Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 36

HUISWERK

Hersien Hf 1+2
Berei Hf 3+4 voor
HOOFSTUK 1

INLEIDING &
RAAMWERK
UITKOMSTE
 Definieer rekeningkunde
 Definieer en bespreek:
- doel van rekeningkunde
- finansiële resultate
- finansiële tydperk
 Identifiseer en bespreek die
gebruikers van finansiële inligting
 Identifiseer en bespreek die terreine
van rekeningkunde
 Noem die verskillende soorte
entiteite
 Noem die 5 verskillende verslae
waaruit finansiële state bestaan
 Noem die 5 elemente van finansiële
state
 Noem en bespreek:
– die grondliggende veronderstelling
van rekeningkunde
– die kwalitatiewe eienskappe van
finansiële state
Noodsaaklikheid van
rekeningkunde
Historiese oorsig
8000vC:
 Jerigo  southandel. Ruilhandel in
gebruik
7500vC:
 Landbou + voorraadtellings dmv
kleiballe, bv. 1 kleibal = 1 dier

3200vC:
 Skrif deur boekhouers uitgevind!
Kleitablette is gebruik om op te skryf
800vC:
 Munte van ’n goud- en silwermengsel
is gemaak. Vervalsing het toe reeds
begin!
Historiese oorsig
1200-1350nC:
 dubbel-
inskrywings-
metode is
ontwikkel
Luca Pacioli:
 ‘n wiskundige en vriend van Leonardo
da Vinci, skryf in 1494 ‘n boek wat
handel oor die eerste volledige
beskrywing van die
dubbelinskrywingsbeginsel
1868:
 huidige formaat van die proefbalans is
ontwikkel
Voor 2e Wêreld Oorlog:
 inkomstestaat is ontwikkel
1980’s:
 balansstaat
Waarvoor word
rekeningkunde gebruik?
Definisie:
 Identifisering – bepaal aard van
transaksie
 Meting – bepaal waarde van
transaksie
 Aantekening – skryf transaksie in
rekenkundige rekords
 verslagdoening  fin. state

van transaksies
Waarvoor word
rekeningkunde gebruik?

Doel:
 Om finansiële inligting te verskaf
 Aangaande ekonomiese aktiwiteite
van ‘n entiteit
 Aan gebruikers van finansiële state
Finansiële resultate
 Finansiële prestasie:
finansiële prestasie i.t.v. wins of
verlies vir ‘n spesifieke periode

Staat van wins of verlies en


ander omvattende Inkomste

 Finansiële posisie:
stand van sake op ‘n spesifieke
tydstip

Staat van Finansiële Posisi

 Finansiële tydperk:
tydperk tussen die meting van een
finansiële posisie en die volgende
finansiële posisie, bv. 1 Maart 2020
tot 28 Februarie 2021
Dit hoef nie noodwendig ‘n
kalenderjaar te wees nie
TERREINE VAN
REKENINGKUNDE
1)Finansiële rekeningkunde
 Opstel van formele finansiële state
 bestudering deur eksterne
gebruikers
 Eksterne gebruikers:
persone/instansies wat nie direk by
die entiteit betrokke is nie en wil die
formele finansiële state bestudeer
Voorbeelde:
 Beherende belang:
wil weet of die fondse wat hulle in
die entiteit belê het, reg aangewend
en bestuur word
 Beleggers:
wil winsgewendheid en finansiële
stand van sake bepaal vir verdere
beleggings en/of onttrekkings
Finansiële rekeningkunde
 Skuldeisers:
kan entiteit sy skulde vereffen?
 Klante:
is entiteit in staat om dienste/
produkte te lewer?
 Werknemers:
werksekuriteit tov vergoeding en
loopbaangeleenthede
 Die gemeenskap:
skenkings
 Staatsinstansies:
betaling van belastings en heffings bv
SAID
2) Bestuursrekeningkunde
 Opstel van finansiële verslae 
voldoen aan spesifieke vereistes van
verskillende afdelings (interne
gebruikers)
 Interne gebruikers:
werknemers wat spesifieke inligting
soek  om daaglikse pligte uit te
voer en ingeligte bestuursbesluite te
neem
Voorbeelde
 Werknemers:
het deurlopende inligting nodig vir die
uitvoering van hulle daaglikse pligte
 Afdelingsbestuurders:
het inligting nodig om beplanning te
doen en beheer uit te oefen
 Topbestuur:
het inligting nodig om strategiese
besluite tov bestuur van entiteit te
neem
Soorte entiteite
 Eenmansaak 1
 Vennootskap 2-20
 Beslote korporasie 1-10
 Privaat maatskappy 1-50
 Publieke maatskappy onbeperk
 Nie-handeldrywend onbeperk

 Kenmerke
 Voordele
 Nadele

Vir die doeleindes van hierdie kursus


gaan ons slegs aan die eenmansaak
aandag skenk
Konseptuele Raamwerk
Hoekom bestaan die Raamwerk?
 Ons wil graag:
– die verskille en verskeidenheid
tussen verskillende enteite se
finansiële state beperk
– ongewenste alternatiewe
uitskakel
– nie te streng voorskryf nie
– redelike aanbieding bereik
 Mense het verskillende maniere om
dinge te doen. As elke besigheid
finansiële state volgens sy eie
manier opstel, kan dit verwarring
teweegbring.
 Raamwerk het dus ontstaan om
bruikbare fin. inligting aan
gebruikers te verskaf.
Rekeningkundige
Raamwerk

(Hoofstuk 9)
FINANSIELSE STATE
1)Staat van finansiële
posisie
Wanneer word fin. posisie gemeet?

 Nr 10  Nr 7
  Posisie aan
einde van jaar
(laaste dag)
 Finansiële posisie
 op spesifieke
datum

Wat is fin. posisie?


 Rykdom = besittings (bates) -
skulde (laste)
 = Ekwiteit  fin. posisie
 Bates, laste en ekwiteit  fin.
posisie
  Staat van finansiële posisie
2)Staat van wins of
verlies en ander
omvattende inkomste
Wanneer word fin. prestasie gemeet?
 Nr 10  Nr 7
  Prestasie vir
die jaar = 3
plekke verbeter
 Finansiële
prestasie  vir ’n
spesifieke
periode

Wat is fin. prestasie?


 = Inkomste (verdienste) min
Uitgawes (bestee)
 = Wins of verlies
  Staat van wins of verlies en
ander omvattende inkomste
Ekwiteit – Eienaar se
belang
 Eienaar se belang  ekwiteit in
die besigheid
3)Staat van verandering
in ekwiteit
 Dit sluit in:
- wins/verlies vir fin. tydperk
- bydraes (kapitaal) deur eienaar
- onttrekkings deur eienaar

Kapitaal Onttrekkings
Wins Verlies
4)Verduidelikende
aantekeninge
 Die aantekeninge tot die
finansiële state bevat
gedetailleerde inligting
 Dit sluit in:
- inkomste
- uitgawes
- ekwiteit
- bates
- laste
- verklaring van die entiteit se
rekeningkundige beleid
5) Staat van kontantvloei

 Dui invloei en uitvloei van kontant


gedurende ’n spesifieke periode
aan

Voorbeelde van die finansiële state


van ’n eenmansaak volg aan die einde
van die hoofstuk
ELEMENTE VAN
FIN. STATE
 Bates
 Laste
ELEMENTE VAN
FIN. STATE
 Ekwiteit
 Inkomste bepaal wins of
 Uitgawes verlies

Hierdie elemente sal in latere


hoofstukke afsonderlik behandel word
TOEVALLINGSBEGRIP

 Transaksie vind plaas op een datum


en betaling op ander datum  op
watter datum sal dit dan aangeteken
word?
 Sodra die transaksie plaasvind en
nie noodwendig wanneer kontant
ontvang/betaal word nie
 Datum waarop die geld toeval 
datum van transaksie  te boek stel
Onderliggende aanname

Lopende-
saakbegrip
LOPENDESAAK

 Stel fin. state op  aanvaar dat


entiteit vir ’n onbepaalde tydperk met
sy aktiwiteite sal voortgaan
 Nie ’n lopende saak nie  meet
elemente @ likwidasiewaardes
(kontantwaardes)
 Maak aantekening hieroor in fin. state
 Likwidasiewaardes van bates <
eintlike waarde omdat entiteit
gedwing word om sy bates te
verkoop
FUNDAMENTELE
KWALITATIEWE
EIENSKAPPE
1)Toepaslikheid
 Doel van finansiële
state  om
inligting aan
gebruikers te
verskaf
 Gebruikers  ingeligte besluite neem
 Bv. as ’n verskaffer aan ’n entiteit
goedere wil verkoop  voldoende
inligting om hom in staat te stel om te
bepaal of die entiteit hom sal kan
betaal of nie
 Kan nie hierdie besluite neem nie 
inligting is nie nuttig en dus nie
toepaslik nie
Kyk na aard van inligting en
wesenlikheid (oordeelskwessie)
FUNDAMENTELE
KWALITATIEWE
EIENSKAPPE
2) Getroue weergawe

 Volledige inligting  nie inligting


weglaat wat sal veroorsaak dat fin.
state misleidend is nie
 Neutrale (Onpartydige) inligting 
state opstel sonder vooropgestelde
idees
Bv. mag nie vooraf besluit hoeveel
wins getoon gaan word nie
 Sonder foute  nie noodwendig
akkuraat nie
ONDERSTEUNENDE
KWALITATIEWE
EIENSKAPPE

Vergelykbaarheid
 Fin. state vergelyk met:
- vorige finansiële tydperke
- soortgelyke entiteite
 Inligting  konsekwent van een fin.
tydperk na volgende fin. tydperk
 Doel  bepaal tendense
ONDERSTEUNENDE
KWALITATIEWE
EIENSKAPPE

Bevestigbaarheid
 Moet kan inligting verifieer
 Bv. tel geld (kontant op
hande)/vergelyk fakture met
inskrywings (debiteure + krediteure)
ONDERSTEUNENDE
KWALITATIEWE
EIENSKAPPE

Tydigheid
 Stel inligting betyds beskikbaar
sodat gebruikers regte besluite kan
maak
ONDERSTEUNENDE
KWALITATIEWE
EIENSKAPPE

Verstaanbaarheid
 Gebruikers moet fin. state kan
verstaan
 Aanvaar dat gebruikers ’n redelike
kennis van rekeningkunde sal hê en
dat hulle fin. state met
noukeurigheid sal bestudeer
 Inligting moet nie weggelaat word
bloot omdat dit vir sommige
gebruikers moeilik verstaanbaar sal
wees nie
ML KONSULTANTE
STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE
INKOMSTE
VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 DESEMBER 200Y
200Y 200Y 200X 200X

R’000 R’000 R’000 R’000

Inkomste:

Dienste gelewer 285 238

Uitgawes: (147) (114)

Salarisse 105 78

Telefoon 6 5

Depresiasie 36 31

Bedryfswins 138 124

Finansieringskoste: (12) (12)

Rente ontvang 3 2

Rente betaal (15) (14)

Wins vir die jaar 126 112


ML HANDELAARS

STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

DIE JAAR GEËINDIG 31 DESEMBER 200Y

200Y 200Y 200X 200X

R’000 R’000 R’000 R’000

Netto verkope 430 368

Koste van verkope (200) (170)

Brutowins 230 198

Inkomste:

Huur ontvang 55 40

285 238

Uitgawes: (147) (114)

Salarisse 105 78

Telefoon 6 5

Depresiasie 36 31

Bedryfswins 138 124

Finansieringskoste: (12) (12)

Rente ontvang 3 2

Rente betaal (15) (14)

Wins vir die jaar 126 112


ML KONSULTANTE/HANDELAARS

STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT

VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 DESEMBER 200Y

200Y 200X

R’000 R’000

Saldo aan die begin van die tydperk 88 209

Plus/Min: Netto wins/verlies vir die tydperk 100 (92)

188 117

Min: Onttrekkings (87) (29)

Saldo aan die einde van die tydperk 101 88


ML KONSULTANTE/HANDELAARS
STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
OP 31 DESEMBER 200Y
200Y 200Y 200X 200X
R’000 R’000 R’000 R’000

Bates
Niebedryfsbates: 68 58
Eiendom, aanleg en toerusting 60 50
Finansiële bates 8 8

Bedryfsbates: 60 49
Voorraad 15 12
Handels- en ander debiteure 43 36
Kontant en kontantekwivalente 2 1
Totale Bates 128 107

Ekwiteit en Laste
Ekwiteit: 101 88
Kapitaal 101 88

Niebedryfslaste: 1 2
Rentedraende lening 1 2

Bedryfslaste: 26 17
Handels- en ander krediteure 16 15
Korttermynlening 2 1
Korttermyngedeelte van langtermynlenings 1 1
Oortrokke bank 7 0
Totale Ekwiteit en Laste 128 107

You might also like