A03 Grondbeginsels Vol 2

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 38

Hierdie handboek behoort aan:

Naam: ............................................................................

Adres: ............................................................................

............................................................................

Dissipelskap Studie Kursus

GRONDBEGINSELS
Volume 2
Geskryf deur

Tony Wergerle
Gepubliseer deur

Christian Life
Krediete: 2 (20 notasie-ure se leeraktiwiteite)

Spesiaal aangepas vir Uitkoms Gerigte Lering

Pos bus 10766 Webblad: www.clt.org.za


Strubenvale 1570 e-pos: mail@clt.org.za
Rep. van Suid-Afrika Fisiese Limpopolaan 296
adres: Sinioville, Pretoria

Kopiereg © Christian Life, 1990, 2002

Alle regte voorbehou. Hierdie handboek mag nie gereproduseer word vir herver-spreiding
sonder vooraf goedkeuring van die uitgewers nie.

Alle Skrifverwysings is fuit die 1954 Hersiene vertaling van die Afrikaanse Bybel geneem.
Aangehaal met toestemming van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Skrifverwysings wat met (NV) aangedui is, is aangehaal uit DIE BYBEL, Nuwe Vertaling ©
BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA 1975, 1979, 1983.

Hierdie handboeke word beskikbaar gestel vir gebruik in 'n opleidings situasie.

Kopiereg © Christian Life, 1990, 2002 Basiese Reeks

ISBN 1-86836-004-0 Stel no: AA Boek No: A03


GRONDBEGINSELS
Volume 2

Dissipelskap Studie Kursus

Boek A03

INHOUD Bladsy
TITELBLAD A

INHOUD (Hierdie bladsy) B

5 STAPPE IN DIE LEERPROSES C

INLEIDING (tot die begrip "Grondbeginsels") D

LESINGS: 1 – 31

4. Basiese Beginsels vir Groei 1

5. Die Opstanding 11

6. Die Ewige Oordeel 21

OPSOMMING (Oorsig van hierdie boek) Rugkant Omslag

SLEUTELWOORDE en KONSEPTE (Engels) E

PRAKTIESE RIGLYNE F

BRONNE VIR NAVORSING (Boeke & Webtuistes) G

VERSLAE (Vlakke 4 tot 6) H


INLEIDING
Grondbeginsels

Leerstellings is nie een of ander moeilike teologiese saak wat geestelike Christene
ten alle koste moet vermy nie. Dit spel eenvoudig uit wat geleer word en vorm 'n stel
instruksies wat praktiese implikasies het.

Die woord 'leerstelling' het wyer gebruike, maar wanneer dit in 'n Christelike
verband gebruik word, handel dit met die Bybel. Dit is die rou materiaal van die Woord
waaruit die Kerk teologiese waarhede formuleer. In die Ou Testament was die implikasie
van lering om te ontvang of te hoor. In die Nuwe Testament dui dit op die handeling van
lering (kommunikasie) of die inhoud van jou geloof. Daar kan nie ware lering wees as daar
nie kommunikasie van die inlhoud van die Woord is nie. Geen lering kan plaasvind as daar
nie iemand is wat kennis oordra nie.

Maar dit is baie prakties! Lering en geestelike lewe vul mekaar aan. "Gesonde
lering" bevestig dat ware lering lewegewend is (1 Tim. 1:10, Titus 21. Die letter op sy eie
maak dood, maar die Gees gee aan die letter lewe.

Sommige kerkleiers het probeer om gesonde lering met 'regsinnigheid'


(orthodoksie) wat hulle dink voldoende is om groei en vooruitgang in die kerk te waarborg
te vervang. Min kerkgenootskappe het dit reggekry om dit te vermy en die gevolg is
verhindering van groei en tevrede met middelmatigheid. As die kerk met minder as die
beste wil wegkom gaan sy verstrengel raak in geestelike armoede.

Om voldoende te wees, moet die kerk die dogma wat dit glo, ervaar en uitleef in
die alledaagse lewe. Leerstellings moet uit boeke uitbeweeg tot binne-in die harte van
mense. Die krag van geestelike ervaring moet die middel wees waardeur die 'letter' van
dogma in die LEWE van die kerk verander word.

Dit is waaroor dit in hierdie boek gaan, en dit begin alles met die GROND-
BEGINSELS van die kerk se leerstellings.

________________________________________________________________________
BASIESE BEGINSELS VIR

Die Doping met die Heilige Gees


en die Oplegging van die Hande

Studieveld Uitkomste
 Die Doping met die Heilige Gees  Na voltooiing van die sessie behoort jy
instaat te wees om ...
Die belofte van God
Die doel van God Verduidelik die Bybelse beginsels
Die krag van God en doel van die Doping in die Heilige Gees
En dra hierdie en ander Seёninge oor
 Die Handoplegging deur die Oplegging van Hande

Die betekenis van hande Doelwitte


Die doel van hande
Die salwing deur hande  Oortuig gelowiges van die
noodsaak van hierdie ervaring

Bewys jou saak Skriftuurlik


Noem die verskillende beloftes
Leer ander van Sy voornemens

 Hanteer vrae oor die verskynsel van Tale

Voorsien Skriftuurlik
Verduidelik die doel van tale

 Beoefen die Oplegging van Hande

Help mense om met die Gees vervul te word


en gebruik jou hande om mee te deel
Krag vir diens, Seёninge
Afsondering en Salwing
________________________________________________________________________
BASIESE BEGINSELS VIR GROEI - DEEL 2________________

Heb 6:1, 2 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande
CHRISTUS NIE ... DIE FONDAMENT van ... die LEER VAN DIE DOOP en van
die HANDOPLEGGING ...

Ons kom nou by die tweede gedeelte van die BASIESE BEGINSELS VIR GROEI.
Ons het reeds die DOOP deur ONDERDOMPELING behandel, wat ons as 'n
BEGRAFNISDIENS van die OU SONDIGE NATUUR gesien het. Die volgende stap ná die
begrafnis is die OPSTANDING uit die DODE, (wat ons reeds gesien het), wat die DOPING
MET DIE HEILIGE GEES is, wat KRAG vir DIENS meebring.

Wanneer die OPSTANDINGSLEWE van God – wat die krag van die Heilige Gees
is – in die gelowige is, dan is die gelowige GEREED VIR DIENSWERK om genesing,
seёninge en bemoediging aan andere te bring deur HANDOPLEGGING aan te raak.

Ons merk 'n duidelike PROGRESSIEWE GROEI in hierdie BASIESE BEGIN-


SELS, nl. die DOOD van die ou sondige natuur deur BEKERING; GEBORE in die
KONINKRYK VAN GOD deur GELOOF; begrafnis van die ou sondige natuur deur die
WATERDOOP; OPSTANDING van die NUWE SKEPSEL deur die INWONING VAN DIE
HEILIGE GEES; TOERUSTING van die nuwe skepsel deur die DOPING MET DIE
HEILIGE GEES; oordra van die SEËNINGE VAN DIE KONINKRYK deur
HANDOPLEGGING.

1. DIE DOPING MET DIE HEILIGE GEES

As ons deur die Evangelies lees sal ons sien dat dit deel van die Nuwe Verbond
was waarvoor Jesus gewag het om vervul te word. In Sy leringe aangaande hierdie
onderwerp het Jesus baie opgewonde en besield geraak – Hy het letterlik geleef daarvoor
om dit te sien gebeur! 'n Mens moet dus die regte klem op die lering plaas en dit benader
met die gesindheid wat Jesus gehad het. As die Kerk dus 'n wanopvatting hieromtrent
huldig, is dit en sal dit, 'n GROOT TRAGEDIE wees.

Joh 16:7 Maar Ek sê vir julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek
weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar
as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

Lukas 12:50 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word
Ek totdat dit volbring is!

As daar een ding was waarna Jesus GESMAG HET was dit: dat daar geen UIT-
STORTING VAN DIE HEILIGE GEES moet wees vóór Sy Lydingsdoop nie (Joh 7:39). Hy
was dus bly toe die tyd vir Hom aanbreek om Sy lewe neer te lê en die Heilige Gees uit te
stort. Die waarheid waaroor Jesus dan ook dikwels in daardie tyd geleer het, was juis
hierdie onderwerp, nl. DIE DOPING MET DIE HEILIGE GEES.

Die inwonende Heilige Gees motiveer ons om soos Jesus TE WEES, TE DINK,
TE PRAAT en TE HANDEL. Die doping met die Heilige Gees bevestig ons as DIENENDE
DISSIPLELS DEUR ONS TOE TE RUS MET KRAG.

Jesus het dit as ONONTBEERLIK VIR DIE BEDIENING van Sy dissipels gesien
en daarom het Hy aan die dissipels gesê om in Jerusalem te wag TOTDAT HULLE
TOEGERUS IS MET KRAG UIT DIE HOOGTE. Die eerste vraag wat die apostel Paulus
gevra het toe hy in Efese aangekom het was: "Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle
gelowig geword het?"

Gelowiges behoort die krag van die Heilige Gees te soek wat hulle getuienis en
diens effektief sal maak. Wanneer die gawes van die Heilige Gees ontvang is, behoort
hulle gebruik te word vir die voordeel van almal (1 Kor 12:7). Hulle kan die gawes
VOORTDUREND BEOEFEN deur gewillig te wees om gebruik te word.

1.1 DIE BELOFTE VAN GOD

Job 33:4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige
maak my lewend.

Toe God die mens geskape het, het Hy die ASEM of GEES VAN LEWE in hom
geblaas en so het die mens 'n LEWENDE WESE geword. Maar God het gesê dat as die
mens sou sondig sou hy sterf. Adam het gesondig en het sodoende veroorsaak dat die
mens van die BRON VAN DIE LEWE afgesny is. Dit het meegebring dat die mens van sy
GEESTELIKE LEWE afgesny is en dat die mens sy GEESTELIKE LEWE in God verloor
het.

Voor Christus, het die Heilige Gees slegs op 'n paar uitgesoekte mense soos die
Profete, Priesters, Konings of Rigters van Israel gekom. Hierdie manne was op 'n beperkte
wyse gevul met die Heilige Gees omdat die Vader slegs die Heilige Gees gereserveerd aan
hulle gegee het. BAIE GELOWIGES HULDIG VANDAG NOG HIERDIE SIENING m.a.w.
'N OU TESTAMENTIESE SIENING, OMTRENT DIE HEILIGE GEES.

 DIE BELOFTE VOOR CHRISTUS

Joёl 28, 29 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op ALLE VLEES, en julle seuns
en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge
gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal EK IN DIE
DAE MY GEES UITGIET.

Dit was hierdie profetiese woord waarna Petrus op Pinksterdag verwys het, toe hy
die wonderbaarlike verskynsel van die onbeperkte uitstorting van die Heilige Gees deur die
Vader, op alle vlees, verduidelik het.

Matt 3:11 ... Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig
is om aan te dra nie. HY SAL JULLE DOOP MET DIE HEILIGE GEES ...

Die laaste groot Ou Testamentiese Profeet, Johannes die Doper, verklaar hierdie
belofte van die Vader, dat Sy KINDERS GEDOOP SOU WORD MET DIE HEILIGE GEES
EN MET VUUR. Hy was reeds van moederskoot af gevul met die Heilige Gees soos deur
die Profeet Joёl voorspel is en tog het albei hierdie Profete van iets gepraat wat nog nie
plaasgevind het nie – maar dit het op PINKSTERDAG gebeur!

 DIE BELOFTE VAN JESUS CHRISTUS

Jesus Christus self het BELOWE OM SY VOLK TE DOOP MET DIE HEILIGE
GEES.
Joh 7:37, 38 ... Jesus ... gesê: AS IEMAND DORS HET, LAAT HOM NA MY
TOE KOM EN DRINK! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: STROME VAN
LEWENDE WATER SAL UIT SY BINNESTE VLOEI. En dit het Hy gesê van die
GEES WAT DIE SOU ONTVANG wat in Hom glo; want die Heilige Gees was
daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en HY SAL JULLE 'N ANDER TROOSTER
GEE, om by julle te bly tot in ewigheid.

Joh 15:26 Maar as die TROOSTER GEKOM HET WAT EK VIR JULLE VAN
DIE VADER SAL STUUR ...

Joh 16:7 Maar Ek sê vir julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek
weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie;
MAAR AS EK WEGGAAN, SAL EK HOM NA JULLE STUUR.

Uit hierdie beloftes kan ons sien dat die Heilige Gees van die mens teruggehou
was deur die sondeval. Dit het die DOOD, BEGRAFNIS EN OPSTANDING VAN JESUS,
oftewel DIE NUWE VERBOND gekos, om die WEG VIR DIE UITSTORTING VAN DIE
HEILIGE GEES TE BAAN.

 JESUS MOES WEGGAAN

 JESUS MOES VERHEERLIK WORD

Wat ookal die bediening van die Heilige Gees in die Ou Testament was, dit was
nie in DIESELFDE MATE as wat nou DEUR JESUS BELOWE IS NIE.

Joh 14:17 ... die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie,
omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; MAAR JULLE KEN HOM, OMDAT
HY BY JULLE BLY EN IN JULLE SAL WEES.

Dit wil voorkom asof die Heilige Gees onder die Ou Verbond op 'n SELEKTIEWE
EN BEPERKTE WYSE in God se mense gewoon het. BEPERK in die sin dat Hy slegs op
sekere mense en dan ook net VAN TYD TOT TYD neergedaal het.

Onder die Nuwe Verbond is die belofte dat Hy sal KOM EN WONING MAAK IN
DIE FISIESE LIGGAME VAN DIE GELOWIGES. Hy het gekom om permanent en vir altyd
te bly. Hy is nie 'n BESOEKER nie, HY MAAK SY TUISTE IN DIE GELOWIGE.

Lukas 24:49 ... Ek stuur DIE BELOFTE VAN MY VADER OP JULLE ....

Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie
van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te WAG OP DIE BELOFTE VAN DIE
VADER, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
Die Doping met die Heilige Gees word die BELOFTE VAN DIE VADER genoem.

 DIE VERVULLING VAN DIE BELOFTE

 OP PINKSTERDAG

Hand 2:1–4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle
almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van
‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is
deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van
hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek
in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hand 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die
Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit uitgestort, wat julle
nou sien en hoor.

Die Heilige Gees was eers uitgestort nadat Jesus uit die dode opgestaan en
opgevaar het na die Vader – toe kon DIE BELOFTE gegee word. Die verheerlikte Jesus –
Sy bloedoffer aanvaar – kon nou ALMAL WAT IN HOM GLO doop. Almal in die bo-vertrek
was gedoop in die Heilige Gees en het met ANDER TALE BEGIN SPREEK.

 SAMARIA

Hand 8:14–17 ... het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Hulle het
afgekom en vir hulle gebid. DAT HULLE DIE HEILIGE GEES MAG ONTVANG,
want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie; maar hulle was gedoop in
die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het
die Heilige Gees ontvang.

 CORNELIUS EN SY HUIS

Hand 10:44–46 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het
die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. En die gelowiges uit
die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die
gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het
gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:

Hand 11:15–18 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval
soos ook op ons in die begin. En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy
gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees
gedoop word. As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat
in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?
En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg bekering tot die lewe geskenk.
 DIE EFESIËRS

Hand 19:1–6 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste
landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels
gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword
het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is
nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met
die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van
bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom
kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam
van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees
het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

1.2 DIE DOEL VAN GOD

Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle
woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike
liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Lukas 24:49 ... En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle
moet in die stad Jerusalem bly totdat julle TOEGERUS IS MET KRAG UIT DIE
HOOGTE.

 TOEGERUS MET KRAG

Die inwonende Heilige Gees laat ons DINK, PRAAT en WEES soos Jesus. Sy
beeld word in ons gevorm. Deur die doping met die Heilige Gees word ons TOEGERUS
MET KRAG om Sy roeping volgens dieselfde krag wat Jesus uit die dode uit opgewek het,
te vervul. Nou lewe Jesus in ons IN DIE KRAG van die Heilige Gees.

Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,
en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría
en tot aan die uiterste van die aarde.

Efes 1:18–20 ... verligte oё van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop
van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die
heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag IS VIR ONS WAT GLO,
na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy
Hom uit die dode opgewek het, en Hom laat sit het aan sy regterhand in die
HEMELE ...

 DIE SEËL VAN DIE OPSTANDING

Die inwonende Heilige Gees plaas Sy stempel van eienaarskap op ons –


WAARDEUR ONS BEWAAR WORD TOT OP DIE WEDERKOMS VAN JESUS wanneer
DIE OPSTANDING UIT DIE DODE sal plaasvind.

Efes 1:13, 14 ... nadat julle DIE WOORD VAN DIE WAARHEID, die evangelie van
julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, VERSEËL is met die
HEILIGE GEES VAN DIE BELOFTE, wat die ONDERPAND IS VAN ONS ERF-
DEEL om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
 OPENBARINGSKENNIS

1 Kor 2:14–16 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God
nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid ... MAAR ONS HET DIE SIN VAN
CHRISTUS.

Joh 14:26; 15:26; 16:8–14 Maar die TROOSTER, die Heilige Gees wat die
Vader in MY NAAM sal stuur, HY SAL JULLE ALLES LEER en sal julle herinner
aan alles wat ek gesê het. Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van
die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy
van My getuig ... en as Hy gekom het, sal HY DIE WÊRELD OORTUIG VAN
SONDE EN VAN GEREGTIGHEID EN VAN OORDEEL VAN SONDE, omdat
HULLE IN MY NIE GLO NIE ... en die toekomstige dinge aan julle verkondig ...
HY SAL MY VERHEERLIK.

 DIE HEILIGE GEES EN ANDER TALE

In verskeie verwysings sien ons dat wanneer mense die Heilige Gees ontvang
het, hulle in ANDER TALE GESPREEK HET. Op Pinksterdag was hulle VERVUL MET
DIE HEILIGE GEES en het GESPREEK IN ANDER TALE. Hulle het gespreek soos die
Heilige Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. (Hand. 2:4)

 NOG SKRIFVERWYSINGS OM OOR NÁ TE DINK

Markus 16:17 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo
nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my
Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek.

Hand 2:1–4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal
eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n
geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur
hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan
sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale,
soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.
Toe het Petrus begin spreek:....

1 Korinthiёrs 14 ??

Matt 3:12 Sy skop is in sy hand, en HY sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak


en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur
verbrand.

 DIE DOEL VAN ANDER TALE

- Gebed van die GEES - Die taal van LOFPRYSING


- Intieme VERENIGING met God - STIGTING van die gelowige
- 'n TEKEN vir die ongelowige - Om God te VERHEERLIK
- VOORBIDDING vir ander
1.3 DIE KRAG VAN GOD

 KRAG OM TE VERLOS
Matt 12:28 Maar as ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die
koninkryk van God by julle gekom.

 KRAG OM TE GENEES

Lukas 4:18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het ...

Hand 10:38 ... met betrekking tot Jesus van Nasaret, hoe God Hom gesalf het
met die Heilige Gees en met Krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en
almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

 KRAG OM LIEF TE HÊ
Rom 5:5 ... en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte
uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

 KRAG OM TE BID

Efes 3:20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink,
volgens die krag wat in ons werk ...

 KRAG OM VOORBIDDING TE DOEN

Rom 8:26, 27 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet
nie reg wat om te bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike
sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is,
omdat HY OOREENKOMSTIG DIE WIL VAN GOD VIR DIE HEILIGES INTREE.

 KRAG OM TE GETUIG

Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en
julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot
aan die uiterste van die aarde.

 KRAG VIR DIE WÊRELD

Markus 16:17–18 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam
sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem;
en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal
hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

2. DIE HANDOPLEGGING

Mark 16:17- 18 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal
hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek ... OP SIEKES SAL HULLE
DIE HANDE LÊ, EN HULLE SAL GESOND WORD.
Die konteks van hierdie Skrifgedeelte dui op die opstanding van Jesus Christus uit
die dood en die dissipels se WEIERING OM DIT TE GLO. Maar Jesus bewys dit aan hulle
deur AAN HULLE TE VERSKYN en sodoende word hulle TOESKOUERS van Sy
opstanding. Hy beveel hulle om te gaan wag totdat hulle met die Heilige Gees gedoop
word, waarna hulle DEELNEMERS geword het van die krag wat Hom UIT DIE DOOD
OPGEWEK HET.

Wanneer 'n gelowige GEDOOP WORD IN DIE HEILIGE GEES KAN HY DIE
KRAG VAN GOD wat deur sy liggaam vloei, ervaar. Dit is slegs 'n VOORSMAAK VAN DIE
LEWE VAN KRAG wat gaan volg.

Die volgende stap is die HANDOPLEGGING waardeur die KRAG TOT DIENS
deur óns hande vrygestel word, wanneer ons die GAWES van seёn, genesing, bevryding,
ens. aan ander bedien.

2.1 DIE BETEKENIS VAN HANDE

'n Leё hand word dikwels gebruik om te GEE, STREEL, TROOS, SEËN,
GENEES, ens.

 SIMBOOL VAN GEREGTIGHEID

Job 17:9 ... die wat REIN VAN HANDE IS, NEEM TOE IN KRAG.

Hande is 'n simbool van WAT ONS DOEN, terwyl ons voete 'n simbool is van
WAARHEEN ONS GAAN. Die Hoёpriester moes die BLOED VAN 'n LAM op sy
REGTERDUIM AANBRING OM SODOENDE DIE WERK WAT HY VIR GOD VERRIG TE
REINIG. As ons ons hande vir geregtigheid heilig, sal ons STERK WORD IN DIENS VIR
HOM. Dus spreek rein hande van BRUIKBARE HANDE.

Matt 27:24 ... Pilatus ... het hy water geneem en SY HANDE voor die skare
GEWAS en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige Man.

 SLUIT VAN 'N VERBOND

In sekere stamme wanneer 'n verbond aangegaan was tussen twee persone, sou
hulle 'n klein insnyding in hulle regter handpalms maak, waarna hulle mekaar se hande sou
neem om sodoende in 'n bloedverbond, wat as die kragtigste van alle ooreenkomste geag
was, te tree. Verbreking van 'n ooreenkoms wat so gevorm is, was strafbaar met die dood.

Handoplegging is 'n KONTAKPUNT waardeur die KRAG van God via 'n KANAAL
of 'n INSTRUMENT van God oorgedra kan word. God het ons geskape om INTER-
AFHANKLIK van mekaar te wees. Hy het ons so gemaak sodat ons MEKAAR SOU KON
BEDIEN.

Fisiese kontak is 'n DIEP GESETELDE MENSLIKE BEHOEFTE wat God in


elkeen van ons geplaas het. Dit is bewys dat babas wat nooit fisiese KONTAK VAN
ANDERE ervaar nie makliker sterf. Die mensdom het die tere aanraking van 'n mens
nodig.

HANDOPLEGGING IS FUNDAMENTEEL EN BASIES. In die tyd toe Jesus op


aarde was, was dit 'n algemene gebruik dat mense Jesus versoek het om SY HANDE OP
DIE SIEKES TE LÊ sodat hulle genesing kon ontvang.
2.2 DIE DOEL VAN HANDE

 DADE VAN TOEWYDING

Genesis 48:14 – 22

Ons sien dat toe Jakob, Josef se seuns met hulle erfdeel geseёn het, hy SY
HANDE op Efraim en Manasse gelê het.

Exodus 29:10, 15, 19

Die Leviete het hulle sonde en dié van die volk oorgedra op diere, deur hulle
hande op die diere te plaas, wat 'n tipe van Christus was. Kain het sy HANDE gelig om
Abel te vermoor en net so het die mens ook sy HAND aan Jesus geslaan om Hom dood te
maak terwyl Hy hulle sondes gedra het.

 ORDENING VIR DIE BEDIENING

 Josua - Numeri 27:18–27

 Timotheus - 1 Timotheus 4:14

 Paulus en Barnabas - Handelinge 13:3

Oor die onderwerp van ORDENING sien ons dat EERS NA BAIE GEBED EN VAS
die Apostels die HANDE OP DIE OUDERLINGE en die DIAKENS gelê het. Paulus skryf
aan Timotheus met streng instruksies. Die konteks handel hier oor ORDENING.

1 Tim 5:22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie ...

 SEËN VAN KINDERS


Matt 19:13 Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die HANDE SOU
OPLÊ EN BID ...

Mark 10:16 En Hy get sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en


hulle geseén.

Ons sien hier dat Jesus dit as belangrik beskou het om die hande op die kinders
te lê, nie alleenlik vir genesing nie, maar ook om hulle te seёn. Om kinders met die hande
aan te raak en te seёn, behoort 'n lewenswyse te word.

2.3 DIE SALWING DEUR HANDE

Markus 16:18 ... op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Markus 6:5 En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes
DIE HANDE OPGELÊ EN HULLE GESOND GEMAAK HET.
Markus 7:32, 33 Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek
Hom om die HANDE OP TE LÊ. En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en
STEEK SY VINGERS IN SY ORE, en spuug en RAAK SY TONG AAN ...

Lukas 4:40 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met
allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die HANDE
OPGELÊ EN HULLE GESOND GEMAAK.

Hand 28:8 En die vader van Publius het siek gelê aan koors en buikloop. En
Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom DIe HANDE
OPGELÊ EN HOM GESOND GEMAAK.

2.4 OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG

Hand 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees
ontvang.

Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle
gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

________________________________________________________________________
DIE

Die Opstanding neem plaas in


verskillende stadiums en word met
verskillende oordele geassosieer

Studieveld Uitkomste
 Die Opstanding uit die Dood  Na voltooiing van die sessie
behoort jy instaat te wees om ...
Bekendmaking van die
opstanding Bybelse waarhede oor die opstanding
te definieer en oor te dra terwille van
 Die Eerstelinge van die Evangelisasie en Dissipelskap opleiding
Opstanding
 Preek met oortuiging oor die Opstanding
Uitverkies om gelykvormig te word
Vermeerder Geloof
 Die Voorsmaak van die Opstanding Groei in opbouing, uitdaging
en aanmoediging
Jesus opgewek deur die krag Bevorder liefde en goeie werke
van die Heilige Gees
Die Heilige Gees in ons  Dra die Inhoud van die
Opstanding Leerstelling oor
 Die Vervulling van die Opstanding
Bespreek hierdie opstanding en oordele
Ons sal verander word Noem die Eersgeborene
Volgorde van gebeurtenisse Definieer Opstandingslewe
Die verandering Beskryf die rol van die Heilige Gees
Die twee opstandings
Waaksaamheid  Waarsku ongelowiges van die gevaar

Gebruik hierdie onderwerp in Evangelisasie;


Oortuig hulle van die Opstandings realiteite
_________________________________________________________________________
DIE OPSTANDING____________________________
1 Joh 3:2, 3 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar
wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, AS HY VERSKYN, aan HOM
GELYK sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is, EN ELKEEN WAT
HIERDIE HOOP OP HOM HET, REINIG HOMSELF SOOS HY REIN IS.

Heb 10:24, 25 en laat ons op mekaar ag gee om tot LIEFDE en GOEIE WERKE
aan te spoor; EN LAAT ONS ONS ONDERLINGE BYEENKOMSTE NIE
VERSUIM soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar
VERMAAN, en des TE MEER NAMATE JULLE DIE DAG SIEN NADER KOM.

Ons kom nou by die BASIESE BEGINSELS wat ons MOTIVEER TOT REINHEID,
LIEFDE EN GOEIE WERKE. Ons praat van DIE HOOP op die EWIGE LEWE wat
Christene aan die Kruis behaal het.

Die HOOP wat ons het is DIE EWIGE LEWE wanneer die laaste vyand – DIE
DOOD – FINAAL VERNIETIG SAL WORD. 'n Volle begrip hiervan sal 'n SONDAAR tot
BEKERING motiveer; die wedergebore gelowige aanspoor om te VOLHARD; en die
VOLWASSE GELOWIGE tot VOORTDURENDE VOORTREFLIKE DIENS.

Ons HOOP waarna hier verwys word, is nie die "EK HOOP EN BID" soort, wat
gebaseer is op die moontlikheid om dit wat belowe is, nooit te sien nie en dus twyfel of God
regtig bestaan en of Hy ons werklik sal beloon nie. Hierdie soort HOOP sê: "EK IS SO
OPGEWONDE EK KAN BYNA NIE WAG NIE." – wat met GROOT VERWAGTING uitsien
na dit wat beloof is. Dit is die HOOP wat UITBUNDIGHEID, GEESDRIF EN OPWINDING
tot gevolg het; die HOOP wat GELOOF en VERTROUE kweek.

Wanneer hierdie BASIESE BEGINSELS verkeerd verstaan of onbekend is, is die


gevolg 'n TRAE, LUSTELOSE en LEWELOSE Christen. Hy ken nie die rede vir sy arbeid
nie en het NIKS OM NA UIT TE SIEN NIE.
________________________________________________________________________
DIE GELOWIGE HET IETS LEKKERS OM NA UIT TE SIEN_________

Terselfdertyd het die gelowige die laaste oordeel om na uit te sien. Hierdie feit
behoort die gelowige aan te spoor om die ongelowiges TOT BEKERING TE LEI. Indien
ons die ongelowige kan oortuig van hierdie BASIESE WAARHEDE, dan het ons 'n
BEKEERLING.

 WAT DIE APOSTELS VERKONDIG HET

Die lering van die OPSTANDING EN DIE OORDEEL het hulle verkondig net waar
hulle gekom het, en dit het nie net baie tot bekering gebring nie, maar het ook
VERVOLGING EN BESPOTTING vir hulle meegebring.

In daardie tyd was dit 'n "VREEMDE" LEERSTELLING en die SKRIFGE-


LEERDES het dit as ONLOGIES EN VERGESOG beskou en Jesus en die apostels is
dikwels hieroor uitgevra.

Heb 6:2 ... die fondament ... die OPSTANDING VAN DIE DODE EN van DIE
EWIGE OORDEEL.
1. DIE OPSTANDING VAN DIE DODE

Joh 11:25, 26 Jesus sê ....: EK IS DIE OPSTANDING EN DIE LEWE; WIE IN


MY GLO, SAL LEWE AL HET HY OOK GESTERWE; EN ELKEEN WAT LEWE
EN IN MY GLO, SAL NOOIT STERWE TOT IN EWIGHEID NIE. GLO JY DIT?

Die belofte is ...

 JY SAL NOOIT STERF NIE

Die voorwaardes is ...

 LEWE IN JESUS CHRISTUS

 GLO IN JESUS CHRISTUS

As ons lewe totaal toegewy is aan Jesus Christus SAL ONS LEWE, AL HET ONS
GESTERWE, omdat Jesus gesê het ...

"EK IS DIE OPSTANDING EN DIE LEWE"

Hy het nie gesê dat Hy opgestaan het nie, maar dat HY DIE OPSTANDING IS.
Om in Jesus Christus te LEWE is om in die OPSTANDINGSLEWE te leef.

 DIE TWEE OPSTANDINGS

Voordat ons verder gaan moet ons verstaan dat daar:

 TWEE OPSTANDINGS en

 TWEE OORDELE is

Hand 24:15 ... en 'n HOOP op God het ... dat daar 'n OPSTANDING SAL WEES
VAN DIE DODE, REGVERDIGES SOWEL AS ONREGVERDIGES.

Open 2 6 SALIG en HEILIG is hy wat deel het aan die EERSTE OPSTANDING;
oor hulle het die TWEEDE DOOD GEEN MAG NIE.

Ons sal later in die volle besonderhed hiervan ingaan, maar nou moet ons
verstaan dat die regverdige, HULLE WAT DEUR DIE GELOOF GEREGVERDIG IS,
EERSTE sal OPSTAAN en saam met Jesus vir duisend jaar regeer waarna die
ONREGVERDIGES, die VEROORDEELDES OMDAT HULLE NIE GEGLO HET NIE,
opgewek sal word vir DIE OORDEEL.

Ons sal later in die volle besonderhede hiervan ingaan, maar nou moet ons ver-
staan dat die regverdiges, HULLE WAT DEUR DIE GELOOF GEREGVERDIG IS,
EERSTE sal OPSTAAN en saam met Jesus vir duisend jaar regeer waarna die ONREG-
VERDIGES, die VEROORDEELDES OMDAT HULLE NIE GEGLO HET NIE, opgewek sal
word vir DIE OORDEEL.
1.1 DIE BEKENDMAKING VAN DIE OPSTANDING

Die meerderheid gesaghebbendes op Bybelgeskiedenis, stem saam dat die boek


Job die outdste boek in die Bybel is. Job het voor Moses, wat die skrywer van die eerste
vyf boeke van die Bybel is, gelewe. In die VROEGSTE VERLEDE het mense God al
vertrou vir DIE OPSTANDING VAN DIE LIGGAAM uit die dode.

 JOB

Job 19:25–27 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die
stof opstaan. En nadat hulle so my VEL AFGESKEUR HET, SAL EK NOGTANS
UIT MY VLEES GOD AANSKOU; Hom wat ek sal aanskou my ten goede, en my
oё – en geen vreemde nie – sal sien. My niere versmag van verlange in my
binneste.

DIE OPSTANDING was die HOOP VAN DIE MENSE DEUR AL DIE EEUE. Dit is
'n basiese menslike verlange. Die mens wil onsterflik wees om vir ewig te kan lewe en die
wêreld probeer om dit te bekom met logika, redenasies, werke, eie geregtigheid, ens.
Vandag is daar 'n GROOT SOEKE NA EWIGE JEUG. Selfs Josef Stalin, die groot
kommunistiese leier, het gedink dat hy onsterflik is, en moes met 'n skok besef dat hy besig
was om te sterf.

 EK WEET MY VERLOSSER LEEF!

Die enigste weg na die OPSTANDING en ONSTERFLIKHEID is 'n algehele


toewyding aan en sekerheid van die VERLOSSER, JESUS CHRISTUS.

 DAWID

Ps 16:9, 10 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid
woon; want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u
gunsgenoot verderwing sien nie.

Dawid het die koms van Jesus VOORSPEL, Sy dood en Sy neerdaling na die hel
en SY OPSTANDING. Hy het gepraat van die OPSTANDING VIR DIE MENS.

 JESAJA
Jes 26:19 U dode sal HERLEWE, my lyke sal OPSTAAN. Waak op en jubel,
julle DANIEL
 wat in die stof woor! ... en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
Dan 12:2, 3 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak,
sommige tot die EWIGE LEWE en sommige tot groot SMAADHEID, vir EWIG
AFGRYSLIK. En die verstandiges SAL GLINSTER soos die GLANS van die
uitspansel, en DIE WAT BAIE TOT REGVERDIGHEID LEI, SOOS DIE STERRE
VIR EWIG EN ALTOOS.

 SIELEWENNERS IS WYS

Hulle sal helder skyn by die OPSTANDING. Daniёl praat van die OPSTANDING
WAT SAL PLAASVIND.
 HOSEA

Hos 13:14 Uit die MAG VAN DIE DODERYK sal Ek hulle LOSKOOP, Ek sal
hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk waar is jou
verderf? Berou bly vir my oё verborge.

2. EERSGEBORENES VAN DIE OPSTANDING

Die WEDERGEBOORTE is 'n TIPE en 'n SKADUBEELD VAN DIE


UITEINDELIKE TOESTAND – DIE OPSTANDING BY DIE WEKERKOMS VAN DIE HERE.
Kol 1:18 En Hy is die Hoof van die LIGGAAM, naamlik die GEMEENTE, Hy wat
die begin is, die EERSGEBORENE UIT DIE DODE, sodat Hy in alles die eerste
kan wees.

Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die EERSGEBORENE VAN
DIE HELE SKEPPING.

Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, DIE HET HY OOK
VANTEVORE verordineer om gelykvormig te wees AAN DIE BEELD VAN SY
SEUN, SODAT HY DIE EERSGEBORENE KAN WEES ONDER BAIE
BROEDERS.

Ons word gelykvormig aan die dood van Jesus Christus deur aan ONSSELF TE
STERF MET BEKERING, ons identifiseer ons met Sy begrafnis deur die WATERDOOP en
word deelgenote aan Sy NUWE LEWE en KRAG deur die DOPING MET DIE HEILIGE
GEES. Hierdie hele proses is die WEDERGEBOORTE EN DIE NUWE LEWE. Toe JESUS
OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD WAS HY DIE EERSTELING uit die dood; uit die
duisternis, binne die HEERLIKHEID en LIG van die Vader, om te sit aan die
REGTERHAND VAN GOD en om VERHOOG TE WORD BO ALLE DINGE.

Jesus is GEBORE UIT 'N MAAGD. Hy het aan die kruis gesterf, Hy het die GRAF
GEPLUNDER, DIE DOOD OORWIN DEUR DIE OPSTANDINGSKRAG VAN GOD en
opgevaar in heerlikheid.

 UITVERKEIS OM GELYKVORMIG TE WORD

Die klimaks van die WEDERGEBOORTE IS DIE OPSTANDING. Dit, spesifiek, is


waartoe ons uitverkies is naamlik, om GELYKVORMIG TE WORD AAN:

 DIE BEELD, DIE GELYKVORMIGHEID AAN CHRISTUS IN LEWE

 DIE BEELD VAN DIE GELYKVORMIGHEID AAN CHRISTUS IN OPSTANDING


VAN DIE LIGGAAM

Gelowiges was gevange gehou totdat Jesus as die Eersteling uit die dode
opgestaan het. Toe het Hy getriomfeer oor die dood en die hel, die gevangenes gevange
geneem en die wat as gelowiges gesterf het, bevry en saam met Hom op Sy triomftog
hemel toe geneem (Efes 4:8; Kol 2:15).
________________________________________________________________________
DAAR SAL DUS SLEGS GELOWIGES IN DIE EERSTE OPSTANDING WEES__
Die enigste manier om nie in die eerste opstanding te wees nie is om Christus
deur jou WOORDE of DADE te verwerp en sodoende wys jy dat jy GEEN GELOOF in die
KRAG VAN SY BLOED het nie.

3. DIE VOORSMAAK VAN DIE OPSTANDING

Efes 1:13, 14 ... In wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die
evangelie van julle redding gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,
VERSEËL IS MET DIE HEILIGE GEES VAN DIE BELOFTE, wat die
ONDERPAND IS VAN ONS ERFDEEL OM SY EIENDOM TE VERLOS TOT LOF
VAN SY HEERLIKHEID.

Die NUWE LEWE in die Heilige Gees is die VOORSMAAK van die Opstanding.

3.1 JESUS OPGEWEK DEUR DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES

Rom 8:11 ... die Gees van Hom WAT JESUS UIT DIE DODE OPGEWEK HET.

Efes 1:19, 20 ... die UITNEMENDE GROOTHEID VAN SY KRAG ... wat HY
GEWERK HET IN CHRISTUS TOE HY HOM UIT DIE DODE OPGEWEK HET ....

3.2 DIE HEILIGE GEES IN ONS

Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, IN
JULLE WOON, DAN SAL HY WAT CHRISTUS UIT DIE DODE OPGEWEK HET,
OOK JULLE STERFLIKE LIGGAME LEWEND MAAK DEUR SY GEES WAT IN
JULLE WOON.

Die Heilige Gees is so belangrik omdat Hy God se seёl of WAARBORG is. Die
feit DAT DIE HEILIGE GEES UITGESTORT is, IS 'N BEWYS VAN DIE OPSTANDING.
God gee reeds nou al LEWE aan ons STERFLIKE LIGGAME en wanneer Jesus terugkeer
SAL Hy ons OPWEK TOT ONSTERFLIKHEID, asook OPWEK AS ONVERGANKLIK.

Die Heilige Gees in ons maak die opstanding van Jesus Christus 'n TASBARE
WERKLIKHEID. Soos wat God ons lei, sien en ervaar ons die GENESENDE KRAG van
God, telkens wanneer ons menselewens aanraak. Die SKEPPENDE KRAG van God word
gesien wanneer dinge wat nie bestaan nie, tot stand kom. Deur die krag van die Heilige
Gees word WAT GOD BEVEL, uitgevoer. Dit is hoe God die GEKRUISIGDE LIGGAAM
VAN JESUS CHRISTUS OPGEWEK HET TOT 'N VERHEELIKTE LIGGAAM wat
helderder skyn as die son. GOD WILL DIESELFDE DOEN, EN DOEN DIT DAN OOK VIR
SY KERK.

4. DIE VERVULLING VAN DIE OPSTANDING

Rom 10:9 ... As jy met jou MOND DIE HERE JESUS BELY en met jou HART
GLO DAT GOD HOM UIT DIE DODE OPGEWEK HET, SAL JY GERED WORD.

Geloof en vertroue in die OPSTANDING GEE JOU HOOP. Dit is die GOEIE
NUUS wat die vroeё kerk verkondig en waaroor hulle vervolg is. Dit wat ons vertel, mag
iemand beweeg om TE GLO en om HOMSELF TOE TE WY aan die OPGEWEKTE
CHRISTUS, en nie aan 'n dooie, lewelose of godsdienstige persoon nie – HY SAL GERED
WORD.

 SALIGHEID LEI TOT DIE OPSTANDING

1 Kor 15:13. 14 As daar geen opstanding van die dode is nie dan is Christus
ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking
vergeefs en vergeefs ook julle geloof.

Die spil en middelpunt van ons geloof is dat CHRISTUS OPGESTAAN HET as die
eersteling en ook die eerste vrug.

1 Kor 15:20–23 Maar nou, CHRISTUS IS OPGEWEK UIT DIE DODE; Hy het die
eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur 'n
mens is, is die OPSTANDING VAN DIE DODE OOK DEUR 'N MENS. Want soos
hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in CHRISTUS LEWEND
GEMAAK WORD; maar elkeen in sy eie orde: AS EERSTELING CHRISTUS,
daarna die wat aan Christus behoort by SY KOMS.

4.1 ONS SAL VERANDER WORD

1 Kor 15:51–57 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal
ONTSLAAP NIE, MAAR ONS SAL ALMAL VERANDER WORD, in 'n oomblik, in
'n oogwink, BY DIE LAASTE BASIUN; WANT DIE BASUIN SAL WEERKLINK,
EN DIE DODE SAL ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD; EN ONS SAL VER-
ANDER WORD ... onverganklike ... onsterflike ... Die dood is verslind in die
oorwinning ... Dood, waar is jou angel? ... Maar GOD SY DANK, WAT ONS DIE
OORWINNING GEE DEUR ONSE HERE JESUS CHRISTUS.

1 Thess 4:16 Want die HERE SELF SAL VAN DIE HEMEL neerdaal met 'n
geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God;
en die wat in CHRISTUS GESTERF HET, SAL EERSTE OPSTAAN.

 DIE VOLGORDE VAN GEBEURTENISSE

 'N UITROEP

Joh 11:43 En nadat Hy dit gesê het, het HY MET 'N GROOT STEM GEROEP:
LASARUS, KOM UIT!

Wanneer Jesus terugkom sal Hy met 'n harde stem UITROEP: "HEILIGES VAN
GOD! KOM UIT!" By die geluid van daardie UITROEP sal dié wat IN CHRISTUS IS
OPSTAAN.

 DIE STEM VAN 'N AARTSENGEL

'N ROEP-BEVEL - 'N OPDRAG - 'N OPROEP TOT AKSIE - Wat sal plaas-
vind as daardie bevelende stem soos die geroep van 'n aartsengel gehoor word en die
bonatuurlike opstanding van die dode plaasvind. In 'n oogwink sal hulle almal opgewek,
bymekaar gemaak en verander word in ONSTERFLIKE WESENS. Almal sal na die plek
toe gebring word waar Jesus sal verskyn. Hulle sal 'n TRIOMFANTELIKE OPTOG vorm
van GROOT MAJESTEIT en HEERLIKHEID. Elke oog sal hierdie TRIOMFTOG SIEN, AS
JESUS INGELEI WORD OM SY PLEK OP DIE KONINKLIKE TROON IN TE NEEM;
Saam met hulle om oor al die nasies van die aarde te heers, - SY UITVERKORENES -
vir 'n duisend jaar - almal wat in Christus is, sal met Hom heers.

 DIE BASUIN VAN GOD


1 Kor 15:51–53 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal
ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in 'n oogwink, by die laaste
basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek
word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met
onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is,
dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die
oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die
angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God
sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. Daarom
my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk
van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tervergeefs is nie.

 DIE VERANDERING

 VERGANKLIK NA ONVERGANKLIK

Die verganklike sal met onverganklikheid beklee word om nooit weer te sterf nie.

1 Kor 15:40–46 En daar is hemelse liggame en aardse liggame ... maar die
heerlikheid is anders as ... die son ... maan ... sterre; ... verskil in heerlikheid van die
ander ster. SO IS OOK DIE OPSTANDING VAN DIE DODE: Daar word gesaai in
verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid: daar word gesaai in
swakheid, daar word opgewek in krag. 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n
geestelike liggaam word opgewek ... die eerste Adam ... 'n lewende siel ... die laaste
Adam 'n LEWENDMAKENDE GEES. Die geestelike ewenwel is nie die eerste nie,
maar die nauurlike; daarna die geestelike.

2 Kor 5:1–5 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ONS 'n
GEBOU HET VAN GOD, 'n HUIS nie met hande gemaak nie, EWIG IN DIE HEMEL
WANT OM HIERDIE REDE SUG ONS OOK EN VERLANG OM MET ONS
WONING UIT DIE HEMEL OORKLEE TE WORD, as ons ten minste gekleed en nie
naak bevind sal word nie. ... voel beswaard ... sodat die sterflike deur die lewe
verslind kan word. MAAR HY WAT ONS JUIS HIERVOOR TOEBEREI HET, IS
GOD, WAT ONS OOK DIE GEES AS ONDERPAND GEGEE HET.

 DIE NUWE HUIS

Joh 14:2 In die Huis van My Vader is daar baie Wonings; as dit nie so was nie,
sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

 VERSKILLENDE GRADE VAN HEERLIKHEID

Soos ons reeds gesien het, sal elke persoon 'n verskillende graad van heer-
likheid, of helderheid en glorie, ontvang, afhangende van die GRAAD VAN GETROUHEID
waarmee ons DIE GROOT OPDRAG UITGEVOER HET en die wyse waarop ons ons
TALENTE EN GAWES GEBRUIK HET OM DIE KONINKRYK VAN GOD UIT TE BREI. Dit
word bepaal deur die tipe BOUSTENE waarmee ons gebou het, hetsy WAARDEVOLLE
DINGE soos GOUD, SILWER en EDELGESTEENTES of WAARDELOSE DINGE soos
HOUT, HOOI EN STOPPELS. Is ons besig met die oprigting van EWIGE DINGE of
TYDELIKE DINGE? As ons die Koninkryk van God met LIEFDE, GELOOF en HOOP bou,
sal ons beloon word vir GEHOORSAAMHEID, maar as ons probeer om dit te bou met
BITTERE NA-YWER, SELFSUGTIGE AMBISIE en VLEESLIKE DINGE, sal ons
daarvolgens beloon word. (Rom 3:10-15)

 DIE TWEE OPSTANDINGS


Fil 3:10, 11, 21 ... sodat ek Hom kan ken en die krag van sy OPSTANDING ... of
ek miskien die OPSTANDING UIT DIE DODE kan bereik ... wat ons vernederde
liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte
liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

 GELYKVORMIG AAN SY DOOD

Dit is BEKERING waardeur ons STERF AAN SELF. Dit behels die proses van
vernuwing van die gemoed sodat ons verander kan word na die BEELD VAN CHRISTUS
wat uiteindelik die OPSTANDING EN DIE BEKLEDING MET ONVERGANKLIKHEID gaan
wees.

 DIE KRAG VAN SY OPSTANDING

Dit word gesien in die DOPING MET DIE HEILIGE GEES, DIE VOORT-
DURENDE VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES EN GEHOORSAAMHEID AAN DIE
HEILIGE GEES.
Fil 3:11 ... of ek miskien die OPSTANDING UIT DIE DODE KAN BEREIK.
 DIE EERSTE OPSTANDING

Open 20 :4–6, 13 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan
hulle is oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die
getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie
aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het
nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus duisend jaar
lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie.
DIT IS DIE EERSTE OPSTANDING. SALIG en HEILIG is hy wat deel het aan die
EERSTE OPSTANDING; oor hulle het DIE TWEEDE DOOD GEEN MAG NIE,
maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal SAAM MET HOM
AS KONINGS REGEER DUISEND JAAR LANK.

 DIE TYD

In hierdie lesing het ons die OPSTANDING UIT DIE DOOD WAT BESLIS SAL
PLAASVIND, behandel. Presies wanneer dit sal gebeur WEET ONS NIE. DAAR IS VER
TE VEEL SPEKULASIE OMTRENT HIERDIE ONDERWERP, maar een ding is seker: DIE
OPSTANDING GAAN WEL PLAASVIND BY DIE WEDERKOMS VAN JESUS. Die tyd is 'n
onbekende faktor en slegs die Vader weet wanneer dit sal gebeur.

Matt 24:36, 42, 44 Maar van DIÉ DAG EN DIÉ UUR WEET NIEMAND NIE, ook
die engele van die hemele nie, maar net My Vader alleen. Waak dan, OMDAT
JULLE NIE WEET WATTER UUR JULLE HERE KOM NIE. Daarom moet julle
ook gereed wees, want die SEUN VAN DIE MENS KOM OP 'N UUR DAT JULLE
DIT NIE VERWAG NIE.
Ons word gemaan om te alle tye GEREED te wees en op die UITKYK vir daardie
dag te wees (Hom te verwag). Selfs dan weet ons nog nie watter dag dit sal wees nie.

 WAAK!

Ons moet daarteen WAAK om nie te SPEKULEER MET DINGE WAT ONS NIE
AANGAAN NIE. Dit bring ons op die SYSPOOR VAN SINNELOSE REDENASIES en
sodoende verloor ons ons GETROUHEID AAN DIE GROOT OPDRAG om die wêreld vir
Christus te wen en van hulle dissipels te maak.

Hand 1:6–8 ... Here gaan U in hierdie tyd die koninkryk van Israel weer oprig? En
Hy antwoord hulle: DIT KOM JULLE NIE TOE OM DIE TYE OF GELEENTHEDE
TE WEET WAT DIE VADER DEUR SY EIE MAG BEPAAL NIE; MAAR JULLE SAL
KRAG ONTVANG WANNEER DIE HEILIGE GEES OOR JULLE KOM, EN JULLE
SAL MY GETUIES WEES ... TOT AAN DIE UITERSTES VAN DIE AARDE.

2 Tim 2:18 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding
al plaasgevind het; EN HULLE KEER DIE GELOOF VAN SOMMIGE OM ...

VERKONDIG DIE OPSTANDING:

 DIT BRING GELOOF

 DIT BRING STIGTING

 DIT BRING UITDAGING

 DIT BRING BEMOEDIGING

 DIT MOTIVEER ONS - tot liefde en goeie werke

________________________________________________________________________
DIE EWIGE

Die Ewige Oordeel het enkele


belangrike gevolge vir beide die
gelowiges sowel as die sondaars

Studieveld Uitkomste
 Die Definisie  Na voltooiing van die sessie
behoort jy in staat te wees om ...
Oordeel
Ewig Bybelse waarhede oor die Ewige
oordeel te definieer en oor te dra
 Die Grondslag terwille van Evangelisasie en
Dissipelskap opleiding
Die Woord van God
Die Wedergeboorte Doelwitte
Wandel in die lig
 Preek met oortuiging oor die 'Ewige Oordeel'
 Die Tyd
Gebruik die 'wette' as grondslag
Die sondaar en die regverdige Definieer 'Ewig' en 'Oordeel'
Die Groot Wit Troon Onderrig 'n Bybelse basis vir die Oordeel

 Die Plek  Moedig Gelowiges aan

Hulle wat in Christus is Dring daarop aan dat hulle getuig


Die wat nie in Christus is nie terwyl daar nog tyd is
Verwag Jesus se wederkoms
 Die Beloning Sien uit na belonings

Beloning van die Heiliges  Waarsku Ongelowiges


Beloning van die goddeloses
Waarsku hulle om hul te bekeer
terwyl daar tyd is
Leer hulle van die loon van die sondaars;
Vertel hulle van die ewigheid sonder God
_________________________________________________________________________
DIE EWIGE OORDEEL__________________________

Heb 6:2 ... die FONDAMENT ... van die opstanding van die dode en van DIE
EWIGE OORDEEL.

Hierdie twee lerings is fundamenteel om ons as Christene te MOTIVEER.


Eerstens motiveer dit ons OM DEEL TE HÊ AAN DIE EERSTE OPSTANDING en
tweedens om DIE EWIGE DOOD VRY TE SPRING. Die Opstanding en die Ewige Oordeel
is nou met mekaar verbonde, en die een lei tot die ander.

Ons behandel in hierdie lesing die EWIGE OORDEEL. Dit is 'n OORDEEL wat
spesifiek met die EWIGHEID te doen het. Daar word van baie wette melding gemaak in
die Woord van God.

 DIE OESWET

Gal 6:7, 8 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die
mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf
maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Hierdie skrifgedeelte praat nie alleenlik van die ewigheid nie, maar ook van die
hede en van die verlede. Dit is 'n feit dat as ons aanhou om in die VLEES TE SAAI, kan dit
lei tot 'n ONTYDIGE FISIESE DOOD. Op sigself is dit 'n oordeel – ons oes die vrugte wat
ons self gesaai het.

In die Ou Testament vind ons baie gevalle van sulke oordele wat gebaseer is op
dit wat om die vlees gesaai was:

- Sodom en Gomorra - Die land Kanaän


- Titus en Sidon - Egiptenare in die Rooi See

 DIE WET VAN BEOORDELING

Matt 12:33 ... want aan die VRUGTE WORD DIE BOOM GEKEN.

Ons word geleer om gesonde evaluasies te maak van waar mense staan, deur na
die vrugte te kyk, SONDER OM HULLE TE VEROORDEEL. Ons het geen reg om mekaar
te VEROORDEEL of TEREG TE STEL NIE, ons het nodig om VAS TE STEL waar mense
geestelik staan, sodat ons in staat sal wees om hulle effektiewelik te kan vermaan en
bemoedig.

Hoe dit ookal sy, die Skrif leer ons dat met dieselfde MAAT waarmee ons ander
meet, ons GEMEET sal word. Indien ons 'n ONGEVOELIGE, ONBUIGBARE MAATSTAF
gebruik, sal ons op dieselfde wyse geoordeel word. Indien ons MET MEDELYE, GENADE,
EN REGVERDIGHEID oordeel, sal dieselfde maatstaf op ons gebruik word.
Matt 7:1– 6 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met
die oordeel waarmee julle oordeel ... waarom sien jy die splinter in die oog van jou
broeder, ... en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou
oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te
haal. Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die
varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle
verskeur nie.
 DIE WET VAN OORDEEL

Dit is die verantwoordelikheid van die kerk as 'n geheel om sy lidmate in


ooreenstemming met die Woord van God te OORDEEL en te TUGTIG en nie die taak van
'n enkeling nie. God het 'n spesiale voorgeskrewe maatstaf hiervoor neergelê.

Matt 18:15–20 En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou
en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie
luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of
drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan
die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees
soos die heiden en die tollenaar. Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die
aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde
ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle
saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel
val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam
vergader, daar is Ek in hul midde.

Die doel van hierdie oordeel is VERSOENING in 'n GESINDHEID VAN GENADE
EN MEDELYE. Let op dat dit begin met 'n persoon en eindig met die Gemeente.

1 Kor 6:1–11

Hier sien ons hoedat die Gemeente wat in die WYSHEID VAN GOD WANDEL,
die funksies van 'n GEREGSHOF oorneem om geskille tussen lidmate te besleg.

Ons het kortliks die verskillende afdelings aangeraak om te wys daar is:

- Oordele in die verlede - Oordele in die hede

maar ons onderwerp is ... die EWIGE OORDEEL en nie tydelike, wêreldse oordele nie.

1. DEFINISIE VAN EWIGE OORDEEL

 OORDEEL

Hierdie woord "OORDEEL" beteken om te ONDERSOEK, BESTUDEER,


EVALUEER EN OOP TE VLEK, om sodoende TE KAN BEPAAL of 'n VERGOEDING of 'n
VEROORDELING verdien word. Die woord OORDEEL is nóg NEGATIEF nóg POSITIEF
of 'n VERGOEDING of VEROORDELING verdien word. Dit hang in beide gevalle af van
die resultaat van die ONDERSOEK.

 EWIG

Die woord "EWIG" dui op 'n toestand wat GEEN EINDE HET NIE; EINDELOOS
wat die betekenis van FINALITEIT oordra; in hierdie geval word die woord gebruik saam
met OORDEEL en spreek van 'n OORDEEL wat ONVERANDERLIK en FINAAL is. Dit is
'n BESLISSING wat op FEITE gebaseer is wat baie deeglik ondersoek en bestudeer is,
waarna 'n ewige VERGOEDING of VEROORDELING gemaak word.

VERGOEDING of VEROORDELING is deel van oordeel en is nie noodwendig


altyd negatief of sleg nie. Daarom gaan ons in hierdie afdeling kyk hoedat God 'n persoon
ondersoek waarna HY OORDEEL UITSPREEK.
2. DIE BASIS VAN EWIGE OORDEEL

2.1 DIE WOORD VAN GOD

Joh 12:48 Wie My verwerp en MY WOORDE NIE AANNEEM NIE, HET EEN
WAT HOM OORDEEL: DIE WOORD WAT EK GESPREEK HET, DIT SAL HOM
OORDEEL IN DIE LAASTE DAG.

Indien God niks gesê het of enige voorwaardes bepaal het nie, sou ons onder geen
verpligting of OORDEEL gewees het nie. Die eerste ding wat God gedoen het, nadat Hy die
mens gesag oor die skepping gegee het, was om die VOORWAARDES VIR SY
OUTORITEIT neer te lê en dit was die TOETS VAN GEHOORSAAMHEID en
ONDERWERPING.

 DIE GESKREWE WOORD HOU ONS VERANTWOORDBAAR

Ons sal geoordeel word volgens ons gehoorsaamheid aan die WOORD VAN
GOD en volgens GEEN ANDER BASIS NIE. Trouens, elke vorm van oordeel word
gebaseer op die woord van die REGERENDE INSTANSIE. As dit NIE GESKREWE IS
NIE, IS DIT NIE GELDIG nie.

 JESUS CHRISTUS IS DIE WOORD VAN GOD

Joh 1:14 ... En die WOORD HET VLEES GEWORD EN HET ONDER ONS
KOM WOON ...

Jesus Christus is die WOORD VAN GOD wat vlees geword het.

 JESUS IS DIE OFFER VIR SONDE

2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, SONDE VIR ONS
GEMAAK, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Hierdie is die maatstaf waarvolgens DIE EWIGE OORDEEL oor die wêreld
gelewer sal word. Jesus Christus is deur God na hierdie wêreld gestuur om Hom die offer
te maak WAARDEUR DIE SONDE IN DIE VLEES VEROORDEEL IS.

Eseg 18:20 Die siel wat sondig, die moet sterwe, ...

Hierdie stelling is die BASIS vir die ewige oordeel en die ewige straf. Maar God
het die swakheid van die vlees en die onvermoё om gehoorsaam te kan wees, opgemerk
en daarom het Hy iets daaromtrent gedoen.

Rom 8:3 Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit
KRAGTELOOS WAS DEUR DIE VLEES – DEUR SY EIE SEUN IN DIE
GELYKHEID VAN DIE SONDIGE VLEES TE STUUR, EN DIT TERWILLE VAN
DIE SONDE, die sonde veroordeel in die vlees.

Die DOODSTRAF wat die WOORD VAN GOD VEREIS was UITGEVOER en die
STRAF VAN SONDE WAS VOLBRING toe JESUS op die KRUIS GESTERF het.
Joh 16:8, 9 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig VAN SONDE ... SONDE,
OMDAT HULLE IN MY NIE GLO NIE ...

Joh 3:18 ... hy wat nie glo nie, is ALREEDS VEROORDEEL omdat HY NIE
GEGLO HET IN DIE NAAM VAN DIE ENIGGEBORE SEUN VAN GOD NIE.

Daar is slegs een sonde waardeur die mens die EWIGE STRAF verdien. Dit is
wanneer hy NIE IN GOD GLO NIE EN HOMSELF NIE AAN JESUS OORGEE, WAT DIE
OFFER NAMENS DIE MENS GEBRING HET, NIE. Mense BEHANDEL DIE KRAG VAN
DIE BLOED VAN JESUS BAIE LIGTELIK EN HET GEEN RESPEK vir die PRYS wat Hy
betaal het vir die VERGEWING VAN HULLE SONDES NIE.

2 Kor 5:19 ... dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle
hul misdade nie toe te reken nie en die WOORD VAN DIE VERSOENING aan
ons toe te VERTROU.

Heb 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, dal hy verdien wat die Seun van
God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein
geag en die GEES VAN GENADE GESMAAD HET?
 ONGELOOF - DIE WEG NA NEDELAAG

Rom 14:23 ... en ALLES WAT NIE UIT DIE GELOOF IS NIE, IS SONDE,...

 GELOOF IN GOD OORWIN DIE WÊRELD

1 Joh 5:4 Want alles wat uit God gebore is, OORWIN DIE WÊRELD; en dit is
DIE OORWINNING WAT DIE WÊRELD OORWIN HET, NAAMLIK ONS
GELOOF.

- Geloof oorwin VERSOEKING - oorwin SLEGTE GEWOONTES


- Geloof oorwin VERVOLGING - oorwin VLEESLIKE BEGEERTES

Daarom is ongeloof die DEUR na alles wat teen die wil van God vir ons lewe is.
Die toegang na die werke van die vlees en alle vorme van duiwelse invloede.

 SATAN HET DIE MENS OORREED OM TE TWYFEL

Wanneer die mense twyfel aan dit wat God gesê het of VERGEET WAT GOD
GESÊ HET, dan is dit WANNEER HULLE IN VERSOEKING KOM.

2.2 WEDERGEBOORTE
Joh 3:3 Voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die
koninkryk van God nie sien nie.

Hierdie is die BASIS vir VERGIFNIS van die EWIGE STRAF, asook die toegang
tot die EWIGE LEWE. Ons moet deur die Heilige Gees WEDERGEBORE word in die
Koninkryk van die Seun van God in.
2.3 WANDEL IN DIE LIG

1 Joh 1:6–10; 2:1 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die
DUISTERNIS WANDEL, dan LIEG ONS EN DOEN NIE DIE WAARHEID NIE.
Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met
mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. As
ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in
ons nie. As ons ons sondes bely, HY IS GETROU EN REGVERDIG OM ONS
DIE SONDES TE VERGEWE EN ONS VAN ALLE ONGEREGTIGHEID TE
REINIG. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n
leuenaar en is sy woord nie in ons nie. ... en as iemand gesondig het, ons het 'n
VOORSPRAAK BY DIE VADER, JESUS CHRISTUS, DIE REGVERDIGE.

Die LIEFDESWANDEL is 'n bewys van wedergeboorte ... Dit is die UITERLIKE
TEKEN dat die GOD VAN LIEFDE in 'n mens woon; iemand wat Sy LIEFDE in die gestalte
van 'N PERSOON toegelaat het om in te kom. Jesus Christus Self kom in ons woning
maak.

 LIEFDE DRA ALTYD VRUGTE

1 Johannes 4:17–18

3. DIE TYD VAN EWIGE OORDEEL

Ons het reeds vasgestel dat daar TWEE OPSTANDINGS is en derhalwe is dit
duidelik dat daar ook TWEE OORDELE moet wees.

Open 21:7, 8 Hy wat oorwin, sal alles beёrwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en
hy sal vir My 'n seun wees. Maar wat die vreesagtiges aangaan en die
ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en
afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur
en swael: dit is die tweede dood.
3.1 DIE SONDAAR EN DIE REGVERDIGE

Esegiёl 18:20–28

 WANNEER JESUS WEER KOM

Psm 50:3–6 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig,
en rondom Hom storm dit gewelding. Hy roep na die hemel daarbo, en na die
aarde, om sy volk te oordeel: Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my
verbond by die offer sluit! En - die hemele verkondig sy geregtigheid, want God
staan gereed om te oordeel!

Matt 16:27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die
heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

Hier sien ons dat WANNEER JESUS WEER KOM die wat in die EERSTE
OPSTANDING van die Heiliges is, DEUR HOM GEOORDEEL SAL WORD. Dit is dan
wanneer Hy hulle sal beloon met EWIGE BELONINGS. Die TWEEDE DOOD sal geen
effek op hulle hê nie.
 DIE SKAPE EN DIE BOKKE

Die nasies sal geoordeel word volgens hoe hulle Christus deur Sy mense
behandel het.

Matt 25:31–40 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al
die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy Heerlike troon sit; en voor
Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die
herder die skape van die bokke afskei; ... die skape aan sy REGTERHAND en die
bokke aan sy LINKERHAND ... Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand
is, sê: KOM, JULLE GESEENDES VAN MY VADER, BEËRF DIE KONINKRYK
WAT VIR JULLE BEREI IS ... ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee
... dors gehad, en julle het my te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het
My herberg gegee ... Dan sal die REGVERDIGES HOM ANTWOORD EN SÊ:
HERE, WANNEER HET ONS U HONGER GESIEN ... dors ... En die Koning sal
antwoord en vir hulle sê ... VIR SOVER JULLE DIT GEDOEN HET AAN EEN
VAN DIE GERINGSTES VAN HIERDIE BROEDERS VAN MY, HET JULLE DIT
AAN MY GEDOEN.

3.2 DIE GROOT WIT TROON

Ons sien in die oordeel van die SKAPE en BOKKE, dat God TWEE SOORTE
mense beoordeel.

Open 20:11–15 ... 'n GROOT WIT TROON en Hom wat daarop sit, voor wie se
aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle
gevind nie. En ek het die DODE, KLEIN EN GROOT, voor God sien staan, en die
boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die
dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see
het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy
werke. En die DOOD EN DIE DODERYK IS IN DIE POEL VAN VUUR GEWERP.
DIT IS DIE TWEEDE DOOD. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in
die boek van die lewe nie, IS HY IN DIE POEL VAN VUUR GEWERP.

Dié oordeel is die GROOT WIT TROON OORDEEL WAT AAN DIE EINDE VAN
DIE MILLENNIUM KOM.

4. DIE PLEK VAN DIE EWIGE OORDEEL

2 Tim 4:1 ... die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel
by sy VERSKYNING EN SY KONINKRYK ...

Wanneer Jesus weer kom, sal die Christene geoordeel word volgens hulle werke
of dit goed of kwaad was.

 DIE WEDERDOMS VIR HULLE WAT IN CHRISTUS IS

 DIE LEWENDE EN DIE DODE

Hier word verwys na die DODE IN CHRISTUS en ook diegene wat in die LEWE
OORBLY, naamlik Christene wat gesterf het en dié wat nog leef as Jesus weer terugkom.
 DIE DAG VAN DIE HERE

Hierdie sinsnede word altyd gebruik met betrekking tot die OORDEEL en nie
noodwendig in verband met die wederkoms van Jesus nie.

1 Kor 3:12–15 En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene,
hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want DIE DAG sal dit
aanwys, omdat dit DEUR VUUR OPENBAAR gemaak word; en die vuur sal
elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan
wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word,
sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Daar sal 'n dag aanbreek wanneer die WERKE VAN ELKE CHRISTEN GETOETS
SAL WORD, en waarvolgens elkeen loon sal ontvang.

2 Pet 2:4–10; 3:7–10 Want as God engele wat gesondig het, nie gespaar het
nie, maar hulle in die hel gewerp ... om vir die oordeel in bewaring gehou te word
... die Here weet om die GODSALIGES UIT VERSOEKING TE VERLOS EN DIE
ONREGVERDIGES TE BEWAAR vir die dag van oordeel om gestraf te word; en
veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agterna-loop en die heerskappy
verag. Vermetel en aanmatigend ... en word vir die vuur bewaar teen die dag van
die OORDEEL en die verderf van die goddelose mense. Maar laat hierdie een
ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, DAT EEN DAG BY DIE HERE SOOS
DUISEND JAAR IS EN DUISEND JAAR SOOS EEN DAG. Die Here vertraag nie
die belofte ... maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet
vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die DAG VAN DIE
HERE sal kom soos 'n DIEF IN DIE NAG, waarin die hemele met gedruis sal
verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die AARDE en die WERKE
wat daarop is, SAL VERBRAND.

4.1 DIE WAT NIE IN CHRISTUS IS NIE

2 Thess 1 : 6 – 12 ... in die operbaring van die Here Jesus uit die Hemel met sy
MAGTIGE ENGELE in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God
nie ken nie en op die wat aan die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam
is nie. Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van
die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, wanneer Hy kom om verheerlik te
word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo ...

Die oordeel wat hulle sal ontvang word bewaar tot na die millennium as die
GROOT DAG VAN DIE HERE, waarvan ons gepraat het, in vervulling sal kom.

Openbaring 20:11–15

 JESUS SAL TERUG KEER MET VUUR EN WRAAK


5. DIE BELONING VAN DIE EWIGE OORDEEL

Matt 16:27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die
heerlikheid van sy Vader TE KOM, en dan sal HY elkeen vergeld VOLGENS SY
DADE.

 TYDELIKE WERKE OF EWIGE WERKE

1 Kor 3 : 12 En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene,


hout, hooi, stoppels ...

 TYDELIKE WERKE

- Bitter jaloesie - Selfsugtige ambisie


- Werke van die vlees - Materialisme
- Humanisme - Wellustigheid

Al hierdie dinge het geen EWIGHEIDSWAARDE nie en sal verbrand en vernietig


word op die Dag van die Here.

Matt 7:22, 23 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u
Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte
gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: EK HETJULLE NOOIT GEKEN NIE.
GAAN WEG VAN MY, JULLE WAT DIEONGEREGTIGHEID WERK!

1 Kor 13:1–3 Al sou ek die tale van mense en engele spreek ...sou ek die gawe
van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis en al sou ek al die
geloof hê ... en ek HET NIE DIE LIEFDE NIE, DAN SOU EK NIKS WEES NIE.

Gal 5:19, 20 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery,
onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid,
toornigheid, na-ywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery
en dergelike dinge ... DIE WAT SULKE DINGE DOEN, DIE KONINKRYK VAN
GOD NIE SAL BEËRWE NIE.

Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en


gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en
al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met VUUR EN SWAEL: DIT
IS DIE TWEEDE DOOD.

 EWIGE WERKE

1 Kor 13:4–13 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie;
die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is
nie bly oor ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek
alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer ... En
nou bly GELOOF, HOOP, LIEFDE – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die
LIEFDE.
Gal 5:22. 23 Maar die vrug ... is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing ...

- GELOOF - HOOP - LIEFDE

5.1 DIE BELONING VIR DIE HEILIGES

Open 11:18 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van
die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die
profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om
die verderwers van die aarde te verderf.

 REGEER SAAM MET CHRISTUS

Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die EERSTE OPSTANDING,
oor hulle het die TWEEDE DOOD geen mag nie, maar hulle sal priesters van God
en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Matt 25:23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, GOEIE en GETROUE DIENSKNEG,
oor weinig was jy getrou, OOR VEEL SAL EK JOU AANSTEL. Gaan in in die
vreugde van jou heer.

Luk 19:17 Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het,
moet jy gesag hê oor tien stede.

 VERGOEDING VIR OORWINNAARS

Open 2:7, 11, 17, 26–29 en 3:5, 12, 21 ... eet van die boom van die lewe ... sal
deur die tweede dood geen skade ly nie ... om te eet van die verborge manna ...
sal Ek mag oor die nasies gee ... En Ek sal hom die môrester gee ... en Ek sal sy
naam nooit uitwis uit die BOEK VAN DIE LEWE nie, en Ek sal sy naam bely voor
my Vader en voor sy engele ... Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God
maak ... nuwe Naam ... sal Ek gee om saam met My te sit op my troon.
________________________________________________________________________
GELOOF OORWIN DIE WÊRELD______________________

 OORDEEL DIE WÊRELD SAAM MET CHRISTUS

Joh 5:22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel
aan die Seun gegee.

1 Kor 6:2,3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? ... Weet
julle nie dat ons engele sal oordeel nie ...
 KROON VAN GEREGTIGHEID

2 Tim 4 : 8 Verder is dit vir my weggelê die KROON VAN DIE GEREGTIGHEID
wat die Here, die regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen
nie, MAAR OOK AAN ALMAL WAT SY VERSKYNING LIEFGEHAD HET.

Hierdie vergoeding sal diegene ontvang wie se lewe gespreek het van getrouheid
aan:

- Die Godheid - Die Woord van God


- Die Talente - Die Liefde van God

Ons moet onthou dat wanneer Jesus terugkom, dit sal wees met vergifnis en
vryspraak vir die heiliges en Hy sal ons BELOON VOLGENS ALLES WAT ONS GEDOEN
HET; ons gehoorsaamheid aan DIE GROOT OPDRAG – naamlik hoeveel siele ons gewen
en dissipels ons gemaak het – asook die OPBOUING VAN DIE GEMEENTE en hoedat ons
die EERSTE GEBOD – JY MOET DIE HERE JOU GOD LIEFHÊ MET JOU HELE HART
EN MET JOU HELE SIEL EN MET JOU HELE VERSTAND – uitgeleef het.

 ONS HOOGSTE PRIORITEIT


________________________________________________________________________
GEHOORSAAMHEID AAN DIE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS______

5.2 DIE BELONING VAN DIE GODDELOSE

Openbaring 20 : 11 – 15

 DIE POEL VAN VUUR - GEHENNA

Op die oomblik is hierdie plek onbewoon en word dit GERESERVEER VIR DIE
DUIWEL EN SY ENGELE. Dit is die beloning van die goddelose mense wat deel sal hê
aan die TWEEDE DOOD.

Psalm 50:3–6 Romeine 2:5–10

Hebreёrs 10:25–27 2 Thessalonissense 1:5–10

Matt 25 :41 Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê Gaan weg van My, julle
vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

 EWIGE STRAF

Matt 25:46 ... en hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in
die ewige lewe.

 DIE BUITENSTE DUISTERNIS

Matt 25:30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar
sal geween wees en gekners van die tande.
 VERDRUKKING EN BENOUDHEID

Matt 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees ...

 DIE TOORN EN VERONTWAARDIGING VAN GOD

Matt 25 : 41 Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat bereei is
vir die duiwel en sy engele.
_______________________________________________________________________

SLEUTELWOORDE EN KONSEPTE
Sleutelwoorde
Hierdie woordelys sal jou Engelse woordeskat grootliks verbeter. As jy nog steeds oor die
betekenis twyfel, raadpleeg dan 'n kompakte woordeboek. Soek gerus vergelykbare
woorde op in 'n Engelse Tessaurus.

reservedly set aside for use by a particular or special person

edification to improve the morality and intellect by instruction

magnification the degree to which something is magnified or enlarged

participators be actively involved, or share in something

ordination the receipt of holy orders

goal anything that acts as a spur or prod to move some-one


along

plundered stolen by force

immortality not subject to decay or death; having perpetual life

incorruptible not able to corrupted; honest; not subject to decay

speculating to guess without knowing all the facts

provocation the inciting of anger or indignation in a person

perdition final and unchangeable spiritual ruin

Konsepte
In hierdie handboek het die outeur meeste konsepte in die teks verduidelik.
________________________________________________________________________
VERSLAE
'N Verslag (of twee) moet vir elke module voltooi word. Leerders sal krediete ontvang vir
rapporte wat hulle op die vlak waarvoor hulle ingeskryf het (of hoёr) ingedien het. Die
fasiliteerder sal bepaal watter verslae verpligtend is.
________________________________________________________________________

Vlak 4

In 'n een-bladsy dokument bespreek enige een-bladsy dokument bespreek enige een van
die volgende onderwerpe –

1. Wederopstanding van die dood en gee kommentaar oor wat jy verwag


met jou gaan gebeur.
2. Hoe gaan die regverdiges en die goddeloses geoordeel word.
3. Die Doop in die Heilige Gees.

Vlak 5c

In 'n twee-bladsy dokument stel 'n leerstellige dokument op wat die geldigheid van een van
die volgende bespreek –

1. Die doop in die Heilige Gees.


2. Die ewige oordeel.
3. Die opstanding.

Vlak 5d

In 'n twee-bladsy dokument bespreek enige een van die volgende onderwerpe:

1. Doop van die gelowige.


2. Die doop in die Heilige Gees.
3. Die handoplegging.

Vlak 6

In 'n drie-bladsy verslag behandel die teologiese implikasies van die oordeel.
Ondersteun jou uitsprake met Skrifverwysings.

1. Identifiseer die finale Regter.


2. Gee 'n duidelike beskrywing van wie Hy sal oordeel en wanneer.
3. Op watter basis sal gelowiges geoordeel word?
4. Sal die ongelowiges tot in ewigheid ly?

Jou voltooide verslag moet asseblief betyds by jou fasiliteerder ingehandig word.
________________________________________________________________________
BRONNE VIR NAVORSING
Vir jou eie groei behoort jy wyd ná te vors. Leeswerk is waarskynlik die hoofbron van die
stof wat jy sal gebruik en daarom gee ons 'n lys van Aanbevole Boeke. Jy behoort 'n
soekstelsel te gebruik om webtuistes te vind. Sien: www.clt.org.za

AANBEVOLE BOEKE
1. Lectures in Systematic Theology
Henry C. Thiessen - Erdmans

2. The Moody Handbook of Theology


Paul Enns - Moody Press

3. Systematic Theology
Louis Berkhof - Banner of Truth

4. Initiation into Theology


Simon Maimela, Adrio König - van Schaik

5. New Bible Dictionary


J.D. Douglas et al - Intervarsity

6. Renewal Theology
J. Rodman Williams - Zondervan

7. What The Bible Teaches


R.A. Torrey - Oliphants

8. Why Churches Die


Hollis Green - Bethany Fellowship

INTERNET WEBTUISTES
1. www.4-11.org/books/hebrews/ 5. http://members.tripod,com/litsixdays

2. www.southwoodsbc.org 6. www.thingsrevealed.net

3. www.baptistcollege.8m.com 7. www.gospelcom.net

4. www.bdclr.org/basics 8. www.iclnet.org

INTERNET SOEKWOORDE
'Christian", 'Theology" of 'Doctrine' en:
Fundamental, Principles, Foundation, Growth, Training, Teaching, Dead works, Rituals,
Traditions, Baptisms, Water, Suffering, Holy Spirit, Doctrine, Dead, Resurrection, Baptiser,
Promise, Pentecostal, Seal, Power, Laying, Hands, Firstborn, Mortal, Immortal, Judgement,
Eternal, Throne, Reward, Empowering. (Die Engelse woord "water" of "growth" alleen
sal te veel plekke oplewer. Die eerste twee moet met een van die volgende groep woorde
verbind word om goeie aritkels op te lewer.
________________________________________________________________________

You might also like