Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 32

BELYDENIS

Dissipelskap Studie Kursus

Boek A05

INHOUD Bladsy

TITELBLAD A

INHOUD (Hierdie bladsy) B

5 STAPPE IN DIE LEERPROSES C

INLEIDING (tot die begrip "Belydenis") D

LESINGS: 1 - 30

1. Praat met jou berg 1

2. Die stem van geloof 9

3. Vyf belangrike belydenisse 17

OPSOMMING (Oosig van hierdie boek) Rugkant Omslag

SLEUTELWOORDE en KONSEPTE (Engels) E

PRAKTIESE RIGLYNE F

BRONNE VIR NAVORSING (Boeke & Webtuistes) H

VERSLAE (Vlakke 4 to 6) G
INLEIDING

Belydenis

In hierdie boek sal jy lees dat die Christendom, in die vroeё dae van die Kerk, die
GROOT BELYDENIS genoem was. Dit is omdat openbare belydenis so baie mense hul
lewens gekos het. Belydenis was baie belangrik!

Belydenis is nog steeds belangrik vir vandag se Kerk, maar dit lyk asof dit
verskillende betekenisse gekry het vir verskillende mense, leraars, groepe en
denominasies. Om een of ander rede bely ons nie die Heerskappy van Jesus so vryelik as
wat ons moet nie. Aan die ander kant het belydenis 'n hoof fokuspunt geword in die "faith
movement" waar ons gebruike en gedrag sien wat moeilik is om Skriftuurlik te verstaan.
Tog is daar absoluut niks verkeerd met geloof nie.

Maar daar is 'n dringende behoefte dat die Kerk geloof sal reg verstaan –
belydenis aangeleenthede soos ons uitdrukking van geloof, ons posisie in Christus en ons
geestelike outoriteit, om net 'n paar te noem. Ons het meer insig nodig wat die beginsels
en gebruike van belydenis betref – om van uiterstes weg te beweeg soos ons by die
ritualistiese liturgie sien en ook van die praktyke gevolg deur die hedendaagse "faith
movement". Geeneen van hierdie uiterstes is goed vir die Konginkryk van God nie.

As ons weer terugval op goeie basiese Bybelse lering kan dit slegs lei tot beter
begrip en 'n meer gebalanseerde optrede. Die resultaat kan slegs 'n toenadering wees tot
die 'Hoёpriester' van ons belydenis.

Neem veral kennis van die vyf belangrike aspekte van belydenis wat jy aan die
einde van die boek sal vind. Pas hierdie beginsels toe en jou lewe en bediening sal nooit
weer dieselfde wees nie.

________________________________________________________________________
DIREK MET JOU BERG
Beginsels en gebruike vir
gesproke belydenis soos wat God
wil hê dit gedoen moet word

Studieveld Uitkomste
 Spreek die Berg in jou  Na voltooiing van die sessie
Lewe direk aan behoort jy in staat te wees om ...

Bepaal die omstandighede Die Bybelse beginsel van gesproke


Spreek die berg in jou lewe direk aan belydenis te verduidelik, dit voort-
durend toe te pas as deel van jou
 Die Verlangde Resultate geestelike wande
Alles, vra
Woorde verander omstandighede Doelwitte
 Belydenis lei ons tot 'n  Beskryf Bybelse belydenis beginsels
Punt van Besit
Om meer effektiewe maniere te ontwikkel
Die Skeppingsbeginsel om lewensberge te verwerk sonder om
Toon jou aanvaarding deur dit te bely aanmatigend te word
Maak Sy opdrag jou eie woorde
 Staan vas op God se beloftes
 Deelname aan God se Natuur
Bely geloof en hoop terwyl jy
Deur die kennis van Hom twyfel en vrees verwerp

 Geloof sonder Werke is Dood  Identifiseer berge in jou lewe

Abraham het Isak geoffer Weet presies wat jy sal moet


Belydenis is die daad wat aanspreek of verwerk
handeling produseer
 Spreek elke berg aan
 Stel Godgegewe geloof in aksie
Neem besit deur jou belydenis Dat hulle uit jou pad sal beweeg/verdwyn
Handel soos God jou sien – as Sy
Verklaar volgens wat God se Woord mondstuk wat geloof en krag vrystel
sê joune is en jy kan doen
_________________________________________________________________________
BELYDENIS________________________________

Vroeёr was die Christendom bekend as DIE GROOT BELYDENIS. Toe was tye
vir die GELOWIGES lewensgevaarlik as gevolg van VERVOLGING. Baie min was bereid
om in die openbaar die Heerskappy van Jesus Christus te bely, want hulle moes dan ook
bereid wees om hulle lewens daarvoor neer te lê.

 DIE BETEKENIS VAN BELYDENIS

- HOMOLOGEO

Letterlik beteken hierdie woord "OM DIESELFDE AS DIE WOORD VAN GOD TE
SÊ". Dit beteken 'n openbare belydenis wat presies dieselfde sê as wat God sê:

- Danksegging - Lofprysing

Hierdie is twee begrippe wat deur die woord HOMOLOGEO uitgedruk word.
Lofprysing is om DIE GROOTHEID VAN DIE HERE en die GROOTHEID VAN SY DADE te
proklameer. Dit is ook 'n verklaring van GOD SE VERMOË en GEWILLIGHEID OM
NAMENS JOU TE WERK. Ons geloof word GEAKTIVEER.

DANKSEGGING volgens die Skrif is om VRYELIK DANKBAARHEID teenoor die


Here UIT TE SPREEK. Dis is 'n handeling wat jou aandag van die wêreld af wegtrek en op
God vestig – SY PERSOON, SY HOEDANIGHEDE EN SY DADE. Dit is nie net bloot om
'dankie' te sê nie, maar 'n REAKSIE VAN DANKBAARHEID en DIEPE WAARDERING
teenoor die VADER VIR DIE GOEIE WAT HY BELOWE HET OM TE DOEN.

Belydenis is die HOORBARE UITDRUKKING van bogenoemde en het die


WOORD VAN GOD as grondslag.
________________________________________________________________________
SONDER GOD SE BELOFTES EN VOORBEELD HET ONS
NIKS VAN WAARDE OM TE BELY NIE - NET TWYFEL EN VREES____

 BELYDENIS VAN GELOOF EN HOOP

Heb 4:14 ... laat ONS DIE BELYDENIS VASHOU

Heb 10:23 Laat ons DIE BELYDENIS VAN DIE HOOP ONWANKELBAAR
VASHOU, want Hy wat dit beloof het, is GETROU.

Dit is om in die openbaar DIE DINGE WAT ONS GLO te verklaar en te bely, wat
baie duidelik aan die wêreld ons VERTROUE IN GOD en in SY BELOFTES uitspel.

- Volhard STANDVASTIG en ONWANKELBAAR

Dit dui daarop dat ons die versoek moet weerstaan om ons greep te VERSLAP en
dan VAN KOERS af te dwaal.
_______________________________________________________________________
BELYDENIS BEHOORT TEN ALLE TYE GEHANDHAAF TE WORD______

Ons praat hier nie van 'n STILLE GELOOF VAN DIE HART nie – maar van 'n
HOORBARE MONDELINGSE BELYDENIS wat ons meer bewus sal maak van die krag
van God se Woord. Belydenis sal ook ons geloof laat groei soos ons God se woord in
aksie sien.
_________________________________________________________________________
HANDHAAF 'N UITGESPROKE MONDELINGSE BELYDENIS__________

1. PRAAT MET JOU BERG

Mark 11:22–25 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet GELOOF IN GOD hê.
Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en
werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal
gebeur – hy sal verkry net wat hy sê. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in
die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang en JULLE SAL DIT VERKRY. En
wanneer julle staan en bid, VERGEEF as julle iets teen iemand het, sodat julle
Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredings mag vergewe.

 BELYDENIS BRING VERGIFNIS

Ons oortredinge bring mee dat ons hart ons veroordeel en daarom het ons geen
vrymoedigheid om tot God te nader nie.
________________________________________________________________________
VERGIFNIS BEVRY ONS VAN VEROORDELING_______________

'n Hart wat veroordeel word deur sy oortredinge sal ons VAN ONS GELOOF EN
VERTROUE BEROOF. DIE KRAG VAN VERGIFNIS laat egter toe dat onverskrokke
geloof en vertroue terugkom en dit skep die vrymoedigheid om uitdrukking te gee aan die
geloofsvertroue wat in die hart is.

Luk 17:5, 6 Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof. En
die Here sê As julle geloof gehad het soos 'n MOSTERDSAAD, sou julle vir
hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant – en hy sou julle
gehoorsaam wees.

 GELOOF IS EENVOUDIG – DIT GRYP DIE BELOFTES VAN GOD SE WOORD AAN

Deur te verwys na die mosterdsaad wat 'n boom sou word het Jesus geïmpliseer
dat:
________________________________________________________________________
GELOOF VRYLIK BINNE SY GRENSE KAN BEWEEG_____________

Mark 4:39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die gesê: SWYG, WEESES
STIL! En die wind het gaan lê, en daar het 'n GROOT STILTE gekom.

 GODGEGEWE GELOOF IN AKSIE

1.1 BEPAAL JOU OMSTANDIGHEDE

Soos 'n offisier wat gesag het oor 'n spesifieke gebied – die groep soldate onder
hom – so het ons elkeen ook 'n geloofsfeer. Wat dit ookal is vir elkeen van ons word deur
die Woord van God verkaar. Wanneer ons geloof beoefen moet ons in die Woord vertroue
hê.
1.2 SPREEK DIE BERG IN JOU LEWE DIREK AAN

Mark 11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef
jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat Hy
sê, sal gebeur – hy sal verkry net wat Hy sê.

Soms wil God hê dat ons iets moet doen. Wanneer God se woord in jou hart
opkom, PRAAT! Maak jou mond oop en gebruik jou stembande – vorm met jou tong en jou
lippe DIE WOORDE en stem met God saam. As God sê jy kan dit doen, doen dit dan!

 ONS IS GOD SE MONDSTUK

God se Woord in jou mond sal bewerkstellig word omdat ons op God se krag kan
staatmaak.

 GELOOF MAAK STAAT OP GOD SE KRAG

Ons spreek nie ons eie wil uit nie, maar onderwerp onsself volkome aan die wil
van God wanneer ons die beloftes in Sy Woord uitspreek soos Hy leiding gee.

2. DIE VERLANGDE RESULTATE

Mark 11:24 Daarom sê Ek vir julle: ALLES WAT JULLE IN DIE GEBED VRA ...

 DINGE, VRA

Dit is twee baie belangrike woorde, want dit verwys na SPESIFIEKE DINGE wat
BEGEER en gevra word.
________________________________________________________________________
PRAAT MET DIE EINDRESULTAAT IN GEDAGTE______________

Rom 4:17 God ... roep die dinge wat nie bestaan, asof hulle bestaan.

Die Woord "ROEP" is 'n VOKALE BELYDENIS en UITDRUKKING. God SPREEK


die eindresultaat UIT asof dit ALREEDS BESTAAN. Hy het Abraham die VADER VAN
BAIE NASIES genoem op die mees onmoontlike stadium. Hy het Gideon 'n DAPPER
HELD genoem toe hy vir die vyand weggekruip het. Hy het Petrus 'n ROTS genoem toe hy
soos 'n geknakte riet was. Hy het die land KANAAN ISRAEL SE BESITTING genoem toe
hulle nog slawe in Egipteland was. Hy het die melaatse REIN verklaar toe hy onrein,
onrein! uitgeroep het.

 WOORDE KAN DINGE VERANDER

Totdat jy praat, sal die dinge in jou lewe deurmekaar en chaoties bly al is God
daarin en selfs al sweef die Heilige Gees daaroor. Jy is 'n gevangene van jou woorde.
MOENIE DUBBELHARTIG WEES MET JOU WOORDE EN IN JOU GEDAGTES NIE. Jy
is moontlik die enigste een wat jouself uit jou moeilikheid kan kry, want jy glo die meeste in
jouself.
In Galasiёrs 6:7 sê Paulus: "Net wat 'n man saai sal hy maai." Saai dus goeie
woorde oor jou eie lewe en dié van ander romdom jou. As jy vervloekings gesaai het,
grawe hulle uit met jou tong en vervang dit met die seёninge van God.

Onthou enige een kan kritiseer. Dit kos nie baie intelligensie om te kritiseer en te
vervloek nie, maar dit KOS INSPANNING OM IETS GOEDS TE SÊ. Die eindresultaat van
God se beloftes maak hierdie inspanning die moeite werd. Neem 'n besluit en dissiplineer
en beoefen jouself daarin om deur JOU WOORDE almal rondom jou op te bou, te versorg
en lief te hê.
________________________________________________________________________
WOORDE KAN 'N GROOT VERANDERING TEWEEG BRING__________

3. BELYDENIS LEI ONS TOT 'N PUNT VAN BESIT

Mark 11:23 ... maar glo dat wat hy sê, sal gebeur – HY SAL VERKRY NET WAT
HY SÊ.

 HY SAL VERKRY NET WAT HY SÊ

Moenie enigiets sê waarvoor jy nie WOORD-GEFUNDEERDE geloof kan hê nie.


Wanneer jy die Woord bely (dieselfde sê as die Woord) dan kan jy seker wees dat jy dit sal
verkry wat jy sê.

3.1 DIE SKEPPINGSBEGINSELS

- God het GESPREEK - Jesus het GESPREEK

Die skeppende dade van God het plaasgevind wanneer WOORDE die wil van
God verklaar het.

Gen 1:1–3 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde
was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God
het gesweef op die waters. EN GOD HET GESÊ: ... EN DAAR WAS LIG.

Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die WOORD VAN
GOD toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike
dinge nie.

- DIE WÊRELD WAS GEVORM EN WORD NOG STEEDS DEUR DIE


WOORD VAN GOD ONDERHOU

3.2 AANVAAR DIT DEUR DIT TE BELY

Ons wys nie dat dit deel van ons erfenis is TOTDAT ONS DIT BELY HET NIE.
Wanneer ons WEDERGEBORE word, bely ons dat Jesus die Here is – Wanneer ons
GENEES is bely ons dit, wanneer ons geestelik BEVRY word, bely ons dit, wanneer ons
ons GEREGTIGHEID in Christus ontdek, SY LIEFDE ens. BELY ONS DIT. BEGIN
DAAROM GERUS OM DIT TE BELY!!
 SÊ WAT DIE WOORD SÊ

Ons het geen reg om iets te besit waarop die WOORD ons nie besitreg gee nie,
daarom behoort ons dus nie geloof vir sulke dinge te hê niie.
_________________________________________________________________________
ONS VERTROUE IS IN DIE WOORD VAN GOD__________________

 EK IS WAT DIE WOORD SÊ EK IS

Dit spreek hier van ons geaardheid en karakter – WIE ONS IS. Indien jy 'n gebrek
in jou persoonlikheid bespeur, vind uit wat GOD SÊ JY IN CHRISTUS JESUS IS.

2 Pet 1:3, 4 Immers, sy goddelike KRAG het ons ALLES GESKENK wat tot die
lewe en godsvrug dien ... waardeur HY ONS DIE GROOTSTE EN KOSBARE
BELOFTES GESKENK het, sodat julle DAARDEUR DEELGENOTE KAN WORD
VAN DIE GODDELIKE NATUUR, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat
deur begeerlikheid in die wêreld is.

 EK HET WAT DIE WOORD SÊ EK KAN HÊ

Dit spreek van die dinge wat aan ons behoort! ONS ERFENIS! Versterk jou
geloof deur dit te bely.

Neh 8:11 Die BLYDSKAP in die Here – DIT IS JULLE BESKUTTING

1 Pet 2:24 ... deur wie SE WONDE JULLE GENEES IS..

1 Fil 4:13 En my GOD SAL ELKE BEHOEFTE VAN JULLE VERVUL ...

 EK KAN DOEN WAT DIE WOORD SÊ EK KAN DOEN

Hier praat ons van ons vermoё in Christus. Gryp dit aan en laat dit jou geloof in
God versterk!

Fil 4:13 EK IS TOT ALLES IN STAAT DEUR CHRISTUS WAT MY KRAG GEE

Heb 11:33, 34 wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid
uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, die krag van vuur
uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het,
dapper gewees het in die oorlog, leёrs van vreemdes op die vlug gedryf het.

________________________________________________________________________
VIND UIT WAT DIE BYBEL SÊ EN PRAAT DIKWELS DAAROOR_______

ONTVANG DEUR DIE BELYDENIS wat jy ontvang het EN MOET DAN NOOIT
WEER VAN DAARDIE WAARHEID AFWYK NIE. Stel jou wil in op die wil van God en bly
DOELGERIG daarin volhard. 'n DUBBELHARTIGE MAN sal niks bereik nie en sal
ronggeslinger word deur elke toets en beproewing wat hy teёkom.
3.3 MAAK SY BEVEL JOU EIE WOORDE

Mark 11:23 glo ... hy sal verkry net wat hy sê

2 Kor 4:13 ... EK HET GEGLO, DAAROM HET EK GESPREEK ...

4. DEELNAME AAN GOD SE NATUUR

2 Perus 1:3-10 Hebreёrs 4:12–16

 DEUR DIE KENNIS VAN HOM

- God die Vader en die Here Jesus Christus


- Die Woord van God

Die woord "KENNIS" hier beteken INTIMITEIT OF ERVARING. Dit dui op 'n
INTIEME VERHOUDING MET GOD en die ERVARING van SY PERSOONLIKE
TEENWOORDIGHEID. Ons ervaar SY TEENWOORDIGHEID en MEDITEER IN SY
WOORD totdat ons verander word, soos die wurm in 'n kokon wat in 'n skoenlapper
verander, om nooit weer dieselfde te wees nie. Net soos die wurm is ons in die kokon van
God se Gees en van Sy Woord. Ons sal verander word van die verganklike na die
onverganklike op die Dag van die Here.

Ons leer die natuur van God KEN deur ONS BELYDENIS, naamlik die belydenis
van God.

5. GELOOF SONDER WERKE IS DOOD

Jak 2:17, 18 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood .. EK
SAL JOU UIT MY WERKE MY GELOOF TOON.

 ABRAHAM HET ISAK GEOFFER

Jakobus gebruik hierdie illustrasie om aan te toon wat hy daarby bedoel.


Abraham het GOD SE WOORD gehoor toe hy aangesê is om Isak te offer. Voor dit het hy
egter ook gehoor ...

Gen 21:12 ... want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.

Heb 11:17, 18 DEUR DIE GELOOF HET ABRAHAM, toe hy op die proef
gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die BELOFTES ONTVANG HET, HET SY
ENIGGEBORENE GEOFFER, aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag
genoem word – want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op
te wek.

Ons veronderstel dat Abraham in geloof BELY het "IN ISAK SAL MY NAGESLAG
GENOEM WORD ..." en SO HET HY HOM UIT DIE DOOD UIT TERUG ONTVANG.
_________________________________________________________________________
BELYDENIS IS DIE DAAD WAT GEHOORSAAMHEID VOORTBRING_______
Abraham het die BELOFTES ONTVANG DEUR OP GOD SE INSTRUKSIES TE
HANDEL. Petrus het op die water geloop toe hy op JESUS SE BEVEL, "KOM!" gehandel
het.
_________________________________________________________________________
BELYDENIS IS DIE DAAD WAT BEWYS DAT ONS GLO DAT ON
DIE TOEKOMS AS 'N BELOFTE REEDS HIER EN NOU BESIT_______

_________________________________________________________________________
DIE STEM VAN

Belydenis en goloof konneksies


wat God seёn omdat dit in
ooreenstemming met Sy Woord is

Studieveld Uitkomste
 Die Skat van die Hart  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Woorde sal drie dinge vir jou doen -
Uitwys, Doelwitte, Affekteer waar- Uit te spreek deur verbale belydenis, in
vandaan ontvang ons – geloof, met outoriteit, in erkennig dat Jesus
Smaak, Sig Gehoor, Gevoel, Reuk Christus die Hoёpriester van ons belydenis
is
 Boefen Outoriteit
Doelwitte
Woorde gee koers aan ons lewe
Ons domineer die wêreld deur  Insien dat jy is wat jy sê ...
Christus
Engele help die erfgename Daardeur te leer om dit wat in jou hart pos-
vat en uit jou mond uitborrel te beheer
 Die Hoёpriester van
ons Belydenis  Beheer wat in jou hart binnekom
Die engele word ontplooi Onderskei verskillende insette en die insette
Hou daarom vas aan jou wat ons lewe raak te kan beheer deur ons
belydenis vyf sintuie en dit wat goed is sorgsaam te
bewaar

 Bely die regte dinge

Deur die woord van God in jou hart te bewaar.


Jou belydenis openbaar wie en wat jy is

 Praat en handel in geloof om orde in 'n deur-


mekaar wêreld te bring
Geesgerigte woorde bring liefde en
vrede in Sy krag

 Kondig die Hoёpriester van ons geloof


aan ... dat Jesus die somtotaal is van wat
ons verkondig, leer en beoefen wat Hy sê en
verkry daardeur hemelse ondersteuning
________________________________________________________________________
DIE STEM VAN GELOOF_________________________

GELOOF HET 'N STEM net soos vrees 'n stem het. As 'n mens se hart MET
VREES VERVUL IS, sal dit GEHOOR WORD DEUR DIE WOORDE WAT BY SY MOND
UITKOM. As 'n hart vol GELOOF en VERTROUE is, sal die WYSE WAAROP DIE
PERSOON PRAAT dit duidelik toon.

Deut 30:14 Maar baie naby jou is die woord, IN JOU MOND EN IN JOU HART,
OM DIT TE DOEN.

Rom 10: 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, IN JOU MOND EN IN JOU
HART. Dit is DIE WOORD VAN DIE GELOOF wat ons verkondig.

Dit is baie moeilik om VOL GELOOF TE WEES en terselfdertyd VREES-


BEVANGE TE PRAAT. Geloof dryf die vrees uit.

_________________________________________________________________________
GELOOF HET 'N STEM___________________________

1. DIE SKAT VAN DIE HART

Jak 3:10–12 Uit DIESELFDE MOND kom seёn en vervloeking. Dit, my


broeders, behoort nie so te wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars
en bitter water opborrel nie? 'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe
voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water
voortbring nie.

Dit is onsinnig om te dink dat mens enige iets anders sal wees of sal praat as dit
wat in jou hart is. Die voorkoms van die volslae wanaangepaste boemelaar is bloot 'n
UITERLIKE BEWYS van wat hy in sy hart glo dat hy is, hoe hy homself sien in sy hart. Die
vet of oorgewig persoon wat homself aan kos vergryp, is niks ander as 'n MANIFESTASIE
van die prentjie wat hy van homself in sy hart omdra.

Die skreeuende, beledigende en spottende persoon is net besig om sy swak


selfbeeld te BESKERM; net so ook die bitter, depressiewe, haatdraende, klaende,
ontevrede, kwaad, selfsugtige, moordende, perverse en vloekende persoon. Hierdie is
uiterlike tekens van dit wat binne-in aangaan. Leer om verby die simptome te kyk.

 WOORDE SAL DRIE DINGE VIR JOU DOEN

- Openbaar wie jy en ander is, nl. wie of wat jy is: positief of negatief
- Help jou om jouself doelwitte in jou lewe te stel
- Sal jou geestesmens beïnvloed

Mark 7:20–23 Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van
binne ... kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug,
boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al
hierdie booshede KOM VAN BINNE UIT en maak die mens onrein.
 WAARVANDAAN ONTVANG ONS

 ONS VYF FISIESE SINTUIE

- Smaak - Gevoel
- Gesig - Reuk
- Gehoor

Ons sintuie produseer informasie en stoor dit dan in ons onderbewussyn of


geheue, bv: Die natuurlike vrees vir vuur wat goed is, of Pasop! daar kom 'n motor aan,
ens.

 SATAN

Satan gebruik sy demone om gedagtes in ons te plant, bv: 'Kyk daardie vrou, dink
hoe pragtig sy in die bed sal wees' of 'Steel – niemand sal uitvind nie,' of 'Vertel 'n leuen.
Dit sal tog niemand seermaak nie' of ' Wees kwaad vir hulle want hulle verdien jou
onvergewensgesindhied' en 'Kritiseer die pastoor, hy is in elk geval niks werd nie' of 'Om
in tale te praat is 'n klomp onsin.'

Satan gebruik by uitstek die media om sy boosheid te versprei. Onthou: Gemors


in – gemors uit. Woord in – Woord uit.

 JOU GEESTESMENS

Die Heilige Gees woon binne-in jou gees. Dit is die wyse waarop God se
gedagtes jou gedagtes word. Wanneer jou gemoed vernuwe is, is dit maklik vir God om
met jou te praat .(Rom 12:2) Jou doeltreffendheid vir God hang af van die VERNUWING
VAN JOU GEDAGTES. Die Woord sê dat ons DIE SIN VAN CHRISTUS het en ook dat
ons dieselfde GESINDHEID KAN HÊ AS WAT IN CHRISTUS IS.

1 Kor 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kon
onderrig?...

Fil 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Spr 23:6, 7 Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy
lekker ete nie. WANT SOOS HY IN SY SIEL BEREKEN, SO IS HY; eet en drink,
sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

 MAAK 'N BOOM GOED

Matt 12:33–35 Julle moet óf die boom goed maak en sy vrugte goed, óf julle
moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom
geken. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit
die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat
van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat
slegte dinge te voorskyn.

_________________________________________________________________________
DIE BOOM WORD AAN SY VRUGTE GEKEN__________________
Die uiterlike voorkoms van 'n boom bepaal of dit 'n goeie of slegte boom is. Netso
as 'n mens lyk asof hy sleg is: wat hy sê, sy gewoontes en woorde, dan is hy sleg. Soms
word van sulke mense gesê dat hulle 'n 'goeie hart' het. Dit is 'n DWALING EN 'N LEUEN.
Hulle moet hulself eerder bekeer en nuut van binne word.

Matt 12:34–37 Addergeslag, hoe kan julle GOEIE DINGE PRAAT terwyl julle
sleg is? Want uit die OORVLOED VAN DIE HART PRAAT DIE MOND. DIE
GOEIE MENS BRING UIT DIE GOEIE SKAT VAN SY HART GOEIE DINGE TE
VOORSKYN, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te
voorskyn. Maar Ek sê vir julle dat van ELKE YDELE WOORD wat die mense
PRAAT, DAARVAN MOET HULLE REKENSKAP GEE IN DIE OORDEELSDAG.
Want uit jou WOORDE sal jy GEREGVERDIG word, en uit jou WOORDE sal jy
veroordeel word.

Rom 8:6 Want wat die VLEES BEDINK, IS DIE DOOD, maar wat die GEES
BEDINK, IS LEWE en VREDE.

- Die Woord van God is GEESTELIK – Die Woord van God is LEWEGEWEND

Wanneer ons ONS DENKE op die WOORD VAN GOD INSTEL om te DOEN
SOOS DIE HEILIGE GEES ONS LEI, sal ons 'n goeie belydenis en goeie gedrag
voortbring.
________________________________________________________________________
'N GOEIE BELYDENIS IS DIE RESULTAAT VAN
DIE WOORD VAN GOD WAT IN ONS HART GEBÊRE IS________

2. BEOEFEN OUTORITEIT
________________________________________________________________________
WOORDE IS DIE WYSE WAARDEUR ONS OUTORITEIT BEOEFEN_____

Rom 8:2 Want die wet van die GEES VAN DIE LEWE in Christus Jesus het my
vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

- WOORDE OPENBAAR GEES - WOORDE VERRYK LEWE

Gen 2:7 En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in
sy neus die ASEM VAN DIE LEWE GEBLAAS.

Dieselfde woord vir 'asem' word ook as GEES vertaal. God het die mens geneem
toe Hy hom gevorm het en LEWE in hom in geblaas. Dit het hom 'n lewende wese gemaak
...
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ONS BEELD, na ons
GELYKENIS ... heers oor die visse van die see en die voёls van die hemel en die
vee en oor die hele aarde.

Gen 1:28 God het vir hulle gesê: WEES VRUGBAAR EN VERMEERDER EN
VUL DIE AARDE, ONDERWERP dit en HEERS ...

Gen 2:7 So het dan die mens 'n lewende siel geword.
John 6:63 DIT IS DIE GEES WAT LEWEND MAAK, die vlees is van geen nut
nie; DIE WOORDE WAT EK TOT JULLE SPREEK, IS GEES en IS LEWE.

Dit het begin toe die aarde nog woes en leeg was, deur duisternis oordek.
Moontlik het jy ook areas in jou lewe wat nog woes, leeg en met duisternis oordek is. Laat
die lig van Christus inkom deur WOORDE VAN LEWE IN JOU LEWE IN TE SPREEK.
_________________________________________________________________________
WOORDE WAT VAN GOD SPREEK BRING GEES, VREDE EN LEWE_____

God het ALLES gemaak deur SY SKEPPINGSKRAG. Hy het LEWE IN STOF,


LIG IN DUISTERNIS en VORM IN VORMLOOSHEID gebring.

Gen 1:31 Toe sien God alles wat HY gemaak het, en – dit was baie goed.

DEUR SY WOORD TE SPREEK en DEUR 'N BEVEL UIT TE SPREEK, het God
dit wat BAIE GOED was, VOLMAAK GESKAPE en VOORTBRING.
________________________________________________________________________
WANNEER DIE HART VAN DIE MENS VOL VAN GOD SE
WOORD IS, HET HY VERTROUE IN DIE KRAG VAN GOD SE ALMAG__

Geloof is 'n krag wat ons MOTIVEER en AKTIVEER om ONVERSKROKKE en


met VERTROUE op te tree. Vrees is die krag wat ons LUSTELOOS en TRAAG MAAK.
Geloof in God bring YWER en ENTOESIASME vir die LEWE en vir RESULTATE.

Ons ONWANKELBARE VERTROUE IN GOD SE ALMAG word opgebou deur die


WOORD van God en die BELOFTES van God.
________________________________________________________________________
ONS GELOOF REIK UIT NA HOOP
OORWINNING IS VERSEKER MITS DIT OP DIE WOORD GEBASEER IS___

Vir 'n EFFEKTIEWE en positiewe geloofsbelydenis, MOET ONS MET GOD SE


WOORDE GEVUL WEES, gevul met Sy beloftes. Dit moet GESTALTE, VORM EN RAAM-
WERK GEE AAN DIE BEELD VAN HOOP WAT BINNE-IN ONS IS.

 DIE SKAT

Dit is 'n STOORKAMER GEVUL MET DAARDIE DINGE WAARAAN ONS DIE
HOOGSTE WAARDE HEG, of dit nou GOED is of KWAAD. As ons KOS as 'n skat
hoogag, sal ons vrate word. As ons die WOORD as 'n skat hoogag, sal ons wees soos
IMMERGROEN BOME wat VRUGTE sal DRA en aan ANDERE LAFENIS SAL GEE, voor-
spoedig in God en vir die Koninkryk van God.

 DRA GOEIE VRUGTE

Ons WOORDE is die vrugte wat DIE SKAT IN ONS HARTE aan die lig bring,
hetsy GOED of KWAAD.

_________________________________________________________________________
DIE WOORDE VAN JOU BELYDENIS OPENBAAR WIE JY IS_________
 KWEEK 'N GOEIE SKAT

'n Wedergebore is 'n boom wat GOED GEMAAK is deur Jesus Christus. Hy is
GEESTELIK lewendig gemaak deur die Heilige Gees, hy is WEDERGEBORE UIT DIE
ONVERGANKLIKE SAAD van die Woord van God, hy is die VAKMANSKAP VAN GOD,
geskape in Christus om GOEIE WERKE, GOEIE VRUGTE en GOEIE WOORDE VOORT
TE BRING. HY is 'n NUWE SKEPSEL. Die ou dinge is dood en weg en ALLES HET
NUUT GEWORD. Glo dit in jou hart en bely dit met jou MOND. God het dit gesê en
DAAROM IS DIT SO. ONTVANG NIKS ANDERS AS DIT WAT GOD VIR JOU AS SY
KIND HET NIE.

 ONTVANG DIE SAAD EN VERSORG DIT

In die gelykenis van die saaier sien ons dat die SAAD die WOORD en die grond
die HART VAN DIE MENS is.

Luk 8:15 En wat in die goeie grond val – dit is dié wat, nadat hulle gehoor het,
die WOORD in 'n edele en goeie HART hou en MET VOLHARDING VRUG DRA.

Jak 1:25 Maar hy wat diep insien en die volmaakte wet van die vryheid en
DAARBY BLY, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n
DADER van die werk, GELUKKIG WEES IN WAT HY DOEN.

Ons sien in hierdie gelykenis dat dit moontlik is om die SAAD VAN DIE WOORD
te verloor!
_________________________________________________________________________
ONS MOET DIE WOORD VAN GOD ONTHOU, EN GEDURIG DAARIN KYK -
BEHOU DIT EN VOLHARD DAARIN. DIT BRING 'N GOEIE
BELYDENIS VOORT: DIE VRUG VAN ONS LEWE______________

2.1 WOORDE GEE KOERS AAN ONS LEWE

Spr 18:21 DOOD EN LEWE IS IN DIE MAG VAN DIE TONG; en ELKEEN wat
dit GRAAG GEBRUIK, SAL DIE VRUG DAARVAN EET.

Jak 1:26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tog nie in toom
hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

Jak 3 : 2–5 Want ons almal struikel dikwels. As iemand IN WOORDE NIE
STRUIKEL NIE, is hy 'n VOLMAAKTE MAN, in STAAT om ook die HELE
LIGGAAM IN TOOM TE HOU. Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat
hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk,
ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word,
word GESTUUR DEUR 'N BAIE KLEIN ROER net waarheen die stuurman wil.
Net SO IS DIE TONG OOK 'N KLEIN LID EN BEROEM HOM OP GROOT DINGE
– KYK HOE 'N GROOT HOOP HOUT STEEK 'N KLEIN VUURTJIE AAN DIE
BRAND.
 STEEK JOU GEESTELIKE WÊRELD AAN DIE BRAND

Efes 2:10 Want ons IS SY MAAKSEL, GESKAPE IN CHRISTUS JESUS TOT


GOEIE WERKE wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
________________________________________________________________________
DIE WEDERGEBOORTE MAAK VAN DIE GELOWIGE
'N ANDERSOORTIGE WESE WAT NIE VAN DIE OU WÊRELD IS NIE!___

Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die MAG VAN DIE DUISTERNIS en OOR-
GEBRING het in die KONINKRYK VAN DIE SEUN VAN SY LIEFDE.

Toe ons WEDERGEBORE is, is ons oorgeplaas na 'n NUWE KONINKRYK – IN


CHRISTUS JESUS geskape. Ons lewe en beweeg en het ons bestaan in Hom. Ons
oorwin die wêreld en sy probleme ... "deur die bloed van die Lam en deur die woord van
(ons) getuienis." (Open 12:11)

- Ons is VERHOOG tot in HEMELSE PLEKKE


- Ons SIT in HEMELSE PLEKKE
- Ons REGEER in HEMELSE PLEKKE oor die bose
_________________________________________________________________________
DIE STEM VAN GELOOF HELP ORDE SKEP UIT CHAOS__________
________________________________________________________________________
LAAT JOU WOORDE VAN GELOOF DEUR DIE GEES GERIG WEES
SODAT DIT ORDE, VREDE EN LEWE KAN BRING___________

Moet nooit 'n kompromie tref hiermee nie, want jy sal wat jy ookal WIL BEHOU,
VERLOOR WANNEER JY 'N KOMPROMIE AANGAAN. Moet nooit toelaat dat
omstandighede, versoekings of die druk van mense JOU BELYDENIS LAAT OPHOU nie.
_________________________________________________________________________
SODRA JOU BELYDENIS SAAMSTEM MET SONDE EN DOOD
SAL DIT JOU LEWENSRIGTING BEPAAL___________________

2.2 ONS HEERS OOR DIE WÊRELD DEUR CHRISTUS

- Ons HEERS oor die bose magte van hierdie wêreld en


- Ons leef in OORWINNING oor die god van hierdie wêreld in Sy krag!

Matt 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en
WAT JY OOK OP DIE AARDE MAG BIND, sal in die hemel gebonde wees, en
WAT JY OOK OP DIE AARDE MAG ONTBIND, sal in die hemel ontbonde wees.

- Daniёl 10 - Esegiёl 28 - Efesiёrs 1:16-23

2.3 ENGELE HELP DIE ERFGENAME

 UITGESTUUR OM ONS TE BEDIEN


Heb 1:14 Is hulle (DIE ENGELE) nie almal dienende geeste WAT VIR DIENS
UITGESTUUR word terwille van die wat die SALIGHEID sal BEËRWE NIE?
 HULLE IS BOODSKAPPERS AAN ONS
Open 1:1, 2 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om
aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat HY deur die SENDING
van SY ENGEL aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, WAT GETUIG
HET VAN DIE WOORD VAN GOD en die GETUIENIS VAN JESUS CHRISTUS.
 ONS BELYDENIS WORD VOOR DIE ENGELE GEHANDHAAF

Luk 12:8, 9 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal
die Seun van die mens ook bely voor die ENGELE VAN GOD. Maar hy wat My
verloёn voor die mense, SAL VERLOËN WORD VOOR DIE ENGELE VAN GOD.

3. DIE HOËPRIESTER VAN ONS BELYDENIS

Heb 3:1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op
die Apostel en HOËPRIESTER VAN ONS BELYDENIS, CHRISTUS JESUS.

Jesus Christus is die SOMTOTAAL van die WOORD WAT ONS BELY en
BEKEND MAAK. Wanneer ons die Woord van God LEER en BEOEFEN, dan bely Jesus
ons name voor GOD in die Hemel. Ons kry HEMELSE ONDERSTEUNING en
VERSTERKING van die Persoon van Jesus Christus self wanneer ons Hom bely.
________________________________________________________________________
JESUS IS DIE STEM VAN ONS BELYDENIS IN DIE HEMEL_________

Om die waarheid te sê, word daar 'n gedenkboek in die hemel geskryf:

Mal 3:16 Toe HET DIE WAT DIE HERE VREES, MET MEKAAR GESPREEK;
EN DIE HERE het dit OPGEMERK en GEHOOR, en daar is 'n GEDENKBOEK
voor sy aangesig GESKRYWE VIR DIE WAT DIE HERE VREES EN SY NAAM
EER.

 DIE ENGELE WORD ONTPLOOI

Wanneer ons die Woord volgens die Wil van God bely, word daar aan die
ENGELE IN DIE HEMEL OPDRAG GEGEE en hulle word UITGESTUUR om die Woord te
volbring volgens Sy soewereine wil in die omstandighede.

Psm 103:20 ... SY ENGELE, KRAGTIGE HELDE WAT SY WOORD VOLBRING,


IN GEHOORSAAMHEID AAN DIE STEM VAN SY WOORD!
________________________________________________________________________
SOOS DIE ENGELE BEHOORT ONS AG TE GEE OP DIE STEM VAN
SY WOORD EN SY WIL TE DOEN DEUR SY BEVELE TE GEHOORSAAM___

 HOU VAS AAN JOU GOD-GEGEWE BELYDENIS

- Jy sal JOU WÊRELD VERANDER!


- Jy sal HEERS OOR SONDE EN DOOD!
- Jy sal EFFEKTIEF WEES IN DIE HEMELSE PLEKKE!
- Jy sal OOR DEMONE TRIOMFEER!
- Jy sal GOEIE VRUGTE VOORTBRING!

________________________________________________________________________
VYF BELANGRIKE

Vyf sleutel belydenisse wat jou sal


help om steeds meer in geloof uit
te spreek soos God sê jy behoort

Studieveld Uitkomste
 Jou Toewyding  Na voltooiing van die sessie
behoort jy instaat te wees om ...
Die weg tot saligheid
Jesus is Heer oor alles Met woorde te bely, in volle
Die Here onder die aarde vertroue, die vyf hoof belydenisse
wat op bybelse lering gebaseer is
 Jou Afhanklikheid
Doelwitte
Bekommer nie oor jou lewe
Wees oor niks besorg nie  Wees gedagtig aan die bron van jou
vertroue ...
 Jou Beskermer/Verdediger
Jesus, die ewige Een, wat ons belydenis is
Die rol van die Herder en volkome getroue Heer
Die toewyding van die Herder
 Praat soos God sou praat
 Jou Plaasvervanger/Deputasie
Vermy enige bindings veroorsaak deur
Jesus het ons sonde gedra mensespraak – praat soos die Here
Jesus het 'n vloek geword woorde gee om mense te bevry
Jesus het 'n sondeoffer geword
 Handel in geloof
 Jou Heerskappy
Vestig 'n sterk band tussen belydenis en
Van Hom, In Hom geloof
Ons is oorgebring
Ons het 'n nuwe natuur  Bely dat al God se beloftes waar is

... deur hardop te sê wat jy glo soos


God se woord sê jy mag sê

 Bevestig vyf belangrike belydenisse

Belê tyd en moeite in jou toewyding,


afhanklikheid, verdediger, plaasver vanger
en heerskappy – konsentreer op God se
prioriteite
________________________________________________________________________
VYF BELANGRIKE BELYDENISSE_____________________

Heb 4:14, 15 Terwyl ons dan 'n groot Hoёpriester het wat deur die hemele
deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die BELYDENIS
vashou. Want ons het nie 'n hoёpriester wat nie met ons swakhede medelye kan
hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Heb 10:23 Laat ons DIE BELYDENIS VAN DIE HOOP ONWANKELBAAR
VASHOU, want Hy wat dit beloof het, is getrou.

Hier moedig die Bybel ons aan om ...


________________________________________________________________________
DIE BELYDENIS VAN DIE HOOP VAS TE HOU_______________

Hoop is 'n droom wat jy het, die onsienlike belofte wat nog geopenbaar moet word
in jou lewe. Hoop is noodsaaklik in 'n lewenstyl van GELOOF. Sonder HOOP kan daar
GEEN GELOOF wees nie. Geloof begin met 'n droom in jou hart, 'n DROOM WAT DEUR
DIE WOORD VAN GOD GEÏNSPIREER WORD. Soos jou geloof groei, sal dit jou taal en
uiteindelik jou optrede beïnvloed.

 GEBIND DEUR JOU BELYDENIS

Spr 6:2 verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van
jou mond.

Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag
gebruik, sal die vrug daarvan eet.
________________________________________________________________________
ONS GENIET NIE DIE REALITEIT VAN GOD SE WOORD NIE
OMDAT ONS ONSSELF BIND AAN ONS EIE WOORDE!___________

Sommige mense praat hulself in gebondenheid in. ONS MOET SOOS GOD
PRAAT. Ons woordeskat moet deurdrenk wees met die WOORD van God – die Woord
van God maak mense vry; die woord van die mens of satan bind mense.

Joh 8:31, 32 As julle in my woord bly ... julle sal die waarheid ken, en DIE
WAARHEID SAL JULLE VRYMAAK.

PLAAS DIE BELOFTES VAN GOD IN JOU HART en IN JOU MOND – dan sal jy
vry wees!

Jos 1:8 Hierdie wetboek MAG NIE UIT JOU MOND WYK NIE; maar bepeins
dit dag en nag.
________________________________________________________________________
HIERDIE IS DIE SLEUTEL OM 'N DADER VAN DIE WORD
VAN GOD TE WORD____________________________

Deut 30:14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, OM DIT
TE DOEN.
En tog! ... instede daarvan om oor die Woord van God na te dink, spandeer party
mense tyd daaraan om na die slegte nuus wat die wêreld aan ons opdis te luister en
daaroor te dink. Sommige mense raak sodoende deur siekte, skuld, inflasie, resessie,
angs, bekommernis, oorloё, stryd, kritiek, jaloesie, naywer ensovoorts gebind.

 BETWYFEL GOD SE WOORD


________________________________________________________________________
VREES OM OP DIE WOORD VAN GOD TE HANDEL
OF DIT TE BELY LEI TOT TWYFEL_____________________

Ten einde die duisternis van twyfel af te weer verwag God dat jy jouself baie eerlik
sal evalueer – sonder om neerslagtig te word. Vestig jou vertroue op Hom en besluit om te
groei waar jy geplant is.

 TEN VOLLE OORTUIG

Dit is die plek wat ons uitendelik moet bereik. Slegs wanneer ons ten volle oortuig
is, sal ons begin om dit wat ons hoop en glo te bely.

 DIE OORVLOED VAN DIE HART

Matt 12 : 34 ... want UIT DIE OORVLOED VAN DIE HART praat die mond.

Sodra die mond begin bely sal OPTREDE SPOEDIG VOLG. Gehoorsaamheid sal
plaasvind.
________________________________________________________________________
GELOOF EN BELYDENIS IS ONAFSKEIDBAAR GEKOPPEL!__________

Wat moet ons bely? Watter betekenis moet ons aan vashou? Ons kan alles bely
en besit WAT DIE BYBEL ONS TOELAAT OM TE SÊ.
________________________________________________________________________
ONS BELY DAT DIE BELOFTES VAN GOD WAAR IS____________

 'N HERINNERING AAN DIE DEFINISIE

Rom 4:17 ... en die DINGE WAT NIE BESTAAN NIE, ROEP ASOF HULLE
BESTAAN.

Heb 10:23 Laat ons DIE BELYDENIS VAN DIE HOOP ONWANKELBAAR VAS-
HOU, WANT HY WAT DIT BELOOF HET, IS GETROU.

Heb 11:1 DIE GELOOF DAN is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n
bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Matt 17:20 As julle geloof het ... sal julle sê ...

2 Kor 4:13 ... glo ons ook, daarom spreek ons ook ...

Belydenis is OM DIE DINGE WAT JY GLO HARDOP UIT TE SPREEK – daardie


dinge waarin jy jou geloof geplaas het. Ons plaas ons vertroue op die dinge van God
volgens Sy Woord. Belydenis is 'n getuienis van die inhoud van ons hart.
1. JOU TOEWYDING

FIL 2:9–11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee
wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat
in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke TONG
SOU BELY DAT JESUS CHRISTUS DIE HERE IS tot heerlikheid van God die
Vader.

Die eerste ding wat ons moet bely is ...


________________________________________________________________________
DIE ABSOLUTE HEERSKAPPY VAN JESUS CHRISTUS IN ONS LEWE______

Dit is waar jy jou toewyding en eerbied aan die Here Jesus Christus bekend maak
– dit is 'n daad van toevertroue.

1.1 Rom 10 : 10 ... met die mond bely ons tot REDDING.

Ons moet besef dat saligheid NIE NET DIE ERVARING VAN DIE WEDER-
GEBOORTE is, toe jy jouself aan die Heerskappy van Jesus Christus onderwerp het nie.
________________________________________________________________________
SALIGHEID IS 'N VOORTGESETTE DAAGLIKSE
ERVARING WAT ONS HELE WESE AFFEKTEER_______________

Saligheid sluit ook GENESING, VERLOSSING, OORWINNING, BESKERMING,


BEWARING, VOORSIENING, ens. in.

- Met die hart glo ons tot geregtigheid

Jy mag sê dat jy in jou hart glo – waarom moet jy dan enige iets bely? As jy met
jou hart glo, BEHAAG JY GOD en plaas dit jou in die regte verhouding tot God – OM JOU
omstandighede TE VERANDER moet jy gewillig wees om volgens jou geloof te handel.

- Met die mond bely ons tot redding

Dit is die belydenis van jou MOND – 'n getuie van jou voorafbepaalde aksie – Wat
die omstandighede van jou verlede, hede, toekoms en ewigheid SAL VERANDER.

 WAT ONS BELY

Rom 10:9 As JY MET JOU MOND DIE HERE JESUS BELY ...sal jy gered word.

Die Griekse woord vir "BELY" is "HOMOLOGEIO" wat ook as LOFPRYSING


vertaal word. Om die heerskappy van Jesus Christus te bely is om die Here Jesus te loof
en prys.

- Wat heerskappy impliseer

Om Jesus die Here te maak, is om aan Hom die absolute heerskappy oor jou lewe
te gee. Die outoriteit wat ons aan Jesus in ons lewe gee word gemeet aan ons respek en
gehoorsaamheid aan die Woord van die Here.
1.2 JESUS IS DIE HEER OOR ALLES

Of die mens Jesus die Here maak of nie. Jesus Christus is Heer oor alles deur 'n
bevel van God die Vader.

 HERE IN DIE HEMEL

Elke geskape wese in die hemel buig sy knie voor die Here Jesus. Dit sluit die
engele en mense in wat God onophoudelik aanbid.

 HERE OP DIE AARDE

Dit is slegs waar van diegene wat erken dat Jesus die Here is en ook net totdat
Jesus weer kom. Na die wederkoms van Jesus sal ELKE SKEPSEL op die aarde die knie
buig voor die Heer van die Here.

 ONS OPDRAG

Dit is om die evangelie te verkondig aan elke skepsel. Dié wat glo sal gered word;
die wat nie glo nie sal veroordeel word. Ons opdrag is om mense te LEI OM OOR TE GEE
AAN DIE HEERSKAPPY VAN JESUS CHRISTUS.

 DIE HEERSKAPPY VAN JESUS CHRISTUS

Ons moet Jesus Christus toelaat om die bestuur van ons lewe oor te neem –
fisies, vestandelik, emosioneeel en geestelik. Gee aan Hom die finale outoriteit en laat Sy
Woord die hoogste gesag wees.
________________________________________________________________________
OM JESUS CHRISTUS AS DIE HEER TE BELY
VERANDER ALLES OM JOU, IN JOU EN DEUR JOU____________

1.3 DIE HERE ONDER DIE AARDE

Wanneer ons bely dat Jesus Christus die Here is bring ons Sy koninkryk oral waar
ons is.
_______________________________________________________________________ _
ONS BELYDENIS IS DAT JESUS DIE REG HET
OM OP ELKE PLEK TE REGEER______________________

Wanneer ons Jesus Christus as Heer bely word Satan verslaan. Ons
verantwoordelikheid is om Satan se neerlaag af te dwing deur

- Die Here Jesus te Bely - Sy Woord te Bely - Sy Naam te Bely

Ons weerstaan Satan in die Naam van die Here Jesus Christus.

2. JOU AFHANKLIKHEID

1 Pet 5:6, 7 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle
kan verhoog op die regte tyd. WERP AL JULLE BEKOMMERNIS OP HOM,
WANT HY SORG VIR JULLE.
Die volgende groot belydenis wat ons in ons Christelike lewe moet doen, is om te
bely dat ...
________________________________________________________________________
EK GEEN BEKOMMERNIS HET NIE - TOG IS EK VERSIGTIG________

Ons was nie geskape om besorg en vreesbevange te wees nie. Bekommernis en


angs kan ons vernietig.

2.1 MOENIE BEKOMMERD WEES OOR JOU LEWE NIE

Matt. 6:31, 32 Daarom moet julle jul nie KWEL EN SÊ: Wat sal ons eet, of wat
sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die
heidene; WANT JULLE HEMELSE VADER WEET DAT JULLE AL HIERDIE
DINGE NODIG HET.

Hoe raak ons bekommerd, besorgd of gekwel? Ons openbaar ons gedagtes deur
die WOORDE WAT ONS BELY. Ons kan baie van onsself leer deur na die woorde wat
ons uitspreek te luister.

2.2 WEES OOR NIKS BESORG NIE

Fil 4:6, 7 WEES OOR NIKS BESORG NIE, maar laat julle begeertes in alles
deur gebed en smeking met dansegging bekend word by God. EN DIE VREDE
VAN GOD, WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN, SAL JULLE HARTE EN
JULLE SINNE BEWAAR IN CHRISTUS JESUS.

Ons raak ontslae van bekommernisse en sorge deur geloofgevulde gebede – met
danksegging. Wat is danksegging?
________________________________________________________________________
DANKSEGGING IS OM JOU BEKOMMERNIS BY DIE HERE TE LAAT
WETENDE DAT HY VIR JOU SORG_______________________

As jy van jou knieё af opstaan en jy is nog steeds beangs, dan het jy nie regtig
gebid nie. Jy het heel moontlik ook nagelaat om danksegging te bring.

2.3 WERP JOU BEKOMMERNIS

1 Pet 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom ...

"WERP" beteken hier om 'WEG TE GOOI MET 'N SKIELIKE BEWEGING.' Ons
doen dit nie slegs deur 'n besluit nie, maar dikwels ook deur die woorde wat daardie
innerlike begeerte weerspieёl.

3. JOU BESKERMER/VERDEDIGER

Psm 23:1 Die Here is my herdier; niks sal my ontbreek nie.

Ons moet ons TOEWYDING aan en ons AFHANKLIKHEID van die Here bely deur
al ons laste aan Hom te oorhandig en ook bely dat Hy ons BESKERMER is, net soos die
HERDER oor sy skape.

Ons het nodig om dit te bely dat ...


________________________________________________________________________
DIE HERE MY HERDER IS, EK SAL NIKS KORTKOM NIE___________

3.1 DIE ROL VAN DIE HERDER

Joh 21:15–17 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon
Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy
antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my
lammers wei. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy
My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir
hom: Pas my skape op. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het
jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy
My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus
sê vir hom: Laat my skape wei.

Hier konfronteer Jesus vir Petrus wat teruggegaan het na sy ou lewe. Jesus gee
vir Petrus 'n visioen of 'n doelwit om te bereik en leer vir Petrus hoe om Sy skape te
versorg.

 VERSORG DIE SKAPE

Onthou dat Jesus die Goeie Herder is. Hy vertel vir Petrus hoe Hy in werklikheid
is.

 DIE BETEKENIS VAN VERSORGING

Jesus sorg vir ons. Dit beteken dat Hy ons teen gevare beskerm. Hy sien om na
ons.

Joh 21:16 ... Hy sê vir Hom: Pas my skape op ...

Oppas beteken hier: "SIEN OM NA HULLE BEHOEFTES," "GEE AANDAG


AAN" of "AANVAAR VERANTWOORDELIKHEID VIR." Dit is die rol van die Goeie Herder.

Ons kan met vrymoedigheid bely dat ...

- Jesus aan ons behoeftes voorsien


- Jesus Sy aandag aan ons wy
- Jesus verantwoordelikheid vir ons neem
- Jesus ons BESKERM en VERDEDIG

 VOED DIE SKAPE

Joh 21:15 Hy sê vir hom: LAAT MY LAMMERS WEI

Die rol van die herder is om die skape na groen weivlde te neem. Dit is nie die
skape se verantwoordelikheid om vir kos te soek nie. As dit aan die skape oorgelaat sou
word sou hulle van honger omkom. Die herder soek die kos en lei hulle daarheen.
 BESKERMING VIR DIE SKAPE

1 Sam 17:34, 35 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die
kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop
wegdra, dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit;
en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom
dood.

Hier sien ons die herder in aksie. Terwyl die skape wei en rus is die herder op
wag en hulle rus in sy bediening.

Jesus is die Goeie Herder wat seker maak dat ons ...

- Versorg word - Voldoende voorsien word - Goed beskerm word

3.2 DIE TOEWYDING VAN DIE HERDER

Joh 10:10-12 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het
gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. EK IS DIE GOEIE HERDER. DIE
GOEIE HERDER LÊ SY LEWE AF VIR DIE SKAPE. Maar die huurling en hy
want nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf
kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape
uitmekaar.

Ons goeie Herder, Jesus, is so toegewyd dat Hy Sy lewe vir Sy skape – of


volgelinge afgelê het. 'n Satanis was gevra of hy sy lewe vir sy god, Satan sou aflê. Na
heelwat aarseling, het hy geantwoord: "Definitief nie!" Dit is 'n natuurlike reaksie
aangesien Satan sy volgelinge dood maak.
________________________________________________________________________
MAAR DIE HERE JESUS HET SY LEWE
VIR SY VOLGELINGE AFGELÊ______________________

Om hierdie rede kan ons só toegewy wees aan ons Herder dat ons gewillig sal
wees om vir Hom te sterf.

Ons kan met vrymoeidigheid getuig dat ...


________________________________________________________________________
DIE HERE MY HERDER IS, NIKS SAL MY ONTBREEK NIE,
EK HET LEWE - JA, LEWE IN OORVLOED_________________

4. JOU PLAASVERVANGER

Jes 53:3–5 Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en
bekend met krankheid; ja, so een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag
en ons het Hom nie geag nie. NOGTANS HET HY ÓNS KRANKHEDE OP HOM
GENEEM, EN ÓNS SMARTE – DIÉ HET HY GEDRA; maar óns het Hom gehou
vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is terwille van
ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die
straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir
ons genesing gekom.
Jesus Christus was die plaasvervanger wat vir ons sonde gestraf is – Hy staan in
ons plek en Hy het ons plek ingeneem vir die sonde en gevolge daarvan in ons lewe. Daar-
om kan ons met vrymoedigheid bely dat ...
________________________________________________________________________
ELKE SONDE, HARTSEER, BEKOMMERNIS EN SMART OP
JESUS GELÊ WAS SODAT EK VRY DAARVAN KAN WEES_________

Probeer jou indink hoe die wêreld sou wees as die mens die versoeking
weerstaan en nie gesondig het nie. Daar sou geen pyn, siekte, armoede en dood gewees
het nie.

Siekte, armoede en dood is die gevolg van SONDE – wat die resultaat was van
die mens se ongehoorsamheid teenoor sy Skepper.

4.1 JESUS HET ONS SONDE GEDRA

Matt 8:16, 17 En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat
van diuwels besete was; en Hy het die geeste met 'n woord uitgedrywe; en almal
wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek
is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom
geneem en ons siektes gedra.

Jesus Christus het die totale mens genees. Die konteks hier bewys dat Jesus
demone uitgedryf en die mense se siel en liggame genees het. Toe Jesus aan die kruis
gesterf het, het Hy FISIES vir ons SONDE en FISIESE SIEKTES gely. Hy het ook
VERSTANDELIK, EMOSIONEEL en GEESTELIK gely deurdat Hy van die Vader afgesny
was.

4.2 JESUS HET 'N VLOEK GEWORD

Gal 3:13, 14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n
vloek te word – want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang –
sodat die seёn van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus.

Die vloek van die wet word regdeur die Ou Testament gevind en kan opgesom
word in Deuteronomium 28. In hierdie hoofstuk sien ons beide die seёninge en die vloeke.
Die vloeke word ten beste as volg saamgevat: siekte, armoede, nederlaag en die dood.
Die seёninge van Abraham is: die ewige lewe, oorwinning, voorspoed en gesondheid.
_________________________________________________________________________
IN CHRISTUS JESUS KAN ONS AL HIERDIE SEËNINGE HÊ - DEUR
DIE BELYDENIS VAN ONS MOND WORD ONS DAARAAN HERINNER_____

4.3 JESUS HET 'N SONDOFFER GEWORD

2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons
gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Hier sien ons weer die omruil van plekke wat plaasvind. Dit is so, of ons dit wil
aanneem aldan nie. As ons dit nie aanneem nie, sal ons nie die voordele daarvan kan
geniet nie en sal ons in 'n staat van veroordeling bly.
5. JOU HEERSKAPPY

1 Kor 1:30, 31 Maar deur hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het
wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom, soos
geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

Buite Christus IS ONS NIKS NIE. As ons nie aan Jesus Christus oorgegee is en in
onderdanigheid aan Hom lewe nie, is ons bestemd tot die ewige dood en vernietiging. Dan
is alles wat ons doen TEVERGEEFS.

5.1 UIT HOM, IN HOM

Hierdie hele idee en konsep het sy OORSPRONG IN JESUS CHRISTUS. Deur


die dade en offer van Jesus KAN ONS IN CHRISTUS JESUS wees. Deur Jesus as
Saligmaker aan te neem bevind ons ons in Christus en is ons Christus geseёn en vergewe.

5.2 ONS IS OORGEBRING

Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en OORGEBRING
HET IN DIE KONINKRYK VAN DIE SEUN VAN SY LIEFDE.

Ons is nie langer in slawerny van sonde en duisternis nie. Ons is onder nuwe
bestuur – in 'n nuwe KONINKRYK – onder die HEERSKAPPY en REGERING van God.

5.3 ONS HET 'N NUWE NATUUR

Romeine 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, so-
dat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader,
ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

2 Korinthiёrs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die


ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Met wedergeboorte het ons nuwe skepsels geword. Ons is nou God se vakman-
skap, geskape tot goeie werke. Ons was in Christus Jesus geskape – d.w.s. na Sy beeld
en gelykenis in saad-vorm.
_________________________________________________________________________
AL DIE BASIESE KARAKTERTREKKE VAN CHRISTUS
WORD IN ONS GEVORM__________________________

- Ons ontvang die wysheid van Christus


- Ons is die geregtigheid van Christus
- Ons is geheilig deur Christus
- Ons is verlos deur Christus (1 Korinthiёrs 1:30)

DIT IS WAT ONS MET VOLLE VERTOUE KAN BELY! Onthou dat ....
_________________________________________________________________________
BELYDENIS GETUIG VAN VERKRYGING___________________

 MOENIE LEË BELYDENISSE MAAK NIE

Markus 11:22, 24
Wanneer God 'n woord in ons hart spreek moet ons vasstaan op daardie woord
en nie daaraan twyfel dat God se beloftes sal vervul nie.

 RAAK ONTSLAE VAN TWYFEL

Dit kom slegs deur na te dink oor die Woord van God, dag en nag totdat die
Woord self ons oortuig. Ons kan met volle vertroue bely dat ...
_________________________________________________________________________
... JESUS CHRISTUS VIR MY WYSHEID,
GEREGTIGHEID, HEILIGHEID EN VERLOSSING GEWORD HET_______

BELYDENIS

Opsomming

Vanaf die vroegste dae van die kerk was belydenis 'n belangrike aspek vir die
geestelike groei van gelowiges. Hierdie kragtige begrip het ongelukkig 'n tweёrlei
toepassing gevind waar net sommige gelowiges hierdie belydenis op 'n gesonde Bybelse
manier uitleef!

Aan die een kant is daar diegene wat belydenis op die meer tradisionele wyse
begrawe onder 'n hoop ritualistiese liturgie wat maar min ware betekenis vir die lewe van 'n
gelowige het. Maar aan die ander kant, veral redelik onlangs, het die ander uiterste sy kop
uitsteek - die "name it - claim it - frame it" klomp wat belydenis beskou as die grootpad
na allerhande dinge wat onder andere 'n klem op finansiёle welvaart insluit.

Maar die middeweg, in geestelike en praktiese balans, is daar 'n duidelike Bybelse
lering betreffende belydenis. Dié boek behandel daardie gebalanseerde posisie waar ons
kan bely in 'n God welgevallige manier en wat terselfdertyd met ons geloof, ons posisie en
ons vertroue op God te doen het.

Die saak van geestelike outoriteit word dikwels misverstaan en dit lei tot
twyfelagtige gebruike in plaas daarvan dat dit 'n kragtige instrument in die lewe van
gelowiges word. Hierdie boek behandel die onderwerp op 'n duidelike en eenvoudige wyse
en lei voortdurend die leser weer terug na die 'Hoёpriester' van ons belydenis.

Aan die einde van die boek word vyf hoof afdelings van belydenis behandel.
Elkeen van hierdie onderwerpe kan ons lewens verander.

As jy as gelowige met God erns wil maak, lees die materiaal gerus goed deur om
dit jou eie te maak.

________________________________________________________________________
SLEUTELWOORDE EN KONSEPTE

Sleutelwoorde
Hierdie woordelys sal jou Engelse woordeskat grootliks verbeter. As jy nog
steeds oor die betekenis twyfel, raadpleeg dan 'n kompakte woordeboek. Soek gerus
vergelykbare woorde op in 'n Engelse Tessaurus.

persecution Oppression, harassment or ill-treatment, especially


because of race or religion
routed A disorderly and overwhelming defeat
dainty something choice, or delicious
fallacy an incorrect or misleading idea or opinion based on
inaccurate facts or invalid reasoning
carnal relating to the appetites and passions of the physical
body
translated to transfer (a person) from one plane of existence to
another, as from earth to heaven
dominion rule or authority, or something so governed
chaotic utter confusion
swerve go off in a changed direction
corruptible capable of bad things
incorruptible not capable of bad things
vindicate maintain the merits, justice or existence of something
ritualistic doing things, often involving solemn ceremony in a
prescribed order
liturgy a form of public worship involving a set of formularies
deputise act as a deputy or understudy

Konsepte

Your deputiser (bl 44) This word is used in an unusual way and means more than the
everyday use of deputise. It implies SUBSTITUTION which simply means 'a person or
thing put in place of other,' or 'to exchange.' The substitutionary death of Christ is the heart
of the Gospel. C.H. Spurgeon was fond of saying that his theology could be summarised in
just four words, "He died for me."

_________________________________________________________________________
VERSLAE
'n Verslag (of twee) moet vir elke module voltooi word. Leerders sal krediete ontvang vir
rapporte wat hulle op die vlak waarvoor hulle ingeskryf het (of hoёr) ingedien het. Die
fasiliteerder sal bepaal watter verslae verpligtend is.
________________________________________________________________________

Vlak 4

Lees die hele boek deur terwyl jy onderstreep en gedagtes aanstip wat spesfiek jou aandag
getrek het.

Vlak 5c

Jou opdrag vir hierdie vlak hou in dat jy 'n dagboek moet hou vir een maand, en aan die
einde van dié tydperk moet jy jou gedagtes opsommend neerskryf oor wat daardie
maand gebeur het.

1. Bid oor die vyf groot belydenisse in hierdie boek.

2. Kies die twee uit wat jy die minste in jou lewe bely het.

3. Alternatiewelik kan jy elke dag een van hierdie bely en jou gedagtes en ervaringe
opteken.

Vlak 5d

Identifiseer enige 'berge' wat jy in jou lewe het. As jy voel jy het geen berge nie, identifiseer
dan tenminste twee wat wel in jou gemeente of in die gemeenskap bestaan. Begin met
hulle 'praat' in die lig van Markus 11:22-25. Doen dit vir vier weke sodat jou geloof in jou
groei. Aan die einde van die oefening skryf jou gedagtes en ervaringe op 'n enkel bladsy
verslag neer.

Vlak 6

As opdrag, skryf 'n dokument van twee bladsye wat die verband in die Skrif tussen 'geloof'
en 'belydenis' aandui. Skryf asseblief jou eie definisie vir elkeen en toon hoedat hulle
oorvleuel. Maak spesifiek melding van –

1. Hoe behoort ons OUTORITEIT uit te oefen, oor wie of wat, en enige beperkinge
waaraan jy kan dink.
2. Daar kan 'n stadium in die lewe van 'n belydende gelowige kom waar, omdat
daardie persoon nie skriftuurlik bly nie, geloof toegelaat word om aanmatigend
(of arrogant) te word. Sou dit moontlik wees?
3. Interpersoonlike Gemeenskap van Vader, Seun en Heilige Gees.
4. Administratiewe Bestel tussen die drie persone.
5. Onderskeidelike, maar harmonieuse, bedieninge in die geskiedenis.

Jou voltooide verslag moet asseblief betyds by jou fasiliteerder ingehandig word.
_________________________________________________________________________
BRONNE VIR NAVORSING
Vir jou eie groei behoort jy wyd ná te vors. Leeswerk is waarskynlik die hoofbron van die
stof wat jy sal gebruik en daarom gee ons 'n lys van Aanbevole Boeke. Jy behoort 'n
soekstelsel te gebruik om webtuistes te vind. Sien: www.clt.org.za

AANBEVOLE BOEKE

1. Renewl Theology
J. Rodman Williams - Academic Zondervan

2. What the Bible Teaches


R.A. Torrey - Oliphants

3. What you say is what you get


Don Gossett - Whitaker House

4. The winning attitude


John C. Maywell - Thomas Nelson Publishers

5. Victory over darkness


Dr. Neil T. Anderson - Monarch Books

6. Don't just sit there ... have faith


Ronald Dunn - Alpha

7. Jesus – Name above all Names (Releasing His Anointing in your life)
Joyce Meyer - Harrison House

INTERNET WEBTUISTES

1. www.christianeuropeonline.org/world/ 6. www.alliancenet.com
2. www.iclnet.org/pub/resources/text/history 7. www.faithfacts.org
3. www.gty.olrg/-phil/hall/htm 8. www.crusade.org
4. www.christiananswers.net 9. www.faithquest.com
5. www.actbyfaith.org 10. www.witnessbox.com

INTERNET SOEKWOORDE

'Christian', 'Theology' of 'Doctrine' en :

Christian, Confess, Confessing, Confession ... Speaking, Word of God, Homologeo,


Thanksgiving, Vocal Expression, Faith, Hope, Believe, Confidence, Mountain, Promises,
Possession, Creative Acts, Inheritance, Divine Nature, Double Minded, Treasure, Minded,
Authority, Command, Tongue, Dominate, High Priest, Doubt, Persuaded, Praise. (Die
Engelse woord "faith" of "believe” alleen sal te veel plekke oplewer. Die eerste twee
moet met een van die volgende groep woorde verbind word om goeie artikels op te lewer.)

________________________________________________________________________

You might also like