Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 48

NUWE VERBOND

Dissipelskap Studie Kursus

Boek A06

INHOUD Bladsy

TITELBLAD A

INHOUD (Hierdie bladsy) B

5 STAPPE IN DIE LEERPROSES C

INLEIDING (tot die begrip "Nuwe Verbond") D

LESINGS: 1 - 40
1. Die Bloedverbond 1

2. Die Verbond met Abraham 11

3. Hanteer die Nuwe Verbond met Vaardigheid 21

4. Die Verbondsmaal 31

OPSOMMING (Oorsig van hierdie boek) Rugkant Omslag

SLEUTELWOORDE en KONSEPTE E

PRAKTIESE RIGLYNE F

BRONNE VIR NAVORSING (Boeke & Webtuistes) H

VERSLAE (Vlakke 4 tot 6) G


INLEIDING
Nuwe Verbond
'n Studie van die verbonde is aangrypend en elke goeie Bybel leraar sal dit weer
van naderby wil beskou, die waarborge – hetsy voorwaardelik of onvoorwaardelik – wat
God ingestel het om die geskiedenis van die mensdom op aarde te vormeer. Hierdie
konsepte kan nie in gebalanseerde onderrig geïgnoreer word nie.

'n Effens breёr oorsig van die onderwerp sal jou help om te fokus op die meer
belangrike aspekte en om 'n meer in-diepte insig te verkry op God se strategiё.

Bykomend tot die agt Bybelse verbonde wat agter op die boek verskyn, het
Teoloё ook drie verdere 'teologiese' verbonde voorgestel. Hierdie hou spesifiek verband
met die saligheid van die mens.

1. 'n Verbond van 'werke' sou glo met Adam gesluit wees. (Gen 2:17)

2. Nog 'n verbond is gepostuleer, namelik die verbond van 'verlossing' waar
dit geleer word dat 'n verbond gesluit is tussen God die Vader en die Seun,
met betrekking tot die saligheid van die mens tot in die verre verlede.
(Efesiёrs 1:4 en 11). In hierdie verbond sou die Seun van God onderneem
om die verlossing van dié wat glo te voorsien en het God belowe om die
offer te aanvaar.

3. Nog 'n ander benadering is om die ewige Godsplan vir saligheid te sien as
'n verbond van genade. In hierdie sienswyse word Christus beskou as die
bemiddelaar van die genade verbond en as die verteenwoordiger van dié
wat hul vertroue in Hom plaas. Individue kom die voorwaardes van hierdie
verbond na wanneer hulle hul geloof in Jesus Christus as Saligmaker
plaas.

Tog is daar 'n probleem daarin dat dié wat hierdie teologiese verbonde leer,
dikwels God se plan van saligheid Sy primêre doel in mensgeskiedenis maak. Sodoende
ignoreer hulle dikwels besonderhede van God se plan vir Israel, God se plan vir die Kerk
en God se beplanning vir die nasies.

Dit is dus wys om die geskiedenis deur die agt Bybelse verbonde te beskou wat
die kardinale Godsplan van die ganse mensgeskiedenis onthul en wat God se
Saligheidsplan ook insluit.

Dié wat die teologiese verbonde beklemtoon word meestal "Verbonds Teoloё"
genoem, terwyl dié wat die Bybelse verbonde beklemtoon nader beweeg aan
'dispensasionalisme" omdat die Bybelse verbonde die onderskeidings tussen die
verskillende fases in mensgeskiedenis aantoon.

Droё hout teologiese goed? Definitief nie! Soos jy hierdie boek bestudeer gee
assseblief besondere aandag aan die 'saad-vorm' in die Abrahamitiese verbond en die
implikasies van die Bloed-Verbond (Nuwe Verbond). Dit waarborg alles wat God van
voornemens is om te doen op grond van Jesus se vergote bloed.
________________________________________________________________________
DIE BLOED

Die verbond beskryf betreffende


prosedure, OT voorbeelde en
vervulling deur Jesus se dood

Studieveld Uitkomste
 Die Agtergrond  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Perfekte orde en harmonie
in die natuur Definieer 'n verbond, beskryf die
Ingeboude God bewussyn eienskappe en prosedures van 'n
Wat is God se uitspraak van Homself bloed-verbond, leer mense hoe om
Die gees van aanneming die Nuwe verbond te betree
As Vader dissiplineer Hy ons
Doelwitte
 Die Definisie van 'n Verbond
 Om 'n meer kundige deelnemer te word
 Die Prosedure
Bestudeer die Skrif vir inligting
Bo-kleed, gordel, sny die Verbond, Bepeins verbond-implikasies
meng van bloed, omruil van name, Deel verbond konsepte met andere
maak 'n litteken, die voorwaardes,
die maaltyd, die gedenksteen  Om duidelike bloed verbond
konsepte te ontwikkel
 Die voorbeeld
Beskryf kultuurhistoriese betekenisse
Abraham en Abimeleg Som historiese prosedures op
Jakob en Laban Verduidelik 'bloed' implikasies
Dawid en Jonathan Vind Bybelse voorbeelde
Mefiboset
 Om die Nuwe verbond te definieer
 Die Nuwe Verbond
Spesifiseer die rol van Jesus Christus
Die vleeswording van Jesus Christus Identifiseer die voordele van die verbond
Jesus sny die Verbond – voorwaardes -
toetrede – litteken van die Verbond
________________________________________________________________________
DIE NUWE VERBOND__________________________

Wanneer ons die REALITIET VAN HIERDIE VERBOND ten volle begryp en
verstaan, sal ons vir altyd bevry wees van elke vorm van GEVEINSDE NEDERIGHEID
asook 'n MINDERWAARDIGHEIDSGEVOEL teenoor God en die wêreld. In plaas daarvan
om BEANGS, VEROORDEEL of MINDERWAARDIG te voel, sal ons 'n nuwe
vrymoedigheid en onverskrokkenheid teenoor die Vader ontwikkel, so-ook wanneer ons
DRUK, RAMPE EN TEËSPOED moet hanteer.
________________________________________________________________________
ONS WORD DEELGENOTE VAN DIE GODDELIKE NATUUR
EN BEELTENIS VAN GOD DEUR JESUS CHRISTUS___________

Ons behandel DIE NUWE VERBOND en nie bloot 'n verbond of dié verbond nie.

Die woord NUWE impliseer dat daar ook 'n OUE is. Ons moet egter verstaan dat
die NUWE nie 'n plaasvervanger vir die OUE is nie, maar in werklikheid die VERVULLING
of DIE REALITEIT van die OUE is, WANT DIE OU VERBOND IS 'N HEENWYSE NA, OF
'N VOORSKOU VAN, DIE NUWE.

BLOED is die GRONDSLAG of BASIS van die meeste verbonde wat in die ou
wêreld gesluit is, maar veral van dié wat God met die mens gesluit het.
________________________________________________________________________
GEEN ONDERHANDELINGS MET GOD KAN SONDER BLOED GESKIED NIE__

Bloed is die enigste grondslag waarop God met die mens kan omgaan en sonder
bloed is daar geen basis waarop die mens tot God kan nader of met Hom kan
kommunikeer nie.

 WAT IS DIE REDE HIERVOOR?


________________________________________________________________________
SONDE____________________________________

Die mens se sonde is die direkte oorsaak dat God bloed vereis. Die mens se
sonde het die NOODSAAKLIKHEID VIR 'N VERBOND geskep. 'n Verbond is 'n daad
waardeur twee partye LEWENSLANK met mekaar VERSOEN raak. Voordat sonde gekom
het was daar GEEN REDE VIR VERSOENING of OOREENKOMS nie.
Jes 59:2 Maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en
julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

 HOEKOM BLOED?

Eseg 18:4 Die siel wat sondig, moet sterwe.

Lev 17:11 Want die siel (lewe) van die vlees is in die bloed ...

Heb 9:22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet en SONDER
BLOEDVERGIETING vind daar geen vergifnis (van sonde) plaas nie.

_________________________________________________________________________
SODRA BLOED GEVLOEI HET IS 'N LEWE GENEEM EN DAN IS
GEREGTIGHEID VERVUL: DAAROM KAN VERSOENING PLAASVIND______
Sonde kan slegs uitgewis word met dood deur bloedvergieting. Die mens word
gered deur 'n plaasvervanger as offer, wat vir God aanvaarbaar is.

1. DIE AGTERGROND VAN DIE BLOEDVERBOND

Dit blyk dat die meeste mense op aarde selde aan God dink of aandag gee aan
wie Hy is en wat Hy doen. Baie twyfel of daar 'n God is en indien Hy wel daar is, dat Hy
ver in Sy eie onpersoonlike wêreld leef. Baie ontken selfs Sy bestaan en maak Hom af as
bloot 'n kruk en 'n versinsel van die menslike brein.

Ps 53:2 Die DWAAS sê in sy hart: Daar is geen God nie.


_________________________________________________________________________
DIE HEMELE EN DIE NATUUR VERKONDIG DAT DAAR 'N GOD IS______

 VOLMAAKTE ORDE EN HARMONIE IN DIE NATUUR

Ps 19:2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk
van Sy hande.

Rom 1:20 Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy
werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik SY Ewige Krag en Goddelikheid.

 INGEBOUDE BEWUSSYN VAN GOD

Rom 1:19 Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God
het dit aan hulle geopenbaar.

Die Bybel probeer nooit om God se bestaan te bewys nie. Dit verklaar slegs dat
GOD IS. Wanneer ons weet dat GOD IS, dan moet ons uitvind WIE IS HY EN WAT SY
AARD IS.
_________________________________________________________________________
BAIE WEET VAN GOD MAAR MIN KEN HOM__________________

Hulle weet dat hy God is en dat Hy die Skepper is wat almagtig, kragtig en
verskriklik is. Hy is alomteenwoordig, alwetend, ens. Hulle weet ook dat die mens God se
Skepsel is wat swak en broos is, siek word, ly en selfs sterwe ens. God is 'n veraf
onpersoonlike WESE wat die wêreld oordeel deur allerhande onheile en rampe. Hierdie is
die gedagterigting van iemand wat WEET VAN GOD sonder OM HOM TE KEN.

 WAT OPENBAAR GOD VAN HOMSELF?


_________________________________________________________________________
GOD HET 'N EWIGE VERBOND VAN LIEFDE MET ONS GESLUIT_______

Psm 8:5 Wat is die mens dat U aan hom dink ...

Ps 8:6, 7 Die mens is God se MEESTERSTUK, DIE HOOGSTE HEERLIKHEID


van die skepping.
_________________________________________________________________________
GOD IS GEDAGTIG AAN DIE MENS______________________

Die mens is die skepping van God. God ken die waarde van Sy skepping; omdat
ons die produk of uitvloeisel van God se Liefde is, is hierdie LIEFDESVERBOND
beskikbaar aan almal wat daaraan wil deel.
 DIE GEES VAN AANNEMING

Sodra ons toetree tot hierdie verbond word ons bewus van GOD SE
VADERSKAP. Hy is VOLKOME VADER. GOD IS LIEFDE, só lief het Hy dat Hy Homself
gegee het.

GOD IS NIE AFSYDIG, VERAF, OF 'N STRENG REGTER NIE! Hy het Homself
met ons geïdentifiseer deur Jesus Christus – in staat om geheel en al aan al ons
beproewinge deel te hê.

God is ONS SKEPPER wat ons intiem ken. Hy is onveranderlik en bly altyd
dieselfde.

 AS VADER DISSIPLINEER HY ONS

Hy dissiplineer ons en ontwikkel karakter, geloof, liefde en lydsaamheid in ons.

Jer 9:24 ... maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My
ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde
doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die Here.

Wat ookal ons stand of status mag wees, God wil hê dat ons Hom sal ken.

Hy wil hê dat ons SY LIEFDE, REGVERDIGHEID en GEREGTIGHEID sal ken.


________________________________________________________________________
DIE BLOEDVERBOND IS GOD SE LIEFDE IN AKSIE_____________

2. DIE DEFINISIE VAN 'N VERBOND

Die Bybel is onderverdeel in die OU TESTAMENT en die NUWE TESTAMENT.


Die woord "TESTAMENT" kom van die Latynse woord "Testamentum". Die korrekte woord
hiervoor is die woord "VERBOND".

 'N VERBOND
________________________________________________________________________
'N VERBOND IS 'N SOEWEREINE TOEPASSING VAN GENADE,
GODDELIK IN OORSPRONG, BEKENDSTELLING,
BEVESTIGING EN VERVULLING_______________________

- Die Hebreeuse woord vir Verbond is "BERITH"

- Die Griekse woord daarvoor is "DIATHEKE"

Beide woorde beteken letterlik om TE SNY. Verder uitgebrei beteken dit die
volgende:
________________________________________________________________________
SNY 'N VERBOND DEUR BLOED TE LAAT VLOEI, EN OM TUSSEN TWEE
STUKKE VLEIS DEUR TE LOOP____________________

'n Bloedverbond tussen twee mense is die intiemste, langdurigste, mees plegtige
en mees heilige van alle ooreenkomste op aarde. Dit kan HOEGENAAMD NOOIT
VERBREEK WORD NIE. Wanneer 'n bloedverbond gesluit word, word 'n ooreenkoms
gemaak waarin albei partye hulle verbind om LEWE, LIEFDE en EWIGE BESKERMING te
gee, totdat die DOOD hulle skei. 'N HUWELIK IS SO 'N BLOEDVERBOND.
________________________________________________________________________
OM 'N BLOEDVERBOND TE VERBREEK,
WAS STRAFBAAR MET DIE DOOD_______________________

3. DIE PROSEDURE VAN 'N VERBOND

- Die Hebreeuse en ander Rituele

DIE BLOEDVERBOND is deur God geleer en was op een of ander wyse deur
feitlik elke nasie op aarde beoefen. Dit blyk 'n ingebore instink in die mens te wees om
BLOED TE LAAT VLOEI OM VERSOENING VIR SONDE en VYANDSKAP TE DOEN.

Vanuit bogenoemde rituele kan ons NEGE STAPPE vir die sluit van 'n
BLOEDVERBOND identifiseer.

3.1 DIE OMRUILING VAN DIE GEWAAD

Die GEWAAD verteenwoordig die PERSOON, die karakter en natuur van die
draer daarvan. Wanneer ek my bo-kleed (gewaad) vir jou gee, dan gee ek eintlik MYSELF,
MY WESE en MY LEWE as 'n pand of waarborg. Bo-klede was omgeruil.

3.2 OMRUILING VAN DIE GORDEL

Die GORDEL waaraan die wapens gedra was: die dolk, die boog en pyle en die
swaard, word dan afgehaal en omgeruil. Dit het vir mekaar gesê: Hiermee gee ek jou MY
KRAG en MY ONDERSTEUNING en sê ek: HIER IS AL MY KRAG EN MY VERMOË OM
OORLOGVOERING. As enigiemand jou sou aanval, dan val hy ook vir my aan. Jou stryd
is ook my stryd. Ek sal saam met jou veg en jou help, jou verdedig en beskerm. Jou
vyande is my vyande en jou vriende is ook my vriende.

3.3 SNY DIE VERBOND

'n Dier is in twee gelyke dele gesny en dan is die stukke aan weerskante van die
twee partye, wat rug teen rug staan, geplaas. Daarna loop die twee partye tussen die twee
dele deur, draai om en staan dan van aangesig tot aangesig voor mekaar.

Hierdeur verklaar hulle DAT HULLE DIE REG OP HULLE EIE LEWE AFLÊ EN
STERWE AAN HULSELF om 'n NUWE LEWE VAN OPOFFERING te leef. As
verbondsgenote spreek die loop tussen die vleisdele van die offer simbolies van die
bindende KONTRAK tussen hulle. Die vennote sê daardeur aan mekaar, terwyl hulle na
die verskeurde dier kyk: "Mag God so met my maak indien ek ooit hierdie verbond probeer
verbreek. Kap my in twee en voer my vir die aasvoёls as ek so 'n heilige ooreenkoms sou
verbreek."

3.4 MENG VAN BLOED

'n Insnyding word in die regter hankpalms gemaak, waarna hulle mekaar se
regterhand vasgryp en hou totdat hulle bloed vermeng is. Die twee partye sweer daarmee
EWIGE TROU AAN MEKAAR. Twee lewens word dan een en so neem hulle daardeur
mekaar se natuur aan.
3.5 OMRUIL VAN NAME

Ons ruil daardeur OUTORITIET en REPUTASIES uit.

3.6 MAAK 'N LITTEKEN

As word in die snymerke gevryf om 'n PERMANENTE LITTEKEN te laat – die


merk van die VERBONDSMENS. Wanneer iemand anders die litteken sien, dan weet hy
dat daar meer aan jou is as wat 'n mens met die eerste oogopslag raaksien.

Die vyand sal so 'n VERBONDSMENS met groter versigtigheid benader. So bv.
het Henry Stanley – 'n Avonturier in Afrika – 'n bloedbroer van VYFTIG STAMHOOFDE IN
AFRIKA geword. Wanneer die vyand die 50 littekens raakgesien het, het hulle baie gou die
aftog geblaas.

3.7 DIE VOORWAARDES

Eerstens word die seёninge uitgelees waarin ek verklaar dat AL MY BATES,


GELD, EIENDOMME en BESITTINGS aan jou behoort. Wanneer ek sterf word my
afhanklikes jou afhanklikes en jy word die hoof van my huis.

My LASTE word ook jou laste. BEIDE BATES en LASTE word VOOR GETUIES
UITGELEES.

3.8 DIE MAALTYD

Brood word gebreek en wyn word gedrink as simbool van ons deelname aan
mekaar.

3.9 DIE GEDENKSTEEN

'n Gedenksteen of boom word geplant en die bloed van die geslagte dier word
daaroor gesprinkel as 'n gedenkteken vir almal om te sien. Die partye is nou OPREGTE
VRIENDE; 'n term wat slegs vir BLOEDBROERS gebruik word. Van nou af is die twee
families verewig deur 'n BLOEDVERBOND VERWANT AAN MEKAAR. Dit sluit AL HULLE
NAKOMELINGE IN.

4. VOORBEELDE VAN DIE BLOEDVERBOND

 ABRAHAM EN ABIMELEG

 JAKOB EN LABAN

Genesis 21:21–34 Genesis 31:44, 45

 DAWID EN JONATHAN

1 Samuel 18:1–9

 DAWID

Dawid was 'n magtige oorlogsheld en oorwinnaar, 'n man na God se hart wat
geweier het om Saul, DIE GESALFDE VAN DIE HERE aan te raak. Ten spyte daarvan dat
Saul antagonisties en vernietigend teenoor Dawid was, het Dawid Saul nogtans beskerm
omdat hy geweet het dat Saul guns by God gevind het.

 JONATHAN

Jonathan het vir Dawid liewer gehad as homself en hulle het BLOEDBROERS en
VRIENDE geword. Jonathan het selfs vir Dawid teen sy vader beskerm. Later is Saul en
Jonathan tydens die slag van Jisreёl gedood, waarna Saul se familie in vrees teenoor
Dawid geleef het, menende dat Dawid, as koning, hom op hulle gaan wreek.

 MEFIBOSET

Hy was Jonathan se seun, verlam toe sy oppasster hom laat val het in haar haas
om van Dawid af weg te vlug. Intussen het Dawid Koning oor Israel geword en as Koning
het hy versoek dat enige oorlewendes uit Saul se familie voor hom gebring moet word.
Maar Mefiboset het weggekruip in Lodebar (2 Sam 9) totdat 'n dienaar uit die huis van Saul
met die naam van Siba dit aan Dawid bekend gemaak het. Dawid het toe 'n wa en perde
gestuur om hom te laat haal en voor hom te bring. Mefiboset was vreesbevange omdat hy
gedink het dat sy lewe nou tot 'n einde gekom het.

Mefiboset was egter ten volle herstel in VRYHEID asook in HEERSKAPPY


TERWILLE VAN DIE VERBOND. Die grond van Saul is aan hom teruggegee met die
koninklike seёninge, sy verlede is uitgewis en die koning het hom in die paleis laat woon as
'n aangenome kind. Dawid het waarskynlik die litteken van die Verbond op sy hand
gebruik as bewys daarvan.

5. DIE NUWE VERBOND

Ons het so pas na enkele gevalle verwys wat 'n voorskou was van die NUWE
VERBOND wat God die Vader met die mensdom sou sluit; 'n voorafskaduwing van die
Nuwe Testament. Saul en sy familie is 'n tipe van die WEDERSTREWIGE MENSDOM.

Dawid illustreer God terwyl Jonathan 'n voorbeeld van Jesus Christus is, wat baie
soos Dawid was en tog soveel van Saul in hom gehad het. Jonathan het nie regtig ingepas
in Saul se huishouding nie en tog was hy onlosmaaklik deel daarvan.

Die volheid van die Godheid woon liggaamlik in Jesus Christus (Kol 1:9), en IN
HOM IS LEWE (Kol 3:4); HY IS DIE BRON VAN ALLE LEWE. Deur Jesus Christus en
binne-in Hom, is alle dinge GESKAPE (Kol 1:16) en as Skepper is Sy waarde GELYK AAN
EN MEER AS DIE SOMTOTAAL VAN ALLES WAT HY GESKAPE HET.

________________________________________________________________________
GOD HET DIE MENS GEWORD WAT HY GESKAPE HET
- DIE SKEPPER HET DIE SKEPSEL GEWORD
TERWYL HY STEEDS DIE SKEPPER GEBLY HET______________

 GOD HET VIR DIE HELE SKEPPING INGESTAAN

Sy lewe is gelyk aan die som totaal van die ganse skepping insluitend elke mens
wat uit 'n vrou gebore is. Daarom kon God die Vader, wettiglik toetree tot 'n verbond met
DIE VOLMAAKTE MAN, Jesus Christus die Here, om daarna vir ewig en onlosmaak as
VERBONDSVENNOOT teenoor die mensdom te staan. Hierdie meestersplan het in die
Alwysheid van God ontstaan en dit was God se uitsluitlike idee.
5.1 DIE VLEESWORDING VAN JESUS CHRISTUS

1 Pet 1:20 Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar
terwille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom.

Nog voordat God 'n atoom in posisie geplaas het, het Hy REEDS BEPLAN DAT
GOD DIE SEUN IN DIE VORM VAN 'N DIENSKNEGTE AS MENS geopenbaar sou word.
Die Heilige Gees het oor Maria gekom en die krag van die Allerhoogste het haar oorskadu
en so het Maria Jesus Christus in haar moederskoot ontvang en geboorte aan Hom
geskenk.

Jesus was verwek deur 'n skeppingswonder van God die Vader. Hy is in armoed
gebore en daar is vermoed dat Hy buite-egtelik verwek is. Hy het grootgeword as 'n
skrynwerker in 'n dorpie met 'n twyfelagtige reputasie – "sou iets goeds uit Nasaret kom?"

5.2 JESUS SNY DIE VEBOND

Jesus het met die twaalf saamgekom om deel te neem aan die VERBONDS-
MAAL.

 JESUS, DIE OFFERLAM

Sy liggaam is verbrysel en SY BLOED uitgegiet oor die GEDENKPAAL as 'n


simbool aan al die geslagte dat God 'n verbond met die ganse mensdom gesluit het.

 HY VERRUIL SY KLEED VAN GEREGTIGHEID VIR ONS BESOEDELDE


KLEED
 HY VERRUIL SY MAGTIGE WAPENS VIR ONS SWAKHEDE
 HY VERRUIL SY EERBARE NAAM IN RUIL VIR ONS SONDIGHEID
(2 Kor 5:21)

 ONTHOU DIE VERBOND

Soos Mefiboset het ons weggekruip uit vrees vir die Koning van alle konings,
gestroop van alle KONINKLIKE WAARDIGHEID. Maar die nuwe Koning stuur die Heilige
Gees, om ons nader te trek OM OP GROND VAN DIE VERBOND DEELGENOTE TE
WORD VAN AL DIE VOORREGTE VAN DIE KONING.

Heb 2:14, 15 Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook
net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur Sy dood die een wat
mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir
die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry. (NV)

Lees ook 2 Korinthiёrs 5:17-21.

Koning Jesus het Sy ambassadeurs na die Mefibosets van hierdie wêreld gestuur
sodat hulle hul plek aan die Koning se Tafel kan inneem, om deel te neem aan Sy
koninklike rykdomme en weelde en om die Koning se guns te geniet en om alles wat
verlore was menigvuldiglik terug te wen.
5.3 DIE VOORWAARDES VAN DIE VERBOND

- Ons verruil die Kleed; Hy het ons sonde op Hom geneem – en ons Sy
geregtigheid

- Ons verruil die Lyfband; Hy het ons swakhede aan die kruis opgeneem
en ons Sy krag en sterkte

- Ons sny die Verbond; Hy het vir ons gesterwe – ons sterf aan onsself

- Ons verruil name; Ons name is geskrywe in die Boek van die Lewe van
die Lam

- Sy Naam en krag gee ons reputasie en outoritiet

- Eet die verbondsmaal – Gedenk Hom, ondersoek onsself en word gevoed

5.4 TOETREDE TOT DIE VERBOND

Joh 6 : 35 – 57 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe
kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Maar Ek
het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie. Al wat die Vader My
gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

Van ons word verwag om openlik, DOELBEWUS en AKTIEF toe te tree tot die
BLOEDVERBOND deur:

- TE GLO DAT JESUS CHRISTUS DIE SEUN VAN GOD IS

- JESUS CHRISTUS TE ONTVANG AS REDDER, HEER EN KONING

- DIE HEERSKAPPY VAN JESUS CHRISTUS IN ONS LEWE TE BELY


EN TE BEVESTIG
________________________________________________________________________
ONS MOET TOETREE TOT 'N KONTRAKTUELE OOREENKOMS
WAT IN DIE BLOED VAN JESUS CHRISTUS VIR ALTYD GESLUIT IS____

5.5 DIE LITTEKEN VAN DIE VERBOND

 DIE VERBRYSELDE LIGGAAM VAN JESUS

 DIE SEËL VAN DIE HEILIGE GEES

Efes 1:13b ... in wie julle ook, nadat julle die woord van waarheid, die
evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,
verseёl is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons
erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

________________________________________________________________________
DIE HEILIGE GEES IS GOD SE SEËL - EFESIËRS 1:13__________

Deur die Gees ontvang ons die BESNYDENIS VAN DIE HART. Dit is 'n
verandering van die HART – 'n getuienis dat ons verseёl word deur die Heilige Gees.
 LAAT HIERDIE TEKEN IN JOU LEWE GESIEN WORD

Satan weet dat daar MEER IS AS WAT DIE OOG KAN SIEN – dat die MAG en
OUTORITEIT en BRONNE wat in Christus is, dit rugsteun wat hy in ons sien soos ons dit
uitleef.
_________________________________________________________________________
DIE VERBOND MET

God verduidelik Homself aan die


gelowige mens deur die Vader van
baie gelowiges deur Sy verbond

Studieveld Uitkomste
 Die agtergrond  Na voltooiing van die sessie
behoort jy instaat te wees om ...
Wat my aangaan
Progressiewe openbaring Beskryf die inhoud en die
Wat my aangaan ... wat van jou? beginsels van die Abrahamitiese
Verbond, en toon die saad vorm
 Die prosedure na die Nuwe Verbond

Waaraan sal ek weet ...? Doelwitte


Die mens kan homself nie red nie
Die wolkkolom en die vuurkolom  Om kundig te word oor die
Abraham het God geglo Abrahamitiese verbond
 Die uitruil van name Noem relevante Skrifverwysings
Bepeins die betrokke beginsels
Toe van Abram op sy aangesig
Abraham die vriend van God  Om prosedures van die
Abrahamitiese verbond te definieer
 Die teken
Bestudeer die Hebreeuse rituele
Besnydenis was die teken Definieer die implikasie van besnyding
Hoekom besnydenis? Noem ander prosedures

 Die saad van Abraham  Om al die konneksies na die


Nuwe Verbond te versamel
'n Vader van 'n menigte van nasies
Sara sal 'n seun baar Konsentreer op bonatuurlike ingryping
Identifiseer die rol van Jesus Christus
 Die toets van toewyding Beklemtoon saligheidskonsepte

Implikasie van 'n Verbond


Abraham en die belofte, die teken,
en sy nuwe naam

 Die Nuwe Verbond

'n Bonatuurlike geboorte


Die voorsiende plaasvervanger
Die volmaakte plaasvervanger
Die opstanding
_________________________________________________________________________
DIE VERBOND MET ABRAHAM_________________________

Noudat ons die BASIESE beginsel van 'n Verbond gelê het en in besonder die
van die BLOEDVERBOND, gaan ons nou in hierdie lesing van VERBOND MET
ABRAHAM, die GELOOFSVADER, bestudeer.
_________________________________________________________________________
DIE NUWE VERBOND IS DIE VERVULLING
VAN DIE VERBOND MET ABRAHAM____________________

Die Verbond met Abraham is in werklikheid die SAAD van die NUWE VERBOND,
daarom sal dit ons betaal om dit noukeurig te bestudeer.

1. DIE AGTERGROND

Gen 1:26, 27 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons
gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voёls van die hemel
en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En
God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom
geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Gen 3:23, 24 Toe stuur die Here God hom weg uit die tuin van Eden om die
grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en
gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat
vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

God het die Mens geskape na Sy Beeld en Gelykenis en aan hom outoriteit gegee
om te heers en te vermenigvuldig hier op aarde. Die god van HIERDIE WÊRELD. Lucifer
of satan, het hom egter verlei OM HOM TE GEHOORSAAM en daardeur IS DIE
HEERSKAPPY OORGEDRA AAN SATAN, wat hom die god van hierdie wêreld gemaak
het.
________________________________________________________________________
SATAN HET GOD SE MEESTERSTUK - DIE MENS GESTEEL_________

 GOD HET SY OUTORITEIT AAN DIE MENS GEGEE

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom
sou berou nie. SOU HY IETS SÊ EN DIT NIE DOEN NIE, of SPREEK EN DIT
NIE WAAR MAAK NIE?

God het die HEERSKAPPY en OUTORITEIT aan die mens gegee om dit nooit
weer terug te neem nie.

 DIE MENS HET SY OUTORITEIT AAN SATAN AFGEGEE


________________________________________________________________________
GOD HET DIE MENS SE INSTEMMING EN
AANVAARDING NODIG OM HOM TE KAN VERLOS_______________

Gen 2:17 ... maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan
mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, SAL JY SEKERLIK STERWE.
- Die mens het oortree en die vonnis moet voltrek word!

Alhoewel God die DOODVONNIS vir ONGEHOORSAAMHEID GEVEL het, het


HY STEEDS DIE MENS wat Hy na Sy beeld en gelykenis geskape het LIEF, daarom het
Hy toe reeds al BEPLAN OM DIE MENS TE VERLOS en te HERSTEL.

Sedert die sondeval en die dood van die mens was GOD SOEKEND NA 'n MAN
wat as VENNOOT saam met HOM in 'n VERBOND KAN GAAN.

1.1 WAT MY AANGAAN

Op 'n dag het God vir Abram genader waar hy in die heidense stad Ur, by die
Chaldeёrs saam met sy familie wat afgodedienaars was, gewoon het, en gesê:

Gen 12:1–3 Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die
land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seёn, en hom
vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseёn
word.
- Abram is deur God genader met 'n voorstel.

Die voorstel was aanneemlik vir Abram en hy het God vertrou DEUR TE BEGIN
OM GEHOORSAAM TE WORD. Hy was gehoorsaam om HARAN te verlaat maar het sy
familie en sy vader se huishouding met hom saamgeneem. Nadat Abram se vader, Tera,
gesterf het, het hulle vanaf Haran, wat noord van Kanaän geleё is, vertrek. Abram het na
Kanaän gegaan en het Lot met hom saamgeneem. (vers 5)

 GOD VERSKYN WEER AAN HOM EN SÊ

Gen 12:7 ... Aan jou nageslag SAL EK HIERDIE LAND GEE.

Tydens 'n hongersnood in die land Kanaän, het Abram, omdat sy geloof gewankel
het, na Egipte vertrek om daar te gaan woon. Na 'n verloop van tyd het Abram terug
gekeer na Kanaän, as 'n BAIE RYK MAN met baie besittings. Dit was op hierdie stadium
dat hy en Lot se weё uiteengeloop het. GOD HET TOE WEEREENS AAN HOM
VERSKYN en aan hom herbevestig dat DIE HELE LAND syne is.

 PROGRESSIEWE OPENBARING

God was besig om HOMSELF OP 'n PROGRESSIEWE WYSE stap vir stap AAN
ABRAM TE OPENBAAR ten einde Abram se vertroue te wen. God was nog steeds besig
om homself aan Abram BEKEND TE MAAK en om sy vertroue te wen. Elke keer wanneer
Hy aan Abram verskyn het, het Hy meer besonderhede van die voorstel aan Abram bekend
gemaak.

Hy het gesê:

- EK IS vir jou 'n skild en jou loon is baie groot

- Ek sal jou 'n nageslag soos die sterre gee

- Ek sal jou 'n erfdeel gee


Gen 15:8 En hy Abram) sê: Here, Here waaraan sal ek weet dat ek dit besit sal
neem?

Abram was gereed om toe te tree to 'n BLOEDVERBOND met die SKEPPER van
al die HEELAL. God het 'n VENNOOT gevind, iemand wat gekies het om in 'n
OOREENKOMS met Hom te gaan. Abraham het gekies om hom te ONDERWERP en
homself OORGEGEE aan GOD SE VOORSTEL.

Genesis 17:4 ... en God het met hom gespreek en gesê: WAT MY AANGAAN,
KYK, MY VERBOND IS MET JOU.

God het 'n eed geneem en by HOMSELF gesweer en daardeur Sy eie NAAM en
REPUTASIE op die spel geplaas.
_________________________________________________________________________
JY KAN VERSEKER WEET DAT WANNEER GOD 'N OOREENKOMS MAAK
DAT DIT ONHERROEPLIK IS EN NOOIT TERUGGETREK WORD NIE_____

 WAT MY AANGAAN ... WAT VAN JOU?

Dit is nie bloot 'n man wat 'n ander man benader nie. Dit is die HERE GOD
ALMAGTIG, DIE HOOG EN VERHEWE EEN, DIE MAJESTIEUSE GOD VAN DIE
HEELAL, die een wat Almagtig, Alomteenwoordig en Alwetend is. Dit was Hy wat Abram
genader het met 'n aanbod om met hom en sy nageslag in 'n vennootskap te gaan, sodat
ALLE MENSE OP AARDE DEUR HIERDIE VERBOND GESEËN KAN WORD.

2. DIE PROSEDURE

Toe God Abram se vraag (Gen 15:8) "... waaraan sal ek weet dat ek dit in besit
sal neem?" In die volgende vers beantwoord, het Abram presies geweet wat God daarby
bedoel het.

Genesis 15:9–12 En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n
driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif. En hy het
dit alles vir Hom gebring en dit MIDDELDEUR GEDEEL en die helftes teenoor
mekaar gelê; maar die voёls het hy nie verdeel nie. Toe kom daar roofvoёls op
die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

Toe Hy gevra het dat Abram hierdie diere moes bring, het Abram onmiddellik
geweet dat God besig was om 'n VERBOND TE SNY. Dit was 'n bewys van God se erns
met Abram. Abram omdat hy die prosedure geken het, het geen verder instruksies nodig
gehad nie en het daarom voortgegaan met die voorbereiding vir die offer. Daarna het God
vir Abram in 'n diepe slaap laat val sodat hy geen fisiese aandeel aan die ritueel kon hê nie,
DIT WAS 'N EENSYDIGE RITUEEL.
________________________________________________________________________
DIE MENS KAN HOMSELF NIE VAN DIE VERDORWENHEID
VAN HIERDIE DUISTERE WÊRELD RED NIE__________________

God was besig met die MEES ERNSTIGE en BINDENDSTE VERBOND waarvan
die mens op daardie stadium kennis gedra het – DIE BLOEDVERBOND.
Gen 15:17, 18 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n
rokende oond en vurige fakkel tussen die stukke vleis deur. Aan jou nageslag
gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die
Eufraatrivier.

 DIE WOLKKOLOM EN DIE VUURKOLOM

God – wie op 'n later stadium die berg Sinai sou skud en laat bewe en wie ook die
volk sou laat bewe deur aan hulle te verskyn in donderslae en blitse, - WANDEL TUSSEN
DIE TWEE STUKKE VLEIS DEUR en bevestig sodoende SY VERBOND met die mens,
Abram.

Deur dit te doen het Hy die OFFER wat deur BLOEDVERGIETING gekom het,
aanvaar. Daardeur VERKLAAR Hy dat, wat Hom aangaan is dit 'n EWIGE ooreenkoms
met die nageslag van Abram en in besonder met die saad van Abram. JESUS CHRISTUS
en ALMAL WAT IN CHRISTUS JESUS is, deur dieselfde GELOOF WAT ABRAM GEHAD
HET.

Hy het Abram in 'n diepe slaap laat val, omdat niemand God kan sien en bly lewe
nie. God het PERSOONLIK GEKOM en SY VERBOND BEVESTIG.

Gen 15:5, 6 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die
hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag
wees. En hy het in die Here geglo en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

 ABRAM HET GOD GEGLO

Rom 4:21, 22 ... en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat
Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

- God het Abram ten volle oorreed en hy het homself OORGEGEE.

3. DIE UITRUIL VAN NAME

Gen 17:1–5 Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram
verskyn, en vir hom gesê: EK IS GOD, DIE ALMAGTIGE; wandel voor my
aangesig, DAN SAL JY OPREG WEES. En EK WIL MY VERBOND SLUIT
TUSSEN MY EN JOU, en jou buitengewoon vermeerder. TOE VAL ABRAM OP
SY AANGESIG en God het MET HOM GESPREEK en gesê: Wat my aangaan,
kyk, my verbond is met jou, en JY SAL DIE VADER VAN 'N MENIGTE VAN
NASIES word. Daarom sal hulle jou NIE ABRAM NOEM NIE, maar JOU NAAM
SAL WEES ABRAHAM, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies.

Gen 17:15 Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai
noem nie, maar haar naam sal Sara wees.

Abraham en Sara was onafskeidbaar verbind met JHWH EL SHADDAI ELOHIM –


'n ewige vennoot.

Gen 1 7 En Ek sal MY VERBOND OPRIG tussen MY en jou en jou nageslag te


verbind om hulle GOD, VOORSIENER, BESKERMER en hulle VOORSPOED en
VENNOOT te wees.
 ABRAHAM - DIE VRIEND VAN GOD

Op 'n latere stadium het Josafat verlossing uit die hand van die vyand geёis
ooreenkomstig hierdie VERBOND en GOD was verplig om daaraan te voldoen OMDAT HY
DEEL VAN GOD SE VERBONDSVOLK WAS.

2 Kron 20:5–7 Toe gaan Josafat in die vergadering van Juda en Jerusalem
staan, ... en hy sê: Here, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en
is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in U hand is krag
en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie. Het U, onse God, nie die
inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit VIR ALTYD aan
die nageslag van ABRAHAM, U VRIEND, gegee nie?

God se wapens, God se besittings en God se Naam het nou aan hulle behoort.
Hulle kon enigiets IN TERME VAN DIE VERBOND van God eis en God was verplig om dit
te doen. Abraham se vyande het God se vyande geword en elkeen wat Abraham te na
gekom het, het sy HEILIGE VENNOOT se toorn laat ontvlam.

4. DIE TEKEN
________________________________________________________________________
GOD HET AAN DIE ANDERKANT WEER DIE REG GEHAD OM ENIGIETS
VAN ABRAHAM TE EIS EN ABRAHAM WAS VERPLIG OM TE DOEN____

Gen 17:4; 9–14 Wat my aangaan, kyk, my verbond is met jou ... MAAR JY
MOET my verbond hou, jy en jou nageslag na jou, van geslag tot geslag. Dit is
MY VERBOND wat julle moet hou tussen My en julle, en jou nageslag na jou. Al
wat manlik onder julle is, moet besny word – julle moet aan die vlees van julle
voorhuid besny word, en DIT SAL 'N TEKEN WEES VAN DIE VERBOND
TUSSEN MY EN JULLE. En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die
vlees van sy voorhuid gesny is nie – dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei
word: HY HET MY VERBOND VERBREEK.

BESNYDENIS WAS DIE TEKEN VAN DIE VERBOND TUSSEN GOD, DIE
ALMAGTIGE EN ABRAHAM, DIE MENS.

Dit was die litteken, die seёl en die merk dat Abraham 'n VERBONDS-VENNOOT
IN DIE HERE GOD GEHAD HET.

Gen 17:13 So moet dan My verbond IN JULLE VLEES wees as 'n EWIGE
VERBOND.
 HOEKOM BESNYDENIS?

Die besnydenis aan die voorhuid spreek daarvan dat God die VLEESLIKE
BEGEERTES van die mens aan Hom toegewyd wil hê. God wou DIE VLEESLIKE
BEGEERTES VAN DIE MENS, wat die oorspronklike skeiding tussen GOD en die mens
gebring het, in besit neem.
_________________________________________________________________________
DEUR HIERDIE VERBOND HET GOD VRIENDSKAP
EN GEMEENSKAP HERSTEL_______________________
5. DIE SAAD VAN ABRAHAM

Gen 17:5, 6 Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies. En Ek sal jou
buitengewoon vrugbaar maak; en konings sal uit jou voorkom.

Gen 17:16 ... sodat sy ('n moeder) tot nasies sal word; konings van volke sal uit
haar voortkom.

Deur Abraham het God wettiglik toegang verkry tot die VERLOSSING VAN DIE
MENS, om IN TE GRYP in die mens se pad van selfvernietiging. Dit het begin met 'n
SEUN VIR ABRAHAM EN SARA. Intussen was ISMAEL reeds gebore, maar dit was 'n
MENSLIKE POGING OM GOD SE BELOFTES IN VERVULLING TE BRING.
_________________________________________________________________________
GOD BEWYS HOMSELF MAGTIGLIK AS DIE VENNOOT
VAN ABRAHAM DEUR 'N BONATUURLIKE INGRYPING___________

Gen 17:19, 21 Toe antwoord God: Voorwaar jou vrou Sara sal vir jou 'n seun
baar, en jy moet hom Isak noem, en Ek sal My verbond met hom oprig as 'n
EWIGE VERBOND vir sy nageslag na hom. Maar My Verbond sal Ek oprig met
Isak, wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.

Gen 18:9-10 Waar is Sara u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent. En Hy sê:
Ek sal oor 'n jaar weer na jou toe kom – dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.

In onmoontlike omstandighede TOE DAAR GEEN HOOP MEER was nie, het
Sara op wonderbaarlike wyse swanger geword en AAN ISAK GEBOORTE GESKENK.
Sara was HAAR LEWE LANK ONVRUGBAAR en by dit alles nog VERBY DIE
OUDERDOM waarin sy swanger kon word. God het homself as 'n WAARDIGE
VERBONDSVENNOOT bewys wie GETROU EN OPREG is. Hierdie was die eerste tree
van die NUWE VERBOND.

6. DIE TOETS VAN TOEWYDING

Gen 22:1, 2 Na hierdie dinge het GOD ABRAHAM OP DIE PROEF GESTEL en
aan hom gesê: Abraham! en hy antwoord: Hier is ek. Toe sê Hy: Neem jou
seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak en gaan na die land Morea en offer hom
daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.

Ons het nou by die mees kritieke aansluiting van die verbond gekom naamlik die
TOETS VAN TOEWYDING deur beide partye. Isak was op wonderbaarlike wyse in
onmoontlike omstandighede gebore. Die kanse op 'n herhaling hiervan om nog 'n kind vir
Abraham en Sara te verwek was natuurlik gesproke NUL. En nou kom God met die
versoek dat HY SY ENIGGEBORE SEUN, ISAK, moes gaan offer.

 BEGRYP DIE VOLLE IMPLIKASIE VAN 'N VERBOND

 ABRAHAM EN DIE BELOFTE

Gen 21:1, 2 ... want DEUR ISAK sal daar VIR JOU 'N NAGESLAG GENOEM
WORD.
Hierdie was God se aandeel in die Verbond en omdat ABRAHAM DIE ERNS en
die PLEGTIGHEID van 'n VERBOND geken het, het hy geweet DAT GOD VERPLIG WAS
OM SY VERBOND MET ABRAHAM NA TE KOM.

 ABRAHAM HET DIE TEKEN GEHAD

Hy het die EWIGE TEKEN van die verbond in sy VLEES gehad wat daarvan
gespreek het DAT GOD SY VENNOOT WAS. Derhalwe was God GENOODSAAK OM
DIE VERBOND MET ABRAHAM NA TE KOM.

 ABRAHAM HET SY NUWE NAAM GEHAD

ABRAHAM - Die Vader van baie nasies.

 DIE VOLLE IMPLIKASIE VAN DIE VERBOND

Indien God van Abraham sy mees kosbaarste besitting vra, naamlik sy


ENIGGEBORE SEUN, dan is GOD VERPLIG OM OOK SY ENIGGEBORE SEUN TE GEE.
Abraham het dit verstaan en was onmiddelik GEHOORSAAM.

Genesis 22

God het 'n offer in Isak se plek voorsien – DAARDEUR HET HY VOORSIENING
DEUR SY SEUN OPENBAAR as die Lam van God wat die sondestraf op Hom neem.
________________________________________________________________________
ONS TREK DIE VOORDEEL VAN DIE VERBOND DEUR SY BLOED_____

Gen 22:8 God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun.

Heb 11:17–19 Deur die GELOOF het Abraham, toe hy op die proef gestel is,
Isak geoffer; Ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,
aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word – want hy het gereken dat
God mag het om self uit die dode op te wek; daaruit het hy hom ook, om so te
spreek, terug ontvang.

Figuurlik gesproke WAS ISAK DRIE DAE DOOD en was hy op die derde dag aan
Abraham terug gegee.

Gen 22:4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oё op en sien die plek van ver
ag. En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun
wil daarheen gaan om te aanbid en DAN NA JULLE TERUGKOM.

 DIE HERE SAL VOORSIEN


Gen 22:14 En Abraham het die plek genoem: DIE HERE SAL VOORSIEN.
Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.

Letterlik lees dit as volg: OP DIE BERG VAN DIE HERE SAL HY GESIEN WORD
EN SAL HY VOORSIEN. Hierdie is die plek van herdenking van die Verbond en ook is dit
die presiese plek waar Christus baie later gekruisig was.
 DIE VERBOND IS VOLTOOI

Gen 2 16–18 Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en
jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seёn en jou
nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand
wat aan die seestrand is; en jou ngeslag sal die poort van sy vyande in besit
neem. EN IN JOU NAGESLAG SAL AL DIE NASIES VAN DIE AARDE GESEËN
WORD, OMDAT JY NA MY STEM GELUISTER HET.

- Abraham was gehoorsaam omdat hy GELOOF gehad het.

Abraham was ten volle oortuig omtrent:

- Die Wonderbaarlike geboorte van sy seun


- Dat sy seun (figuurlik) drie dae lank dood was
- Dat God hom uit die dood sou opwek
- Dat hy die eersgeborene van baie nasies sal wees
- Dat God vir Homself 'n soortgelyke offer sal voorsien
________________________________________________________________________
DIT WAS DIE TERME VAN GOD SE VERBOND
MET SY VRIEND EN AARDSE VENNOOT________________

7. DIE NUWE VERBOND

Die nuwe Verbond verwys telkens na die VERBOND WAT GOD MET ABRAHAM
GEMAAK HET AS DIE BASIS EN GRONDSLAG DAARVAN.

Johannes 8:56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy MY DAG SOU
SIEN; en HY HET DIT GESIEN en het hom verbly.

Galasiёrs 3:7–9, 11, 13–16 Julle verstaan dan dat die wat UIT DIE GELOOF is
HULLE IS KINDERS VAN ABRAHAM. En die Skrif wat vooruit gesien het dat
GOD DIE HEIDENE UIT DIE GELOOF SOU REGVERDIG, het vooraf aan
Abraham die evangelie verkondig met die woorde: IN JOU (SAAD) SAL AL DIE
VOLKE GESEËN WORD. Sodat die wat uit die GELOOF is, geseёn word saam
met die gelowige Abraham. En dat niemand deur die wet by God geregverdig
word nie, is duidelik. WANT DIE REGVERDIGE SAL UIT DIE GELOOF LEWE.
Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word
... sodat die seёn van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat
ons die belofte van die Gees deur die GELOOF kan ontvang. Broeders, ek
spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak
niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. NOU IS AAN ABRAHAM die belofte
toegesê en AAN SY SAAD.. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien
nie, maar op EEN: EN AAN JOU SAAD, DIT IS CHRISTUS.

7.1 'N BONATUURLIKE GEBOORTE

God het aan die MAAGD MARIA verskyn en op 'n bonatuurlike en wonderbaarlike
wyse deur SY WOORD haar moederskoot bevrug deur die krag van die HEILIGE GEES
wat haar oorskadu het. DIE SAAD VAN ABRAHAM, JESUS CHRISTUS, was verwek en is
gebore. God het die VERBOND met ABRAHAM, nagekom deur Sy Seun uit Abraham se
nageslag te verwek.
Lukas 1:30–35

Hierdie was ook 'n aanbod wat deur Maria aanvaar is en waaraan sy haarself
oorgegee het.

Luk 1:38 ... Laat dit met my GAAN VOLGENS U WOORD.

Jesus het ooreenkomstig van die VERBOND VAN ABRAHAM gehandel DEUR
HOM TE LAAT BESNY. Sy lewe deur het Hy in die VERBOND geglo en
daarooreenkomstig gehandel – HY HET GEBRUIK GEMAAK VAN AL SY VOORDELE IN
TERME VAN DIE VERBOND.

7.2 DIE VOORSIENDE PLAASVERVANGER

 GOD SAL VIR HOMSELF 'N LAM VOORSIEN

Jesus Christus is die LAM VAN GOD wat op die berg van die Here, GOLGOTA
GEOFFER WAS.

7.3 DIE VOLMAAKTE PLAASVERVANGER

TOE God die verbond met Abraham gesny het, was dit 'n heenwyse na die KRUIS
WAARAAN JESUS AS OFFER VIR DIE SONDE GESLAG SOU WORD. Sy eie liggaam
was verbrysel en Sy eie bloed het gevloei. Groot duisternis het oor die aarde gekom toe
God Sy aangesig weggedraai het toe DIE AAKLIGE SONDE VAN DIE WÊRELD OP SY
SEUN GEPLAAS WAS.

Gen 17:13 So moet dan my verbond in julle vlees wees as 'n ewige Verbond.

- Sonde in die vlees was weggesny en vernietig.

 JESUS HET NA DIE DODERYK NEERGEDAAL

7.4 DIE OPSTANDING


_________________________________________________________________________
IN DIE DONKERTE VAN DIE DOOD HET JESUS DIE OFFER BETAAL
CHRISTUS HET UIT DIE DOOD OPGESTAAN – DIE OFFER IS AANVAAR___

Die BETER VERBOND WAS VERSEËL EN AANVAAR. Die SAAD was opgewek
– die EERSGEBORENE van die broeders.

 DIE NUWE GEBOORTE

Deur die wonderbaarlike NUWE GEBOORTE of WEDERGEBOORTE het ons die


baie nasies geword, die vervulling van God se belofte aan Abraham, en het ons
KONINKRYK VAN PRIESTERS geword, wat die poorte van ons vyande in besit neem.

 BESNYDENIS VAN DIE HART

Jeremia 31:31–34
Eseg 11:19–20 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste
gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees
gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit
doen; en hulle sal vir my 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.

2 Kor 5:17 Daarom as iemand in Christus is, is hy 'n NUWE SKEPSEL, die ou
dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuuut geword.

Besnydenis van die hart is die TEKEN VAN DIE VERBOND, die verwydering van
die begeerte om die drange van die vlees te bevredig; deurdat die ou dinge verby gegaan
het en alles het nuut geword.

________________________________________________________________________
HANTEER DIE

God se ooreenkoms met ons word vir


ons verduidelik in die eenvoudige terme
van die kruis, die bloed en die Naam

Studieveld Uitkomste
 Om sonder 'n Verbond te wees  Na voltooiing van die sessie
behoort jy instaat te wees om ...
Geestelike bankrotskap
Sonder hoop Vernuftig die voordele te kan
Sonder God gebruik wat in die Nuwe Verbond
opgesluit is, in verbondslewe te
 Die Beter Verbond wandel en hierdie vaardighede met
ander te kan deel
Die eedswering van God
Die Verbond van geregtigheid Doelwitte
Die Verbond van krag
Die Verbond van genesing  Om doelbewus die verbondslewe
Die Verbond van vryheid aan te neem
 Staan op die Verbond en ontvang Die verbondsbeloftes te glo
Die verbondsbeloftes te ontvang
Kom in die Naam van Jesus Om as verbondspersoon te lewe
Kom in die woord van die verbond
Kom met geloof in die verbond  Om doelbewus verbonds
Kom deur die geskeurde voorhangsel vaardighede aan te leer
Kom in deur die bloed van die verbond
Om hierdie persoonlik toe te pas
 Wandel in die Verbondslewe Dit met ander te deel
Ander in Verbondsbeginsels te onderrig
Verban alle onkunde Vordering te evalueer
Stel jouself beskikbaar aan die
Heilige Gees
Maak jouself oop vir die
Nuwe Verbond
_________________________________________________________________________
HANTEER DIE NUWE VERBOND MET VAARDIGHEID___________

Heb 5:13, 14 Want elkeen wat melk gebruik is ONERVARE in DIE WOORD VAN
GEREGTIGHEID, omdat hy 'n kind is. Maar vaste spyse is vir volwassenes, vir
die wat GEESTESVERMOËNS besit DEUR DIE GEWOONTE geoefen, om goed
van kwaad te onderskei. (NV)

Heb 5:14 Vaste kos is vir mense wat oor insig beskik en wat deur ERVARING
GEOEFEN IS ...

 ONERVARE IN DIE WOORD VAN GEREGTIGHEID

Hier word verwys na die VERKRYGING van ERVARING en VOORTREFLIKHEID


deur die gebruik van die NUWE VERBOND in ons lewe. Die Woord van God word ook DIE
SWAARD VAN DIE GEES genoem en daarom is dit soos 'n GEWEER in die hande van
DIE MODERNE SOLDAAT.

 DEUR DIE GEWOONTE GEOEFEN

Ons raak ervare, bekwaam en doeltreffend wanneer ons onsself op 'n gereelde
basis in die NUWE VERBOND beoefen.
_________________________________________________________________________
ONS WORD GEOEFEN DEUR DIE VERBOND VOORTDUREND TOE TE PAS__

- Volmaaktheid kom deur oefening (Practice makes perfect).

God wil hê dat ons nie slegs GELEERD nie maar GEOEFEN sal wees om TE
HANDEL volgens DIE NUWE VERBOND totdat dit tweede natuur sal word, soveel so dat
dit 'n GEWOONTE SAL WORD WAT KOM SONDER DAT ONS HOEF TE DINK: sodat
ons eerste reaksie op druk en teenstand sal wees om volgens die Woord van God op te
tree, sonder om eers te dink. Dit kan slegs kom deur die KONSTANTE OEFENING.

- Voortdurende verwysing en voortdurende oefening

VOORTDURENDE VERWYSING na die INSTRUKSIE-HANDLEIDING sal ons


vertroud maak met die konsepte en idees daarin. Wanneer ons dit op 'n gereelde basis
toepas en ons daarin oefen sal ons ook op GEREELDE BASIS VERWYSINGS MAAK na
die WOORD VAN GEREGTIGHEID.

Kol 1:3–6 Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as
ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle
liefde tot al die heiliges, vanweё die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele,
waarvan julle vroeёr gehoor het deur die WOORD VAN DIE WAARHEID VAN
DIE EVANGELIE, wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; EN DIT DRA
VRUG, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die
GENADE VAN GOD IN WAARHEID LEER KEN het.

 ONKUNDE BEROOF ONS

Mense verstaan soms, as gevolg van ONKUNDE nie hul VOORREGTE nie, en
kan dus nie hulle VOLLE VOORREGTE in die VERBOND waardeer nie.
- Onvolledige prediking

Hierdie is een rede vir onkunde – wanneer DIE WOORD VAN DIE WAARHEID
EN DIE EVANGELIE NIE IN SY VOLHEID VERKONDIG WORD NIE. Wanneer slegs die
halwe waarheid, soos bv. net veroordeling, die sondigheid van die wêreld, hertoewyding of
terugval gepredik word, dan is die mense onkundig. Sodra die opinie van die mens
gepredik word, bv. dat dit die wil van God is om arm, siek, ellendig en lydend te wees, dan
veroorsaak dit dat mense heeltemal onkundig raak. TRADISIES van mense maak ook die
Woord van God kragteloos.
________________________________________________________________________
OPPERVLAKKIGE PREDIKING, DIE OPINIE VAN MENSE EN TRADISIE
BEROOF ONS VAN BEGRIP VAN DIE VERBOND - DIE WOORD VAN GOD__

 DIE WOORD VAN DIE WAARHEID VAN DIE EVANGELIE

Dit behoort gehoor en geken te word deur ERVARING.

- Die HOOP wat weggebêre is in die Hemel

Dit is die erfdeel wat ons in hemelse plekke het omdat die NUWE VERBOND ons
ERGENAME VAN GOD EN MEDE-ERFGENAME VAN CHRISTUS MAAK; dit bring mee
dat ONS GESEËN WORD MET ALLE GEESTELIKE SEËNINGE.

- DIE RESULTAAT IS ALTYD VRUG


________________________________________________________________________
VRUGTE IS DIE MANIFESTASIE IN DIE NATUURLIKE WÊRELD VAN DIT WAT
IN DIE GEESTESWÊRELD AAN ONS GEGEE WORD______________

Alles wat ons in die natuurlike wêreld waarneem het sy oorsprong in die onsigbare
GEESTESWÊRELD. Ervare hantering van die NUWE VERBOND sal sigbaar word in die
natuurlike ONSIENLIKE DINGE wat aan ons in die GEESTESWÊRELD gegee is.

- Vrymaking sal sigbaar word


- Genesing sal sigbaar word
- Oorwinning sal sigbaar word
- Outoritiet sal waarneembaar wees
- Vryheid sal sigbaar word
- Oorvloed sal daaruit vloei
- Die Vrug sal daar wees
- Wysheid sal waargeneem word
- Die Stem van vreugde sal opklink
- Redding sal duidelik waarneembaar wees
- God se heerlikheid sal skyn

Joh 16:13–15 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die WAARHEID, sal
Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar
alles wat Hy hoor, sal hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
HY SAL MY VERHEERLIK OMDAT HY DIT SAL NEEM UIT WAT AAN MY
BEHOORT, EN AAN JULLE VERKONDIG ALLES WAT DIE VADER HET, IS
MYNE; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan my behoort en aan
julle verkondig.
1. OM SONDER 'N VERBOND TE WEES

Efes 2:3, 11, 12 En julle ... wat dood was deur die misdade en die sondes waarin
julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die
owerstes van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die
ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeёr gewandel het in die
begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne
gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn ... Daarom, onthou dat
julle wat vroeёr heidene in die vlees was en onbesnedes genoem word deur die
sogenaamde besnydenes in die vlees met die hande verrig word, dat julle in dié
tyd SONDER CHRISTUS WAS. VERVREEMD VAN DIE BURGERSKAP VAN
ISRAEL en VREEMDELINGE ten aansien van die VERBOND VAN DIE
BELOFTE, SONDER HOOP en SONDER GOD in die wêreld

1.1 GEESTELIKE BANKROTSKAP

Om sonder 'n verbond te wees beteken om GEESTELIK DOOD EN IN SONDE te


wees. Sodra ons besef dat vanuit die HART of GEES die OORSPRONG van die LEWE
vloei en dat dit die GEES van die mens is wat die mens ONDERSTEUN en VERSTERK;
dan sal ons weet wat 'n KATASTROFE dit is om GEESTELIK BANKROT te wees.

 DIE EFFEK VAN GEESTELIKE BANKROTSKAP

- Gebrek aan EWIGE LEWE


- Gebrek aan WYSHEID
- Gebrek aan BEGRIP
- Gebrek aan GESONDHEID
- Gebrek aan BEVRYDING
- Gebrek aan VERLOSSING
- Gebrek aan OORVLOEDIGE LEWE
- Gebrek aan OORWINNING
- Gebrek aan DIE STEM VAN LOFUITINGE
- Gebrek aan DIE VRUG VAN DIE GEES
- Gebrek aan GOD SE HEERLIKHEID

1.2 SONDER HOOP

Om sonder 'n verbond te wees beteken HOPELOOSHEID – SONDER 'N


TOEKOMS om na uit te sien. Die rede hoekom mense NIE AAN DIE EWIGHEID DINK
NIE, is omdat hulle geen toekoms het om na uit te sien nie. Daar is slegs
SWAARMOEDIGHEID en DONKERHEID en DOOD en VREES VIR DIE TOEKOMS.

 GEBIND DEUR VREES VIR DIE DOOD EN DIE OORDEEL

Dit is die wortel van SELFMOORD en GESINSMOORDE – geen toekoms en niks


om voor te leef nie. Meer en meer mense word BEWUS VAN DIE YDELHEID VAN
AMBISIES en BESITTINGS.
________________________________________________________________________
AL DIE DROME EN PLANNE VAN DIE WÊRELD
KOM TOG IN ELKGEVAL TOT NIKS - SO WAAROM LEWE?________

- Wat 'n hopeloosheid! - wat 'n frustrasie!


1.3 SONDER GOD

Om SONDER GOD te wees is die wortel van alle ONSEKERHEID,


ONWAARDIGHEID, ONRUS, VREES, HAAT en GEWELD. Hoe kan ons seker van ons
rigting of besluitneming wees SONDER GOD?
_______________________________________________________________________
HOE KAN ONS VAN ENIGE IETS SEKER WEES SONDER GOD?______

Dit is hoe die lewe SONDER 'n VERBOND is en dit is SO ONNODIG.


_______________________________________________________________________
GOD HET 'N VERBOND MET DIE GANSE MENSDOM GESLUIT_______

Die probleem? Nie alle mense weet dit of glo dit nie! Hulle is soos BLINDES wat
in die donker rondtas. Dié van ons WAT DIT WEET EN DIT GLO het 'n
VERANTWOORDELIKHEID om DIE NUWE VERBOND bekend te maak – die feit dat God
die mens se VERBONDS-VENNOOT is, en dat HY, terwille van die VERBOND wat God
met Jesus Christus as GOD se OFFER VIR SONDE gesny het, NIE MEER DIE SONDE
VAN DIE MENS WAT IN JESUS GLO, TEEN HOM HOU NIE.
_______________________________________________________________________
DAAR IS VERSOENING DEUR DIE NUWE VERBOND______________

 WORD KINDERS VAN ABRAHAM DEUR TE GLO SOOS ABRAHAM GEGLO


HET

- Hy het GOD GEGLO en dit was hom tot GEREGTIGHEID gereken

2. DIE BETER VERBOND

Die KERK van Jesus Christus die Here, is geroepe om dissiplels van alle nasies
te maak – om hulle te leer hoe om die NUWE VERBOND op bekwame wyse deur gereelde
toepassing te gebruik.

 DIE NUWE VERBOND IS DIE BETER VERBOND

Heb 7:22 In sover HET JESUS van 'n BETER VERBOND BORG geword.

2 Kor 3:7–11 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer,
in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oё kon vestig op die
aangesig van Moses nie vanweё die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes
vergaan, HOEVEEL TE MEER SAL DIE BEDIENING VAN DIE GEES DAN NIE
IN HEERLIKHEID WEES NIE? Want as die bediening wat veroordeel,
heerlikheid was, veel meer is die bediening WAT REGVERDIG MAAK,
OORVLOEDIG IN HEERLIKHEID. Want wat verheerlik was, is ook in hierdie
geval nie verheerlik nie, VANWEË DIE ALLES-OORTREFFENDE HEERLIKHEID.
Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, VEEL MEER is wat moet BLY,
in heerlikheid.

 GEEN HEERLIKHEID a.g.v. DIE HEERLIKHEID WAT ALLES OORTREF

Die VERBOND VAN ABRAHAM met sy volledige detail wat aan Moses gegee is
op die berg Sinai SPREEK VAN HEERLIKHEID – MAAR IN LIG VAN DIE NUWE
VERBOND wat DIE VERVULLING van die VERBOND VAN ABRAHAM is, vertoon dit baie
vaal. Die HEERLIKHEID VAN DIE NUWE oorskry die HEERLIKHEID VAN DIE OUE by
verre.

Die OUE was slegs 'n beeld van die NUWE. Die NUWE VERBOND is die
VOLMAAKTE. Dit is beter om die volmaakte te hê as 'n beeld daarvan.

2.1 DIE GESWORE EED VAN GOD

Heb 7:28 Want die wet stel as hoёpriesters aan mense met swakhede, MAAR
DIE WOORD VAN DIE EEDSWERING wat ná die wet gekom het, STEL DIE
SEUN AAN, WAT VIR EWIG VOLMAAK IS.

________________________________________________________________________
GOD HET 'N GESWORE EED MET DIE GELOWIGE GEMAAK________

Gal 3:22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit
die geloof in Jesus Christus aan die gelowige gegee kan word.

 DIE WOORD VAN EED STEL DIE SEUN AAN

Gal 3:19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge,
totdat die SAAD AAN WIE DIE BELOFTE GEDOEN IS, SOU KOM; en dit deur
die engele beskik deur tussenkoms van 'n MIDDELAAR.

God het SY VOLMAAKTE SONDELOSE SEUN, JESUS CHRISTUS, aangewys


om die plek van die mens in die verbond in te neem, as HOËPRIESTER EENS EN VIR
ALTYD en tot in EWIGHEID.

 WAAROM?

Sodat die BELOFTE wat DEUR EED GEMAAK IS, SONDER 'n SKADUWEE VAN
TWYFEL aan hulle WAT GLO, SAL TOEKOM. Om die wet te verbreek was om die
verbond te verbreek en dit was strafbaar met die DOOD. Onthou dat tydens die sluit van
die verbond tussen twee partye, hulle albei 'n verkaring gemaak het, terwyl hulle na die
karkasse wys, wat sê: "MAG DIT MET MY GAAN SOOS MET HIERDIE DIER INDIEN EK
OOIT DIE VERBOND VERBREEK." Dit is presies wat die VLOEK WAT DIE WET behels
het.
________________________________________________________________________
JESUS WAS DIE VERVULLING VAN HIERDIE VLOEK____________

God het aan Jesus gedoen wat óns toekom. Onder die wet kon 'n Mens nooit
seker wees of hy God behaag of nie. Geloof weet dit altyd omdat GOD DIT MET 'N EED
AAN DIE GELOWIGE beloof.

2.2 DIE VERBOND VAN GEREGTIGHEID

2 Kor 3:9 Want as die BEDIENING VAN VEROORDELING heerlikheid was, veel
meer is die BEDIENING WAT REGVERDIG MAAK oorvloedig in heerlikheid.
 DIE BEDIENING VAN VEROORDELING

In teenstelling met die NUWE VERBOND, was die oue 'n BEDIENING VAN
VEROORDELING. Dit was die swakheid van die vlees wat dit 'n VEROORDELING
gemaak het.

Rom 8:3 Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit
KRAGTELOOS WAS DEUR DIE VLEES – deur SY eie SEUN in die GELYKHEID
van die sondige vlees te stuur, en dit terwille van die sonde, DIE SONDE
VEROORDEEL IN DIE VLEES.

DIE VEROORDELING VAN GOD SE SEUN, het die BEDIENING VAN


VEROORDELING beёindig, en die BEDIENING VAN GEREGTIGHEID ingelei.

 DIE BEDIENING VAN GEREGTIGHEID

Dit is die NUWE VERBOND – die VERBOND VAN GEREGTIGHEID.

Romeine 3:21–25

 GEREGTIGHEID BUITE DIE WET

Rom 3:22 ... die GEREGTIGHEID naamlik van God deur die GELOOF IN
JESUS CHRISTUS vir almal en oor almal wat GLO.

Deur die wedergeboorte word die sondige ongeregtige geaardheid van die mens,
wat hy van sy vader die satan geёrf het, CHIRURGIES VERWYDER, net soos in die geval
van die voorhuid van die manlike kind. Hierdie is die VAKMANSKAP VAN GOD wat die
OU NATUUR met SY EIE REIN en REGVERDIGE KARAKTER vervang, die geregtigheid
van God. Dit word ons deel wanneer ons glo dat ONS DIT ONTVANG HET.

- Alles het nuut geword, die ou dinge het verbygegaan


- God se liefde is in ons harte uitgestort
- Ons ontvang 'n nuwe sagte en gehoorsame hart

Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers
het deur die één. veel meer sal hulle wat die OORVLOED VAN DIE GENADE en
VAN DIE GAWE VAN DIE GEREGTIGHEID ONTVANG, in die lewe heers deur
die Eén, Jesus Christus.

 ONTVANG OORVLOED

- Van GENADE
- Van die GAWE van GEREGTIGHEID

Genade is: GOD SE KRAG wat VRYLIK BESKIKBAAR is en ons moet HIERDIE
GENADE in OORVLOED ontvang.

Geregtigheid is: DIE VERMOË OM VOOR GOD TE STAAN SONDER SKULD


VEROORDELING of MINDERWAARDIGHEID. Om in die regte verhouding tot die
SKEPPER te staan, SKEPSEL, SKEPPER – EN SKEPPING en ons het 'n OORVLOED
van die gawe van GEREGTIGHEID ontvang.
_________________________________________________________________________
WANNEER ONS BINNE DIE VERBOND VAN GEREGTIGHEID WANDEL,
DAN HEERS ONS VANUIT DIE GUNSTIGE POSISIE
VAN DIE EWIGE LEWE DEUR JESUS CHRISTUS_______________

2.3 DIE VERBOND VAN KRAG

2 Kor 6:16–18 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?
Want julle is die TEMPEL VAN DIE LEWENDE GOD, soos God gespreek het:
EK, SAL IN HULLE WOON en ONDER HULLE WANDEL, en EK sal hulle GOD
wees, en HULLE SAL VIR MY 'n VOLK WEES. Daarom, gaan onder hulle uit en
SONDER JULLE AF, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en EK
SAL VIR JULLE 'n VADER WEES, en julle sal vir MY SEUNS EN DOGTERS
WEES, spreek die Here, die Almagtige.
Hierdie is DIE MISTERIE VAN DIE NUWE VERBOND; dit is DIE KRAG VAN DIE
NUWE VERBOND, DIE VERBOND VAN KRAG – dat die MAKER BINNE-IN SY EIE
MAAKSEL WOON EN ONDER HULLE WANDEL. So kragtig as wat die Ou Verbond was,
was dit kragteloos hierin dat GOD NIE IN DIE MENS GEWOON HET NIE en HY was ook
NIE HULLE VADER nie.

Jesus het gekom om die NAAM

- VADER te openbaar, en ons word aangeneem en roep uit


- ABBA VADER!

2.4 DIE VERBOND VAN GENESING

Matt 8:17 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy
gesê het" HY HET ONS KRANKHEDE OP HOM GENEEM EN ONS SIEKTES
GEDRA.

Deur GEREELDE BEOEFENING word ons ERVARE IN DIE WOORD VAN DIE
NUWE VERBOND. Goddelike Gesondheid is beskikbaar vir ons. God het Sy Gesondheid
vir ons gegee in ruil vir ons SWAKHEDE en SIEKTES en daarom is dit nie meer vir ons
nodig om sieklik en krank te wees nie. Ons kan DIE BELOFTE van hierdie NUWE
VERBOND verkry.

2.5 DIE VERBOND VAN VRYHEID

Galasiёrs 4:24–31

- Ons is kinders van die VRYE VROU


- Ons is kinders van die BELOFTE

Wanneer ons WEDERGEBORE is, is ons VRY GEBORE!

Joh 8:31, 32, 36 En Jesus sê ...: As julle in MY WOORD BLY, IS JULLE


WAARLIK MY DISSIPELS, en julle SAL DIE WAARHEID KEN, EN DIE
WAARHEID SAL JULLE VRYMAAK. As die Seun JULLE dan VRYGEMAAK
HET, SAL JULLE WAARLIK VRY WEES.
3. ONTVANG DIE VOORDELE VAN DIE VERBOND

Heb 4:15, 16 Want ons het nie 'n HOËPRIESTER NIE WAT MET ONS
SWAKHEDE MEDELYE kan hê nie, maar een wat in ALLE OPSIGTE VERSOEK
IS NET SOOS ONS, MAAR SONDER SONDE. Laat ons dan met VRY-
MOEDIGHEID na die TROON VAN GENADE gaan, sodat ons BARM-
HARTIGHEID KAN VERKRY en GENADE vind om op die regte tyd gehelp te
word.

 KOM IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS

Dit is DIE NAAM WAT ONS AS ERFDEEL ONTVANG HET, SY MAGTIGE NAAM
wat aan ons gegee is in ruil vir ons slegte naam. IN SY NAAM SAL ELKE KNIE BUIG en in
Sy Naam SAL ELKE SIEKTE VERDWYN, ELKE DEMOON VLUG en word onheil en
verderf vernietig.

 KOM MET DIE WORD VAN DIE VERBOND

 KOM MET GELOOF IN DIE VERBOND

 KOM DEUR DIE GESKEURDE VOORHANGSEL

Jesus Christus is die DEUR na die ALLERHOOGSTE – SY LIGGAAM was


gebreek sodat die weg gebaan kon word.

 KOM IN DEUR DIE BLOED VAN DIE VERBOND


_________________________________________________________________________
KOM ONTVANG SY VOORSIENING OP GROND VAN
DIE VOORDELE VAN DIE NUWE VERBOND_______________

4. WANDEL IN DIE VERBONDSLEWE

4.1 VERDRYF ALLE ONKUNDE

Efes 4:17–24 Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat JULLE NIE MEER MOET
WANDEL soos die ander HEIDENE OOK WANDEL IN DIE VERSWAASDHEID
VAN HULLE GEMOED nie – mense wat verduisterd is in die verstand en
vervreemd van die LEWE VAN GOD deur DIE ONKUNDE WAT IN HULLE IS
vanweё die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het ... In hebsug ...
en dat julle VERNUWE MOET WORD IN DIE GEES VAN JULLE GEMOED en
julle met DIE NUWE MENS MOET BEKLEE ...
_________________________________________________________________________
AS SATAN ONS ONKUNDIG KAN HOU
SAL HY ONS VERVREEMD HOU VAN DIE LEWE VAN GOD_________

CHARLES SPURGEON, die PRINS VAN PREDIKERS wat in die 19de eeu geleef
en 'n gemeente van agtduisend lidmate vir meer as veertig jaar versorg het, was per
geleentheid uitgeroep na die sterfbed van 'n baie armoedige dame. Sy was sterwend aan
'n siekte verwant aan ondervoeding. Hy het haar besoek, haar bemoedig en vir haar 'n
gebed gedoen. Terwyl hy daarna die kamer deurkyk, merk hy 'n GERAAMDE
SERTIFIKAAT wat teen die muur hang, waarin gesertifiseer word dat sy in diens is van een
van die RYKSTE FAMILIES in Engeland. Spurgeon het baie opgewonde geraak en gevra
of hy die sertifikaat vir 'n dag of twee met hom kan saamneem. Na 'n aantal navrae ontdek
hy dat die owerhede reeds vir baie jare na die dame op soek is.
_________________________________________________________________________
SY WAS DIE ERFGENAAM VAN DIE ALGEHELE BOEDEL VAN HAAR
VORIGE WERKGEWERS EN WAS MILJOENE PONDE STERK_________

Deur ONKUNDE WAS HIERDIE DAME STERWEND WEENS ONDERVOEDING


EN ARMOEDE. Maak seker dat jy alles in jou vermoё doen OM ONKUNDE TE VOOR-
KOM.

- Stel jouself BESKIKBAAR aan die HEILIGE GEES


- Maak jouself OOP vir die NUWE VERBOND

1 Kor 2:9, 10 Wat die oog nie gesien en die oor die oor nie gehoor en in die hart
van die mens nie opgekom het nie wat God berei het vir die wat Hom liefhet,
MAAR GOD HET DIT AAN ONS DEUR SY GEES GEOPENBAAR ...

Efes 4:23, 24 En dat julle vernuwe moet word in die GEES VAN JULLE
GEMOED en julle met DIE NUWE MENS MOET BEKLEE wat na God geskape is
in WARE GEREGTIGHEID EN HEILIGHEID.

Romeine 12
________________________________________________________________________
DIT VERKLAAR DIE WANDEL IN DIE VERBOND VAN LEWE ________

________________________________________________________________________
DIE

Goddelike instelling om ons op


'n praktiese manier aan die
belangrikheid van die kruis
te herinner

Studieveld Uitkomste
 Die Pasga  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Die agtergrond
Die ritueel Die beginsels en toepassing van die
Die toepassing Verbondsmaal te kan oordra
Die betrokke simbolisme te kan beskryf
 Die Lam van God en die fokus op Christus te kan instel

Die geboorte van Jesus Doelwitte


Die intog van Jesus
Die ondervraging  Om alle aspekte van die
verbondsmaal te bestudeer
 Die Verbondsmaal
Noteer alle relevante Skrifgedeeltes
Die maaltyd Memoriseer kern aanhalings
Die loflied Ondersoek verwante beginsels
Die kruisiging
Tot Sy gedagtenis  Om persoonlike onderrig
Die mens moet homself beproef bronne te ontwikkel

Om simbolisme te kan verduidelik


Fokus in op –
Die rol van Jesus Christus
God se verlossingsplan
Die mens se behoefte tot self ondersoek

 Om doelgerig ander op te lei

Dra verbonds-kennis oor groei


in verbonds gedrag
_________________________________________________________________________
DIE VERBONDSMAAL _________________________

_________________________________________________________________________
INLEIDING - BELANGRIKHEID VAN ETES__________________

Geen verbond was ooit afgehandel tensy die betrokke partye nie ook 'n
VERBONDSMAAL GENUTTIG HET NIE.

 OOSTERSE GEBRUIKE

Volgens Oosterse gebruike word daar groter waarde geheg aan 'n ete as wat nou
in die Weste daaraan heg word. 'n Oosterling sou nooit saam met enigiemand 'n feesmaal
hou nie omdat dit altyd 'n vredesverbond simboliseer.

Sou 'n vyand van 'n Oosterling in die kamp insluip en in 'n tent indring en
sodoende van die tafel van daardie Oosterling sou eet, was daardie Oosterling verplig om
daardie vyand van hom met sy eie lewe te beskerm teen sy eie makkers.

 AFGHANISTAN - RUSSIESE OORLOG

Tydens die Russiese inval in Afghanistan in die laat tagtigerjare was hierdie reёl
steeds van krag. Die gang van die hele oorlog kon totaal anders gewees het indien die
Russe hierdie wet geken het, en 'n maaltyd saam met die Afghani's afgedwing het.

Die maaltyd was nie bloot net 'n byvoegsel of nagedagte by die sluit van 'n
verbond nie, maar dit was in wese DIE KERN OF HART VAN DIE VERBOND.

 VOORBEELDE VAN VERBONDSMAALTYE

- GOD EN ABRAHAM

Genesis 18:8 ... en hulle het geёet.

- LABAN EN JAKOB

Genesis 31:54 En hulle het brood geёet en die nag in die gebergte oorgebly.

1. DIE PASGA

1.1 DIE AGTERGROND

 MOSES

- Sy vader AMRAM trou met sy vader se suster, sy tante, Jogebed

- Hy word opgevoed in al die Tradisies en afgodery van die Egiptenare

- Hy ontvang opleiding in die weermag van die Egiptenare en beklee


uiteindelik die rang van Generaal

- Op ouderdom 40 vlug hy na Midian waar hy met Sipphora trou


- Op tagtigjarige ouderdom roep God hom by die brandende bos om na
Egipte terug te keer om Sy verbondsvolk te gaan verlos

 VERSKYNING VOOR DIE FARAO

- 'n Tagtigjarige ou man gekleed in 'n skaapherderskleed

- Met 'n onmiskenbare skaapreuk rondom hom

- Te midde van Egiptenare wat besmeer is met mirre en ander reukmiddels

- Voor Egiptenare wat tradisioneel 'n hekel in skaapherders gehad het

 DIE SLANG

- Dit is die simbool van die Egiptenare

- Die Farao se kroon is 'n opgerolde slang van suiwer goud waarvan die
slang se kop afkom tot ongeveer in lyn met die farao se wenkbroue

 MOSES EN DIE TOWENAARS

- Die staf van Aäron verander in 'n slang en so-ook dié van die towenaars

- Aäron se staf verslind die stawe van die towenaars waarná hy sy slang
aan die stert gryp en dit weer in 'n staf verander

- Waarom juis in 'n slang verander: Omdat dit dadelik die slangaanbidders
se aandag aangegryp het

- Wat is die simboliek hiervan?

Hierdeur het God toe alreeds aan die Farao voorspel dat Hy die slang van Egipte
aan die stert gaan gryp en verslind.

1.2 DIE RITUEEL

Ex 12:3, 5, 6, 8 Op DIE TIENDE VAN HIERDIE MAAND moet julle elkeen 'n lam
neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin. Julle moet 'n lam hê sonder
gebrek, 'n jaaroud lammetjie en julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende
dag van hierdie maand ... en hulle moet die vleis in dieselfde nag eet oor die vuur
gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit saam met bitter kruie eet.
JULLE HEUPE MOET OMGORD WEES, JULLE SKOENE AAN JUL VOETE EN
JULLE STAF IN JULLE HAND; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die
Here is dit. MAAR DIE BLOED SAL VIR JULLE 'N TEKEN WEES aan die huise
waarin julle is ... en hierdie dag moet vir julle 'N GEDENKDAG WEES EN JULLE
MOET DIT AS 'N FEES TOT EER VAN DIE HERE VIER ... alreeds op die eerste
dag MOET JULLE DIE SUURDEEG UIT JULLE HUISE VERWYDER. Julle mag
niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode
eet.
 DIE TIENDE VAN HIERDIE MAAND

Dit dui op die tiende dag van die maand Nissan volgens die Joodse kalender en is
ongeveer rondom middel-Maart tot middel-April. Dit was die eerste dag van die pasga
waarop hulle 'n jaaroud rammetjie moes neem om dit vir drie dae lank intensief te
ondersoek om seker te maak dat daar geen vlek of rimpel aan is nie.

 DIE VEERTIENDE DAG

- DIE BLOED

Op die derde dag van ondersoeking – die veertiende van die maand – moes die
lammers geslag word en die bloed opgevang word om met 'n hisoptakkie aan die
deurposte gesmeer te word.

- DIE VLEISBRAAI EN DIE BREEK VAN DIE BENE

Daarna moes die vleis oor 'n vuur gebraai word en geen been mag gebreek word
nie. Die VUUR spreek van God se toorn en oordele wat op die offerlam neergekom het
terwyl die breek van die bene na 'n tradisie verwys wat eeue reeds onder die skaapherders
bestaan. Hiervolgens word die voorbene van 'n wederstrewige en ongehoorsame skaap
gebreek terbeveiliging van die skaap.

- DIE MAALTYD

Die gesin moes in daardie nag die lam heeltemal opeet en niks mag oorgebly het
nie. DIE HELE LAM MOES BINNI-IN DIE GESIN WEES. Die volk moes die ete al staande
geniet terwyl hulle ten volle gekleed was met hulle wapens aangegord.

 DIE ONGESUURDE BRODE EN DIE BITTER KRUIE

Op die aand van die veertiende tot die een-en-twintigste van die maand moes
hulle ongesuurde brode tesame met bitter kruie eet.

 SUURDEEG IS 'N SIMBOOL VAN SONDE EN ONGEREGTIGHEID

 ONGESUURDE BRODE SPREEK VAN DIE SONDE WAT IN EGIPTE


AGTERGELAAT IS

 DIE BITTER KRUIE IS 'N HERINNERING AAN DIE BITTERHEID WAT


EGIPTE HULLE AANGEDOEN HET

 DIE GORDEL, SKOENE EN STAF

Solank as wat hulle geёet het, moes hulle altyd gereed wees om skielik te vertrek,
daarom moes hulle heupe omgord wees, hul skoene moes aangetrek wees en hulle moes
hulle stawe in hul hande gehad het.

Die pasga moes jaarliks op dieselfde dag van dieselfde maand op dieselfde wyse
gevier word. Die eerste aanduiding dat die volk die Verbond vergeet het, was wanneer
hulle die Verbondsmaal of die Pasga nagelaat het. Wanneer hulle hul egter weer bekeer,
is die herinstelling van die pasga die eerste teken daarvan.
1.3 DIE TOEPASSING

1.3.1 DIE JAAROUD RAMMETJIE

Elke gesin moes 'n lam per gesin opeet – as hulle deur die BLOEDBESMEERDE
deurposte trek, het elke gesin die lam binne-in met hulle saamgeneem, en het só as gesin
uit slawerny na vryheid geloop. Die bloed aan die deurposte was die VERBONDSTEKEN.
__________________________________________________________________________
DIE LAM HET DIE SIMBOOL VAN EGIPTE - DIE SLANG - VERSLIND_____

Die LAM word regdeur die Skrif deur God gebruik as 'n simbool of tipe van God.
Teen die tyd dat ons in die boek Openbaring kom is daar reeds 22 maal na Jesus as die
Lam verwys.

Die lam is seker die hulpeloosde en afhanklikste van alle diersoorte. 'Readers
Digest' het bevind dat 'n skaaplam 'n uiters redelose dier is wat nooit weerstand bied of veg
wanneer hy geslag word nie; maar hy bied homself aan om geslag te word. Eintlik rig die
lam aan die mens die uitnodiging:

- As jy honger het, slag en eet my


- Is jy koud – maak jou warm met my wol
- Het jy 'n slagoffer nodig – slag my

 NIEMAND WAT STRUIKEL NIE

Die Israeliete was verniel en verswak deur jarelange slawerny. Hulle moes vir die
Egiptenare stene maak. Dit het meegebring het dat hulle die meeste van die dag halflyf in
modder-kleigate moes deurbring. Baie was dus sieklik en verswak.

Psm 105:37 ... en onder sy stamme was daar NIEMAND WAT STRUIKEL NIE.

Nadat hulle DIE LAM OPGEËET HET was daar nie eers een onder ál die stamme
wat gestruikel het nie. DIT IS 'N WONDERWERK VAN GOD! Hulle word BEVRY EN
GENEES!

1.3.2 DIE ONGESUURDE BRODE

 DIE BROODSAKKIE

Sedert die tyd van die ballingskap is die gebruik tot vandag toe nog om 'n
broodsakkie by die Pasga te gebruik waarin daar 3 ongesuurde broodjies opmekaar gepak
word. Dit simboliseer ABRAHAM, ISAK en JAKOB. Wanneer die Pasga gevier word, trek
hulle slegs die middelste broodjie uit, breek dit en eet dit. Maar waarom dan vir Isak breek
en eet?

1.3.3 DIE BEKER

Tydens die jaarlikse Pasga is die gebruik om een leё plek te dek waarby daar
altyd een spesifieke beker – DIE BEKER – geplaas word waaruit niemand nog ooit gedrink
het nie. Vir die Jood is dit 'n heenwyse na die "Spruit van Dawid" of die Messias wat nog
moet kom. Ná die Pasga word DIE BEKER sorgvuldig weggepak om weer volgende jaar
op die 14de van Nissan uitgehaal te word.
1.3.4 DIE SKAAPWAGTERS

Volgens Joodse gebruik word 'n spesiale uitgesoekte skaapras geteel met die
uitsluitlike doel om tydens die Paasfees geslag te word. Hierdie stoet was in die wildernis,
weg van enige dorp of stad gehou en het spesiale Skaapwagters gehad om hulle op te pas.
Die Joodse wet laat nie toe dat skape naby 'n dorp aangehou word nie. Ten tye van die
pasga egter, was slegs die uitgesoekte jaaroud lammers na die stad gebring om vir drie
dae in die tempel ondersoek te word voordat hulle geslag sou word.

2. DIE LAM VAN GOD

2.1 DIE GEBOORTE VAN JESUS

Met die geboorte van Jesus vind ons die herders buite die stadspoorte waar hulle
skape oppas. Was dit moontlik van die herders wie se taak dit was om die spesiaal-
geteelde paaslammers te versorg? Was hulle nie juis op dié spesifieke tydstip buite die
stadspoorte omdat dit tyd vir die pasga was nie?

 IETS OM OOR TE PEINS

- Is Jesus nie moontlik rondom hierdie dag – die 20de dag van die eerste
maand – Nissan – gebore nie?

- Dit was aan hierdie herders dat die engel van die Here verskyn het om
die goeie nuus van groot blydskap te verkondig

Luk 2:10, 11 Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n GOEIE TYDING VAN
GROOT BLYDSKAP wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die
STAD VAN DAWID gebore is die SALIGMAKER WAT CHRISTUS, DIE HERE, is.

 DIE STAD VAN DAWID

- Bethlehem wat BROODHUIS beteken. (House of Bread)


- Christus die Here. Hy is DIE BROOD VAN DIE LEWE.

 IS DIT BLOTE TOEVAL DAT DIT HERDERS WAS WAT EERSTE


DIE KENNISGEWING VAN SY GEBOORTE ONTVANG HET?

- Jesus – Die Lam van God!


- Jesus – Die Goeie Herder!

 JOHANNES DIE DOPER SIEN HOM EN SÊ: DAAR IS DIE LAM


VAN GOD WAT DIE SONDE VAN DIE WÊRELD WEGNEEM!
ONMIDDELLLIK HET ALMAL DAAR OP DIE WALLE VAN DIE
JORDAANRIVIER GEWEET DAT HY VERWYS NA DIE
MESSIAS, DIE PAASLAM. (Joh 1:29)

 SONDES WEGNEEM!

Hierdie taalgebruik – wegneem – is 'n verbondsterm en die Jode het dit as sulks
herken.
Met die instelling van die Pasga het die lam simbolies die slang van Egipte
vernietig. Hier is nou DIE LAM VAN GOD wat gekom het om elkeen wat in die greep van
die slang vasgevang is te bevry en om die slang, nie slegs die slang van Egipte nie, maar
ook om die slang van Eden, Satan, deur die BLOED van DIE NUWE VERBOND, TE
VERNIETIG.

2.2 DIE INTOG VAN JESUS

Mark 11:7–11 En hulle het die vul na Jesus toe gebring ... en ander kap takke
van die bome af en strooi dit op die pad ... en die wat gevolg het, het uitgeroep en
gesê: HOSANNA! GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE NAAM VAN DIE HERE!
Geseёnd is die KONINKRYK WAT KOM IN DIE NAAM VAN DIE HERE ....!

Dit was nie die eerste keer dat Jesus Jerusalem ingegaan het nie. Waarom die
verskil? Hoekom het Hy nie die volk gekeer toe hulle Hom so luidrugtig toegesing het dat
die hele stad dit kon hoor nie!

 DIE LAM VAN GOD HET HOMSELF AANGEMELD OM AS DIE PAASLAM


ONDERSOEK TE WORD

- Dit was die tiende dag van die eerste maand!

Terwyl die paaslammers deur die Skaapspoort die stad ingejaag word om na die
Tempelterrein vir inspeksie gebring te word, WORD DIÉ PAASLAM, JESUS, die stad
binnegelei van 'n ander poort om ook in die binnehof van die Tempel ondervra te word.

 DIE VERVLOEKING VAN DIE VYEBOOM

- Die elfde dag van die eerste maand vervloek Jesus die vyeboom

Waarom?

Toe die EERSTE ADAM gefaal het, het hy sy naaktheid met 'n VYEBLAAR bedek.
Waarvan spreek die vyeboom? Dit was die simbool van die mens se eie poging om die
skande van sy naaktheid – SONDIGE TOESTAND – te bedek – EIE GEREGTIGHEID.

Jesus was oppad om die NUWE VERBOND, die verbond van God se
geregtigheid te gaan sny, maar voordat Hy dit kon doen. moes EIE GEREGTIGHEID eers
tot in die wortel daarvan vervloek word. Nooit weer sal GEREGTIGHEID DEUR DIE WET
kom nie!

2.3 DIE ONDERVRAGING

 DIE OWERPRIESTERS, SKRIFGELEERDES EN OUDERLINGE

Mark 11:27, 28 En terwyl Hy in die tempel ronddwaal, kom die


OWERPRIESTERS en die SKRIFGELEERDES en die OUDERLINGE na Hom en
sê (vra) vir Hom: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U dié
gesag gegee om dit te doen?

- Hulle bevraagteken die GESAG VAN JESUS


 DIE FARISEËRS EN HERODIANE

Mark 12:13 Toe stuur hulle na Hom sommige van die FARISEËRS en van die
HERODIANE om Hom op 'n woord te betrap.

- Hulle wou Hom uitvang dat Hy teen die Keiser praat

 DIE SADDUSEËRS

Mark 12:18 Toe kom daar SADDUSEËRS na Hom, dié wat sê dat daar geen
opstanding is nie, en hulle vra Hom ...

- Hulle wou Hom betrek in hulle teologie en tradisies

Mark 12:34 En NIEMAND het dit meer gewaag om aan Hom vrae te stel nie.

Die LAM VAN GOD was vir drie dae lank ondersoek en ondervra maar Hy was
onskuldig en hulle kon geen fout met Hom vind nie.

 JESUS VOOR DIE JOODSE RAAD

Markus 15:5 65

 JESUS VOOR PILATUS

Matt 27:11–24 PILATUS roep uit: "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie
REGVERDIGE MAN, ..." terwyl hy sy hande was.

3. DIE VERBONDSMAAL

Dit was op die aand van die dertiende dag in die eerste maand dat Jesus en Sy
dissipels in die bo-vertrek ingegaan het om die pasga te vier. Let daarop dat die Joodse
dag om ses namiddag 'n aanvang neem. Dit was buitengewoon om die pasga in die aand
te eet aangesien die gebruik is om dit op die veertiende dag om drie namiddag te nuttig.

3.1 DIE MAALTYD

Die tafel was op die gebruiklike wyse gedek met DIE BEKER ook op die
gebruiklike plek.

Luk 22:7, 15–20 En die DAG VAN DIE ONGESUURDE BRODE het gekom
waarop die pasga geslag moes word ... Ek het baie sterk daarna verlang om
hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly. ... Ek sal sekerlik nie meer daarvan
eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie. En toe Hy 'n beker geneem
het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. Want Ek sê vir julle: Ek sal
sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God
gekom het nie. DIT IS MY LIGGAAM WAT VIR JULLE GEGEE WORD; doen dit
tot my gedagtenis. Net so neem Hy ook DIE BEKER ná die maaltyd en sê:
HIERDIE BEKER IS DIE NUWE TESTAMENT IN MY BLOED WAT VIR JULLE
UITGESTORT WORD.
 DIE BROODSAKKIE

Jesus neem toe die broodsak en haal die middelste brood uit en breek dit net
soos elke ander gasheer sou doen en deel dit aan die dissipels uit met hierdie woorde: "Dit
is my liggaam wat vir julle gegee word ...." Die broodsakkie met drie brode in, is 'n
heenwyse of tipering van die DRIE-EENHEID.

Die Israeliete het die simboliek van die drie-eenheid vir soveel eeue in hulle hande
gehou, maar het dit nooit geweet nie. Die een sak met drie brode simboliseer die Vader,
Seun en Heilige Gees – haal die Seun uit, Hy kom na die aarde en word gebreek vir ons
sonde – maar vir die Jode dui dit op Abram, Isak en Jakob. Die Messias sal uit Isak kom.
(Gen 17:19)

 DIE BEKER

Gedurende die maaltyd het hulle verskeie bekers gehad en daaruit gedrink. Toe
Jesus na afloop van die Maaltyd DIE BEKER neem met die woorde: "Hierdie beker is die
Nuwe Testament in my bloed wat vir julle uitgestort word ...." Sedert Jeremia hierdie
woorde – Nuwe Verbond – in Jeremia 31 gebesig het, is dit die eerste maal dat dit weer
gebruik word na ongeveer vyfhonderd jaar.

Sy dissipels het onmiddelik geweet dat iets buitengewoon besig is om voor hulle
oё plaas te vind, want niemand het nog ooit DIE BEKER opgeneem en daaruit geskink nie.
Toe Hy dit gesê het, het Sy dissipels geweet dat Hy nou 'n verbond met God gaan sluit
namens die ganse mensdom.

3.2 DIE LOFLIED

Na afloop van die pasga was daar altyd 'n Loflied gesing. Hierdie Loflied was
altyd 'n heenwyse na die Messias wat sou kom. Selfs Dawid het gesing van die Een wat
sou kom.

- Hulle kon nooit sing van hulle sondes wat weggeneem is nie, en

- Hulle kon nooit sing van die Vader nie, want hulle het Hom nooit so geken nie

- Hulle kon nooit sing – Here U is my God, U naam sal ek loof ...nie!

Maar sedert sy opstanding uit die dode kan ons nou die Lied van die Verlostes
sing.

Open 5:9 U is waardig om die boek te neem en sy seёls oop te maak, want U is
geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en
nasie, en het ons konings en priesters gemaak, en ons sal as konings op die
aarde heers.

Hierdie Loflied verwys terug na die Een wat geslag is.

3.3 DIE KRUISIGING

Om 9 vm, op die spesifieke tyd wat die lammers uitgelei word na die tempel om
3nm geslag te word, is Jesus gekruisig. Terwyl die priesters die plaaslammers voorberei
vir die pasga aan die voet van die heuwel, word Jesus DIE PAASLAM, aan die kruis
vasgenael.

Dit was presies 3nm toe die lemme in die son weerkaats het, om die paaslammers
te slag dat Jesus met 'n groot stem uitgeroep het "DIT IS VOLBRING."

Nooit weer sal dit nodig wees dat 'n paaslam geslag moet word terwille van die
sonde van die mens nie, want Die Paaslam het die volle prys betaal. Die paaslammers
was 'n tipering, 'n spieёl of bakens wat heengewys het na DIE PAASLAM, JESUS
CHRISTUS. Sedertdien was nie een van die paaslammers wat geslag is meer geldig nie,
want Jesus was die laaste PAASLAM wat geslag is.

 DIE BREEK VAN DIE BENE

Die gebruik deur die wrede Romeinse soldate was om, deur die breek van die
bene, die dood te verhaas. Wanneer die persoon aan die kruis hang, dan is hy geneig om
homself met sy bene op te lig om sodoende versmoring te voorkom. SY BENE WAS
NOOIT GEBREEK NIE, want dit sou die offer, ooreenkomsig die instelling van die pasga
met Moses, onaanvaarbaar maak.

 DIE HOOFMAN OOR HONDERD

Mark 15:37, 39 Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem
uitgeblaas. En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien
dat Hy so uitgeroep het en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy
was die Seun van God.

Jesus het die hoofman die geleentheid ontneem om Sy dood aan te kondig deur
dit self te doen, waarna die voorhangsel geskeur het.

3.4 TOT SY GEDAGTENIS


1 Kor 11:24, 25 Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so
dikwels as julle daaruit drink, TOT MY GEDAGTENIS.

Hierdie is Verbondstaal. Dit impliseer dat ons DIE NUWE VERBOND sal bepeins
elke keer wat ons hierdie beker neem en het NIKS te make met 'n fisiese medelyde van Sy
dood nie. Dit was nooit bedoel om as 'n morbiede begrafnis ATMOSFEER gehou te word
nie. As kind kon ek nie verstaan waarom ek dit nooit kon regkry om so hartseer, misrabel
en ongelukkig soos die ander te voel of lyk nie.

Wat moet ons in gedagtenis bring? Mediteer op die beloftes en voorwaardes van
die NUWE VERBOND elke keer wat die VERBONDSMAAL genuttig word.

 GEDENK JEREMIA 31:33 BY ELKE VERBONDSMAAL

- Hy het Sy wet op die tafels van ons harte geskryf


- Hy het ons as Sy volk aangeneem en Hy het ons Vader geword
- Ons ongeregtigheid is vergewe en aan ons sonde dink Hy nooit meer nie

 BEDINK EN BEPEINS 1 KORINTHIËRS 5:21

- ONS IS NOU DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IN CHRISTUS JESUS!


 HERDENK JESAJA 53

- Die straf wat vir ons VREDE bring was op Hom, en


- Deur Sy wonde IS ONS GENEES!

Die Pasga is vervul deur die Verbondsmaal van Christus om nooit weer as 'n
heenwyse na die koms van die Messias gevier te word nie. Jesus het twee gedeeltes uit
die Pasga gehaal – die brood en die wyn – en dit as simbole vir die VERBONDSMAAL
geneem; simbole van Sy liggaam en Sy bloed wat vir ons uitgegiet is.

3.5 DIE MENS MOET HOMSELF BEPROEF

1 Kor 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit
die beker drink.

 Jy kan NOOIT in eie geregtigheid of op eie verdienste aan die


Verbondsmaal deelneem nie

 Jy mag NOOIT die Liggaam van Christus rondom die tafel


misken nie

 Jou waardigheid om aan die Verbondsmaal te kan aansit kom


slegs deur die bloed van die Lam, en daarom mag ons
nooit in LIEFDELOOSHEID TEENOOR MEKAAR die simbole van
Sy liggaam nuttig nie

 Vergifnis moet vrylik en blymoediglik uitgedeel en gevra word

 JESUS WAS SY DISSIPELS SE VOETE

Johannes 13:14–17 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het,
is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle ‘n voorbeeld
gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n gesant is
ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge
weet,salig is julle as julle dit doen.

Ons moet met dieselfde gesindheid waarmee Jesus aangesit het tot die
VERBONDSMAAL toetree: Hy het eers Sy dissipels se voete gewas!

_________________________________________________________________________
NUWE VERBOND
Opsomming
Die Bybel skets vir ons mensgeskiedenis as die vervulling van God se ewige
wilsplan. Dit word vir ons geopenbaar deur die Skrif en is vervat in ernstige verbonde – of
beloftes – wat God gemaak het.

Ten minste agt Bybelse verbonde is neergepen en hulle bevat die sleutelfeite wat
verband hou met die Godsplan vir die wêreld. Dit sluit in die verbonde in Eden, met Adam,
Noag, Abraham, Moses, in Palestina, met Dawid en ... die Nuwe Verbond wat geprofeteer
word in die Ou Testament en sy hoofsaaklike vervulling sal hê in die millenium koninkryk.
Hierdie laaste een is totaal onvoorwaardelik!

Dit maak die bestudering van die Nuwe Testament uiters belangrik, veral in die
tye waarin ons lewe, want dit is hierdie verbond wat waarborg wat alles wat God met
mense in gedagte het, gegrond op die bloed van Jesus Christus Sy Seun. Ons som op -
ten Eerste, God sal red, bewaar en in die hemel laat verskyn almal wat in die Christus
geglo het. Wat 'n waarborg! As kind van God verseker dit jou toekoms vir ewig! Hierdie
verbond verseёl dit onvoorwaardelik. Hierdie boek behandel dié aspekte op 'n duidelik
verstaanbare wyse.

Ten tweede, hierdie Nuwe Verbond sluit die toekomstige saligheid van Israel in,
ook op onvoorwaardelike wyse. Dit word bewerk slegs op grond van Christus se vergote
bloed. Deur die offer van Christus staan dit God vry om selfs te bevry net soos dit hom vry
staan om 'n individu vry te maak. Israel word deur Christus uitgebeeld as "'n skat in die
veld versteek." Die veld is die wêreld. Dit was Christus wat alles verkoop het wat hy besit
het om die veld te koop en sodoende die skat te besit. Hierdie aspek word elders in jou
studies behandel.

Wat 'n verbasende verbond – waarborg – onvoorwaardelike voorsiening,


ongeёwenaard in wêreldgeskiedenis en buite bereik van enige godsdiens of kultus.

Die Verbondskennis is nie droё teologie nie. Die Nuwe Bloedverbond behandel
egte hedendaagse lewensbeginsels wat die mens se hede en toekoms raak.

_________________________________________________________________________
SLEUTELWOORDE EN KONSEPTE
Sleutelwoorde
Gaan hierdie met aandag deur. Dit sal jou begrip van die materiaal verbeter. As jy nog
steeds oor die betekenis twyfel, raadpleeg dan 'n kompakte Woordeboek, of soek vergelyk-
bare woorde op in 'n Tessaurus

humility

adversity

covenant

firmament

mindful

aloof/distant

incarnation

by virtue of

obligated

nullify

gropers

leaven

Konsepte
In hierdie handboek het die skrywer die meeste konsepte haarfyn verduidelik.
________________________________________________________________________
VERSLAE
'n Verslag (of twee) moet vir elke module voltooi word. Leerders sal krediete ontvang vir
rapporte wat hulle op die vlak waarvoor hulle ingeskryf het (of hoёr) ingedien het. Die
fasiliteerder sal bepaal watter verslae verpligtend is.

Vlak 4

Lees Jeremiah 31:31-34 sorgsaam en biddend deur. Bepeins dié Skrifgedeelte vir etlike
dae. Doen dan die volgende –

1. Maak 'n lys van seёninge wat jy beskryf

2. Noteer wat die Here ookal vir jou sê

Vlak 5c

Voldoen asseblief aan die volgende opdragte –

1. Maak 'n lys wat die voorwaardelike verbonde van die onvoorwaardelike
verbonde onderskei. Gee Skrifverwysings en gee 'n kort beskrywing.

2. Hoekom dink jy word die Nuwe Verbond as 'n beter verbond beskrywe?

Vlak 5d

Gee oorweging aan die verbondsmaal in lesing vier –

1. Skryf 'n twee-bladsy opstel oor die simbolisme uitgebeeld in die Paasfees,
- veral die Lam van God – en die verbondsmaal.

Vlak 6

Doen asb. die volgende take (nie meer as 15 lyntjies elk nie) –

1. Volgens die teologiese verbonde, wat is God se sentrale doelwit en hoe


affekteer dit die geskiedenis?

2. Hoekom is dit verkieslik om die geskiedenis te beskou deur die agt


verbonde eerder as deur die teologiese verbonde?

3. In watter sin was Abraham se verbond onvoorwaardelik?

4. In watter verhouding staan die Nuwe Verbond met die gelowige se seker-
heid tot saligheid?

5. En hoe voel jy, watter verband is daar tussen die Soewereiniteit van God
en die Nuwe Verbond.

Jou voltooide verslag moet asseblief betyds by jou fasiliteerder ingehandig word.
________________________________________________________________________
BRONNE VIR NAVORSING
Vir jou eie groei behoort jy wyd ná te vors. Leeswerk is waarskynlik die hoofbron van die
stof wat jy sal gebruik en daarom gee ons 'n lys van Aanbevole Boeke. Leersame bande
(beide audio en video) en die bywoning van goeie Christelike opleidings seminare is ook
goeie bronne. Honderde relevante boeke is op CD beskikbaar. Artikels op die Internet is
van toenemende belang. Hiervoor behoort jy te leer om 'n soekstelsel te gebruik om
webtuistes te vind. Sien: ww.clt.org.za

AANBEVOLE BOEKE
1. Major Bible Themes
Lewis Sperry Chafer. & John F. Walvoord - Zondervan

2. All the Doctrines of the Bible


Herbert Lockyer - Zondervan

3. The Moody Handbook of Theology


Paul Enns - Moody Press

4. Things to Come
J. Dwight Pentecost - Zondervan

INTERNET WEBTUISTES
1. www.nccg.org/trinity/ 6. www.true-salvation.com

2. www.idolphin.org 7. www.messianic-literary.com

3. www.pbc.org 8. www.christianityandrenewal.com

4. www.cmf.org.uk 9. www.history-of-christianity.com

5. www.newcovenant.ws/ 10. www.karaite-korner.org/light-of-israel/

INTERNET SOEKWOORDE

Christian, Theology of Doctrine en:

Father, Son, Holy Spirit, Covenant, New Covenant, Blood, Testamentum, oath, to cut
covenant, Abrahamic, better covenant, covenant meal, Passover, Lamb of God,
symbolism.
________________________________________________________________________

You might also like