6:4 Ons is dus saam met HOM BEGRAWE DEUR DIE DOOP IN DIE
DOOD, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van
die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.

Die volgende stap is die BEGRAFNIS en dit word deur die WATERDOOP
uitgebeeld. Dit moet as 'n FINALE DAAD VAN OORGAWE gesien word, NET SO FINAAL
AS 'N FISIESE BEGRAFNIS. Daar is niks meer finaal as 'n geliefde se begrafnis wanneer
die kis in die graf afsak nie. Om langs die oop graf te staan is die mees emosionele en
traumatiese ervaring van alles.

Die WATERDOOP is 'n OPENBARE GETUIENIS waardeur die gelowige simbolies


verklaar dat hy oorgegaan het na die bedeling van die NUWER VERBOND deur te glo in die
DOOD EN OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS. Soos Noag in die ark, is hy ook nou
VERBORGE IN CHRISTUS VAN DIE OORDELE VAN GOD; net soos Abraham ontvang hy
hierdeur DIE OPENBARE GETUIENIS van die Verbond en soos Moses is hy ook
AFGESKEI (die see) van sonde en afgesonder en toegewy AAN GOD (die wolk).

Hierdie teken is 'n herinnering van die kragtige dade van ons VERLOSSENDE GOD
en ook 'n heenwyse na 'n lewe van GELOOFSGEHOORSAAMHEID. Dit is 'n getuienis van
dit wat die gelowige IN GELOOF VIR HOMSELF T0E-EIEN deur 'n persoonlike pleidooi na
God: "Ek verbind myself aan die beginsels van die Nuwe Verbond en EK STERF VIR DIE
OU LEWE EN STAAN OP IN 'N NUWE LEWE."

Net soos met 'n BEGRAFNIS word die WATERDOOP ook in die OPENBAAR voor
GETUIES gedoen. Dit is 'n openbare verklaring van 'n GEBEURTENIS WAT REEDS
PLAASGEVIND HET.

 OPKOM UIT DIE WATER WYS OP DIE OPSTANDING

Kol 2:12 ... omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook
saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode
opgewek het.

Wanneer die persoon uit die water opkom, dui dit aan dat ons saam met JESUS
CHRISTUS UIT DIE DOOD OPGESTAAN HET.

Efes 1:20 ...wat Hy gewerk het in Christus toe HY HOM UIT DIE DODE
OPGEWEK HET ...

Jesus het GESTERF en IS BEGRAWE en het op die derde dag OPGESTAAN


UIT DIE DOOD. God het SY ALMAG UITGEOEFEN OOR JESUS EN HOM UIT DIE
DOOD OPGEWEK. Die Heilige Gees het die liggaam van Jesus in die graf opgewek en
nuwe lewe in Sy liggaam was die gevolg.

JESUS HET GESÊ AS HY NIE STERF, OPSTAAN UIT DIE DODE EN OPVAAR
NA SY VADER TOE NIE, SOU HY NIE IN STAAT WEES OM DIE HEILIGE GEES NA
ONS TE STUUR NIE. MAAR HY HET!! DIE FEIT DAT GELOWIGES GEDOOP WORD
MET DIE HEILIGE GEES, IS NOG 'N BEWYS VAN DIE REALITEIT VAN DIE
OPSTANDING UIT DIE DODE.

Die waterdoop is 'n WEERSPIEËLING VAN DIE EVANGELIE IN 'N NEUTEDOP


en word korrek opgesom in die volgende skrif:

Kor 15:3, 4 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook
ontvang het, dat Christus VIR ONS SONDES GESTERF HET VOLGENS DIE
SKRIFTE; en dat HY BEGRAWE IS, en dat Hy op die DERDE DAG OPGEWEK
IS VOLGENS DIE SKRIFTE
Die DOOP is 'n bewys van GELOOF IN DIE DOOD, BEGRAFNIS EN OP-
STANDING VAN JESUS. Dit wys ook dat die gelowige 'n DEELNEMER is aan die DOOD,
BEGRAFNIS en OPSTANDING van JESUS. Dit is ook 'n bewys dat die gelowige die dood,
begrafnis en opstanding van Jesus Christus in die OPENBAAR VERKLAAR EN BELY.

2.3 DIE GODDELIKE ELEMENT

Hand 8:36–39 En terwyl hulle voortreis op die pad. KOM HULLE BY WATER,
en die hofdienaar sê vir hom: DAAR IS WATER; wat verhinder my om gedoop te
word? ... altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; EN HY HET
HOM GEDOOP, EN TOE HULLE UIT DIE WATER OPKLIM ...

Hand 10:47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos
ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

Toe die Israeliete IN MOSES GEDOOP is, het hulle hulself ingedompel ONDER
MOSES en hierdeur hulle gehoorsaamheid aan Moses verklaar. Op dieselfde wyse toon
die gelowige deur die doop dat hy INGEDOMPEL IS ONDER DIE NAAM VAN DIE VADER,
en van die SEUN, en van die HEILIGE GEES en dat hy onder die beheer van God en die
EIENDOM VAN DIE HERE is.

Efes 5:26 ... om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur DIE
WOORD.

2.4 DIE GODDELIKE KANDIDAAT

Hand 8:36, 37 ... Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê
Filippus: AS U GLO MET U HELE HART, IS DIT GEOORLOOF. En hy antwoord
en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.

 IEMAND WAT TOT BEKERING GEKOM HET

Die waterdoop is 'n BEWYS dat die persoon hom BEKEER het van, en sy rug
gedraai het, op sy vorige lewe en eie koninkryk. Indien daar geen bekering was nie, dan is
die doop sonder betekenis.

 IEMAND WAT GEGLO HET

Jesus het beveel dat almal wat in DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS GLO, deur
die water moes gaan om te wys dat hulle ingedompel is in alles wat Jesus Christus behaal
het, insluitend die NUWE LEWE.

 IEMAND WAT ONTVANG HET

'n Ware gelowige het reeds bely DAT JESUS CHRISTUS DIE HERE IS en deur
hom te laat doop lewer hy bewys van die KONINGSKAP VAN JESUS CHRISTUS IN SY
LEWE. Iemand in wie Jesus waarlik leef is bereid om VIR DIE RES VAN SY LEWE
ONDER DIE HEERSKAPPY VAN JESUS TE STAAN.
Hand 2:16 EN NOU, WAAROM VERSUIM JY? STAAN OP, LAAT JOU DOOP
EN JOU SONDES afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

Hand 8:12 Maar toe hulle Fillippus geglo het, wat die evangelie aangaande die
KONINKRYK VAN GOD EN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS VERKONDIG
HET, IS HULLE GEDOOP, MANNE SOWEL AS VROUE.

2.5 DIE GODDELIKE DOPER

Matt 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering ...

JOHANNES HET MENSE IN WATER GEDOOP AS PROFETIESE STEM aan


Israel, as heenwyse na DIE LAM VAN GOD EN GEPROFETEER van DIE DOOD,
BEGRAFNIS EN OPSTANDING VAN DIE KOMENDE MESSIAS.

 JESUS CHRISTUS SELF

Joh 4:1 Toe die Here dan verneem dat die Fariseёrs gehoor het dat Jesus meer
dissipels maak en doop as Johannes.

Jesus van Nasaret het die DOOP ONDERSKRYF deur homself te LAAT DOOP.
Dit is ook verder deur Hom bevestig deur self DISSIPELS TE DOOP deur die hande van Sy
manne.

 DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

Matt 28:19 GAAN DAN HEEN, MAAK DISSIPELS ... EN DOOP HULLE ...

JESUS HET DIE KERK BEVEEL om die Evangelie te verkondig, dissipels te


maak en ALLEENLIK DIEGENE WAT ALREEDS GEGLO en BEKEER IS, te DOOP.

 IN DIE NAAM VAN ...

Die kerk moet IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS, as Sy verteenwoordigers


en Ambassadeurs na die gelowiges GAAN en gelowiges in die NAAM VAN DIE VADER,
DIE VAN SEUN EN VAN DIE HEILIGE GEES doop. Die woord "IN" beteken hier ook om
"TE WYS" of "TE DEMONSTREER" dat jy onder die outoriteit van die Godheid staan.

 DEUR VOLLE ONDERDOMPELING ... NIE BESPRENKELING

Hoe anders kan die doop ten volle gedemonstreer word as dit nie deur volle
onderdompeling gedoen word nie?
 HULLE WAT GLO ... NIE BABAS NIE

Luke 7:29, 30 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God
geregverdig deur hulle te laat doop ... Maar die Fariseёrs en die wetsgeleerdes
het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat
doop nie.

'n Baba mag die Woord hoor maar sal dit verseker nie verstaan of glo nie, daarom
is die WATERDOOP duidelik vir die persoon wat die Woord gehoor, die EVANGELIE VAN
JESUS CHRISTUS AANGENEEM EN HOMSELF BEKEER HET. In die Bybel word die
kinders slegs aan die Here toegewy en die ouers verbind hulself om die kinders in God se
weё op te voed.
________________________________________________________________________

GRONDBEGINSELS

Opsomming
Die inhoud van hierdie boek is van wesenlike belang vir beide nuwe en ervare
gelowiges. Die tempo van hul geestelike groei en as hulle hoegenaamd gaan groei, is
afhanklik van 'n korrekte fondasie wat op vroeё ouderdom aan hulle duidelik uitgespel is.
Dus moet bedienaars, nadat hulle grondbeginsels self ervaar en uitgeleef het, in staat wees
om andere daarin op te lei. Dit is waarom dit gaan in hierdie kursus.

'n Aantal waardevolle aspekte word op verstaanbare wyse behandel.

Eerstens is daar aanvanklike groei van 'n nuwe gelowige van kindsbeen tot
volwassenheid. Oral oor is groei 'n afwesige element in die kerk of word dit tenminste
afgeskeep. Dit word gevolg deur die behoefte van Christene om verby 'dooie werke' te
beweeg en redding te verstaan en die volkome begrip daarvan uit te leef.

Basiese lering vir groei word in Volume 1 uitgespel en ses praktiese stappe word
voorsien om geloof tot God te bou en vroeё groei te stimuleer. Die leerstelling van Dope
volg dan en die 'waterdoop' word op 'n duidelike en bondige Bybelse manier behandel.

Volume twee gaan voort om die res van die grondbeginsels in Hebreёrs 5:12 tot
6:2 te behandel. Hierdie sluit in die Doop in die Heilige Gees, die Wederopstanding van die
Dode en die Ewige Oordeel.

________________________________________________________________________
SLEUTELWOORDE EN KONSEPTE
Sleutelwoorde
Hierdie woordelys sal jou Engelse woordeskat grootliks verbeter. As jy nog
steeds oor die betekenis twyfel, raadpleeg dan 'n kompakte woordeboek. Soek gerus
vergelykbare woorde op in 'n Engelse Tessaurus.

oracles an agency through which a prophecy is transmitted

discern to recognise or perceive differences clearly

beseech to ask earnestly for something: to beg

enmeshed to catch as if in a net; snare; entangle

vindication to be cleared from guilt or blame

sorcery the art, practices or spells of all magic

licentiousness being sexually unrestrained or promiscuous

contentiousness arguments about some asserted point

partakers those who take a share in something

bonsai tree a tree kept small by the constant pruning of its roots

lethargy sluggishness, slowness or dullness; an abnormal lack


of energy

Konsepte
In hierdie handboek het die outeur die meeste konsepte in die teks verduidelik.
Een konsep is die van 'doctrinal orthodoxy'. Dit kan so verduidelik word:

"Within religious circles this is the insistence on holding correct or the


currently accepted opinions on doctrine. It is then frowned upon if one's
views are considered to be heretical (compared with the favoured
doctrine), or independently minded or original. To be doctrinally
orthodox is therefore to be in harmony with what is authoritatively
established, approved, conventional."
________________________________________________________________________
VERSLAE
'n Verslag (of twee) moet vir elke module voltooi word. Leerders sal krediete ontvang vir
rapporte wat hulle op die vlak waarvoor hulle ingeskryf het (of hoёr) ingedien het. Die
fasiliteerder sal bepaal watter verslae verpligtend is.
____________________________________________________________________

Vlak 4

Maak 'n lys van al ses Grondbeginsels elk gerangskik in hul groepe, en in 'n een-bladsy
opsomming, verduidelik die belangrikheid van die waterdoop in die lewe van 'n gelowige.
Haal Skrif aan om jou standpunt te ondersteun.

Vlak 5c

Lees Hebreёrs 6:1-12 versigtig deur. Skryf nou 'n twee-bladsy verslag oor hoe jy enige
een van die volgende onderwerpe beskou –

1. Geestelike groei.
2. Geloof in God.
3. Bekeering van dooie werke.

Vlak 5d

Lees Hebreёrs 6:1-12 versigtig deur. Vervolgens –

1. Skryf 'n enkel bladsy verslag oor wat 'redding' vir ons behoort te beteken.
Behandel ten minste 5 punte.

2. In 'n tweede enkel bladsy dokument, bespreek die proses van redding en hoe
dit die mens se samestelling affekteer.

Vlak 6

In 'n drie-bladsy dokument, bespreek die SIMBOLISME van die 'doop in water' en noem
veral –

1. Die verwantskap met die Kruis.

2. Petrus se siening dat die vloed in Noag se tyd die water van die doop aandui.

Jou voltooide verslag moet asseblief betyds by jou fasilliteerder ingehandig word.

_________________________________________________________________________
BRONNE VIR NAVORSING
Vir jou eie groei behoort jy wyd ná te vors. Leeswerk is waarskynlik die hoofbron van die
stof wat jy sal gebruik en daarom gee ons 'n lys van Aanbevole Boeke. Jy behoort 'n
soekstelsel te gebruik om webtuistes te vind.
Sien: www.clt.org.za

AANBEVOLE BOEKE
1. Lectures in Systematic Theology
Henry C. Thiessen - Erdmans
2. The Moody Handbook of Theology
Paul Enns - Moody Press
3. Systematic Theology
Louis Berkhof - Banner of Truth
4. Initiation into Theology
Simon Maimela, Adrio König - van Schaik
5. New Bible Dictionary
J.D. Douglas et al - Intervarsity
6. Renewal Theology
J. Rodman Williams - Zondervan
7. What The Bible Teaches
R.A. Torrey - Oliphants
8. Why Churches Die
Hollis Green - Bethany Fellowship

INTERNET WEBTUISTES

1. www.4-11.org/books/hebrews/ 5. http://members.tripod.com/litsixdays

2. www.southwoodsbc.org 6. www.thingsrevealed.net

3. www.baptistcollege.8m,com 7. www.gospelcom.net

4. www.bdclr.org/basics 8. www.iclnet.org

INTERNET SOEKWOORDE
'Christian', 'Theology' of 'Doctrine' en:

Fundamental, Principles, Foundation, Growth, Training, Teaching, Dead works, Rituals,


Traditions, Baptisms, Water, Suffering, Holy Spirit, Doctrine, Dead, Resurrection, Baptiser,
Promise, Pentecost, Seal, Power, Laying, Hands, Firstborn, Mortal, Immortal, Judgement,
Eternal, Throne, Reward, Empowering.

(Die Engelse woord "water" of "growth" alleen sal te veel plekke oplewer. Die eerste twee
moet met een van die volgende groep woorde verbind word om goeie artikels op te lewer).

_________________________________________________________________________

You might also like